narkose | rooi rose

Gaan slim om met narkose
Deur Mariette Snyman

Wanneer jy ‘n operasie moet kry, is dit dikwels nie net die prosedure nie, maar ook die narkose waaroor jy jou bekommer. Dis immers ‘n toestand waarin jy jou omstandighede glad nie kan beheer nie. Vreesaanjaende verhale van mense wat “wakker” word onder narkose of sleg daarop reageer, kan onnodige vrese opwek.

“Ingeligte pasiënte wat weet wat om te verwag en voor ‘n operasie vrae mag vra, het meer selfvertroue,” sê dr Annemarie Herselman, ‘n narkotiseur van Randburg.

“‘n Narkotiseur is nie bloot die mens wat jou aan die slaap maak nie. Ons is ook primêre versorgers en dokters. Narkotiseurs is vertroud met gebiede soos chirurgie, interne medisyne, pediatrie, verloskunde en toegepaste fisiologie. ‘n Opwindende deel van ons werk is om op hoogte met die ontwikkeling van biomediese tegnologie te bly.”

Sy verduidelik hulle word in kliniese farmakologie opgelei, wat beteken dat hulle op die interaksie van geneesmiddels bedag is — nie net middels wat tydens narkose toegedien word nie, maar ook medikasie en ander middels wat pasiënte voor narkose neem en wat narkose kan beïnvloed. Die medikasie wat postoperatief voorgeskryf word, is die narkotiseurs — in samewerking met die chirurg — se verantwoordelikheid.

“Pasiënte vra dikwels hoekom hulle sesuur die oggend by die hospitaal moet inklok as hulle eers later geopereer word. Dan sê ek dis omdat hulle my moet sien,” sê dr Annemarie met ‘n vonkel in die oog.

“Toe ek ‘n kliniese assistent was, is roetinepasiente reeds die aand voor ‘n operasie opgeneem en kon ons rustig pre-operatiewe ondersoeke doen. Om koste te besnoei, het mediese fondse intussen besluit die meeste pasiënte moet eers die oggend van ‘n operasie inkom. Ons moes ons werkswyse aanpas om byvoorbeeld die nodige bloedtoetse vooraf te laat doen, maar ek moet pasiënte steeds in lewende lywe ontmoet om die pre-operatiewe risiko te bepaal.”

Só stel sy dan ‘n narkoseplan saam wat voorsiening maak vir die pasiënt se basiese fisiologiese toestand (insluitend enige mediese toestande), geneesmiddelsensitiviteite, die beplande prosedure, vorige operasies, vorige narkose-ervarings en sielkundige samestelling.

Wat behels narkose?

“In wese behels narkose die verwydering van sensasie,” verduidelik dr Annemarie. Narkose word in lokale en streeksnarkose, sedasie en algemene narkose verdeel. Die tegnieke kan apart of in kombinasie gebruik word, en in ‘n hospitaalteater of ander omgewings soos ‘n dokterspreekkamer of endoskopiekliniek.

Lokale narkose verdoof ‘n klein gedeelte van die liggaam, soos wanneer ‘n dokter jou hand verdoof om steke in te sit.

Streeksnarkose blokkeer pyn in ‘n groter liggaamsgedeelte. Regional anaesthesia word onderverdeel in epidurale narkose, byvoorbeeld tydens ‘n keisersnee, en spinale narkose, wat onder meer vir ‘n knievervanging gebruik kan word.

Sedasie is narkose sonder ‘n buis in jou keel en kan wissel van ligte ontspanning tot ‘n diep slaap. Dit word dikwels vir minder indringende prosedures soos kolonoskopieë of tandheelkundige werk gebruik.

Algemene narkose veroorsaak bewusteloosheid en word vir die meeste prosedures gebruik. Dit behels verskeie faktore.

“Die primêre doelwit is bewusteloosheid, om te verseker dat die pasiënt onbewus van die omgewing en die prosedure is,” sê dr Annemarie. Amnesie sorg dat die persoon agterna nie kan onthou wat gebeur het nie. Pynverligting is belangrik vir pasiënte se gerief en veiligheid. Hier gaan dit oor akute sowel as chroniese pyn. Daar is narkotiseurs wat in chroniese pyn spesialiseer.

Spierverslapping vergemaklik die manipulasie van liggaamsdele tydens chirurgie. Narkose onderdruk outonome reflekse soos die asemhaling, hartklop, bloeddruk en spysvertering. Narkotiseurs gebruik ‘n gebalanseerde narkosetegniek: ‘n spesifieke middel vir ‘n spesifieke rede. Elke keuse neem die pasiënt én die prosedure in ag.

“Die induksiemiddel wat jou aan die slaap maak, is ‘n inspuiting of gas wat jy inasem,” verduidelik dr Annemarie Herselman. Foto: Anna Shvet, Pexels

“Sodra die pasiënt in die teater is, stel die span hulle voor; ons maak seker dis die regte pasiënt, spesialis en prosedure. Ek bepaal sekere parameters soos jou bloeddruk voor ek jou aan die slaap maak. Ek stel ook ‘n drup op. Die induksiemiddel wat jou aan die slaap maak, is ‘n inspuiting of gas wat jy inasem,” verduidelik sy.

“Ek hou jou aan die slaap met behulp van ‘n gas of binneaarse drup. Terwyl jy slaap, moniteer ek voortdurend die diepte van narkose en jou liggaamsfunksies en -reaksies. Tydens ‘n operasie dien ek die gepaste middels toe om die pasiënt pynvry te hou, die spiere te verslap of te verlam, en om te sorg dat hy of sy nie onder narkose ‘wakker word’ nie. Wanneer ek byvoorbeeld sien ‘n pasiënt se bloeddruk of hartklop verhoog sodra die dokter begin werk om ‘n prostese in te sit, pas ek die narkose aan.”

Sy vertel as narkotiseurs neem hulle stappe om bloedverlies te bekamp deur byvoorbeeld die pasiënt se bloeddruk behoorlik onder beheer te hou. Sekere middels is baie doeltreffend, selfs wanneer die pasiënt hipertensie het.

“Baie keer dien ons tydens ‘n operasie middels toe wat postoperatiewe naarheid of infeksie kan voorkom. Dit is bloedverdunners, kortisoon, of wat ook al nodig is.”

“Verdere sorg sluit in dat ons pasiënte se oë toeplak om te keer dat die kornea uitdroog of beseer word. Ek moet die lugweg behou omdat ‘n mens nie op jou eie kan asemhaal nie. Die buik moet ook ontspanne wees om ventilasie te vergemaklik. Dit is ook nodig sodat die chirurg behoorlike toegang tot die chirurgiese veld kan kry.”

“Ons hou jou warm en kyk na jou posisionering; sekere prosedures vereis sekere posisies, maar ons moet sorg dat druksere en senuweeskade nie vorm nie.”

“Wanneer die prosedure voltooi is, moet ek die effek van die narkose omkeer sodat die pasiënt sy of haar bewussyn en normale liggaamsfunksies herwin,” sê dr Annemarie.

“Kortweg behels my werk tydens ‘n operasie om ‘n pasiënt se fisiologie normaal te hou.”

‘n Narkotiseur stel ‘n narkoseplan saam wat voorsiening maak vir die pasiënt se basiese fisiologiese toestand (insluitend enige mediese toestande), geneesmiddelsensitiviteite, die beplande prosedure, vorige operasies, vorige narkose-ervarings en sielkundige samestelling. Foto: Jonathan Borba, Pexels

Narkosetegnieke en komplikasies

Hoe besluit ‘n narkotiseur watter narkosetegnieke om te gebruik? Dr Annemarie sê die riglyn vir enige besluit raak die balans tussen die risiko en voordeel vir die spesifieke pasiënt, terwyl die betrokke prosedure in ag geneem word.

“Iemand wie se hart en longe te swak is vir algemene narkose, kan byvoorbeeld ‘n knie-operasie met ‘n spinale blok en sedasie ondergaan. Of om ‘n heupvervanging minder pynlik te maak, kan ‘n spinale blok met algemene narkose gekombineer word.”

“‘n Prosedure soos die verwydering van ‘n breingewas verg ‘n heel ander benadering as ‘n blindedermoperasie.”

“Deesdae is die voorkeurmetode tydens ‘n keisersnit ‘n spinale blok. Ons wil hê die ma moet tydens die geboorte-ervaring by haar positiewe wees omdat dit vir haar binding met die baba belangrik is,” sê sy.

Pasiënte wat sekere soorte medikasie gebruik, oorgewig is, toestande soos nierversaking het of vroeër prosedures soos ‘n hartomleiding gehad het, se risikofaktore is groter.

Newe-effekte teenoor komplikasies

“Newe-effekte is die gevolge van narkose wat ons voorsien, byvoorbeeld die feit dat 20% van alle narkosepasiënte naarheid of braking ervaar. Die meeste newe-effekte van narkose is binne 24 uur verby. Pasiënte onderteken ‘n vorm waarin die newe-effekte uiteengesit word voor hulle narkose kry en dus ingelig word,” sê dr Annemarie.

Algemene newe-effekte sluit in naarheid, hoofpyn, seer keel, dowwe visie, duiseligheid en probleme met urinering. Spierpyn, swakheid en allergiese reaksies soos ‘n uitslag of jeuk is minder algemene gevolge. Ongewone newe-effekte, soos bewustheid onder narkose (1 uit 50 000 pasiënte), skade aan tande of tandwerk (1 uit 1 000), asma, bloedklonte in die bene, borsinfeksie (veral by rokers) of toevalle kom voor.

Komplikasies is onvoorsiene probleme wat die situasie vererger. Hoewel moderne narkose baie veilig is, kan seldsame, onverwagse, ernstige komplikasies voorkom. Dit sluit infeksie, bloeding, geneesmiddelreaksies, bloedklonte, die verlies aan gevoel, die verlies van ledemaatfunksie, verlamming, beroerte, breinskade, ‘n hartaanval of dood in.

Pasiënte wat seker maak watter medisynes voor die operasie gestaak moet word, volledige inligting oor hul medikasie en mediese geskiedenis verskaf en hul emosioneel goed voorberei, dra tot ‘n optimale uitkoms by.

Vertel jou narkotiseur van al jou medikasie. Foto: Mart Production, Pexels

Vertel jou narkotiseur van al jou medikasie. Dit sluit in:

Ozempic of enige ander aptytonderdrukkingsmiddel. Vind uit hoe lank voor die operasie jy dit moet staak.

Bloedverdunners — spreek jou spesialis ‘n geruime tyd voor die operasie hieroor.

Steroïede — dit vertraag glukosemetabolisme en fraktuurgenesing, en kan wondgenesing benadeel.

Middels soos Viagra, wat met ander geneesmiddels kan inmeng.

Ontspanningsdwelms — staak dit voor die operasie. Lig die narkotiseur in as jy ‘n herstellende verslaafde is.

Dagga is ‘n probleem as jy edibles ingeneem het of “hoog” opdaag. Noem dit ook as jy kannabis-olie gebruik.

Staak die gebruik van natuurlike aanvullings soos gemmer, knoffel, echinacea, gingko biloba en johanneskruid (St John’s Wort) twee weke voor die operasie, veral weens moontlike bloeding.

Wenke vir pasiënte

Volg die vas-riglyne wat die hospitaal gee. As jou maag nie leeg is nie, kan die inhoud terugstoot sodat jy kos en maagsuur in jou longe kry. Slegs een uit vyf mense oorleef aspirasie-longontsteking.

Vertel die narkotiseur as narkose jou naar maak.

Verwyder alle juwele en piercings. Vermy velrome — dit kan keer dat plakkers plak.

Hou minstens twee weke voor ‘n operasie op met rook. As jy werklik nie kan nie, rook eerder tot die dag van die operasie. Wanneer jy ophou, verlam dit die trilhaartjies in jou longe en gaan jy ‘n ruk lank meer hoes.

Pynmedikasie met kodeïen veroorsaak hardlywigheid. Vra vir ‘n voorskrif hiervoor en gebruik ‘n maand lank probiotika om jou dermkanaal te help herstel.

Jy mag vir 24 uur ná narkose nie ‘n motor bestuur, swaar masjinerie bedryf, regsdokumente onderteken of bindende besluite neem nie, omdat jy as nie-toerekeningsvatbaar beskou word.

Lees ook: Die mens agter die diagnose: Kabous Meiring gesels gesondheid op VIA | rooi rose

The post Gaan slim om met narkose appeared first on rooi rose.