Luwellen | rooi rose

Luwellen wys R40 000 van die hand in ‘Die brug’: ‘Om vir niemand te sê nie beteken dit is steel’
Daar was nog nooit so baie op die spel in kykNET se trefferreeks Die brug nie, ’n avontuur-realtiteitsreeks wat 16 vreemdelinge uitdaag om saam te werk en ’n brug te bou – letterlik en figuurlik – om ’n skatkis ter waarde van R1 miljoen te bereik. Die kompetisie vind plaas in ’n afgeleë woud diep in die Outeniekwaberge, en die spel toets nie net spelers se fisiese krag en spanwerk nie, maar ook hul morele waardes, lojaliteite en persoonlike grense.

In episode 8 het die kollig op Luwellen Marx (53) geval, ’n boubestuurder van Mosselbaai in die Wes-Kaap, wat vir een van die seisoen se merkwaardigste oomblikke gesorg het toe sy waardestelsel onder groot druk geplaas is.

Luwellen – ’n eggenoot, pa en oupa – het Die brug betree met een doel voor oë: om die geld vir sy familie te wen. Hy word as fisies sterk en gefokus beskryf – ’n man wat sy verantwoordelikhede op sy skouers dra. Hoewel sy dominerende persoonlikheid sommige spelers verkeerd opgevryf het, is Luwellen deurlopend beskou as een van Suidhuis se mees betroubare en gedrewe spelers.

In die afgelope episode het hy ’n besluit in die gesig gestaar wat elke vesel van sy karakter getoets het.

As die waarnemende speler van die dag, is Luwellen privaat R40 000 in kontant aangebied – geld wat hy vir homself kon hou sonder enige voorwaardes – of die opsie om terug te keer na die kamp met broodnodige kruideniersware vir sy spanmaats. Niemand sou ooit weet wat hy gekies het nie. Daar sou geen straf wees nie. Net een man, een keuse – en ’n morele kruispad. Hy het die kos gekies.

“Om vir niemand te sê nie beteken dit is steel,” het Luwellen gesê. “Om daardie besluit te neem het my emosioneel geraak,” erken hy. “Ek weet hoe dit voel om te neem wat nie joune is nie.”

Die keuse was nie maklik nie. Met geen gewaarborgde werk wat vir hom tuis wag nie, kon R40 000 ’n reddingsboei gewees het. Maar Luwellen sê die besluit het neergekom op eer – iets wat hy hoop meer vir sy kinders sal beteken as enige kontantprys. Toe hy terugkeer na Suidhuis met ’n mandjie kos, was sy spanmaats sigbaar verras en stilweg aangedaan. In die lig van sy finansiële stryd, het die meeste spelers aangeneem hy sou die geld neem. Hulle het egter ’n man leer ken wat bereid was om ’n klein fortuin op te offer vir die welstand van die groep.

In ’n onderhoud ná die episode het Luwellen oor sy besluit gepraat.

Hoekom het jy kruideniersware bo die geld gekies? “Alhoewel dit ’n spel is, moet ons steeds die eerbare keuse maak. Ek is ’n gemeenskapsmens en vertroue begin met eerlikheid.”

Hoekom was die besluit so emosioneel? “Want in daardie oomblik het ek gedink oor hoe die geld my finansiële situasie sou kon verander… en die realiteit dat ek nie ’n werk het om na terug te keer nie. Maar ek het ook geweet ek moes getrou bly aan my waardes.”

Wat het jou familie gedink? “Hulle was trots. Hulle het vir my gesê ek het die regte besluit geneem en dat ek ons familienaam hoog gehou het.”

Beleef al die drama van Die brug, Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Francois Boyce oor ‘Asemrowend’ en ’n vriend in nood

The post Luwellen wys R40 000 van die hand in ‘Die brug’: ‘Om vir niemand te sê nie beteken dit is steel’ appeared first on rooi rose.