Nêrens | rooi rose

Die trefferreeks ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se tweede seisoen is om die draai
Dit was een van die trefferreekse van 2021, en die laaste episode is skaars uitgesaai toe begin kykers al smeek: Vertel asseblief verder aan die storie van die Adendorffs van Nêrens, die familieplaas in die Noord-Kaap. Op 17 September 2024 is die lang wag verby wanneer Nêrens, Noord-Kaap Deel II begin.

Ná afloop van die wankelrige reis terug na hul ouerplaas, Nêrens, probeer drie broers en hulle pa mekaar ná jare van vervreemding opnuut leer ken. Maar hoe leer jy liefhê as die dolk van ’n ma se dood steeds diep in almal se harte steek? Soos met Deel I, is daar tonele in die hede asook in die verlede toe die drie broers nog jonk was, wat help om die legkaart te bou van hoe hulle beland het waar hulle vandag is.

OPSOMMING: Nêrens, Noord-Kaap Deel I

Pa Lourens (Frank Opperman) boer saam met sy oudste seun, Frans (Geon Nel), op Nêrens, die familieplaas in die Noord-Kaap. Lourens het nooit oor die dood van sy vrou, Katja (Tinarie van Wyk Loots), gekom nie en het ’n slegte verhouding met sy seuns. Ronnie (Albert Pretorius) is die middelseun, geskei en ’n sukkelaar. Hy is die pa van klein Lourens (Arnold Swart). Andries (De Klerk Oelofse) is die jongste broer en reis die wêreld vol.

Maggie (Ilse Klink) is die Adendorffs se huishoudster en soos ’n ma vir die seuns. Haar seun Jan-Jan (Dean Balie) en sy vrou, Chrissie (Bianca Flanders), woon ook op die plaas, en in Deel I het Lourens vir Jan-Jan ’n stuk grond gegee om op te boer.

Ans Adendorff (Marion Holm) is Lourens se suster en besit die kroeg op die dorp. Lorrie (Shana Mans) is ’n veearts, en aan die einde van Deel I kom sy en Frans uiteindelik bymekaar. Suzette (Daneel van der Walt) is in die polisie en Ronnie se geliefde. Suzette en klein Lourens het ’n baie goeie verhouding. Fleur (Melissa Willering), ’n Nederlander, is Andries se meisie wat hy op sy reise ontmoet het.

In die laaste episode van Deel I, kom dit aan die lig dat klein Ronnie agter op die bakkie weggekruip het waarmee sy ma, Katja, gery het. Sy het geskrik toe hy skielik regop sit, het die bakkie gerol en is aan haar beserings dood, iets waaroor Ronnie nog altyd skuldig voel.

In die hede kom die drie broers bymekaar op Nêrens vir Lourens se 70ste verjaardag. Die dag ná die partytjie, waar harde woorde geval het, gaan die broers na Katja se kerk wat sy gebou het en begin dit restoureer. Andries besluit egter om sy rugsak te vat en te gaan reis.

“Die einde van Deel I was duidelik ’n laagtepunt vir Ronnie, maar ook die begin van genesing,” sê Albert. “Hy is steeds vol drome en wilde schemes en die grapjas om die vuur, maar hy werk hard daaraan om ’n goeie pa vir sy laitie te wees.”

DIE SKRYWER EN REGISSEUR

Nico Scheepers se toneelstuk Nêrens, Noord-Kaap het in 2017 by die Vrystaatkunstefees in Bloemfontein debuteer. Geon, Albert en De Klerk was te sien as die drie Adendorff-broers, en toe kykNET vir Nico genader het om dit in ’n dramareeks te ontwikkel, het hy ingestem op een voorwaarde: die drie akteurs moet ook op TV die rolle speel.

“Nêrens, Noord-Kaap Deel II is die konklusie van die storie,” sê Nico oor die besluit om dit Deel II in plaas van seisoen 2 te noem. “Dis soos ’n boek met 26 hoofstukke. Deel I was die eerste 13, en Deel II is die laaste 13. Episode 13 van Deel II is asof jy die laaste hoofstuk van ’n storieboek toemaak.”

Hoe het hy die drie jaar tussen die reeks in 2021 en nou aan die draaiboek beplan en geskryf?

“Ek het die drie jaar gebruik asof soveel tyd ook in die reeks verbygegaan het,” sê hy. “Almal, maar veral die kinders, het vinnig gegroei en ek moes dit respekteer. Daar was geen manier onder die son dat ek een van die kinders sou recast nie. Ons is almal familie.”

Hy is vol lof vir almal betrokke by Nêrens, Noord-Kaap Deel II. “Die hele tegniese span, die akteurs, kykNET … almal het kliphard gewerk en hulle A-game gebring om werklik reg te laat geskied aan die Adendorffs en die mense in hulle lewe. Die storie is in veilige hande met die span van Nagvlug Films, en ek kan nie wag dat die kykers hierdie paadjie tot aan die einde van episode 26 stap nie. Wat kan hulle verwag? Liefde, hartseer, geluk en ’n hele paar skape.”

AGTER DIE SKERMS

Chanél Muller en Zandré Coetzer van Nagvlug Films (Donkerbos, Dinge van ’n kind, Barakat) is die vervaardigers. Chanél is ook die medeskrywer. Chris Lotz (SASC) is die kinematograaf, Merishen Wessels is die kunsregisseur en die kostuumontwerper is Sulet Meintjes. Tim Pringle was vir die klankontwerp verantwoordelik, en die oorspronklike musiek vir die klankbaan is deur Franco Prinsloo gekomponeer. Die reeks is in Nieuwoudtville in die Noord-Kaap, asook in en om Kaapstad verfilm.

“Die grootste uitdaging met die maak van Deel II, was om die hele ensemble weer bymekaar te kry. Dit was ’n moeilike legkaart om te bou,” sê Chanél. “Dít en natuurlik die snikkende hitte van die Noord-Kaap in die somermaande.”

Sy sê kykers kan uitsien na ’n verdieping in die storielyne van Deel II. “Om op ’n reis te gaan saam met karakters wat hulle leer liefkry het. Om saam te lag en te huil, maar ook saam te troos en te weet dat dié wat die naaste aan jou is, jou die liefste het, al maak dit soms die seerste.”

Amptelike Lokprent: Nêrens, Noord-Kaap Deel II

Nêrens, Noord-Kaap Deel II begin op 17 September om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees. Die volledige eerste reeks van dertien episodes van Nêrens, Noord-Kaap is tans beskikbaar op Showmax.

Lees ook: ‘Een keer om die son’: Weet pa’s altyd beter?

The post Die trefferreeks ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se tweede seisoen is om die draai appeared first on rooi rose.