oë | rooi rose

Sonskerm en branderige oë
Ek het onlangs sonskerm (’n baie goeie een) te naby aan my oë gebruik. My oë het so getraan en vir ’n paar uur lank geswel dat ek besluit het om hierdie artikel te skryf (en volgende keer meer simpatiek gaan wees as my kinders kla oor sonskerm wat hulle ogies brand)!

Dr. Ian Webster, dermatoloog en eienaar van die aanlynwinkel dermastore.co.za, gee raad.

Definisie van jou oog-area: die vel rondom en naby jou oë en ook jou ooglede.

Mense met sensitiewe oë en vel rondom die oë moet eerder fisiese sonskerms gebruik en versigtig wees om dit te naby aan hul oë te wend.

Wat is ’n fisiese blok?

Dit bevat mineraal-bestanddele soos titanium-oksied (beskerm teen UVB, maar nie teen volle spektrum UVA nie), of sink-dioksied (beskerm teen UVB en UVA).

Die superfyn natuurlike metale wat ’n lagie bo-op jou vel vorm (en nie geabsorbeer word nie), sodat die UV-strale nie jou vel kan binnedring nie.

Hoekom laat sonskerm jou oë brand?

Chemiese/nie fisiese sonskerm bevat chemiese bestanddele soos preserveermiddels (wat nodig is om die produk se integriteit te behou).

Sonskems wat alkohol bevat kan ook jou oë irriteer, so vermy sonskerms wat dit bevat naby jou oë.

Fisiese sonskerms sal minder geneig wees om jou oë te irriteer en as dit in jou oog kom, sal dit ook minder irriterend as ’n chemiese sonskerm wees.

Hoe verskil sonskerm vir jou oë van sonskerm vir jou gesig of lyf?

Dit is spesiaal geformuleer vir die dunner en meer sensitiewe vel rondom jou oog-area. Dit word ook so gemaak dat die nie hardloop en smeer en so in jou oë beland nie.

Hoe lyk die ideale sonskerm vir jou oë?

Hoë faktor SPF50+

Breë spektrum wat teen UVA en UVB beskerm

Droë aanraak formule met ’n mat afwerking sodat dit nie smelt en in jou oë loop nie

Fisiese blok of een met minder chemiese bestanddele. Die meeste sonskerms bevat ’n mengsel van fisiese en chemiese bestanddele.

Probeer hierdie produkte

Oogkundige groep Mellins i-Style, deel raad oor hoe om jou oë tydens die somermaande te beskerm. Lees meer onder.

6 feite oor visie en die uitwerking van die son op jou oë

Jou oë kan sonbrand kry.

UV-sonstrale wat weerkaats is net so gevaarlik soos direkte sonstrale.

Water weerkaats tot 100% UV-sonstrale.

Oggend (08:00 tot 10:00) en laatmiddagson (14:00 tot 16:00) is twee keer meer beskadigend as die middaguur om 12:00.

5-10% van velkankers ontwikkel op die ooglid as gevolg van oormatige blootstelling aan UV-sonstrale.

Bewolkte dae kan net so skadelik wees vir jou oë omdat ongeveer 40% van UV-sonstrale jou oë in die buitelug bereik.

Daar is gewoonlik ’n rede vir die duur prys wat mens soms vir ’n sonbril betaal en dit het gewoonlik te doen met die kwaliteit van die lense en die raam. Daar is egter baie goedkoper sonbrille beskikbaar wat soortgelyke beskerming bied as die duurder handelsname. Dit is belangrik om te onthou om altyd ’n sonbril te kies wat UV-beskerming bied en wat ten minste 99% tot 100% UVA- en UVB-strale blokkeer, of wat sê ‘UV400-beskerming’. Die rede is dat langdurige blootstelling aan die son se strale tot oogprobleme soos katarakte, kanker van die ooglid, skadelike vergroeisels op die oog self, en keratitis (of sonbrand van die oog), kan lei. Dit kan selfs die agterkant van die oog beskadig.

Volgens die Amerikaanse Visieraad (US Vision Council), kom 5-10% van velkankers op die ooglid voor as gevolg van oormatige blootstelling aan UV-sonstrale. Fel sonlig tydens die somer kan amok maak met visie en ooglede, maar dit is ook belangrik om te onthou dat verskeie ander faktore benewens skadelike sonstrale die ooglede kan aantas.

Probeer hierdie nuwe sonbrilstyle wat albei UV-beskerming bied:  Foto’s Tom Ford (SDM Eyewear)

The post Sonskerm en branderige oë appeared first on rooi rose.

Die son en jou oë
Moenie die son blindelings aanpak nie. Wees slim oor bestraling

Tydens die warm somermaande sal jy waarskynlik meer tyd in die son spandeer, hetsy jy bestuur, aan buitemuurse sportaktiwiteite deelneem of sommer net ’n mooi dag in die buitelug geniet. Terselfdertyd word jou oë aan verskeie gesondheidsrisiko’s blootgestel insluitend direkte sonlig, UV (ultraviolet) en sigbare hoë-energie bestraling. Dit is uiters belangrik om tydens die jaar se sonnigste seisoen behoorlik vir jou oë te sorg en om bewus te wees van die gevare wat jou visie kan beïnvloed.

Mellins i-Style (www.mellins.co.za), een van die toonaangewende oogkundige groepe in Suid-Afrika, het die volgende wenke vir gesonde visie en oogsorg:

Wat is bestraling?

Die son straal allerhande elektromagnetiese strale uit wat meestal sigbare hoë-energie-, UV- en infrarooi-strale insluit. Alhoewel baie min sonlig UV-bestraling insluit, is UV-bestraling steeds die hoofoorsaak van die son se beskadigende uitwerking op jou oë. UV-bestraling is ’n oormate energie wat deur ’n leë ruimte beweeg. Sodra die energie jou liggaam bereik, kan dit lei tot ’n wanbalans in die molekules se chemiese samestelling wat belangrike selle kan beskadig en misvorming kan veroorsaak. UV-bestraling beweeg saam met sonlig en kan deur die ooglede se dun vellae dring wanneer die oë toe, of gedeeltelik toe is. Die deurskynende lens en kornea filtreer UV-bestraling en keer dat die strale jou oë bereik, maar bied minder weerstand sodra die strale jou oë meer gereeld tref. Dit kan tot die volgende oogprobleme lei:

• Katarakte. Katarakte is die algemeenste vorm van behandelbare blindheid ter wêreld. Dit is ook die hoofoorsaak van wasigheid in die oë wat dit moeilik maak om te sien.

• Kanker van die ooglid. Die Velkankervereniging van die VSA het onlangs vasgestel dat vyf tot tien present van alle kankertipes uit kanker van die ooglid ontstaan. Hierdie kankertipe kom gewoonlik in die laer deel van die ooglid voor wat die meeste aan die son blootgestel word. Die kanker kan verder na die oog versprei en omringende gesigspiere beïnvloed wat na misvormdheid kan lei.

• Intra-okulêre-melanoom. Dit is die mees algemene oogkanker wat tot verskeie simptome kan lei en die oorsaak is van donker spikkels op die iris, wasige visie of verandering van die pupil se vorm.

• Makulêre-degenerasie. Hierdie oogtoestand, ook bekend as ouderdomverwante makulêre-degenerasie, is een van die hoofoorsake van verswakte visie. Makulêre-degenerasie is ‘n siekte wat die makula, ‘n klein spikkel naby die middelste deel van die retina wat noodsaaklik is vir sentrale visie, aantas. Die siekte is die gevolg van langtermyn skade aan die makula. Een van die oorsake is oormatige blootstelling aan sigbare hoë-energiebestraling (‘bloulig’) van die son. Hierdie strale is anders as UV-bestraling omdat hulle sigbaar is en gewoonlik vir mense met lae vlakke van vitamien C en antioksidante aantas.

• Beskadigende groeisels op die oog (Apterygial). Groeisels op die oogblindvlies (die beskermende membraan wat oor die buitenste oppervlak van die oog span) kom gewoonlik eers op ‘n latere stadium van ‘n mens se lewe voor. Die groeisels kan visie negatief beïnvloed en moet met chirurgie verwyder word.

• Keratitis (sonbrand van die kornea). Dit word deur oormatige blootstelling aan die son of elektriese sonverbruiningstoerusting veroorsaak. Maak seker dat jy ‘n gepolariseerde of beskermende sonbril dra wanneer jy baie tyd in die son spandeer, gaan sonbaai of tydens jou sonverbruiningsafspraak by die salon.

• Foto-keratitis. Sodra jou oë aan ‘n oormate UV-bestraling binne ‘n kort tydperk blootgestel word kan dit pynlike inflammasie in die kornea veroorsaak. Foto-keratitis, ook bekend as ‘sneeublindheid’, kan lei tot onmiddelike visieverswakking vir 24 tot 48 uur.

Is gepolariseerde lense die beste wapen vir bestraling?

Volgens Andre Horn, assistent besturende direkteur van Mellins i-Style, kan donker lense skel sonlig verminder. Nogtans kan skerp lig steeds jou visie belemmer en donker lense bied nie genoeg weerstand teen bestraling nie.

“Gepolariseerde lense bied die beste beskerming omdat dit jou oë teen 100% UV-strale beskerm en ander beskadigende strale absorbeer”, verduidelik Horn.

Polarisasie ontstaan wanneer sonlig in verskeie rigtings ‘vibreer’ en ‘n oppervlak tref wat dan baie lig in een rigting stuur. Die lig wat weerkaats word kan jou tydelik verblind. Lig kan ook van verskeie oppervlakke soos water, seesand en aankomende motors se voorruite weerkaats word.

Gepolariseerde lense verhoed dat weerkaatsing jou oë aantas en laat kleure meer uitstaan om beter visie te verseker – veral in uitsonderlike helder ligtoestande. “Gepolariseerde lense verhoed dat jou oë heeltyd aan nuwe, veranderende ligomstandighede gewoond moet raak en uitgeput word”, sê Horn.

Maak seker jy dra ‘n goeie gepolariseerde sonbril wat 100% UV-strale en meeste sigbare hoë-energiebestraling kan absorbeer. Dit kan ook ‘n goeie idee wees om jou sonbril in skaduwee in die buitelug te dra. Alhoewel skaduwees die negatiewe invloed van bestraling kan verminder, bied dit nie 100% beskerming vir jou oë nie.

Vir meer wenke en raad oor gesonde visie, besoek www.mellins.co.za

The post Die son en jou oë appeared first on rooi rose.

Kry die regte oogroom
Vraag:

Is dit nodig dat ek ’n ander room om my oë aanwend en hoekom?

Antwoord:

Die vel om jou oë is nie net die dunste nie, maar ook die sensitiefste. Dit bevat ’n groot hoeveelheid mas-selle wat negatief kan reageer as dit met ’n irriterende middel in kontak kom. Daarom kan nie enige produk altyd naby of om die oë aangewend word nie. Jy moet veral ’n oogroom gebruik om tekens van veroudering te stuit, want dié rome is baie vogtiger en hidreer ook beter.

The post Kry die regte oogroom appeared first on rooi rose.

Grimering vir groter oë
Vraag

Hoe laat ek my oë groter lyk met grimering?

Antwoord

Wend ’n verhelderaar (of die ligste skakering in jou grimeerpalet), aan die binnehoeke van jou oë aan. Gebruik die donkerder skakerings aan die buitehoeke van jou oë (bo en onder). Gebruik nou ’n wit oogpotlood en trek ’n lyn in die binnekant van jou oë. As ek ’n produk kan voorstel, sal ek die Catrice Made To Stay Eye Highlighter Pen in 010 In The Mood For Nude aanbeveel, dit hou lank en die kleur is natuurlik.

*Marlinette Newman is ’n vryskut haar-en grimeerkunstenaar in Kaapstad

The post Grimering vir groter oë appeared first on rooi rose.