minki van der westhuizen | rooi rose

‘Lamb Champs’ keer terug na kykNET
Die dokumentêre reeks, Lamb Champs, keer terug vir ’n tweede seisoen op kykNET (DStv-kanaal 144) vanaf Woensdag 10 Junie om 20:00. Hierdie vyf-episode reeks, getiteld Lamb Champs: Die Kuns van Skaapboerdery, plaas ’n kollig op die mense agter Suid-Afrika se skaapboerdery, die families, stories en opofferings wat die bedryf dryf.

Seisoen 2 van Lamb Champs: Die Kuns van Skaapboerdery bou voort op die sukses van die eerste reeks, maar verhoog die omvang, diepte en intensiteit van die kompetisie soos nog nooit tevore nie. Vir die eerste keer reis Lamb Champs na die Boland, waar die streek se unieke skaapboerdery-erfenis en wynlandskap ’n nuwe dimensie aan die reeks toevoeg. Die seisoen bring ook meer kenners en bedryfspesialiste bymekaar om kykers groter insig te gee in die wetenskap, strategie en uitdagings van moderne skaapboerdery — van genetika en voeding tot volhoubaarheid, gehalte en produksiebestuur.

Hierdie seisoen fokus nie net op wie die beste lam produseer nie, maar op die mense en waardes agter die bedryf. Lamb Champs wys hoe tradisie en innovasie hand aan hand loop, van genetika en tegnologie tot volhoubaarheid en aanpasbaarheid, terwyl boere daagliks uitdagings trotseer om ’n produk van wêreldgehalte te lewer. Die reeks vier die trots van Suid-Afrikaanse familieboerdery en gee kykers ’n eerlike blik op die harde werk, karakter en toewyding wat nodig is om die kuns van skaapboerdery te bemeester.

“Lamb Champs gaan oor meer as net die lekkerste lam – dit gaan oor die mense, die stories en die ongelooflike deursettingsvermoë agter elke boerdery,” sê die regisseur, Morné du Toit. “Hierdie seisoen wys hoe kompleks en kunsgerig moderne skaapboerdery werklik is.”

Van die plaas tot die finale stryd

Die reeks volg die pad van passievolle boere soos Sybrand Venter, JP Nel, Hennie Jonker en Louis Botha, wie se uiteenlopende benaderings tot skaapboerdery ,van intensiewe praktyke tot die fyn kuns van stoetbou, die ruggraat van die seisoen vorm.

Nóg ’n eerste vir die reeks is die streekwenners wat uiteindelik teen mekaar kompeteer in ’n nasionale eindstryd om gekroon te word as die kampioen van Suid-Afrika se beste lam. Die finale beoordeling is meer kompleks en omvattend as ooit tevore, met streng kriteria wat nie net smaak beoordeel nie, maar ook “op die hoef”, “op die haak” en laboratoriumontledings insluit. Hierdie nuwe formaat verhoog die spanning en plaas elke deelnemer se vernuf, konsekwentheid en vermoë om onder druk uitnemendheid te lewer onder die vergrootglas.

Vervaardiger Leonie Fourie voeg by: “Kykers kan uitsien na ’n seisoen gevul met pragtige en aangrypende stories wat diep uit die hart van die plaas kom. Hierdie boere doen meer as om bloot die land te bewerk; hulle deel die passie en deursettingsvermoë agter die ware kuns van skaapboerdery.”

Uiteindelik lewer Lamb Champs nie net ’n wenner op nie, maar vier dit die boere wat geleer het om hul plek in die bedryf met selfvertroue op te eis.

Saai, stigter van Lamb Champs, voel dat die nuwe seisoen kykers die geleentheid om die mense, plase en streke agter daardie gehalte beter te leer ken. “Lamb Champs wys vir Suid-Afrika dat uitstekende lamsvleis nie toevallig ontstaan nie, dit begin by familieboere wat met kennis, dissipline en trots produseer,” sê Francois Rossouw, Hoof Uitvoerende Beampte van Saai. “Vir Saai is dit belangrik, want Lamb Champs gaan nie net oor wie die lekkerste lam produseer nie; dit gaan daaroor om familieboere ’n geloofwaardige platform te gee, die waardeketting te verkort, en verbruikers weer met die oorsprong van hul kos te verbind. Wanneer mense die stories agter die produk verstaan, bou ons nie net aan ’n sterker handelsmerk vir lamsvleis nie, maar ook aan groter waardering en beter geleenthede vir Suid-Afrika se familieboere.”

Pick n Pay, hoofborg van Lamb Champs vir die afgelope drie jaar, ondersteun die reeks as deel van sy voortdurende fokus om Suid-Afrikaanse familieboere te ondersteun en die stories agter plaaslike voedselproduksie met verbruikers te deel. Lamb Champs-lamsvleis sal vanaf einde Mei in alle korporatiewe Pick n Pay-winkels landswyd beskikbaar wees.

Toyota, ook reeds vir drie jaar ’n trotse vennoot van Lamb Champs, deel Saai se verbintenis tot volhoubare familieboerdery en ondersteun die boere en gemeenskappe wat die hart van Suid-Afrika se skaapbedryf vorm.

KYK | Amptelike voorskou: Lamb Champs

Lamb Champs word vanaf Woensdag 10 Junie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Diepe Waters se Xander Venter oor die verhouding wat kykers warm onder die kraag het

The post ‘Lamb Champs’ keer terug na kykNET appeared first on rooi rose.

Minki verjaar! “Ek wil net ’n goeie voorbeeld vir my dogters wees”
Deur Maretta Bellingan

Foto’s, hare en grimering: Willem Botha & Willem Botha Beauty

Minki van der Westhuizen leef al jare in die kollig, maar meer as enigiets streef sy daarna om ’n goeie, deugsame mens en ’n inspirasie vir haar drie dogters te wees.

Ek ontmoet Minki op haar tuisdorp Stellenbosch. Sy maak verskoning dat sy op ’n sekere tyd moet pad vat, want sy vlieg Pretoria toe vir werk. Vir die Lamb Champs om presies te wees, ’n kompetisie waartydens 100 lammers en 50 bokke op die spit gebraai word.

Ná afloop van die kompetisie waar Minki as gasvrou optree, vertrek sy saam met ’n kameraspan na Groblersdal waar hulle ’n dokumentêre reeks van ses episodes oor die Lamb Champs opneem, wat vanjaar op kykNET vertoon sal word.

“Ek’s baie lief vir die boeregemeenskap,” erken Minki. “My oupa, Nico Lombard, ’n oud-polisieman en ouma Dinah het op Vanrhynsdorp in die Namakwaland afgetree. Ouma sou nou gesê het: ‘Nee kind, hy was ’n adjudant-offisier,” voeg Minki laggend by.

“Ons het dikwels by hulle gaan vakansie hou en dis waar ek ’n liefde vir grond, plaasdamme, en die eenvoud van die lewe ontwikkel het. Ook weens my verbintenis met Boer soek ’n vrou en selfs toe ek vir Pasella gewerk het, het ek baie interaksie met die platteland en sy mense gehad.”

En sy trek beslis nie haar neus vir ’n lekker lamstjoppie op nie. “Ernst weet dit mag nie té gaar wees nie. Die vet moet krakerig wees en die vleisie nog lekker sappig. Ná ons vakansie onlangs in Alaska, het my jongste, Elsa, gesê al wat sy nou begeer, is Pappa se steak met tjips en mielies. Die kinderspyskaart in Alaska was maar ietwat beperk.”

Minki lyk soos altyd sjiek in ’n geruite jas, ’n roeskleurige syhemp, ’n kameelkleurige pasjmina om haar skouers gedrapeer, blou denim en tekkies. “Ek’s regtig nie ’n wintermens nie. Ek het maar swaar gekry die sewe jaar in Engeland. Die somer is so maklik. Jy spring net in ’n denimkortbroek en ’n T-hemp. Die kos is eenvoudig en die kinders het nie heeltyd loopneuse nie.

Minki is al vir ’n wyle ’n bekende en gewilde ‘influencer’ op sosiale media. “Ek verkies die woord trendsetter. Ek wil nie mense beïnvloed nie. Dis vir my lekker om ander met my idees te inspireer – al is dit net ’n idee hoe om jou kinders te vermaak, hoe om jou eie onderneming te begin of selfs wat jy vir aandete moet maak.

“Dit gee my ’n kick om die gewone daaglikse aktiwiteite ’n bietjie op te dollie. Dit het maar soos meeste dinge in my lewe heel toevallig op my pad gekom.

“Ek het beslis nie eendag besluit ek wil my persoonlike smaak gaan smous nie, maar mense het my begin nader en dit het ’n goeie sakebesluit geword.” En dis hoe dit gebeur het dat White Star Cruise and Travel vir haar en haar gesin genooi het om ’n reis op die Cunard Queen Elizabeth na Alaska mee te maak.

“Dit was ’n wonderlike geleentheid om as gesin saam tyd deur te bring en vir die dogters ’n bietjie van die wêreld te wys. Ons is deeglik bewus van hoe bevoorreg ons is,” beklemtoon Minki wat verskeie produkte, soos jenewer, speelgoed en allerlei skoonheidsprodukte, bemark.

“Dit was lekker om ’n slag net te wees. Kan jy glo, ek het twee boeke in tien dae gelees. Ernst het ure lank met ’n verkyker gestaan en staar. As ek vir hom sê ons moet ’n teetjie gaan drink, sê hy, net nog een draai en ’n uur later wag ek steeds vir my tee.”

Terug by die huis gaan die lewe voort waar ’n dag in die Joubert-huishouding om kwart oor ses in die oggend afskop. “Katerien is in graad 5, Elise in graad 4 en Elsa in graad R. Terwyl hulle aantrek, maak ek kosblikke. Ek hou daarvan om vir hulle interessante goed te pak, soos ’n bietjie biltong en droë vrugte. Elsa het ’n vreemde palet, sy hou van seldery.

“Ek gaan stap gereeld saam met ’n paar vroue in Stellenbosch se berge, doen Pilates of speel tennis. Dan gaan werk ek vir ’n wyle by die Minki-kantoor. Dit was altyd my droom om ’n Minki-handelsmerk te hê en ek is verskriklik trots op my juwelereeks wat aanlyn by minki.co.za. beskikbaar is.”

Minki sê sy is verstom oor hoe gewild dit is en dat sy werklik dankbaar is hieroor. Sy het altyd die droom gekoester om iets tasbaar te hê om haar naam op te sit, iets wat sy vir haar  dogters kan nalaat.

“Dis moderne juwele met ’n klassieke aanslag wat jy elke dag kan dra. Ek het nou met die ontwerper saamgewerk en dit weerspieël gewis my persoonlike smaak. Dit was een van die grootste waagstukke van my lewe. Jy stel jouself bloot, maar dis ook ’n finansiële risiko.

“Ek het grootgeword met die houding liewer bang Jan as dooie Jan, maar tog, wie nie waag nie, wen nie. Ek moet sê die dogtertjies is beslis meer waaghalsig as hulle ma. Hulle is drie regte mini-me’s. Al drie wil mooi aantrek, al drie wil famous ‘soos Mamma’ wees en hul eie ondernemings hê.”

Sy sê haar man, Ernst, is ’n goeie klankbord. “Ek sê altyd Ernst is my morele kompas. Hy het ’n gesonde aanvoeling vir mense en die lewe. Oor die juwelereeks het hy vir my gesê:    ‘My liefie, jy sal dom wees om dit nie te doen nie.’”

Ek wonder of daar planne is vir enige nuwe produkte en sy glimlag breed. “My darling, this is the tip of the iceberg.”

Minki was die aanbieder van die geselsprogram Minki op Via-kanaal, maar ná 18 reekse is dit vir eers gestaak. “Dit is wat dit is. Ek is wel baie opgewonde oor Lamb Champs. Ek het soveel respek vir ons boere. Hulle is dankbare, nederige mense; hulle leef op hul knieë. Ek voel tuis en geliefd tussen hulle.

“Ek vind ook groot berusting in my geloof. Jy raak net rustig en fokus op dit wat jy wel het, en natuurlik, deur genade het ek drie pragtige, gesonde meisiekinders en ’n man wat ná 12 jaar steeds vir my komplimente gee en met ’n vonkel in die oog vir my sê: ‘Jou jongste dogter is net so hardegat soos jy.’”

Haar ma, Carien, is vir haar ’n groot inspirasie. “Sy’s my beste vriendin. Sy’s ’n wonderlike ouma en vrou vir my pa. Ek streef elke dag daarna om ’n soortgelyke ma vir my dogters en vrou vir my man te wees. Net ’n goeie, deugsame mens.

“Ek wou altyd ’n mamma word, maar die vreugde wat ek uit ons gesin put, kan ek met niks op aarde vergelyk nie. Geen TV-program of voorblad kan vir my die vrede en vreugde gee wat hulle my bring nie.”

View this post on Instagram

A post shared by Minki van der Westhuizen (@minkivanderwesthuizen)

Tog erken sy dat dit altyd ’n reuse-kompliment is om as ’n voorbladgesig gekies te word. “Ek was al op meer voorblaaie as wat ek kan tel en dis ’n groot lekkerte. ’n Mens raak regtig nooit daaraan gewoond nie, maar deesdae is dit anders as toe ek jonk was. Nou is dit baie spesiaal om te sien hoe opgewonde en trots die dogtertjies is.

“Die ander dag het Katerien vir my gesê: ‘Ek kyk op na jou, Mamma, ek wil soos jy wees.’ Ek het omtrent na my asem gesnak. Jy hoop altyd jy’s op die regte spoor en dan hoor jy so iets. Ek wil net ’n goeie voorbeeld vir my dogters wees en hulle inspireer om voluit te leef en alle geleenthede aan te gryp.”

Sy mag nou 41 wees, maar voel soos 26. “Ja, jong, die almanak stap aan en dit pla my glad nie. Ek hoor hulle sê met grysheid kom wysheid en dis nie te versmaai nie.”

“Ek kyk vorentoe met groot opgewondenheid en baie verwagtinge. In my wildste drome is ek nie ’n Hollywood-ster of ’n supermodel nie, ek is Katerien, Elise en Elsa se mamma. Ek moet nog net leer hoe om die perfekte pannekoek te bak, net soos my ma s’n.”

Sy spring op en groet met ’n stywe druk, haastig op pad lughawe toe. “Want ons speel hard en ons werk hard, dis mos ’n goeie balans, dan nie?”

Hierdie artikel het oorspronklik in ons November-uitgawe van 2024 verskyn.

Lees ook: The Mommy Club: Van die Hoofstad: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

The post Minki verjaar! “Ek wil net ’n goeie voorbeeld vir my dogters wees” appeared first on rooi rose.

10 redes waarom jy die November-uitgawe van rooi rose móét lees!
Mamma Minki

Minki van der Westhuizen leef al jare in die kollig, maar meer as enigiets streef sy daarna om ’n goeie, deugsame mens en ’n inspirasie vir haar drie dogters te wees.

Aanval van die brein

’n Beroerte gebeur meermale sonder enige vooraf waarskuwing en ook nie net met ‘ou mense’ nie. Hoe meer kennis jy dus oor ’n beroerte het, hoe beter, want dit kan die verskil tussen lewe en dood beteken

Ons loer in by: Hannon Bothma, Deirdre Wolhuter en Lee Scott

Hy is dalk die plaaslike ghoeroe van glans, maar vir Hannon Bothma het moue oprol, harde werk en die bereidwilligheid om te waag nog altyd die deurslag tot sukses gegee.

Deirdre Wolhuter wat tans in Skemergrond te siene is, is ’n skugter mens wat haar werk as ’n ambag beskryf en nie daarvan hou dat mense ’n ophef van haar maak nie

Lee Scott se naam is sinoniem met musiekmaak en mooimaak, en op 37 hou hy met sukses verskeie balle in die lug. Hy vertel waar hy sy energie vandaan kry om elke dag met ’n glimlag aan te pak

Sit vark voor

Jy hoef nie net van blaarslaai en seldery te leef as jy ’n gesonder leefstyl wil voer nie. Ruil jou rooivleisgeregte vir varkvleis uit, wat ’n maer proteïen met sink en B-vitamiene is.

Die reis na selfaanvaarding

Chantel Struwig is met ’n prominente portwyngeboortevlek oor die linkerkant van haar gesig, ken en nek gebore, maar haar reis na selfaanvaarding is voltooi.

Speel-speel

Gee jou klerekas ‘n Alice in Wonderland-gevoel.

Doen dit met deeg

Die Franse sweer daarby: Om jou dag met die reuk van vars gebak en goeie koffie te begin.

’n Moderne hawe

Sy doen modelwerk in Frankryk. Hy werk in Dubai. Die Kaap, en meer spesifiek Seepunt, was die perfekte plek vir hulle om ’n middelweg te vind waar hulle kan ontspan. eie koffie te begin.

Waar is kerklidmate heen?

Ons kerke bloei lede, maar wie se skuld is dit? Covid-19, ’n veranderende wêreld of emigrasie? Zerelda Esterhuizen gesels met kenners

Wen Egiptiese parfuumolies!

Twee gelukkige lesers kan elk ’n parfuumoliestel ter waarde van R10 000 elk wen.

Lees ook: WEN velsorgprodukte van Katavi se Intensive-reeks!

The post 10 redes waarom jy die November-uitgawe van rooi rose móét lees! appeared first on rooi rose.

10 redes waarom jy die Desember-uitgawe van rooi rose móét lees!
Voorbladster Minki van der Westhuizen is vrolik op pad na 40!

Haar glansryke dae is vir eers verby, maar haar lewe raak net lekkerder, veral as mens hoor wat haar groot planne vir 2023 is…

Wil jy by Hermanus herlaai?

WEN verblyf van drie nagte vir twee mense ter waarde van R20 000 by Hermanus Boutique-gastehuis.

Steel die kollig hierdie somer!

Kleurryke klere is nou hoogmode. Ons wys jou hoe om jou swembroek te dra vir ‘n koel en modieuse voorkoms.

Veloplossings in ‘n kits

Ons Desember-uitgawe verken ses vinnige en doeltreffende velbehandelings wat jou voorkoms en gemoed net betyds vir die feestyd sal opkikker.

Ons gesels met Corli Botha

Die sjef en kos-entrepreneur het oplaas ware liefde gevind, daarom glo sy die verlede se seer kan mens sterker maak op pad na toekomstige sprokiesgeluk.

In ‘n stil straat op Gordonsbaai kruip ‘n kleurryke en interessante huis weg…

Baie mense se grootste droom is om in ‘n plek te bly wat hulle self opgeknap en volgens hul eie styl omskep het. Twee eertydse Gautengers wys hoe hulle ‘n doodgewone huis aan die Kaapse kus in iets besonders verander het.

Koue kos vir Kersfees

Wanneer die kwik styg , wil jy verkieslik koel bly. Koue vleis en slaai is net die antwoord. Met ons resepte hoef dit ook nie vervelig te wees nie!

Foto: Australian Women’s Weekly

Hou op toutrek: Raad aan geskeide ouers

Daar is geen wenners in ‘n egskeiding nie, nie vir een van die ouers, of vir die kinders nie, maar ouers kan hul kinders help om die trauma te verwerk deur vir ‘n gesonde verhouding met albei ouers te sorg.

Plantplanne

Hou jou tuin in ‘n goeie toestand met ons idees.

Is ons onderwysers uitgebrand?

Ons vertrou ons kinders aan hul onderwysers toe, maar vra nie noodwendig hoe dit met húlle gaan nie. Hoe het die pandemie onderwysers beïnvloed? Watter uitdagings ervaar hulle op die oomblik? Bewustheid, veral onder ouers, kan tot ‘n gesonder omgewing lei.

Lees ook: Die 5 belangrikste beleggings vir jou huis

The post 10 redes waarom jy die Desember-uitgawe van rooi rose móét lees! appeared first on rooi rose.

Wat’s nuut: Minki nuwe Kwêla-aanbieder
Die bekende model en TV-aanbieder, Minki van der Westhuizen, sprei haar vlerke op kykNET en sal van Januarie 2017 ook ’n veldaanbieder vir dié gewilde joernaalprogram wees.

Minki wat tans die aanbieder van Boer Soek ’n Vrou op kykNET is, sal steeds ook Suid-Afrika se boere help om liefde te vind.

Lees ook: Minki: ‘As dit nie vir my ma was nie’

Volgens Minki is dit vir haar ’n wonderlike vooruitsig vir 2017 om by Hannes van Wyk en die res van die Kwêla-familie aan te sluit.

“Ek is ongelooflik opgewonde om weer by ’n joernaalprogram betrokke te raak en boonop is Kwêla een van my gunsteling programme waarby ek aanklank vind.”

“Die program is ’n instelling op Afrikaanse televisie met lojale kykers en ek hoop om my eie energie na die program te bring.”

Minki sê ook dat sy dankbaar is dat sy die geleentheid kry om nog meer televisiewerk vir kykNET te doen.

“Kwêla is boonop ’n program wat fokus op gewone mense wat ongewone of inspirerende dinge doen en ek sien regtig uit daarna om met my onderhoude self deur sulke interessante mense geïnspireer te word.”

Minki sal op 25 Januarie 2017 vir die eerste keer haar verskyning as aanbieder op Kwêla maak.

Kwêla word Woensdae om 20:30 op kykNET, kanaal 144 op DStv, uitgesaai.

The post Wat’s nuut: Minki nuwe Kwêla-aanbieder appeared first on rooi rose.

Minki oor moederskap
Op ’n dag, 16 jaar gelede, toe sy presies die helfte van haar lewe tot dusver geleef het, het almal in die land skielik geweet wie Minki van der Westhuizen is. Die langbeenmeisiekind van Durbanville, naby Kaapstad, het die nuwe gesig van Guess Jeans geword. Ja, dié befaamde internasionale handelsmerk wat vandag steeds woema in topmodelle soos Kate Upton en Gigi Hadid se loopbane blaas.

Dit was ’n Minki met heuplengte blonde lokke, kurwes op perfekte plekke en ’n ongekunstelde glimlag.

’n Hele paar hoë-oktaan-jare het gevolg; in haar vroeë twintigerjare is sy in ’n peiling as die begeerlikste vrou ter wêreld aangewys.

Die einste Minki het pas 32 geword. ’n Effense behoedsaamheid het in haar oë kom kruip. Haar lang maanhare het gewaai en in die plek daarvan het sy nou ’n lekker kort bob. Sy is nou mevrou Joubert en ’n ma van twee dogtertjies onder drie.

‘My ma het my alles geleer wat ek weet; Ons kon, en ons kan steeds, oop en eerlik oor alles praat’

Lees ons volledige onderhoud met Minki en haar ma, Carien, in die Mei 2016-uitgawe van rooi rose.

The post Minki oor moederskap appeared first on rooi rose.

Nuwe ma’s: Karlien, Minki en kie
Karlien van Jaarsveld

Karlien en haar eks-man, Derick Hougaard, oud-Springbok-losskakel en Loftus se Liefling, het saam tweelingseuntjies. Die spannetjie is drie weke te vroeg gebore.

“Dis vir my so stresvol wanneer een van my seuntjies huil dat dit voel of my hart uit my borskas wil klim. Ek voel so hulpeloos dat ek maar die meeste van die tyd saamhuil. Ek bel gewoonlik my skoonsus en boesemvriendin, Annatjie van Jaarsveld, wat ’n buitengewoon kalm mens is en te midde van enige storm planne kan maak. En as niks werk nie, het sy Rescue-druppels byderhand!

“Maar as alles te veel word, bel ek my ma wat enige tyd gewillig is om te kom help en ’n huilende baba uit my arms te neem. Tog wil ek hom dadelik terugvat omdat dit altyd voel asof ek, sy ma, steeds die beste vir my baba kan doen en die liefde kan gee wat hy nodig het. En moenie van Google vergeet nie, dit het my al ’n paar keer gehelp! Verder sou ek ook verlore gewees het sonder my baie oulike nagsuster, Sophia. Sy is ’n engel en ek luister meestal na haar raad.

“My ma het my die eerste twee weke kom help en my skoonma, Riana, het daarna van Piketberg af gekom om hand by te sit. Dit was vir Derick ’n ekstra bonus, want sy ma maak heerlik kos. My ma kom nou nog een keer per week uithelp sodat ek tyd kry om goedjies vir die huis te koop. Oumas is tops en nie naastenby so kwaai as wat ons hulle as ma’s geken het nie!

“Die beste raad het ek by my skoonsus, Annatjie, gekry: ‘’n Ma weet beter as enigiemand anders wat vir haar kinders reg is.’” Jy kan maar weet dat almal se goed bedoelde raad jou baie kan verwar. Glimlag liefies, maak of jy nog nooit daarvan gehoor het nie, sê dankie, en volg liewer jou eie instink.

“Die liefde wat my oorrompel het toe die babas net ná geboorte op my bors gesit is, is onbeskryflik. Ek het toe ook oombliklik verstaan hoe lief my ouers my moes hê en hoe lief God ons het.”

Minki van der Westhuizen

Minki en haar rugbyspeler-man, Ernst Joubert, se Katerien is in Julie 2013 gebore. Hulle bly in St. Albans in die noorde van Londen waar hy vir die Saracens-klub rugby speel.

Hoewel Minki ver van die huis is, het sy ’n wonderlike groep vriendinne in St. Albans, almal met babas van min of meer Katerien se ouderdom wat mekaar met raad en daad bystaan. “Ons het selfs ’n group chat waar jy enigiets kan vra en onmiddellik vyf verskillende antwoorde gaan kry. Dis wonderlik, want hierdie mammas beleef presies dieselfde kwessies waarmee ek in daardie stadium ook sukkel. Hul raad is gewoonlik spot on.

“Ek het ook baie baat gevind by babatydskrifte. Die artikels en inligting is baie relevant. Dis moeilik om soms te besluit wie se raad om te volg – ’n mens voel so dom. Veral as jy ’n nuwe mamma is en boonop ver van die huis af bly. Ek dink baie keer dat jou eie aanvoeling tog maar die beste is. Moedersinstink bly ’n sterk emosie en ek maak beslis op myne staat.

“Vir alledaagse dinge sal ek my vriendinne met babas vra, maar ai, as dinge regtig skeefloop en ek op moedverloor se vlakte is, bel ek huis toe. Dan is my ma die enigste een wat kan help.

“Ek was baie gelukkig dat my ma en skoonma hierheen gekom het om te help. My ma het ’n maand ná die geboorte gekom en daarna het my skoonma ook kom kuier. Dit was heerlik.

“Een van die beste lewenswaarhede oor kindgrootmaak is, ‘geniet elke oomblik, want hulle word te vinnig groot.’ En die beste ding wat ek geleer het en graag vir ander nuwe ma’s wil sê, is dat ’n normale geboorte fantasties is. Dis hoe dit hier in Engeland gedoen word. My lewe lank het almal my gewaarskudat my pelvis te klein vir normale geboorte is, maar ek het dit nogtans reggekry. Dis die beste (en verreweg die seerste) ding wat ek tot nog toe beleef het! Dis ’n gevoel wat jy vir niemand kan beskryf nie. Ek is so geseënd dat ek een van God se wonderwerke kon beleef. Ek sal alle vroue aanraai om normaal te probeer kraam. Dis ongelooflik bemagtigend.

“’n Nuwe baba is ’n groot aanpassing en dis ongelooflik dat jy net eenvoudig die reserwes het om alles te kan hanteer. Dit maak jou baie nederig wanneer jy besef wat jou eie ouers vir jou opgeoffer het en hoe lief hulle jou het. En dit ervaar jy eers ten volle wanneer jy jou eie baba vashou. Ouers is fantastiese goed!”

Dawn Matthews

Die koms van ’n nuwe baba is ’n oorweldigende ervaring en ek was maar effe senuweeagtig toe ek eers op 35 swanger word. My familie is ver en ek moes noodgedwonge op my meer ervare vriendinne se raad staatmaak,” vertel Dawn.“Gelukkig het baie van hulle ook eers in hul middel-dertigs babas gekry en ek kuier dikwels saam met hulle. My ma is ongelukkig lankal oorlede maar my skoonma en een van my ma se susters het ná die geboorte kom help.

“‘Dr. Google’ het my ginekoloog mal gemaak! Maar met al daardie inligting tot jou beskikking, hoekom nie? Dit het my beslis heelwat gehelp.

“Die min slaap en harde werk bring mee dat jy maar bitter min tyd vir jouself het. Jy kom ook agter wat dit beteken om iemand onvoorwaardelik by te staan, maak nie saak hoe moeilik dit gaan of hoe moeg jy is nie.

“My beste vriendin, Nadine le Roux, is my steunpilaar wanneer ek moeg en moedeloos is. Ander kere het ek maar saam met klein Jesse gehuil en gebid dat Klaasvakie meer sal kom kuier. Ek het ook intussen geleer dat jy maar moet vasbyt en deurdruk en onthou dat die moeilike tye nie vir ewig aanhou nie.

“Leer om jou eie oordeel te vertrou. Kinders verskil van mekaar en jy is in die beste posisie om te besluit wat vir jou baba gaan werk. Die beste raad wat ek gekry het, is dat jy een dag op ’n slag moet leef. Dinge verander feitlik daagliks en môre lyk vandag se probleme weer beter. En onthou tog om nie te veel te koop nie. Leen waar jy kan, want babas groei bitter vinnig.

“Ek wens ook ek het vroeër in my lewe besef hoe bitter lief ouers hul kinders het. Dit was vir my ’n openbaring toe ek dit ook ervaar het.”

Mandi Baard

Jeandré beteken ‘God is genadig’ en dit was die eerste naam waarvan ek én my man, Schalk, gehou het. Boonop het dit ons gevoelens op só ’n besonderse geleentheid verwoord.”Maar dinge het aanvanklik nie so glad verloop nie.

’n Beplande keiser het in ’n noodkeiser ontaard – ’n week vroeër as beplan – en twee dae later het ’n bakteriële infeksie haar so siek gemaak dat sy nie eens kon borsvoed nie.

Dit het tien dae geduur voor Mandi sterk genoeg was om na haar klein wonderwerkie om te sien.

“Die vroeë geboorte het wel sy komplikasies gehad, maar die hoeveelheid liefde en ondersteuning waarmee ons oorlaai is, het ons deur die krisis gedra. Boonop is Jeandré op Schalk se verjaarsdag gebore. Gelukkig het my ma by ons kom bly en sy en Schalk het ’n gedugte span gevorm. Ek en my ma is baie na aan mekaar. Sy is my beste vriendin en my hero en as iets aan ons kant skeefloop, is sy op die volgende vliegtuig om te kom help. Schalk is ook baie na aan sy ma en pa en hulle is my tweede ouers.

“My skoonma kom slaap gereeld hier om na Jeandré te kyk sodat ek kan ontspan. Ek het geleer dat dit wonderlik is om ’n ekstra paar hande te hê wat kan help, maar die emosionele ondersteuning is selfs belangriker. As alles vir my te veel word, is my ma die eerste een wat ek bel. Ons gesels so ’n bietjie, ek stort ’n paar trane en sy praat my moed in. Daarna voel alles weer beter. Wanneer jy aan die einde van jou kragte is en gemiddeld twee uur per nag slaap, kom jy eers agter dat jy veel sterker is as wat jy ooit besef het. Dis wanneer jy met diepe dankbaarheid besef wat jou ouers vir jou gedoen het.

“Ek het vier wonderlike vriendinne wat altyd regstaan met praktiese raad. Maar vir die ernstige krisisse bel ek my ma of skoonma.

“Wanneer jy jou ore aan almal uitleen, kan die raad verwarrend word. Uit radeloosheid met Jeandré se koliek het ek in ’n stadium na elke grashalm gegryp. Tot ek op ’n dag besef het dat as daar iets was wat werklik gewerk het, sou g’n baba met koliek sukkel nie. Noudat ek meer ervaring het, besef ek ook dat ’n ma moet leer om haarself te vertrou.

“Die beste raad wat ek gekry het, was dat jy net ’n goeie ouer kan wees wanneer jy ook na jouself omsien. Dis belangrik om tyd vir jou en jou eggenoot te maak en nie net op die baba te fokus nie. Vyf weke na Jeandré se geboorte het ek en Schalk een nag uitgeslaap om ’n troue by te woon en dit was wonderlik vir ons verhouding.”

Aletté-Johanni Winckler

Aletté is met die eerste Idols-wenner, Heinz Winckler, getroud. Ons vang haar op ’n drafstap, net mooi ’n week ná haar derde seuntjie, Reuben, gebore is. “As jy na almal se raad luister, gaan jy beslis iewers kop verloor. Vriende het vir ons die goeie raad gegee om een of twee mense te identifiseer na wie ons gaan luister. Ons staatmaker was tannie Anna Cronjé, ’n gekwalifiseerde suster en vroedvrou. Sy het ons so baie met ons eersteling, Lian, gehelp.

“Ons is ontvanklik vir ander se raad en luister na ons ouers, familie en vriendinne, hoewel ons nie altyd saamstem nie. Tog glo ek niemand ken my kind soos ek nie. En as dinge regtig skeefloop, bel ek my ma. Daar is maar net niemand soos jou eie mamma nie! Sy is Superwoman en sy en my pa het hul lewe twee maande lank ontwrig om ons te help trek en met die geboorte by te staan. Hulle sal seker nog ’n maand bly voor hulle teruggaan Vrystaat toe. Ai, ek gaan hulle baie mis!

“Die wysste raad wat ons gekry het, was dat jou kind gaan word wat jy oor hom spreek. As jy negatief is en jou kind met vieslike aanmerkings afjak, kan dit sy koers in die lewe verander. Spreek lewe en wees positief en jou kind sal blom.

“Die ander belangrike ding wat ek geleer het, is dat jy nie ander ma’s moet oordeel nie. Nie almal kan by die huis bly om kinders groot te maak nie. In baie huishoudings moet albei ouers noodgedwonge werk. Mense benader dissipline elkeen op sy of haar eie manier en jy weet ook nie wat daardie ma op ’n emosionele vlak beleef nie. Bied eerder hulp aan as jy sien iemand kry swaar pleks van te oordeel.”

Charlene Lackay

Mens dink jy weet alles, maar as Baba eers daar is, is alles onderstebo!” Charlene Lackay van Pasella het vroeër by ’n babatydskrif gewerk en met haar swangerskap was sy verlig dat sy daar al so baie oor babas geleer het.

Dié kennis het haar goed te pas gekom toe sy met hardnekkige brandboudjies moes klaarspeel, of die beste krampdruppels moes kies, maar sy het baie gou agtergekom dat hierdie probleme onbenullig word wanneer jy twee-uur in die oggend ná vele onderbroke nagte sukkel met ’n baba wat om die dood nie die bors wil vat nie.

“In sulke tye was my vriendin, Yvonne, se emosionele ondersteuning my anker. Ek kon haar in die middel van die nag BBM, want sy was in dieselfde posisie as ek en tien teen een ook wakker! Mia is vroeg gebore én ’n koliekbaba. As jy moedeloos en pootuit is, is dit belangrik dat iemand jou kan help om kalm en positief te bly en jou te herinner dat ’n nuwe baba ’n wonderwerk is.

“Die beste raad wat ek gekry het, was dat dit nie saak maak hoe erg dinge ook al lyk nie, dit gaan ook verby. ’n Eerste baba kan jou oorweldig en dis goed om dié wysheid in gedagte te hou.

“Ek het ook met die verloop van tyd geleer om my instink te vertrou en te ontwikkel. ’n Ma ken haar baba die beste en sy kan aanvoel wanneer iets fout is. Ek glo ’n vrou groei in haar rol as ma. Dis ’n proses wat begin met daardie oomblik van verwondering en oorweldigende liefde wanneer jy jou baba die eerste keer vashou.”

Sy sê dit is juis daardie verblindende liefde wat haar laat besef het hoe lief haar ma haar gehad het en hoe God haar as Sy kind liefhet. “My ma is ongelukkig voor my baba se geboorte oorlede en ek het haar geweldig gemis toe ek my eie kind moes grootmaak. Maar nou voel dit of Mia hierdie gemis ligter maak omdat sy amper ’n skakel met my ma is.”

The post Nuwe ma’s: Karlien, Minki en kie appeared first on rooi rose.