movies | rooi rose

Wie is Anchen du Plessis?
Deur Catherine Schenck. Foto’s deur Jay Loots en Wihan Elmann

Jy vertolk die hoofrol van Gideonette de la Rey in Meerkat Maantuig.

Gideonette is ’n baie bang meisie. Sy is bang om nuwe goed te probeer, want sy is bang sy sal doodgaan. Sy leef haar hele lewe met vrees.

Hoe het jy voorberei om Gideonette te speel? Hoe verskil julle en hoe is julle eenders?

Ek het nie regtig voorberei vir die rol nie. Dit was vir my verbasend maklik om met Gideonette ’n connection te maak. Ek en Gideonette is altwee bang daarvoor om nuwe goed te probeer, maar net vir ander redes.

Is dit lekker om ’n hoofrol in ’n fliek te speel?

Ek is baie dankbaar vir die geleentheid. Dit was ’n ervaring wat ek nooit sal vergeet nie. Dit was my heel eerste hoofrol, maar my tweede film. Ek het so baie geleer by almal op stel.

Die fliek is gebaseer op Riana Scheepers se boek Blinde Sambok. Het jy die boek gelees, en het dit jou benadering tot die fliek beïnvloed?

Ja, ek het die boek gelees. Dit het my baie gehelp om ’n agtergrond vir Gideonette te skep. Die teks en die boek verskil nogals baie, maar ek is bly ek het die boek gelees.

Jy werk in die fliek saam met gerespekteerde akteurs, regisseurs, en skrywers soos Pierre van Pletzen, Rika Sennett, Themba Ntuli en Hanneke Schutte. Hoe was dit om saam met hulle te werk, en wat het jy by hulle geleer?

Ek is dankbaar vir die geleentheid om saam hulle almal te kon werk. Ek het so ongelooflik baie by hulle geleer en hulle het my baie gehelp en ondersteun.

Was daar iets snaaks wat agter die skerms gebeur het?

Ek kan nie iets spesifiek uitwys wat die snaaksste was nie. Ons het heeltyd gelag en grappies gemaak. Almal op stel het soos familie geword.

Wat is die lekkerste ding wat jy op stel gedoen het?

Net om op stel te kon wees was lekker!

Kyk hier na die lokprent van Meerkat Maantuig wat op 16 Maart 2018 landwyd in fliekteaters begin draai:

Lees ook: Meerkat Maantuig is gewild oorsee

Jy speel ook die rol van die jong Killer in Vaselinetjie. Hoe was die ervaring?

Vaselinetjie was my heel eerste film. Ek het baie geleer en dit baie geniet om saam met almal op stel te kon wees. Ek het baie maklik met Killer geïdentifiseer. As ek in die oggende haar klere aangetrek het, was ek vir die res van die dag “Killer.”

Hoe het jy dit reggekry om jou skoolwerk met jou rolprentwerk te balanseer?

Ek het vyf weke se skool gemis. Ek moes in die vakansie my eksamens inhaal. Die skool was gelukkig baie tegemoedkomend.

Wat sê jou onderwysers, maats en ander kinders by die skool oor die feit dat jy in flieks speel?

Hulle almal is baie opgewonde vir my. Veral my naaste vriende en familie.

Jy kan kitaar speel en sing. Waar kom jou liefde vir musiek vandaan, en hoekom het jy kitaar gekies?

Ek speel nie meer kitaar nie, maar ek het. Ek het dit baie geniet om te sing en kitaar te speel. Ek het tot einde graad 7 sanglesse gekry by Jeanette van die groep Heuning.

Wat doen jy wanneer jy nie drama doen of skoolgaan nie?

Ek geniet dit om perd te ry en ek is lief daarvoor om buite te wees. Ek hou daarvan om tyd saam met vriende te spandeer.

Wat wil jy nog alles bereik?

Ek sal graag in nog films wil speel en ek sal graag in die toekoms my eie draaiboek wil skryf.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie.

Ek is bang vir die donker.

Wat is jou gunstelingkos?

Lasagne.

The post Wie is Anchen du Plessis? appeared first on rooi rose.

Lupita Nyong’o in nuwe Trevor Noah-fliek
Deur Catherine Schenck. Hooffoto Twitter

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah, wat tans die aanbieder is van die gewilde The Daily Show in die VSA, se outobiografie, Born A Crime: Stories from a South African Childhood, gaan verwerk word vir film. Die boek het verskeie toekennings ontvang en daar is sprake van ’n opvolg …

Lees ook oor Trevor Noah se toekenning vir sy werk by The Daily Show

Die Oscar-bekroonde aktrise Lupita Nyong’o het pas aangekondig dat sy nie net hierdie filmverwerking gaan vervaardig nie, maar dat sy ook die rol van Noah se ma, Patricia, sal speel. In haar aankondiging op sosiale media noem die Kenyaans-gebore Nyong’o dat sy “die boek nie kon neersit nie,” en dat sy baie opgewonde is om beide in ’n vervaardigings- en vertolkingsrol deel te wees hiervan. Noah, wat gereeld verwys na sy ma as sy inspirasie en as die persoon wat die belangrikste rol in sy lewe speel, het op haar twiet gereageer met, “Ek’s in die hemel!”

When I read @Trevornoah‘s “Born A Crime,” I could not put the book down. Excited to announce that I will be starring in and producing its feature film adaptation! #BornACrimehttps://t.co/v4AfGe23P5 pic.twitter.com/QvrsETIEAc

— Lupita Nyong’o (@Lupita_Nyongo) February 21, 2018

I’m in heaven! https://t.co/wLK81WsIoo

— Trevor Noah (@Trevornoah) February 22, 2018

Daarna het Noah self op sosiale media die volgende gedeel: “My ma is ’n sterk vrou wat maklik self een van die pragtige soldate van Wakanda kon wees.” (Verwysend na die Marvel-film Black Panther, waarin Nyong’o die rol van ’n soldaat van die koninkryk Wakanda vertolk). “So dit is meer as perfek dat sy op die grootskerm uitgebeeld sal word deur die koninklike en stralende Lupita Nyong’o. Ek is verby opgewonde.”

https://www.instagram.com/p/Bfe1Aoxncrp/?hl=en&taken-by=trevornoah

Lees hier oor die keer toe Trevor Noah en Charlize Theron saam in die Kaap gekuier het

The post Lupita Nyong’o in nuwe Trevor Noah-fliek appeared first on rooi rose.

Suid-Afrikaanse films bekoor oorsese gehore
– Saamgestel deur Catherine Schenck. Hooffoto: Lindsey Appolis

Revolting Rhymes

Dié Suid-Afrikaanse film staan ’n kans om ’n Oscar te wen by die 90ste Academy Awards wat in Maart vanjaar plaasvind. Hierdie filmverwerking van Roald Dahl se geliefde Revolting Rhymes is vervaardig deur die Kaapse animasie-huis, Triggerfish. Revolting Rhymes is genomineer in die kategorie vir Beste Animasie-kortfilm. Johannesburgse gehore sal ’n voorskou hiervan kan sien by The Bioscope in Maboneng op 16 Februarie 2018.

Loer hier na die lokprent:

Inxeba (The Wound)

Nog ’n film wat gekortlys was vir ’n Oscar in die kategorie vir Beste Buitelandse Rolprent is die kontroversiële film Inxeba (The Wound). Inxeba is ’n internasionale projek waar Suid-Afrikaners, Duitsers, Nederlanders en Franse saamgewerk het. Dit is ook genomineer vir ’n toekenning in die kategorie vir Uitstaande Film – Beperkte Vrystelling by die GLAAD Media-toekennings, wat regverdige, akkurate en inklusiewe voorstellings van die LGBTQI+-gemeenskap en die sake wat hul lewens raak, erken. Wat dit nog meer indrukwekkend maak, is die feit dat dit die heel eerste keer is dat ’n buitelandse film ’n nominasie by hierdie fees ontvang. Boonop het hierdie film reeds 19 internasionale toekennings ontvang sedert sy bekendstelling by die Sundance Filmfees in 2017.

Inxeba handel oor tradisie en seksualiteit en vind plaas tydens die Xhosa-deurgangsrites na manwees. Ses openbare voorskoue sal gehou word in Johannesburg, Kaapstad, Pretoria, Port Elizabeth en Durban op 24 Januarie 2018. Hierdie film begin op 2 Februarie 2018 in Suid-Afrikaanse fliekteaters draai.

Kyk hier na die lokprent:

Ellen: Die Storie van Ellen Pakkies

Ellen: Die Storie van Ellen Pakkies ding mee by die Rotterdamse Internasionale Rolprentfees wat op 27 Januarie 2018 plaasvind. Die bekroonde regisseur en stigter van Gambit Films, Daryne Joshua, wat bekend is vir sy suksesvolle debuutfilm, Noem My Skollie, was aan die stuur van hierdie indrukwekkende produksie, terwyl die draaiboek deur Amy Jephta geskep is met die hulp van die regte Ellen Pakkies se insette.

“Die Rotterdamse Internasionale Rolprentfees is een van die mees gesogte internasionale filmfeeste. Ek is baie opgewonde dat ons klein Suid-Afrikaanse projek bo duisende ander inskrywings, van regoor die wêreld, gekies is om deel te wees daarvan in 2018. Baie geluk en baie dankie aan die vervaardigers en filmspan, ons kan trots wees op hierdie prestasie. Ek hoop ook dat mense nou ook die omstandighede rondom Ellen Pakkies se merkwaardige verhaal beter sal verstaan,” sê Daryne Joshua.

Die fliek, wat oor twee storielyne afspeel, vertel die storie van Ellen Pakkies (Jill Levenberg) se spanningsvolle verhouding met haar twintigjarige seun, Abie (Jarrid Geduld), wat aan dwelms verslaaf is. Sy dood het in 2007 regoor die wêreld opslae gemaak. Die mees ontstellende aspek van die moordsaak is dat sy ma die moordenaar was. Advokaat Adrian Samuels (Clint Brink) neem dan haar saak in en is vasbeslote om te bewys dat Ellen nie ’n ander keuse gehad het nie. Maar wat het veroorsaak dat sy opgehou het om hulp te soek? Die film is dus die ontstellende verhaal van ’n vrou wat deur die strafproses geplaas word, teregstaan op ’n moordaanklag en gedryf is deur ’n onwrikbare liefde vir haar seun. Dit delf in die innerlike psige van ’n familie wat deur dwelms vernietig word, in een van die gevaarlikste gemeenskappe in Suid-Afrika. ’n Plaag, met gevolge wat verder strek as die Kaapse Vlaktes en die staat se onvermoë om die armstes van die armes te beskerm, beklemtoon.

Foto deur Lindsey Appolis. Ellen Pakkies & Jill Levenberg

The post Suid-Afrikaanse films bekoor oorsese gehore appeared first on rooi rose.