lewenslus | rooi rose

Van kommerkous tot koel komkommer
Klink sinnetjies soos dié bekend? Dit gaan ’n verskriklike verleentheid wees. Ek skaam my dood! Ek sal dit glad nie kan hanteer nie. Jy kan dit nie waag nie! Asseblief, luister vir my. Dis net te gevaarlik. Iemand kan seerkry. Ek bekommer my dood. As iemand ’n paar minute laat is, reël ek al die begrafnis in my kop. Mense bekommer hulle oor belangrike goed en werklike gevare, maar ongelukkig ook oor onbenullige of denkbeeldige dinge; dinge wat hulle vrees dálk kan gebeur. Dis die “wat as-” of “sê-nou”-sindroom: sê nou my kind druip? … ek verloor my werk? … my man verneuk my? … iemand steel my kind? … my vriendin skinder van my? Vir die kommerkous is die moontlikhede oneindig.

Alle mense beleef tye van kommer, angs en vrees. Dis normaal en funksioneel en ’n gesonde reaksie om jou verantwoordelik te hou en proaktief op probleme te laat reageer. Soos die vrou wat bekommerd is oor die moesie op haar kind se rug wat van kleur en vorm verander het. En wanneer die dokter die melanoom uitsny wat net in die beginstadium was, is moontlike kanker voorkom. Dit wasgepaste, funksionele kommer.

Vrees maak die wolf groter as wat hy is.  Baie mense se kommer is nie in verhouding tot die potensiële gevaar nie en maak die lewe vir hulle én die mense om hulle moeilik. Die bang-vir-alles word ’n gewoonte en ’n lewenswyse. Vir hulle geld die bekende aanhaling seker: “Die enigste ding wat ’n mens behoort te vrees, is vrees self.” Aan die een kant is die emosionele reaksie groter as wat jy kan verwag, en aan die ander kant is die kans dat die gevreesde voorval kan gebeur, onwaarskynlik of klein in vergelyking met die vrees. Dié mense se vermoë om daaglikse probleme en onsekerhede gemaklik en rasioneel te hanteer is beperk. Hulle leef gespanne met die aanname dat die wêreld ’n gevaarlike plek is en dat jy altyd wakker, gereed en op die uitkyk na gevaar moet wees en soveel moontlik dinge gereed moet hê om jou en jou mense daarteen te beskerm. Hierdie gedagtes of aannames is heeltyd in hul koppe, en in hul liggame is daar dikwels ook ’n onderliggende spanning om vir die ergste gereed te wees. Die kommerkous is altyd oor iets bekommerd. En die oorsaak van haar kommer skuif vinnig van die een voorval of situasie na die volgende. Sy gaan haal die bobbejaan agter elke bergie of bultjie. Alle aktiwiteite of plekke het potensiële gevare en moontlikhede dat dinge verkeerd kan loop. Sy is angstig en versigtig, probeer alles beheer, of moontlike gevare vermy. Voorvalle wat vir ander betreklik klein en gewoon is, is vir haar intens negatief en oorweldigend.

Die kommerpot sukkel ook om net te ontspan en uit die wurggreep van haar kommer en angs te glip. Sulke mense gee groot dele van hul geluk en lewe op, snak na asem as ’n onskuldige ritseling van ’n takkie teen hul lewensruit nog ’n verbeelde inbreuk op hul emosionele veiligheid maak. Hulle het ’n ooraktiewe alarmstelsel. Dit oorspoel hul emosies en liggame gedurig met te veel adrenalien en kortisol wat liggaamlik en emosioneel vir hul- le skadelik is. Derhalwe ly hul verhoudings en gesondheid dikwels daaronder. Jan-Hendrik* sê: “Dis so moeilik om saam met Anli* se vrese en kommer te lewe. As ek ’n bietjie laat is en dalk nie dadelik my foon antwoord nie, freak sy uit. Sy bel my kantoor, vriende, familie. Een aand het ek in die verkeer vasgesit en my foon was pap. Sy het die polisie gebel, hospitale. Dis erg. En dan ontgeld ek dit as ek tuiskom, is ek alleen die oorsaak van al haar woede, kommer, ontsteltenis wat heeltemal buite verband geruk is. “Vir ons drie kinders is dit ook baie moeilik.

Hulle mag nie by maats slaap nie, want sê nou daar gebeur iets; of alleen swem nie; nooit alleen in ’n winkelsentrum stap nie, want hulle kan gesteel word, iemand kan hul beroof, hulle kan in ’n toilet vassit … Die moontlikhede van haar kommer is eindeloos. En dis nie dat hulle klein is nie. Hulle is 17, 15 en 11 jaar oud. Die kinders reageer verskillend. Die oudste dogter maak maar soos ek: Hou by al haar reëls en doen haar bes om haar ma nie te ontstel nie. Die seun, die middelkind rebelleer daarteen, wat ek terloops, goed verstaan.

Hy en sy ma maak heeltyd oorlog. Hy dink sy is belaglik en sê dit ook. Die resultaat is dat hy goed skelm doen, want sy sal hom nie toelaat wat die meeste redelike ouers hul tieners toelaat nie. Nou moet hy gedurig hoor dat hy nie vertrou kan word nie. Ek is jammer vir hom. Maar kies ek sy kant, is die hel behoorlik los. Dan verstaan ek haar nie, span ek saam met die kinders, en … en … Ons jongste dogtertjie leef soos haar ma in konstante vrees, spanning en kommer. Sy sukkel om te slaap, ervaar nou nog soms skeidingsangs, is bang vir alles en wil nie waag nie. Ons het haar al by ’n sielkundige gehad,maar haar ma weier om te gaan, of om medikasie te gebruik. Dis ’n baie, baie moeilike situasie. Maar moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie: Anli is ’n baie goeie mens en ma. Sy gee baie om, wil net die beste vir haar gesin hê en sal niks ontsien om goed vir ons te doen nie. Dis hoekom ek by haar bly, dit maar vat en op ’n manier rasioneel probeer bestuur. Maar dis vir my baie moeilik.”

Diagnoseerbare siekte?

Baie mense wat so in vrees en kommer leef, het ’n diagnoseerbare siekte, soos ’n angsversteuring, ’n obsessief-kompulsiewe versteuring of ly aan post-traumatiese stressindroom waarvoor daar raad, hulp en medikasie is. Daar is baie oorsake daarvoor: Party mense het ’n geneigdheid of predisposisie vir vrees. Hulle het lae of wisselende vlakke van serotonien, die chemiese stof wat boodskappe na die reseptore in die brein stuur. Hul amigdala, die vreessentrum van die brein, word by die geringste provokasie gestimuleer om iets as gevaar te eien met die snellereffek dat dit adrenalien en kortisol afskei om hul liggaam voor te berei vir gevaar en dus hul spanningsvlak verhoog. Hulle kan ook geneties abnormaal lae vlakke van GABA A-tipe reseptore (wat met vrees geassosieer word) in sekere dele van die brein hê. Naas die biologiese en genetiese redes, kan daar baie ander redes vir angs en vrees wees, soos aangeleerde gedrag van rolmodelle, traumas, verlieservaring, reekse teleurstellings of spanningsvolle omgewingsfaktore, ’n swak selfbeeld, selfs sekere medikasie, dieetpille, te veel kafeïen en ook die gebruik van dwelmmiddels.

Esther* bly by haar sussie, Melindie*: “Jong, dis moeilik om saam met haar te leef. Sy is ’n bol senuwees, alles is in die oortreffende trap erg en gevaarlik. Ons kan nie saans uitgaan nie. Sy het talle verskonings: sy is te moeg; sê nou iemand breek in terwyl ons weg is; hi-jack ons by ’n robot; ons moet in die donker alleen by die huis aankom. Oortuig ek haar ná ure om wel te gaan, is dit omtrent reëlings wat getref moet word: waardie kinders bly, sal hulle veilig wees, het almal almal se telefoonnommers … En dan begin die gesluit van die huis. Dis deure en slotte en grendels opsit, veiligheidshekke en alarms. En alles moet dubbeld gekontroleer word.

“Die rit is ’n nuwe uitdaging. Volgens haar jaag ek teen 100 km per uur op die hoofweg en gaan ek ons verongeluk. En dan stres sy omdat ons gaan laat wees; dan weer omdat dit reën en donderweer. ‘Ek hoor die weerlig het Totius se kind deur ’n venster doodgeslaan.’ Net voor die opvoering kry sy in die restaurant ’n angsaanval. Uit die teater bel of SMS sy talle kere om te hoor waar haar kinders is en of hulle reg is.“Ek sê jou dis uitputtend. En die voorbeeldevan haar kommer en angs is legio. Haar kind gaan op ’n kamp. Dan moet ons opsluit 5 km daarvandaan ook gaan kampeer, want sê nou net daar gebeur iets, dan moet sy naby wees. En die ergste is, een van haar kinders is net so: ’n verskrikte seuntjie wat vir niks kans sien nie en nie sommer by maatjies wil gaan speel nie.”

Hoe hanteer ek my maat wat alles vrees?

Toon begrip en empatie, moenie veroordeel nie. Probeer verstaan dat sy op musiek dans wat jy nie kan hoor nie. Haar biologiese en emosionele stelsel werk anders. Maar om altyd simpatie te gee hou ook dikwels die patroon in stand.

Bly kalm en rasioneel en stel afkoeltye voor wanneer gemoedere hoog loop.

Gee emosionele ondersteuning en gerusstelling, sonder om ook emosioneel te raak. “Ek besef jy is bekommerd en ontsteld hieroor, maar daar is ook ’n ander perspektief.”

Behou perspektief: Sy angstigheid is net ’n deel van wie hy is. Aanvaar hom as mens, nie noodwendig sy gedrag as dit buite perke is nie.

Gee vir jou maat perspektief: feite, statistiek. En help hom om die goeie raak te sien en te waardeer.

Besluit saam oor waardes, prioriteite, grense en maniere van doen. Respekteer mekaar se grense en beperkings, al maak hare nie vir jou sin nie.

Gee vir jou maat ruimte om vir die ergste voor te berei, maar bring die perspektief om ook vir die beste te kan hoop.

Indien haar gedrag heeltemal wanfunksioneel is, moet dit behandel word en moet jy sensitief maar selfgeldend optree. Maak net seker dat jy rasioneel en empaties is en vat dit stadig.

Dit help nie om te sê “ruk jouself reg” nie. Hy sou dit al gedoen het as dit so maklik was.

Moedig haar aan om hulp te kry: Terapie en medikasie kan ’n groot verskil maak. Moedig gesonder, gebalanseerde lewenspraktyke aan: eet gesond, rus en slaap genoeg, ontspan, oefen, kry kos vir jou gees in verhoudings, of deur die mooi dinge van die lewe te geniet soos flieks, kuns, musiek of die natuur.

Help haar om die dinge te doen wat sy vrees en so haar selfvertroue en selfgeloof te ontwikkel.

Moedig ontspanningstegnieke aan: joernaalskryf, asemhalingstegnieke, joga of die luister na CD’s spesifiek vir ontspanning. Help haar om positiewe slagspreuke of bevestiging vir haarself te formuleer, om sodoende haar gedagtes te monitor en positief te verander, soos: ek hoef nie hierdie storie of gedagte te glo nie, dis net ’n gedagte nie die werklikheid nie.

Behou en gebruik jou sin vir humor. Vrees en angs steel ’n mens se geleenthede, verwring jou oordeel, doof jou optimisme uit, besoedel jou gedagtes en vermink jou verhoudings. Maar ’n mens moet die probleem eers erken om dit te kan verander. En besluit dat jy nie langer ’n gevangene van jou vrees gaan wees nie en uit die wurggreep van herhalende
wat as-gedagtes gaan breek. Jy sal die vrees in die oë kyk; dit deur en oor jou laat spoel, maar dit nie meer toelaat om in jou te stol en jou te beheer nie. Jy gaan iets daaraan doen, verander en groei om die wêreld vir jou en jou geliefdes ’n beter en veiliger plek te maak. *Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel.

Eienskappe van mense met angstige persoonlikhede

Fokus op elke moontlike probleem of gevaar.

Is perfeksionisties en veroorsaak vir hulself en ander stres met hul hoë en onbuigbare standaarde en eise.

Is oorsensitief en oorreageer dikwels op situasies wat nie vir ander na ’n probleem of gevaar lyk nie.

Het dikwels woede-uitbarstings as daar nie aan hul eise en standaarde voldoen word nie.

Stel besluite uit omdat hulle nie foute wil maak nie.

Is oorversigtig en beperk hulself en ander omdat hulle nie wil waag nie.

Wil by ’n vaste roetine hou en meeste situasies beheer om seker te maak niks loop skeef nie.

Lees ook: Wanneer trooswoorde nie troos nie

The post Van kommerkous tot koel komkommer appeared first on rooi rose.

Stres minder, leef ligter
Party mense seil deur stresvolle situasies sonder dat ’n haartjie uit plek raak, terwyl ander – wel, kom ons sê maar net dit lyk asof die hare én die gemoed ’n woestynwind moes trotseer. Wat is die onverstoordes se geheim? “’n Stresbestande persoonlikheid,” antwoord dr. Arien van der Merwe, mediese dokter, skrywer en stresbeheer- en werkplekwelwees-konsultant van Pretoria.

Hierdie gesogte persoonlikheidstipe is ongelukkig nêrens te koop nie, maar die goeie nuus is dat enigeen die betrokke eienskappe kan aankweek. En dis die moeite werd, want hoewel ons dalk ons indrukwekkend hoë stresvlakke aan ons omstandighede toeskryf, bly ons grootste stressneller ons persoonlikheid.

“Jou persoonlikheid is die filter waardeur jy die lewe ervaar”

“Dink maar hoe perfeksionisme of pessimisme jou omgang met die werklikheid kan raak. Mense val in twee hoofgroepe: dié met stresbestande persoonlikhede, en dié wat stresgevoelig is. Maar selfs al is jy stresgeneig, is daar hoop. Jy is meer as jou persoonlikheid. Nie een van ons is so gemaak en laat staan nie. Persoonlikhede is plooibaar, en daarby het ons innerlike bronne waaruit ons kan tap.”

Die wegspringplek na ’n rustiger bestaan is bewustheid. Sodra jy weet of jy stresbestand of stresgevoelig is, kan jy vasstel watter van die drie persoonlikhede onder elke hofie jou die beste beskryf.

“Insig in wat jou stres sneller, kan jou help om doeltreffender streshanteringstegnieke toe te pas. Dis dalk pynlik om te erken dat jy minder aantreklike persoonlikheidseienskappe het, maar dis die eerste stap wanneer jy ‘selftoegediende stres’ wil verminder.” Arien het ’n paar vraelyste opgestel om die proses makliker te maak.

Stresgevoelig of stresbestand?

(Merk die toepaslike blokkies)

• Hoewel sy jou skaars agter die berg papierwerk op jou lessenaar kan raaksien, vra jou baas of jy gou veranderinge aan ’n paar verslae sal aanbring. Jy sal waarskynlik …

A Die veranderinge aanbring en jou frustrasie op almal om jou uithaal

B Verduidelik dat jy reeds oorlaai is, maar dit later sal doen as dit nie dringend is nie

A Instem en dan ’n medewerker oorhaal om die takie te voltooi

A Oorweldig voel en die res van die dag sukkel om te fokus

• Jy klets so dat jy vergeet om die oond dop te hou. Wanneer jy onthou, lyk die kos meer na houtskool as die meesterstuk wat jou gaste verwag het. Jy sal waarskynlik …

B Die term “behoorlik gerooster” ewe vrolik by jou spyskaart voeg

A In trane uitbars omdat jou droom van ’n volmaakte onthaal pas in vlamme opgegaan het

B Chinese kos, stokkies en al, vir twaalf mense bestel

• Dis hoogsomer, jy sit vas in die verkeer en jou motor het die afgelope vyf minute nie beweeg nie. Jy kan onmoontlik betyds by die seminaar opdaag, en jy is die aanbieder. Jy sal waarskynlik …

B Die betrokkenes bel, sê jy gaan laat wees, en na jou gunsteling-CD begin luister

A Hewig ontsteld raak maar jou trane terugbyt om jou maskara te red

A Die ander bestuurders vermaak deur te skree en op die toeter te lê

• Ná ’n dag van kantoorpolitiek, intense vergaderings en ’n telefoon wat onophoudelik lui, haal jy die huis in een stuk – waar jou kinders al om jou en oor jou is en luid die een eis na die ander stel. Jy sal waarskynlik …

A Jouself in jou slaapkamer toesluit waar jy in trane uitbars

A Vir jou kleuter wys hoe ’n vloermoer behoort te lyk

B Vinnig aan ’n aktiwiteit dink wat jou kinders sal kalmeer

• Jy het pas die finale dokumente gekry vir jou langverwagte reis na die Maledive. Jy blaai deur die brosjures en kan al die skemerkelkies proe! Dan sien jy die vliegkaartjies se datums is foutief. Jy sal waarskynlik …

A Besluit daar sal geen reis wees nie. Dis onmoontlik om die vliegdatums in dié stadium te verander

B Jou reisagent bel en kalm vra om die misverstand reg te stel

A Op jou reisagent gil

B Op die internet kyk of daar ander kaartjies beskikbaar is

Het jy meer B gemerk? Die kans is goed dat jou stresbestande persoonlikheid jou teen stresaanvalle beskerm.

Het jy meer A gemerk? Jy het waarskynlik ’n stresgevoelige persoonlikheid wat jou vatbaar maak vir stressnellers

Stresgevoelige persoonlikhede

Hieronder val die tipe A, mede-afhanklike en hulpeloos-hopeloos tipe persoonlikhede.

(Merk die toepaslike blokkies)

Is jy tipe A?

Hierdie persoonlikhede leef in die hoogste rat, aangespoor deur hul kompeterende geaardheid en die same-lewing se klem op welvaart. Hulle is werkslawe en tyd is ’n groot stressor omdat hulle soveel moontlik wil doen, alles natuurlik perfek! Hulle wil in beheer wees en raak gespanne wanneer ’n saak sy eie loop neem. In sulke situasies haal hulle soms hul woede op die mense om hulle uit.

• Is jy altyd betyds vir afsprake?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Is jy kompeterend in speletjies tuis of by die werk?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Antisipeer jy wat ander gaan sê (deur ’n kopknik, ander se sinne te voltooi of hulle in die rede te val)?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Raak jy ongeduldig in toue, verkeersknope of wanneer jy moet wag?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Doen jy tegelykertyd verskillende dinge, terwyl jy aan die volgende item op jou lysie dink?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Doen jy die meeste dinge vinnig (stap, eet, bestuur, praat?)

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Raak jy gou geïrriteer deur beuselagtighede, ander se dwaasheid, of die swak standaard van hul werk?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Raak jy kwaad as jy ’n fout maak of faal?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Vind jy gedurig fout met ander?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Neem jy die meeste van die tyd saans werk huis toe?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Werk jy vrywillig lang ure?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Kla jou gesin dat jy te min tyd saam met hulle deurbring?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Vind jy dit moeilik om van werk en ander eise te vergeet en te ontspan?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Sê jy moeilik nee vir meer werk, liefdadigheidsbetrokkenheid en soortgelyke eise?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Is dit vir jou swaar om te delegeer?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

• Hang jou eiewaarde af van jou werk, bydrae tot die gemeenskap, jou kinders se prestasies, of geldinsamelingspogings?

Nooit

Soms

Gewoonlik

Altyd

As jy enige vrae met “gewoonlik” of “altyd” beantwoord, toon jy tipe A-gedrag.

• Is jy mede-afhanklik?

Hierdie groep hunker na goedkeuring en gebruik elke geleentheid om dit te kry. Immer lojaal, doen hulle moeite om ander te plesier – al moet hulle hul eie belange ondergeskik stel. Hulle raak soms wrokkig en voel hulle word nie waardeer nie. Hul onvermoë om “nee” te sê, dra by tot hul stresvolle omstandighede en te veel spanning loop soms op reaktiewe optrede uit.

• Is jy hulpeloos-hopeloos?

Hoewel hierdie persoonlikhede meestal bekwaam is, is hulle onseker van hulself. Hul pessimistiese streep veroorsaak dat hulle baie keer mislukking verwag nog voor hulle die taak aangepak het. Stresvolle situasies kan hulle oorweldig en hulle na die sneesdoekies laat gryp of laat tou opgooi.

Stresbestande persoonlikhede

Hieronder val die veerkragtige, oorlewings- en tipe R-persoonlikhede.

• Het jy ’n veerkragtige persoonlikheid?

Hierdie groep word selde deur stres van stryk gebring en voel gerus dat hulle alles sal kan hanteer wat op hul pad kom. Werksverlies of verhuising is vir hulle ’n uitdaging eerder as ’n vloek – hulle sien dit as ’n leerkurwe en ’n groeiproses. Hulle neem beheer van stresvolle situasies en beraam ’n plan van aksie.

• Het jy ’n oorlewingspersoonlikheid?

“Balans” beskryf hierdie persoonlikhede goed. Hulle bly optimisties en is goeie probleemoplossers wat hul linker- én regterbrein inspan. Hulle kan soms trots, selfsugtig en rebels wees, maar ander kere weer nederig, altruïsties en goeie spanmaats. In baie stresvolle omstandighede sal hulle weldeurdag eerder as reaktief optree.

• Het jy ’n R-persoonlikheid?

R-persoonlikhede is adrenalienverslaafdes. Hulle gedy op avonture soos rekspronge of rotsklim. Hoewel hulle kanse waag, is hulle nie roekeloos nie – hulle sal nie uit die vliegtuig spring voor hulle seker gemaak het die valskerm werk nie! Dinge wat ander mense gespanne maak, is dikwels vir hulle opwindend en hulle funksioneer gewoonlik goed in stresvolle omstandighede.

Lees ook: Wenke vir elke tipe persoonlikheid

Word meer stresbestand

Stresbestande mense toon vyf belangrike eienskappe:

• Hulle bestuur ’n stresvolle situasie, asook hul emosies op ’n gebalanseerde manier. Hulle hardloop nie weg nie en voel hulle kan die verloop van sake beïnvloed.

• Hulle takel ’n probleem en bly betrokke tot dit opgelos is.

• Hulle bereik doelstellings en los krisisse op deur dit as geleenthede vir groei en vaardigheidsontwikkeling te beskou.

• Hulle sien die lewe as sinvol en kan lewensgebeure betekenisvol verwerk.

• Hulle kry ’n plek in ’n groep eendersdenkendes wat dieselfde visie deel.

Lees ook: Leer hoe om te ontspan

The post Stres minder, leef ligter appeared first on rooi rose.

10 wenke vir lewenslus
Jy ken hulle op ’n afstand uit: gewone mense met ’n ongewone liefde vir die lewe. Hulle is nie noodwendig jonk, mooi, gesond of suksesvol nie, maar hulle is oop vir ervaring, energiek en ’n plesier om in die omtrek te hê. Behalwe natuurlik wanneer hulle soos enige ander sterfling ’n slegte dag het!

Wat is lewenslus, en watter instellings of tegnieke kan dit aanhelp? Ons het twee vroue wat voluit leef en

ander leer om dit te doen, Catherine Glennie van Kaapstad en Annie Coetzee van Pretoria, se mening gevra.

“Vir my beteken lewenslus die begeerte om wakker te word omdat die dag mooi gaan wees,” sê Annie. Annie is die direkteur van Creative Brain Management en is betrokke by korporatiewe spanbousessies, lewensafrigting en openbare optredes.

Catherine of Cat, ’n manifestasie-afrigter wat mense help om hul doelstellings te bereik deur universele en spirituele beginsels toe te pas, sien lewenslus as “iets in jou wat jou aanspoor om met vreugde en positiewe verwagting op te tree. Die hoogste vorm van lewenslus is die uitdrukking van jou siel”. Mense met lewenslus ervaar hul bestaan as betekenisvol, eien nuwe moontlikhede en takel die uitdagings. Hulle sukkel nie bloot sleepvoet voort nie.

Is lewenslus binne elkeen se bereik?

“Ja, dis moontlik vir enigeen wat met bewustheid leef,” antwoord Annie. “Jy moet wéét jy kan groot droom, en dat jy nie noodwendig hoef te glo wat ander van jou sê nie. Die mense na aan jou kan jou lewenslus vernietig. As jou ma, kind, man of buurvrou nie glo in wie jý glo jy is nie, verloor jy jou joie de vivre. Jy moet daarteen waak om hul menings jou eie te maak.”

“Lewenslus kan gekelder word,” sluit Cat hierby aan. “Dikwels leer ouers of onderwysers kinders om die mens wat hulle werklik is, binne te hou. Pleks dat hulle kinders se lewenskrag in kreatiewe rigtings kanaliseer, dwing hulle die kinders om te konformeer. As volwassenes moet ons dít wat kleintyd ingeperk is, weer soek en vrylaat.”

Diepgaande respek vir wie jy is, wat jy nodig het en wat jy begeer, is dus ’n voorwaarde vir lewenslus. Hier volg Cat en Annie se wenke vir ’n lewe wat deur entoesiasme gekenmerk word.

1 Vertrou die lewe

My grootste uitdaging was om die lewe te leer vertrou en sáám met die lewensproses te vloei. Ek het glad nie oor hierdie vermoë beskik nie – inteendeel! Weens my gebrek aan vertroue in God, ander mense en die lewe het ek elke liewe dingetjie krampagtig probeer beheer. Omdat ek nie geweet het hoe om sáám met God, ander mense, of die oomblik te werk nie, het ek gedurig probeer wegbreek om my eie ding te doen. Die gevaarlikste aspek van hierdie stroomop manier van leef is die gevoel van afstand wat dit meebring.

Alle pyn is die gevolg van weerstand en alle lyding is die gevolg van ’n ervaring van afgesny wees. Omdat ek met niemand hieroor kon praat nie, moes ek ’n “persoonlike gelukspeurder” word. Ek het stapels selfhelpboeke gelees, leer mediteer en die kragtige leiding begin volg van die “innerlike leermeester” wat ek geseënd is om te hê. Mettertyd het ek besef wat my terughou en op tegnieke afgekom wat dit kon oplos. Eintlik is die proses volmaak! Ons het probleme. Hulle is so groot dat ons aandag aan hulle móét gee. Ons leer. Ons vaar beter.Ons beleef sukses. Ons kan ander wys hoe om dit te doen. Ons kan maar chill – alles sal uitwerk. In elkeen is daar ’n bloudruk vir jou eie groei, en met behulp van ons emosies en omstandighede sal ons siel ons na die regte ervarings lei.

2 Kry ’n gesonde balans

Waak teen uitbranding – ek het dit ook in ’n stadium beleef. Vir my beteken ’n gebalanseerde lewe om meer biblioteekboeke te lees en minder skryfwerk te doen, meer perd te ry en minder e-posse te beantwoord, tyd saam met my kleinkinders te bestee en in die tuin te werk.

Balans bevorder nie net lewenslus nie maar ook gesondheid. ’n Wanbalans op enige gebied lei tot siektes en kwale. Voorkoming is beter as genesing!

3 Volg jou intuïsie

Volg áltyd jou binnestem. As ek dit gedoen het, sou ek nie met ’n alkoholis getrou het, ’n aanval in die bos beleef het, of ’n rits ander onaangename dinge ervaar het nie.

4 Word stil

Om jou intuïsie te kan volg, moet jy in kontak wees met jouself. Wanneer ons hoofsaaklik na buite fokus, verloor ons maklik voeling met ons binnewêreld. Gereelde alleentydjies waarin jy byvoorbeeld deur bewuste asemhaling met God kontak maak, bevorder bewustheid van jouself, jou gevoelens en jou innerlike ruimte. Boonop kan dit na alternatiewe toestande van bewustheid of bliss states lei. Hierdie ervarings vul jou lewenslus-reservoir wonderbaarlik aan.

Daar is verskeie liggaamsgerigte tegnieke wat jou doeltreffend stil maak. Voordat ek hulle ontdek het, het ek myself altyd uit ’n probleem probeer dínk.

Met hierdie tegnieke systap ek my gedagtes en bereik ek onmiddellik my sellulêre geheue waar die oorspronklike knoop dikwels lê.

Vier liggaamsgerigte tegnieke wat ek gereeld gebruik, is bewuste asemhaling, YES breathing, Emotional Freedom Technique (EFT) en ’n klankmeditasie. Só werk die bewuste asemhalingstegniek:

– Gaan sit op ’n stil plek waar niemand jou sal steur nie.

– Stel ’n wekker vir drie minute.

– Maak jou oë toe en fokus op jou asemhaling.

– Trek jou asem vir vier tellings in terwyl jy voel hoe die lug jou maag laat rys. Hou dit vir ’n sekonde en blaas jou asem saggies vir ses tellings uit. Hou dit vir ’n sekonde.

Herhaal die patroon totdat jou wekker lui. Aanvanklik kan jy agterkom dat jou gedagtes maal, byvoorbeeld om alles wat jy later moet doen. Bring eenvoudig jou aandag terug na die proses. Wórd die ervaring van in- en uitasem. Met oefening word dit makliker en ’n diep vrede neem van jou besit.

’n Voorbeeld van die helende krag van hierdie tegnieke is die keer toe ek in ’n liefdesverhouding was en iets gebeur het wat my onverwags erg jaloers gemaak het. Pleks van my verhoudingsmaat in te vlieg of oor my eie aandeel aan die situasie te tob, het ek gaan sit en ’n ruk lank bewustelik asemgehaal. Kort voor lank het ek ’n geluksalige toestand van kalmte bereik.

Gaan kyk by www.catglennie.com hoe om die ander tegnieke toe te pas.

5 Ek kan!

Ek ondersteun myself met bemoedigende notas wat op ’n spesifieke projek fokus. Toe ek ’n ruk gelede getroud is, was die saam doen en -besluit vir my ’n uitdaging – ek het soveel jare alleen reggekom. Ek het regtig gesukkel om my onafhanklikheid prys te gee maar het besef dis noodsaaklik vir die welstand van my huwelik. Ek het “Ek kan verander” groot op ’n stuk karton geskryf en in my klerekas geplak. Elke dag as ek die kas oopmaak, het ek dit gesien en die woorde herhaal, al was dit party dae met geklemde kake! Dit het gewerk. Die goeie nuus is dat ek steeds besig is om te verander. My man dink waarskynlik dit kon alles ’n bietjie vinniger gebeur het!

Annie is aan die woord

6 ’n Toevlugsoord

Ek en my man, Louis, het vir my ’n “kreatiewe balkon” in ons huis ingerig. Dis nie deel van my kantoor nie en ek werk glad nie wanneer ek daar is nie. Ek doen joga, oefen met my gewiggies of sit in my uitskopstoel en luister na natuurgeluide terwyl ek dink en droom. Die lewe gee my ook soms ’n paar klappe – ek hou byvoorbeeld ’n toespraak en net mooi niks wil werk nie. Die klanktoerusting is foutief, ek stamp ’n glas water om en niemand lag vir my grappies nie, maar ek maak altyd seker dat ek van die swaar emosies ontslae raak – jou emosies beïnvloed jou immuunstelsel.

By die huis skop ek my skoene uit, sak in my stoel van kalmte neer en herleef doelbewus die verleentheid. Daarna besluit ek om dit neer te lê en ek dóén dit. So hou ek my emosionele ruimte skoon.

7 Reis lig

Die “skoonmaakbeginsel” geld ook wrokke wat jy koester of trauma wat jy beleef het. Dis goed om oor hierdie sake te bid, maar soms het jy ’n ritueel nodig. Ek help kliënte om die ervaring op ’n groot stuk papier te teken, dit op te frommel, in ’n boks te sit, met linte toe te draai en dan in ’n groot vullisdrom te gooi. Wanneer jy iets konkreets doen, is dit asof jou brein ’n foto daarvan neem. Die oomblik dat jy weer daaraan wil dink, flits die prentjie voor jou geestesoog en besef jy dis nou in die vullisdrom. Hoe ligter jy reis, hoe meer plek het jy vir lewenslus.

8 Koester jou verbintenisse

“Belê in jou vriendinne. As jy oud is, is hulle jou grootste rykdom,” het my ma op haar sterfbed gesê. Wees veral op die uitkyk na vriendinne wat saam met jou bly kan wees – hulle eggo jou lewenslus. Ek spring rond van vreugde wanneer my gholfvriende hul voorgee haal! Sommige mense sal saam met jou huil oor jou kinders en kleinkinders oorsee woon, maar koel optree wanneer jy vir jou werk bekroon word. Dis beter om sulke verbintenisse ’n stille dood te laat sterf.

9 Lees jou lyf

Jou lyf kan jou wys wanneer jy jou vreugde inperk. As jy gereeld maagpyn kry wanneer jy inkopies doen, sê dit iets. Ek het my liggaamseine leer ken: jeuk ek, voel ek senuagtig. Wanneer my kopvel saamtrek, voel ek ongemaklik in iemand se teenwoordigheid. Ek gebruik hierdie tekens om my lewensgehalte te verhoog.

10 Laat jou deur ’n mentor lei

Jare gelede, toe ek as dosent by die sielkundedepartement aan die Universiteit van Stellenbosch gewerk het, het die dekaan vir my gesê: “Jy hoort nie in ’n stelsel nie. Dit gaan jou dooddruk. Jy moet vlieg!” Sy insig, aanmoediging en die feit dat hy my na kongresse gestuur het, was die grondslag vir wat ek vandag doen. Net so het my vorige lewensmaat my aangemoedig om by Toastmasters International en Run/Walk for Life aan te sluit. Daar is wonderlike lewensafrigters wat jou kan help om te ontwaak en jou drome uit te leef.

The post 10 wenke vir lewenslus appeared first on rooi rose.

Kry nuwe lewenslus
Mense wat al deur die dieptes van depressie of angs moes worstel, weet watter verligting dit is wanneer hulle hul simptome onder beheer kry. Maar die vraag, sê Pretoriase kliniese sielkundige Cizelle Louw, is of hulle simptoomvry gaan bly. “Navorsingsresultate van ’n tweejaar-studie wys 96% van die depressiewe pasiënte was binne 15 maande nadat hulle medikasie begin gebruik het simptoomvry, maar 40% het binne die daaropvolgende tien maande weer medikasie nodig gehad.”

Is daar ’n manier om immuniteit teen depressie en angs op te bou? Ja, daar is! “Wellbeing Therapy (WBT) bou veerkragtigheid – die vermoë om emosionele welstand te midde van teëspoed te behou. Voorbeelde hiervan is mense wat in groot lewenskrisisse soos die dood van ’n geliefde kan voortgaan en selfs psigies groei. WBT is deel van die Positiewe Sielkunde-beweging en mik vir lewensgehalte eerder as ’n bloot simptoomvrye lewe. Gestel emosionele welvaart is ’n vertikale lyn tussen -10 (depressie) en +10 (om te floreer.) By nul is die persoon simptoomvry. WBT wil mense bó die 0-lyn kry sodat hulle toekomstige spanning en moontlike terugvalle gemaklik kan hanteer.

“Daar is ook empiriese bewyse dat WBT suksesvol is waar langtermyn-antidepressante se werking afgeneem het. Vermoedelik normaliseer WBT dele van die brein wat deur langtermyngebruik van hierdie medikasie oorgeaktiveer word.”

Wat behels WBT?

“WBT is nie subjektiewe geluk, plesier en pynvermyding nie. Dit erken dat dit deel van die lewe is om positiewe sowel as negatiewe emosies te ervaar. Dit het te make met tevredenheid op verskillende lewensgebiede, die verwesenliking van jou potensiaal, die vind van betekenis en die ervaring van lewenslus. Boonop bevorder hierdie veerkragtigheid jou fisieke gesondheid.

“Prof. Carol Ryff van die Universiteit van Wisconsin in die VSA het nagevors watter sterk punte (strengths) en weerloosheid (vulnerabilities) ’n belangrike rol in emosionele weerstand en psigiatriese siektes speel.

Sy het ses faktore geïden-tifiseer: wanneer iemand hoog toets op hierdie ses, toets hulle gewoonlik laag op ’n depressie-vraelys, en andersom. Hierdie ses is nie persoonlikheidseienskappe waaroor slegs sommige mense beskik nie – dis vaardighede wat elkeen kan ontwikkel:

1 Bemeestering van die omgewing

Jy voel jy kan elke dag se eise hanteer, en jou situasie verander of verbeter. Jy leef proaktief en is ’n doeltreffende probleemoplosser.

2 Persoonlike groei

Jy sien jouself as iemand wat oop is vir nuwe ervarings, wat groei en ontwikkel en jou potensiaal kan verwesenlik.

3 Om ’n lewensdoel te hê

Jy het doelwitte en ’n gevoel van rigting en hou vas aan oortuigings wat aan jou lewe betekenis gee.

4 Outonomie

Jy is onafhanklik en bepaal self waarheen jy op pad is, al raak ander ontevrede. Jy evalueer jouself, reguleer jou gedrag van binne, en kan sosiale druk weerstaan.

5 Selfaanvaarding

Jy aanvaar jou goeie én minder goeie eienskappe en voel positief oor die verlede. Jy stel nie onrealistiese standaarde aan jouself nie.

6 Positiewe verhoudings

Jy het warm, vertrouensvolle verhoudings en is in staat tot sterk empatie, liefde en intimiteit. Navorsing wys as jy een faktor wil verander om gelukkiger te wees moet jy na positiewe verhoudings mik.

Prof. Ryff het ’n vraelys ontwikkel wat Cizelle gebruik om vas te stel aan watter van dié aspekte ’n kliënt moet werk.

Wellbeing Therapy

Prof. Giovanni Fafa, verbonde aan die Universiteit van Bologna en die Staatsuniverseit van New York, het WBT op grond van prof. Ryff se navorsing ontwikkel. Dit beklemtoon positiewe emosionele gesondheid eerder as die vermindering van negatiewe simptome. Die model aanvaar dat tekortkominge in emosionele welstand verband hou met te min aandag aan positiewe ervarings en die invloed van outomatiese negatiewe gedagtes.

Tydens WBT val die klem dus sterk op die positiewe.

Met prof. Ryff se vraelys as basis neem WBT die kliënt op ’n proses wat positiewe ontwikkeling fasiliteer. Hoe die terapie werk, word nie vir die kliënt verduidelik nie, maar selfwaarneming en huiswerkopdragte is belangrike komponente.

“Dis ’n korttermynterapie van agt tot twaalf sessies. Ek kombineer dit met hipnose. Dink net hoe dit jou bemagtig om in jou lewe te floreer pleks van slegs te bestaan, terwyl jy boonop negatiewe gedagtes en angs as ’n normale deel van die lewe sien – omdat jy dit kan hanteer!”

*Cizelle Louw: 082 4155 390

’n Merkwaardige ommeswaai

Toe Adelheid* (23) ’n derdejaarsvak op universiteit druip en nie saam met haar maats kon graad vang nie, het sy in ’n diep depressie beland. Bipolêre gemoedsversteuring is by haar gediagnoseer en die medikasie daarvoor het gehelp.

“In Julie 2013 was ek baie af. Boonop is drie van my vriendinne getroud terwyl ek nog enkel was.

“My ma het my na Cizelle Louw geneem. My gemiddeld op die WBT-vraelys was 38% – 25% of laer wat beteken dat die pasiënt waarskynlik erg depressief is en baie swak funksioneer. Cizelle het die uitslag met my en my gesin bespreek en voorgestel dat ek in ’n psigiatriese inrigting opgeneem word. In die inrigting is my medikasie verander, en ek het Cizelle drie weke lank elke weeksdag vir WBT gespreek.

“Ek het besef hoe ek my in moeilike situasies emosioneel onttrek – ek was sowat 90% van die tyd in hierdie toestand en het dit my ‘firewall’ genoem. Andersyds het ek ’n vlinder as positiewe simbool gekies en my ‘vlinderoomblikke’ begin aanteken en al meer daarop gefokus. In die dieptes van depressie is dit swáár.

Cizelle het gesinsterapie met ons gedoen wat wondere verrig het om ons te help om mekaar werklik te hoor. Die vraag ‘Hoe raak dit my?’ het my gehelp om myself uit te druk en ook terugvoer van my gesinslede te kry. Ek het agtergekom ek kan my man staan!

“Ons het verder geleer om die huishoudelike take beter te verdeel sodat niemand oorweldig voel nie. Dit het baie konflik uitgeskakel toe my ma ná ’n rugoperasie moes herstel. “Ek voel nou deel van my gesin en is trots op my onderhandelingsvaardighede. Ná drie weke se terapie was my WBT-vraelysgemiddeld 75%. Ek en Cizelle was ewe verstom!” *skuilnaam

The post Kry nuwe lewenslus appeared first on rooi rose.