mond | rooi rose

Mondvol se Andriëtte maak ‘n draai by ‘Kokkedoor: Son & See’
Kykers het verlede week kennis gemaak met Kokkedoor: Son & see, die opwindende nuwe koswerklikheidsreeks uit kykNET se stal. In hierdie reeks, die tiende aflewering van die immergroen reeks, moet agt spanne mekaar die stryd aansê – maar die stryd is nie net tot die verskillende spanne beperk nie. Daar is ook die generasieverband want elke span moet uit twee familielede bestaan wat minstens 20 jaar in ouderdom van mekaar verskil.

Soos in die verlede met vorige reekse, maak daar ook gereeld gerekende gasbeoordelaars hul verskyning. Behalwe vir hul kundige insette, is hierdie gasbeoordelaars ook van groot inspirasie-waarde vir die deelnemers.

In Donderdag se tweede episode het die Kokkedore die Masterchef South Africa-naaswenner (2022 – toe nog de la Harpe), Instagram-sensasie en die stukrag agter Mondvol, Andriette Giorgiou van naderby leer ken.

Sy’s gedrewe, kreatief en propvol energie. Onlangs het sy tydens ’n onderhoud gesê: “Soos daar ’n ouma van Suid-Afrikaanse beskuit is, sal ek die tannie van Suid-Afrikaanse koekies wees. Hoekom dan nou nie?”

Inderdaad, hoekom dan nou nie?

Jy is ’n Instagram-sensasie en die ma van twee woelwaters (waarvan die jongste so pas gearriveer het). En bakster van formaat. Hoe kry jy alles gebalanseer?

Ek vra vir hulp! En ja, dit is so moeilik om te erken jy het hulp nodig. Veral as vrou is daar die narratief dat jy alles kan doen. Die waarheid is, ek kan nie. My ondersteuningsnetwerk is alles vir my. My ma hou Aimee vas as ek bak, my man, Andrew, hanteer die besigheid saam met my terwyl hy ook vir Annabelle by die skool optel. My span hou die fabriek aan die rol – it truly takes a village.

Jy het so byna-byna met die kroon weggestap tydens die vierde seisoen van Masterchef South Africa. Was dit die oomblik wat die deurslag gegee het om Mondvol tot stand te bring?

Ek wens ek het weggestap met die kroon vir die eerste plek! Maar naaswenner was net so ’n groot prestasie vir my. Die reis by Masterchef het vir my gewys ek kan dit doen – en dit het my geloof in myself gevestig. Die naam Masterchef het verseker vir my baie deure oopgemaak, maar dit is belangrik om te weet jy moet nog self opstaan en aan die deure gaan klop. Ek is diep dankbaar vir elke geleentheid!

Jou Mondvol-reeks bestaan uit meer as 60 geure. Waar kry jy die inspirasie vir die geure, en wat is jou kriteria wanneer jy ’n geur kies?

Ek is mal oor temas! Elke maand het sy eie een en die tema gee vir my ’n blank canvas en inspirasie om met nuwe unieke en vars idees na vore te kom. Die belangrikste kriteria: dit moet lekker proe!

Wat is vir jou die heel lekkerste koekiegeur en hoekom?

Ek is versot op my rooibostee-koekie. Dit proe soos ’n warm koppie tee, gedrink op ’n Sondagmiddag saam met my ouma se sny melktert. Nostalgie op sy beste.

Gee vir ons ’n voorsmake van of die deelnemers jou beïndruk met hul skeppings in Donderdag se episode:

Ek was so beïndruk met al die spanne se kreatiwiteit en braafheid om buite die boks uit te dink! ’n Mens moet kanse waag… Aan die einde van die dag was elkeen se koekies ’n toonbeeld van waag – en soms wen.

Kokkedoor: Son & see word Donderdagaande om 20:00 op kykNET (Dstv-kanaal 144) uitgesaai.

Lees ook: Is Amerika regtig die beloofde land? Rian van Heerden se nuwe dokkiereeks stel ondersoek in

The post Mondvol se Andriëtte maak ‘n draai by ‘Kokkedoor: Son & See’ appeared first on rooi rose.

6 wenke vir mondhigiëne waarvan jy nie weet nie
Ons skoonheidsdirekteur het onlangs die indrukwekkende Enamel Clinic besoek en een of twee dinge geleer oor hoe om ordentlik na jou mondhigiëne te kyk.

Kom ons kyk na ses minder bekende wenke:

1. Dis baie goed om jou tong skoon te maak.

Jou tong huisves bakterieë en dra by tot ’n asem wat sleg ruik. Belê in ’n tongskraper of gebruik jou tandeborsel om jou tong liggies skoon te maak. Hierdie eenvoudige toevoeging tot jou mondhigiëne maak ’n groot verskil om bakterieë en tandbederf te voorkom.

Lees ook: Die geheim van sagte lippe? Rooibos! Probeer hierdie skrop

2. Vlos. Dis ononderhandelbaar.

Om te vlos is ’n absolute noodsaaklike pilaar van goeie mondhigiëne. Hoewel jy die oppervlakte van jou tande met ’n tandeborsel kan takel, help dit om te vlos om in daardie nou ruimtes tussen jou tande te kom waar plaak en kosstukkies wegkruip. Daaglikse vlos verwyder nie net daardie skuldiges wat wegkruip nie, maar voorkom ook tandvleissiektes en gate wat in jou tande kan vorm. Sodoende sorg jy vir nog baie jare se  lewendige glimlag. Vlos, saam met gereeld borsel en tandartsafsprake, verseker ‘n omvattende benadering tot mondhigiëne wat baie belangrik is om jou mond gesond te hou.

3. Kou suikerlose kougom.

Die kou van suikervrye kougom veroorsaak dat speeksel vorm wat help om sure te neutraliseer, jou tande skoon te maak en jou asem vars te hou. Kies kougom wat xylitol bevat – die voordeel is dat dit ook gate in jou tande voorkom.

4. Eet reg vir jou tande.

Sekere kosse help natuurlik om jou tande skoon te hou.

Krakerige, veselagtige vrugte en groente, soos appels, seldery en wortels tree as natuurlike tandeborsels op en skrop plaak en vlekke weg.

5. Moet dit nie oordoen nie.

Hoewel goeie mondhigiëne noodsaaklik is, kan dit jou tand se emalje beskadig as jy jou tande uitermate met korrelrige tandepasta borsel. Borsel saggies en deeglik twee keer per dag vir twee minute met ’n tandeborsel wat sagte hare het. Dit is oor die algemeen heeltemal voldoende. Vermy ook om jou tande dadelik te borsel nadat jy suur kosse of drankies ingeneem het, want dit kan ook jou tande beskadig.

6. Drink genoeg water om speeksel te vorm.

Een van die aspekte van mondhigiëne wat die meeste oor die hoof gesien word, is hidrasie. Drink deur die dag water om speeksel te vorm, wat as natuurlike skoonmaker vir jou tande en tandvleis dien. Dit help ook om ’n gebalanseerde pH in jou mond te handhaaf.

Lees ook: Jy kan jou eie haarmasker maak

Deur hierdie minder bekende wenke in jou mondhigiëne-roetine in te sluit, kan jy ’n groot verskil in die algehele gesondheid van jou mond maak. Onthou: ’n Mooi glimlag gaan nie net oor skoonheid nie; dit is ’n weerspieëling van jou algehele welstand. Probeer gerus hierdie wenke. Jou tande en mondvleis sal jou daarvoor bedank.

Lees ook: Raad vir mond-en keelseertjies

Lees ook: Hoekom jy elke dag jou tande moet vlos

The post 6 wenke vir mondhigiëne waarvan jy nie weet nie appeared first on rooi rose.

Is kougom medisyne?
Xylitol is die versoeter wat meestal in suikervrye kougom gebruik word. Tandartse wêreldwyd is gaande daaroor omdat dit teen tandbederf help. Maar die jongste is dat xylitol ook teen oorinfeksies kan help. ’n Splinternuwe ondersoek deur die Universiteit van Toronto wys dit verminder die voorkoms van oorinfeksies met tot 25% – goeie nuus noudat die verkoueseisoen aanbreek.

Ses uit elke tien kinders kry voor hul eerste verjaardag oorinfeksie en teen ses het byna alle kinders al oorinfeksie gehad – pynlike infeksies wat met sterk antibiotika soos penisillien behandel moet word. Jy kan die gebruik van onnodige antibiotika systap – of ten minste soms systap – as jou kind kougom met xylitol teen 10 g – 12 g per dag kan kou sodra ’n verkoue begin kop uitsteek.

Vermoedelik help die kou-aksie die buise van Eustachius oophou sodat die oorvog kan dreineer. Xylitol is ook antibakterieel en keer bakteriële groei, soos ’n antibiotika. Laat jou kind in elk geval xylitol-kougom kou, want dit keer tandbederf met sowat 30%. Soveel ondersoeke bevestig dit dat die Amerikaanse Tandheelkundevereniging in ’n verklaring aanbeveel dat ons kougom en suiglekkers met die versoeters xylitol, sorbitol en mannitol gebruik.

Jy – en jou kinders – moet steeds tande borsel en tandarts toe gaan, maar ’n kougom ná ete by die werk of ná skoolkos is ’n goeie opsie wanneer jy nie kan tande borsel nie. Xylitol keer nie net tandbederf nie. Dit keer dit ook om, soos talle ondersoeke wys, waaronder ’n Japanse een waar tandemalje onder die elektronmikroskoop bekyk is. Dit help deur tandminerale soos kalsium terug in jou tandemalje te sit.

Die beste nuus omtrent xylitol is dat die tandversterkende effek jare lank hou. So wys opvolgondersoeke dat mense drie en selfs vyf jaar na ’n tyd van xylitol-gebruik steeds minder tandbederf het as mense wat nie xylitol gebruik het nie.

Gebruik xylitol so

• Gebruik dit op lang termyn

Xylitol werk nie dadelik nie maar ondersoeke wys dat mense wat xylitol gebruik ná sowat drie jaar baie minder gaatjies in hul tande het as mense wat dit nie gebruik nie.

• Gebuik ’n kougom met net xylitol

Die ander suikeralkoholversoeters word wel deur jou mondbakterieë as energiebron gebruik. Hulle lei dus tot die vorming van sure en plaak en uiteindelike tandbederf, hoewel baie minder as wat ander kosse vorm.

• Is dit suurvry?

Kyk na die bestanddeellys van die kougom. Bly weg van kougom met sure (acid) daarin, wat dikwels vir die smaak bygevoeg word. Die sure beskadig jou tandemalje en kanselleer die xylitol-voordele.

• Kou gereeld

Jy het 6-10 g xylitol per dag nodig maar die jongste ondersoeke wys dit is beter om vier of vyf keer deur die dag xylitol-kougom te kou, eerder as om ’n “sterk” kougom met baie xylitol net een keer per dag te kou.

• Soek ’n kougom met baie xylitol

Die supermarksoorte het maar min xylitol in. Die xylitol-soorte is merendeels by gesondheidswinkels beskikbaar. Hoe weet jy hoeveel xylitol daar in ’n kougom is? Hoeveelhede word nie aangedui nie maar die lys bestanddele op die pakkie word van die meeste na die minste gerangskik. Hoe nader xylitol aan die begin staan, hoe meer is daar in die kougom.

• Maak dit jou nagereg

Kou ’n stukkie kougom ná ete.

• Kou lank genoeg

Jou tande vind eers ná tien tot twintig minute se blootstelling aan xylitol baat daarby.

• Kou delikaat

Moenie met te veel impak of heeldag kou nie, want dit verweer jou tandoppervlakke. Kou saggies en so onopsigtelik moontlik. Kou in die openbaar, of met ’n oop mond, is immers nie goeie maniere nie.

• As jy klaar is …

Moenie jou kougom insluk óf die storie sluk dat dit jou derms sal knoop nie. Draai dit toe in ’n papiertjie en gooi weg.

• Honde kou nié

Xylitol kan dodelik vir honde wees. Moenie jou kougom neersit waar ’n hond dit kan bykom nie.

Lees ook: Lekker kosblik-idees

The post Is kougom medisyne? appeared first on rooi rose.

As tandsteen ’n probleem word
Tandsteen

Wat is dit?

Dit begin by plaak. Bakterieë, kos en verteringsprodukte vorm plaak, ’n klewerige, taai materiaal wat aan jou tande vasklou. Mondsure word hier gevorm, wat jou tandemalje afbreek en gaatjies in jou tande – en tandpyn – veroorsaak. Maar dit is nie al nadeel van plaak nie. As jy plaak nie goed afborsel nie, begin dit ná net 26 uur in klipsteenharde tandsteen omsit.

Hoekom is dit ’n probleem?

Tandsteen is selde opvallend en soms is ons min gepla daaroor. Maar as tandsteen op jou tande opbou, kan jy hulle nie goed borsel nie, en ook nie vlos nie, want die tandsteen breek die vlos. Dit verskaf ekstra “blyplek” vir bakterieë. So vorm meer plaak, en meer tandsteen.

Die probleem bou op. Aanvanklik sal jou tandarts die tand se lewe kan verleng deur dit eers te stop; later word die senuwee verwyder, waarna die tand “doodgaan” en verkleur, van geel tot bruin, blou en selfs pers en swart. As die wortel in ’n goeie toestand is, kan die tand gekroon word, of deur ’n brug oorspan word. Jou laaste opsie is ’n implantaat – baie duur en net ’n opsie as jy genoeg been in jou kaak het. Die uiteinde is dat jy die tand verloor.

Dit laat jou nie net met ’n gat in jou glimlag nie maar jou ander tande skuif en “val” uit hul gesonde, stewige posisies en is uiteindelik ook in gevaar.

2 x 2 minute

Hoe keer jy?

Borsel jou tande twee keer per dag vir twee minute – een minuut bo en een minuut onder. Volg dit met vlos mini-tussentandborseltjies om tussen jou tande skoon te hou.

6 x 1 minuut

Wat is tandvlekke?

Jy kan enige van drie soorte tandvlekke hê: Jou tandemalje kan vlek, veral van sterk koffie, rooiwyn en rook. Dié soort vlekke lê bo-op jou tandemalje en kan verwyder word. Die tweede soort vlek of verkleuring gebeur binne jou tand, meestal weens tandbeserings, soos ’n harde slag teen jou tande, wat die tandpulp beskadig en selfs interne tandbloeding kan veroorsaak.

Sekere antibiotika – spesifiek die tetrasikliene – kan jou tandemalje laat vergeel. En as jy in die fluoriedryke Karoo grootgeword het, is jou tande waarskynlik geel weens ’n hoë persentasie fluoried in jou tande. Die derde soort tandvlekke ontstaan weens ’n kombinasie van binne- en buitevlekke wat oor jare opbou, en verskyn meestal eers ná vyftig.

Hoekom is dit ’n probleem?

Al maak eksterne tandvlekke jou te selfbewus om ontspanne te glimlag is hulle meestal onskadelik. Die laaste twee dui gewoonlik op tandskade – skade wat dikwels reeds te ver gegaan het.

Hoe kry jy jou tande weer wit?

Oppervlakkige tandvlekke

Spoel jou mond met gewone water ná elke koppie koffie en glasie rooiwyn of ander kos met ’n sterk kleur wat jou tande moontlik kan vlek. Borsel jou tande deeglik. Die skuuraksie help om enige kleurneerslag af te borsel. Laat ’n mondhigiënis jou tandemalje skoonmaak. Probeer ’n tandbleikmiddel. Maar dit is nie vir jou nie as jou tandemalje al redelik verweer het, baie sensitief is en/of as jy gaatjies het.

En oppas vir bleiking as jy krone en brûe het: die bleikmiddels maak net jou natuurlike tande witter terwyl jou sintetiese tande dieselfde kleur bly. Jy gaan met ’n bont mond sit. Die tuistoestelle werk net vir baie ligte vlekke. Professionele behandeling is doeltreffender maar kan jou tande vir ’n paar dae sensitief laat voel.

Interne tandvlekke

Ongelukkig kan jy min hieraan doen – voorkom vlekke as jy kan. As julle in ’n fluoriedryke gebied woon, laat jou kinders gebottelde water drink omdat dit minder fluoried bevat. Moet jou kinders fluoriedpillejties drink? Vra jou tandarts, omdat jou gebied se water bepaal of dit nodig is of nie. Vermy tetrasikliene as jy swanger is, en by kinders jonger as twaalf. Laat die gevlekte tand met ’n kroon, veneer of ’n implantaat regstel.

Lees ook: Hoekom jy elke dag jou tande moet vlos

The post As tandsteen ’n probleem word appeared first on rooi rose.

’n Toe mond is ’n heel mond
Onlangs deel iemand die volgende aanhaling met my: “The ability to speak several languages is an asset, but the ability to keep your mouth shut in any language is priceless.”

Vir my met ’n voorliefde vir tale en die geskrewe en gesproke woord, maar met die vermoë om soms my groot linkervoet dwars in my mond te sit, was hierdie aanhaling ’n kolskoot.

Reeds as kleuter het my ma dikwels vermaan: “As mens nie iets moois kan sê nie, bly jy eerder stil.”

Op skool het ons gehoor: “’n Toe mond is ’n heel mond.” En ook: “Dit is beter om jou mond te hou en te lyk asof jy dom is, as wat jy jou mond oopmaak en alle twyfel uit die weg ruim.”

Die oomblik as ek myself verspreek of presies die verkeerde ding op die regte tyd kwytraak, het ek al gewens mense dink eerder ek is dom as ongevoelig.

So, wat veroorsaak dat mens se tongspier dikwels vinniger is as jou brein, dat mens onvanpaste en onbedagsame dinge sê en taktloos optree? En hoekom het sommige bome eenvoudig nie ’n enkele empatiese tak(t) nie?

Volgens Mandy Kloppers, ’n sielkundige, berader, skrywer en lewensafrigter, is daar ’n paar redes hoekom mense taktloos optree. Die persoon het ’n gebrek aan empatie en kan hom- of haarself nie in ’n ander se skoene indink en besef dat wat hy of sy sê, kan ontstig of ontstel of seermaak nie. Só ’n persoon se “taktfilter is gebreek” sê Mandy en dit kan wees weens vorige ervarings of aangeleerde gedrag.

Goed en wel. Dit is soms regtig moeilik om simpatie en empatie te hê met ’n gebreekte taktfilter as dit jou selfbeeld onverwags ’n haakhou gee. Veral op ’n dag dat die selfbeeld met die verkeerde, brose voet uit die bed opgestaan het.

Ek onthou ’n keer toe die ma van ’n klasmaatjie van my dogtertjie vir my kliphard voor die kleuterskoolklas vol ouers en kinders gevra het hoe ver ek dan swanger is. Toe ek dit blosend aflag as “’n winterbaba” menende dat dit al die lekker winterbredies en suikerryke warm drankies is, was haar opvolghou sowaar: “Haai, maar ek kan nie glo iemand kan só vinnig sóveel gewig optel sonder om swanger te wees nie. Jy moet dalk maar ’n toetsie gaan koop?” Straaik twee.

Ek en my pokkelpensie het maar so gou moontlik spore gemaak.

Volgens Mandy moet mens sulke tipe opmerkings en kommentaar maar vat van wie dit kom. Die einste moedertjie met die swangerskapraad is berug vir haar gebrek aan takt. Sy het onder andere al vir ’n vriendin wat kort tevore haar man onverwags aan die dood moes afstaan, met ’n glimlag gesê: “Maar jy het mos dan nou vir moeilikheid gesoek om so ’n ou man te trou!”

Daarna het daar ’n swanger stilte om die kuiertafel geheers totdat iemand weer die ys met ditjies en datjies gebreek het.

’n Vriendin met ’n outistiese seuntjie wat homself met moeite en soms met vloermoere uitdruk, het al moedeloos vertel hoe die ongevraagde kommentaar van ou tannies in winkelsentrums haar al bykans in ’n kluisenaar laat verander het. “As ek nog één keer moet hoor dat al wat hy nodig het, ’n goeie pak slae is, gaan ek begin slae uitdeel,” sug sy.

Hoekom voel soveel mense dit is hulle reg en medemenslike plig om ongevraagde kommentaar as “goedbedoelde raad” aan ander op te dis?

’n Ouer dame het eenmaal nadat my swangerskap in ’n miskraam op 12 weke uitgedraai het, aan my gesê: “Ten minste weet jy nou jy kán swanger raak. Julle moet net bietjie harder oefen om dit reg te kry!” Dié ou grappie het my amper die telefoon saam met my trane laat sluk.

Daar is ’n tyd en plek vir alles. Maar sommige grappies en gedagtes moet eerder nie hardop gedeel word nie.

’n Universiteitskêrel wie se ma ek eers ontmoet het lánk nadat ons begin uitgaan het, se heeleerste woorde aan my was: “My jinne, ek het gedink (Kêrel) sal vir hom ’n mooi donkerkop meisie kies.” Net dit.

My blondekop kon gelukkig nie op daardie oomblik aan iets pittig of venynig dink om daarop te antwoord nie en ek het verstaan hoekom Kêrel só lank geneem het om my voor te stel – hy het my moontlik teen die vuurtong probeer beskerm.

Maak wat jy wil, met party mense het jy meer as ’n harde huid nodig. En uit ervaring weet ek dit is maar soms beter vir die vel én gemoed om draaie om sulke mense te loop.

Gepraat van draaie loop. Toe ek nog vroeg in die laerskool was, was een van my gunstelinguitstappies om saam met my pa Vrydagmiddae of weeksaande gou biblioteek toe te gaan om boeke uit te neem of inligting vir ’n skooltaak te kry.

Die dorpsbiblioteek op my grootworddorp het ’n groot tuin met geplaveide paadjies en dit was hoeka een laatmiddag op een van hierdie paadjies op pad motor toe, dat ek vol bewondering – maar weliswaar heeltemal té hard – vir my pa gefluister het om vir die “vrééslike vet omie hier voor ons” te kyk.

Die omie was niemand anders nie as die swaargewig-bokser Mike Schutte wat in daardie stadium kort-kort die nuus gehaal het weens sy humeur. Nodeloos om te sê: Toe ek omdraai om te kyk waar my pa dan is, was hy skoonveld. Hasepad gekies en agter ’n pilaar gaan skuil.

Klein boompies moet dikwels nog tak(t)ke groei en ek het self al met ’n rooi gesig gesit oor die dinge wat die Genade-kroos kwytraak.

Soos die keer toe ons genooi is vir koffie by iemand en my seuntjie sommer met die intrapslag vir die gasvrou sê hy sal sy koeldrank “in ’n ‘takeaway cup’ vat, Tannie, want Mamma het gesê ons gaan beslis nie lank by júlle mense bly nie”.

Ek het gewens ek kon my rooi gesig in ’n wegneemkardoes pak en dadelik spore maak.

My sosiale vlindertjie (tans 6) knoop baie graag joviale geselsies met mense in winkeltoue aan. Sy het al onder andere vir ’n Moslemdame wat ten volle geklee was in haar swart abaya, gesê: “Tannie se ninja-klere is móói!”

Sy het ook die supermarkkassier gelukgewens met “al die tandjies wat Tannie gewissel het” en gevra hoeveel die Tandemuis vir haar gebring het.

Sulke onskuld sorg vir in-die-mou-giggel-oomblikke en dis waar die verskil lê tussen iets effe onvanpas kwytraak, maar uit kinderlike onskuld en met ’n goeie bedoeling – en iets goor en simpel aan iemand sê bloot omdat jy nie maniere of ’n filter het nie. Erger dan ook om daarna met ’n stroopsoet glimlag te sê: “Ag, ek het net ’n ou grappietjie gemaak!”

As jy nie iets moois kan sê nie, is dit eenvoudig: Móénie jou mond oopmaak nie. En as iemand keer op keer iets nie-moois-nie vir jou en oor jou uitblaker, is dit effe moeiliker, maar eweneens eenvoudig: Móénie luister nie.

Party bome het nou maar eenmaal nie ’n enkele empatiese tak(t) nie.

Mandy Kloppers se blog: http://thoughtsonliveandlove.com

Lees ook: Nuwe grense: Wanneer ouers en hul volwasse kinders saamwoon

The post ’n Toe mond is ’n heel mond appeared first on rooi rose.

Raad vir mond-en keelseertjies
Raad vir mond-en keelseertjies deur Salomé Delport

Dit kan ’n teken van mondkanker wees maar afteuse seertjies is ’n baie meer algemene verklaring. Een uit elke vyf mense sukkel hiermee. Dit neem gewoonlik 7-10 dae voor die seertjie verdwyn.

Intussen is dit behoorlik seer en lastig. Probeer ’n keelsproei of gorrelmiddel – vra jou apteker watter een.

Navorsing wys die volgende vyf dinge is die algemeenste sondaars. Dit kan help as jy hulle regstel.

Jy eet en drink skerp kosse, soos baie suur, te soet of te warm items, wat jou slymvliese beskadig en so vatbaar maak vir afteuse sere.

Jy is onder te veel stres, soos gedurende eksamens, wat jou immuunstelsel afbreek en jou vatbaarder maak.

Die slymvliese van jou mond en keel, wat jou behoort te beskerm, is te dun weens ’n tekort aan vitamien B12, folaat en/of yster

Party vroue is meer vatbaar hiervoor in die eerste twee weke ná menstruasie.

Tandepasta met sodium lauryl sulphate kan vir party mense ’n probleem wees.

Lees ook: Wat jy moet weet oor ystertekort

The post Raad vir mond-en keelseertjies appeared first on rooi rose.