nageboortedepresse | rooi rose

Nageboortedepressie: Wanneer moet ’n vrou hulp kry?
Ons sou graag wou glo dat moederskap vir alle vroue ’n warm and fuzzy ervaring is, maar dit werk nie so nie. Tot ’n derde van alle nuwe ma’s in alle kulture en in alle omstandighede ontwikkel post-natale depressie (PND) in die jaar ná hul baba se geboorte.

“Dis asof die gemeenskap saamsweer om ’n sluier hieroor te trek,” sê Paula Marais, Kaapse taalspesialis, joernalis en skrywer van die aangrypende roman Skaduself waarin die hoofkarakter aan nageboorte-depressie ly.

“Wanneer ’n vrou ’n ma word, word sy nie ‘toegelaat’ om te erken dat sy moeilik die mas opkom nie; moederskap is mos iets wat vroue instinktief moet kan regkry. “Post-natale depressie is dus ’n taboe-onderwerp, Vroue wat daarmee worstel, begin meestal eers daaroor praat wanneer dit ná nege of tien maande verdwyn het. Selfs dan is dit nie ’n gewilde gesprekskeuse nie. Ons praat makliker oor gebreekte arms en knievervangings as oor ’n geestessiekte. Die dood van die akteur Robin Williams het die isolasie wat met depressie gepaardgaan, beklemtoon.”

Terwyl Paula saam met navorsingsielkundige Linda Lewis aan When Your Blessings don’t Count, ’n gids oor post-natale nood, gewerk het, het sy self post-natale depressie ontwikkel. “Hoe lui die cliché nou weer? Skryf oor dit wat jy ken. En glo my, ek kén PND.”

Hoe lyk PND?

Post-natale depressie het drie gesigte:

Die blues

Tot 80% van alle ma’s voel kort ná die geboorte neerslagtig. Dis normaal om ’n paar dae lank angstig, tranerig, moeg en geïrriteerd te voel. Maar as jy voel dat jy nie na jouself of jou baba kan omsien nie, daaraan dink om jouself of die baba seer te maak, of as die blues nie binne twee weke verdwyn nie, moet jy dadelik hulp kry.

Post-natale psigose

In teenstelling met die blues kom post-natale psigoseslegs by sowat twee uit duisend nuwe ma’s voor. Vroue wat hiermee worstel, ervaar ernstige denkstoornisse en moet onmiddellik gehospitaliseer word omdat hulle vir hulself en ander ’n gevaar kan wees. (Thea, die hoofkarakter in Skaduself, ly aan post-natale psigose.) Sowat 50% van alle vroue met postnatale psigose ervaar dit ook met ’n volgende swangerskap. In daardie geval moet hulle so gou moontlik hulp kry.

Post-natale depressie en angstigheid

Dié vorm van depressie lê tussen die blues en post-natale psigose. Dit tref tien tot dertig persent van alle ma’s. PND kan stadig ontwikkel gedurende die baba se eerste lewensjaar. As dit nie behandel word nie, kan dit as ’n chroniese laegraadse depressie voortduur en erger word met verdere geboortes. Die simptome kan angstigheid, irritasie, woede en hartseer van wisselende intensiteit insluit. Party vroue voel hulle is besig om die kluts kwyt te raak. Soms voel ’n vrou tydelik beter, en dan weer slegter.

Wat veroorsaak PND?

Dis nie maklik om vas te stel hoekom sommige vroue dit kry nie. Die oorsake is meestal ’n kombinasie van fisieke, sielkundige en sosiale faktore. PND kom dikwels voor by gedrewe, perfeksionistiese vroue wat nie in beheer voel terwyl hulle by ’n nuwe baba aanpas nie. PND is nie suiwer hormonaal nie. Selfs pa’s en ma’s wat babas aanneem, kan dit beleef.

Moontlike oorsake sluit die volgende in:

’n Geskiedenis van depressie of psigiatriese stoornisse soos bipolêre siekte

Alkohol- en dwelmmisbruik

Ongewenste swangerskappe

Swangerskappe waar die emosies hoog loop, soos dié wat op vrugbaarheidsbehandeling volg

Swangerskappe met komplikasies

Ingrypende, spanningsvolle gebeure soos die dood van ’n naasbestaande, ’n miskraam, verhuising of afdanking

Moeilike sosio-ekonomiese faktore en omstandighede

’n Gebrek aan ondersteuning of mishandeling, veral deur ’n lewensmaat of naby familielid.

Die simptome

’n Vrou met nageboorte-depressie is nie net hartseer nie; haar denke en gedrag verander ingrypend. Dikwels verloor sy belangstelling in seks. Sy kan met slaaploosheid sukkel, heeltyd wil slaap, haar eetlus verloor, of versot raak op koolhidrate.

Party vroue is geïrriteerd, vyandig, pessimisties, of sukkel om te konsentreer. Die simptome van post-natale psigose sluit vervolgingswaan, soos die oortuiging dat ’n individu of organisasie die lyer wil skade aandoen of doodmaak, of ander wanvoorstellings in. Die persoon kan byvoorbeeld glo sy het die vermoë om mense uit die dood op te wek.

Hallusinasies – die waarneming van klanke, reuke, mense, diere, kleure, vorms of iets anders wat nie werklik daar is nie – kan voorkom. Sy kan ook verwarde of ontwrigte denke toon, soos om die gespreksonderwerp lukraak in die middel van ’n sin te verander.

Ander tekens is maniese optrede, soos ’n aanhoudende of vinnige gepraat, of ’n lae episode: depressie, ’n gebrek aan energie, aptytverlies en slaaploosheid. Gedurende psigotiese episodes besef ’n lyer nie dat sy vreemd optree nie. Sy beskou haar gedrag as normaal.

Wanneer moet ’n vrou hulp kry?

Klop aan by jou huisarts,’n sielkundige of ’n psigiater sodra:

Dit slegter gaan, eerder as beter

Jy glad nie jouself is nie

Jy angstig, paniekbevange, geïrriteerd, woedend, vergeetagtig, tranerig of besluiteloos voel, of jou onttrek

Voel die baba sal beter daaraan toe wees sonder jou.

Behandeling

’n Kombinasie van medikasie, psigoterapie en individuele of groepsteun is ideaal. Sekere antidepressante kan tydens swangerskap of borsvoeding geneem word.

As jy haar bystaan

Alle betrokkenes moet besef PND is ’n kliniese vorm van depressie en nie ’n teken van swakheid of die gevolg van ’n gebrek aan wilskrag nie. ’n Vrou wat hieraan ly, kan haarself nie regruk nie. Die toestand oorweldig haar in so ’n mate dat sy nie normal kán funksioneer nie. Alles is te veel inspanning; sy voel skuldig, waardeloos en buite beheer. Sy kan selfs besluit haar gesin sal sonder haar beter daaraan toe wees.

Nabymense wat haar konstant probeer opvrolik, vererger die situasie. Hul frustrasie en moedeloosheid neem toe en sy voel al meer afgesonder en skuldig.

As jy ’n gesins- of famlielid of vriend is, kan jy:

professionele hulp kry; moet dit nie alleen probeer hanteer nie

kalm bly, wat ’n uitdaging is omdat vroue met post-natale depressie inkonsekwent en veeleisend kan wees, of hulle emosioneel kan onttrek

haar ondersteun deur haar behoeftes te antisipeer en aandag daaraan te gee

luister wanneer sy oor haar gevoelens praat en daarteen waak om haar te kritiseer

haar onvoorwaardelik aanvaar

daarteen waak om haar te dwing om dinge te doen waarvoor sy nie gereed is nie

sorg dat jy haar nie voorsê of haar neerbuigend behandel nie, al lyk dit na die aangewese optrede

haar soveel moontlik laat rus en slaap

besoeke van vriende en familielede beperk

hulp met die huishouding, inkopies en die kinders aanvaar sodat jy meer tyd met haar, die baba en enige ander kinders kan deurbring.

Dis baie belangrik om te onthou dat jou behoeftes ook tel. Maak tyd vir jouself, eet gebalanseerd, en sorg dat jy oefening en genoeg slaap kry. Moenie dwelmmiddels of alkohol gebruik om die mas op te kom nie. Moenie ’n martelaar word of jou stokperdjies en ander belangstellings verwaarloos nie. Jy is die gesonde ouer en dis belangrik dat jy fisiek en emosioneel gesond bly.

Kinders hanteer depressie in die gesin baie moeilik. Selfs babas kan depressief raak, en ouer kinders kan leer- of gedragsprobleme ontwikkel. Kry professionele hulp as jy oor hulle bekommerd is.

Kinders moet besef hulle is nie die oorsaak van hul mamma se depressie nie en dat sy sal herstel. Die gesonde ouer moet soveel moontlik gehaltetyd met hulle deurbring en sorg dat hulle nie by konflik tussen die ouers betrek word nie.

Kinders moet aangemoedig word om aan aktiwiteite buite die huis deel te neem sodat hul geluk nie afhang van hoe hul ma daardie dag voel nie. PND is ’n behandelbare toestand, maar as dit nie aandag kry nie, kan dit chronies word. Hoe vinnig ’n vrou herstel, hang onder meer af van hoe gou sy die regte hulp kry.

’n Ma se emosionele welsyn is van die uiterste belang; dis een van haar grootste geskenke aan haar kind.

Lees ook: Hoekom babas moet kruip

The post Nageboortedepressie: Wanneer moet ’n vrou hulp kry? appeared first on rooi rose.

‘Suidooster’ se Kaashifa oor skokkende storielyn: “Ek het op my ervaring staatgemaak”
Die afgelope paar weke moes Suidooster-aanhangers toekyk hoe hul geliefde Kaashifa-karakter ’n gedaanteverwisseling ondergaan. Ná die geboorte van haar seuntjie, Dullah, was dit gou duidelik dat sy sukkel met haar nuwe rol as ma en het haar gedrag by die dag vreemder begin raak.

“Dit is in wese die ervaring van ’n nuwe ma. Alhoewel dit nie almal se ervaring is nie, gebeur dit wel. En hier is ’n vrou wat al deur soveel moeilike dinge is wat haar baie kwesbaar laat.  Kaashifa kan byvoorbeeld nie haar baba borsvoed nie omdat sy borskanker gehad het wat tot ’n dubbele mastektomie gelei het. Sy het ook nie eie bloedfamilie nie en voer deurlopend ’n stryd met haar selfvertroue. Daarvoor probeer sy dan in oormaat vergoed,” vertel Jawaahier Petersen, wat die rol van Kaashifa vertolk.

Kaashifa se optrede, wat aan nageboortelike psigose toegeskryf word, het ontstellende gevolge gehad en is op ’n spits gedryf toe sy vir Dullah met ’n kussing in Maandag se episode probeer versmoor het.

Volgens Jawaahier, wat ook ‘n opgeleide maatskaplike werker is, wys dié storielyn die impak van ’n onbehandelde nageboortelike psigose op verhoudings, huwelike en familiebande –  veral op die ma se verhouding met haar baba en diegene wat haar ondersteun.

Jawaahier het met ons oor haar opspraakwekkende storielyn gesels.

Jou karakter, Kaashifa, kry baie kritiek van kykers oor hoe sy optree. Hoekom dink jy is dit so?

As ’n kliniese maatskaplike werker maak dit my hart eintlik baie seer om die kommentaar te sien en die goed wat mense kwytraak op sosiale media oor hierdie storielyn. En veral van vrouens af…

Dit spreek duidelik van ’n ekstreme gebrek aan begrip en bewustheid en inligting oor ’n onderwerp wat vir baie jare taboe was. Ek besef nou dat mense nie baie inligting daaroor het nie en dat hulle dus nie baie deernis en begrip daarvoor openbaar nie.  Maar dis baie maklik om iets te veroordeel wat jy nie verstaan nie, nie bewus van was of nie self ervaar het nie.

Van ’n kliniese professionele standpunt: Nageboortelike depressie is in 1994 vir die eerste keer as sulks in Amerika gediagnoseer. Hierdie diagnose het eers later na die res van die wêreld versprei. Suid-Afrika het deur sy eie dinge gegaan in 1994. Daarom is dit te verstane dat nageboortelike depressie eers aansienlik later hier erken is.

Daar is baie ouer vroue wat sê ‘ons het dit nie in ons jare gehad nie’ en ‘ek het nie deur dit gegaan nie’ of ‘ek het nog nooit so iemand ervaar nie’. Party noem dit selfs afgesaag of verregaande of whatever. Daar was beslis baie vrouens wat nageboortelike depressie ervaar het, maar hulle het net nooit ’n naam of diagnose daarvoor gehad nie.

Selfs vandag is daar mense wat nog skaam is om te erken dat hulle hierdeur gaan omdat hulle veroordeel word – en daar is waarskynlik selfs ’n groter stigma aan nageboortelike psigose. Niemand praat daaroor nie. Woorde soos mal en gek, stapelgek en kêns … sulke woorde word gebruik.  In plaas daarvan moet ons eerder ondersteun en begrip toon. Dis juis hoekom vroue nie hieroor praat nie. Hulle is bang vir etikette met daai woorde.

Wat my ook ontstel, is die feit dat daar baie vrouens is wat sê ‘O, Kaashifa makeer ’n klap’ of ‘Kaashifa se eksman moet terugkom en vir haar bliksem’ of ‘Rhafiek moet maar net haar in die bek klap’ of soortgelyke goed. Ons geslagsgeweld-statistiek is van die hoogstes in die wêreld, dalk selfs die hoogste. En die publiek se algemene reaksie is om geweld teen ’n vrou aan te moedig as oplossing vir ’n toestand wat hulle nie verstaan nie. Dit maak my baie bekommerd!

Nog iets: Mense raak ongemaklik wanneer hulle iemand sien sukkel met geestesgesondheid. Mense is meer gemaklik met fisiese ongesteldheid as met die geestelike elemente van geestesgesondheid. Dis juis omdat mense dit nie verstaan nie of nie daaraan blootgestel word nie of net hul kop in die sand daaroor druk dat hierdie toestand so afbrekend benader word.  En vroue ly in stilte.

Hoe was dit vir jou om dié storielyn aan te pak, terwyl jy as Jawaahier self swanger was?

Ek het gedink die kankerstorielyn en die emosionele mishandeling toe ek met Imraam (Marlo Minnaar) getroud was, was taai. Maar ek was nie voorbereid op hierdie een nie. Tot dusver was dit die moeilikste storielyn vir my omdat ek self ook swanger was.

Ek was heeltyd bewus daarvan terwyl ek Kaashifa se storie en Kaashifa se emosies moes uitspeel dat my liggaam nie die verskil geken het nie en dat my babatjie ook nie geweet het wat die verskil is nie.

Alhoewel ek my alles gegee het vir elke toneel, het ek versoek dat ek tyd gegun word om net met my babatjie te gesels sodat ek net geestelik en fisies ontslae kon raak van Kaashifa se emosies. Ek wou nie daarmee rondloop nie.

Die vervaardigers, regisseurs en vloerbestuurders het ook baie, baie begrip gehad. Daar is besluit as ek alles in een take kan doen, dan gaan ons net vir een take, en as dit te veel vir my raak, dan stop ons net daar. Ek het dit as baie ondersteunend ervaar, en dit het dit effe makliker gemaak om die storie te vertel.

Omdat ek as maatskaplike werker met pasiënte in psigiatriese geriewe gewerk het, het ek ervaring opgedoen met vrouens wat deur nageboortelike depressie gaan.  Ek het ook gesien op Facebook sê mense ‘ja, maar as jy deur nageboortelike depressie gaan, huil jy net, jy’t nie ’n band met die kind nie of jy wil niks met die kind te doen hê nie’. Dit is maar één deeltjie of element van nageboortelike depressie. As dit nie behandel word nie, kan dit in iets veel ergers ontwikkel, soos nageboortelike psigose, wat Kaashifa nou ervaar.

Ek het op my ervaring staatgemaak, maar daar moet in gedagte gehou word dat Kaashifa se geskiedenis net op haar van toepassing is. Daar is navorsing gedoen, want ’n mens wil seker maak jy is eerlik met jou storie, want jou storie behoort aan daai mense. Dis nie my storie om te vertel nie.

Dis vir vroue wat in stilte swaarkry. Dis vir die vroue wie se mans hulle in die 50’s en 60’s gelos het omdat hulle dit nie verstaan het nie. Dis vir die vroue van die 70’s en 80’s wat alkoholiste geword het, want hulle het nie geweet hoe anders om dit te behandel nie. Dit behoort aan die vroue wat hierdeur gaan. Elke dag, in elke toneel, het ek ’n keuse gemaak om die storie so eerlik moontlik te vertel.

As ’n ma het ek met my tweede kind nageboortelike depressie ervaar. My man reis gereeld. So, ek was baie kere op my eie met twee kinders. Dit het oorweldigend geraak. Ek het gelukkig nie nageboortelike psigose ontwikkel nie. Danksy my geloof, met die ondersteuning van my ma, my sibbe en ander, het ek nie opgeëindig met die paranoia wat Kaashifa nou ervaar nie.

Wat is jou advies aan nuwe ma’s wat sukkel met nageboortelike depressie en psigose?

My eerste stukkie raad gaan nie vir die ma’s wees nie. Hulle besef nie aan die begin wat werklik aan die gang is en waardeur hulle gaan nie.

Ons moet ingelig wees en die publiek inlig en só ’n bewustheid kweek sodat diegene wat in die sfeer van die nuwe ma is, hierdie simptome kan raaksien. Hulle moet ingelig wees sodat hulle kan weet waarvoor om op die uitkyk te wees en nie ook soos Mymoena (Jill Levenberg) en Rhafiek (Irshaad Ally) al die simptome en tekens miskyk nie. Haar lewensmaat, haar familie . . . hulle moet bewus wees van wat aangaan. Hopelik skep hierdie storielyn ’n bewustheid sodat mense kan leer om die tekens raak te sien.

Dan kan jy die nuwe ma nader en sê jy vermoed sy hanteer dalk nie alles so goed as wat sy mense wil laat glo nie. Kom, laat ons hulp vir jou kry.  Daar is hulp beskikbaar, en daar is ondersteuningsgroepe. Jy kan ook uitreik na South African Depression and Anxiety Group (SADAG). Ek glo die ondersteuningsgroep moet die ma help op haar pad na herstel. Sy gaan nie noodwendig aanvanklik besef wat besig is om met haar te gebeur nie.

Ek het ook ’n plasing hieroor op Facebook gemaak, en soveel vroue het daarop reageer en dankie gesê. Van hulle het erken hul mans of families het baie keer nie geweet wat besig is om te gebeur nie. Ons moet die stigma laat verdwyn en die gevoel van skaamte uitroei. Dis nou die tyd om daaroor te praat. Geen vrou moet ooit alleen ly nie.

Lees ook: Nageboorte-depressie: toets jouself

Hoe gaan dit met jou en Leyla?

Oooo, ek en Leyla. Sy is nou amper ’n maand oud en, ag, sy is te pragtig. Ek moet sê, dis nogal ’n aanpassing om weer oor te begin, want jinne, my twee kinders is al groot. Die oudste gaan al op kampe, en my dogtertjie is besig met buitemuurse aktiwiteite en dan sit ek met ’n baba op 39!

Maar sy is so ’n bondeltjie vreugde. En ja, ek bly in ’n borrel van geluk met ons prinses.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en om 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream, Catch Up en Showmax.

Lees ook: My storie: Nageboorte-depressie is ‘n werklikheid

The post ‘Suidooster’ se Kaashifa oor skokkende storielyn: “Ek het op my ervaring staatgemaak” appeared first on rooi rose.