nicole kidman | rooi rose

Dra dit soos Nicole Kidman
Rooi hare stuit niemand nie

Daar is baie vooropgestelde idees dat sommige kleure nie by rooi hare pas nie. Dit is egter nie waar nie – die geheim lê in die skakering van die kleur. Tydens die 2002-Oscars het Nicole in ’n ligte pienk noupassende rok deur Chanel Haute verskyn en soos ’n droom gelyk. Haar grimering en juwele was eenvoudig en sy het die kleurskema behou deur ’n pienk palmsakkie by haar rok te dra.

Gemak bly die belangrikste

Hoewel Nicole daarvan hou om haar middel te beklemtoon, het sy ’n hoofreël wanneer sy ’n rok kies: Dit moet beweegbaar wees. “Ek moet daarin kan dans … ten minste daarin kan wikkel,” het sy tydens ’n onderhoud met Vanity Fair gesê. Nicole glo dit is meer belangrik om ’n rok te kies wat jou laat goed voel en gemaklik om jou lyf pas, eerder as om heel aand jou vlak asemhaling te reguleer sodat jy net-net jou bewussyn behou.

Skep lengte

Met ’n lengte van 1.8 m is dit nie moeilik om lang, slanke bene te beklemtoon nie, maar Nicole bewys dat ’n mens nie altyd ’n hoë slit of minirok daarvoor benodig nie. Deur middel van slim-patrone en ’n vleiende struktuur kan jy wondere verrig. By Nicole se kenmerkende meerminsnit-rokke is dit duidelik dat die uitklokvalle onder haar knieë begin. Sodoende verhoed jy dat jou bene in twee verdeel word. Nog ’n wenk vir ’n langer voorkoms is om jou rok se soom net-net die grond te laat raak. Some wat by die enkels stop het die geneigdheid om jou bene korter te laat lyk.

The post Dra dit soos Nicole Kidman appeared first on rooi rose.

Nicole Kidman: sag maar sterk
Nicole Kidman het die grasie van ’n bokkie, ’n jongmeisie-giggel en sy kyk jou effe wantrouig aan. Haar stem laat jou aan karamel dink: soet en sag. Hoewel sy skraal is, straal daar ’n krag uit haar uit wat jy nie kan ignoreer nie. En tog wil ’n mens haar beskerm. Sy is sjarmant en kan altyd deur ’n ring getrek word. Haar rooi tapyt-rokke is ikonies.

Bedags sal jy haar dikwels sien in die styl van die jare veertig – pêrels om die hals, ’n truitjie saam met ’n manlike broek en plat skoene wat haar vroulikheid net nog meer beklemtoon. Sy sit penregop terwyl sy gesels en stut haar ken op haar hand soos ’n blom op ’n lang stingel. Tog kry jy die idee dat sy enige oomblik kan weghardloop. Is sy regtig so skugter, of lyk sy net so?

Dis hoe dit is met Nicole in haar lewe en in flieks. Daar is altyd iets anders aan die gang. Jy is bang dat as jy wegkyk, jy iets sal mis. Daarom moet jy nie jou oë knip wanneer jy in die teenwoordigheid van hierdie ware aktrise is nie.

Ek assosieer jou met sonskyn. Kom jy ooit in die sneeu?

Ons gesin gaan ski gereeld in Kanada en is gewoonlik ’n groep van twintig mense. Ons was een jaar daar vasgesneeu – wat ’n koue Kersfees! (lag).

Dit lyk of jy jonger regisseurs verkies?

(Lag) Nee, dis nie noodwendig jonger regisseurs nie. Ek probeer om in daardie plek te bly waar akteurs is wanneer hulle net begin toneelspeel; wanneer jy nuwe goed probeer. Ek wil altyd so wees. Ek hou daarvan om my oor te gee aan iets en dapper te wees. Ek wil nooit te bang wees om ’n wilde, vreemde keuse te maak nie. Dalk is dit hoekom ek onbewustelik jong regisseurs kies, want ek probeer om my as akteur in situasies te plaas wat nie noodwendig die veiligste plek vir my is nie.

Ek gaan deur stadiums waar ek sekere soorte karakters vertolk. Op die oomblik speel ek gereeld ’n ma omdat dit die beskikbare rolle vir vroue van my ouderdom is. Soms  handel die rolle oor intense liefde of intense verlies. Ek weet nie hoekom nie, maar dis die soort emosies wat ek goed kan weerspieël. Maar soms kies ek ’n rol wat heeltemal anders is, soos die een in Paddington. Ek het ’n blonde pruik gedra en soveel pret gehad. My dogter was mal oor die pruik. Daar hoef nie altyd diep emosie in ’n rol te wees nie – soms is net ’n pruik goed genoeg.

Maar gewoonlik is jy aangetrokke tot die ongewone, die gekompliseerde prente met misterieuse storielyne. Is dit dalk die keersy van jou eie lewe?

Dis moontlik. Ek het in my kinderjare baie gelees. Ek het ’n sterk verbeelding wat nie altyd wil saamspeel nie. Ek dink dis belangrik dat ’n akteur ’n sterk verbeelding moet hê. Jy kan nie net die mooi, soet dele van die lewe uitbeeld nie. Die lewe is nie so nie. Kyk maar na goeie literatuur waar die ingewikkeldheid van die lewe dikwels uitgebeeld word.

Daar is verskillende motiverings vir verskillende dinge. Die lewenspad kan lig en donker wees. Dis belangrik om die donkerder kant van jou menswees te ondersoek sodat jy kan besef dat jy nie volmaak is nie en immer na iets beter bly streef.

Ek hoor jy hou van skryf. Sal ons jou werk in ’n draaiboek of boek sien?

Dalk in ’n draaiboek. Ek is besig om iets in ’n draaiboek te verwerk, maar of dit ooit die lig gaan sien, weet ek nie. Ek is deesdae baie besig met my kinders en tree darem hier en daar iewers op. As ek gelukkig is, sal ek dalk in die volgende paar jaar – dalk ’n dekade – iets hê om te wys. Ek wil nie die regisseur wees nie. Ek sal te blootgestel voel (lag).

Is dit waar dat jy jou trourok op ’n vlooimark gekoop het?

Ja, op ’n vlooimark in Amsterdam! (lag).

Hoe was jou kinderjare?

My ma sê altyd ek kyk deur rooskleurige lense na my grootword-jare, want as kind was ek nooit gemaklik met myself nie. Ek was baie lank met ’n ligte vel en het glad nie soos ’n tipiese Australiese meisie gelyk nie. Ek wou ’n blonde meisie wees wat op die strand rondlê, maar my vel was so lig dat my ma my nie toegelaat het om strand toe te gaan nie. Dis hoe ek my liefde vir lees ontdek het. My ma het vir my al die klassieke boeke gegee om te lees: War and Peace, Madame Bovary, Crime and Punishment – noem dit maar en ek het dit gelees. Ek het my in hul stories ingeleef en my verbeel ek is die karakters. Dis hoekom ek ’n aktrise geword het.

Watter soort pa is jou man (country-sanger Keith Urban)? En hoe gemaak met die kinders wanneer julle albei werk?

My dogtertjies is nog nie in die skool nie. Ek het hulle altyd saamgeneem stel toe waar hulle ook ’n kamer en ’n bed gehad het sodat hulle bedags ’n bietjie kon slaap. Dit was vir hulle opwindend om saam met my by die werk te wees, maar oor ’n paar jaar sal hulle seker nie meer daarin belang stel nie (lag). Dis eintlik die ideale situasie.

Keith vlieg heen en weer sodat ons nie te lank van mekaar weg is nie. Wanneer hy toer, ry ons almal saam met hom op die bus. Dis gewoonlik vir my ’n baie ontspanne tyd en ek kry kans om te skryf. Dis wonderlik omdat ek nie hoef op te tree nie – net Keith moet elke aand werk. Ons beskou dit as ’n soort vakansie.

Wat is die belangrikste les wat jou ma jou geleer het en wat jy ook vir jou kinders sal wil leer?

My ma het ons as jong meisies laat verstaan dat ons tot enigiets in staat is en dat daar gelykheid in die wêreld is. Dis wat ek my dogters wil leer. Sy het geglo jy moenie toelaat dat enigiemand jou gees breek nie; jy moet sterk staan en nie konformeer nie. Ek hoop ek kan dit vir my dogters leer, want daar is deesdae so baie druk op jong meisies. Ek dink dis goed dat meisies nie noodwendig doen wat die gemeenskap van hulle verwag nie (lag). Dis goed om ’n eie wil te hê. Ek verkies dié ingesteldheid bo onderdanigheid.

Na wie aard jou kinders?

Hulle is hul eie mense. Sunday lyk soos Keith en mense sê Faith lyk soos ek. Die twee het een ding gemeen: albei baie musikaal. Ek moedig dit aan – ek sal graag ’n klein Urban-band wil hê (lag).

Wat maak jou bang?

Die verlies van ’n geliefde is my grootste vrees; ook dat een van my geliefdes in pyn verkeer en ek niks daaraan kan doen nie. Nare goed gebeur maar in die lewe, dis deel van die reis. Ek dink baie van die seerkry kan deur onvoorwaardelike liefde genees word. ’n Kind het die krag van ’n ouer se liefde nodig.

’n Mens leer hoe om die versoekings en die slegte dinge in die wêreld te hanteer deur die liefde en ondersteuning van die gesin. Soms gaan jy dit regkry en soms nie, maar wanneer jy ’n sterk basis het, is jy beter toegerus om jou pad deur die lewe te stap. Ek dink die wêreld is grotendeels ’n goeie plek wanneer ons kies om so daarna te kyk, maar daar is altyd slegte kragte ook aan die werk, en nare goed gaan gebeur. Dis hoe dit is. Ons moet net van jongs af leer hoe om dit te hanteer.

The post Nicole Kidman: sag maar sterk appeared first on rooi rose.