mishandeling | rooi rose

Geweld teen vroue: wat om te doen
Geweld teen vroue: wat om te doen deur Mariette Snyman.

Elke enkele geval  van geweld teen vroue is “een te veel”. Omdat geweld sulke verreikende gevolge het – van die daaglikse vrees vir jou lewe tot langtermyntrauma – is dit ons gesamentlike verantwoordelikheid om te doen wat ons kan om dit te verander. Te veel vroue ly in stilte.

Lees ook: Jy kan herstel van trauma

Skokkende statistiek

Suid-Afrika het een van die hoogste syfers van geweld teen vroue. Volgens die Department van Justisie beleef een uit elke vier Suid-Afrikaanse vroue huishoudelike geweld. Volgens die Suid-Afrikaanse polisiediens word 11 vroue elke dag vermoor. Dis een vrou elke 2.5 uur. Mishandeling  teen vroue vind meestal agter geslote deure plaas.

Volgens SAPD se misdaadstatistieke van April 2023 tot Maart 2024 is:

5 578 vroue en 1 656 kinders vermoor, met vrouemoord wat met ‘n skokkende 33,8% gestyg het in vergelyking met die vorige jaar.

42 569 verkragtingsake aangemeld, maar daar word beraam dat 95% van verkragtingsake nie aangemeld word nie.

Wat behels geweld teen vroue?

Volgens www.firstforwomen.co.za is daar die volgende drie vlakke:

Huishoudelike geweld, seksuele  teistering, verkragting, verbale geweld, emosionele mishandeling, seksuele geweld tydens konflik, skadelike tradisionele of ander gebruike soos die verminking van vroulike genitalieë, gedwonge huwelike en eermisdade

Vrouehandel, gedwonge prostitusie en die skending van menseregte tydens gewapende konflik (spesifiek moord, berekende verkragting, seksuele slawerny en gedwonge swangerskap)

Gedwonge sterilisasie, gedwonge aborsie, die gedwonge gebruik van voorbehoeding, berekende moord op babadogtertjies, en prenatale geslagseleksie.

Hoekom vroue geweldsmisdade nie rapporteer nie

Buitestaanders sê maklik: “Hoekom bly jy in ’n verhouding wat geweld insluit?” of “Hoekom meld jy dit nie aan nie?”

Die antwoord is nooit eenvoudig nie. Soms is die vrou (dalk ook haar kinders of ander familielede) deurgaans in lewensgevaar. Soms het sy geen ander heenkome nie. Soms is sy emosioneel, geestelik en fisiek so afgetakel dat sy letterlik nie weet wat om te doen nie. Soms weet sy nie waar om hulp te kry nie.

Voorbeelde van antwoorde wat vroue verskaf

My familie sal dit self uitsorteer

Die polisie sal buitendien niks doen nie

Ek het dit reeds self opgelos

Dis nie ernstig genoeg nie

Lees ook: Pasop vir kuber-prinse

Kry hulp!

Neem hierdie vier stappe as jy hulp nodig het:

Vertel iemand van jou probleem. Doen aansoek om ’n beskermingsbevel. Lê ’n kriminele klag.

Skakel 0800 428 428 (0800 GBV GBV). Jy kan ook versoek dat ’n maatskaplike werker van die GBV Command Centre jou kontak deur gratis *120*7867# vanaf enige selfoon te skakel.

Verlaat die huis sodra dit veilig is. Maak seker jy neem noodsaaklike dokumente saam soos jou ID-dokument, mediese fondskaart, en jou bankkaarte. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan jou help om mediese hulp, skuiling en berading te kry.

Waak daarteen om die geweld te rasionaliseer: Geweld is NOOIT in orde nie. Elke mens het die reg op respek en waardigheid. Elke mens het waarde. Elke mens verdien om veilig te voel.

Hier is nog hulpbronne:

Lifeline: 0800 150 150 (tolvry)

Lees ook: 7 maniere hoe jy ’n beter vriendin kan wees

The post Geweld teen vroue: wat om te doen appeared first on rooi rose.

Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens
Jy ken die gevoel: elke dag is net te kort vir wat jy alles moes doen. Om nie eens te praat van wat jy nog wóú doen nie. Jy het verantwoordelikhede tuis, verpligtinge by die werk/kerk/jou kind se skool, skuldgevoelens oor jou kinders. Voeg daarby die ure wat jy in spitsverkeer sit, jou bekommernis oor die verslegtende ekonomie en hoe stygende pryse jou beursie raak, die politieke situasie in die land, die hoë misdaadvlakke wat dalk al by jou of in jou vriendekring ’n letsel gelaat het … Die uiteinde? Hoër stresvlakke as waarvoor jou liggaam ontwerp is.

Stres het suutjies in ons woordeskat en daaglikse lewe ingekruip. Volgens die Amerikaanse Sielkundevereniging ly 43% van alle volwassenes se gesondheid onder die newe-effekte van stres. ’n Yslike 75% tot 90% van Amerikaanse doktersbesoeke het met stres te doen, en stres word verbind met die ses hoofoorsake van dood in Amerika: hartsiektes, kanker, longkwale, ongelukke, lewer-sirrose (weens alkoholmisbruik) en selfdood.

Die simptome van hoë stresvlakke het dalk al so ’n deel van jou daaglikse lewe geword dat jy dit nie eens meer agterkom nie: die hol kol op jou maag, die gedurige sooibrand, die spanningshoofpyne. Jy staan soggens moeg op, slaap sleg, voel dikwels angstig en sukkel om te konsentreer. Dalk is jou bloeddruk hoog, voel jy kortasem, of kry hartkloppings. Jy voel ongeorganiseerd, oorweldig en altyd gejaagd.

Klink dit bekend? Maak dan werk daarvan – dis die vroeë waarskuwingstekens. Moenie wag vir ’n hartaanval of ineenstorting nie.

Onthou ook dat jy dalk wel simptome van stres ervaar, maar dat dit onderdruk of gekamoefleer word deur jou gebruik van medikasie vir toestande soos hoë bloeddruk, maagsuur of migraine. Leefstylverandering is noodsaaklik as toestande soos maagsere, hoë bloeddruk, diabetes of hartprobleme by jou gediagnoseer word – en dit strek verder as net veranderinge aan jou dieet.

Maar chroniese stres kan ook lei tot ’n toestand genaamd komplekse post-traumatiese stressindroom (KPTSD). Dit verskil van post-traumatiese stressindroom (PTSD), wat dikwels voorkom by polisielede en soldate wat herhaaldelik aan stresvolle of gevaarsituasies blootgestel is, of wat baie dood en verwoesting aanskou het en dan ineenstort of uitbrand. PTSD kan ook ná ’n enkele gebeurtenis gediagnoseer word, soos as jy moes toekyk hoe iemand vermoor word, of ná iets soos ’n verkragting of motorkaping.

Komplekse PTSD is, soos die naam aandui, komplekser. Wanneer die toestand gediagnoseer word, was iemand gewoonlik blootgestel aan ’n kombinasie van chroniese stres en langtermyntrauma, soos mishandeling (emosioneel, fisiek of seksueel), huishoudelike geweld, of die versorging van ’n siek familielid. Die geliefdes van iemand met ’n verslawingsprobleem staan ook ’n groter kans om aan KPTSD te ly.

Mense met KPTSD voel hulle kan nie ontsnap aan die slegte situasie waarin hulle hul bevind nie. Hulle sien geen uitkomkans nie. Linda Germishuizen, ’n Kaapse kliniese en bedryfsielkundige, sê mense wie se persoonlike grense nie gerespekteer word nie, is ook meer vatbaar vir KPTSD. En die slegte nuus vir ons Suid-Afrikaners is dat ons land se hoë misdaadvlakke en die huidige ekonomiese situasie ook die ideale teelaarde vir KPTSD skep, juis weens die kombinasie van chroniese stres en trauma.

“’n Eenvoudige voorbeeld is iets soos finansiële probleme, wat nou ook in middelklasgesinne kop uitsteek. Dit kan lei tot verbale uitbarstings en kwaai spanning tuis, wat chroniese stres en langtermyn- emosionele skade by veral kinders kan veroorsaak.”

Dis belangrik om te onthou dat verskillende mense se toleransievlakke verskil. Iets wat jy maklik kan afskud, is vir iemand anders dalk ’n groot krisis. ’n Mens hoef nie noodwendig jare lank aan trauma blootgestel te wees voordat jy knak nie, en dit hoef ook nie noodwendig trauma soos dood of geweld te wees nie. Faktore wat jou weerstand aftakel (soos om te hard te werk sonder ’n goeie ruskans) saam met ander negatiewe faktore (soos jou baas se verbale uitbarstings) kan verwoestende nagevolge hê. Voel jy gedurig asof jy ’n hol kol op jou maag het, asof jy in trane wil uitbars, of asof iets slegs gaan gebeur? Dit kan ’n aanduiding van chroniese stres wees.

En is jy ’n “sterk” mens?

Pasop! KPTSD kom juis dikwels voor by mense wat geneig is om hul emosies te onderdruk of trauma bloot te hanteer sonder om ’n bohaai daaroor te maak. Die trauma bou as ’t ware laag-op-laag op en alles werk uiteindelik op mekaar in totdat dinge vir jou te veel word. Maak werk daarvan – gaan spreek jou huisdokter of ’n sielkundige. As dit nodig is, sal hulle jou na ’n psigiater verwys.

Lees ook: Gordelroos: Wat jy moet weet

Werkstres en uitbranding

Ons bring die grootste deel van elke dag by die werk deur, en chroniese werkstres het ’n groot uitwerking op ons gesondheid, waarsku Linda.

“Ons liggame is ontwerp om ’n klein bietjie stres op kort termyn te hanteer, nie chroniese stres nie. Elke stresvolle situasie veroorsaak ’n styging in ons adrenalienvlakke. Maar wanneer dit hoog bly oor ’n lang tyd, word hormone soos kortisol en DHEA vrygestel. Laasgenoemde is die sogenaamde moederhormoon wat noodsaaklik is vir gesonde vlakke van estrogeen, testosteroon en progesteroon. Dit wissel saam met ons stresvlakke, en help ons op kort termyn om deur die krisis te kom, maar op die lange duur is dit baie sleg vir jou liggaam. Oormatige kortisolafskeiding kan lei tot beenverlies, ’n verlaagde seksdrang, buierigheid, tipe 2-diabetes en gewigstoename.”

Dit kan ook lei tot uitbranding. Volgens Linda bestaan uitbranding uit ses identifiseerbare fases. Waar val jy in hierdie ses?

Gedrewenheid: Jy is mal oor uitdagings, voel energiek en gejaagd, is produktief en werk lang ure. Jy het nie tyd vir gereelde oefening nie en jy het slegte eetgewoontes.

Jy sleep jouself voort: Jy het minder energie en begin jou dag met koffie. Jy leef van wegneemkosse en drink kafeïendrankies soos koffie en Coke om aan die gang te bly. Jy slaap sleg, sit gewig aan óf verloor jou eetlus.

Jy verloor dit: Jy is moeg en sukkel met slaaploosheid. Jy het baie gewig aangesit, smag na suikerige kos en drankies, en ’n drankie saans help jou om te ontspan. Fisieke simptome sluit angstigheid, kortasemheid, naarheid en duiseligheid in.

Jou gemoedstoestand versleg: Jy is buierig en voel soms depressief. Kalmeermiddels of antidepressante lyk na ’n goeie opsie. Jy het meer stimulante nodig om aan die gang te bly, maar dit takel jou stelsel net verder af.

Jy tref ’n muur: Familie en vriende is moeg vir jou klagtes. Jou gesondheidsprobleme word meer. Jy is vergeetagtig, jou konsentrasie swak en jy sukkel daagliks met migraine, ’n stywe nek, rugpyn, allergieë en slaaploosheid. Jy is gespanne, angstig en ’n bietjie bang, en jy sosialiseer feitlik nie meer nie.

Uitbranding: Jy is super geïrriteerd, sukkel om soggens op te staan en alles is moeite. Jy voel alleen en geïsoleerd en het belangstelling in alles verloor. Dit voel of jy maar net bestaan. Toestande soos hartprobleme, tipe 2-diabetes, kanker, depressie of ander ernstige toestande is dalk reeds by jou gediagnoseer. Gaan spreek dadelik jou huisdokter of ’n spesialis vir ’n volledige mediese ondersoek.

Kreatiwiteit kan stres omkeer

“Ons lewe in ’n intellek-georiënteerde wêreld en probeer al ons probleme met ons verstand oplos,” verduidelik Linda. “Lysies met voor- en nadele het ’n plek. Maar om alles op te weeg en te ontleed kan net werk as jy elke enkele feit tot jou beskikking het. Met iets soos ’n moeilike persoonlike of werksituasie kan jy dit nie doen nie, want daar is te veel faktore waaroor jy geen beheer het nie. Jy gaan bloot verval in ’n negatiewe denkpatroon sonder ’n klinkklare oplossing.”

‘Omdat kreatiwiteit ’n vry-vloeiende aktiwiteit is, kry jou onderbewussyn as ’t ware kans om die oplossing uit te broei. Dit gebeur op ’n baie diep vlak wat jy glad nie met jou intellek kan beheer nie’

Gelukkig is daar raad. “Ons kan ons probleme dikwels goed verwerk deur regterbreinaktiwiteite. Met ander woorde, doen iets kreatiefs. Omdat dit ’n vryvloeiende aktiwiteit is, kry jou onderbewussyn as ’t ware kans om die oplossing uit te broei. Dit gebeur op ’n baie diep vlak wat jy glad nie met jou intellek kan beheer nie, en op ’n dag meld ’n oplossing hom net aan.”

En moenie jou blind staar teen die woord “kreatiwiteit” nie – iets soos tuinmaak of kosmaak is ook ’n vorm van kreatiwiteit. “Of kies iets soos dans of tai chi, of gaan stap.” Tyd in die natuur kan ook help. Skakel gerus maar jou selfoon of tablet af – dit demp kreatiwiteit, maan Linda.

“Leer om in die oomblik teenwoordig te wees. Al wat soms nodig is vir die oplossing vir ’n probleem, is om stil te wees. To be – ons vergeet ons is human beings, nie human doings nie.”

Lees ook: Swaar menstruasie; het jy endometriose?

Die belangrikheid van persoonlike grense

Linda beklemtoon die noodsaaklikheid van gesonde grense, en meen dis iets waarmee die meeste mense sukkel. Dit veroorsaak dat ons dikwels sukkel om “nee” te sê vir die eise wat ander mense (base, maar ook ons gesinne en vriende) aan ons stel. Dit lei tot ekstra spanning.

Sy meen veral vroue sukkel met persoonlike grense omdat ons van kleins af geleer word om die vrede te bewaar en konflik te vermy. Die gevolg? Jy stel jouself laaste, probeer almal om jou red en word ander mense se vloerlap.

“’n Mens hoor dikwels ’n vrou in ’n probleemhuwelik sê sy het van haar man se probleme geweet voor hulle getroud is, maar het gedink sy sal hom kan help om te verander.”

Linda maan ook teen onnodige skuldgevoelens. “Ek sien dit veral by vroue, en baie daarvan spruit uit wat mense – of jyself – as jou ‘Christelike plig’ beskou. Staan op vir jouself, en luister na jou intuïsie. Moenie toelaat dat ander se stemme – die kerk, jou ouers of vriendinne – jou intuïsie doodpraat nie. Mense met ’n groot pligsbesef moet ook leer om genaakbaarder met hulself te wees.”

Pasop ook maar vir sosiale media. Mense kan baie ongeskik wees op sosiale media, wat baie sleg is vir iemand wat sukkel om konflik te hanteer, “nee” te sê of haar man te staan. “Om gedurig blootgestel te wees aan ander se menings van jou, is ook glad nie gesond nie.” As jy boonop voel dat almal op facebook se lewe beter of lekkerder as jou eie is, ondermyn dit jou selfbeeld. Dit steel ook ongemerk ’n klomp tyd, wat jou nog meer oorweldig en onder druk kan laat voel.

Praktiese wenke om persoonlike grense te versterk

Vra jou af of die situasie waarin jy is bevorderlik vir jou innerlike vrede is, of nie. As dit nie is nie, beëindig dit.

Begin deur klein grense te stel. “Een manier is om op te hou redes gee vir iets wat jy nie wil doen nie – of dit nou ’n uitnodiging is of ’n versoek om met iets te help. Sê doodeenvoudig ‘ek kan ongelukkig nie’ – net dit.

Jy skuld niemand ’n verduideliking nie, behalwe jouself,” sê Linda.

Gee jouself tyd om na te dink voordat jy op ’n versoek of uitnodiging reageer. Baie van ons is people pleasers vir wie dit moeilik is om “nee” te sê. “Moenie dadelik antwoord nie. Klein dingetjies soos hierdie kan jou help om meer selfgeldend te raak.”

Lees ook: Hoekom dit belangrik is om jou middagetetyd te neem

Meet jou stresvlakke

Volgens Linda Germishuizen is hierdie vraelys uit Natural Highs deur Patrick Holford en dr. Hyla Cass ’n goeie manier om sommer jou stresvlakke te meet.

Antwoord eerlik op die volgende 15 vrae. Merk elkeen wat op jou van toepassing is.

Sukkel jy om te ontspan?

Voel jy geïrriteerd?

Bekommer jy jou oor alledaagse goedjies en sukkel jy om af te skakel?

Rook of drink jy baie volgens ander mense se standaarde?

Is jy kompeterend en aggressief in wat jy doen?

Sukkel jy om met ander oor die weg te kom?

Is jy ongeduldig met ander?

Eet jy vinnig?

Pak jy te veel goed aan?

Sukkel jy om te delegeer?

Pyn jou ledemate, of sukkel jy gedurig met hoofpyne?

Het jy ’n droë mond en sweterige handpalms?

Het jy belangstelling in seks verloor?

Sukkel jy met stywe spiere?

Sukkel jy om te slaap?

Wat jou telling sê

0 – 5: Jy is op ’n goeie plek en kan alles hanteer wat jou kant toe kom.

5-10: Jou stresvlakke is taamlik hoog. Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens.

10+: Jou stresvlakke is baie hoog, en jy moet dringend stappe doen voordat jou lyf sê genoeg is genoeg.

Lees ook: Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?

The post Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens appeared first on rooi rose.

Geweld teen vroue: kan ’n robot help?
Geweld teen vroue: kan ’n robot help? deur Mariette Snyman. Foto  Pexels

Een uit elke drie vroue in Suid-Afrika word deur huishoudelike geweld geraak. Hulle word fisiek, emosioneel, seksueel of op ander gebiede beheer of mishandel.

Buitestaanders wonder soms hoekom ’n vrou in ’n gewelddadige of afbrekende verhouding bly, maar sulke situasies is nooit eenvoudig nie.

By die bekendstelling van die AI-hulpmiddel Hi rAInbow het ’n vrou wat die gebruik van haar een oog deur huishoudelike geweld verloor het, die gehoor ’n kykie gegee in hoe geweld die fondamente van ’n vrou se wêreld kan skud. “Die mens wat dit aan jou doen, is iemand wat jy leer vertrou het en wat jy geglo het vir jou lief is. In my geval het die verwoede fisieke aanval totaal uit die bloute gekom.

“Afgesien daarvan dat ek dit nie verwag het nie, is dit deur onverklaarbare gebeure gevolg, soos dat my persoonlike dokumente verdwyn het. Al het ek die verhouding beëindig, is ek voortdurend gedreig om te probeer verhoed dat ek hof toe gaan.

“As jou werklikheid oornag verander en skielik totaal vreemd raak, weet jy later nie meer wat waar is en wat nie. Jy twyfel aan jou eie oordeel. Jy weet nie meer wie jy is nie, want die mens wat jy vroeër met jou lewe en jou gevoelens vertrou het, het jou onvoorstelbaar verwond.

Jy weet later nie meer wat waar is, en wat nie

“Ek het in vrees geleef; al het ek geweet ons woon nie meer in dieselfde huis nie, het dit gevoel of hy heeltyd weet wat ek doen en waar ek is. Ek was eenvoudig weerloos.

“Mense begryp nie aldag dat ’n vrou wat mishandel word, te bang kan wees om met haar foon na die hoek van die straat te loop om daar iemand te bel met wie sy kan praat nie.”

Die woorde van ander vroue wat mishandel is, bevestig hierdie gevoel van verwarring en isolasie: “As daar geen bewys is van wat met jou gebeur het nie – wanneer jy  byvoorbeeld geen bloukolle het om te wys nie – kan jy jouself oortuig dat dit wat gebeur het nie noodwendig mishandeling was nie.”

Die woorde van nog ’n vrou: “Selfs my eie familie veroordeel my. Hulle vra hoekom ek hom nie konfronteer, teenstaan of verlaat nie. Hulle besef nie ek vrees 24 uur per dag vir my lewe nie.”

AI  kom vroue tot hulp

Die Artificial Intelligence-skepping Hi rAInbow, ’n gratis gespreksgenoot vir vroue, leef op Facebook Messenger. Die naam is gekies op grond daarvan dat dit neutraal is. Jy gaan op Facebook, soek na Hi rAInbow, klik op Send message en begin gesels. Die gesprek vloei gemaklik, en jy kry deurgaans keuses waarop jy kan klik as jy nie iets het om te sê nie. Al is mishandeling nie deel van jou onmiddelike werklikheid nie, is dit interessant om met Hi rAInbow te gesels.

Die gedagte agter Hi rAInbow is om vir elke vrou van 13 jaar en ouer ’n gratis, veilige ruimte te help skep waar sy vrae kan vra, haar gedagtes kan deel, ander vroue se verhale kan lees, en duidelikheid kan kry oor wat met haar aan die gebeur is. Sy kan byvoorbeeld vasstel presies wanneer sekere aksies of optrede mishandeling is, en wanneer nie.

Gesprekke met Hi rAInbow kan onopvallend geskied

Omdat Hi rAInbow haar nie kan onderbreek, druk op haar kan plaas of haar kan veroordeel nie – dis immers ’n “robot”! – is dit ’n veilige gespreksgenoot.  Op haar tyd kan sy haar gedagtewêreld orden en daaraan gewoond raak om haar gedagtes in ’n veilige omgewing uit te spreek. So kan sy weer haar “stem” vind.

Gesprekke met Hi rAInbow kan onopvallend geskied; vroue hoef nie ’n app af te laai of iets anders as gewoonlik op hul foon of rekenaar te doen nie.

Hoewel dit nie bedoel is om menslike kontak of steun te vervang nie, kan Hi rAInbow die isolasie van vroue wat aan geweld blootgestel word, help verlig. Daar is nou ’n companion met wie hulle kan praat.

Is dit veilig?

Die ontwikkelaars beklemtoon die feit dat geen persoonlike inligting ooit gedeel of gelek word nie. Indien iemand daadwerklike hulp kort, kan hulle skakels na hulporganisasies soos SADAG of Childline op Hi rAInbow kry.

Dis ook ’n hulpmiddel vir vriende of familie wat geweld teen vroue beter wil verstaan, of wonder hoe om ’n gesprek met ’n vrou wat mishandel word aan die gang te kry.

Hi rAInbow is oral beskikbaar en word deur rolspelers soos die Sage Foundation en die Soul City Institute ondersteun. Dit kan biljoene vroue bereik … en hopelik bemagtig.

Kyk gerus na die voorbeeld by https://www.hirainbow.org/

The post Geweld teen vroue: kan ’n robot help? appeared first on rooi rose.

Wat beteken #MeToo?
#MeToo het alles begin met die aanklagtes teen Harvey Weinstein, die Hollywood-vervaardiger wat verskeie aktrises seksueel geteister en aangerand het. Verlede week het baie vroue in die industrie begin praat oor hul ervarings met Weinstein en hierdie gesprekke het verskeie reaksies ontlok waar ander mense na vore gekom het om te praat oor hul eie ervarings van seksuele teistering en aanranding.

Die #MeToo-hutsmerk op sosiale media het dit uitgewys.

Die aktrise Alyssa Milano het die bal aan die rol gesit met ’n twiet waar sy vra dat enigeen wat al seksuele teistering of aanranding beleef het, #MeToo moet gebruik in hul sosiale media-inskrywings. Dit kom nadat sy met ’n vriendin gesels het en besluit het dat so iets sal bewys hoe groot die probleem van seksuele teistering en aanvalle werklik is.

If you’ve been sexually harassed or assaulted write ‘me too’ as a reply to this tweet. pic.twitter.com/k2oeCiUf9n

— Alyssa Milano (@Alyssa_Milano) October 15, 2017

Hierdie hutsmerk het wêreldwyd posgevat met bekendes wat noem dat hulle ook al geraak is deur seksuele teistering of aanranding, insluitend Lady Gaga, Debra Messing, Anna Paquin, America Ferrera, ons eie Erica Wessels en Barbara-Marie Immelman om ’n paar te noem. Tik #MeToo in ’n soekenjin en kyk hoeveel twiets en facebook-inskrywings verskyn.

#MeToo

— xoxo, Gaga (@ladygaga) October 15, 2017

Me too https://t.co/ScX67Kmmiy

— Debra Messing (@DebraMessing) October 15, 2017

Me too

— Anna Paquin (@AnnaPaquin) October 15, 2017

Me too. #MeToo

— America Ferrera (@AmericaFerrera) October 16, 2017

Lees ook: Verkragting – wat dit is

Lees ook: My vrou rand my aan

Lees ook: Facevoos

The post Wat beteken #MeToo? appeared first on rooi rose.

Grieta, hoofstuk 7
Magriet se foon het drie-uur die oggend gelui. Dit was Mariaan. Sy het vreesbevange en huilerig geklink. “Jy en Erik moet my kom help!” Magriet kon harde houe teen ’n deur hoor,  ’n knarsgeluid en toe word Mariaan se foon doodgedruk. Lam van skok het sy vir Erik gebel. “Dink jy ons moet die polisie bel? Dalk is dit ’n huisroof!”

Met hul aankoms in Rossstraat, Darrenwood, was die huis se ligte almal aan en die voordeur het oopgestaan. Erik het Magriet in die kar laat wag en met sy pistool ingegaan. Hy het Mariaan in die badkamer gekry. Die deur was oopgeskop. Sy het in die klein gaping tussen die toilet en die muur ingekruip. Sy was flenters geslaan.

“Waar is Willem? Is julle beroof?”

“Willem het gery. Waar is Magriet?” Mariaan het gebewe soos iemand wat aan skok ly.

“Was hier rowers?” Mariaan het haar kop ontkennend geskud.

“Wat het dan gebeur?”

“Willem. Julle moet my hier uit kry voor hy terugkom.”

Erik het Mariaan in ’n kombers toegedraai en Magriet gaan roep.

“Hier is groot moeilikheid, Grieta. Ek dink Willem het Mariaan geslaan.”

Magriet was geskok. Nie Willem nie. Nie gawe vreedsame Willem nie. Willem is ’n kerkman. ’n Pilaar van sy gemeenskap. ’n Liefdevolle man.

Mariaan het onbedaarlik begin huil toe sy haar vriendin sien.

“Willem het weer uitgehaak,” het sy verduidelik.

“Hoe bedoel jy weer uitgehaak?”

Mariaan se damwal het gebreek. Sy het vertel van die jarelange emosionele en fisieke mishandeling agter die toe deure van haar en Willem se “white picket fence”-huis. Sy het die geheim dig bewaar en vir die gemeenskap, kollegas en vriende het dit gelyk of Willem en Mariaan die ideale paartjie is. Jan-Hendrik het ook onder sy pa deurgeloop, maar nooit ’n woord teenoor sy beste maat, Jaco, of enigiemand gerep nie.

Magriet het ontnugter en geskok na haar vriendin se tsoenami van woorde geluister. Sy het Mariaan al die jare haar wonderlike man beny. Dit het gelyk of Willem vir Mariaan aanbid.

Mariaan was hewig onsteld toe die polisie opdaag.

“Hoekom het julle dit gedoen? Willem gaan woedend wees!”

Hulle kon die vrees op haar gesig sien.

“Hy het jou aangerand en verniel! Ons sal jou hospitaal toe moet neem en hulle sal ook wil weet wat gebeur het.”

“Willem het ’n doktersvriend. Ek gaan altyd na hom toe. Laat die polisie asseblief gaan. Dit sal dinge vererger.”

Erik het Mariaan probeer oortuig om ’n klag van aanranding te lê, maar sy wou nie. Sy wou ook nie hospitaal toe gaan nie. Sy wou die volgende oggend na Willem se doktersvriend gaan. Hy lap altyd weer haar lyf aanmekaar.

“Hy sal verstaan, hy help my altyd. Kan ek net vanaand by jou kom slaap tot Willem bedaar het? Asseblief, Magriet. Môre is Willem weer kalm en dan is als weer ok.”

Magriet het haar vriendin styf vasgedruk. “Hoe lank gaan dit al so aan? Hoekom het jy nooit gepraat nie?”

Mariaan het op haar wittebrood haar eerste “tugtiging” gekry. Dis soos Willem dit genoem het. Sy jong bruid het haar tanbeborsel en tandepasta op die wasbak gelos. Vir die pynlik netjiese Willem was dit reg om sy bruid oor sy skoot trek en haar ’n paar harde houe op die agterstewe gee. Daarna het hy sy huweliksreg opgeeïs asof niks verkeerd is nie. Mariaan het daarna geweet sy moet lig trap om Willem. Sy het van die begin af geweet dat sy,die huis, en Jan-Hendrik eksie perfeksie moet wees. Sy het geweet as sy uitpraat, sal sy getugtig word. Haar selfbeeld was later so laag dat sy begin dink het sy is die slordigste mens op aarde en sy het iemand soos Willem nodig om haar in toom te hou. Willem het altyd ná ’n tugtiging ’n geskenk of bederfie gebring. Dis hoekom sy so ’n unieke versameling juweliersware het.

“Ek is met goud en diamante beloon vir my goeie gedrag. Ek het die kuns bemeester om elke keer weer te kan aangaan na ’n strafsessie. Willem het reëls gehad wat ek en Jan-Hendrik moes gehoorsaam. Elke middag, voor Willem huis toe kom, het ek en my kind deur die huis geloop en elke mat se rafels reggetrek. Die ketel moes perfek van oos na wes wys. Die speserybottels alfabeties, die koffiebekers soos soldate almal met die oor na wes, presies reg gespasieer. ’n Vars handdoek vir Willem elke dag. Elke dag vars lakens op die bed. Sy hemde se nate met presisie volgens sy voorskrifte gestryk. Ek mag nooit ’n bediende aangehou het nie. Willem kan nie iemand anders in sy persoonlike ruimte verduur nie.”

Erik en Magriet het geskok gesit en luister. Magriet het Mariaan se wonde probeer dokter. Mariaan het ’n ongelooflik volledige eerstehulpkissie gehad. Gereed vir die dokter van snye en kneusings.

Die polisie is weg en het ’n ope uitnodiging gelaat dat Mariaan welkom is om die volgende dag ’n klag te kom lê.

Die lig het skielik vir Magriet aangegaan. Sy kon nie glo dat sy al die jare so blind was vir haar vriendin se omstandighede nie. In hul vriendekring was dit al ’n gespot dat Mariaan die grootste ongeluksvoël denkbaar is. Sy is die een wat altyd in deurkosyne vasloop en van trappe af val.

“Sy is mos altyd haastig en kyk nie waar sy loop nie. ’n Regte ou lomperd, my Mariaan. ’n Ongeluk wat ’n plek soek om te gebeur,” so het Willem altyd oor sy vrou se wonde en blou kolle gespot.

Erik het Mariaan probeer oortuig om van Willem te skei en ’n interdik teen die vroueslaner te kry. As prokureur het hy al ’n hele paar gevalle soos Mariaan hanteer.

“Jy weet hy sal nooit ophou nie? Hy sal jou weer slaan. Moenie toelaat dat hy jou so verniel nie. Jy is nie ’n uitsondering nie, Mariaan. Jy verdien nie om so deur ’n boelie mishandel te word nie. Allamagtag, ek kan nie glo hy dink wat hy doen is reg nie. Asseblief, Mariaan, ek weet hoe om jou te help.”

By Magriet se huis het hulle Mariaan in die bed gesit en Erik het oorgebly ingeval Willem Mariaan kom soek.

Hy en Magriet het lank by die kombuistafel gesit en ’n paar potte tee gedrink. Magriet het haar pyp gestop om die skokkende gebeure van die aand te verwerk.

“Ek wens ek kan hom gaan voorlê en hom donner. Die opperste vark. Skeinheilige vreksel. Kamma altyd so voorbeeldig. Verfoeilike front teenoor die gemeenskap en by die huis verniel hy sy vrou en kind. Ons moet aan haar werk om uit die ding te kom. Ek sal aan ’n paar planne dink, Grieta.”

Magriet het haar pyp vir Erik aangegee. Hy het ’n paar trekke gemaak om sy senuwees ook te kalmeer.

“Onthou jy hoe ek en jy en Mariaan een aand in ons jonger dae gaan uiteet het om iets te vier? Daardie aand toe ons so effe gekletter geraak het op sangria by Nino’s?”

Magriet kon die aand goed onthou. Stoffel was woedend oor sy ná twaalf eers by die huis gekom het en het haar uitgetrap oor haar slegte vriende.

“Daardie volgende middag het ek Kaap toe gevlieg. Ek het Mariaan op die lughawe gekry. Jy weet mos hoe baie sy by haar suster in die Kaap gaan kuier? Gereeld? Sommer onverwags?”

Magriet het ge-puff puff aan haar pyp. Dinge het vir haar baie duideliker geword.

“Mariaan was nogal skaam toe ek haar op die lughawe raakloop. Sy het my eers probeer vermy. Sy het ’n donkerbril gedra en haar arm was in gips. Sy het van al die sangria weer nie gekyk waar sy loop nie. Toe val sy van hulle huis se trappe af … Die bliksem.”

Magriet het steeds aan haar pyp ge-puff. Trane het by haar wange afgeloop. Sy en Mariaan het hul kinders saam grootgemaak. Hulle het soveel wonderlike tye saam gehad.

“Sy het nooit gepraat nie. Ek kan dit nie verstaan nie, Erik. Sy het nooit gepraat nie.”

The post Grieta, hoofstuk 7 appeared first on rooi rose.

Vat kindermishandeling vas
Marc Hardwick van Durban, vroeër lid van die polisie se kinderbeskermingseenheid, het ’n slimfoon-app ontwikkel om kinders te help om mishandeling aan te meld – anoniem en sonder om hulself bloot te stel. Hierdie wêreldeerste is internasionaal gepatenteer en staan bekend as The Guardian.

Die app is vir gebruik in hoërskole ontwerp. Deelnemende skole betaal ongeveer R500 per maand en moet personeellede aanwys wat op inkomende aanmeldings reageer. Sodra die personeel ’n spesifieke geval ondersoek het, kan dit gesluit word. Indien dit ’n forensiese ondersoek regverdig, kan die skool die polisie of The Guardian betrek.

Marc, die ontwerper van The Guardian wat die SAPD in 2002 verlaat het, het in sy loopbaan talle gevalle van mishandeling ondersoek en skuldiges aan die pen laat ry. Hy het egter gevoel sy bydrae was nie groot genoeg nie.

“Ek het verskeie versoeke ontvang van volwassenes wat wou hê dat ek gevalle van mishandeling uit hul kinderdae moes ondersoek. Aan wie het hulle destyds hierdie insidente rapporteer? Die waarheid is: aan niemand nie, uit vrees vir weerwraak of viktimisasie.”

Om groter duidelikheid te kry het Marc – ’n pa van vier – ’n gesprek met sy tienerseun gevoer. “Ek het uitgevind daar is ’n ongeskrewe reël onder kinders en tieners dat volwassenes nie aan hulle kant is nie en nie vertrou kan word nie. Dit sluit ouers, onderwysers, beraders, ensovoorts in. Ek het my seun gevra of hy dit sou rapporteer indien hy geweet het sy vriend word fisiek of seksueel mishandel, en hy het gesê hy sou dit slegs doen as hy anoniem kon bly.

“Dit het my aan die dink gesit. Ek wou ’n manier skep vir kinders om dit wat hulle weet anoniem onder die regte aandag te bring. Dit was die oorsprong van die app.”

“Ek wou ’n manier skep vir kinders om dit wat hulle weet anoniem onder die regte aandag te bring”

In 2007 het Marc sy korporatiewe pos verlaat en The Guardian gekonseptualiseer. “My eerste geval was van ’n vriend by Childline wat gevra het of ek ’n erge geval van verkragting en bloedskande in Hillcrest kon help ondersoek. Tydens die ondersoek het ek besef dat dit die aantal misdade teen kinders kon help beperk indien ek ’n professionele kinderbeskermingsdiens in Suid-Afrika kon bied.”

Marc leer onderwysers waarna hulle moet kyk as hulle vermoed ’n kind word mishandel en gee praatjies vir ouers oor die beskerming van hul kinders.

“Maar dit is steeds nie genoeg nie. Daar loop soveel gebroke mense tussen ons rond. Ons moet ons kinders beveilig. Ek glo die app kan help dat oortredings aangemeld en ondersoek word en dat die mense wat kinders mishandel die gevolge dra.”

Kontak vir Marc Hardwick by 083 796 6554.

The post Vat kindermishandeling vas appeared first on rooi rose.

Afspraakverkragting
Bemagtig jouself

– Dr. Stefanie Badenhorst, sielkundige

Hoewel afspraakverkragting met mans en vroue gebeur en selfs tussen lede van dieselfde geslag, het vroue ’n groter risiko om slagoffers te word. Vertrou jou instink en as jy onveilig voel, tree dadelik op.

– Marinda Kotzé, senior navorser by die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening

Wees oplettend hoe ander jou behandel. Wees versigtig vir:

• Mense wat nie “nee” vir ’n antwoord aanvaar nie.

• Iemand wat nie jou persoonlike ruimte respekteer nie.

• Iemand wat ’n negatiewe houding teenoor die teenoorgestelde geslag openbaar.

• Moenie jou drankie onder jou oë laat uitgaan nie. As jy het, kry eerder ’n ander een. Moenie dat iemand vir jou ’n drankie ingooi waar jy hulle nie kan sien nie. Let op na die kleur van jou drankie. Veral Rohypnol kan ongekleurde drankies ’n blou kleur gee, maar dis nie altyd sigbaar in ’n gekleurde drankie nie.

• Indien jy saam met iemand gaan wat jy nie goed ken nie, vertel ’n vertroueling daarvan en ook waarheen julle gaan. As jy skielik duiselig, naar, lighoofdig, moeg of vreemd begin voel, of selfs net ongemaklik, soek hulp. Bel iemand om jou te kom haal en probeer by ’n veilige plek uitkom sonder om jouself te isoleer en so meer kwetsbaar te maak.

• Kry mediese hulp om die gevolge van ’n besmette drankie of ’n oormaat alkohol te behandel.

• Onthou, as jy dink jou vriendin het ’n afspraakdwelmmiddel ingekry, soek hulp sonder om haar alleen te los.

Jane* was 15 toe sy die Verkragtingkrisislyn by Lifeline bel. Sy was die vorige aand op ’n partytjie waar baie drank was. Sy wou ’n ouer seun op wie sy verlief was, beïndruk en het saamgedrink. Sy onthou dat sy daarna anders gevoel het, gelukkig en sorgvry. Sy het Abel* gevra om te dans. Die volgende wat sy onthou, is dat sy in die tuin wakker geword het en naar was. Sy was sonder haar jeans en onderklere en in erge pyn. Daar was bloed aan haar geslagsdele.

Rozanne Ashworth, ’n traumaberader van Lifeline in Pretoria vertel dat sy aan diens was toe Jane bel.

“Die kind het gesê haar ma sou nie verstaan nie. Sy het nie geweet wat om te doen nie en om hulp gepleit. Uit die oproep het dit geblyk dat sy die vorige aand verkrag is.”

’n Nagmerrie. Maar wat as die ondenkbare gebeur en jy op ’n afspraak verkrag word? Wat presies is afspraakverkragting en hoe moet dit hanteer word?

Marinda Kotzé, senior navorser by die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening, sê afspraakverkragting is wanneer die persoon met wie jy op ’n romantiese afspraak uitgaan jou verkrag. Sy sê afspraakverkragters gebruik verskillende strategieë soos om drankies met Rohypnol en Gamma-hidroksiebottersuur (GHB) te dokter. Soms word die slagoffer gedreig of afgepers, ander laat die slagoffer skuldig voel omdat hulle al ’n geruime tyd uitgaan, of dat die oortreder vir al die drankies tydens die afspraak betaal het, en selfs deur valse beloftes te maak.

“Afspraakverkragting kan op die eerste afspraak of selfs ná talle afsprake voorkom en vroue en mans kan slagoffers van afspraakverkragting wees. Dié verkragtings is oor die algemeen minder gewelddadig as verkragting deur ’n vreemdeling. Maar die slagoffer is steeds diep getraumatiseer. Slagoffers is dikwels huiwerig om die saak by die polisie aan te meld omdat hulle geneig is om hulself te blameer, of die voorval nie as verkragting beskou nie.” Sy sê daar is ’n siening dat werklike verkragting slegs plaasvind wanneer ’n vreemdeling jou oorval.

Maar hoekom gebeur afspraakverkragting?

Kenners sê die antwoord is ingewikkeld. Oorsake sluit die siening in dat ’n vrou mans se besitting is, gebrekkige seksuele opvoeding, die media wat seksualiteit voorstel as ’n drang waaroor mense nie beheer het nie, asook slagoffers se weerloosheid. Wanaangepaste mense, of mense in ’n portuurgroep waar geweld goedgekeur word, sal hulle makliker aan afspraakverkragting skuldig maak. Daarby kom faktore soos woede, ’n magspel, sadisme of bloot net opportunisme.

Wat is die tekens van afspraakverkragting?

Dr. Stefanie Badenhorst, ’n sielkundige, sê soms kan die slagoffer onbewus wees van die omvang van wat gebeur het omdat sy/hy onder die invloed van een of ander middel was. “Geheueverlies kan ook voorkom weens die trauma of die skok en omdat die slagoffer dit nie wíl onthou nie. Skuldgevoelens is algemeen – slagoffers neem hulself kwalik omdat hulle onder die invloed was of nie voorkomend opgetree het nie. Daar kan ook fisieke tekens of letsels wees soos krapmerke, kneusing of bloeding.”

Foto Pixabay

Is daar ’n oplossing?

Minnie Loubser, ’n kliniese sielkundige, sê daar is nie ’n eenvoudige oplossing nie omdat gemeenskappe en kulture so baie verskil. Gemeenskappe moet opgevoed en mense bemagtig word om selfgeldend te wees en hul verwagtings en behoeftes duidelik te verwoord.

“Onkunde is ’n groot probleem. In die meeste kulture in ons land is vroue tradisioneel grootgemaak om toegeeflik te wees en om ‘vroulik, sag en die minste’ te wees en hulle nie te sterk uit te spreek nie. Vroue kan leer om meer selfgeldend te wees en hoe om hulself fisiek te verdedig. Hulle moet weet wat die invloed van te veel alkohol of ander dwelms of pille op hulle kan wees.”

Dr. Badenhorst sê dit is belangrik dat mense voorkomend optree. “Indien dit gebeur het, is dit noodsaaklik om ’n klag by die polisie te lê. Ongelukkig kan dit nog meer traumaties wees omdat bewyse beperk is. Die saak kan ook die trauma vererger omdat die slagoffer blootgestel word en as ’n leuenaar uitgemaak kan word, of as iemand wat die situasie uitgelok het. Kry professionele advies en ’n goeie regsverteenwoordiger wat bekend is met dié soort sake.”

Marinda sê mense moet geleer word “nee” beteken “nee” en nie dalk later “ja” nie. Kinders moet van jongs af geleer word om empatie met ander te hê.

Rozanne glo dis belangrik dat kinders van jongs af geleer word om grense te stel in verhoudings, sowel as om duidelik te kommunikeer en konflik te hanteer.

Raad aan slagoffers

Rozanne:

• Baklei terug teen die nagevolge. Dis nie nodig om ’n slagoffermentaliteit aan te neem nie. So neem jy beheer terug en laat nie toe dat die verkragter jou beheer nie.

• Wees sag met jouself. Genesing neem tyd. Gee een tree, een dag op ’n slag.

• Neem beheer van jou lewe en besluit om te doen waarvan jy hou en te sosialiseer met wie jy wil.

• Moenie lewensbelangrike besluite neem terwyl jy besig is om innerlik te genees nie.

Marinda:

• Of jy fisiek beseer is of nie, dis steeds belangrik om na jou plaaslike kliniek, hospitaal of Thuthuzela-sorgsentrum te gaan vir ’n mediese ondersoek. Die ondersoek sal deur ’n dokter of forensiese verpleegster gedoen word. Die mediese ondersoek is ontsettend belangrik, omdat enige fisieke bewyse wat die verkragter agtergelaat het, aangeteken en vasgelê moet word vir verdere forensiese ondersoek. Dwelmondersoeke is nie altyd standaardpraktyk nie. Sê vir die dokter of verpleegster as jy vermoed die verkragter het jou bedwelm. Hoe langer jy wag om ’n mediese ondersoek te ondergaan, hoe groter is die kans dat die fisieke bewyse verdwyn het. Hierdie stap is ook belangrik omdat jy ’n spesiale kombinasie antiretrovirale middels kan kry wat MIV-besmetting, asook besmetting met ander seksueel oordraagbare siektes en swangerskap kan voorkom. Hierdie middels is op hul doeltreffendste binne die eerste ses tot agt uur ná die verkragting.

• Meld die verkragting by die polisie aan. Onthou, die ondersoek en hofsaak kan uitgerek word. Moenie moed verloor nie en baklei terug.

• Omring jou met mense wat jou ondersteun.

Minnie:

• Kry professionele hulp, spesifiek by iemand wat in traumaberading opgelei is. Slagoffers van verkragting is dikwels onseker oor hul reg om daaroor te praat. Vroue ervaar soms dat hulle vir die situasie verkwalik word, daarom bly hulle eerder stil. Dis belangrik om te praat en die soort hulp te kry wat jou liggaam en siel kan help om die trauma te verwerk.

Stefanie:

• Dit kan nuttig wees om by ’n ondersteuningsgroep in te skakel.

Ken jou regte

Rozanne:

Ingevolge die Menseregtehandves maak verkragting inbreuk op mense se basiese menseregte: die reg op lewe, vryheid, persoonlike veiligheid, waardigheid, toegang tot howe en gesondheidsorg, die reg om nie gemartel te word nie, asook die reg op ’n gesonde omgewing. Verkragting raak nie net die slagoffer nie, maar ook hul vriende, familie en die gemeenskap.

Kontakbesonderhede

• Minnie Loubser: psychologist.minnieloubser@gmail.com

• Dr. Stefanie Badenhorst: docstef@iafrica.com

• Lifeline: 012 804 1853

• Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening: www.csvr.org.za

The post Afspraakverkragting appeared first on rooi rose.

Menseslawerny: Klim na vryheid
“Dis vreesaanjaend, maar dis ’n feit,” sê Nico Panagio, voorsitter van Missing Children South-Africa, op Menseregtedag vanjaar. “Mensehandel (trafficking) is, nes dwelmhandel, ’n multimiljoen-rand-bedryf.”

Die geleentheid is ’n Vryheidsuitstalling buite Stellenbosch. ’n Byeenkoms van mense wat wil saamstaan teen die berg van onreg wat wêreldwyd veral vroue en kinders se lewe verwoes. Daar is na raming 30 miljoen slawe in die wêreld en dis lank nie net ’n Derdewêreldprobleem nie. Mans, vroue en kinders word deur arm familielede verkoop om teen hul wil as dwangarbeiders of prostitute te werk, dikwels verlei deur beloftes van opleiding en werksgeleenthede elders. Benewens massas seksslawe en kinderbruide, baie uit Afrika en Asië, pluk minderjariges in Oezbekistan steeds daagliks vyftig kilogram katoen in ruil vir kos. En jong meisies in Pakistan weef 17 uur per dag matte in donker vertrekke.

Die gemiddelde prys van ’n slaaf is R650. Panagio sê as ’n gelowige is hierdie veldtog teen menseslawerny vir hom die betekenisvolste projek waarby hy tot nog toe betrokke was. “Hoe meer ’n mens weet, hoe ontstellender raak dit. Maar jy begin besef ook hoe ’n ongelooflike seën dit is om vry te wees. Deur betrokke te raak, gun ons dit ook vir iemand anders – al is dit net vir een ander mens – om soos jy vry te wees om te eet en te drink en te gaan waar jy wil.”

’n Week na dié byeenkoms vertrek ‘n internasionale groep van 45 vroue, onder wie nege Suid-Afrikaners, op die tweede Freedom Climb Katmandoe toe. ‘n Bietjie meer as ‘n jaar gelede het 48 vroue uit tien lande Kilimandjaro geklim het as deel van ‘n soortgelyke bewusmakingsveldtog. Hierdie geloofspoging het uiteindelik 400 000 Amerikaanse dollar ingevorder wat in meer as twintig projekte teruggeploeg is en mense se lewe ingrypend verbeter het. Vanjaar was dit die groep se doelwit om van Lukla in Nepal na Everest se basiskamp te stap. Vir aktiewe, sportiewe jongmense miskien nie ‘n buitengewoon groot fisieke uitdaging nie – die Nepalese toergidse laat jou gereeld ná ‘n stywe helling stop om stadig te akklimatiseer sodat jy nie sommer uitasem raak nie. Maar die hoogte van die Himalaja bring altyd ‘n angstigheid mee. Geen vrou kon haarself werklik voorberei op hoe haar liggaam daarop gaan reageer nie. Benewens hierdie onsekerheid en die bedrieglike weersomstandighede moes die groep vanjaar reg in die begin al ‘n groot terugslag oorkom. Die nag voor die vlug van Katmandoe na Lukla (wat as een van die onveiligste lughawens in die wêreld beskou word), tref ‘n uitbraak van diarree en braking feitlik die hele groep, iets wat sommige die hele twaalf dae van die stap beïnvloed. Net drie uit die 45 spring dit vry. Twee klimmers moet later per helikopter van die berg gehaal word en nog twee met perde berg-af vervoer word omdat hulle te swak is.

Vir dr. Ilse Joubert (36), ‘n sportgeneesheer van Kaapstad, word dit ‘n ervaring wat sy nooit sal vergeet nie. Die nag voor die groep vyfuur die oggend na die lughawe moet vertrek, begin haar kamerfoon onophoudelik lui. Teen eenuur die oggend begin sy ook braak toe sy van kamer tot kamer beweeg om almal ingespuit te kry in ‘n poging om die simptome onder beheer te kry. Dis ‘n chaotiese situasie. Hoe kry ‘n mens soveel siek mense op ‘n vliegtuig? “Toe ons vyfuur bymekaarkom, moet ek een van die moeilikste besluite van my lewe neem,” vertel sy later. “Die toergids sê die mediese geriewe in Lukla is beperk. En ek het net twee drip-stelle by my. Maar daar is eers oor vier dae weer ‘n oop vlug en dan sal ons die hele klim moet afstel. Behalwe een stapper wat by die gebedspan in Katmandoe agterbly, klim die res toe maar half onkapabel op die vliegtuig … ”

Daar is tog geluk by die ongeluk. Danksy goeie weer kon hulle opstyg Lukla toe – die eerste vlug in vier dae wat dit kon regkry. Ná hul vertrek sluit die lughawe weer omdat dit te gevaarlik is.

Maar die vlug is ‘n nagmerrie. Die arme lugwaardin moet bontstaan om genoeg braaksakkies te voorsien. Elke vrou weet ook sy sal siek moet begin stap of terugdraai en alles verpas waarvoor sy so lank voorberei het.

Agterna vertel Esmarie Taljaard (33), ‘n geoktrooieerde rekenmeester van Pretoria wat nou heeltyds as die Freedom Climb-koördineerder van die Afrika-span vir die sendingorganisasie Operasie Mobilisasie werk: “In Lukla aangekom, lê die siekes toe oral versprei. Ons wyse staptoerleiers kry darem vir ons ‘n teehuis waar ons kan herstel voor die groot stap wat nou ‘n dag later moet begin. Die paar gesondes moedig almal wat in hul kamers lê en bewe aan om kort-kort ‘n paar slukkies van ‘n elektrolietdrankie te neem. “Maar dit wat ons probeer bereik, rus swaar op ons skouers. Ons bly vasbeslote om ‘n stem te wees vir dié wat nie ‘n stem het nie. Ons was vol moed omdat ons fiks en goed toegerus is, maar die Here het ons nou gelei om meer te identifiseer met die ontmagtiges vir wie ons klim. Die klim sal op die agtervoet moet begin, presies nes iemand wat die lewe arm of wees betree.”

Ilse vervolg: “Al wat ek kon doen, was om te bid. Ons kon op die een of ander manier wel die klim ‘n dag later aandurf, hoewel die pasiënte steeds elke uur meer geword het. Ek moes met hulle stap – stadig, rus-rus, tree vir tree. So het dit ‘n volle agt dae aangehou. Intussen moes ek probeer om die normale voorkoms van sinusitis of brongitis onder beheer te hou met die oog op die hoogtesiekte vorentoe.” In ‘n stadium het dit duidelik geword dat ‘n deel van die groep sal moet terugdraai. Net 26 van die stappers kon ná ‘n emosionele afskeid van die res voortgaan. Die bittereinders moes in sneeu kamp en in stortreën terugloop, maar 24 van hulle kon uiteindelik in uiters winderige omstandighede die Freedom Climb-banier op die kruin by Kalaphatar, 5 545 m bo seespieël laat wapper. Hul beloning was ‘n prag-blik op Everest. Esmarie kry in hierdie oomblikke “’n klein smakie van hoe mense moet voel wat vir die eerste keer vry is. Dis asof die berge sing.” En Ilse, verwonderd oor ‘n God wat haar sterk genoeg gehou het om die ander te help, sê: “Ek weet net waar medisyne nie meer kan nie, kan Hy.” Ander wat moes terugdraai, ervaar soos die psigiater en pastoor Alicia Rawlins (33) van Durban ‘n wonderlike vrede – al kon hulle nie die “Beloofde Land” sien nie. En toe almal uiteindelik weer byeen is, kry hulle die nuus: Tien mensehandelaars is die dag toe hulle die kruin bereik het, in Katmandoe vasgetrek. Freedom Climb se leuse sê mos: ‘n Groot sneeuval begin met een sneeuvlokkie, iets wat uiteindelik die verkeer (trafficking) tot stilstand dwing …

Operasie Mobilisasie (OM) is ‘n internasionale Christen-organisasie wat al meer as vyftig jaar onreg en onderdrukking die hoof bied. Hulle het 6 100 opgeleide werkers wêreldwyd met kennis van plaaslike tale en ‘n verbintenis tot langtermynbediening. Die Freedom Climb word onder hul beskerming aangepak. Die ideaal is om sewe pieke in sewe jaar te klim om ‘n stem te gee aan mense wat nie die vryheid het om uit hul omstandighede weg te breek nie. Die projekte wat hiermee gefinansier word, help om die siklus van armoede, skande en wanhoop te breek. OM werk proaktief deur opleiding, mense in te lig, en finansiering vir klein ondernemings te verskaf sodat weerlose mense ‘n eie inkomste kan genereer. Dit help ook met die langtermyn-rehabilitasie en geestelike ondersteuning van slagoffers in plekke van veiligheid.

Kontak Esmarie Taljaard / Roxanne Rawlings by ForFreedom@om.org of besoek www.thefreedomclimb.blogspot.com / www.thefreedomclimb vir meer inligting oor hoe mense met van voorbidding tot geldinsamelings kan help, of by volgende jaar se klim betrokke kan raak.

The post Menseslawerny: Klim na vryheid appeared first on rooi rose.

’n Nuwe lewe
Om agter tralies te sit sonder dat iemand tot haar redding kom, moes soos die uiterste vorm van verwerping gevoel het. Wreed. Nie haar familie of haar man David* was bereid om die R500 borgtog te betaal nie. Nee, het haar geliefdes besluit. Tough Love is die enigste uitweg om haar tot haar sinne te ruk nadat sy vyf jaar lank haar lyf op straat verkoop het om haar heroïengebruik te onderhou.

Twee jaar later sit Michelle Mbua (38) oorkant my by The Cradle of Hope, ’n huis in Krugersdorp-Wes, waar meer as dertig weggooivroue en kinders tydelik woon en bemagtig word om op eie bene te staan voor hulle weer die lewe kan aandurf. Van die vroue was haweloos of mishandel; ander was prostitute en dwelmslawe.

Die eerste 18 maande van Daniella se lewe was Michelle in so ’n dwelmbeswyming dat sy skaars van haar bestaan bewus was, maar die afgelope 18 maande is haar kind die spil waarom haar lewe draai. Michelle sit regop en praat padlangs. Hierdie traumatiese gebeure toe haar geliefdes hul rug na haar gedraai het, vertel sy, was Goddelike ingryping. Dit het haar uiteindelik gered.

Michelle is welsprekend en goed versorg. Sy dra vir die onderhoud ’n kraakvars wit hemp en netjiese swart langbroek. Dis moeilik om te glo dat sy die wêreld se oudste beroep beoefen het – veral as jy boonop hoor dat sy ’n leier op skool was wat selfs ’n onderskeiding in matriek behaal het en daarna ’n sielkundige wou word.

“Ek was eintlik ’n bleeksiel. Skamerig en glad nie losbandig nie.”

Hoewel sy in ’n pastorie grootgeword het, het ontwrigting haar kinderjare gekenmerk. Sy kan nie eens onthou hoeveel keer hul gesin getrek het nie – elke keer wanneer haar pa ’n nuwe beroep gekry het. Sy is in Bulawayo, in die ou Rhodesië gebore en onthou die wye ruimtes, die onafhanklikheidsoorlog en haar vrees as kind om vermoor te word.

Hul gesinslewe was gemaklik en koloniaal. Hulle het talle werkers gehad – van ’n sjef tot ’n tuinier en ’n huishoudster. Sy was sewe toe die gesin (sy het twee jonger broers) Suid-Afrika toe verhuis het. Haar pa het teologie begin studeer terwyl haar ma – wat noodgewonge die broodwinner moes wees – altyd gewerk het.

“My ma was partykeer so deur die blare dat ons haar gespot het dat sy soms die wasgoed in die bad en vir ons in die wasmasjien gesit het,” vertel sy laggend.

Menige verhuising het gevolg – na Grabouw, na Goodwood, na Table View. “Dit het gevoel asof daar geen bestendigheid in my lewe was nie. Ek het dinge ook nie vir my makliker gemaak nie, want dit was nie maklik om van my te hou nie. Ek was ernstig, hoogs gefokus en beslis nie cool nie.”

Ondanks haar teruggetrokkenheid was Michelle gek na sang en toneelspel. Sy het op skool aan talle opvoerings deelgeneem. Dit was ook my groot ambisie om hoofmeisie te word. Ek was baie toegewyd en was goed in alles wat ek aangepak het.” Toe sê sy onbeskroomd: “En toe word ek ’n uitstekende prostituut en toegewyde dwelmslaaf.”

Michelle behou deurentyd oogkontak. Sy kyk nooit weg nie. Ondanks haar omstrede lewe beskou sy haarself as ’n unieke mens: iemand wat aan ander kan vertel dat daar altyd hoop is. As jongmeisie het sy die geleentheid gehad om as ’n Rotariër-uitruilstudent Amerika toe te gaan, maar het besluit om nie die aanbod te aanvaar nie. Sy het in daardie stadium ’n beheptheid met haar gewig ontwikkel en dié program was die laaste ding wat sy wou doen:

“Ek het gesien hoe vet al die uitruilstudente daar geword het en ek wou nie vet wees nie.

Anoreksie is ’n emosionele siekte. Dit gaan oor pyn en selfverwerping. Ek het my uitgehonger en gedaan geoefen – in so ’n mate dat ek verskeie kere ineengestort het.” Sy het nogtans daarin geslaag om met manipulasie dieetpille op voorskrif te kry. Toe sy twee weke lank nie kon slaap nie, is kalmeerpille ook voorgeskryf.

“Ek dink ek het te veel emosionele probleme gehad. Ek het te hard gewerk en ek was nie deel van die studentelewe op RAU nie. Daar was geen balans in my lewe nie. Ek het ’n maagseer ontwikkel, al my medikasie tegelyk afgesluk en in die hospitaal beland. Hulle het my maag uitgepomp en ek onthou ook dat ek in daardie warboel besef het ek nie wil sterf nie. Ná hierdie voorval het ek nie kans gesien om verder te studeer nie.”

Michelle het daarna as kelnerin in ’n restaurant gewerk, in ’n orkes gespeel en ’n aantal kursusse in rekenaarvaardigheid voltooi. Maar haar gemoedstoestand was donker; die swart hond van depressie op haar hakke. Verskeie mislukte verhoudings en twee huwelike het gevolg.

“Ian* was my ridder op ’n wit perd met wie ek vier jaar lank ’n verhouding gehad het, maar hy het my later aangerand. Ek het hande vol dieetpille afgesluk. Dit het my wel goed laat lyk, maar die pille het my aaklig laat voel,” vertel sy. “In my binneste het ek leeg gevoel.”

Toe ontmoet sy vir Sieg*. Hy was ’n beeld van ’n man met ’n Mnr. Noordwes-titel agter die blad – tall, dark and handsome. “Dit was soos ’n droom. Ons het ons eerste huis gekoop en dit het voor die wind met sy onderneming gegaan. Maar toe begin ek wild en wakker geld blaas – op vetuitsuiging, duur ontwerpersklere en nog vele. Intussen was my ouers besig om te skei en ek is Oos-Londen toe om hulle by te staan. My my pa het uit die bediening getree. Daarna het my huwelik ook op die rotse beland. Ek het ’n goeie skikking gekry. Sieg was die een wat kaal uitgeloop het.”

Michelle het daarna heen en weer tussen haar ouers getrek. ’n Bose kringloop van middelmisbruik het ontstaan – oor-die-toonbank dieetpille, gevolg deur kalmeermiddels, medikasie teen hardlywigheid en daarna weer middels om waterretensie hok te slaan. Nog ’n ineenstorting het gevolg en sy is weer in ’n rehabilitasiesentrum be-handel, maar daar was te veel reëls na haar sin en sy het besluit om weg te loop. Dinge het van kwaad na erger gegaan.

“Ek het begin om heroïen, wat hoogs verslawend is, te misbruik. Daar is ’n gesegde dat ’n mens jou ma vir hierdie dwelm sal verkoop. Glo my, om dit slegs een keer te gebruik, is een keer te veel. Dit laat jou op ’n vreemde manier gekoester maar ook afgestomp voel.”

Daar was gou weer ’n man in haar lewe.

“Ons was nie werklik verlief op mekaar nie. Ons was verlief op heroïen. Hy het tot die wiele van sy motor verkoop om die dwelm in die hande te kry. Die gevolg was dat hy nie by die werk kon kom nie en sy werk verloor het.” Sy is nog male sonder tal in rehabilitasiesentrums opgeneem.

“Die onttrekkingsimptome het my ellendig laat voel, so asof ek beheer oor alles verloor het. Die naarheid is so erg dat jy nie kan eet of drink nie. Dan dink jy dit is soveel makliker om maar net weer voor heroïen te swig as om deur hierdie hel te gaan.”

Michelle het later saam met twee bruin mans ’n swerwers-bestaan in Kaapstad gevoer voor ’n dwelmhandelaar van Kameroen vir haar blyplek in sy Seepunt-woonstel aangebied het. ’n Week lank was sy sy meisie.

“Dit is ’n vreemde wêreld waarin prostitute hulle bevind. Jou koppelaar is dikwels ook jou kêrel. Ja, ek weet dit klink waansinnig maar jou werk en private lewe word geskei. Ek het nie ’n dooie duit omgegee hoe ek geld verdien het nie. Die man het my aan Fatimah – sy ‘werkende meisie’ voorgestel. Sy sou my in die wêreld se oudste beroep onderrig. My eerste kliënt was ’n dwelmbaas. Ek het genoeg verdien om dwelms te koop en om my huisbaas gelukkig te hou.

“Ek het om die beurt crack gebruik wat my ‘hoog’ laat voel het en heroïen wat my weer gekalmeer het. Die meeste koppelaars hou nie daarvan dat prostitute heroïen gebruik nie omdat dit jou reaksies vertraag terwyl rocks jou weer energiek laat voel.

“Prostitusie is ’n gevaarlike beroep”, sê Michelle. “Kondome bars dikwels en ek het menige keer naalde gedeel. ’n Mens voer ’n onwaardige bestaan. Ek het my voet ernstig beseer toe ek van ’n vragmotor afgespring het om weg te kom van iemand wat geld by my wou steel. Die wond het septies geword maar ek het nietemin nog drie jaar lank met prostitusie voortgegaan. Ek was bekend as die prostituut wat my voet onder ’n lang rok weggesteek het. Die een wat kruppel geloop het.”

Baie van haar kliënte was getroude mans. En haar prys? R100 per kliënt – tot tien per dag. “Jy voel soos ’n bedrieër in dié beroep. En dis ligjare verwyder van die geromantiseerde fliek Pretty Woman met Julia Roberts in die hoofrol. “Mans moet ook besef dat prostitute nooit werklik in hulle belang stel nie. Dis net ’n kil saketransaksie.”

Vyf jaar gelede het Michelle haar tweede man, ook ’n Kameroener, ontmoet. “Ek het in ’n kroeg gesit waar hy die uitsmyter was. Hoewel David* twaalf jaar jonger as ek is, het ons dadelik gekliek. Hy is saggeaard en het altyd my wense in ag geneem. Hy het dit verpes om te sien wat heroïen aan my doen.”

Hulle is getroud en Michelle het swanger geraak maar nogtans haar beroep en dwelmmisbruik voortgesit. “David was bekommerd maar ek kon nie sonder die dwelms leef nie. Moederskap was boonop vir my ondenkbaar. My hele wese het daarteen in opstand gekom. Tog het ek nooit aborsie oorweeg nie. Ek kon dit nie oor my hart kry nie. Iets het my net weerhou om so ver te gaan. Natuurlik was daar mense wat skepties oor ons huwelik was. Hulle het gedink David wil my net gebruik om Suid-Afrikaanse burgerskap te kry. Ons is nou vervreem maar hy bly ’n goeie pa.”

Daniella se geboorte op 29 weke is vir haar soos ’n vae hersen-skim. Sy onthou net hoe sy in die kraamproses na dwelms gehunker het. En hoe sy alles aan die hospitaalpersoneel uitgeblaker het.

“Ek was doodbang dat sy iets sou oorkom. Weens my dwelmmisbruik moes sy nog ses weke ná haar geboorte vir dwelmonttrekking en ontgifting in die hospitaal behandel word. Ná haar geboorte het die maatskaplike werker gesê my baba sal van my af weggeneem word. David het toe ’n vrou en haar dogter na die hospitaal gebring en voorgegee dat dit sy familie is en dat hulle na haar sou omsien. Daniella het later huis toe gekom, maar dit was ’n ramp.”

Michelle was steeds ’n dwelmslaaf en sy was nie in staat om haar kind te versorg nie. “Ek het nie eens geweet hoe om ’n doek aan te sit nie. Hoewel ons onder dieselfde dak gewoon het, was ek nie teenwoordig nie.” Sy het haar verwoestende leefwyse voortgesit en weer op straat gaan werk. Michelle se pa en sy tweede vrou het in daardie stadium na Daniella omgesien.

Michelle is intussen in Parow weens prostitusie gearresteer. “Vandag besef ek dit was Goddelike ingryping, want die polisie het beter dinge om te doen as om prostitute in hegtenis te neem. Die polisie het voorgegee dat hulle kliënte is en ek is met gemerkte geld gevang.” Haar stemtoon daal.

“Die drie maande wat ek in die Pollsmoor-gevangenis verhoorafwagtend was, was onhoudbaar. Louter hel. Ek sal nooit weer tronk toe gaan nie. Ons was sewentig vroue in ’n sel vir veertig en ons moes beddens met vreemdelinge deel. Die landdros wou weet hoekom niemand bereid was om vir my borg te betaal nie. My mense wou my ’n les leer, het ek gesê. Ek was eerlik. Toe sê hy hy wil my ook ’n les leer. Vandag besef ek dit was alles ten goede. Ek was veiliger in die tronk. Buite sou die dwelms my dood-gemaak het.”

Intussen het haar onttrekkingshel en cold turkey-proses begin. Die hofsaak teen haar is toe ook op onverklaarbare wyse teruggetrek. Sy het besef dat sy uit die Kaap moes wegkom. Daar was te veel slegte herinneringe; te veel versoekings. David het vir haar ’n vliegkaartjie Noorde toe gekoop sodat sy vir haar pa kon gaan kuier. Sy het op ’n dag in ’n winkelsentrum toevallig gehoor van The Cradle of Hope – ’n plek waar hawelose en stukkende vroue tydelik tuisgaan en toegerus word om weer die lewe aan te durf. Sy en Daniella het daar ‘n heenkome gekry.

Melodie van Brakel, stigter van The Cradle of Hope, vertel dat sy met hul eerste ontmoeting besef het Michelle is “óf baie opreg óf baie slim. Maar vandag besef ek Michelle – sy is ons bemarkings-bestuurder – verdien ’n tweede kans.”

Michelle sê sy is ’n nuwe mens en sy is al twee en half jaar “skoon.” Sy beskou dit as ’n wonderwerk dat sy nie MIV/vigs het nie en dat Daniella normaal is.

“Ek het my gewete wat deur dwelms vernietig is, teruggekry. Danksy die lewensafrigting en die opheffingsprogramme wat ek by The Cradle of Hope gekry het, voel ek spiritueel en emosioneel vervuld. Ek soek nie meer ’n quick fix nie. Ek het my emosionele pyn verwerk en myself bemagtig. En ek het geleer hoe om ’n goeie ma te wees. Ek het besef dat God my liefhet. Nou is dit my hartsbegeerte om vir ander ’n getuienis en inspirasie te wees.

“Daar was ’n leegheid in my lewe maar die Here het dit gevul. The Cradle of Hope het my lewe aan my teruggegee. Ek voel besonder geseënd en was nog nooit so gelukkig nie.”

* Skuilname is gebruik.

Michelle het intussen saam met haar pa en dogter in ’n tweeslaapkamermeenthuis in ’n goeie woonbuurt in Krugersdorp ingetrek. Sy is Cradle of Hope se bemarkingsbestuurder, het ’n motivering-spreker geword en is nou ook ’n opgeleide dwelmberader wat ander verslaafdes help. Sy het onlangs 1 500 vroue saam met medespreker Sonja Herholdt toegespreek

Meer inligting oor The Cradle of Hope of motiveringspraatjies by 011 660 4623, melodie@thecradleofhope.org of besoek www.thecradleofhope.org

The post ’n Nuwe lewe appeared first on rooi rose.