Lizz Meiring | rooi rose

Lizz Meiring se KKNK-produksie is vars, vurig en vermaaklik-vreemd
Deur Karlien Meiring

Wel, wees verseker. Die gevierde aktrise, skrywer en teatervervaardiger se nuutste toneelstuk, Die Van Vuurens vat vlam, wat by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) sy debuut maak, is beslis vars, onvoorspelbaar en selfs effens vlambaar…

Lees ook: KKNK vier vanjaar drie dekades

Dis ‘n donker komedie wat oor familie, fungi en vuur handel en weef ‘n verhaal wat gesentreer is rondom die eksentrieke Van Vuuren-familie, wie se disfunksionele dinamika net so plofbaar is as wat dit snaaks is.

Die Van Vuurens vat vlam maak sy debuut by KKNK wat van 23 tot 31 Maart vanjaar plaasvind. (Foto: Verskaf)

Lizz is die skrywer en vertolk die rol van Sterna van Vuuren. Sterna het ‘n geheimsinnige verlede en ‘n familie wat deur ‘n seldsame, onverklaarbare siekte geteister word. Wanneer sy onverwags terug na haar huis toe keer, is haar broerskind, die jong plantkundestudent Bernadette van Vuuren (Cara Meiring) in vir ‘n groot skok. Bernadette, wat na haar tante se woning moes omsien, het die plek in ‘n soortvan-labaratorium omskep waar sy fungi vir ‘n navorsingsprojek monitor. Boonop het haar komiese mimiekkunstenaar-kêrel met ‘n HAT-woordeskat, Flippie (David Kuduntwane), ook ingetrek. Die tante-en-niggie-verhouding is uiteraard maar plofbaar met Sterna se terugkoms- sal die Van Vuurens se vreemde familiekwaal die vuur verder stook?

Onder leiding van André Odendaal se regie, kom die eienaardige storie en eksentrieke karakters tot lewe. Ook deel van die talentvolle kreatiewe span wat hierdie produksie op die been gebring het, is Hollywood Costumes, Jak J. Brits, Waldo du Toit, Wesley Lauder, Craig Morris, Ceylonia Bekker, Yvette Hanekom en Artist Warehouse.

André Odendaal het die regie behartig. Dit is sy eerste keer terug in die teater na 7 jaar se TV-werk. (Foto: Verskaf)

Cara en David, albei uitstaan-Performing Arts Lifestyle Institute (Pali)-alumni deel die verhoog met Lizz en dra by tot die slimsnaakse toneelstuk se ernstiger tema’s soos die botsing van generasies, interrassige verhoudings en die plofbaarheid in ons hedendaagse wêreld.

Hierdie toneelstuk is Cara Meiring en David Kuduntwane se professionele verhoogdebuut. (Foto: Verskaf)

“Ek hou daarvan om sosiale geregtigheid kwessies by my stukke in te werk, want humor het die vermoë om vrees en vooroordele te verdryf,” se Lizz.

Volgens haar, is Die Van Vuurens vat vlam die eindproduk van maande se navorsing oor veral die raar, maar waar elemente van die storie. Maak maar gereed, jy gaan ook nie anders as om ‘spontane menslike ontbranding’ na die vertoning te Google nie.

Lizz is al meer as vier dekades (vyf dekades as jy die werk wat sy al van negejarige ouderdom by die Drama-departement van die Universiteit van Pretoria bytel) deel van die teater-, televisie- en filmindustrie, en beplan geensins om hierdie vuur te blus nie.

“Dis my suurstof, ek kan nie daarsonder nie. Ek was nog altyd nuuskierig en is geneties bedraad om stories te vertel. Dis hoekom ek op enige gegewe tydstip aan ten minste ses projekte werk,” sluit sy af.

As jy brand om Die Van Vuurens vat vlam by KKNK te kyk, bespreek nou jou kaartjies hier.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met ‘Binnelanders’ se Luandri Reynders

The post Lizz Meiring se KKNK-produksie is vars, vurig en vermaaklik-vreemd appeared first on rooi rose.