lindie strydom | rooi rose

Kyk wie is terug! Lindie Strydom sluit permanent by ‘Suidooster’ aan
Daar waai vandeesweek ’n welkome vars briesie deur Ruiterbosch se strate wanneer die gewilde aktrise Lindie Strydom permanent by die rolverdeling van kykNET se treffersepie Suidooster ingesluit word.  Ná haar eerste verskyning in die reeks verlede jaar as Amanda van Wyk, keer sy nou terug as ’n voltydse karakter – en dié keer het sy gekom om te bly.

Vir baie Suid-Afrikaanse kykers roep Lindie se gesig ’n sterk gevoel van nostalgie op. Jare voor sy haar opwagting in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, gemaak het, het sy reeds ’n onuitwisbare indruk op kykers gelaat as die geliefde Karin Edwards in die ikoniese sepie Egoli: Plek van Goud.

Destyds was Lindie skaars uit die skool toe sy in 1997 by Egoli aangesluit het en vir jare daarna was sy een van die bekendste jong karakters op die skerm.

Sedertdien het baie water in die see geloop. Ná haar tyd in sepieland het Lindie aan die sogenaamde “universiteit van die lewe” studeer – sy het getrou, kinders grootgemaak en nuwe lewenshoofstukke aangepak. Intussen het haar kinders opgegroei en nou het die lewe haar uiteindelik na die Kaap gebring.

Deesdae, amper 17 jaar nadat sy vir oulaas permanent in ’n TV-sepie te sien was, is sy terug – wyser, ryker aan lewenservaring en gereed vir ’n nuwe televisiereis.

Ná Lindie Strydom se eerste verskyning in ‘Suidooster’ as Amanda van Wyk, keer sy nou terug as ’n voltydse karakter. (Foto: Gys Loubser)

Lindie se Suidooster-karakter is ’n bekende sielkundige en skrywer wat haarself in ’n nuwe fase van haar lewe bevind nadat haar huwelik van 32 jaar op die rotse beland het. Frankie (Mienke Ehlers) is haar en haar eksman, Mike (Anrich Herbst), se dogter.

Kykers het Amanda reeds verlede jaar ontmoet toe sy en haar familie vir ’n besoek aan Ruiterbosch opgedaag het, maar nou keer sy terug met die vooruitsig van ’n vars begin vir haarself.

Frankie (Mienke Ehlers) is Amanda en haar eksman, Mike (Anrich Herbst), se dogter. (Foto: Gys Loubser)

Vir Lindie is dit ’n besondere ervaring om ’n permanente lid van die Suidooster-familie te wees.

“Ek kyk letterlik elke dag na die verskillende foto’s wat die mure van ons ateljee versier,” vertel sy.

“Dit voel soos ’n nostalgiese uitstalling van tydskrifvoorblaaie, toekennings en agter-die-skerms-prentjies van die span. Dan is daar hierdie lang gang wat soos ’n hall of fame voel van almal wat al deel was van Ruiterbosch se stories. Ek knyp myself nog om te dink ek mag nou elke dag hier speel.”

Toe Amanda en haar eksman, Mike, in September 2025 vir die eerste keer in Ruiterbosch opgedaag het, was dit net ’n kort besoek. Hierdie keer kry haar karakter kans om regtig wortel te skiet in die gemeenskap – en natuurlik saam met die ander inwoners van Ruiterbosch in diepe drama betrokke te raak.

“Nou loop jy mense raak by Oos-Wes vir koffie, by die Anker na werk of sommer in die mall,” sê Lindie. “Amanda is nie meer net ’n inkommer nie – en ek voel self ook al hoe meer tuis as deel van hierdie besonderse Suidooster-familie.”

Amanda is ’n komplekse karakter: ’n gerespekteerde verhoudingskenner en skrywer wat daaraan gewoond was om haar lewe noukeurig te beplan. Maar ná die einde van haar huwelik staan sy voor die uitdaging om ’n nuwe blaadjie om te slaan – en dalk ook ’n bietjie meer spontaan te leef.

“Ek dink baie mense gaan kan identifiseer met Amanda se reis om oor te begin,” sê Lindie.  “Sy is in ’n nuwe seisoen van haar lewe – op haar eie – en dit hang van haar af hoe dapper sy gaan wees.”

Volgens haar kan kykers in die komende weke uitsien na ’n Amanda wat soms verrassende, selfs impulsiewe besluite neem – iets wat tot interessante nuwe dinamika in Ruiterbosch kan lei. En natuurlik is daar ook ’n onverwagte romantiese kinkel wat die kykers se oë gaan laat rek.

Met Lindie Strydom se permanente terugkeer na sepieland kry Suidooster nie net ’n geliefde aktrise by nie, maar ook ’n karakter wat nuwe energie en intrige na die wel en wee van Ruiterbosch bring.

En soos Lindie self sê: dit voel vir haar soos die begin van ’n heel nuwe seisoen – op én van die skerm.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DSTv-kanaal 144) en om 18:30 op kykNET & Kie (DSTv-kanaal 145) uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream.

Lees ook: Maak reg, die mense wil kom kuier! In die sop: Gastehuisrevolusie is hier

The post Kyk wie is terug! Lindie Strydom sluit permanent by ‘Suidooster’ aan appeared first on rooi rose.

‘Egoli’-sterre skitter binnekort in ‘Suidooster’
Die akteurs Lindie Strydom en Anrich Herbst maak binnekort hul verskyning in die kykNET-sepie Suidooster as die egpaar Amanda en Mike van Wyk.

Lindie het in 1997 in die kollig verskyn toe sy pas van die skoolbanke die rol van Karen Edwards in Egoli begin vertolk het, terwyl Anrich, wat as 15-jarige sy groot deurbraak as Wimpie in Orkney snork nie gemaak het, weer Dewald Vorster (van 1991 tot 1995) in dieselfde ikoniese M-Net-sepie gespeel het.

Hoewel Lindie en Anrich Egoli-alumni is, het hulle nog nooit teenoor mekaar gespeel nie.

“Soos baie ander kykers, het ek hom as Wimpie van Orkney snork nie leer ken en ook as die stem van soveel TV- en radio-advertensies. Hy was voor my as Dewald Vorster by Egoli betrokke, maar ons paaie het nooit gekruis nie, tot nou,” vertel Lindie, wat ook geliefd was as aanbieder van die kykNET-geloofsprogram Geloof, hoof en liefde.

Nou kies die twee vir die eerste keer saam koers na Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, waar hulle op Woensdag 6 Augustus as Frankie (Mienke Ehlers) se ouers opdaag.

Amanda is Lindie se eerste sepierol sedert haar Egoli-dae.

“Amanda is ’n bekende sielkundige en verhoudingskenner wat al ’n hele paar boeke geskryf het,” sê Lindie oor haar Suidooster-karakter.

“Op die oog af lyk dit asof Amanda en haar man, Mike (Anrich), met wie sy al 32 jaar getroud is, die perfekte voorbeeld is van hoe ’n huwelik moet wees. Maar soos die storielyn ontvou, sien ons ook die minder goeie kant van hierdie vanselfsprekende gemak en voorspelbare standvastigheid.”

Volgens Anrich gaan verwikkelinge in die storielyn kykers se asem wegslaan.

“Al wat ek kan sê is: onthou, dis net ’n storie, en die soort dinge gebeur…” sê hy.

Vir Anrich, wat ook onlangs in die kykNET-dramareeks Die Nuusmakers, verskyn het, was dit stimulerend om weer sy sepieskoene aan te trek.

“Ek geniet die onmiddellikheid van die sepie-styl. Dit het my wel so paar weke gevat om weer gewoond te raak aan die tegnieke wat benodig word.”

Suidooster, wat vanjaar sy tiende verjaarsdag vier, word weeksdae om 18:00 op kykNET, DSTv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DSTv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met rooi rose se nuwe kosredakteur!

The post ‘Egoli’-sterre skitter binnekort in ‘Suidooster’  appeared first on rooi rose.

Ons gesels met Spar Women’s Challenge-ambassadeur: Lindie Strydom
Hou ons webblad dop vir nog onderhoude met vanjaar se Spar Women’s Challenge-ambassadeurs!

Wat beteken die Spar Women’s Challenge vir jou?

Die samekoms van uiteenlopende vroue met ’n variasie van redes om dankbaar te wees!  Ek dink elke jaar nóú het SPAR die beste dryfveer as slagspreuk gekies net om die volgende jaar weer verstom te staan!  Dis die einste “rede” vir die resies, soos #IamGrateful hierdie jaar, en ook die “rede” vir die fondse wat “rede” gee aan elke tree van elke deelnemer.

Jy stap of hardloop met iets op jou hart en dalk selfs op jou T-hemp, dalk ’n foto of ’n briefie.  Ek het laas jaar die 5km gestap met my selfoon in my hand.  Al langs die pad het ek gesels en foto’s geneem van die families, vriendinne, ma’s en dogters en die stories en redes was so inspirerend!  Dis meer as ’n resies, maar ek kan nie presies my vinger daarop sit nie.  Ek weet net daar is betekenis en diepte…

Wat behels jou rol as Spar Women’s Challenge-ambassadeur?

Ek is ’n gewone vrou, ma, sussie, dogter en vriendin.  Ek het my hand as gewone vrou opgesteek met die doel om ander gewone vroue soos ek aan te spoor vir die eintlike reis wat lank voor die resiesdag begin.  Hierdie jaar is dit die tema van dankbaarheid. Dit bring ’n fokus en ’n hart- en kopskuif in die aanloop na die dag wat selfs langer gaan hou as die fiksheid van die bene.

Ek is ontsettend dankbaar vir my gesondheid en my energie en ek besef dis ook die petrol in my tenk om elke dag met oorgawe te kan doen wat ek doen – as vrou vir my man en ma vir my kinders en kollega by die werk en vriendin by die skool…  maar ek werk ook soms te hard en die einste dinge wat mens eintlik “sustain” soms af.

Ek aanvaar verkeerdelik my gesondheid as vanselfsprekend – dit moet maar net daar wees om die idees en drome in my kop te maak gebeur.  Ambassadeurskap beteken vir my om in gebrokenheid ’n voorbeeld te stel – ons moet die “voertuig” van ons roeping, ons liggame oppas en gesond en fiks hou!  Ek mag nie verskoning maak nie.  Ek voel sommer “accountable” aan elke ander ma en vrou en dogter en sussie wat saam met my die pad op 3 September gaan vat.

Vanjaar se tema is #IamGrateful. Hoe gaan jy dit tydens die resies uitbeeld?

“Ek is dankbaar” voel soos mý jaar se tema nevermind die resies se tema!  Ek het sommer vroeg in Januarie ’n foto van ek en my oudste seun Paul by die Park Run in George, op Facebook gelaai. Ek het tóé al gevoel dat dankbaarheid my rede vir hardloop is! En dankbaarheid is soos die banier oor my hele lewe!  My lewe is ’n dankie!

Absoluut alles wat ek doen, van toesprake lewer tot boeke skryf, my kinders se broodjies smeer tot langs die veld wag en gediggies help oefen vir die eisteddfod, is my dankie vir elke perfekte en volmaakte goeie geskenk uit God se hand!  Ek hoop my lewe doen die praatwerk, maar net ingeval sal ek dalk hierdie one liner op my T-hemp verf:  “My lewe is ’n dankie!”

Liefdadigheid is ook ’n groot fokus van die Spar Women’s Challenge.  Wat beteken liefdadigheid vir jou?

Liefdadigheid gaan vir my uit en uit oor God se hart en wanneer ons kyk hoe en hoekom Hy gee, gaan ’n nuwe wêreld vir ons oop!  Hy gee nie omdat Hy moet nie.  Hy gee nie omdat Hy skuldig of gemanipuleer voel nie.  Hy gee omdat Hy wil.  Hy gee omdat Hy nie anders kan nie – gedryf deur Sy liefde vir ons!

Hy gee Sy eerste en beste, Hy gee in verhouding en vir verhouding.  Hy gee werk en vrye keuse, verantwoordelikheid en Hy gee ook soms nie…  Ek probeer Sy hart vir my gemeenskap gee, want hulle het Hom baie meer nodig as vir my.  Goeters verander nie mense nie – God doen.

Ek het onlangs ’n nuwe definisie van lofprysing ontdek in Hebreërs 13.  Dit sê:  “Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ’n offer van lof bring…  Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dit is die offers wat vir God aanneemlik is.”

Ons omgee en diensbaarheid, hulp en mededeelsaamheid is eintlik lof aan God!

Waarna sien jy die meeste uit met betrekking tot die resiesdae?

Die uitdaging wat ek vir myself gestel het om die 10km te hardloop!  As vrou en ma draai soveel van my doelwitte rondom my gesin en hoe ek hulle kan help om hulle drome te bereik.  Dit voel of hierdie dag my beurt is om iets waarvoor ek gewerk het, suksesvol klaar te maak.

Ek leer by lewensafrigter en kopdokter van die Goue Leeus, Jannie Putter, “ons motiveer nie ons kinders nie, ons inspireer deur ons voorbeeld.”  Hy is so reg!  As jy heeltyd met jou kinders net oor hulle drome praat, voel hulle later asof jou lewe en geluk ook net van hulle drome en doelwitte afhang.  As hulle nie slaag nie, is hulle ma sommer ’n flop!  Dis ’n onregverdige verwagting en druk op ’n kind.

Jy moet jou eie doelwitte najaag en kan met hulle daaroor gesels!   Ek het in die Julie vakansie saam met my kinders landloop begin oefen.  Dit was koud om vroegoggend buite te hardloop en het veral toewyding gevra om vroeg op te staan terwyl ander nog lekker laat slaap.  Maar hulle is van die begin af deel van mamma se doelwit vir haarself en vir haar eie onthalwe.  Ek sien regtig uit om te sien hoe die harde werk se resultate op die dag sal voel en lyk.

*Lees ons artikel oor hoe Lindie met ’n oop hand en ’n oop hart, haar lewe ná Egoli vervolmaak het.             Klik hier.

The post Ons gesels met Spar Women’s Challenge-ambassadeur: Lindie Strydom appeared first on rooi rose.

Lindie Strydom: ’n oop hand en ’n oop hart
Elke joernalis het ’n lysie van gunsteling-glanspersoonlikhede. Onderhoude met hulle is nooit moeilik nie, want jy kan hul warmte en opregtheid aanvoel. Hulle is nie arrogant nie, is hartlik, baie tegemoetkomend met hul tyd, reageer altyd op jou boodskappe of e-posse en doen moeite om dinge vlot te laat verloop.

Lindie Strydom is so ’n mens. Die bonus is dat ’n mens weet lesers is ook mal oor haar. Wie kan dan nou vir Karin van Egoli vergeet? Karin was gaaf, warm, vrolik en geanker al was die spul Edwardse besig met watse gekonkel ook al. Net so is Lindie. Wat verklaar hoekom kykNET-kykers so bly was om haar weer op die kassie te sien as aanbieder van DKNT Gospel, en nou ook van Geloof, Hoop en Liefde.

Ons almal se gunsteling-girl next door was terug in die kollig! Met ons fotosessie vergaap ons span ons aan haar natuurlikheid voor die kamera. Ook aan haar rustigheid en onopgesmuktheid – ’n skaars eienskap in ’n bedryf waar die ego’s soms taamlik groot kan raak.

Wat is haar geheim?

PASSIE, kom jy gou agter. Vir God, vir haar gesin, vir haar werk en vir die lewe. Dit, vertel sy oor middagete, is die dinge wat haar geanker hou. Al haar verskillende rolle op haar lewensverhoog is vir haar belangrik. Of dit nou is om vrou te wees vir Sakkie of ma vir haar kinders, en of dit hom afspeel voor die TV-kameras of aan die toebroodjies smeer by ’n sopkombuis, sy glo dit is die dinge wat God vir haar op aarde leen. Sy moet teruggee deur dit alles so goed moontlik te doen.

“Dis deel van my dissipelskap – my manier om sy Koninkryk uit te bou.”

GELOOF Haar geloof, vertel sy, is waar alles in haar lewe begin. Sy was in haar Egoli-loopbaan ook baie openlik daaroor. “Vir my man, Sakkie, en die kinders is dit belangriker dat ek moet lief wees vir die Here as wat dit is dat ek vir hulle moet lief wees, want hulle weet dis waar ek my rustigheid, vervulling en geluk kry.

“’n Mens is soveel minder afhanklik van jou gesin vir jou geluk as jy dit by die Here kry, en jy kan hulle soveel meer bied.”

Oor Sakkie, met wie sy nou nege jaar getroud is, kan sy nie uitgepraat raak nie. “Ai, hy is vir my só goed! Maar ja, ek dink dis veilig om te sê ek kan hom meer bied as wat ek van hom verwag omdat ek Glo. Aanvanklik het ek gedink hy is die antwoord op my selfbeeld-probleme. Natuurlik het dit gehelp dat hy onvoorwaardelik lief is vir my, maar ek moes leer dat my geluk in ’n konstante gesprek en reis met die Here lê.”

HAAR MAN SAKKIE Terwyl ons deur Melville ry op soek na ’n eetplek om die onderhoud te voer, vertel sy dat sy in hierdie buurt gewoon het toe sy en Sakkie die eerste keer uitgegaan het. “Ons eerste afspraak was by Questionmark. En die tweede een by Full Stop.”

En, skater sy, toe wéét sy: hierdie is bedoel om te wees. Sy het Sakkie by die kerk ontmoet. “Ek onthou toe ek hom die eerste keer gesien het. Hy het met sy rug na my toe gestaan, en ek het vir my vriendinne gesê ‘daar is my trouman. Ek kan al klaar ons mooi krulkop-kindertjies sien’. En ek het nie geweet hy het krulhare nie, want sy hare was in daardie stadium afgeskeer.”

By hom het sy al so baie geleer, vertel sy. “Hy is ’n ongelooflike eerlike man, ook oor sy eie foute, en hy het ’n wonderlike manier om ’n situasie te ontlont.”

’n Huwelik is vir haar ’n vennootskap, en sy erken dat sy die laaste jaar of twee ook aan haarself moes werk. “Ek het die Here gevra om my ambisie ’n bietjie te tem. Om heeltyd die wêreld te probeer verander kan ’n mens nogal insluk. Dis die verskil tussen aktrise wees en wat ek nou by Helpende Hand doen. By Egoli het ons elke dag ’n episode klaargemaak, en die volgende dag weer iets nuuts begin en klaargemaak. ’n Mens voel so half jy het vandag iets bereik.”

By die vakbond Solidariteit se Helpende Hand-afdeling, waar sy die afgelope twee jaar skakelbeampte is, is die werk nooit klaar nie omdat die menslike nood daagliks vererger, en die krisis bly nie noodwendig op jou lessenaar agter as jy huis toe gaan nie.

“Dit kan ’n mens nogal depressief maak. Maar ek moes besef dat my gesin nie daaronder mag ly nie. Dit gaan die heel slegste getuienis wees as ek my werk goed doen, maar my gesin afskeep.”

Hoe het sy balans gekry?

“Ek moes leer prioritiseer. Ek moet myself gedurig afvra wat is belangrik, wat is dringend, en wat is belangrik én dringend. Nou voel dit vir my ek werk vinniger, meer gefokus.”

Sy moes ook ’n ander belangrike ding leer: om “nee” te sê. “Gelukkig werk ek saam met mense wat soms sommer namens my sê ‘laat ons net ’n bietjie dink daaroor voor ons na jou toe terugkom’, want anders sal ek steeds te veel dinge aanpak.”

Sy en Sakkie het in die afgelope jaar besluit om ter wille van hul gesinslewe af te skaal. “Hy het van werk verander om ’n bietjie uit die korporatiewe boot te klim. Dit was ’n groot stap, maar het fantasties uitgewerk. Ons kinders blom. Ons gesin is regtig op ’n wonderlike plek.”

MA-WEES “’n Ma bepaal die atmosfeer in ’n gesin en ’n pappa gee rigting. Saam moet hulle ’n toekomsvisie hê en die waagmoed om te sê ‘kom ons probeer dit’. Ek glo dis goed as ’n mens jou ’n bietjie stretch, en jy moet dit vir jou kinders ook leer. Solank hulle weet dat hul ouers steeds vir hulle lief sal wees al misluk hulle.”

En ja, soos sy lank gelede vir haar vriendinne voorspel het, hulle hét toe pragtige krulkoppe, en Lindie geniet die drie pragtige kleuters se uiteenlopende persoonlikhede.

“Paul is vyf, ’n perfeksionis en baie gesteld op regverdigheid. Die tweeling Nina en Hugo verskil hemelsbreed. Hugo is onafhanklik, baie rustig en sien op na sy ouboet. Nina weer dink sy is net so oud en net so groot soos Paul, en staan nie ’n tree vir hom terug nie. Sy het ’n sterk mening wat sy gráág lug en is baie expressive as dit kom wat sy voel.”

Sy hou van die voortdurende uitdagings van ma-wees. “Dit beweeg mos in seisoene, en elkeen het sy eie, unieke uitdagings. Elke kind moet byvoorbeeld anders gedissiplineer word. Gelukkig het ek vir Sakkie. Hy is baie hands on, en ’n goeie klankbord vir my belewing en hantering van ouerskap. Ons is nogal gesteld daarop om voor die kinders as ’n eenheid op te tree. As ons dalk oor ons benadering verskil, praat ons dit eenkant uit, maar voor hulle is ons ’n verenigde front. Ek dink dis baie belangrik.”

Ouerskap, dink sy, leer ’n mens algehele onselfsugtigheid. “As jy trou, betree jy bloot die eerste vlak van onselfsugtigheid. Jy moet leer om ’n begroting te deel, ’n huis te deel. Maar ouerskap! ’n Mens gee so lank sonder enige beloning. Van jouself, jou tyd, jou hart. Maar as die belonings eers begin kom … ”

VRIENDINNE Die geloofspad en lewenspad, vertel sy, stap jy soveel makliker as jy geestelike mentors het. En dié het sy gekry in haar twee beste vriendinne. Aktrise Adriana Faling het vir ’n rukkie saam met haar in Egoli gespeel, en Faith Durie werk saam met haar by Helpende Hand.

“Hulle is albei ’n bietjie ouer as ek, en ook ’n bietjie langer getroud. So, hulle is my mentors en my accountability-vriendinne wat sorg dat ek deurvoer wat ek moet in my lewe. ’n Mens het goeie vriendinne nodig.”

Hulle inspireer haar op verskillende maniere. “Albei het mooi huwelike en pragtige kinders. By Faith leer ek oor balans. Sy kry die balans tussen gesin en werk so mooi reg. Werk bly op kantoor. Ek is geneig om die dinge van my werk saam te sleep huis toe, al is dit net in my kop. By Adriana leer ek weer hoe ’n ongelooflike rol ’n ma in haar kinders se lewe speel. Sy is voltyds ma, en dit inspireer my weer op ’n gans ander manier. Ek verstom my aan haar geduld en sagtheid met haar kinders!”

GESONDHEID Dis vir Lindie ’n Godgegewe geskenk.

“As jy gesond is, kan jy soveel meer vir die wêreld bied. Ek en my gesin is in daardie opsig baie geseënd. Ek kan nie eens onthou dat een van my kinders vanjaar al antibiotika nodig gehad het nie. En dis nie asof ek hulle hande vol vitamiene voer nie.”

Sy glo ’n mens móét jou gesondheid koester. “Hoe anders kan jy doen wat jy gestuur is om te doen? Hoe anders gaan jy van jouself kan gee as dit nodig is, of doen wat gedoen moet word om sy Koninkryk op aarde uit te bou?”

Lindie en Sakkie deel ’n liefde vir oefen. “Ons wil volgende jaar by die Irene-hardloopklub aansluit. Hulle oefen op die Irene-melkplaas, so ’n mens is nog na aan die natuur ook terwyl jy fiks word.”

Naweke gaan die Strydom-gesin graag saam gim toe. “My kinders is mal daaroor en verbeel hulle hulle oefen ook regtig.”

HAAR BEDIENING Sy sien haar motiveringspraatjies as haar persoonlike bediening en ’n manier om sy Liefde te verkondig.

“Dis my filosofie dat jy voluit moet gaan met dit wat God vir jou gee. Hy het my deur Egoli ’n platform gegee waarop ek met vroue kon praat by geleenthede soos vroue-oggende. Toe ek weg is by Egoli, was ek nogal nuuskierig om te sien of my platform ook gaan verdwyn as ek nie meer Karin is nie.”

Sy het die glans en lewe in die kollig van Egoli feitlik onmiddellik verruil vir haar rol as skakelbeampte by Helpende Hand, die maatskaplike arm van Solidariteit. En as jy haar al in aksie gesien het, sal jy weet dat sy nie bang is om haar hande vuil te maak om die werk gedoen te kry nie. Deur Helpende Hand het haar lewe ’n nuwe fokus gekry, en haar platform is groter gemaak.

“Ek voel ek kan waarde toevoeg deur dit wat ons probeer om vir mense te doen. Om vir hulle te leer. Dit het my so geïnspireer dat ek selfs volgende jaar begin met ’n reeks werkswinkels oor sosiale betrokkenheid, juis om mense te help met die ‘hoe’ daarvan. Ek glo baie mense wil ’n verskil maak, maar weet nie waar om te begin nie.”

HELPENDE HAND By hulle het sy al so baie geleer, vertel sy met blink oë. Soos om met liefde te gee, iets wat nie altyd ewe maklik is nie.

“Liefde is soms nogal tough om te gee, maar ander kere kan jy jou in die mens wat voor jou staan se skoene indink. Soms is die liefde wat ’n mens moet gee opofferend, want dis al hoe mense die Bron van jou krag kan sien.

“In 1 Kor. 13 lees ons van geloof, hoop en liefde. Vir my is dit eenvoudig. Jy kies geloof, en kry hoop as geskenk. Deur liefde kan jy iemand aanmoedig om geloof te kry – en daarmee saam hoop.”

Al is haar ampstitel dié van skakelbeampte, sien sy haar rol eintlik as dié van ’n bemoediger. “Elkeen van ons het ’n ander gawe. Party is doeners, ander cheerleaders, ander wys die pad aan en los die bakens. Ek sien myself as ’n doener, maar ook as ’n bemoediger. Danksy my wegkomkans een maal per week om DKNT Gospel te gaan opneem, kan ek ’n bietjie wegkom van die hartseer en armoede, en kan ek met nuwe entoesiasme teruggaan om my kollegas te ondersteun.”

Die projekte onder die armes op grondvlak is die naaste aan haar hart, maar die afgelope twee jaar het sy besef sy is gelukkig nogal aanpasbaar. “Ek kan die skakelwerk doen en na ’n donateur gaan om ’n voorlegging te doen vir ’n skenking. Maar ek kan ook veel meer as dit doen danksy ’n wonderlike span mense wat my ondersteun en by wie ek voortdurend leer.”

By dr. Danie Langner, hoof van Helpende Hand, leer sy heeltyd. “Hy gooi my konstant by die spreekwoordelike diep kant in. Gelukkig weet ek dat jy gereeld iets moet doen wat jou eintlik half bang maak omdat jy nie weet of jy dit kan doen nie, want anders is ons geneig om in die rustigheid van ons eie klein boksie vas te val. Danie het my geleer om my grense ’n bietjie te verskuif, en hoe meer ek dit doen, hoe meer kom ek agter, kán ek doen.

“So het hy my vroeër vanjaar vriendelik verplig om ’n groot kongres oor sosiale entrepreneurskap toe te spreek. Eers toe ek begin voorberei, besef ek dat ek eintlik twaalf jaar lank baie kreatief oor my toekoms moes dink. By ’n sepie is dinge nie noodwendig konstant nie – jou rol kan enige dag uitgeskryf word.

“Daarom het ek allerhande klein projekte aangepak vir ’n ekstra geldjie én om op terug te val as dit nodig sou word. Dit het my laat besef elke mens het meer as een dimensie, en baie meer as een talent.”

Sy het geleer dat sy in wese ’n doener is.

“Ek kyk na die probleem en begin dadelik wonder hoe ons dit kan oplos.”

Daarmee saam het sy ’n wonderlike ontdekking oor haarself gemaak. “Ek word, deur die genade, nie lamgelê deur die probleme en slegte situasies wat ons daagliks moet uitpluis nie. Ja, ek sien die swaarkry, die honger, en ja, ek huil soms. Maar gelukkig kan ek my trane afvee en dan iets daaraan probeer doen.”

Sy glo jy moet jou talente gedurig slyp. “Jou lewe bestaan uit verskillende seisoene – jy gaan iets dalk nie in hierdie stadium van jou lewe gebruik nie, maar hou dit lewendig vir wanneer ’n ander seisoen aanbreek en jy dit dalk weer nodig kry. ’n Mens weet nooit wanneer kom jou dag nie. Ek is meer vervuld vandat ek dit besef het en doen. Onthou, as iets in jou bloed is, moet jy dit leef en doen.”

Haar lewensmotto kom uit Prediker. “Daar iewers skryf Salomo: ‘Dien God, doen wat gedoen moet word en geniet die lewe. Dit sal jou vir die res van jou lewe besig hou.'”

The post Lindie Strydom: ’n oop hand en ’n oop hart appeared first on rooi rose.