magda louw | rooi rose

Hannes verjaar! “Ek is werklik geseënd. Ek het ’n goeie lewe, ek is gesond.”
Deur Maretta Bellingan.

Dis ’n koel somersdag in die Kaap. Ons ontmoet in ’n teetuin vir ons gesels en Hannes, geklee in ’n swart hemp en swart broek, daag op met ’n klomp hemde oor sy arm vir die fotosessie wat ná die onderhoud plaasvind.

Sy voete is vierkantig op die aarde, sonder fieterjasies, en wat jy sien is wat jy kry… Dit mag klink soos ’n klomp clichés klink, maar dis moeilik om die TV-aanbieder en akteur anders te beskryf. Hy’s regtig een van die ‘bekendes’ in die bedryf wat nie ’ n gram aanstellerigheid uitstraal nie.

Dat hy reeds amper 30 jaar in die kollig is, sal jy nie sommer raai nie. Hy gesels land en sand met die kelnerin, met die mense by die tafel langsaan; niemand is ’n vreemdeling nie.

Hy beduie na die hemde. “Ek is mos kleremal, ek koop klere soos wat ander mense kruideniersware koop. Nie dat ek dit altyd kan bekostig nie, maar jy weet mos ek het nie kind of kraai nie, so ek mag seker soms ’n bietjie spandabelrig wees,” lag hy half verskonend.

“Ek gooi gedurig uit, maar dit raak eenvoudig nie minder nie. En dit eindig nie by klere nie,” verklap hy, “ ek’s ook mal oor glas en kristal. Ons het ’n ou Victoriaanse huis wat in 1890 gebou is, en het pragtige kandelare, kristal en glas. Ek’s ook gek oor mooi materiaal. Ek koop ’ n stuk materiaal vir ’ n stoel en ’n jaar later laat maak ek ’n broek daarvan.”

Hannes het ’n reeks met wit en swart hemde en ’n eksklusiewe parfuumreeks vir mans sowel as vroue.

“Dit word onder die handelsnaam Theatre deur Hannes van Wyk bemark. Dit was nogal moeilik om dit te ontwikkel,” erken hy. “Mense hou van verskillende reuke en dis ’n uitdaging om op een te besluit. Op die ou einde het ek net gekies waarvan ek hou.”

“Dit is aanlyn beskikbaar en by die damesoggende waar ek praatjies lewer. Ek doen die praatjies al vir baie jare, seker al vir 20 jaar. Ek verander darem die inhoud elke jaar,” voeg hy vinnig by.

Die tema van sy praatjies handel oor ma’s en vroue. “Ek was mos vreeslik erg oor my ma, Mariet, wat in 2022 oorlede is. Sy was ’n gesonde 88 en dit was ’n reuse skok, ons weet nog nie wat regtig gebeur het nie.”

Hannes en sy ma was verskriklik na aan mekaar. “Ek huil nog elke dag oor haar,” erken Hannes, wat die jongste van drie kinders is en op Aliwal-Noord groot geword het, waar hy van seuntjietyd al daarvan gedroom het om eendag ’n akteur te word.

“Aliwal-Noord is waar my menswees gevorm is. Alle krediet aan sorgvrye kinderjare op die platteland en wonderlike onderwysers wat my vir my lewe en loopbaan voorberei het. Ek dink met die mooiste herinneringe aan daardie tyd terug.

(Foto: Kyra Welch)

“Ek het geen idee hoekom nie, maar daai begeerte om toneel te speel was net altyd daar. Ek het as vyfjarige seuntjie saam met ’n Oom Retief se toneelgeselskap, amper soos die destydse Hanekoms, in die omgewing opgetree en het gediggies opgesê,” onthou hy met ’n glimlag.

“En my ouers was ongelooflik, hulle het net gesê: ‘Studeer wat jy wil, my kind, ons ondersteun jou en sal ’n plan met die geld maak.’ Ek was baie lief vir my pa, maar my ma was my rots en my alles. Ons het twee maal per dag gesels, ek het als in die lewe met haar bespreek en sy met my. Dit was werklik my grootste vrees om my ma te verloor, en toe gebeur dit.”

Dit was en is steeds baie erg vir hom, erken Hannes. “Ons was ontsettend lief vir mekaar en het mekaar met ons lewens vertrou. So ja, as jy my vra wat is my grootste vrees, dit het klaar gebeur. Ek sukkel nog baie met my hartseer.”

Hy sê hy wil haar kort-kort bel, soos as daar iets met hom gebeur. ’n Nuwe rol, ’n lekker onderhoud of nou dat Magda Louw so suksesvol is.

“My ma het net die TV-fliek gesien en dit was vir haar baie vreemd om my as ’n ou oom te sien,” sê Hannes, wat saam met Desiré Gardner in die gewilde kykNET TV-reeks as Erhard Louw te siene is. “Alle eer aan die puik grimeerkunstenaar,” sê hy daaroor.

In Mariet van Wyk se oë was haar seun nooit ’n bekende akteur nie, hy was net haar seun Hannes. “En om eerlik te wees, bekendheid is net deel van my werk. Ons plant nie harte oor of red mense nie, daar’s dus geen rede om jou belangrik te hou nie. Ons doen net ’n werk.

“Dis te danke aan die publiek dat ons kan doen wat ons begeer en geld verdien. Dit bly ’n voorreg om te doen wat ek doen. Ek het myself nog nooit as ’n bekende gesien nie. Dit vang my altyd half onkant, want hoekom wil hulle nou juis mý handtekening hê of saam met my ’n foto neem.”

Hy glo sy ongemak met roem kom van sy ma af. “Dis hoe ek grootgemaak is. Jy behandel mense soos wat jy behandel wil word. Vir my drie hondekinders, Mariet, Maggie en Lulie, is ek ook net Hannes wat kos en liefde gee.”

Hy’s ongetwyfeld versot op sy drie honde. “Ek het lank gelede in ’n onderhoud gesê ek hou meer van diere as mense en was daar nou ’n bohaai daaroor so ek sal dit nie weer waag nie, maar daai drie is my hart se punt.

“Ons het Lulie net ná my ma se begrafnis gekry. Iemand het gebel en gesê daar’s kinders wat ’n hond op ’n ashoop met klippe gooi. Ons het haar dadelik gaan haal. Dis vir my ’n groot prioriteit om by diere wat swaarkry betrokke te wees.”

Lees ook: Hannes aan Huis keer terug: “Elke keer as iemand my hul storie toevertrou, raak dit my”

(Foto: Kyra Welch)

Hannes, wat sy dramagraad aan Kovsies voltooi het, en nou amper tien jaar as aanbieder van Kwêla werksaam is, het veral weer die laaste vier jaar meer gereeld toneelwerk gedoen waaronder sy eenmanstuk Sê groete vir Ma waarmee hy oor die land heen getoer het.

Hy was ook in die TV-reekse Spoorloos te siene waarin hy die rolle van ’n kindermoordenaar en ’n professor vertolk het.

Hy onthou toe hy destyds ook ’n ietwat gure karakter in Egoli vertolk het. “Die mense het my regtig gehaat. Ek is met koffie gegooi en mense wou my nie in die winkel help nie, maar was dit nou ’n heerlike rol. Krynauw het saam met die hele wêreld geslaap en vreeslik gesuip. In ’n stadium het ek selfs ’n lyfwag gehad,” onthou hy laggend.

Hannes, wat destyds ’ n dekade lank in Egoli te siene was, is al telke male vir Silwerskermfees toekennings vir sy toneelspel benoem. Hy’t ook al die toekenning as beste aanbieder vir ’n joernaalprogram vir Kwêla gewen.

“Ek kan nie kies tussen aanbieding en toneelspeel nie. Ek is as ’n akteur opgelei en dit sal altyd my eerste liefde bly, maar Kwêla en Hannes aan huis lê my baie na aan die hart.”

As aanbieder skep hy die indruk dat hy totaal in beheer is, en straal ’n rustige selfvertroue uit. “Ek doen baie huiswerk,” verklap hy. “Ek doen regtig geweldig baie voorbereiding. En jy leer om te luister en dis nogal ’n kuns. Mense kritiseer my soms dat ek gaste onderbreek, maar hulle moet onthou ek het net tien minute om die onderhoud te doen.

“Ek kan werklik nie een onderhoud in die meer as 500 episodes wat ek al gedoen het, uitsonder nie. Ek’s dankbaar dat ek soveel vertroue by gaste inboesem dat hulle openhartig met my gesels. In my volgende lewe sal ek ’n haarkapper word,” terg hy.

“En sê tog vir die mense hulle moet my hare uitlos,” sê Hannes, wat sy hare vir sy rol as Erhard moes kleur, spottend. “Dis ’n wonderlike rol om te speel. Desiré is werklik ’n goeie skrywer en mense vind aanklank by die karakter.

“Ek is opreg dankbaar dat ek soveel uiteenlopende rolle oor die jare kon vertolk en nou ’n oom wat 30 jaar ouer as ek is. Baie mense besef nie eens dis ek wat die rol vertolk nie.”

Lees ook: Hannes van Wyk oor Magda Louw & Erhard-karakter: “Dis lekker dat mense my nie in die rol herken nie”

(Foto: Kyra Welch)

Die onderhoud vind plaas aan die begin van die nuwe jaar en ek wonder hoe Hannes sy Kersvakansie deurgebring het. “Ek geniet dit die meeste om by my huis vakansie te hou. Jy onthou seker nie, maar ’n 100 jaar gelede het ek vir ’n Britse produksiehuis ’n program gedoen en het die wêreld platgereis en met almal van Bill Clinton tot Naomi Campbell onderhoude gedoen.

“So my ideale vakansie is by my huis. Ek doen tuinwerk, gaan stap op die strand met die honde en ek lees graag. En ek skeer net as ek voor die kameras moet wees. By die huis is ek in ’n sweetpak en T-hemp, of liewer ’ n vessie en ’n speedo,” terg hy.

“Maar in die kombuis is ek ’n volslae mislukking. Hoewel ek my ma se souttert perfek kan maak!”

Wat weet ons nié van Hannes nie? “Ek het so ’n bietjie van ’n beneukte kant. Ek haat luiheid. En as ek betyds kan wees, kan jy ook. Dis net goeie maniere. En ek hou nie van mense wat onsensitief is teenoor ander nie. Mense wat eenvoudig dink hulle het die vryheid om te sê net wat hulle dink,” sê die man wat erken sy grootste swakhede is karre en tjoklits.

En sy planne vir die toekoms? “Ek hoop ek kan Kwêla doen totdat ek eendag met ’n kierie loop. En ek hoop Magda Louw het nog baie lewe.

“Ek is werklik geseënd. Ek het ’n goeie lewe, ek is gesond, het ’n handjie vol fantastiese vriende en ’n loopbaan waarvan ek net kon gedroom het. Daar’s soveel briljante akteurs wat werkloos is, en ek tel my seëninge elke dag.

“Ek is nie ’n dweper nie, maar ek is ‘n diep gelowige mens. Dis die fondasie van my bestaan.”

Hierdie artikel het oorspronklik in ons April-uitgawe van 2023 verskyn.

Lees ook: TV-benoemings vir vanjaar se kykNET Silwerskermtoekennings bekend

The post Hannes verjaar! “Ek is werklik geseënd. Ek het ’n goeie lewe, ek is gesond.” appeared first on rooi rose.

Hannes van Wyk oor ‘Magda Louw’ & Erhard-karakter: ‘Dis lekker dat mense my nie in die rol herken nie’
Die derde seisoen van Magda Louw is op hande en daar gaan beslis gelag word. En dalk ’n traan of twee tussendeur gepink word. Dit sal ook die derde seisoen wees waarin die geliefde TV-aanbieder en akteur Hannes van Wyk die rol van Magda se man, Erhard, vertolk.

Maar hoe het hy sy karakter ontwikkel, en wat anders lê nog vanjaar voor vir Magda en die effens beskimmelde dog dierbare Erhard?

(Foto: Gys Loubser/kykNET)

Hoekom dink jy is die Magda Louw-reeks so geliefd en waarom moet mense dit kyk?

Ek dink elke liewe mens kan met die karakters identifiseer, of jy nou in die stad of op die platteland woon. Ons almal het êrens ’n familielid of iemand wat ons ken wat soos hulle is.

Vir my is dit wonderlik om te besef die kykers is werklik lief vir die twee oues, Magda en Erhard. Dit is ook interessant dat ons die mooiste terugvoer kry van werklik intellektuele mense wat gewoonlik nie eers komedies kyk nie.

Jou karakter, Erhard, is só ’n unieke karakter met ’n paar lae. Aan die een kant komies en droog, maar tog met emosionele diepte. Hoe het jy daardie balans tussen humor en hart benader?

Ek glo nog altyd (van my dae toe ek net verhoogwerk gedoen het) dat daar ’n fyn lyn is tussen komedie en hartseer. Solank jy iets éérlik doen, is jy klaar halfpad daar. Moenie probéér om snaaks te wees nie.

Ons almal huil maar oor taamlik dieselfde dinge, alhoewel ons almal nie noodwendig oor dieselfde goed lag nie. En ek glo juis daarom moet jy komedie speel met deernis en eerlikheid. Dis dan wanneer jy die mense, hetsy gehoor of kykers, saam met jou vat.

Erhard is nie perfek nie, en hy het sy foute, maar dis dalk juis wat hom so menslik maak. Watter lesse dink jy kan kykers by hom leer?

Ek het voor ons aan die eerste reeks begin skiet het gereeld ouer mense dopgehou om te sien hoe hulle op situasies reageer. Ek het ook baie van oom Erhard op my eie pa gebaseer.

Hy druk hom nie altyd so goed uit nie, sê soms die verkeerde dinge, maar hy het ’n hart van goud en probeer altyd om nét goed te doen. Dan is daar sy liefde vir sy hondjies. Dis iets waarmee ek natuurlik ook baie goed kan assosieer.

Wat bly vir jou die lekkerste om aan hierdie reeks te skiet?

O gits, beslis die feit dat ou oom Erhard glad nie soos Hannes lyk en optree nie. En ook dat hy amper 30 jaar ouer as ek is. En ek hoef nie bekommerd te wees oor hoe ek lyk nie, want kyk, dié ou oom is beslis nie ’n oil painting  nie.

Dit is ook vir my lekker dat baie mense my nie in die rol herken nie. Baie besef nie dat dit ek is nie. Twee dae gelede het iemand vir my gevra of ek die reeks Magda Louw kyk. Toe sê ek maar vir haar: “Ja, ek kyk dit – en is ou oom Erhard nie wonderlik daarin nie. Wie is die akteur wat oom Erhard speel?”

Sy is toe nie seker wat sy naam is nie. Dit is regtig die waarheid.

(Foto: Gys Loubser/kykNET)

Hoe het die reeks in jou opinie ontwikkel en gegroei van seisoen een af?

Dit het beslis gegroei soos enige reeks en karakters groei, máár ons moet ook onthou dat ons nie besig is om harte oor te plant nie. Ons is net besig om ’n storie te vertel. As akteur moet mens ook nooit belangriker of groter as die storie word nie.

Ons is dankbaar dat mense die reeks steeds baie geniet en dat hulle van die karakters hou. Daar moet egter daagliks teruggegaan word na die “eenvoud” van die karakters en ons moet getrou bly aan hulle.

Jy het al in drama en komedie gewerk. Hoe daag ’n komedie jou anders uit?

Baie mense het aan die begin gesê hulle kan nie glo dit is die “ernstige” Hannes van Kwêla nie. Dit is wat vir my steeds so lekker is van my loopbaan ná 30 jaar in die bedryf. Daar is altyd iets wat mens uitdaag, en ek hou daarvan om uiteenlopende rolle te vertolk.

Dit sluit in die aaklige Krynauw du Boisson in Egoli. Dit was ’n fantastiese karakter om te vertolk. En dan die karakter in Spoorloos wat die kindertjies doodgemaak het, en nou oom Erhard.

Ek glo ’n mens benader komedie en drama dieselfde. Ken die karakter, word daai karakter en speel hom so eerlik soos jy kan.

Komedies, veral in Afrikaans, word soms afgemaak as ‘ligte vermaak’, maar daar is fyn vakmanskap in die tydsberekening en struktuur. Wat wens jy het meer mense verstaan van dié genre?

Komedie is ’n moeilike ding om te speel, want tydsberekening is baie belangrik. Veral waar dit kom by komedie vir televisie. Volgens my hang dit ook baie af van jou reaksie op ander karakters en nie altyd jou eie dialoog nie.

Ek dink dit is belangrik dat karakters, veral in komedie, lewensgetrou moet wees en dat mense hulle as “regte” mense sien.

Hoe weerspieël of bevraagteken Magda Louw die hedendaagse Afrikaanse kultuur?

Ons akteurs en skrywers moet maar net die storie dien en die werklikheid op die kassie en verhoog weergee. Dan weer dieselfde ding: moenie groter en belangriker word as die storie of karakter wat jy speel of skryf nie. Dis dan waar die rooi gevaarligte begin flits.

(Foto: Gys Loubser/kykNET)

Jy werk as akteur, aanbieder en regisseur in ’n tyd waar Afrikaanse televisie voortdurend moet aanpas om relevant te bly. Wat is vir jou die belangrikste aspek van egtheid in storievertelling en hoekom?

Ek glo as ’n mens in die bedryf werk waarin ons werk, moet jy nederig wees en besef daar is altyd nog so baie om te leer. Vir my is toneelspel en TV-aanbieding my lewe, en ek werk hard daaraan om dit so goed as moontlik te doen. Ek sê weer: Ons moet die storie en die karakter dien as akteurs – nie andersom nie.

Vertel bietjie van die nuwe Magda Louw-toneelstuk?

Ek sien uit daarna, maar dit is ook ’n ander ball game. Dit is twee televisiekarakters wat hulle voet op die verhoog sit. Die lekker van die toneelstuk is vir my dat die karakters presies dieselfde is as in die TV-reeks.

Ons open 15 Julie by die Vrystaatse Kunstefees met Magda en haar Erhard: How Louw can you go?

Die ou oom en tannie het besluit hulle wil ook die verhoog betree – iets waarvoor hulle nie juis opgelei is nie. Dit sukkel maar, want veral oom Erhard weet nie eintlik wat hy doen nie. Hy dans en sing wel. Die arme ou oom doen ook maar net wat Magda vir hom sê om te doen.

Ons speel ook vanjaar by ander feeste soos Aardklop en Vryfees en wil volgende jaar deur die land toer daarmee.

Die derde seisoen van Magda Louw word vanaf Maandag 14 Julie 2025 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Klein paradys-wenner nou veldaanbieder van Fiësta

The post Hannes van Wyk oor ‘Magda Louw’ & Erhard-karakter: ‘Dis lekker dat mense my nie in die rol herken nie’ appeared first on rooi rose.

GOEIE NUUS | Nuwe seisoen van Magda Louw op pad!
Dié geliefde kat (of is dit in hierdie geval die hond?) kom weer. Die derde seisoen van Magda Louw is om die draai, en daar gaan beslis gelag word. En dalk ’n traan of twee tussendeur gepink word ook.

“Magda bevind haarself alweer in situasies wat sy nooit sou kon voorsien nie. Daar is ’n paar skokonthullings uit die verlede, ’n klomp ou gesigte en ook een of twee nuwes,” verklap Desiré Gardner oor wat kykers van die derde seisoen kan verwag.

Dié talentvolle Magda Louw-skepper verras en roer weer deur die reeks te vervleg met wat sy bestempel as “die waansin van die alledaagsheid en uiteindelik die realiteit van die kortstondigheid van die lewe en die onvoorspelbaarheid daarvan”.

Foto: Verskaf/ Gys Loubser

Met Magda Louw is daar ook altyd iets interessants agter die skerms aan’t gebeur. Desiré glo dis omdat daar so lekker voor én agter die kameras gelag word.

Elke hond kry sy dag op die stel. Letterlik in die geval van Magda (vertolk deur Desiré) en Erhard (Hannes van Wyk) se nuwe hondjie, Genis. Dié Boston-terriër behoort eintlik aan die grimeerkunstenaar Mia Liebenberg, wat deel van die produksiespan is.

“Daar was gereeld honde op die Magda Louw-stel wat dit so lekker gemaak het,” sê Desiré.

Foto: Verskaf/ Gys Loubser

Dan is daar ook Magda se kleinkind, Louw Louw (Johann Wessels), wat deur die seuntjie van een van die tegniese spanlede gespeel word.

Vir Desiré was die gemaklikheid wat op die stel geheers het, die lekkerste van alles.

“Die cast en crew – waarvan die meeste al van die eerste seisoen af die pad saamgestap het – is nou al gewoond aan mekaar. Ons geniet mekaar se geselskap. Johannes Pieter Nel, die regisseur, en sy regterhand, Corné Wessels wat die skip stuur, bring ’n kalmte wat oor ons almal vloei. Ek dink ook die inhoud van die reeks raak aan belangrike temas wat vir my lekker is, en ons almal lag wanneer ons die geleentheid kry.”

Foto: Verskaf/ Gys Loubser

Vir Desiré was daar groei in die reeks sedert die eerste seisoen omdat van die alledaagse uitdagings van die lewe in meer diepte verken word.

“Ek gesels met baie mense oor hulle vrese, die dinge wat hulle laat lag, huil, wakker hou in die nag – al daardie dinge waarvan jy nie kan ontsnap nie. Ek probeer dit meer inwerk in die alledaagsheid van Magda se lewe. Die tragedie en tydelikheid van die lewe, vervleg met die mooi en die lekker en die lag.”

Desiré glo dat die kykers aanklank vind by Magda Louw omdat hulle ’n stukkie van hulself in van die karakters herken. Sy skryf dit ook toe aan ’n tikkie nostalgie en dat kykers vir ’n wyle van alles kan ontvlug en saam kan lag.

“Die regte lewe kan soms so oorweldigend raak. Ek hoop dat kykers sal lag en terselfdertyd ook ’n bietjie oor dinge sal nadink.”

Die reeks se hoofrolverdeling bestaan weer uit Gerswin Mias as Shaun, Bennie Fourie as Baltus, Cindy Swanepoel as Getrude en André Weideman as Dr. Havenga.

Foto: Verskaf/ Gys Loubser

Die derde seisoen van Magda Louw word vanaf Maandag 14 Julie 2025 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Lees ook: Hier kom ‘n ding… Die amptelike lokprent vir Semi-Soeter is hier!

The post GOEIE NUUS | Nuwe seisoen van Magda Louw op pad! appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met aktrise Mandri Sutherland
Die nuwe jaar het met ’n komiese knal afgeskop, met die jongste seisoen van Magda Louw wat die skreeusnaakse Mandri Sutherland as die vrysinnige Delere aan kykers voorgestel het. Sy sluit aan by die chaos as Magda en Erhard se seun, Baltus, se boheemse meisie en voeg ’n ekovriendelike kinkel aan hul onverwagte saamwoon, wat Magda se wêreld effens omkeer …

Foto: Verskaf

Mandri het ook verlede jaar Maandagaande in die komedie Taktiek op kykNET met haar rol as Mignon opgehelder. Mignon het die kommunikasie vir ’n sekuriteitsmaatskappy in die land se kleinste, veiligste dorpie op haar eie tyd bestuur. Mandri was ook in die kortfliek Koors, wat by die Silwerskermfees vertoon is.

Foto: Verskaf

Aan die voorpunt van Mandri se rolle as aktrise, is egter haar eenvrouteaterstuk, Vrou ens. ’n bewys van haar vermoë om storievertelling met buitensporige karaktervertolking te meng. Die stuk delf in die lewens van vroue wat haar gedefinieer, gekritiseer, geïrriteer en geïnspireer het. Die karakters kom uit Mandri se eie pen en sy geniet dit gate uit om Tannie Elsie (wat bekend is vir haar “Hallo Sussa”-video’s op Instagram), Mariette se ma, die bodybuilder Verna Koekemoer, en die healer Luna in dié stuk uit te leef.

Foto: Bernard Brand

Volgens Mandri het sy van haar vroeë dae af skuiling in die kuns van storievertelling gevind.

“Ek onthou hoe ek vir Georgina, die vrou wie my help grootmaak het, gedwing het om na my uitbeeldings van Whigfield, Chris de Burgh en Dana Winner, te luister – ek het natuurlik elke optrede met skriflesing en gebed begin,” vertel sy.

Dankbaar vir die invloedryke figure wat die grondslag vir haar lewenslange liefde vir die verhoog gelê het, erken Mandri haar oupa se manier van stories vertel, haar ouma Cato wat haar gereeld saam na vertonings en konserte geneem en haar ouers, wat haar liefde vir drama ondersteun het, het na haar besluit gelei om haar kuns by die Universiteit Stellenbosch verder te slyp.

Karlien Meiring het meer oor die veelsydige Mandri gaan uitvind.

Hoe anders is dit om alleen op die verhoog teenoor om voor die kameras saam met ’n ensemble van akteurs te staan?

TV en teater is twee heeltemal verskillende kante van toneelspeel. As ek alleen optree, is dit net ek – ek besluit in die oomblik self waarheen die stories gedryf word, ek kry ook die geleentheid om te improviseer en dit beïnvloed niemand anders nie.

As ek saam met ’n ensemble werk, is daar steeds vryheid, maar daar is ook soveel tegniese faktore wat ’n rol speel dat jy nie net aan jouself kan dink nie. Jy is slegs een deel van die legkaart, nie die hele legkaart nie. Ek geniet dit ewe veel om albei te doen.

Foto: Verskaf

Wie en wat laat jou lag?

Ek het vriende wat my ongelooflik lekker kan maak lag. My goeie vriend, Len-Barry, laat my huil van die lag. Sekere video’s van Afrikaanse smaakmakers laat my baie lag. Nee, ek gaan nie name noem nie.

Met watter van jou karakters identifiseer jy die meeste, en hoekom?

Ek verstaan my karakters, maar ek identifiseer nie soseer met hulle nie. Dis bloot ’n uitbeelding van projeksies en waarnemings van stereotipes wat ek al teëgekom het. Party van die karakters kom al ’n lang pad, hulle is steeds relevant, maar al “gebore” toe ek baie jonger was.

Het jy enige voornemens vir 2024?

Ja, ek het! Ek wil graag dit waarmee ek besig is, uitbrei en groter optredes doen.

Ek wil ook die jaar probeer om een keer oorsee met my eenvroustuk te gaan. Dit lyk of ons Amsterdam toe sal kan gaan. Ek hou duime vas!

Wat sal mense van jou verbaas? Waarmee is jy besig wanneer jy nie gehore vermaak of skryf nie?

As ek nie werk of skryf nie, wat op die oomblik baie min is, is ek seker maar soos elke ander vryskutakteur: op die strand, in die water, op my bed met ’n boek, of op ’n video call met my ma. Skryf is deel van my lewe, ek kan nie só lekker stilsit en niks doen nie, ek werk nog daaraan.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met mode-ontwerper Salomie du Plooy

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met aktrise Mandri Sutherland appeared first on rooi rose.

10 redes waarom jy die Januarie-uitgawe van rooi rose móét lees!
’n Vol en vervullende lewe

Haar lewe het ’n paar onverwagse draaie in die laaste jaar of drie gevat, maar Desiré Gardner meen sy’t weinig rede om te kla en verwelkom die nuwe uitdagings.

‘n Ma en dogter duisend

Die verhouding tussen ‘n ma en dogter is iets besonders. Wat is dit wat julle s’n so spesiaal maak? Skryf in en julle kan ’n lekker ma-en-dogter-prys van meer as R40 000 wen!

rooi rose is op soek na ’n ma en dogter wat ’n baie hegte band het. Vertel ons wat dit is wat jul verhouding so spesiaal maak en julle het ’n kans om ’n oormaak- en fotosessie deur Willem Botha, ’n uitrusting vir elkeen deur Reandi Grey van Grey Creations,  juwele van Jenna Clifford en ’n geskenkpak van Mont blanc wen. Jul fotosessie sal ook in ’n uitgawe van rooi rose verskyn.

Ons loer in by: Simon Rademan, Stephanie Baartman en Waldemar Schultz

Daar is min bekende Suid-Afrikaners wat nog nie in ŉ Simon Rademan-uitrusting geklee was nie. Hy mag dalk al jare lank in die bedryf wees, maar hy begin elke dag weer nuut.

Hy verskil hemelsbreed van die karakter wat hy in die reeks Die Byl vertolk, sê Waldemar Schultz wat erken hy’s nie ’n man wat skaam is om sy emosies te wys nie.

As pastoriekind het die aktrise en sangeres Stephanie Baartman in haar jong dae na haar eie identiteit gesoek. Maar deur die jare het sy ’n stewige vastrapplek in die lewe en ook as kunstenaar in die bedryf gevind. Dit het haar geleer hoe om haarself te vernuwe.

8 onnies sê hul sê

Onderwysers stap dikwels die ekstra myl vir jou kind, en dit strek veel verder as klasgee. Hul rol in jou kind se lewe – en toekomsgeluk – is onmiskenbaar. Onderwysers vertel hoe jy ’n beter verhouding met hulle kan bou.

Breinkos

Toebroodjies hoef nie net kaas of konfyt op te hê nie. Hier is ’n paar smaaklike (en fênsie!) opsies wat jy in ’n japtrap voor skool of werk kan maak.

Verstaan (uiteindelik) jou verhoudingsmaat

Hoekom is daar konflik in liefdesverhoudings? Een belangrike rede is dat verskillende persoonlikhede verskillende motiveringsdryfvere het en oorlewingsvrees ervaar sodra hulle bedreig word. ’n Dinamiese persoonlikheidstelsel werp lig op dié saak.

Servikale kanker – die goeie nuus

Servikale kanker kan suksesvol behandel word en beheer word, mits dit vroegtydig opgespoor word

2024: Jou mooiste jaar

Dis ’n nuwe jaar en dit beteken nuwe skoonheidsneigings. Vind meer uit en probeer dit self!

Wen ’n luukse wegbreek by Grootbos!

Een gelukkige leser kan twee aande se verblyf, wat onder meer ’n eet-ervaring van vyf gange insluit, ter waarde van R25 800 wen!

Oriëntering op skool: Bou of breek dit?

Die oriëntering op skole en universiteite is vandag baie makker as die ontgroening wat baie van ons en ons ouers verduur het. Maar is daar steeds ’n plek vir inlywingspraktyke of kan dit ook handuit ruk?

Lees ook: WEN ‘n Clicks Festive-mooimaakboks ter waarde van R3 700!

The post 10 redes waarom jy die Januarie-uitgawe van rooi rose móét lees! appeared first on rooi rose.