op skou | rooi rose

‘Op Skou’: Wat jy van die fassinerende wêreld van liggaamsbou moet weet
In vandeesweek se episode van kykNET se unieke werklikheidsreeks oor buitengewone kompetisies, word daar gekyk mense wat hul liggame soos gebeitelde marmerbeelde laat lyk – elke spier, elke ledemaat. Dis bloedsweet, maar vir die manne en vroue wat liggaamsbou beoefen, is dit elke druppel werd . . .

Die liggaamsbou-atlete

Die liggaambouers wat in hierdie episode van nader bekyk is, het almal ingeskryf vir 2024 se Gauteng-Noord-streeksuitdunne as deel van die Internasionale fiksheids- en liggaamsboufederasie-kompetisie (IFBB).

Enrique Steffen

Die 22-jarige blondekop is in die verkoopsbedryf, maar sy passie is eintlik liggaamsbou. Om in te skryf, moet hy eers vir sy afrigter foto’s stuur: ’n Kwartdraai links, kwartdraai regs, agterkant en voorkant. En die terugvoer is positief. In hierdie stadium glo Enrique voorkomsgewys is hy beslis bo-aan die punteleer. Hy is deur sy pa, ook ’n liggaamsbouer, geïnspireer om hierdie dissipline te beoefen.

Karlien Naudé

“Wys ’n bietjie boude,” vertel sy hoe daar op die beoordelaars se instruksies reageer moet word. Daarna word daar grasieus na die verskillende liggaamsposisies oorgegaan. En belangrik: glimlag! Haar pad met liggaamsbou het begin toe sy by ’n groep aangesluit het wat liggaamtransformasie wou doen. Drie maande later is haar spiere raakgesien en is die proses van liggaamsbou aan haar verduidelik. Dit sou sewe maande neem om haar spiere te vervorm en op te bou tot waar sy haarself as liggaamsbou-atleet gevestig het.

Karlien se lewenspad het met baie kronkels geloop. Op 9 April 2022, direk na ’n liggaamsboukompetisie, was die voertuig waarin sy gery het in ’n botsing met ’n bakkie en ’n vragmotor betrokke. Met haar motor afgeskryf, moes sy staatmaak op ’n taxi. Toe die bestuurder besluit hy gaan nie gehoor gee aan ’n rooi lig nie, het Karlien, wat agterin sonder ’n veiligheidsgordel gesit het, later op die sypaadjie wakker geword – met gebreekte bene en ’n ellelange snywond aan die kant van haar gesig. Sy noem dat as dit nie vir die spiere in haar nek en rug was nie, haar nek waarskynlik sou gebreek het. Frustrerende tye het gevolg met haar in ’n rolstoel tydens die herstelproses.

Sibusiso Kotelo, haar afrigter, is ’n IFBB-pro en aanlyn-afrigter. Hy raak emosioneel as hy dink aan die pad wat hy die voorafgaande 18 maande saam met haar gestap het. “Haar liggaam was fisies gebreek, maar nie haar gees nie,” sê Sibusiso.

Adré Müller

Die inhoudskepper het ongeveer 18 maande voor die kompetisie skouer aan die wiel begin sit. Maar, erken sy, die groot ding vir haar was om wyn op te gee. “Want ek hou van wyn. Ek sal al hierdie doen, maar hoe gaan ek funksioneer sonder my wyn?”

En dan ook wyse raad: “Jy moet ryk trou as jy hierdie sport wil doen want dit is rêrig nie goedkoop nie.” Van die uitgawes wat aangegaan moet word, is vir juwele, naels, hare, baaikostuums of bikini’s en rokke. Sy sê dit kan jou tot R16 000 uit die sak jaag. Ja, lag sy, selfs haar trourok was goedkoper . . .

Quentin Labuschagne

Die twintigjarige met sy funky weglê-snor het eers ’n jaar voor die kompetisie begin met liggaamsbou. Sy oupa het vir hom 15-kg gewigte gegee, maar hy was nie seker wat om daarmee te doen nie. Dit was sy pa, Quentin snr, wat hom aangemoedig het om meer “in die ding in te kom”.

Op skool het hy al besluit hy wil sy liggaam bou wanneer hy klaar is met skool. Maar dit verg baie dissipline. Dis vroeg uit die vere (04:40) en net na vyf soggens is hy by die gimnasium. Dan volg 50 minute se kardio-oefeninge waartydens 600 kalorieë verbrand word. Daarna gaan hy aan met sy dag-tot-dag-dinge net om sesuur saans weer by die gimnasium in te klok. Hy oefen sy bors, skouers of bene vir twee uur lank en daarna volg ’n sauna vir 20 minute. Ses dae elke week.

In die aanloop tot die streekskompetisie

Adré se ma, Estelle, sê sy is die sterretjie wat sy ontvang het, ’n sterretjie wat net al hoe helderder in haar lewe skyn. Adré se pa is tydens Covid-19 oorlede en haar ma se gesondeid is nie na wense nie. Nou bly haar ma by haar en manlief Brett.

Estelle glo Adré het die liggaamsbou nodig gehad na haar pa gesterf het. Adré onthou hoe haar ouers haar altyd ondersteun het, ook elke Eisteddfod waaraan sy deelgeneem het. Maar dis nog ’n groot seer in haar lewe want sy mis tot vandag toe haar pa se gesig in die gehoor.

Quentin vertel dat sy eerste jaar op universiteit hom byna in ’n donker diepte laat beland het, want hy kon nie meer hardloop en sport beoefen soos wat hy gewoond aan was nie. Daar was net nie tyd nie. Hy het selfs sy spiere begin verloor wat hy nog in matriek gehad het. Hy glo dat liggaamsbou hom uit daardie donker gat gered het.

Op sy beurt is Enrique besig om sy klere vir die kompetisie reg te kry. Hy verduidelik aan sy meisie, Monique Weston, dat deelnemers se kortbroeke óf net bo óf net onder die knie mag wees. En dit mag ook nie te styf pas nie.

Met die kompetisie ophande is die atlete besig om seker te maak alles is 100%. Die vroue se grimering word uitsorteer en Quentin se lyf word met ’n sonbruinmiddel gespuit, ’n tegniek wat deur liggaamsbouers gebruik word om die spiere meer gedefineerd en gedetailleerd te vertoon. Dis sy eerste kompetisie en hy’s baie opgewonde daaroor. Wel, eintlik meer opgewonde oor wat hy na afloop van die kompetisie kan eet!

Irma Botha, Gauteng-Noord voorsitter en provinsiale sekretaresse, vertel dat 49 atlete ingeskryf het vir die kompetisie. Dit is saam met die “cross-overs” waar atlete tussen verskeie afdelings kan beweeg, verduidelik sy. Sy maak dit duidelik dat die kompetisie nie net oor liggaamsbou handel nie, maar dat fiksheid ook ’n belangrike aspek is.

Janus Swanepoel, eienaar van Capitol Fitness Hub, is die ou wat as agent en afrigter vir Enrique en Quentin optree. Hy noem ook dat dit reeds Enrique se derde deelname aan die kompetisie is.

Uitslae

Karlien het nie die sukses behaal waarop sy gehoop het nie en sy word nie gekies om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deel te neem nie. Maar sy glo alles werk uit soos dit moet. Haar reis is vir haar eintlik net “it’s you against you” en sy vier haar vordering tussen al die terugslae deur.

Adré is oorstelpt met haar tweede plek – verstommende resultate vir iemand wat ’n jaar gelede met liggaamsbou begin het. Sy het reeds as kind haar Springbokkleure verwerf, en nou droom sy as grootmens om daai groen Protea-baadjie aan te trek . . .

Enrique is teleurgesteld toe hy tweede kom want hy was vas oortuig dat hy op sy beste lyk en voel. Maar, belowe hy, foute sal uitsorteer word en die toekoms wink nog blink. Hy word gekies vir Gauteng-Noord se span.

Quentin kon nie breër geglimlag het nie. Hy is as wenner in die mans se fisieke voorkoms-kategorie aangewys en hy is verskriklik opgewonde om voort te gaan met liggaamsbou. Ook hy word vir Gauteng-Noord se span gekies.

Kort voor die SA-kampioenskap

Dis ’n senuweeagtige Enrique wat, met sy hoop op ’n posisie onder die top-5, by sy afrigter gaan inloer. Janus is byderhand met raad en terugvoer. Hy maak dit duidelik dat jy geen spanning in jou lewe moet hê as jy ’n sukses van liggaamsbou wil bereik nie.

“Alles wat in jou kop aangaan, het ’n effek op jou liggaam,” sê Janus.

IFBB-afrigter Terence Toet gee hom ook terugvoer oor sy posering op die verhoog. Daar moet werk van gemaak word. En Janus stem saam. Hulle voel hy het meer “iets” gehad wat werk tydens die vorige kompetisie.

“Hulle het gesê ek is te windg*t, so ek dit ’n bietjie afgeskaal. Maar dit lyk my ek het dit te veel afgeskaal,” is Enrique se reaksie daarop.

Adré is by die poseerklas en haar afrigter, Francé Price, is baie beïndruk met die vlak waarop sy poseer. Sy neem deel aan die “Fit Model”- en “Beach Bikini”-kategorieë. Die strandbikini-kategorie word net in Suid-Afrika beoordeel. Op die rusbank langs Brett maak sy dit duidelik dat haar huwelik haar eerste prioriteit is en dat dit juis dit is wat haar dryf om ’n sukses van hierdie dissipline te maak.

Quentin moet bietjie werk aan sy posering en dis Marlene Koekemoer, IFBB Physique Pro, wat hom daarmee gaan help. Janus glo hy moet ’n jaar af vat van alles en net op die ontwikkeling van sy liggaam fokus.Sy meisie, Anika Smith, is nie bietjie trots op hom nie. Wat sy veral van hom waardeer, is hoe hy sy kop op ’n ding sit en dit bereik.

Morné Hugo, liggaamstransformasie-spesialis, het ook vir Quentin onder hande geneem en hy is net so trots op sy student. Hy noem ook dat Quentin se ingesteldheid hom by verre onderskei van die ander atlete wat deur hom afgerig word.

“Jy’s net van ‘get the job done’ en die resultate spreek vanself,” loof Morné hom.

SA-kampioenskaptyd

“My seun, ek dink jy’s die frisste van hulle almal. Ek dink jy kan die ding doen,” kom dit van Quentin se trotse pa, Quentin snr., toe hy al die ander gespierdes by die kampioenskap gewaar.

“Daar’s nie meer gedagtes nie, dis net hormone,” erken Quintin.

Enrique se voorbereiding is om te fokus op al die stappe wat hy moet volg – wanneer die spiere gebult moet word en wanneer dit sy rug of maag se beurt is. . .

Op sy beurt stel Brett vir Adré gerus dat hy haar nog steeds sal liefhê, selfs al werk dinge nie uit soos waarop sy haar hoop vestig nie.

Dit was ’n waardevolle ervaring vir die vier liggaamsbou-atlete wat in hierdie episode van naderby leer ken is. Net een van die vier liggaamsbou-atlete het ’n week na afloop van die kampioenskappe ’n telefoonoproep gekry . . .

Op Skou wys Woensdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream). Episodes sal ná uitsending ook op Catch Up beskikbaar wees.

The post ‘Op Skou’: Wat jy van die fassinerende wêreld van liggaamsbou moet weet appeared first on rooi rose.

‘Op Skou’: 9 goed wat jy moet weet van duiwewedvlugte
Verlede week, in die eerste episode van kykNET se nuwe unieke werklikheidsreeks, is daar na die fassinerende wêreld van vlugvoetige vierpotige vriende gekyk. Vandeesweek is dit die gevleueldes se beurt . . . duiwe.

Het jy geweet?

Eeue gelede was duiwe ’n simbool van status en rykdom onder die adellikes. En tydens beide Wêreldoorloë is duisende duiwe ingespan as boodskappers tussen die gewapende magte.

Duiwesport het in die 1800s in België ontstaan en tot vandag toe bly dit ’n gewilde sport wêreldwyd.

Die duurste duif wat tot nou toe verkoop is, is New Kim, ’n Belgiese wedrenduif wat in November 2020 vir ongeveer $1,8 miljoen (sowat R32,8 miljoen) aan ’n anonieme Chinese wedvlug-entoesias verkoop is.

1. Die grootste kompetisie ter wêreld

By AfrikaPro word die geveerdes gering, ingeklok en gehok. In hierdie stadium is dit waarskynlik die grootste duiwe-wedvlugkompetisie van sy soort wêreldwyd. Mede-duiweboere vanuit alle uithoeke stuur ook hul duiwe hierheen om daaraan deel te neem.

2. Duiweboere

Pa en seun

Johan King vlieg al duiwe vir 52 jaar. En sy seun, Mark, volg in sy voetspore. Hy neem sedert 1984 deel aan duiwewedvlugte. Vir Johan is dit baie spesiaal dat hulle twee dit saam kan doen, een van die min sportsoorte waar dit kan gebeur.

Vir Mark is die wen-aspek baie belangrik terwyl Johan dit bloot net wil geniet. Vir hom gaan dit nie oor die geld wat gewen kan word nie. Hy wys hoe een seisoen hom destyds R80 gekos het om deel te neem, maar hy het net R83,18 gewen . . .

En dan was daar sy beste duif wat hom vir ’n tyd lank “verruil” het vir ’n lewe op die skool se dak met ’n “common” duif. Sy het teruggekeer om weer te vlieg. Tot waar ’n kat oor die muur gespring het en haar doodgebyt het.

“Ja, elke sport het sy beserings,” erken Johan.

Banie Deetlefs

Banie het grootgeword met duiwe. Hy glo sy liefde vir duiwe het gekom omdat sy pa baie rondgetrek het toe Banie nog in die laerskool was. Dit was nie maklik om gou vriende te maak nie, maar die duiwe was altyd daar . . . In 2023 het hy en sy spanmaat en swaer, John du Preez, die Swart Baadjie-kompetisie gewen. En die hoop beskaam nie vir nog ’n baadjie of twee nie.

John du Preez

John en Banie, vlieg nou al meer as 30 jaar saam duiwe. John is met Banie se suster, Petro, getroud. Hy het daarmee begin toe hy 14 jaar oud was – op die dag toe sy jongste broer gesterf het. Hy het na John gekom en gevra of hy die duiwe wil hê. John het ingestem, en later daardie dag is sy broer en vriende in ’n motorongeluk oorlede. Hy glo sy broer sou vandag trots op hom gewees het oor alles wat hy met die duiwe verrig het.

In 2014 het John ’n virus opgedoen wat op die ou einde hom in ’n rolstoel laat beland het. Tydens sy tyd in intensiewesorg wou hy net huis toe gaan en Petro het saam by die dokters gepleit om hom te laat gaan. Tuis het sy hom in die sitkamer tuisgemaak waar hy die hele tyd die duiwehok kon sien.

“En toe word ek gesond. Dalk as ek onder die kluite lê, sal ek ophou met duiwe.”

John Du Preez en Banie Deetlefs

Jan Malan

Hy beskryf homself as ’n angstige duiweboer vandat hy ’n klein mannetjie was. Maar hy is ook ’n kenner van die geskiedenis rondom duiwe. Hy vertel dat selfs nog voor die twee Wêreldoorloë is duiwe reeds ingespan om boodskappe tussen kastele te stuur.  Selfs die Suid-Afrikaanse Weermag het van duiwe gebruik gemaak om boodskappe te stuur. Jan noem dat tot vandag toe van die sein-eenhede se skouerflitse nog steeds duiwe op het.

Ria Botha

Ria is die enigste vroue-lid van die klub. Dit was eintlik haar oorlede man se passie wat hy van 2003 gehad het. Sy sê sy wou nooit eers help om die hokke skoon te maak nie. Maar toe die eerste drie duifies in die hok geland het, kon sy nie langer haar afstand hou nie. En vandag gaan sy steeds voort daarmee.

Louis Botha

Hy vertel met sy aankoms in die streek, het hy maar duiwehokke gebou soos wat hy gedink het dit moet wees. Dit sou vier jaar neem voordat hy aan wedvlugte begin deelneem het. En verlede jaar het hy groot gewen: R525 000! Hy glo hy sal wel eendag vir AfrikaPro inskryf, maar in hierdie stadium is die inskryfgeld nog te hoog om te oorweeg.

Joe Gomez

Joe, onder die ander deelnemers bekend as die Pigeon Whisperer, het ’n baie goeie verhouding met sy duiwe en praat gereeld met hulle. Sy vrou sê sy wens hy wil so met haar praat, maar hy lag en sê anders as die geval met sy duiwe, verstaan sy vrou hom nie.

Gys Louw

Hy is Johan en Mark King se vennoot. Sy liefde vir duiwe het reeds as tienjarige posgevat. Hy het tot sy grootste verbasing AfrikaPro die eerste jaar gewen. Hy was iewers in Alberton toe hy op sy selfoon sien hulle het gewen. Hy sê hy’t toe uit blydskap sommer net daar op die gras rondgerol. Nou is dit vir hom en sy gesin ’n familie-sport.

3. Pigeon Palace

Mark en Gys Louw het saam die Pigeon Palace begin: eksotiese broeihokke waar duiwe onder andere vir wedvlugte gebroei word. Daar is nou 50 broeipare wat oor jare saamgestel is, bestaande uit duiwe wat vanuit Europa ingevoer is. Hulle voer ook baie duiwe in vanuit België, die bakermat van duiwewedvlugte.

4. Duif-veilings

Mark verduidelik dat dit baba-duifies is wat op die veiling te koop aangebied word. Hulle is die generasie wat volgende jaar aan die wedvlugte gaan deelneem. Die opbrengs van die veiling word gedeeltelik aan die klub oorbetaal en die res as prysgeld aangebied.

Iemand wat baie gelukkig was om te sien hoe goed die veiling verloop het, is Ian Smith, op 77 jaar oud is hy die oudste lid van die klub.

5. Voorbereiding vir ’n wedvlug

’n Ingevoerde saadmengsel van oorsee gemeng met 20% mielies is op die spyskaart vir die gevleuelde atlete vir die wedvlug wat voorlê.

Theuns van der Westhuizen, die hokafrigter, vertel met die uitbroei van die babatjies vind daar spesiale versorging plaas en hulle spesiale dieet word ook gemonitor. Hulle word gespeen tussen 28-32 dae. Daarna spandeer hulle twee tot drie weke in die hok en buite voordat hulle in die lug kom. Na sowat drie maande vlieg hulle oefenvlugte, hoe om huis toe te gaan en hulle word ook gewoond gemaak aan die wedvlugmandjies.

6. Hoe werk die wedvlug?

Die duiwe, nou gewoond aan hul wedvlugmandjies, word gewoonlik met ’n groot trok na die loslatingspunt vervoer. Op die tydsein word al die mandjies gelyk oopgemaak. Terloops, daar word gemiddeld 8 000 duiwe per wedvlug vrygelaat.

Sowel die loslaat- as aankomskoördinate, akkuraat tot en met ’n meter waar die duiwe se eie hokke is, is bekend aan die deelnemers en die aankomstyd by hul hokke is tot die sekonde akkuraat. Die duif wat wen, is die een wat die meeste meter per minuut afgelê het. Die duiwe word toegerus met ’n elektroniese ringetjie en by die deur van hul hokke is daar ’n elektroniese inklok-horlosie wat hulle aankoms registreer.

7. One Loft

Waar klein duifies grootword, is waar hulle huis is, verduidelik Mark. Hy verwys na hulle “ingeboude GPS” wat hulle van kleinsaf leer om te oriënteer.

By ’n One Loft , soos by AfrikaPro, werk dit anders. Babaduifies word op 4-6 weke oud hiernatoe gestuur. Dit word hulle nuwe huis en dis van hier waar hulle aan wedvlugte sal deelneem.

Die inskrywingsfooie om aan AfrikaPro deel te neem, is astronomies. Mark noem dat dit $15 000 (volgens huidige rentekoers: R274 000) is om in te skryf. Dit sluit natuurlik nie kos, medisyne en die babas by One Loft in nie.

8. AfrikaPro

Tydens die 2024-kompetisie wat by Sun City geëindig het, is daar 1 700 duiwe vrygelaat.

Ruan Louw, loftbestuurder van AfrikaPro verduidelik tussendeur die voorbereiding vir die wedvlug dat hy duiwe kan uitken sonder moeite, selfs al is hy geblinddoek. Hy persoonlik gaan elke duif deur om seker te maak hulle kan die wedvlug hanteer.

Volgens hom is daar in die vorige jaar ongeveer $1,2 miljoen (volgens huidige rentekoers: R21,9 miljoen) uitbetaal aan die wedvlug.

“Ja, dis vir ’n paar rand waarvoor die ouens vlieg,” sê Ruan. Vir hom gaan dit nie oor wie wen nie, maar dat al die duiwe veilig huiswaarts keer.

Hendrik von Wielligh, wedvlugdirekteur van AfrikaPro, oftewel “die meesterbrein” agter AfrikaPro, raak baie emosioneel as hy dink oor wat al die afgelope paar jaar met die kompetisie bereik is.

By verlede jaar se AfrikaPro was daar deelnemers van België, Bulgarye, Duitsland, Nederland en Amerika . . . om maar net ’n paar te noem. Die finale wedvlug vir 2024 het by Edenburg (naby Bloemfontein) vleuels gekry. Die vraag is net: Wie het daai 601 km die vinnigste afgelê en wie se hart het gebreek?

9. Daai baadjies

Die Groen Baadjie-prys is vir die sprinter-duif. Dis die korter wedvlugte, soos vir naellopers in atletiek, waar die duiwe baie vinniger vlieg. Die duif wat na vyf aaneenlopende wedvlugte voorloop, is die wenner van hierdie baadjie.

Die Bruin Baadjie-prys is vir uithou-wedvlugte – vir die duif met die beste uithouvermoë oor die langste afstand.

Die Blou Baadjie-prys is die tweede grootste prys en dit word aan die beste duif van die jaar (Ace pigeon) toegeken. Die duif moet die prestasie behaal oor 10 vlugte.

Die Swart Baadjie-prys, die grootste kompetisie wat daar is en die hoogste prys in duiwesport in die wêreld.

Hierdie episode is in liefdevolle herinnering opgedra aan John du Preez wat op 10 Oktober 2024 sy eie vlerke gekry het.

Op Skou wys Woensdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream). Episodes sal ná uitsending ook op Catch Up beskikbaar wees.

The post ‘Op Skou’: 9 goed wat jy moet weet van duiwewedvlugte appeared first on rooi rose.

‘Op Skou’: Nege goed wat jy moet weet van mense en hul honde-passie
Ja, die mens se beste vriend beskik oor die vermoë om vinniger as blits tussen paaltjies en obstruksies deur te flits.

Lees ook: Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Ingrid Engelbrecht, een van die vervaardigers van dié dokumentêre werklikheidsreeks, is baie opgewonde om hierdie reeks die lig te laat sien wat fokus op buitengewone skoue en stokperdjies.

Pretfeit: Die eerste hond is omstreeks 14 000 jaar gelede mak gemaak!

Ratsheid is nie ’n stokperdjie nie

Dit, allerweë onder die kategorie Agility tydens skoue en kompetisies, is volgens die honde se mensemaats ’n absolute leefstyl.

Reëls en hindernisse

Nes die honde, moet hul hanteerders ook al die reëls en hindernisse leer ken. Alles, want hoe anders gaan hulle vierpotiges weet watter roete om te volg? Van die hindernisse sluit in: Voor-, blinde- en agter-kruise asook ketchkers (breedweg waar die hond agter die hanteerder inbeweeg) en dis maar net vier van die maneuvers wat uitgevoer moet word tydens kompetisies.

Deelnemers aan ratsheid-kompetisies word gewoonlik 8 minute gegun om die baan te loop voordat die kompetisie in alle erns begin. Daarna kry die honde ’n opwarmingsessie van rondom 5 minute.

Ras-kompetisies

Dit is deel van die skou waar die beoordelaars bepaal hoe na die hond lyk aan die standaard van daardie spesifieke ras – ’n soort van Mej. Suid-Afrika vir honde, soos Louis Kruger, eienaar van Pet Expo, dit beskryf. Maar anders as met Mej. SA word die honde letterlik van hul neus tot hul stert gemeet. Selfs hul tande word van naderby beskou. Daar is ’n standaard opgestel wat as handleiding dien vir die beoordelaars.

Beoordelaars vanuit Noorweë, Swede, Estonia en Ierland asook Alen Marekovic van Kroasië, word ingespan om die honde volgens die standaard te beoordeel.

Voorbereiding vir skoue

Die voorbereiding vir die skoudag is allermins kinderspeletjies. Van die honde gaan na hul eie gimnasium. Daar is ’n fisioterapeut wat seker maak alles buig en beweeg soos dit moet.

Dan is daar natuurlik die fiksheidsaspek waar spesifieke oefeninge gedoen word om byvoorbeeld hul agterbene te versterk vir spronge. Hierdie honde is immers atlete – en hulle verdien net die beste voorbereiding.

Renée Prinsloo

Renée het baie goed presteer op die gebied van waterski en vrystyl-dans, en sy het eindelik opgeëindig as ’n hondehanteerder waar sy op die ratsheid en vlugvoetigheid (Agility) van honde fokus. Sayde, ’n Shetland-skaaphond, is in hierdie stadium haar top-presteerder in Agility. En sy’t spesifiek hierdie ras gekies omdat hulle ratser en vinniger is as die meeste ander rasse.

Dory Smit

Dan is daar Dorothea, beter bekend as Dory, wat aanvanklik uithouritte met perde gedoen het. Maar ’n baie slegte val waar sy haarself bang geval het, het haar na honde laat kyk as ’n veiliger sport. Sy hou wel daarvan dat die wen van sowel uithouritte as honde-ratsheid met ’n stophorlosie bepaal word. Dit maak die speelveld gelyk.

Vandag is daar Stoffel, haar optelhondjie, wat agt jaar gelede met sy ratsheid telkemale oor haar kombuisdeur tot binne in haar hart gespring het, wat haar op die pad van ratsheid geplaas het, al was dit nie so maklik as wat sy gedink het dit gaan wees nie. Twee jaar gelede het Rio en Gin, twee Borderkollies by Stoffel aangesluit.

Susan Kleijnhans

Susan (68) doen dit reeds vir die afgelope 18 jaar. DaiDai, ’n Staffordshire Bulterriër, was aanvanklik net haar troeteldier, maar sy het sommer met haar eie leiband in haar mond die ratsheid-roete saam met Susan gedoen wanneer sy ander honde om die baan gelei het.

Zara en Lexi was aanvanklik die ratsheid-deelnemers, tot waar DaiDai een keer uit haar hok gebars het en saam met Lexi die roete gehardloop het. Die res, soos die gesegde lui, is geskiedenis.

Banie van Aswegen

Die 32-jarige hondehanteerder se windhond, Danté, is sy groot trots en hy word nie net vir die Pet Expo ingeskryf nie, maar ook vir die ras-kompetisie. Fiksheid was nog altyd deel van Banie se leefstyl en hy het op die rugbyveld sy staal getoon. Nadat hy rugby gegroet het, het hy kennis gemaak met hondeskoue. En dit is waar alles begin het.

Banie beskryf Danté as gedrewe en passievol. Vandag beskik Danté oor kampioen-status en tot nou toe het hy pryse by die dosyne ingeryg. En hy’s nog nie eers vier jaar oud nie. Maar Banie se hoop word daarop gevestig dat Danté die nasionale kroon gaan inpalm wat sal beteken hy is die beste hond van alle rasse, landwyd.

Louis Kruger

Louis, eienaar van Pet Expo, vertel daar word na raming 350-400 honde per skou verwag! Hy noem dat Pet Expo sowat 20 jaar gelede in Durban ontstaan het, waarna dit ook in Johannesburg gehou is. Dit het hom inspireer om mense meer bloot te stel aan nie net honderasse nie, maar ook aan wat met die honde vermag kan word.

Hy het met die vorige eienaars van wat toe as The World of Dogs & Cats (WODAC) bekend gestaan het, in gesprek getree en idees met hulle rondom die moontlike pad vorentoe gedeel. Die oproep was op die regte tyd en dit het tot die nuwe baadjie en naam van Pet Expo in 2022 gelei.

Op Skou wys vanaf Woensdag 7 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream). Episodes sal ná uitsending ook op Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook:Ontmoet die man agter Die stories van Afrikaans se treffende illustrasies

The post ‘Op Skou’: Nege goed wat jy moet weet van mense en hul honde-passie     appeared first on rooi rose.

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat
kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat mense laat gons. En dat mense oor Op skou gaan praat, is nie altemit nie.

Die naam sê presies waaroor die reeks gaan, maar daar word nie gekyk na plattelandse landbouskoue of die enorme stedelike skoue waar daar alles van paddas tot perde te sien is nie. Hier gaan dit oor skoue met ’n spesifieke fokus.

Ingrid Engelbrecht, een van die vervaardigers van Op skou, is baie opgewonde om hierdie reeks die lig te laat sien wat om buitengewone skoue en stokperdjies draai.

“Ons ontmoet doodgewone mense met ongewone stokperdjies en passies, en vind uit wat hulle harte vinniger laat klop.

“Elke episode het ’n ander tema: van honde en karre tot dans en skoonheid – daar is iets vir almal. Op skou volg verskillende mense in hulle voorbereiding vir ’n skou of kompetisie en wys ook hulle deelname daaraan,” vertel sy.

Die reeks vier passie en die waagmoed om drome na te jaag. En, verduidelik Ingrid, die deelnemers aan hierdie uiteenlopende reeks skoue is nie afhanklik van hul passie om ’n inkomste te genereer nie.

“Ons het besef hoe kosbaar ’n stokperdjie kan wees. En elke persoon wat in Op skou verskyn, het ’n spesiale storie en emosionele motivering wat hulle dryf om hulself aan hierdie kompetisies bloot te stel.”

Lees ook: Wat soek Kokkedoor: Son & See se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die reeks bestaan uit agt episodes, en elke episode is propvol unieke inhoud. In die eerste episode val die kollig op die mens se beste vriend. Daar word na verskillende afdelings en aspekte van hondeskoue gekyk, en kykers leer van die toegewyde deelnemers aan hierdie geleenthede ken.

Reneé het baie goed op die gebied van waterski en vrystyldans presteer, maar sy het uiteindelik ’n hondehanteerder geword wat honde in voorbereiding op honderatsheidskompetisies (Dog Agility in Engels) afrig om hulle vlugvoetigheid te verbeter.

Dory het aanvanklik uithouritte met perde gedoen, maar ná ’n baie slegte val, het honde haar weer op die been gehelp. Stoffel, haar optelwoefie, het met sy ratsheid telkemale oor haar kombuisdeur tot binne in haar hart gespring en haar op die pad van nuwe lewensvreugde geplaas.

Susan Kleinhans (68) neem al vir die afgelope 18 jaar aan honderatsheidskompetisies deel. DaiDai was aanvanklik net haar troeteldier, maar dié klein uitblinker draf sommer met haar eie leiband in haar mond die roete saam met Susan wanneer sy ander honde om die baan lei.

Die hondeskoue, waar honderatsheidskompetisies een van die afdelings is, is indrukwekkende geleenthede. Volgens Louis Kruger, eienaar van Pet Expo, word daar 350-400 honde per skou verwag.

Die eienaars erken prontuit hulle is baie kompeterend, maar uiteindelik is dit juis hulle diere wat hulle nederig hou.

“Die eerlikheid van hierdie stories is waarby kykers aanklank sal vind. Op skou bied jou die geleentheid om saam te lag, te huil en opgewonde te word oor die groot kompetisiedag,” sê Ingrid.

Die voorbereiding op skou-items is allermins kinderspeletjies. Van die honde gaan na hul eie gimnasium. Daar is ’n fisioterapeut wat seker maak alles buig en beweeg soos dit moet. Dan is daar natuurlik die fiksheidsaspek waarvoor spesifieke oefeninge gedoen word om, byvoorbeeld, hul agterbene te versterk vir spronge.

Maar te oordeel aan al die swaaiende sterte, is ’n hondelewe en ’n lewe saam met honde glad nie te versmaai nie.

Op skou wys vanaf Woensdag 7 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream. Episodes sal ná uitsending ook op Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Sean Aucamp-van Noordwyk oor sy draai in Suidooster

The post ‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat appeared first on rooi rose.