nostalgiese resepte | rooi rose

Die beste pampoenkoekies
Jan Hendrik van der Westhuizen is die eerste Suid-Afrikaner wat in 2016 ’n Michelin-ster ontvang het vir sy restaurant JAN in Nice, Frankryk, waar hy gaste met egte Franse flair en ’n tikkie Suid-Afrikaanse nostalgie bekoor. Sedertdien het JAN daarin geslaag om elke jaar sy ster te behou.

Ouma Wes se pampoenkoekies

Genoeg vir 30

Bestanddele

700 g (3 k) gaar fyn gedrukte pampoen

275 g (2 k) bruismeel

2 eiers

5 ml (1 t) sout

15 ml (1 e) bakpoeier

olie vir braai

Karamelsous

15 ml (1 e) botter

375 ml (1½ k) suiker

200 ml melk

Metode

Pampoenkoekies: Meng al die bestanddele. Die mengsel moenie te styf wees nie – voeg nog ’n bietjie melk by indien dit te styf is.

Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en skep ’n eetlepel vol van die mengsel daarin. Braai vir 1 tot 2 min. aan elke kant, of tot goudkleurig.

Karamelsous: Smelt die botter en suiker in ’n middelslagkastrol oor lae hitte tot dit begin karamelliseer. Voeg die melk by, terwyl jy roer.

Kook tot alles gesmelt is. 5 Sit die pampoenkoekies met die karamelsous voor.

The post Die beste pampoenkoekies appeared first on rooi rose.

Nostalgiese hoenderpastei
Ma Inez se hoenderpastei

Genoeg vir 6.

Bestanddele

1 heel hoender

5 naeltjies

3 wonderpeperkorrels (all-spice)

5 koljanderkorrels

5 peperkorrels

3 lourierblare

knypie sout

30 ml (2 e) bruinasyn

1 groot ui, ruweg gekap

2 wortels, geskil en ruweg gekap

500 ml (2 k) water

30 ml (2 e) botter

30 ml (2 e) koekmeel

2 pakke (400 g elk) skilferkorsdeeg

Metode

Sit die hoender in ’n groot kastrol. Voeg die speserye en lourierblare by en geur met sout. Gooi die asyn, ui, wortels en water by.

Laat die hoender saggies kook, jy moet skaars kan hoor hy prut. Die hoender kondig aan wanneer hy reg is vir pluis – dis wanneer die vleis vanself van die bene begin afval, ná so ’n uur, selfs meer. Pluis versigtig, karkasstukkies en beentjies een kant en die pluisvleise in ’n ander bak. Kyk baie goed vir klein beentjies en die naeltjies.

Gooi die aftreksel in die kastrol deur ’n sif om die korrels speserye uit te vis. Red gerus die uie en wortelstukkies en sit by die fyn hoender. Van die aftreksel maak jy ’n soort-van-witsous.

Smelt die botter in die kastrol. Gooi die meel by en roer tot glad. Voeg 1½ k van die hoenderaftreksel by. Kook dit deur vir 3 min. Voeg dit by die hoender.

Rol die deeg ’n paar sentimeter groter as die bak uit en voer die bak daarmee uit. Sny ’n ekstra strook deeg en plaas om die buiterand – verf die onderkant met ’n bietjie koue water sodat dit vassit. Skep die hoendervulsel in en bedek met ’n bolaag deeg.

Hoe jy die rand en bokant versier, is jou kans om jou eie handtekening op die pastei te sit. Ouma het deegblaartjies, madeliefie-patrone en rankstingeltjies uitgesny.

Prik die deeg liggies sodat die stoom kan ontsnap en verf met eierwas (1 eier opgeklits met 1 e water).

Bak vir 15 minute by 200 °C vir die deeg se onthalwe en draai dan laer na 180 °C vir nog 20 minute tot deurgebak en goudbruin. ’n Bleek hoenderpastei is ’n rou hoenderpastei.

– Soos vertel deur Errieda du Toit

The post Nostalgiese hoenderpastei appeared first on rooi rose.

Kerrie-afval
“Ons het in die Vrystaat met afval grootgeword en tot vandag toe is my ma se resep vir kerrie-pens-en-pootjies die lekkerste.”

Ma Babs se kerrie-afval

Genoeg vir 4

• 1,1 kg skaapafval (pens en pootjies), pens in stukke gesny

• 1 lourierblaar

• 1 suurlemoenblaar

• 5 swartpeperkorrels

• 7,5 ml (1½ t) sout

• 2,5 ml (½ t) koljandersaad, fyn gemaal

• 500 ml (2 k) water

• 15 ml (3 t) kerriepoeier (medium/sterk)

• 22,5 ml (1½ e) witwynasyn

• 3 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny

1 Sit die afval, lourier- en suurlemoenblaar en peperkorrels in ’n drukkoker.

2 Meng al die ander bestanddele, behalwe die aartappels, en gooi oor die afval. Stoom vir 45 min.

3 Voeg die aartappels by en stoom vir nog 15 min.

4 Proe en gooi nog sout by indien nodig.

5 Sit voor met rys, pap of ’n stukkie brood.

The post Kerrie-afval appeared first on rooi rose.

Ouma Jakkie se melkkos
“Die melkkos was ons lekkerste bederf en die beste trooskos. My ma het dit in ’n skotteltjie in die warmlaai gehou om dik en romerig te word. Dit was aandete én poeding, alles in een. Dit was allerbelangriks dat jy ’n “bootjie” (kaneelstokkie) met die skepslag moes kry. Daar was altyd minstens twee, een vir my en een vir my sussie.” Vickie de Beer

Genoeg vir 6 porsies

• 2 liter (8 k) volroommelk

• 2-3 kaneelstokkies

• 250 ml (1 k) + 45 ml (3 e) bruismeel

• 2,5 ml (½ t) sout

• 15 ml (1 e) botter

Kaneelsuiker

• meng 125 ml suiker met 30 ml fyn kaneel

1 Gooi die melk in ’n groot kastrol, voeg die kaneel by en verhit tot kookpunt.

2 Voorverhit die warmlaai van die oond of voorverhit die oond tot 60 °C.

3 Sif intussen 250 ml van die bruismeel en die sout in ’n mengbak saam. Werk die botter saggies met jou vingerpunte by die meel in. Moenie oorwerk nie.

4 Hou die meelmengsel onder ‘n druppende kraan en vorm groot frummels met jou vingerpunte. Skuif die gevormde frummels eenkant toe en vat elke keer nuwe meel van die kante van die bak tot al die meel opgebruik is.

5 Skuif die gevormde frummels eenkant toe en vat elke keer nuwe meel van die kante van die bak tot dat al die meel gebruik is.

6 Meng die res van die meel (45 ml) deur sodat die frummels los van mekaar en net-net met meel bedek is.

7 Voeg die frummels by die warm melk en kook vir 20 min. oor lae hitte tot die melkkos begin verdik en die frummels uitswel.

8 Sit ’n deksel op en sit vir 3 uur in die warmlaai van die oond sodat dit kan verdik. Sit met kaneelsuiker voor.

The post Ouma Jakkie se melkkos appeared first on rooi rose.

Outydse naeltjiekoekies
Outydse naeltjiekoekies

Ingredients

Jacques Erasmus is ’n bekende koskunstenaar, ontwerper en eienaar van Hemelhuijs, een van die mooiste restaurante in Kaapstad.

“Dié koekies word in ons familie al ’n paar geslagte lank van ma tot dogter aangegee. Ek besit my ouma se oorpronklike, handgeskrewe resep. Die koekies het die ongelooflikste geur maar kom net tot hul reg as hulle met sagte skaapvet gebak word. Jy kan botter gebruik, maar skaapvet gee die bros tekstuur en diepte van geur.

“My ma het vir ons kinders die wonderlikste geregte met soveel liefde, toewyding en oorgawe gemaak, maar dié koekies is vir my en my sussies soos die parfuum van ons ma.

“Eet dit sommer net so, of dompel in ’n koppie soet, melkerige Earl Grey-tee ... genoeg om trane in ’n groot man se oë te bring. “Ai, verlang ek nou na my ma.”

• 125 g botter

• 250 g sagte skaapvet

• 500 g suiker

• 2 eiers

• 12,5 ml (2½ t) fyn naeltjies

• 5 ml (1 t) koeksoda

• 12,5 ml (2½ t) bakpoeier

• knypie sout

• 600 g koekmeel

Instructions

Verhit die oond tot 180 °C.

1 Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

2 Room die botter, skaapvet en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed.

3 Sif die droë bestanddele saam en voeg by die bottermengsel. Meng deeglik en laat die deeg vir 30 min. in die yskas rus.

4 Bestuif ’n werkvlak met meel en rol die deeg 2,5 mm dik daarop uit. Druk sirkels van 7,5 cm uit.

5 Sit op die bakplaat en bak vir 10-12 min. tot bros en met ’n ligte goudbruin kleur.

The post Outydse naeltjiekoekies appeared first on rooi rose.

Brosgebraaide lendeskyf
Alida Ryder se bekende blog, Simply Delicious, is een van my gunsteling-kosblogs. Haar boek, Heerlik en Maklik: Hartskos is ook ’n staatmaker in my kombuis.

“My ma was nie baie lief vir kos maak nie, maar so nou en dan wou sy ons bederf en het dan vir ons dié steaks gemaak. Sy het vroegmiddag al begin om die steak plat te slaan en dit was altyd so lekker om by die kombuistafel te sit en toe te kyk hoe sy die steaks vinnig in die meel, eier en dan weer in meel druk voor hulle in die warm vet gebraai word. Wanneer ek na haar verlang, is dit steeds die gereg wat ek die graagste maak.”

My ma se brosgebraaide lendeskyf

Genoeg vir 4

• 4 lendeskywe (sirloin steaks)

• 500 ml (2 k) meel, met sout en peper gegeur

• 2 eiers, geklits

• olie vir braai

• suurlemoenskyfies

• groenslaai om mee te bedien

1 Slaan die steak met ’n vleishamer plat. Voorverhit 60 ml olie in ’n groot pan oor hoë hitte.

2 Druk die steaks eers in die gegeurde meel, dan in die eier en dan weer in die meel.

3 Braai tot goudbruin en gaar.

4 Sit op kombuispapier om die oortollige olie te absorbeer en sit dadelik voor met romerige kapokaartappels of bros gebraaide skyfies en ’n groenslaai.

Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti

The post Brosgebraaide lendeskyf appeared first on rooi rose.