mari lategan se blog | rooi rose
Hekelwerk, breiwerk, liefdeswerk
Bietjie meer of minder as ’n jaar gelede vra my jongste niggie watter kleure wil ek my kombers hê. Ek verstaan dadelik, en antwoord hoopvol, versigtig om desperaat-opdringerig-uit-my-vel te klink. “Iets wat by ons slaapkamer sal pas. Iets vir ons bed.” Tik ek myself later oor die vingers – die bed is ’n king size, extended. Gemaak vir ’n lang man en ’n groot gesin.
Ek weet wat kom. Niggie se ma is my talentvolle tante, vrou van my stil Oompie met die groot boerehart. Kleintyd op die plaas het sy, ’n dorpsmeisie, ons stom na ons asems laat snak met modieuse skeppings wat skemeraand teen die kas in die huis met die hoë plafonne op die plaas buite Worcester verskyn. “Ek het gou vanoggend begin,” was die antwoord dan. Rokke, rompe, broeke . . . outfits wat jou saam met die plaas en die dorp laat kyk, en kyk.
Toe Niggie as student by ons intrek, moes ek weer na my asem snak. Dié keer was dit die gehekelde blokkieskomberse op die voetenent van haar bed. Haar ma se maaksel. My talentvolle tante s’n. Ek hoor: “My ma is lus vir nog hekel.”
Haar drie dogters en skoondogter het hul kwota komberse gekry. Dis ons beurt – een vir my meisiekind, een vir my. Emma s’n pienk, blou en geel. Sy haal haar bers uit die kas, en trek haar knietjies voor die TV toe. Aand na aand.
Dié week kom die pakkie. Of liewer, die pak. My bers, gemaak vir die king size bed. In dieprooi, duifblou, winterwit en swart. Pragstuk. Pronkstuk. Ek neem ’n foto en sit dit op Facebook. Van Langebaan tot Londen hoor ek: “Weet jy hoe gelukkig is jy en “Waar’s ’n wolwinkel? Ek wil ook een hê!” Daardie middag steel ek ’n halfuur, gaan lê skelm op die bed met my boek, tot by my kuiltjie toe onder die hekelwerk. Liefdeswerk.
“These days, knitting and crocheting clothing, accessories and home décor items is as much a sanity saver or a social outlet as they are a creative effort…”
… draai Kate Walsh se woorde in my kop as ek dié aand met nuwe inspirasie my breisak van die kas haal. My sanity saver, dink ek in dankbaarheid aan my ma wat my iewers onder die ouderdom van tien en met baie geduld daardie eerste steke leer brei het.
Haar sanity saver ook, weet ek en sien hoe my seun vir die soveelste dag uit die kamer kom in sy eksamenklere – ’n sweetpakbroek en Ouma se handgebreide trui wat, as jy ’n potlood vir hul gee, waarskynlik ook Graad 6 met vlieënde vaandels sal slaag.
Liefdeswerk, dink ek weer as Mamma die pakkie vir my gee. ’n Kindertrui uit al die oorskietstukke wol, een wat ek bedel uit Ouma se arsenaal truie wat sy vir Hermanus se Vigs-wesies brei. Dié keer vir ons tuinwerker Jacob se eenjarige seun. As die sanity saver ’n social outlet word, dink ek met die wegstap.
Besluit net dan: dié naweek gaan ek tyd maak en my sewejarige se pleidooi hoor om haar met haar breiwerk te help. Dalk soek iemand vir wie sy lief is eendag ’n kombers, of ’n trui. Liefdeswerk. Of dalk het sy ook iewers ’n sanity saver nodig.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
Leer meer oor die basiese steke & tegnieke vir hekel hier.
Onthou jy nog die rooi rose-hekelpatrone uit die verlede? Ons het die patrone vir jou saamgestel. Kry dit hier.
The post Hekelwerk, breiwerk, liefdeswerk appeared first on rooi rose.
Tussen woorde
Dit betrap my heeltemal onkant. In my kop is ek reg vir goed wat rondstaan op plekke wat nie hul plekke is nie, onklaar huiswerk, die aand se skottelgoed op die kas, ’n verlate hoenderboudjie in die pot, skooltasse en skoolboeke op die tafel. In die bed ’n moeë, dankbare man, twee engele in droomland. Op my lessenaar ’n hopie ongetekende skoolbriewe, ’n lysie onklaar take, alles wat voor môreoggend moet gebeur, alles ses ure ver. Net ses ure ver.
Dis die prentjie as ek skuins voor elf op ’n weeksaand die voordeur oopsluit na drie dae op ’n ander plek. Moeg. Skuldig. Dankbaar.
Buite die voordeur skop ek my werkskoene uit, probeer ek om die moeg van wegwerk agter my te sit. Ek weet: trap oor die drumpel met nuwe krag. Trap asof jy weg was op vakansie, trap of jy elke dag met jou voete omhoog gesit het, trap met nuwe energie. Trap . . .
Ek trap, so ligvoets as wat die pakkie op my skouers my toelaat.
Daar is dit toe. Goed wat rondstaan, die sin in die huiswerkboek halfpad geskryf, ’n onklaar som, drie borde op die kas, ’n verlate hoenderboudjie in die pot. Die skooltasse en skoolboeke nie waar dit moet wees nie. ’n Dankbare man, twee engele in droomland. Ongetekende skoolbriewe, die lysie halfklaar take. ’n Kombuishorlosie wat tik . . . ses, vyf, vier . . .
Ek trap, gang-af. Bed toe. Slaap. Sien dit – ’n pienk flentertjie op die kassie langs my bed. In sewejarige skrif: “I LOVE YOU.”
Die hart tussen woorde groter as die teks. Die pakkie op my skouers val. Ligvoets hol ek, droomland toe.
Dis eers gisteraand toe die huis slaap en die blondes op kykNET my laat opkyk van André P. Brink en Ingrid Jonker se Vlam in die Sneeu wat ek begin verstaan. Karen Zoid, Juanita du Plessis. Twee vroue, twee pole. Een mond. Sing hulle:
“Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure.
Tussen woorde vlieg my drome reg deur die mure.
En ek weet ek is niks sonder jou . . .”
Die pienk flentertjie in my kop. Die hart tussen woorde groter as die teks.
Dis so, weet ek, net soos op die rugkant van die boek in my hand: “Maar die gedagtes en die herinnering, die verlange en die helder liefde sal bly praat lank ná die bladsy en die brief verby is.”
En lank na ek die pienk flentertjie weggegooi het.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Tussen woorde appeared first on rooi rose.
Ek verstaan nie
Ek verstaan nie die onblusbare lus vir wortelkoek wat my op ’n Sondagmiddag skuins na vier tref nie. Ek verstaan nie hoekom die rondste van vroue kies om hulself in lae vormloosheid toe te wikkel nie. Ek verstaan nie hoekom die prys van petrol en diesel van plek-tot-plek in Suid-Afrika wissel nie (ok, ok …) Ek verstaan nie hoe vliegtuie tussen die geskud en geskommel in die lug bly nie. Ek verstaan nie (altyd) my Graad 5-kind se Wiskunde-huiswerk nie. Ek verstaan nie hoekom sommiges meer huil en lag as ander nie.
Ek verstaan nie hoe Eskom se base snags rustig kan slaap nie (om van ’n paar ander in leiersposisies nie eens te praat nie).
Ek verstaan nie die politiek nie. Wonder of jy doen?
Maar vandag, vandag verstaan ek niks. Ek verstaan nie die foto’s voor my op die skerm nie. Mense wat bloei, mense wat brand, mense wat veg, mense wat sterf. Mense.
Ek verstaan nie xenofobie nie. Regtig nie. Skryf dan:
Liewe Jacob,
Ek wonder of jy verstaan?
’n Paar jaar gelede het jy uit Zimbabwe gevlug om ’n nuwe potjie te kom krap. Jy’t ’n nuwe koers gekies en, al het jy matriek en al lees jy wyd, het jy gekies om in ander se tuine te begin werk. Met ’n “Morning Ma’am, how are you Ma’am, God is good to me Ma’am, hope He’s good to you too Ma’am” het jy ander onder die stof gewerk.
Later trots vertel jou papierwerk is agtermekaar (al moet jy dit gereeld hernu), jou vrou is op pad, jou bankrekening is oop, jou plan begin werk. Al slaap jy, sy en ’n paar ander steeds om die beurt op ’n bed. Al lag jy oopmond toe jy die kind in ons huis se driekwartbed moet skuif, want, sê jy, daar’s dan slaapplek vir drie.
“God is good to me, Ma’am. . .”
Ja, Jacob. Dankie, Jacob. Sien jou volgende week, Jacob.
Verstaan jy xenofobie, Jacob? Ken jy die mense wat bloei, brand, veg en sterf, Jacob? Is julle veilig, Jacob?
Sê as ons moet help, Jacob?
Liefde vir jou vrou, Jacob.
Ma’am
Skryf ek. Verstaan ook nie regtig wat ek probeer sê nie. Dalk dit:
Aan die lus vir wortelkoek kan ek iets doen, die vormlose rondes ignoreer en probeer luister die volgende keer as iemand die prysverskil tussen petrol en diesel vir die soveelste keer verduidelik. Ek kan minder vlieg sodat die geskud en geskommel my nie pla nie, iemand kry om my kind met sy Wiskunde-huiswerk te help, lag en huil wanneer ek wil en ander los om hul eie keuses te maak.
Vrede maak dat ek Eskom en sy base nooit sal verstaan nie. En aanhou lees oor die politiek. Dalk verstaan ek, eendag.
Ek sal xenofobie (en die meeste ander fobies) nooit verstaan nie. Maar ek sal my kinders leer: elke mens het die reg om mens te wees. Jy’t geen reg oor ’n ander se menswees nie. Ek sal aanhou bid vir dié wat bloei, brand, veg en sterf.
“God is good to me Ma’am, hope He’s good to you too Ma’am. . .”
Mag dit waar wees, Jacob. Vir ons almal. Sodat ek, jy en ons kan verstaan.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Ek verstaan nie appeared first on rooi rose.
Dis nie die gras nie
Ai. Die gras. Die ewige gras. Soms, net soms, is dit groener aan die ander kant. Dink ek dié week weer, dié slag op ’n vlug tussen Windhoek en die Kaap. Op pad huis toe. Jy’t net mooi gesien, niks lelik nie. Sy stry weer, die negatiewe een wat net wanneer dit haar pas nesskop in my kop. Ek het nie, kap ek terug. Met mening moeg.
Jy het.
Toegegee. Die luukse kamer. Die wit bed. Die lang spieël, tot op die grond. Die badkamer met die buitedeur en klippies waaroor water heelnag loop. Die stilte. Mooi, dit was mooi. Al moes ek op Aand Een twee botteltjies water uit die yskas haal om die waswerk te doen (ja, waterloos was ons).
Maar mooi bly mooi. Die gras. Die gras was dié week groener aan die ander kant.
Hoekom? Wat, wat is dit dan? Wat maak dat ek Vrydag anders na die wêreld kyk as afgelope Maandag? wonder ek stroperig terwyl my buurman in die sitplek langsaan oor my skouer my skrifsels aanskou. “Wonder jy ook?” vang ek hom ongemaklik onkant. “Ja,” knor hy. Uitgevang.
Die oud-WP-kaptein-nou-entrepreneur wat my vroegaand op die lughawe inwag asof ons mekaar al jare ken, die energieke Namibiër met die diep geloof aan wie hy my die volgende oggend voorstel, dié Namibiër se slim, stil, sterk vrou, die finansiële bestuurder wat met pretensielose deernis later van haar “houman” vertel en die jongeling wat stadig uit sy dop kruip “omdat ek my plek moet ken”. Later kom daar ’n beautiful bokser by en ’n Engelse oudskeepskaptein (hy lyk vir my skaars twintig) saam met ’n reus van ’n man met hande so groot soos ’n opskepbord; een wie se hart vermurwe as hy vertel hoe hy en sy vrou vier girls grootmaak. “My girls.”
Ons droom. Drie dae lank. Weet ek weer hoekom so baie Namibië die land van hoop noem. Hierdie lotjie het een droom: om geleenthede te maak werk. Kleur is nooit ’n issue nie. Hoe ek en jy vir mekaar geleenthede kan skep om ’n beter toekoms te bou is die diskoers van die dag. Hul daag mekaar uit. Vat my vas. Dis vir my lekker.
Die gras. Ai. Die gras.
Daar’s nog ’n man. Hy’s moeër as die ander, nie daar as ons praat nie. Loer in wanneer hy kan. Die kamer, bed, spieël en badkamer is syne. Die waterprobleem ook. Maar niks van dié tel nou nie. Dis hy wie ’n paar jaar gelede twee van sy dogters en ’n maand terug sy vrou moes begrawe. Hy wat vriendelik-voortbeur, sy foon vat en my kleintydbuurvrou bel, die een wie se blommemeisie ek jare gelede was. Ek wil nog stry. Volgende keer, ek sal volgende keer gaan kuier. “Mens stel niks uit nie,” sê hy. Weet ek. Stry kan ek nie stry nie.
“Dis nie die gras nie,” sê die vreemdeling neffens my. “Tien minute,” sê die vlieënier.
Ek weet. “Mense. Dis mense,” sê ek.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Dis nie die gras nie appeared first on rooi rose.
Die vlam wat binne brand
Die Kaap is aan die brand. Ek kyk. Staan stom. Hier, bewerig-veilig in my binnekamer. Eers aan die Engelse kant van die mooiste Kaap – oranjerooi lek die vlamme al laer en eet alles in hul bloedrooi, bloedbelope pad. Al om Tokai, doernaby, ook Houtbaai se kant toe. Al laer, en laer kruip dit, die genadelose gloed.
‘n Paar dae later kom die nuus: Jonkershoek vat vlam. ‘n Kilometer van ons huis, sê een. Alles swart, ‘n ander. Dit reën roet, sê-kla sy, sidder skaam as sy aan skoonmaak dink.
Die Kaap, die Kaap brand. Die Kaap, hy brand skoon.
Hoor ons.
Tussen die alles sterf hy. Sir Terry Pratchett. Internasionale ikoon. Fantasieskrywer van formaat. Die een wat so baie kon sê; ook dit: “Build a man a fire and he’ll be warm for a day. Set a man on fire, and he’ll be warm for the rest of his life.”
Daardie vuur. Daai vuur. Ek wonder oor daai vuur.
Lees in die week weer die storie oor die jonge Kaileigh Fryer, die jong meisie van Sydney, Australië wat verlede jaar skuins voor haar twintigste verjaarsdag tragies in ‘n motorongeluk dood is. Na haar dood ontdek Ma Michelle Kayleigh se kluitklaplysie (nee, nee, asseblief tog nie; ek kies die Britse bucket list).
In haar notaboek lys sy onder meer: leer Spaans, hardloop ‘n marathon, skryf ‘n liedjie, eet pizza in Italië, neem ‘n kind aan, drink koffie saam met ‘n bejaarde en vra haar oor haar lewe, wees ‘n mentor, maak ‘n verskil, skenk bloed, skryf elke dag neer wat my gelukkig maak, neem elke dag ‘n foto, ‘n hele jaar lank . . .
Haar bucket list.
Op 19.
Net 19.
Maak kopieë en deel dit uit op haar begrafnis, sê Pa David. ‘n Bloedrooi, bloedbelope seer. Haar bucket list vat vlam.
Regoor die wêreld lek die nuus, begin ander Kayleigh se lewe leef. Maak hul klaar wat sy begin het. Brand haar binnekant, daai vlam, ja, daai einste vlam, ook ander se wêreld skoon.
“Build a man a fire and he’ll be warm for a day. Set a man on fire, and he’ll be warm for the rest of his life,” klink die eggo in my kop.
Daardie vuur. Daai vuur. Ek bly wonder oor daai vuur.
Daai vuur. Net hy.
Die een wat begin by die vlam wat binne brand.
Tot volgende week,
Marí
The post Die vlam wat binne brand appeared first on rooi rose.
By, om te bly
En hy lees wyd – elke koerant of sakeblad, hier én internasionaal. By lees bly dit dan ook nie – hy dink, praat, deel en rig sy sakeryk sekuur. By. Byer. Byste. Is hy. Trendy tekkies en al skop hy stilweg stof in die oë van die jonges wat waarderend, maar wroegend wonder waar hul hulp vandaan sal kom.
Weet dan: groot is jy as die jonges aanhoudend by jou leer, jou aanhou vra. Groot is jy as jy wil weet wie doen wat waar wanneer hoekom. Groot is jy, die een met skop. Ja, groot is jy as jy Handy Andy met jou eie geld koop, nie net vir jouself nie, maar vir ander ook. Groot is jy wat by is, en by wil bly.
Tot volgende week,
Marí
The post By, om te bly appeared first on rooi rose.
Hoekom. Waarom. Wat.
Soms moet mens liewer stilbly. Dié dat ek die afgelope twee weke nie geskryf het soos ek moet nie. Ek wou nie. Was ook nie lus vir praat nie. Wou nie my e-mails beantwoord nie. Ook nie op die selfoon kuier nie. Maar ek wou veral, veral nie skryf nie.
Dis op Fancourt, die luukse gholflandgoed by die mooie George, tussen Suid-Afrika se beroemdes, belangrikes, bemindes, begeesterdes, befoeterdes en befomfaaides wat ek weet: hoekom, waarom, wat.
Die Ruperts, Pienaars, Louws, Van der Merwes, Molefes, Smiths en heelparty wie se name ek tot my skande nie kan uitspreek nie (watwou skryf) trek saam. ’n Malende massa gholf-entoesiaste. Blink getooi in keuriggekose uitrustings. Gemaak-gemaklik. Kus-kus luglangs (soen is dít wraggies nie). Tiek hulle die sosiale etiket boksies een vir een.
Tiek. Tiek. Tiek.
Maar eintlik is dit ook Johnny se skuld dat ek my stilswye verbreek. Rob s’n ook. Dat die lus (hmmm, dis nou die lus vir skryf) hier diep binne begin broei. Johnny? Ja man, Johnny. Johnny Clegg. Weet jy nie? ’n Twintigplusser traai sy luck. En Rob? Rob Louw. Die boere-Louw, nie die Amerikaanse Lowe nie. Die rowwe rugbyspeler met die goudgeel hare. Roxy se pa. Roxy se pa! Die twintigplusser blink.
Johnny. Hy’s die een wat stoele ritmies begin skud. Wat beroemdes, belangrikes, bemindes, begeesterdes, befoeterdes en befomfaaides toor tot betotteldes. Op sy Afrika-ritmes kry ou lywe in strakke, keuriggekose klere stry, word gemaak-gemaklik vals en vriendelik, smag koue kusse skelm na sopnat soene. (Ok, ok. Klein bietjie aangedik. Maar geil, geil was dit.)
En dan’s daar Rob. In sy oudste jeans, gister se hemp en ‘n stowwerige das onder uit sy eie kas. Om hom baie geld en goed. Hy? Kankervry, dans hy. Op pad sestig toe, oor minder as ’n maand. Ritmies. Raserig. Rampokker Rob. Sing hy:
And we are scatterlings of Africa
Both you and I
We are on the road to Phelamanga
Beneath a copper sky
And we are scatterlings of Africa
On a journey to the stars
Far below we leave forever
Dreams of what we were
Hawu beke Mama-ye! Mama-ye!
Hoekom. Waarom. Wat. Soms, net soms moet jy stilbly. Sonder praat of skryf. Moet jy kyk. Ruperts, Pienaars, Louws, Van der Merwes, Molefes, Smiths en kie. Johnny. Rob.
Tiek. Tiek. Tiek.
Net kyk. Om weer te kan praat. En skryf.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Hoekom. Waarom. Wat. appeared first on rooi rose.
Gee my krag!
Holderstebolder. Ruggie hol gery. Dié kragloosheid (of is dit kragteloosheid?) waarin ons onsself nou bevind. ’n Splinternuwe verskoning vir later doen, minder doen, of erger nog, sommer glad nie doen nie.
Skielik is die huis donker, die wasmasjien en skottelgoedwasser stil, die ketel buite werking en die rekenaars en TV af. Die winkeldeure sluit en verkeersligte knip in alle rigtings oog. En ons? Ons vergeet hoe om te ry, te werk, te eet, te praat, te woeker met wat ons het. Onbeholpe, onbevoeg, ongeduldig, ongemaklik, ongehoord. Sommer omge-ellie ook.
Dié kragloosheid laat ons kragteloos. Ruk kop, hart en hand tot stilstand. Want Ma, hoe maak mens sonder krag? Wonder my spruite hierdie week toe die kragloosheid ons vroegaand oorval. Gedwing om met mekaar te praat (sonder skerms, ons spaar elke battery, want sê nou net die krag bly weg?) groei die lys:
•	speel wegkruipertjie;
•	steek ’n kers aan en lees ’n regte boek (een met blaaie waaraan jy voel en vat);
•	dans singend in die donker a-la-Bruce-Springsteen (Bruce Springsteen? Wie’s Bruce Springsteen, Ma?);
•	pas al jou ou klere aan en hou ’n modeparade in die skemergang; of
•	gaan stap om die blok.
“En sê nou ek wil net sit?” vra die sesjarige. “En sê nou ek wil net lê?” vra die negejarige. “En sê nou ek wil net slaap?” vra die veertigplusser.
Gee my krag! wil ek skree. Bedink my dan. Dalk, net dalk, is hulle dié keer reg. Dalk is kragloosheid net die medisyne vir kragteloosheid. Ja, ons gaan later doen, ja, ons gaan minder doen, of dalk glad nie doen nie.
Gee ons krag!
Maar wat as die kragloosheid die antwoord is op nuwe krag? Krag vir vol sinne praat, krag vir stilsit voor die braaivleisvuur, krag vir boeklees, krag vir kerslig (en alles wat daarmee saamgaan), krag vir droom, krag vir dink voor jy doen? Krag vir lewe. Krag. Voor die stikdonker ons oorval.
Wonder ek.
Tot volgende week,
Marí
The post Gee my krag! appeared first on rooi rose.
Die kas
Vandat ek kan onthou waak hy oor ons. Die groot, bruin buffet in die voorhuis. In Ma en Pa se huis. Ons huis. In die boonste laai bêre Ma jare lank al haar beste messegoed en grootste opskeplepels. In die tweede laai kry jy ’n skêr, geskenkpapier, plastiek en sellotape. Links en regs is die beste borde en bakke, vir kuier op Sondae, Pase en Kersfees. In sy maag plek vir presente wegsteek, mooigoed, ougoed.
Een, twee keer ’n jaar pak Ma die kas af en uit. Dan olie sy die hout tot die vlamme teen die deure begin lek en die koperhandvatsels gloei. Sy doen dit stil, praat niks. Ek wonder wat sy dink.
As oudste kind en enigste dogter het ek kleintyd al en skaamteloos getrou aan my aard my broers gemaan: eendag, eendag as Ma en Pa nie meer daar is nie is daardie kas myne. Maak ek hom in my voorhuis staan. Eendag . . .
“Dis tyd dat jy die kas kom haal,” sê Ma. Uit die bloute, op ’n Saterdagaand. Sy staan in my voorhuis die mure en bekyk. Maak in haar kop plek vir die kas. Ek protesteer. “Jy moet jou kas kom haal,” sê sy weer. Ek wonder hardop wat my broers sal sê. “Hulle het al gekry. Jy moet jou kas kom haal.”
’n Derde keer.
Eendag, Mamma, eendag. Dis nog nie eendag nie. Want iewers in my vroeë veertigs het ek besef mens praat al minder oor eendag. Vandag, ja. Eendag, nee. “Dis tyd dat julle die kas geniet. Dink net hoe mooi gaan hy lyk. So, wanneer gaan jy jou kas kom haal?”
Ek stel uit om die vervoermaatskappy te bel. Is gelukkig besig, maar weet ek moet dit doen. “Ek het die kas leeggemaak . . .” Ja, Ma. Dankie, Ma.
Dis net ’n kas, sê sy in my kop. Dis soveel meer as net ’n kas, praat my ander, harder stem. Want sien, daardie kas het ’n spieël. Nog sy oorspronklike spieël, ’n spieël van meer as honderd jaar oud. Die spieël waarin ek en my broers as tieners ons haarstyle bekyk het as die voordeurklok lui, die spieël waarin Ma haar kuif gekam het voor Pa smiddae huis toe kom, die spieël waarin ek mik-mik my eerste lipstick aangesit het, die spieël wat elk van die groot oomblikke in ons huis kon sien.
Die spieël wat vandag gewys het soos dit is en nie oor eendag gewonder het nie. Vir meer as honderd jaar lank al.
Ek sal die kas gaan haal. Ek sal my kas gaan haal. Dié week nog. Een, twee keer per jaar sal ek die kas af- en uitpak. Die hout olie tot die vlamme teen die deure begin lek en die koperhandvatsels gloei. In stilte. Omdat ek nou weet wat Ma dink, wat die spieël sien.
Eendag is vandag.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Die kas appeared first on rooi rose.
Liewe Kersvader
Dit was ’n kenmerk van alles hierdie jaar: ek was óf te vroeg óf te laat. Met alles. Vir alles. Nooit betyds nie – 2014 was ’n holderstebolder-jaar. My kinders se briefies vir jou het die Noordpool reeds begin Oktober bereik – hul ma se paranoia oor die Poskantoor-staking en gepaardgaande vrees vir inkopiesentrums moet seker die skuld hiervoor kry.
Maar my eie?
Daar was net nie tyd nie. Vanoggend, so tussen die regpak en wegpak, frommels blink papier, houers vol oorskietkos en stralende kindergesiggies, weet ek: ek moet tog probeer. Dalk, net dalk, het jy meer tyd as ek om te lees, en te help.
Vir die eerste keer in jare was dit ok as daar nie ’n enkele pakkie onder die boom met my naam op is nie. Jy weet goed ek hou my lewe lank al van paarties en presente. Vir myself, en ander. Hier, aan die einde van 2014, kan niks wat ek nou wil hê gekoop, gelint of gestrik word nie.
Moenie stry nie. Al kan jy en jou helpers álles doen. Ek erken: dit was ’n holderstebolder-jaar. En, die wyse Dr.Seuss was reg: How did it get so late so soon? It’s night before it’s afternoon. December is here before it’s June. My goodness, how the time has flewn. How did it get so late so soon?
Liewe Kersvader, wat ek soek is tyd. Meer tyd. En minder tyd. Kan jy dit koop, lint of strik?
Gee my:
• meer tyd vir vol sinne praat;
• minder vir Facebook, Pinterest, Instagram en LinkedIn;
• meer tyd langs die raserige rugby- en netbalbaan;
• minder in die kille raadsaal;
• meer tyd om huiskos te proe;
• minder vir wegneem-pizza koop;
• meer tyd vir sit langs my siek vriendin se bed;
• minder vir spitsverkeer-oproepe uit die kar;
• meer tyd om weg te gee;
• minder om meer (en meer) te kry;
• meer tyd om saam met geliefdes te “mors”; en
• minder vir planne en lysies maak.
Liewe Kersvader, kan jy help? Ek vra nie baie nie. Net tyd …
Ekskuus? Verstaan ek reg? Ek het dit reeds? Die tyd? Al was 2014 ’n holderstebolder-jaar?
Aha. Dr. Seuss weer: “You have brains in your head. You have feet in your shoes. You can steer yourself any direction you choose. You’re on your own. And you know what you know. And YOU are the one who’ll decide where to go …”
Basta met koop, lint of strik. Dankie Kersvader, vir nóg ’n holderstebolder-jaar.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Liewe Kersvader appeared first on rooi rose.
Die storie van ’n lewe
Dit tref my. Dié gier. Die eerste keer op my verjaardag in Augustus toe my man en kinders die klein, wit boksies uit die wit sakkie haal. Binne-in ’n piepklein handsakkie (“want Mamma, jy hou van handsakke”, sê Emma), ’n stapeltjie boeke (“en van boeke,” sê Le Roux) en ’n swart steen, versier met blommetjies (“sodat jy dit by al jou swart kan dra,” sê die praktiese pa).
Die jaar stap aan. Ons raak besig. Elke nou en dan vat-vat ek aan die handsakkie, boeke en swart steen om my arm. Troos dat ek doen wat ek doen met hulle in my hart. Dié dat die uitnodiging na die opening van die Deense juwelier Pandora se soveelste winkel, dié keer om die hoek van ons huis in Tygervallei-sentrum, my hart vinniger laat klop.
Dis eers toe ek oor ’n glasie vonkelwyn met ander praat dat ek die impak besef: soms is bling soveel meer as net bling. ’n Aanknopingspunt. ’n Herinnering. ’n Storie. Die oorbelle, ringe en kettings is pragtig, ja. Maar dis die charms wat my tref.
Ek val, stap daar uit met ’n piepklein koevertjie (With love from me daarop geskryf), troos dat mens soms vir jouself ’n present mag koop, ’n Kersteddiebeer met ’n rooi hoed steel my hart en swart-en-wit blommetjies bind die storie saam.
Tuis haal ek my kleintyd-armband uit die kas en kyk hoe ’n silwer ballerina saam met Mickey, Minnie en Goofy aan ’n ketting dans. Vertel vir Emma die storie dat dít eens Ouma s’n was, toe myne en nou hare. “En eendag my dogtertjie s’n, né Mamma?” sê die sesjarige.
Later bekyk die praktiese pa my vroeëre aankope. “Dis ’n bontspul,” sê hy. “Dis mooi so,” kap ek. “Elke een het sy eie storie.” Toegegee. Dis ’n bontspul. Maar dis my bontspul. Die storie van my lewe.
Die nuus dat ’n broer se goeie vriend en universiteitsmaat skielik sterf, vang ons almal onkant. Ons gaan haal die goeie onthou diep, kyk op Facebook hoe ander se foto’s sy storie vertel. Een-een word die charms aan sy ketting geryg – staaltjies en foto’s word die anker vir praat, onthou, lag en huil. ’n Bontspul. Sy bontspul. Die storie van sy lewe.
Ek weet weer: dit is hoe dit is. Die lewe is te kort. Vir sommige is bling baie meer as net bling. Ander bêre die staaltjies en stories. Of neem ’n paar foto’s. Elkeen van ons het nodig om stories te vertel. Ons s’n, ander s’n.
Op die ou end is dít hoe ons leef. En oorleef.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Die storie van ’n lewe appeared first on rooi rose.
Bloed en water
Dis amper sulke tyd. Met die skole eindelik toe is ons reg om 2014 se stof van ons voete te skud en die nuwe jaar te pak. Daar’s net nog een hekkie . . . of dalk twee, drie . . .
“As hulle hul nie gedra nie, mekaar in die hare vlieg of enige spanning veroorsaak pak ek my tas. Ek kom huis toe,” sê my universiteitsvriendin oor haar voorhekkie. Sy’s einde-van-die-jaar-bleek, het nou genoeg gehad. “Selfs die dominee het Sondag daaroor gepreek. Dis my vakansie ook.” Reg vir die stil struweling, is sy.
Só stap familie tydig (en ontydig) oor die Kersdrumpel, ons maak Krismisbeddens vir kriewelende kinders, eet uit Ouma se pruttende potte en verdra skoonpa’s en –ma’s se dikwels ongevraagde raad én daad.
“Klop julle nie?” durf ’n broer. “Watwou klop? Dis my ma se huis ook dié,” brom ’n swaer. “Wil iemand bietjie koffie en vrugtekoek hê?” red ’n Ouma. “Kyk hoe sit jou kinders met hul voete op Ouma se bank,” roer ’n suster die pot. “Het Ma nuwe tydskrifte?” maak ’n skoonsuster haarself gemaklik. “Gaan jy nie vir Ma met die koffie help nie?” frons haar man, sak dieper stoel in. “Hier’s nie plek vir meer in die kombuis nie,” sêloer Oupa oor sy bril. “Kry ek ook ’n bietjie koffie?” Nóg ’n broer op nóg ’n bank. Dis sy vakansie ook . . .
Stilweg gefokus meet ons die treë versigtig, seil oor die hekkies, maar trap tóg hier en daar een plat. Dis dáárdie plattrap wat die ritme versteur, jou (en die skare) van balans gooi – jy’s midde-in die wedloop, het geen ander keuse nie. Recover. Fokus. Kry die ritme. Die volgende hekkie moet jy oor.
Iewers in die huis is dit oorlog. ’n Niggie en neef kry stry, ’n broer en suster kies kant, ’n swaer staar na sy koffie, ’n skoonsuster speel wegkruipertjie tussen die tydskrifblaaie. ’n Ouma red, weer. “Kyk, hier’s chocolates in Ouma se laai.” Sy swaai die vredesvlag, kry kake aan die kou. “Kry ons ook chocolates?” ’n Broer kom regop op sy bank, ’n skoonsuster kyk op, ’n swaer glimlag breed, ’n Ouma dra aan – dis húl vakansie ook.
Algaande leert men. Tussen die chaos van eie familie, aangetroudes en aangelaptes herinner Ma my aan oorle Ouma se hekkie-strategie. “Dié dat ek net sê ‘O!’ en vinnig weer die ritme kry,” verklap Ma dan.
Tuis pak ek die tasse ál vinniger in die kar. Opgewarm, my spikes is in. Ek weet: dis die beste wedloop ooit, hekkies ten spyt. Algaande leert men. Bloed en water. Dis hoe dit moet wees. Nóú wil ek niks anders hê nie.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Bloed en water appeared first on rooi rose.
Dis Desember. Moenie stry nie
“Waar’s jou paspoort?” Dis Maandag. Dis Desember. Dis warm. Ek het lus om te sê: “Huh?” Voor ek kan, kom dit weer:
“Waar’s jou paspoort?”
“Huh?” Sê ek.
“Waar’s jou paspoort?” ’n Derde keer.
Ek het nie ’n paspoort nodig nie. Jy het my ID. Ek verduidelik. Voel hoe die druppel teen my rug afloop, maar bly kalm.
“Ek gaan Sishen toe. Jy het nie ’n paspoort nodig vir Sishen nie.”
Is. Issie. Is. Issie. Isssssss.
Dis Maandag. Dis Desember. Dis warm.
Ek Google en kry die kaart. “Kyk. S.I.S.H.E.N.” Sy kap terug: “Dis verkeerd gespel. S.E.Y.C.H.E.L.L.E.S.”
Is. Issie. Is. Issie. Isssssss.
Hy kom tot my redding, dié man van die toonbank langsaan. Help haar. Sy kyk nie weer op nie. “Ek het nie geweet van Sishen nie.”
Dis laatmiddag toe ons uiteindelik land. Sishen-lughawe, net buite die Noord-Kaapse dorp Kathu. Die volgende keer as ek ’n tas pak is dit vir see toe – ’n tas sonder enige swart langbroeke, hoë hakke of iets wat soos kantoorklere lyk. Helder T-hemde, kort broeke, sonrokke en plakkies staan al reg, dink ek terwyl ek in die Kalahari-skemer stap om my tas te haal.
My tas. My tas is nie daar nie. “Hy’s op pad Seychelles toe,” sê ek. “Hy’s gelukkig nog in Johannesburg,” sê die tannie van Kathu en prop my ’n papiertjie met haar naam en selfoonnommer in die hand. “Ek sal hom kry. Bel my môre.”
Nou kyk, om twee van die drie dae wat jy weg is van die huis sonder jou tas te wees, is ’n krisis. Dis Maandag. Dis warm. Dis Desember. In Kathu. Dalk, net dalk, is Kathu se winkels nog oop vir Kersinkope. “Try die Mall,” sê die tannie. “Dis half sewe. Shoprite maak sewe-uur toe. Pep en Jet is nog oep.”
Tien minute later hardloop ek Mall in. Pep se deure reeds toe. Jet nou my enigste hoop. Ek gryp: ’n skelpienk nagrok (hy gaan uitwas, dink ek), ’n bra, ’n onderrok (ek weet nou nog nie hoekom nie) en ’n pakkie panties. Hier’s my keuse beperk: vir ouma’s wat alles wil toemaak of vir Sus wat alles wil wys. Ek knyp oë toe en kies vir Ouma. Niemand sal weet nie.
Vyf minute. Jy’t nog vyf minute. In Shoprite gryp ek handelsmerke uit my kleintyd, goed wat ek weet my nie nou in die steek sal laat nie: sjampoe, tandepasta, tandeborsel, ’n groot pot room, ’n bottel water, gesigseep, nóg room. Ek’s reg om die dag toe te smeer.
So ja. Gaar stap ek die vyfster-gastehuis binne en kry die honeymoon-suite. My bagasie in ’n plastieksak vasgeklou. “Ons bring jou kos kamer toe.” Hulle sien. Ek’s gaar. Eet. Stort. Dan: daar pas twee van my in die skelpienk-nagrok, die panties kan ek optrek tot ver bokant my naeltjie, die sjampoe is conditioner, die gesigseep is nóg room, die water is verby die vervaldatum.
Wat het jou besiel? Jy moes jou paspoort uitgehaal het, dink ek later toe ek stokalleen in die honeymoon-bed lê en kyk hoe my Maandagklere hul vere regskud in die Kalahari-wind. Vir Dinsdag.
Leer nou: dis Desember. Moenie stry nie. Ek moes nie oor S.E.Y.C.H.E.L.L.E.S. gestry het nie.
Tot volgende week,
Marí
NS: Ek en my tas is Dinsdagmiddag herenig en Woensdag huis toe.
The post Dis Desember. Moenie stry nie appeared first on rooi rose.
Ek is nie lus nie
Dis kwart voor vier op ’n Donderdagmiddag. Na ’n week (en jaar) van balle in die lug hou het ek twee keuses: huis toe óf kantoor toe. By die huis wag ’n onversierde Kersboom, moeë, warm kinders, ’n deurmekaar tuiskantoor, onopgemaakte Kersgeskenke in sakke op die vloer, ’n leë koskas, my kinders se getroue tweede ma,  ’n aupair met ongekende organisasievermoëns en onuitputlike energievlakke en Bettie-van-die-gastehuis.
Op kantoor is daar ’n dik spanningswolk, hardwerkende kollegas (party brom, ander giggel, een of twee se trane vlak), nóg ’n deurmekaar kantoor en skerms vol e-posse.
Ek? Ek is nie lus nie.
Nie vir die Kersboom, my liewe, moeë, warm kinders, die deurmekaar tuiskantoor, onopgemaakte Kersgeskenke, ’n leë koskas of geselsies met die hardwerkende ander vroue in my lewe nie. Vir ’n oomblik wil ek my getroue, gespanne, giggelende, tranerige kollegas, die e-posse en die streswolk (wat ons self geskep het) ignoreer.
Ek is nie lus nie.
Ek hou verby die kantoor. Straat-af. Draai nie rigting huis toe nie. Stop ook nie by my gunsteling-koffiewinkel op pad nie.
Nee. Ek soek ’n stil straat, stop oorkant die pad en koes-koes na die klein koffieplek met die vuil stoep en taai toonbank. Dié plek (en sy taaier-as-die-toonbank-tannie) voel soos ek: nie meer lus nie. Daar’s niemand nie. Vandag pas dit my.
Die taai tannie dra stomende koffie in ’n blinkskoon koppie aan (ek het mooi gekyk) en bring warm melk. “Hier’s net brood, nie koek nie,” sê sy sonder dat ek vra. “Koffie, net koffie,” sê ek. Die stemme in my kop eindelik stil. Kwart voor ses vat ek die pad. Die taai tannie ook. Ek met nuwe krag. Sy met ’n lagie lipstick op die taai gesig. Huis toe.
Tuis is die kinders klaar gebad, skooltasse op die kombuistafel, skoolklere op die bed, bloedjies rustig en afgekoel voor die TV. My kinders se tweede ma is kos-in-die-hand op pad kamer toe (sy’t iets prakseer, en vir my lyk die koskaste leeg), Bettie is huis toe en die georganiseerde, energieke aupair se lysies lê netjies op die lessenaar. ’n Kollega bel: die kantoor is stil, niemand huil nie, kyk na jou e-posse.
Die skuld dreig-dreig. Die stemme in my kop begin weer fluister. Die foon lui. Ek blaker skuldig my middagsonde uit. Dis stil. Dan: “Ek weet. Ek ry soms tot by die naaste petrolstasie en wag dan net ’n bietjie voor ek huis toe gaan,” sê my vriendin.
“Iemand anders wat ek ken ry soms nog ’n keer of wat om die blok.”
Vanoggend is Bettie-van-die-gastehuis teen half nege nog nie hier nie. Sy skuifel-skuifel huis in: “My bus was bietjie laat. Of altans, ek het my bus verloor, toe moet ek taxi vat.” Hoe verloor jy jou bus, Bettie? “Ag. Ek was te laat,” bieg sy.
Ons lag. Ek. My kollegas. Die taai tannie. Bettie. Ons is nie een meer lus nie.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Ek is nie lus nie appeared first on rooi rose.