nuwe liedjie | rooi rose

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met liedjieboer, Anton Goosen – oor sy nuwe musiek
Die legendariese en geliefde sanger, musiekregisseur en “liedjieboer”, Anton Goosen, is terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit.

Bly by my, (my lief) – ’n gedig van Antjie Krog wat hy op sy besonderse manier vir die Woordfees getoonset het – is ’n liefdesliedjie in ’n, soos hy sê, “Afrikaanse sagte blues genre”.

“Ons moes vir die Woordfees se huldigingsprogram, Al om Antjie, twee van Antjie Krog se gedigte kies. Bly by my is een van haar bekendstes. Daar is ander deuntjies met dieselfde titel en dus het ek dit verander na Bly by my, (my lief), maar omdat dit egter nie ’n liriek is nie, het ek die koorgedeelte bygeskryf,” verduidelik Anton.

Die enkelsnit vorm deel van Anton se nuwe album, Sirkels, wat eersdaags uitgereik word. Die album, wat nege nuwe liedjies bevat – insluitend drie toonsettings en twee duette – is ’n luister-album wat ballades, stories, dans-, protes-, en rock-musiek insluit.

Anton, wat algemeen as die vader van Afrikaanse rock beskou word, is in 1946 in die Karoo gebore en het in Kroonstad grootgeword.

Oor die jare, het hy meer treffers op sy kerfstok as enige ander Suid-Afrikaner versamel en het al meer as 20 albums uitgereik; die musiek vir verskeie rolprente soos Die Laaste Tango, ’n Pawpaw vir my Darling en Siembamba geskryf; asook liedjies vir onder andere Laurika Rauch, Carike Keuzenkamp en Koos Kombuis neergepen.

Hy is tydens sy dekades-lange loopbaan as liedjieskrywer en sanger met verskeie toekennings vereer, o.a. Sari’s, Ghoemas, Geraas, Vonk, en dan SAMA-, Innibos-, die FAK-en Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Kuns en Kultuur-toekennings vir sy lewenslange bydrae tot musiek. In 2023 is hy een van vyf kunstenaars wat in die South African Gallery of Legends ingehuldig is.

Anton Goosen: Liedjieboer, sy lewensverhaal wat deur die bekende joernalis Hanlie Retief neergepen is, is in 2020 deur NB-uitgewers uitgereik. Die filmvervaardiger Niel van Deventer werk tans aan ’n vier-episode dokumentêr oor Anton se loopbaan.

Wanneer hy nie besig is met sy musiek nie, geniet hy dit om tyd – en ’n glasie Kaapse rooiwyn – saam met sy vrou, Estie, en hul vier honde deur te bring; stappies op die strand, gesprekke met vriende; lees en om reekse op Netflix of Britbox te kyk.

Karlien Meiring het meer oor sy nuutste musikale meesterstuk gaan uitvind

Hoe hoop jy sal jou aanhangers op jou nuwe musiek reageer?

Ek hoop uiters positief! ’n Mens weet nie vooraf wat die reaksie op jou album gaan wees nie; dis maar in die hande van die “musiekgode”. Afrikaanse musiek het oor die afgelope vier dekades baie verander. Nuwe genres, formate en platforms waar musiek gestroom en afgelaai kan word, het bygekom.

Hoe benader jy die skep van nuwe musiek na so ’n lang en suksesvolle loopbaan? Vind jy dat jou proses oor die jare verander het?

In die begin was dit vir my baie makliker, want ek het my hele lewe voor my gehad waarin ek kon skep. Later het ek meestal my kreatiewe idees deur waarneming of navorsing gekry. Ek vind dat soos die jare aanrol, ek meer nasorg doen en stadiger (en hopenlik deegliker), werk.

Daar word dikwels na jou as die vader van Afrikaanse rock verwys. Hoe sien jy die evolusie van Afrikaanse musiek en waarheen dink jy is dit op pad?

Ja, ek het dit al raakgelees, dis als bloot toevallig en grootliks omdat Blommetjie gedenk aan my in rockformaat was. Ek onthou dat my eerste regisseur, Chris Kritzinger, aan die orkeslede in die ateljee die dag gesê het: “Think: Baby come back.” Dit is ’n liedjie van die Equals. En die res is nou geskiedenis. Ek was toe nog ’n musiekresensent by Beeld en het baie wyd na alle musiekgenres geluister. Dit het baie gehelp.

Afrikaanse musiek het sedert die Musiek en Liriek-revolusie in 1979 geweldig gegroei en vlamgevat. En dis ’n tuiste met vele kamers. En dis goed. Daar is ’n hele klomp nuwe, jong kunstenaars (en gevestigdes) wat die vlam van goeie nuwe Afrikaanse musiek hoog hou. Dis lekker om te sien; veral nou dat ons aanstaande jaar 100 jaar vier sedert Afrikaans ’n amptelike taal geword het.

Wat is die mees ongewone of onverwagte plek waar jy inspirasie vir ’n liedjie gekry het?

Dit gebeur gewoonlik op die ontydigste tye soos net voor ek êrens heen moet gaan of besig is om te bestuur, dit was veral moeilik in die dae voor klein bandopnemertjies en selfone. Die een wat ek die beste onthou en die moeilikste was, was toe ek een keer op die N1 van Johannesburg na Pretoria bestuur het en daar ’n wysie in my kop opgedaag het. Ek het niks by my gehad om dit mee vas te pen nie. Ek het dit die hele pad soontoe en terug in my kop herhaal tot ek by my studeerkamer was om daaraan te werk. Dit was eers twee dae later voltooi. Hierdie wysie is nou byeboerwa.

Wat motiveer jou om, selfs na al die jare, gehore met jou musiek en talent te betower?

Sjoe, dis ’n moeilike vraag. Ek lewe vir musiek – ek dink dis die motivering. Dis die vuur wat van binne brand: Soms is dit net ’n gloed, maar met inspirasie vlam dit op – soms selfs onbeheers, want soos Nietzsche gesê het “without music, life would be a mistake.”

KYK: Anton Goosen: Bly by my (my lief) – Amptelike musiekvideo

Die enkelsnit is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar. Laai dit hier af.

Lees ook: De Klerk Oelofse gesels met ons oor ‘Juffrou X’ en die impak van onderwysers

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met liedjieboer, Anton Goosen – oor sy nuwe musiek appeared first on rooi rose.

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang
Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerste
vrystelling sedert sy album, ‘n Liefde Soos Die, wat net voor die Covid inperking uitgereik is waarvan die titelsnit saam met Tarryn Lamb ‘n reuse sukses was.

2010 is ‘n vars, energieke liedjie geskryf deur Willem, Hugo Ludik en Nick Jordaan. Dit is die perfekte sokkie-kuier liedjie wat nostalgies terugkyk na treffers wat teen 2010 groot was. Met treffers soos Hokaai, Stop Die Lorrie, Kaptein, Soen My Nie Meer Nie, Baby Tjoklits en meer, het 2010 ‘n koor wat jou dadelik sal wil laat opstaan en dans.

Die musiekvideo vir 2010 is vervaardig deur die talentvolle Gerduan Kemp en spog met ‘n ensemble van
bekendes insluitend sangeres – Karlien van Jaarsveld, aktrise – Reandi Grey van Diepe Waters-faam, Mej.
Supranational 2021 – Chanique Rabe asook Katja Pieters van Op My Eish. Die video is opgeneem buite Pretoria en beloof om breë glimlagte te ontlok en jou voete behoorlik te laat jeuk om te dans.

Met sy ongelooflike sukses met sy grimeerreeks, Willem Botha Beauty, het Willem die afgelope twee jaar sy fokus daarop gesit, maar nou is die tyd weer daar vir musiek, en sy aanhangers kan nie wag om die nuwe enkelsnit te hoor nie.

2010 is ‘n ligte, partytjie-liedjie en ‘n absolute moet vir enige naweek speellys. Luisteraars kan die
enkelsnit nou op alle gewilde stromingsdienste kry.

KYK: Willem Botha – 2010 (Amptelike Musiekvideo)

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

The post Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën & Karlien van Jaarsveld oor hul nuwe liedjie
Danksy die musiektalent van Joshua na die Reën en Karlien van Jaarsveld het die maand van liefde op ’n hoë noot afgeskop. Hul liefdesduet “Beter vir ons albei” is pas vrygestel. Hierdie popballade, wat deur Gideon Botes vervaardig is, delf in die mylpale wat ons vir onsself in die lewe stel – ’n treffende herinnering aan hoekom ons hier is en wat ons doel is.

Oor die inspirasie vir die liedjie, verduidelik Joshua na die Reën oftewel Jacques de Villiers: “Ná ’n optrede ’n paar jaar gelede het ek die hartverskeurende nuus ontvang dat ’n vriend se pa oorlede is. Hy was iemand na wie ek baie opgekyk het, en ek het myself in ’n donker plek bevind. Wanneer iemand met so ’n beduidende impak op ’n mens se lewe sterf, laat dit ’n leemte, en ek het al hierdie vrae vir God gehad. Die lewe is so onseker, en jy weet nooit wat volgende gaan gebeur nie. Nadat ek by die gastehuis aangekom het, het ek met my kitaar op die kombuisvloer gesit en gevoel hoe God vir my sê om te onthou wat my doel is. Ek glo dat Hy hierdie oomblikke skep as bakens om ons op koers te hou.”

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën – oor sy nuwe album

Jacques vertel dat die idee om saam met Karlien aan die liedjie te werk, sy vrou, Danelle, se idee was. “Toe ek die liedjie vir haar speel, het sy gesê sy hoor Karlien se stem daarin, en ek het dadelik geweet dit is wat moet gebeur. Ek was opgewonde toe sy ingestem het om dit saam met my te doen.”

Hierdie samewerking is vir hom ’n groot voorreg, want hy het groot bewondering vir Karlien se menslikheid, talent en stem. Hy deel dat albei van hulle die persoon geken het waaroor die liedjie handel. “Dit is nie ’n duet wat mense sou verwag nie, maar ek bewonder iemand wie se uitkyk op musiek nie net vir vermaak is nie, maar om iets mooi en heilig na die wêreld te bring.”

Karlien stem heelhartig saam en sê dat sy baie gemaklik gevoel het om saam met Joshua na die Reën te werk. “Hy sien die wêreld anders, kyk dieper as net wat voor hom is, en laat jou toe om net jouself te wees. Hy is ’n diep denker, soos ek, en so musikaal! Ek weet nog altyd hy is een van my gunstelingmusikante, maar ná hierdie samewerking weet ek hy kan enigiets doen!”

Jacques sluit af: “Ek dink mense is mal oor musiek en ’n boodskap waarmee hulle kan vereenselwig, en dit is beslis so ’n liedjie. Dit sal jou ook herinner om daardie oomblikke te soek waar jy alleen en vreedsaam is, sodat jy waarlik tot in die kern kan ontdek wie jy as mens is.”

Karlien Meiring het met die ongewone wenkombinasie gesels:

Vier julle Valentynsdag?

K: Nie regtig nie, maar my man doen! My man sal altyd iets spesiaals doen en dan sal ek daarmee saamgaan, want ek is glad nie romanties nie. As ek iets moet kies, sal dit iets onder die sterre wees, ver weg van mense en geraas.

Ek dink wanneer ’n mens jonger is, is dit ’n goeie herinnering om waardering vir mekaar en vir jouself te wys. Soos jy ouer jy word, weet jy dat alles in en uit liefde die hoogste vorm van uitdrukking en groei is. Dan is dit deel van ’n daaglikse in- en uitasem en nie tydverbonde nie.

J: Ek en my vrou vier nie eintlik Valentynsdag nie. Ons probeer elke dag belangrik maak en ons liefde vir mekaar wys. Ons is maar teenstanders van ’n tradisie wat net ’n tradisie is. ’n Mens sien ongelukkig dat mense vreeslik moeite met mekaar op sulke dae doen, maar dan die res van die tyd mekaar afskeep. As ’n mens regtig lief vir mekaar is, sal elke dag dit weerspieël. Dit bly vir my lekker om te sien hoe mense dit vier en dis veral spesiaal om ’n optrede op die dag te kan doen.

Op watter maniere beïnvloed of inspireer jou aanhangers jou musiek?

K: Ek is sommer net verstom met hoeveel jongmense al my liedjies ken. Dis so lekker om veral kinders in die oë te kan kyk by my vertonings terwyl ons die liedjies vir mekaar sing. Dan sing ek nie meer alleen nie. Ek dink daar is ’n “heel” gevoel in sulke oomblikke en dit laat my aanhou op verhoë klim.

J: Ek waardeer veral waardevolle gesprekke met my aanhangers. Ek is baie bly my loopbaan is nie gebou op wie ek is nie, maar eerder op dit wat ek skryf en as ’n musikant skep.

Wat is jou gunsteling-liefdesliedjie?

K: “Forever Young” van Rod Steward.

J: “A Case of You” van Joni Mitchell en “Hoe ek voel” van Johannes Kerkorrel

Is daar ’n spesifieke genre of styl van musiek wat jy nog nie verken het nie, maar graag wil?

K: Ek doen nogal ’n redelike verskeidenheid genres by my vertonings, maar ek sou graag net diep musiek wou sing, wat ware stories vertel. Dis egter nie altyd die gewildste liedjies nie.

J: Miskien sal funk iets wees, wat ek in my toekomstige musiek sal wil inwerk.

Al twee van julle het aansienlike sukses in die bedryf behaal. Wat sou jy as die hoogtepunt van jou loopbaan tot dusver beskou?

K: Net waar ek vandag is. Saam met my band in ’n repetisielokaal of op ’n verhoog voor duisende mense. Albei dele is vir my ewe lekker.

J: Dis regtig net vir my amazing om saam met my vriende musiek te kan maak en om mense daardeur weg te voer. As ek op die verhoog staan en kan sien hoe die belewenis iets in iemand se oë laat begin lewe, is dit vir my ’n hoogtepunt. As dit by samewerkings kom, is ek veral dankbaar om saam met mense soos, Janine Neethling, Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Richard van der Westhuizen, Liani Reynolds, Leon Gropp, Simoné Roets en nou Karlien, te kon werk.

Foto: Hendri van Skoll Photography

“Beter vir ons albei” is nou op alle digitale stroomplatforms beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Die Kontrak’ se naaswenner, Mirandi

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën & Karlien van Jaarsveld oor hul nuwe liedjie appeared first on rooi rose.