Michelle Albertyn | rooi rose

DIE WAG IS VERBY! | ‘Een keer om die son’ terug vir ’n tweede omwenteling
Die dramareeks Een keer om die son was in 2024 ’n reusetreffer. Die goeie nuus is dat die Van Wyks ons vir nog ’n omwenteling gaan neem wanneer die nuwe seisoen op 20 Januarie op kykNET begin.

Een keer om die son se tweede seisoen skop op Nuwejaar af, maar hierdie keer is die Van Wyks nie almal saam om dit te vier nie. Die lewe het sy pad geloop, en elkeen het hul eie uitdagings – nie net op die eerste dag van die jaar nie, maar ook in die twaalf maande daarna. Onder die uitdagings tel aanvaarding vind, tweede kanse aangryp, verslawing, lewensveranderende mediese probleme en elkeen se soeke na hulle plek in die familiekring.

Jacques Bessenger is weer te sien as dr. Ruan van Wyk, ’n neuroloog wat sy werk soms voor ander prioriteite plaas. Jana Kruger is Lani van Wyk, wat in die eerste seisoen oorlede is en wie se dood meer vrae as antwoorde gelos het. Lani is in terugblikke weer deel van seisoen 2.

Ruan en Lani se kinders is Markus (Liam Bosman), Leandri (Alma van Heerden) en Sophia (Klara van Zyl), en in seisoen 2 het elkeen ’n uitdaging wat in hulle pad staan.

Albert Maritz is te sien as Sebastian, die afgetrede professor in insektekunde, en Joanie Combrink is Elma, die matriarg van die Van Wyks wat in seisoen 1 met Alzheimer se siekte gediagnoseer is.

Amé (Donnalee Roberts), Ruan se jonger suster, se huwelik het in die eerste seisoen op die rotse beland. In seisoen 2 vind sy haar voete as onafhanklike en ambisieuse vrou, maar sal sy weer liefde vind?

’n Nuwe karakter in seisoen 2 is Erika du Randt, ’n maatskaplike werker wie se loopbaan haar eerste en enigste liefde is. Die rol word deur Cindy Swanepoel vertolk.

Ander karakters wat terugkeer, is Sebastian en Elma se goeie vriende Salie en Jan Wessels (Susanne Beyers en Pierre van Pletzen), Markus se dansmaat, Charlie (Simone Neethling), Leandri se kêrel, Xavier (Alex van Dyk), Lani se pa, Trevor de Kock (Deon Lotz), die verpleegsuster Karen (Isadora Verwey) en Charl Boshoff (Ivan Botha), Amé se kollega. Die jong akteur Heinrich Wentzel, bekend vir sy rolle in Niggies en Die nuusmakers, is te sien as Elijah Smith, met wie Leandri se pad op ’n ongewone manier kruis.

Die reeks is deur Ivan Botha, Donnalee Roberts, Liani Jansen van Rensburg, Marista van Eeden en Almero Welgemoed geskryf. Ivan, Donnalee en Danie Bester is die vervaardigers, en Ivan is die regisseur. Hyuandai is ’n trotse borg van Een keer om die son.

“ ’n Belangrike beginpunt vir ons was beslis wat die hart van die tweede seisoen moet wees; wat daardie boodskap en gevoel is waarmee ons kykers ná elke episode en ná afloop van die reeks wil laat,” sê Donnalee oor hoe hulle die legkaart vir die tweede seisoen gebou het. “Dit het elke keer teruggekom na een woord: hoop. Mense moet besef dat in hierdie lewe – maak nie saak hoeveel keer jy struikel nie – daar altyd hoop is: hoop vir opstaan, hoop vir vernuwing, hoop op ’n tweede kans. Maak nie saak hoe donker tye voel nie, die son gaan altyd weer skyn.”

“Dit is altyd ’n uitdaging om ’n tweede seisoen aan te pak, veral as die eerste seisoen ’n sukses was,” sê Ivan. “Ons is uiteraard dankbaar vir die sukses en dat dit so geliefd was, maar ons het ook geweet dat die storie nog nie klaar vertel is nie. Dit was ’n fees om die karakters weer af te stof en as ’t ware weer ou wonde oop te krap. As jy gehou het van seisoen 1, gaan jy mal wees oor seisoen 2.”

Hy sê daar is iets vir almal en storielyne vir alle generasies.

“Daar is ook ’n lekker spanningslyn wat deur hierdie seisoen loop,” sê Ivan.

“Ja, kykers kan alles verwag – spanning, liefde, hartseer, humor. Die balans van seisoen 2 is voller as die eerste seisoen,” sê Donnalee. “Daar word verskeie temas aangeraak: angs en depressie, om jou eie sterflikheid in die oë te kyk, wat ná die dood gebeur, verslawing en hoe maklik dit kan gebeur, generasies wat weer saam onder een dak moet woon en ja, tweede kanse. In die hart en kern kom ons egter terug na die feit dat familie die middelpunt van jou sonnestelsel moet wees.”

Sy sê families is geneig om dinge onder die mat te vee. “Soos die Van Wyks ook geneig is om te doen, maar hierdie keer werk hulle baie hard om die mat op te rol.”

Vir Ivan was dit belangrik om vernuwing na die tweede seisoen te bring. “Ons het ’n groot storiewêreld met verskeie plekke waar ons verfilm het. Dan is daar natuurlik ons ongelooflike akteurs en tegniese span wat net so hard gewerk het om self meer na die tweede seisoen toe te bring. Ná die partytjie op die laaste dag van ons verfilming, het ek ’n boodskap van een van die produksielede gekry wat gesê het dit het vir haar gevoel of sy weer lig sien. Ek hoop kykers sien daardie lig ook.

“Ons hoop hierdie seisoen gee vir mense die moed om gesprekke met hulle eie families oop te breek – om nie bang te wees hulle familie verstaan hulle nie of bang te wees vir oordeel nie. Ons moet begrip vir mekaar hê en besef ons is eintlik net hier om mekaar huis toe te loop.”

Vir Donnalee was dit ’n voorreg om weer saam met Ivan as regisseur te werk. “Hy is op dag een dieselfde as wat hy op dag 65 van verfilming is. As regisseur en produksieleier het hy ’n ongelooflike vermoë om vir almal hulle spasie te gun. En omdat hy so hard werk, inspireer hy ander om ewe hard te werk en net so diep te delf.”

KYK | Een keer om die son | Seisoen 2 se voorskou

Die tweede seisoen van Een keer om die son begin op Dinsdag 20 Januarie op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Suidooster se Jenna gesels oor haar groot TV-deurbraak en waar alles begin het

The post DIE WAG IS VERBY! | ‘Een keer om die son’ terug vir ’n tweede omwenteling appeared first on rooi rose.

Kuier saam met die Meisies
Ons meisies is soms ’n interessante spesie.  Wanneer laas was jy saam met ’n groep vriendinne by ’n restaurant?  Daar is gewoonlike ’n spesifieke ritme tot die verrigtinge.

Daar is altyd daardie een vriendin wat die ete reël het en jou met die dood dreig, sou jy nie betyds opdaag nie.  ("Toe-toe, klim uit daardie pajamas, ons wag vir jou").  Daar gekom, sê sy nie net vir jou waar om te sit nie, maar besluit grotendeels wat jy gaan eet deur jou te stoomroller: “Reg meisies, gaan ons sommer ’n broodjie vir die tafel bestel?  Is die kruie-ene reg?  Fantasties!  Nou wat gaan ons drink?  Kom ons maak dit sommer maklik, witwyn vir almal reg?”  Dan draai sy dadelik na die kelner en bestel voordat enige siel nog kon ja sê vir die brood.  Ek sou graag wou rooiwyn drink, maar vanuit skok het my bril toegewasem en kan ek nie vinnig genoeg my stem vind om te protesteer nie.

Daarna peusel almal rusteloos aan die stukkie droë brood asof ons gevangenes in ’n kamp is en die enigste rede waarom ons eet, is om ons kragte op te bou.  Gewoonlik sukkel ek so om te sluk dat ek my wyn moet gebruik om die brood af te was.

Vir een of ander rede hou meisies nie daarvan om voor mekaar te eet nie.  Daar is darem altyd een brawe siel wat sê dat sy honger is vir rêrige kos en die spyskaart nader sleep.  Jy kyk om die tafel en sien hoe meer as een paar oë skitter.  “Ag, ek is nie regtig honger nie, maar ek sal ietsie kleins bestel dat jy nie alleen eet nie,” begin een stotter.  En so stroom die bestellings in vir voorgeregte.

Die voorgeregte maak egter net die honger groter en daarna begin almal peusel uit die arme siel met die hoofgereg se bord.  (Net om te proe of manlief daarvan sal hou).

Tussenin kuier julle oor vergete universiteitsdae, oor hoe jonk en dom jy was en hoe jy nou die regte banke by Coricraft kan bekostig om jou vertoonkamer van ’n sitkamer te kan afrond.  Tussendeur word wenke vir kinders grootmaak uitgeruil en die wat nie kinders het nie, bang gepraat om moederskap te betree.

Teen die einde van die kuier druk jy jou vriendinne styf vas en dink: dankie tog, ek het nog ’n maand of drie om te herstel voor die volgende kuier.  (Nie dat jy nie van hulle hou nie, die hele omset en gesprekke put mens net so uit).

Na ’n vriendelike gegroet spring jy in jou motor en ry soos ’n renjaer na die naaste KFC, want eintlik is jy nog doodhonger.

The post Kuier saam met die Meisies appeared first on rooi rose.

Geduld: Steek vir Steek!
Ek is nie die geduldigste persoon nie. Ek doen ook niks met herhaling nie. Ek het egter onlangs besluit in die euforia van selfontwikkeling en ander irrasionele konstrukte, dat ek myself wil verbeter.

So besluit ek een Saterdagaand laat dit is tyd vir ’n nuwe doelwit-rooster. As gevolg van die teleurstelling wat my vorige rooster meegebring het, het ek myself toegelaat om doelloos te wandel in die sfeer van onverskilligheid wat my toekoms aanbetref. Bygesê, my vorige lys het ek opgestel op die ouderdom van 15 en dit het baie onrealistiese doelwitte bevat wat ek net kon behaal deur die lotto te wen of ryk te trou (en ongelukkig is ek nie ’n goeie dobbelaar nie en ryk mans vind my snipperig).

Op my nuwe lys fokus ek dus meer op die emosionele as die finansiële (vir my ’n teken dat ek gegroei het en werklike insae in my probleme het).

Eerstens wil ek werk aan my geduld. Geduld met mense. Geduld met langdradige projekte. Geduld met irriterende mense wat nie ordentlik kan bestuur nie. Aangesien ek myself goed ken, het ek hierdie doelwit in dele opgedeel. Eerstens gaan ek aan my geduld met langdradige projekte werk. Dis immers die maklikste. So besluit ek om ’n handgewerkte kwilt te begin wat bestaan uit 650 heksagon-blokkies.

Nou hierdie is ’n storie. Eers moet jy uit karton 650 heksagons sny wat jy as vorm gebruik. En jy kan nie skeef en krom sny soos jy moeg raak nie. O nee, anders gaan jy lekker lelik praat wanneer jy ’n maand later by die vaswerkery kom. Daarna begin jy lappies aftrek en dan knip jy, in ’n heksagon-vorm, ’n bietjie groter as jou kartonne wat jy maklik om die karton kan vaswerk. Daarna begin die groot getel (dit het my drie aande gevat om seker te maak ek het nie net genoeg lap en blokkies vir hierdie projek nie, maar ook genoeg verskillende kleure dat dit na iets gaan lyk sodra voltooi). Daarna werk jy die hele storie blokkie vir blokkie aanmekaar en siedaar!

So is ek nou al twee maande besig met my projek en nogal heel trots op myself. Oral waar ek gaan, het ek ’n paar blokkies in my sak om aan te werk. My lewe het uiteindelik weer betekenis. Ek verknies my nie meer daaroor dat ek net drie geregte kan maak, of dat ek nie ’n domestic goddess is nie – ek kan immers blokkies maak!

Steek vir steek werk ek al my frustrasie uit en het ek op die koop toe iets wat na ’n baie mooi deken begin lyk.

So voel ek, ek moet begin afsluit met hierdie skrywe, ek het immers nog 230 blokkies om aan te werk en as ek teen lente 2014 ’n nuwe deken op die bed wil hê, moet ek roer!

The post Geduld: Steek vir Steek! appeared first on rooi rose.

’n Goeie verslawing
Ek is ‘n verslaafde. Daar, ek het dit gesê. Ek is ook nie van plan om enige aksie te neem nie, daarvoor geniet ek my verslawing te veel. Jy sien, daar is niks so hemels soos die reuk van ‘n nuwe boek as jy hom vir die eerste maal oopbuig nie. Daar is niks so bevrydend soos om weggevoer te raak in ‘n parallelle wêreld waar jy duisende lewens op een slag kan leef nie.

Ek lees dikwels fiksie en jy moet ook. Maar voordat ek gestenig word deur al wat ‘n akademikus is, laat my verduidelik hoekom.

Fiksie is die sterkste van alle leesverslawings: stories boei jou om verder te lees, om spanningsvol die bladsye om te draai, tot op die laaste bladsy. En in hierdie proses leer jy verskillende dinge: beter taalgebruik, empatie vir die slagoffers (ons wêreld kan doen met meer empatie) en dat lees eintlik lekker is. Fiksie bied jou ontvlugting van jou gejaagde wêreld en voed jou emosioneel.

En kom ons wees eerlik, daar is nie werklik goeie en slegte stories nie. Dis snert. ‘n Storie kry lewe in ons verbeelding, dus sal geen twee mense een storie dieselfde ervaar nie. En dit is die lekker daarvan- dit word jou storie, jou unieke reis van ontvlugting.

Ek is seker daarvan dat ons tronke minder vol sou wees as meer kinders lief was vir lees. Hoekom sal jy op 13 deel van ‘n bende wil wees, of hawelose mense vermoor, as jy op jou bed kan lê en lees? Dit maak net geen sin nie.

Lees kos ook nie ‘n fortuin nie. Nie soos DSTV nie. Plaaslike biblioteke het meestal ‘n fantastiese verskeidenheid boeke wat jy gratis kan uitneem. En oor die algemeen is die biblioteektannies heel vriendelik (solank jy net jou boeke betyds terugbring).

Met die feesseisoen wat al nader kruip, is dit nou die ideale tyd om weer te begin lees. Dit is immers minder traumaties om swaardgevegte met seerowers te hê as om Kersinkopies in Menlyn te doen.

The post ’n Goeie verslawing appeared first on rooi rose.

Geen verjaarsdag vir Michelle
Met my verjaarsdag om die draai vind ek my in my eie persoonlike hel. Jy sien, ek het nie naastenby al die doelwitte wat ek vir die jaar opgestel het, verwesenlik nie. (Ek glo nie in nuwejaarsvoornemens, maar koppel eerder doelwitte aan spesifieke ouderdomme). In alle eerlikheid het ek geweet ek gaan nie ‘n ryk wynboer ontmoet wat nuwe kultivars na my vernoem nie, maar vir die ander is daar geen verskoning.

Die jaar het bloot net by my verby gevlieg! Die geld wat in my huisfonds moes wees staan gerat in my kas in die vorm van skoene. (Ek kort die ekstra lengte sodat ek nie met ‘n tuindwerg verwar word nie). Ek lyk steeds soos Bridget Jones voordat persoonlike drama haar verslank het en ek het nog steeds nie tyd gekry om aan my padwoede te werk nie. Ai!

Dus het ek een van twee keuses: Of ek gaan ‘n nuwe ouderdom met dieselfde bagasie as die vorige in of ek ignoreer bloot die hele gebeurtenis. Dus het ek op die laasgenoemde besluit. Hierdie besluit hou baie meer voordele in: nie net het ek ‘n verlengde tydperk om die hulp te kry wat ek so desperaat nodig het nie, maar ek verouder ook nie. Net op my bestuurslisensie en wie kan daai klein lettertjies in elk geval lees sonder ‘n vergrootglas?

Moet dus asseblief nie vir my gelukwense per sms, facebook, e-pos of posduif stuur nie. Die geleentheid is gekanselleer. Ek belowe egter om volgende jaar 2 verjaarsdagkoeke te hê (mits ek myself gedra het).

Tot volgende keer,

Michelle

www.madnessmedia.co.za

The post Geen verjaarsdag vir Michelle appeared first on rooi rose.