neusspuit | rooi rose

Wat almal moet weet oor sinusallergie en hoe om dit te bestuur
Wat almal moet weet oor sinusallergie, stofmyt, toetse, medikasie, en hoe om dit te bestuur deur Salomé Delport

’n Sinusallergie is geweldig algemeen en bitter lastig. As jy kan identifiseer met hierdie lesers se vrae, lees verder.

Ons het vir prof. Claudia Gray, allergiespesialis en pediater aan die Rooikruis- en Vincent Palotti-hospitale, om haar raad gevra.

Lees ook: Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur ’n seekosallergie, vis-parasiete, of histamiene?

Lipswelsels: Net irriterend, of lewensgevaarlik?

Help, ek het ’n sinusallergie!

rooi rose-leser Merryl van Jaarsveld vra

Ek nies aanhoudend en my neus loop sonder ophou. Raad asseblief?

rooi rose-leser Janelle Henning vra

My 15-jarige se IgE-telling is oor die 800, terwyl dit rondom 20 moet wees. Sy gebruik antihistamiene en neusspuite twee keer per dag, saam met ’n kortisooninspuiting elke ses maande. Ons is nou verwys na ’n allergiespesialis maar ek sien nie die punt nie. Alles waarvoor sy allergies is, is in die lug. Sy is nie allergies vir goed waarmee ons ’n plan kan maak nie

Prof, Claudia Gray, allergiespesialis en pediater by Rooikruis en Vincent Palotti-hospitale, antwoord

Altwee lesers se  simptome klink na ’n tipiese sinusallergie.

’n Chroniese genies, ’n neus wat jeuk, ’n toe neus en ’n loopneus is die klassieke kenmerke van sinusallergieë, of allergiese rhinitis soos ons dit noem.

Lees ook: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?

Oorsake van sinusallergie

Die meeste mense se sinusallergie word veroorsaak deur omgewingsallergene, soos huisstofmyt, stuifmeel van gras, blomme en bome, swamme in jou onmiddellike omgewing, en dierehare en dons.

Huisstofmyt kom baie wyd in huise en selfs in skole, klerewinkels en biblioteke voor – en veral in klere, beddegoed, matte, gordyne, kussings en ander gebruiksitems.

Lees ook: Nare bedmaats! Raad vir stofmyte

Hoe om jou bed skoon te hou en stofmyte onder beheer te hou

Toets vir sinusallergie

’n Dokter wat opgelei is in allergiebestuur diagnoseer maklik ’n sinusallergie met velpriktoetse of bloedtoetse.

Baie mense is skepties of dit sinvol is maar ek beveel dit sterk aan. Onbehandelde allergiese rhinitis het ’n groot negatiewe invloed om jou lewensgehalte.

Nogtans beveel ek nie aan dat jy sommer net op allergiemedikasie geplaas word op die aanname dat jy allergies is nie. Allergiemedikasie moet net voorgeskryf word as toetsing ’n allergie bevestig en as dit bekend is waarvoor die pasiënt allergies is.

Lees ook: Jy vra: Hoekom is sekere medisynes geskeduleer?

Behandeling vir sinusallergie

Op grond van jou bewese uitslag kan die dokter dan die beste kombinasie van allergiemedikasie voorskryf, jou inlig oor wat jy moet vermy en jou help om jou lewe so in te rig dat jou allergie jou so min as moontlik pla. Onthou ook dat ’n allergie meestal ’n lewenslange toestand is. Daarom is langtermyn beplanning ook nodig.

Behandeling vir ’n sinusallergie of allergiese rhinitis sluit gewoonlik kortikosteroïed neusspuite en/of antihistamiene in.

Lees ook: Redes hoekom jou neus maklik bloei

Kortisooninspuitings vir sinusallergie word NIE aanbeveel nie aangesien hulle baie sistemiese newe-effekte het. In plaas daarvan kan die moontlikheid van desensitisering ondersoek word, veral in ernstige gevalle.

Jou dokter sal jou ook riglyne gee oor hoe gereeld jy jou allergiemedisyne moet gebruik. Party mense het dit net in ’n sekere seisoen nodig terwyl ander hul allergiemedisyne maar heeljaar deur sal moet gebruik.

Jy kan byvoorbeeld allergies wees vir die stuifmeel van ’n sekere groep tuinplante of ’n boomsoort. As dit ’n seisoenaal voorkom weet jy om in die lente jou allergiemedikasie te gebruik, terwyl jy die res van die jaar nie medikasie benodig nie.

Jou dokter sal jou ook inlig oor hoe jou omgewing aangepas kan word, sodat jou allergie jou so min as moontlik hinder. Vir iemand met ’n huismytallergie is dit uiters belangrik om sy omgewing so stofvry as moontlik te hou.

Lees ook: Die 14 bronne van huismyt waarmee jy  elke dag saamleef

The post Wat almal moet weet oor sinusallergie en hoe om dit te bestuur appeared first on rooi rose.

Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?
Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig? deur Salomé Delport

So baie van ons is allergies en is permanent op allergiemedisyne. Is ons veilig op medikasie, vra lesers. As jy dieselfde vrae het lees verder. Ons het prof. Claudia Gray, allergiespesialis en pediater van die Rooikruis- en Vincent Palotti-hospitale gevra om met antwoorde te help.

Lees ook: Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur ’n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?

Is antihistamiene as allergiemedisyne veilig vir langtermyn gebruik?

rooi rose-leser Christa Strydom Louw vra

Ek moet soms tot drie keer per dag antihistamiene gebruik. Kan dit skadelik wees? Kan ek my immuniteit op ander maniere versterk sodat ek nie meer so hipersensitief is nie en minder erg reageer?

Prof. Claudia Gray antwoord

Die nuwe generasie antihistamiene is oor die algemeen baie veilig, selfs teen twee tot drie keer die aanbevole daaglikse dosis, solank jy nie onderliggende nier- of lewerkwaal het nie.

Maar ek is tog bekommerd oor die feit dat jy so dikwels antihistamiene benodig. Dit dui daarop dat jou onderliggende allergiese toestand nie goed onder beheer is nie.

Die beste opsie vir jou is om ’n allergiespesialis te spreek, om uit te vind presies waarvoor jy allergies is. Hy sal jou help om dan die beste behandelingsplan spesifiek vir jou op te stel.

Oor die versterking van die immuunstelsel: dit word in ’n mate verkeerd verstaan. Geen aanvuller kan die korrekte medikasie vir ’n allergie vervang nie. ’n Gesonde leefstyl help egter baie om ’n allergie beter te beheer. Daarom help ’n gesonde dieet wat ryk is aan anti-oksidante. Beperk ook kitskosse. Slaap genoeg dat jou liggaam genoeg ruskans en herstelkans kry. En vermy jou allergiesnellers sover as wat moontlik is.

Lees ook: Berg jou medisyne reg: 5 dinge wat almal moet weet

Hoekom maak allergiemedisyne mens so vaak?

rooi rose-leser Erika Botha vra

Hoekom maak allergie-medikasie mens so vaak?

Prof. Claudia Gray antwoord

Veral die ouer generasie antihistamiene is sederend – met ander woorde hulle is geneig om mense vaak te maak. Die meeste van die nuwer soorte antihistamiene veroorsaak nie vaakheid nie. Maar gesels met jou dokter oor die beste keuse van antihistamien vir jou.

Onthou ook dat sekere mense meer geneig is om vaak te raak van hierdie medikasies. Daarom is dit belangrik dat veral mense met breinsensitiwiteite, bejaardes, kinders en mense met lewer- of nierkwale met hul dokter gesels, sodat hulle die geskikste medikasie vir hulle spesifiek kies.

Lees ook: Hoekom dit belangrik is om eerlik met jou dokter te wees

Newe-effekte van Singulair as allergiemedisyne

rooi rose-leser Elfriede Kinghorn vra

My seun is al van tien jaar oud af op Singulair. Hy is nou dertig. Hy kan dit nie los nie – hy begin binne ’n dag met asma, en ekseem slaan oral uit. Hy het ’n lae dosis probeer maar het oor ’n periode van twee maande totaal agteruit gegaan, met baie asma-aanvalle en ekseem oraloor. Nadat hy teruggekeer het na sy volle dosis het dit rondom agtien maande geneem voor sy vel weer normaal was. Met ander woorde ek vermoed hy gaan Singulair vir nog 50-70 jaar lank gebruik.

Daarom wil ek meer weet oor die nadele van die Singulair, en hoe ons sulke langtermyn gebruik die beste kan bestuur?

Dit lyk nie of Singulair hom depressief maak nie maar ek merk die afgelope jaar of twee op dat sy hande erg bewe? Hy kla ook dat hy sleg slaap. Wat van vrugbaarheid? Kan Singulair geboorte-afwykings veroorsaak? Enige kankers daaraan gekoppel? Swakker longe of skelet?

Prof. Claudia Gray antwoord

Singulair is een van die groep medisynes (genoem die Montelukast-groep) wat die leuktotriene, ’n verbinding in die liggaam wat deel is van die allergiese reaksie, blokkeer. Dit is baie doeltreffend vir asma (dikwels saam met asmapompies) en allergiese rhinitis (saam met neusspuite). In die reël help dit nie vir ekseem nie.

Die meeste mense verdra Singulair goed, en vir hulle is langtermyngebruik veilig. By ’n klein persentasie mense kan dit egter gedrags-, bui- of slaapstoornisse veroorsaak. Hierdie mense moet liewer gebruik van Singulair staak. Sover ons weet het Singulair geen effek op vrugbaarheid nie. Dit word ook nie op hierdie stadium aan kanker of enige ander toestande gekoppel nie.

As iemand egter op Singulair is en steeds gereeld asma kry, beteken dit dat sy asma nie goed onder beheer is nie. In hierdie geval moet hy daagliks sy voorkomende beheerbehandeling vir asma bly gebruik, soos ’n asmapompie of soms ’n montelukast soos Singulair.

Lees ook: Toets jouself vir asma

Ekseem en Singulair

Episodes van ekseem op die vel moet oor die algemeen beheer word met anti-inflammatoriese velrome, soos steroïedrome. Jou dokter sal die regte room vir jou aanbeveel, gebaseer op jou ouderdom en waar jou vel aangetas is. Jy moet ook ’n goeie neutrale velvogmiddel vir ’n ekseemvel gebruik.

As jou vel gereeld opvlam moet jy saam met jou dokter uitwerk wat die veiligste en beste strategië is om die aantal episodes te verminder.

The post Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig? appeared first on rooi rose.