microblading | rooi rose

kykNET Mooimaak: Microblading
Wat is microblading en hoe werk dit?

Microblading is ’n kosmetiese tatoeëermerk (permanente grimering) wat met ’n handtoestel aangewend word. Dit lyk soos ’n pen met ’n ry fyn naalde op die punt in die vorm van ’n lem (oftewel “blade“). Ons dip die puntjie van die naald in pigment en maak ’n fyn strepie soos ’n “paper cut“. Ons probeer fyn strepies maak (hairstrokes) wat vloei soos regte wenkbrouhaartjies.

Onder wie is dit veral gewild?

Dis gewild onder oud en jonk – veral onder diegene wat sukkel met haarverlies of wat hul wenkbroue te veel gepluk het.

Hoe seer is dit?

Dis regtig nie seer nie. Meeste kliënte raak aan die slaap gedurende die proses. Ek gebruik ’n verdowingsroom voor die tyd en ook ’n sterk verdowingsjel wat spesiaal gemaak is vir kosmetiese tatoeëering.

Hoe lank neem dit om te doen?

Saam met die konsultasie voor die tyd, die teken van die wenkbrouvorm en verdowing, neem die hele proses so twee ure met die eerste sessie. Die 8 weke opvolg vat gewoontlik so een tot 1.5 uur.

Hoe gereeld moet jy dit laat doen?

Na jou 8 weke opvolg gewoontlik so elke jaar tot jaar en ’n half.

Wie moet dit nie laat doen nie?

Microblading is nie geskik vir almal nie. Vermy dit as jy:

ouer is en jou vel baie dun is

bloedverdunningsmedikasie of spesiale aanvullings gebruik

rosacea of fyn rooi aartjies op jou gesig het

Roaccutan of soortegelyke medikasie gebruik

reeds donker getatoeëerde wenkbroue het. Jy moet dit eers laat verwyder.

besonderse olierige vel het

swanger is of borsvoed

Is daar produkte wat jy moet vermy nadat jy die proses ondergaan het?

Die belangrikste is om die son te vermy., Ek beveel aan dat my kliënte ’n dagroom met ’n SBF gebruik sodra die area gesond is. Velsorgprodukte wat baie retinol en aktiewe bestanddele bevat soos teen-verouderingserums, moet ook vermy word op die area.

Hoe gemaak as jy microblading laat doen het en jy hou nie daarvan nie?

In die eerste plek moet jy nie sommer net na enige iemand toe gaan vir die prosedure nie. Dit is op die oomblik ’n baie gewilde prosedure so elke Jan Rap en sy maat is kwansuis ’n “meester.” Dit is ’n tatoeëermerk op jou gesig, so dit is belangrik om jou navorsing te doen. Soek iemand wat (verkieslik) jare se ondervinding het en baie before en after-foto’s asook “healed” foto’s van hul werk kan wys. Dit is altyd wys om ’n organisasie soos PCASA (Permanent Cosmetics Association of South Africa) vir ’n verwysing te kontak van iemand in jou area.

“Dit is ’n tatoeëermerk op jou gesig, so dit is belangrik om jou navorsing te doen”

Neem ook in ag dat die wenkbrou-area donker en “bold” gaan wees direk na die prosedure. Dit is baie selde perfek na een sessie – onthou ons werk op vel, nie papier nie. Dit sal 30-40% ligter wees wanneer dit gesond is. Die gesondwordproses vat 7 tot 10 dae. Jy moet dan ’n opvolgsessie doen op 6-8 weke, waar ons weer die vorm en kleur aanpas om dit so perfek as moontlik te kry.

As jy jou in ’n situasie bevind waar jy ongelukkig is met die werk wat gedoen is, sal ek voorstel jy kontak ’n goeie laser-kliniek en doen laser tattoo removal. Dit is die vinnigste en veiligste manier om van die ongewenste kleur ontslae te raak.

Kyk net watter verskil het microblading aan hierdie Mooimaak-kandidate gemaak.

Lees ook: Dis tyd vir Mooimaak

Annie Delport

Gerda van Tonder

Bernice du Plessis

Isabelle Terblanche

The post kykNET Mooimaak: Microblading appeared first on rooi rose.