osteoporose | rooi rose

Osteoporose: Die siekte wat jou bekruip
Deur CHRISTA SWANEPOEL

Daar is baie wanopvattings oor osteoporose, soos dat dit ’n “ouvrousiekte” is. Die probleem is dat dit oor dekades ontwikkel sonder dat daar enige waarneembare teken is. Jy ervaar geen pyn nie, maar jou gebeente verswak geleidelik en op ’n dag breek jy jou pols, heup of ’n ruggraatbeen en as jy dan by ’n dokter uitkom, word osteoporose gediagnoseer.

Osteoporose kan as ’n siekte van oorerflikheid en lewenstyl beskryf word. Jy kan ongelukkig nie veel aan eersgenoemde doen nie, maar met die regte lewenstylkeuses kan jy wel jou kanse verbeter om dit vry te spring. Kennis oor dié beensiekte is dus uiters belangrik.

Lyers vertel

Marietjie (77) van Pretoria onthou hoe dit begin het: “Ek het in my vyftigerjare my gewrig gebreek, maar dit nie daardie tyd met osteoporose in verband gebring nie. My gewrig het herstel en ’n paar jaar later het ek ná ek inkopies gaan doen het, die inkopiesakke uit die kattebak gelaai en beentjies in my ruggraat gebreek. Ek is toe eers met osteoporose gediagnoseer.

“Ek het daarna soveel as moontlik oor die siekte opgelees en het moeite gedoen om my kinders en kleinkinders se dieet aan te pas om hulle daarteen te help beskerm. Ek het ook op die dokter se aanbeveling ’n paar keer per week in ’n park gaan stap. Ek is baie meer bewus van wat ek doen en eet om myself teen verdere breuke te beskerm.”

Bernadette (59) van Northcliff: “Ek was 56 jaar oud toe ek in 2020 erge pyn in my regterboud en lae rug ontwikkel het. Ek het aanvanklik gedink daar is iets fout met my kolon.

“Ek het twee kolonoskopies en twee CT-skanderings ondergaan, maar die dokters kon niks fout vind nie. In 2021 het die dokters ’n MRI gedoen en osteoporose is by my gediagnoseer. Dit het getoon ek het spinale stenose en ’n rugwerwel wat geskuif het en uitstulp, waarskynlik weens die osteoporose.

“My oorlede pa en van sy sibbe het osteoporose gehad en daarom het ek na my gesondheid omgesien. Ek weeg 51 kg, ek het nog altyd geoefen, 90% van my dieet is vrugte en groente en ek neem aanvullings. Dit was dus vir my ’n skok toe osteoporose by my gediagnoseer is. Ek oefen steeds al het ek pyn. Die pyn is erger as ek sit of lê. Ek gebruik medikasie, maar ek weet dis op die duur nie goed vir my niere nie. Ek gaan binnekort weer vir ’n MRI.”

Wat is osteoporose?

Osteoporose beteken letterlik “poreuse bene”. Die siekte veroorsaak dat die digtheid en gehalte van jou gebeente afneem, wat die skelet verswak en die kanse om ’n fraktuur op te doen, verhoog. Jou bene kan so bros word dat jy met geringe inspanning ’n fraktuur kan opdoen, soos om van ’n bank af op te staan, ’n inkopiesak op te tel of te nies.

Dit gebeur egter geleidelik sonder dat jy dit agterkom. In jou leeftyd vind daar gedurig afbreking en heropbouing van jou skelet plaas. Dit is nodig vir die groei en instandhouding van gesonde bene. In jou kindertyd word been vinniger opgebou as wat dit afgebreek word – jy groei en jou gebeente word digter. Jou beenmineraaldigtheid neem toe tot jy volwassenheid bereik. Ná 30 begin beendigtheid geleidelik afneem en verloor die gemiddelde vrou elke jaar 0,5% beendigtheid. Jy moet dus van jongs af daarop bedag wees al toon jy geen simptome nie.

Wanneer jy skielik ’n been breek, is dit gewoonlik en ongelukkig die eerste “simptoom” van osteoporose. En dan is dit te laat. Die enigste fisieke teken dat jy dit onder lede het, is ’n afname in jou lengte en jou rug word geleidelik krommer weens die kompressiefrakture van die rugwerwels. Beendigtheid begin reeds van die vroeë dertigerjare afneem en die risiko dat ’n vrou in haar leeftyd ’n fraktuur weens osteoporose

kan opdoen, is 30% tot 40%. Dit is ook nie net ’n vrouesiekte nie en onlangse studies toon dat een uit elke vyf mans osteoporose kan opdoen.

Wat is die risikofaktore?

Jy is ouer as 65 jaar.

Jy het ná die ouderdom van 50 ’n been gebreek.

’n Naby familielid het ’n been gebreek of is met osteoporose gediagnoseer.

Jou gesondheid is swak.

Jy is ondergewig vir jou lengte.

Jy rook.

Jy het voor 45 jaar deur menopouse gegaan.

Jy kry nie genoeg kalsium in nie.

Jy drink meer as twee alkoholiese drankies ’n paar keer per week.

Jou sig is swak.

Jy kry nie genoeg oefening nie.

Hoe kan dit gediagnoseer word?

Jou dokter sal ’n Dexa-masjien gebruik (Dual Energy X-ray Absorptiometry). Die masjien skandeer jou heup en ruggraat om jou beendigtheid te bepaal in vergelyking met ander mense s’n van jou ouderdom en geslag. Verder kan ’n bloedtoets gedoen word of ’n sonar, gewoonlik van die hak, of ’n kwantitatiewe CTskandering van die lae-ruggraat.

Wat is nodig om dit te voorkom?

Kalsium: Kalsium is ’n belangrike bousteen vir beenweefsel wat osteoporose en beensiektes kan voorkom. Die kalsiumvlakke in die bloed, wat noodsaaklik is vir die senuwees en spiere, word onderhou deur die kalsium in jou bene, wat as ’n reservoir dien. Die hoeveelheid kalsium wat ons liggaam nodig het, verander met ouderdom, maar die liggaam se vermoë om kalsium op te neem, neem ook met ouderdom af en daarom moet jy meer kalsium inneem. Voedsel ryk aan kalsium is suiwelprodukte soos melk, jogurt, kaas en botter; groen groentes soos broccoli en spinasie; geblikte vis waarvan die bene ryk is aan kalsium, soos salm en sardiens; en neute, veral amandels en Brasiliaanse neute.

Vitamien D:  Vitamien D help met die opname van kalsium uit die kos wat jy eet en verseker die hernuwing en mineralisasie van beenweefsel. Dit is dus noodsaaklik vir die onderhoud en ontwikkeling van bene. Vitamien D word in jou vel vervaardig wanneer dit aan die son se ultravioletstrale blootgestel word. Dit kom ook in kos, soos salm, sardiens en makriel, eiers en lewer voor. Jy kan ook vitamien D-aanvullings gebruik. Onlangse navorsing toon ’n minimumbloedvlak van 25- hidroksievitamien D wat optimaal vir voorkoming van frakture sal wees, is 70-80 nmol/l. Om dit te bereik, sal die gemiddelde ouer mens se vitamien D-inname minstens 800-1 000 IE/dag moet wees.

Oefening: Oefening is noodsaaklik vir beengesondheid op enige ouderdom. Jy kan ook op enige ouderdom met beenoefeninge begin, selfs al val jy in die hoërisikogroep of selfs al het jy reeds osteoporose. Omdat oefening bene en spiere versterk en balans, koördinasie en soepelheid verbeter, kan dit help dat jy nie val en dalk iets breek wat tot gestremdheid of selfs ’n voortydige dood kan lei nie. Volgens die Nasionale Osteoporose-stigting is stap en weerstandsoefeninge die beste oefeninge wat kan help om beendigtheid te bevorder omdat jy teen gravitasie werk. Weerstandsoefeninge sluit vinnige stap, draf en dans in. ’n Vinnige stap van 45 minute drie keer per week word aanbeveel. Dra net gemaklike skoene. Die spier wat die been “trek”, genereer elektriese impulse op die beenoppervlakte, wat beenvorming stimuleer. Oefening stel ook hormone vry wat beenvorming aanhelp en dit stimuleer bloedvloei binne die been.

Simptome van ’n heupfraktuur

As jy vermoed dat jy ’n heupfraktuur opgedoen het, moet jy onmiddellik mediese hulp kry.

Simptome van ’n heupfraktuur sluit in:

Pyn in die lies of dy.

Jy kan nie staan nie.

Jy kan geen gewig op die geaffekteerde been hanteer nie.

Jy kan nie die boonste deel van die been beweeg nie of sukkel om dit reg te kry.

Die deel om die heup en bobeen is geswel en gekneus.

Die geaffekteerde been is in ’n vreemde posisie gedraai of lyk korter as die ander been.

Behandeling

Hoewel osteoporose nie genees kan word nie, is daar behandeling beskikbaar. Jou dokter sal die regte behandeling vir jou aanbeveel afhangende van jou ouderdom, geslag, hoe ver die osteoporose gevorder het en of jy ander siektetoestande onder lede het, asook persoonlike voorkeur.

Lees ook: Planne vir goeie kraakbeen

The post Osteoporose: Die siekte wat jou bekruip appeared first on rooi rose.

Doen jaarliks dié toetse as jy bo 50 is
Die risiko op hartsiektes, skildklierprobleme, hoë bloeddruk, kanker (bors-, kolorektaal en serviks), verhoogde cholesterolvlakke, diabetes, osteoporose, en natuurlik ook omdat jy nou die menopouse nader, maak korrekte inligting noodsaaklik.

Dr. Adri Kok, internis-spesialis by die Uniehospitaal in Alberton, sê mense moet bewus wees van risiko en simptome. “Dis selfs belangrik om jou dokter te vertel watter vitamienaanvullings en pynpille jy gebruik, want dit kan verskeie dinge beïnvloed – van hoe jou liggaam medisyne absorbeer tot chroniese bloeding.”

“Een van my pasiënte het besluit om nie meer haar cholesterolmedisyne te neem nie omdat haar vriendin wat dieselfde medisyne neem, spierpyne ontwikkel het,” vertel dr. Marius Visser*.

“Ek was baie bekommerd toe dié vyftigplusser ’n paar maande later terugkom en haar bloedtoetse steeds verhoogde cholesterolvlakke wys. Natuurlik het ek besluit haar dosis moet verdubbel word. Sy het toe skaam erken dat sy haar medikasie gestop het. Dit was nie wys van haar nie, en sy moes my eerder geraadpleeg het voor sy die besluit geneem het. Sy het haar aan die verhoogde risiko van ’n hartaanval of beroerte blootgestel.”

“Een van die gevaarlikste dinge wat pasiënte kan doen, is om hul medisyne te stop sonder om die dokter te raadpleeg.”

Dr. Quinten Fourie, algemene praktisyn van Vaalpark, Sasolburg, sê as jy die beste hulp wil hê, moet jy jou dokter al die “instrumente” gee om jou na sy beste vermoë te help.

“Die inligting wat ek van die pasiënt kry, is deel van my proses om ’n diagnose te maak. As sekere inligting weerhou word, kan ek selfs verkeerde besluite neem. As jy nie vir my die volle waarheid oor jou hallusinasies vertel nie, kan ek jou na die verkeerde spesialis verwys. Dit kan maak dat ons nooit agterkom dat jy temporale lob-epilepsie het, en nie ’n bipolêre gemoedsversteuring nie.”

Marinda* sê kolonkanker sou in ’n vroeër stadium by haar gediagnoseer en behandel kon word as sy eerlik met haar dokter was.

“Ek het bloed in my stoelgang ontdek, maar eers net vir die dokter gesê dis ’n aambei wat pla. Omdat ek nie lus was vir ’n ondersoek nie, het ek nie al die simptome genoem nie. Sy het medisyne voorgeskryf en ek het gehoop die bloeding sal stop. Dit het nie. Ek is ná ’n maand terug, is gestuur vir ’n kolonoskopie en kolonkanker is gediagnoseer. Behalwe maande se behandeling, moes hulle ook ’n stuk van my dikderm verwyder.”

Doen jaarliks dié toetse as jy bo 50 is

Laat neem jou bloeddruk

Hoë suikervlakke – Toets: Bloedtoets. “Hoë suikervlakke kan tot diabetes of obesiteit lei,” sê Adri.

Osteoporose – Toets: Beendigtheid. “Jou risiko is selfs groter as jy geen of min kalsium inneem, nie gewigdraende oefening doen nie en rook,” sê Adri.

Borskanker – Toets: Mammogram en sonar. “10% van klein letsels word nie deur ’n mammogram opgetel nie. Dis wys om albei toetse te doen,” sê Adri.

Kolorektale kanker – Toets: Stoelgangtoets en kolonoskopie. “As daar enige onverklaarbare verandering in jou stoelganggewoontes is (jy is skielik hardlywig, waar jy vroeër nooit gesukkel het nie), of as jy bloedarmoede het, moet jy jou dokter vertel,” sê Adri.

Servikale kanker – Toets: Papsmeer. “Jy moet dié toets laat doen vandat jy seksueel aktief is, of as daar ’n familiegeskiedenis van servikale kanker is,” sê Adri.

Skildklier – Toets: Bloedtoets met ’n TSH-vlak. “’n Onderaktiewe skildklier affekteer alle organe, lei tot gewigtoename, droë vel, kan jou hartklop afbring, baie laat bloei as jy nog menstrueer en jou sommer net moeg laat voel,” sê Adri.

Cholesterol – Toets: Bloedtoets wat die LDL- (die “slegte” cholesterol), HDL (“goeie” cholesterol) en trigliseriede (veroorsaak inflammasie) toets. Jou LDL moet onder 1,8 wees (jy word met ‘n LDL van 1 gebore), HDL moet meer as 1,2 wees.

Wees bewus van jou gewig

Abdominale vet is slegte vet. Die omtrek van jou middellyf moet onder 84 cm wees, anders neig jy na obesiteit. Die enigste bevolkingsgroep op wie dit nie van toepassing is nie, is die Oosterlinge, wie se liggaamsbou kleiner is. Die risiko’s van slegte vet is hartsiektes, kanker (bors- en uteruskanker) en osteoartritis.

*Skuilname

Lees ook: Verlaag jou risiko op pankreaskanker

The post Doen jaarliks dié toetse as jy bo 50 is appeared first on rooi rose.

Beendigtheid: alles wat jy van Osteoporose wil weet
10+

Dis die dekade om vas te stel hoe jou ma en ouma se beengesondheid lyk: as hulle ’n lae beendigtheid of osteoporose het, is jou risiko soveel groter – en melk vir jou soveel belangriker. Het jy al ’n been gebreek? Dit verhoog jou risiko op osteoporose met ’n derde.

As jy in Graad 6, 7 of 8 (12 – 14 jaar oud) is, is jy in die beste posisie van alle vroue om mooi bene te bou. Jou skelet suig nou kalsium soos ’n spons op en ’n kwart van ál die kalsium wat jou skelet in jou lewe gaan nodig hê, word nou in jou bene ingebou. Wat van ouer tieners? Jy bou steeds fantasties been, want jy neem steeds baie meer kalsium op as twintigers en ouer vroue. Mooi bene word letterlik nóú gemaak. Jy moet net jou liggaam genoeg kalsium gee (1300 mg elke dag). Werk met ons tabel uit hoeveel melk, jogurt en kaas jy nodig het. Is jy ver onder 1300 mg? Die oplossing is kalsiumpille. Vra jou ma om kalsiumpille op haar inkopielys te sit – dit lyk asof almal (gecheleerde kalsium, koraalkalsium, dolomiet, en so aan) ewe goed is. Kyk hoeveel kalsium jy kortkom en kombineer jou melk en jogurt met kalsiumpille.

Vier dinge om te onthou

Tieners dieet chronies, maar jy mag nié melk uitsny nie. Los liewer stysel (brood, koeldranke, en lekkergoed).

Sport maak jou skelet sterker.

Sportmeisies sweet kalsium uit en verloor tot 0,5% been per jaar (2,5% op hoër-skool!) Mik vir ’n bietjie meer kalsium.

Moenie begin rook nie: dis gif vir jou bene!

20+

Nou bepaal jou lewenstyl hoe sterk jou skelet bly – en dis vierkantig in jou hande.

Wat jy moet doen

Werk uit hoeveel kalsium jou eetpatroon vir jou inbring, en vul dit aan met kalsiumpille sodat jy by 1000 mg per dag uitkom (Gebruik ons tabel.)

Bly oefen. Tot ’n derde van onaktiewe twintigers begin reeds been te verloor – iets wat eers op veertig behoort te begin. Op skool is jy outomaties aktief maar nou moet jy sélf sport in jou lewe inbring. Kies iets lekkers: dans, gim, ballet vir volwassenes, pretlope, roei, fietsry, spinning, sosiale hokkie, aksienetbal, joga, paaldans, perdry.

Eetsteurnisse. Anoreksie en bulimie is baie algemeen onder ouer tieners en twintigers, en beskadig veral die skelet. Jy is nou emosioneel volwasse genoeg om dié twee siektes finaal af te skud.

Wat om te beperk

Drink so min moontlik. Alkohol maak die selle waaruit nuwe been moet ontwikkel, dood en is absolute gif vir jou skelet.

30+

Die 20-plussers se riglyne is steeds reg. Al wat bykom is:

Swangerskap: Jy benodig nou 300 mg meer kalsium per dag (d.w.s. 1300 mg), waarvan jou baba 80% gaan gebruik.

Son: Eers as die eerste plooitjies verskyn, skop die werklikheid vir die meeste van ons in dat die son ons velle oud maak … en dan raak ons sonsku. Maar jy het ’n halfuurtjie son per dag op die vel nodig om die vorming van vitamien D (nodig vir beenbou) te laat plaasvind. Haal jy dit in die winter as jy van sonop tot sononder in ’n kantoor werk?

40+

Jou ouderdom werk nou teen jou skelet, en jy moet sake fyn bestuur. Maak so:

Toets jou status: Begin met ’n beendigtheidstoets sodat jy weet waar jy staan en wat jy moet doen. Daar is verskeie klasse medisyne as jou skelet verswak is: Baie vroue gebruik HVT (estrogeen) omdat dit been bou – maar dis nie vir jou as jy ’n verhoogde risiko op kanker of hartkwale het nie. Die bifosfonate word as die nuwe wonderbeenbouers beskou. Daar is ’n hele aantal as daaglikse pille beskikbaar maar die jongste een word baie gerieflik net een keer per jaar as ’n inspuiting (infusie) geneem. Vra jou dokter daarna. ’n Woord van waarskuwing oor bifosfonate in die algemeen: beennekrose (die afsterf van beenweefsel, veral aan die beenkop) is seldsaam maar kom drie keer meer voor by vroue op bifosfonate. Die risiko dat jy dit kan ontwikkel, is klein maar as jy op bifosfonate beenpyn ervaar, is pynpille nie die antwoord nie. Gesels liewer met ’n’n ortopeed of menopousespesialis. As jou beendigtheid laag is, herinner jou dokter sodat hy nie medisyne voorskryf wat toksies vir jou skelet is nie. Onder die berugte medisyne is sekere middels vir tiroïedprobleme, hepariene vir bloedverdunning, sekere anti-epilepsiemiddels en kortisone soos glukortikoïede, kortiskosteroïede en kortisol.

Genoeg kalsium: Tot op 65 bly jou kalsiumopname en -verlies in balans, mits jy genoeg inkry; ná 75 verloor jy in elk geval meer kalsium as wat jy kan opneem. Bly dus 1200 mg kalsium inneem, opgemaak uit kalsiumryke kos en kalsiumpille (kyk op die tabel hoe om dit uit te werk).

Oppas vir dieetgaskoeldranke, sodawater en vonkelwater! Hulle fnuik die middeljaremiddel maar die fosforsuur daarin onttrek ongelukkig kalsium uit die skelet. Doodgewone of gegeurde stil water is beter en spaar ook kilojoules.

Kossoort per porsie

Hoeveel kalsium

1 k melk

300 mg

1/2 k jogurt

120 mg

kaas op brood

70 mg

hand vol amandels

120 mg

maaskaas op brood

12 mg

300 ml botteltjie gegeurde melk

260 mg

100 g sardiens

450 mg

1/2 k sousbone

45 mg

Lees ook: Eet jou pad na goeie sig: Kos & gewoontes vir gesonde oë

The post Beendigtheid: alles wat jy van Osteoporose wil weet appeared first on rooi rose.

Suiwel: Jou bondgenoot tydens menopouse
Namate vroue menopouse nader of betree, ervaar hulle ’n rits gesondheidsuitdagings. Een van die mees beduidende aspekte van menopouse is ’n afname in estrogeen, wat jou lewenskwaliteit en verskeie gesondheidsaspekte kan affekteer, insluitend been- en hartgesondheid. Alhoewel daar ’n hele paar hekkies in hierdie lewensfase is, kan jy maklik daardeur seil deur te kies wat jy eet.

Vroue kan veral uit suiwelprodukte voordeel trek om hul gesondheid te bevorder. Hier is hoe.

Sterk, gesonde bene

As volwassenes dink ons selde aan ons beendigtheid, maar dit kan vinnig verander wanneer vroue menopouse tref. Dis die begin van ’n lewensfase wanneer ons bedag moet wees op ’n “beenvriendelike” leefstyl.

Estrogeen het ’n belangrike rol in beenmetabolisme, en namate vroue se vlakke daarvan daal tydens menopouse, raak die risiko groter dat hul beendigtheid val en hulle probleme soos osteoporose ontwikkel. Inteendeel, as gevolg van die vinnige afname in beendigtheid is vroue meer geneig tot beenbreuke, en veral heupbreuke, ná menopouse.

Linda Reid, ’n geregistreerde dieetkundige, sê: “Die goeie nuus is dat ons met dieet ons beengesondheid gedurende en ná menopouse kan bevorder. Kalsium en vitamien D is noodsaaklike voedingstowwe om beenselle te vervang en beendigtheid te behou.  Suiwelprodukte soos melk, jogurt en kaas is uitstekende bronne van kalsium, en dis wenslik om verskeie porsies per dag te geniet om die vereiste hoeveelheid kalsium in te neem.”

Volgens die Nasionale Osteoporose Stigting benodig vroue van 52 jaar en ouer 1200 mg kalsium per dag om hul bene gesond te hou. ’n 250 ml-porsie jogurt verskaf sowat 300 mg kalsium, ’n kwart van die aanbevole daaglikse inname.

Voorts sê Linda: “Vitamien D is noodsaaklik vir die opname van kalsium uit kos. Sonskyn is ’n goeie manier om seker te maak jou liggaam het genoeg vitamien D – 30–40 minute se blootstelling per dag (voor 11vm of 3nm, om veilig te wees) bevorder sintese van die prohormoon in jou vel en help so om vitamien D-vlakke op te bou. ’n Mens kan dit ook uit kos soos vetterige vis, eiergeel, rooivleis en lewer kry, of aanvullings oorweeg indien nodig.”

’n Leefstyl wat beengesondheid bevorder beteken ook dat ’n mens genoeg hoëkwaliteit proteïen moet inneem om spiermassa te handhaaf, fisiek aktief moet wees (byvoorbeeld deur elke dag te stap), nie te rook nie en jou alkholoinname moet beperk.

Hou jou hart gelukkig

Tydens menopouse kan die risiko vir hartvatsiektes verhoog weens stygende cholesterolvlakke en ’n toename in liggaamsvet, veral rondom jou middel. Minder estrogeen beteken dat vroue selfs nog mooier na hul harte moet kyk.

“Suiwelprodukte kan help om jou hart gesond te hou, danksy die unieke kombinasie van voedingstowwe in suiwel.,” sê Maretha Vermaak, ’n registreerde dieetkundige by Rediscover Dairy.

“Alhoewel volroomsuiwel versadigde vet bevat, wat eens beskou is as nadelig vir hartgesondheid, wys onlangse navorsing vir ons iets anders. Nuwe studies toon dat gefermenteerde suiwelprodukte soos jogurt, kefir en harde kaassoorte, selfs as dit hoëvet is, moontlik die kardiovaskulêre stelsel kan beskerm, cholesterolvlakke reguleer en hartgesondheid kan bevorder.”

Verskeie studies het gewys dat daaglikse jogurtinname geassosieer word met ’n laer kans vir hartsiektes en tipe 2 diabetes, moontlik weens die kalsiuminhoud daarvan en gesonde bakterieë wat goed is vir hartgesondheid en algehele metabolisme.

Gewigbeheer tydens menopouse

Vroue tel dikwels gewig op tydens menopouse, en dit kan veral rondom die middel kom sit. Hierdie verandering in liggaamverhouding kan die kanse vir oorgewig, vetsug en ander gesondheidsprobleme verhoog.

Linda sê, “Suiwel kan ’n waardevolle rol in ’n gewigbeheerplan speel. Dit blyk dat die kalsium in suiwel kan help om vetabsorpsie te bekamp terwyl die hoëkwaliteit proteïen help om spiermassa te handhaaf, wat noodsaaklik is namate jou metabolisme vertraag. Navorsing dui ook daarop dat die gesonde bakterieë in gefermenteerde suiwelprodukte, soos jogurt, help om jou dermkanaal gesond te hou en moontlik gewigbeheer kan aanhelp. Daarby help die goeie proteïen in suiwel ook met versadiging en, gevolglik, aptytbeheer. ’n Hoër proteïeninname kan help om jou vir langer versadig te laat voel, wat keer dat jy te veel eet en so dus help om jou gewig op ’n gesonde vlak te hou.”

Slaan inflammasie hok

Inflammasie kan verskeie van die die gesondheidsprobleme vererger waarmee vroue tydens menopouse sukkel. Die gebruik van veral gefermenteerde suiwelprodukte soos kaas en jogurt kan help om sistemiese inflammasie te bekamp. Studies het getoon dat suiwelinname die vlakke van inflammaisemerkers verminder, insluitend sekere proteïene in die bloed wat met chroniese siektes geassosieer word.

Verder is dit ook interessant dat alle suiwelprodukte inflammasie nie op dieselfde manier beïnvloed nie. Gefermenteerde suiwel is minder pro-inflammatories as ongefermenteerde produkte soos botter en room. Produkte soos jogurt, kaas of kefir kan dus beter keuses wees as ’n mens inflammasie wil bekamp.

Lees ook: Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?

Verligting van menopousale simptome

Warm gloede, nagsweet en gemoedskommelinge is maar net ’n paar van die algemene simptome wat vroue tydens menopouse ervaar. Nuwe navorsing dui daarop dat suiwel kan help om sommige van hierdie ongemaklike simptome te verlig. Byvoorbeeld, kalsiuminname word met minder episodes van warm gloede geassosieer, en vitamien D kan help met gemoedbeheer.

Suiwelvoedsel is ook ’n goeie bron van triptofaan, ’n aminosuur wat die liggaam gebruik om melatonien – ’n hormoon wat jou slaapsiklus reguleer – te vervaardig. Deur suiwel in jou dieet in te sluit kan dus help om jou ’n beter nagrus te gee as jy sukkel om te slaap tydens menopouse.

Vier porsies suiwel per dag

Die voordele van suiwel tydens en ná menopouse is duidelik – hetsy vir beter been- en hartgesondheid, gewigbeheer, minder inflammasie en om die simptome van menopouse te verlig. Menopousale vroue word aangeraai om vier porsies suiwel per dag te nuttig, en navorsing toon dat gefermenteerde produkte soos jogurt, kaas en kefir uitstekende keuses is. ’n Tipiese porsie is 250 ml melk, 40 g kaas of 200 g amasi/jogurt.

Hier is 6 maniere om meer suiwel in jou daaglikse dieet in te sluit:

Begin die dag met ’n jogurtskommel: Verpulp vars vrugte, chiasaad en ’n handvol blaargroente soos babaspinasie saam met jogurt vir ’n suiwelontbyt propvol kalsium, wat daarby ook vir jou probiotika gee.

Peusel aan kaas en vrugte: Eet ’n porsie cheddar- of goudakaas, wat ryk is aan kalsium, saam met vars- of droëvrugte as ’n laatoggend of -middag happie. Dis ’n maklike manier om ’n porsie suiwel in te kry sonder ekstra suiker.

Gebruik kefir by ontbyt: Gooi ’n glas kefir, propvol gesonde bakterieë, oor jou ontbytgraan of drink dit sommer net so. Dis ’n uitstekende bron van kalsium en probiotika wat help om jou dermkanaal gesond te hou.

Gebruik maaskaas in slaai, wraps en toebroodjies: Maaskaas is ’n veelsydige opsie om ’n verskeidenheid ligte maaltye se geur, tekstuur en voedingswaarde aan te help. Dit werk goed saam met groente, kan op ’n gebakte aartappel geskep word of as die basis vir ’n smeer gebruik word. ’n Porsie maaskaas elke dag gee sowel jou kalsium- as proteïeninname ’n hupstoot.

Kook met melk of jogurt: Gebruik melk of jogurt in plaas van water wanneer jy kook, byvoorbeeld vir sop of kerrie, of voeg ongegeurde jogurt by slaaisous vir ’n romerige tekstuur wat terselfdertyd jou kalsiuminname opstoot.

Kies gefermenteerde suiweldrankies: ’n Drinkjogurt of ’n smoothie ryk aan probiotika is ’n gerieflike drafstap-drankie – en ’n maklike manier om ’n porsie gefermenteerde suiwel op ’n besige dag in te kry.

Of wat van jou gunstelingmelkkoffie of cappucino vir ’n ekstra skeut suiwel in jou dag?

Vir nog idees of resepte om suiwel elke dag deel van jou koskeuses te maak, sluit aan by die Rediscover Dairy Facebook-blad.

Lees ook: Planne vir goeie kraakbeen

The post Suiwel: Jou bondgenoot tydens menopouse appeared first on rooi rose.

Begin jou reis na sterker bene met Vascafem en staan ‘n kans om ‘n Garmin Slimhorlosie te WEN!
Ken jy jou Bene?

Het jy geweet beengesondheid begin reeds in jou twintigs? Dis nooit te vroeg om jou bene te beskerm vir ‘n energieke lewe nie.

Vascafem, in samewerking met die Nasionale Osteoporose Stigting, lig bewusmaking oor beengesondheid.

Staan ‘n kans om ‘n Garmin Forerunner 55 Fitness Slimhorlosie ter waarde van R4500 te wen!

Of jy nou met jou fiksheidsreis begin of reeds ‘n entoesias is, hierdie prys sal jou help om jou gesondheidsdoelwitte  te monitor.

Hoe om in te skryf:

Volg ons op sosiale media.

Besoek www.vascafem.co.za/osteoporosis om jou kennis oor osteoporose te toets en ‘n kans te staan om te wen!

Sluit aan by die beweging om die mites oor osteoporose te breek en jou beengesondheid in eie hande te neem. Elke stap wat jy nou neem, ondersteun jou toekomstige self. Moenie wag nie—begin jou reis na sterker bene vandag met Vascafem!

#KnowYourBones #Vascafem #StrongBonesStrongLife

Lees ook: Herstel só gouer van chemobrein

The post Begin jou reis na sterker bene met Vascafem en staan ‘n kans om ‘n Garmin Slimhorlosie te WEN!  appeared first on rooi rose.

As ek maar net vroeër kalsium begin neem het…
Beenverlies vind toenemend oor ’n aantal jare plaas en het geen simptome nie. Die eerste teken van osteoporose is gewoonlik ’n beenbreuk. Om hierdie rede word daar gereeld na osteoporose as die “stil epidemie” verwys.1

Wat is osteoporose?

Osteoporose, wat letterlik “poreuse been”1 beteken, is ’n siekte wat voorkom wanneer die liggaam te veel beenmassa verloor, of te min vervaardig – of albei. Die resultaat is dat die bene in jou liggaam swak en bros word. Hulle kan breek as jy val, of in ernstige gevalle selfs wanneer jy nies, of jou teen iets stamp.1

Waar pas kalsium in?

Kalsium is een van die hoofboublokke van beenweefsel en dit versterk die skelet. Wanneer die kalsium, wat deur die dieet ingeneem word, onvoldoende is, sal die liggaam kalsium uit die been onttrek en in die bloed vrystel. Dit kan meebring dat die been swak word en mettertyd kan dit iemand vatbaar maak vir osteoporose.3

’n Voldoende hoeveelheid kalsium moet in die liggaam beskikbaar wees om te keer dat bene swak en bros word.

Wie moet moontlik ’n kalsiumaanvulling neem?

Indien jy vatbaar is vir osteoporose (wanneer daar byvoorbeeld ’n familiegeskiedenis van die siekte is) sal jy moontlik ’n kalsiumaanvulling moet neem om te verseker dat jou liggaam genoeg kalsium kry. Die volgende persone mag ook moontlik ’n kalsiumaanvulling nodig hê:

Vroue in die vroeë stadium van menopouse met ’n tekort aan estrogeen4

Immobilisasie of onvoldoende fisieke aktiwiteit

Individue met ’n dieet wat gebrekkig is aan kalsium weens ’n allergie of laktose-intoleransie5

Individue met spesifieke siektetoestande, insluitende Cushing se sindroom, rumatoïede artritis en atleetamenorree

Individue wat rook of oormatig alkohol gebruik

Individue wat chronies die volgende medisyne gebruik: medikasie vir hipertiroïdisme, aluminiumhidroksied-teensuurmiddels, kortikosteroïede, teenstuiptrekkingsterapie en sekere kankerterapieë4

Wanneer behoort ’n mens ’n kalsiumaanvulling te begin gebruik?

Jou beenmassa bereik sy hoogtepunt rondom die ouderdom van 30 jaar.5 Daarna begin die beenselle, wat verantwoordelik is om nuwe beenweefsel te vervaardig, stadiger te werk as dié wat ou beenweefsel weer opneem – dus word die been vinniger afgebreek as wat dit opgebou word. Dit lei tot bros bene.4

Dit is dus belangrik dat beenmassa van ’n jong ouderdom af opgebou word om sodoende osteoporose later in die lewe te voorkom.

Verwysings:

National Osteoporosis Foundation, toegang verkry 27 Maart 2018, https://www.nof.org/patients/what-is-osteoporosis/

Hughes D, Mayer J. Invest in your bones: the role of food and nutrition in building and maintaining strong bones. VSA: Internasionale Osteoporosevereniging; 07 Augustus 2006. 24 p.

Hough, S. et al, NOFSA Guideline for the Diagnosis and Management of Osteoporosis, Journal of Endocrinology, Metabolism and Diabetes of South Africa, 2010, 15 (3): (Aanhangsel 1).

Nasionale Instituut vir Gesondheid. Calcium: Fact Sheet for Health Professionals (Internet). 2014 (opdateer op 2013 Nov. 21; aangehaal 2014 Jan. 27) Beskikbaar by: http://ods.od.nih.gov/factsheets/Calcium-HealthProfessional/.

National Institute of Health. Calcium Fact Sheet for Consumers; 2016 [Updated 2014 June]. Available from: https://ods.od.nih. gov/pdf/factsheets/Calcium-Consumer. pdf.

Slatopolsky E, Calcium carbonate as a phosphate binder in patients with chronic renal failure undergoing dialysis, 1986 jUL 17;315(3):157-61.

Lees ook: Beendigtheid: Hoe om na jou bene om te sien

The post As ek maar net vroeër kalsium begin neem het… appeared first on rooi rose.

Beendigtheid: Hoe om na jou bene om te sien
Jy weet hoe dit gaan: Jy gaan nog by kalsium uitkom. Meer melk oor jou pap en in jou koffie en tee. Jogurt vir middagete. En onthou om weer kalsiumpille te koop. En te drínk. Dan, op ’n dag vra jou dokter: Is jou beendigtheid al getoets? Gits. Sê nou dit is te laat?

Sê nou my skelet is al vreeslik bros? My ouma het haar heupbeen gebreek, en die tannies in die familie loop erg krom. Ek maak die *afspraak, en al sê my gesonde verstand vir my daar is niks te vrees nie, voel ek tog gespanne …

Lees ook: Die beste melk vir kalsium

Die afspraak

Gelukkig is dié soort toetsing gemaklik en heeltemal pynloos. Jy lê net op ’n bed terwyl die DXA-apparaat ’n soort x straalgram van jou ruggraat en heupbene neem. Jy moet ook op die skaal klim maar dié keer tel dit in jou guns om oorgewig te wees. Daardie ekstra kilo’s werk soos ’n gimsessie met gewigte vir jou skelet.

Wat ek geleer het

1 Die beste tyd vir ’n eerste beendigtheidstoets is met die begin van die menopouse – gemiddeld op 51 vir Suid- Afrikaanse vroue. Vroeër as dit? Net as jy ekstra risikofaktore vir osteoporose het.

2 Die volgende tel as risikofaktore: die ouer vroue in jou familie het ’n heup gebreek of osteoporose gehad; jy het ná veertig geval en jou pols, ’n rugwerwel of jou heupbeen gebreek; jy het steroïede vir sport gebruik (spierbouers en sportdrankies is baie dikwels daarmee gekontamineer); jy het vroeg (voor 40) in die menopouse ingegaan, soos vanweë ’n histerektomie waartydens jou eierstokke verwyder of beskadig is; jy is op kankerterapie wat jou estrogeen onderdruk; jy drink drie of meer glasies wyn per dag (’n whisky ná werk en twee glasies wyn met ete); jy rook of het gerook; te min melk in jou dieet, of dan kalsiumpille as alternatief; of jy het rumatoïede artritis of seliaksiekte.

3 Sekere medikasie kan jou beendigtheid afbring, soos kortisoon en bloeddrukmedikasie met warfarien en heparien.

4 Daar is meer aksie in jou been as wat jy dink: elke dag bou jou osteoblaste nuwe been, terwyl jou osteoklaste ou beenselle afbreek. Die proses is so aktief dat jou hele skelet elke vyf jaar heeltemal vervang is.

5 Die belangrike syfer van jou toets is jou femurnek se sterkte. Jou heupbene lyk soos twee sewes wat na mekaar kyk, met die kort armpies as die swak plek wat kan breek. As jy dié syfer invul, saam met jou ander risikofaktore verskaf dit jou risiko op ’n beenbreuk vir tien jaar.

Lees ook: Planne vir goeie kraakbeen

6 Vir jou been is 38 die magiese ouderdom. Tot dan bou jy meer been as wat jy verloor. Daarna verloor jou liggaam sowat 1% van sy been per jaar – en selfs meer as jy eers in die menopouse is. Hoe meer been jy teen 38 gebou het, hoe meer been is daar waarvan been afgebou kan word.

7 Dis maklik genoeg om been te bou. Sorg vir 1 000 – 1 200 mg kalsium per dag, wat neerkom op vier porsies melk, kaas, maaskaas en/of jogurt. Of jy kan kalsiumpille drink wat soveel elementele kalsium verskaf. Of jy kan melk en kalsiumpille kombineer tot jou somme balanseer.

En jy moet oefen

Niks dramaties nie, net ’n totaal van drie en ’n halfuur per week. As jy nie by jou halfuur per dag uitkom nie, kan jy oor die naweek inhaal. Jy het twee soorte oefening nodig: eerstens gewigdraende oefening wat jou skelet versterk en tweedens oefening wat jou spiere soepel hou en jou balans verbeter en so keer dat jy nie maklik val nie. Vir eersgenoemde is stap, touspring, wipmatspring, dans en balsport uitstekend. Vir laasgenoemde is joga, pilates, V- core en gimbaloefeninge uitstekend.

8 Baie vroue het osteopenie, met ander woorde hulle val in die tusseningroep. Moet jy ook met medikasie begin? Meestal nie. Dokters kyk eerder na jou algehele risikoprofiel voor hulle medikasie voorskryf.

Lees ook: Beendigtheid: alles wat jy van Osteoporose wil weet

The post Beendigtheid: Hoe om na jou bene om te sien appeared first on rooi rose.

Jou maag: jou tweede brein
Een van die verrassende nuwe denkrigtings van die afgelope dekade is dat jou dermkanaal net so ’n sterk beheer oor jou gevoelens, sensasies en denke het as wat jou brein daaroor het. Jou dermkanaal is letterlik jou tweede brein. Die derm word ook so genoem: waar die brein as jou sentrale senuweestelsel bekend staan, word jou dermkanaal as jou enteriese (derm-) senuweestelsel beskryf.

Volgens hierdie siening is jou derm veel meer as die plek waar ensieme kos afbreek. Die mikroflora daarin is in werklikheid aktiewe, kosbare medewerkers wat ’n hele reeks molekules help produseer wat elke aspek van jou liggaam beheer.

Serotonien en jou derms

Om net een stof as voorbeeld te noem: serotonien. Jy ken dit as jou goedvoelhormoon. Mense met te min daarvan sukkel tipies met depressie. Psigedeliese middels soos LSD veroorsaak hul high juis deur baie ekstra serotonien in die brein vry te stel.

Waar kom hierdie serotonien vandaan? Nie van die brein, soos wat ’n mens sou dink nie. Sowat 90% daarvan word in ons dermkanaal gemaak. Hiervandaan werk dit ongelooflik wyd en op allerhande onverwagse maniere regdeur jou lyf. Neem beendigtheid, wat so ver verwyderd van depressie is as wat kan kom. Of so dink ons.

Volgens ’n artikel in die April 2015-uitgawe van die wetenskapjoernaal Cell, het muise met lae vlakke van serotonien in die brein ook osteopenia. Hulle bou dus min nuwe beenselle, en kan potensieel osteoporose ontwikkel. Toevallig – of dalk nie – is dit terselfdertyd bekend dat mense met depressie ook meer tot osteoporose geneig is.

Ander toestande wat teen sowat 2007 deur talle ondersoeke aan jou serotonienvlak verbind word, sluit in diarree (dink aan prikkelbare dermsindroom, hardlywigheid), bloedstolling (dink aan beroerte en hartsiektes), immuniteit, borsmelkproduksie, eetlus, libido, pyn op die maag, bloedsuikervlakke, diabetes, versadiging, oorgewig, ondergewig, vervette lewer, artritis, stres, dag-nag ritme en selfs sosiale status.

Wat het serotonien met jou dermflora te doen? Dit is juis die punt van hierdie Cell-artikel. Sekere soorte derm-organismes verbeter serotonienvlakke, terwyl ander dit verlaag. Die navorsing in muise het gewys dat muise sonder dermflora baie lae vlakke serotonien het, terwyl “goeie organismes” hul serotonienvlakke opstoot, en nadelige dermflora dit verlaag.

Daardie hol kol op jou maag of lekker gevoel van wel-wees begin presies waar jy dit voel … in jou buik, by jou dermflora.

Outisme

Net soos serotonien, word ’n hele aantal ander neurostowwe ook in die dermkanaal in samewerking met dermflora gemaak.

’n Rits uiteenlopende ondersoeke is aan die gang. Party klink vreemd maar lewer die allerverrassendste resultate, soos ’n klein ondersoek op 18 kinders met outisme wat in Januarie 2017 groot opslae gemaak het.

Sowat 70% van outistiese kinders sukkel ook met spysverteringsprobleme. Navorsers aan die Arizona State University wou kyk of hulle die probleem kan verlig deur fekale oorplanting van goeie organismes direk na die dermkanaal van hierdie kinders.

Die resultaat? Dit hét tagtig persent van die kinders se dermprobleme verbeter en op die koop toe ’n groot verskil aan hul gemoedstoestand, konsentrasie en 20 ander indikators van gedrag gemaak – die tellings hiervan het met 20% – 25% verbeter. Dit lyk asof ons letterlik so gelukkig, gesond én slim soos ons dermkanaal is.

Kan jy jou dermflora aanhelp?

Moet jy solank probiotika gebruik, tot daar meer duidelikheid is? Dit is immers die beste beskikbare mediese ingryping.

Volgens dr. Michael Conlon van die Australiese Organisasie vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing (SIRO), is vesel die kortste en verreweg die beste pad na ’n gelukkige mikro-bioom (soos jou dermkanaal en al sy mikro-organismes saam genoem word).

“Ons het aanvanklik gedink die vesel in groente is hoofsaaklik growwigheid wat die noodsaaklike volume verskaf om die dermkanaal op die konkrete manier te help ledig.

“Ons besef nou dit gaan eintlik oor fermentasie. Veral sekere dermflora het die vermoë om vesel te fermenteer. In die proses vervaardig hulle ook kortketting-vetsure, soos butiraat, asetaat en propionaat. Ons begin nou maar eers insien hoe noodsaaklik en voordelig hulle vir jou gesondheid is.

“Al die wonderlike nuwe bevindings trek ongelukkig ons aandag van die basiese beginsel af: jou mikrobioom smag na vesel.”

Planne vir jou dermflora

1 Eet met elke ete groente. Dit is die heel beste strategie. Hoe groter die verskeidenheid, hoe beter vir jou dermflora.

2 Beperk suiker en meel. Dit laat die verkeerde bakterieë floreer.

3 Eet Bulgaarse jogurt. Dit is nog beter as jy jou eie maak. Enige gefermenteerde kos, soos kombucha, kefir en sauerkraut help jou dermflora.

4 Oefen gereeld maar matig. Dit klink dalk vreemd, maar oefening help, volgens navorsingsresultate van die Universiteit van Salerno, Italië, wat in Maart 2017 verskyn het. Maar moenie oorboord gaan nie, want dit verminder en verander ook jou dermflora.

As jy probiotika koop

Lees die etiket en maak seker jy koop nét goeie produkte.

• Die syfers

Vir trefkrag moet dit genoeg organismes bevat, bv. “een honderd miljoen”, “100 000 000”, “108” of “een miljard CFU’s”.

• Die spesies

Party bevat net een soort terwyl ander uit ’n kombinasie bestaan. Die CFU vir elke spesie moet soos hierbo wees.

• Die vervaldatum

Dit is nie meer doeltreffend daarna nie.

• Hoe moet jy dit bewaar?

Dis lewende organismes wat kan afsterf. Bêre en gebruik dit volgens die aanwysings op die etiket.

Lees ook: Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet

The post Jou maag: jou tweede brein appeared first on rooi rose.

Moet ek kalsium neem? Of is te veel sleg vir my?
Rondom 20% van mense neem te veel kalsium. Hoewel ons almal osteoporose wil vermy – die hoofrede waarom veral vroue kalsiumpille gebruik – is te veel net so nadelig as te min. Kyk net wat kan ’n te hoë kalsiumvlak alles veroorsaak:

By sommige mense is ’n oormaat kalsium die rede vir hul hardlywigheid.

Dit kan lei tot nierstene.

Dit meng in met die opname van yster en sink, sodat jy te min van hierdie ewe noodsaaklike minerale kry.

Dit kan jou niere ooreis as hulle voortdurend ’n oormaat kalsium moet afskei. Oormatige kalsium kan selfs in jou niere neerslaan en hulle geleidelik kalsifiseer, selfs al is jou niere gesond.

Enkele onlangse ondersoeke dui daarop dat kalsiumaanvullers moontlik in die hartare kan neerslaan en verkalking kan veroorsaak. Dit word tans verder ondersoek.

Dit kan ook potensieel aan prostaatkanker gekoppel word, maar net soos met aarverkalking is daar nog nie absolute duidelikheid hieroor nie. Die beste is dus om versigtiger met kalsiumaanvullers te wees.

Is kalsium dus onnodig?

Glad nie. Kalsium is nie net vir jou skelet nodig nie, dit reguleer van jou hartklop tot jou bloeddruk en selfs hittegloede. Daarom is dit nie sommer net ’n opsionele voedingstof nie. Dit is absoluut noodsaaklik. Daarsonder kan jou liggaam ook nie funksioneer nie. Die kuns is om die regte hoeveelheid kalsium vir jou eie gesondheid in te neem – beslis nie te veel of te min nie.

Lees ook: Wat is die reëls vir die veilige gebruik van aanvullings?

Is jy een van die mense wat kalsiumpille moet vermy?

Buiten dat te veel kalsium nadelig is, is daar ook mense wat liewer kalsiumaanvullers moet vermy. Maar jou persoonlike gesondheidsprofiel kan beteken dat jy die uitsondering is. As jy onseker is, vra jou dokter of dieetkundige.

In die reël moet die volgende mense seker maak dat hulle die regte kandidaat vir ekstra kalsium is:

Jy sukkel met hardlywigheid: Toets en kyk of jou hardlywigheid verlig as jy jou kalsiumpille staak.

Jy het ’n chroniese nierkwaal: Volg jou dokter se aanbevelings.

Mense wat neig na nierstene: Dit gaan deels afhang van jou dieet en jou geneigdheid tot nierstene. Volg jou dokter of dieetkundige se raad.

Mense op sekere medikasies: Kalsiumaanvullers kan inmeng met die manier waarop sekere medikasies werk, spesifiek vir bloeddruk, osteoporose, skildklierprobleme en sommige antibiotikas. As jy kalsiumpille daagliks gebruik en ’n nuwe chroniese medikasie begin, vra jou apteker of jou kalsiumaanvuller daarmee kan inmeng of nie,

Mense met hartsiektes: ’n Paar ondersoeke wys dat kalsium moontlik in die hartare neerslaan en tot verkalking kan lei. Daar is nog heelwat onsekerheid hieroor. Daarom is die aanbeveling op die oomblik dat jy liewer kalsium vermy, tot daar meer duidelikheid is.

Mans met prostaatkanker of ’n verhoogde risiko daarop: Dit kan ook potensieel aan prostaatkanker gekoppel word. Net soos met die risiko vir aarverkalking is daar onduidelikheid. Derhalwe is die aanbeveling op die oomblik dat hierdie groep mense ook liewer kalsiumaanvullers vermy, tot daar meer duidelikheid is.

Of is jy een van die mense wat juis ekstra kalsium nodig het?

Daar is ook mense wat kalsiumpille móét neem, aangesien hulle meer benodig as wat hulle uit hul dieet kry. Mense wat beslis ekstra kalsium nodig het is:

Veganiste: omdat hulle alle suiwel uitsluit.

Mense met laktose-intoleransie: ook omdat hulle melk, kaas en jogurt uitsluit. Baie mense wat laktose-intolerant is kan wel jogurt en/of kaas eet, en het dus minder of geen ekstra kalsium nodig nie.

Mense met ’n melk-allergie: Hoewel sommige wel kaas of jogurt kan eet, kan die meeste nie.

Mense met siektes en toestande wat die spysverteringskanaal aantas:en meebring dat hulle nie voedingstowwe goed opneem nie, soos mense met seliaksiekte en Crohn se siekte.

Diëters: Mense met ’n lewenstyl wat melk, kaas en jogurt beperk of uitsluit, soos mense wat om gewigsredes suiwel uitsny.

Lees ook: Die beste melk vir kalsium

Die veiligste kalsiumbronne

Die jongste benadering is dat jy die veiligste is as jy die meeste van jou voedingstowwe uit kos kry. Trouens, die algemene benadering is dat kalsium nie beenbreuke of osteoporose by ouer mense voorkom nie, omdat jou liggaam nie werklik hierdie kalsium opneem nie. Alle oortollige kalsium wat nie uitgeskei word nie, slaan iewers in jou sagte weefsel neer – waar dit potensieel skade aanrig.

As jy nogtans nie genoeg uit jou kos kan kry nie, is ’n kalsiumaanvuller ’n handige bykomende opsie. Gebruik altyd die laagste moontlike dosis – en verdeel jou kalsium in twee, sodat jou liggaam langer tyd kry om dit op te neem.

Gelukkig is kos altyd ’n veilige bron van kalsium. Volgens die Universiteit van Stellenbosch se voedingseenheid, Nicus, kan jy nooit ’n fout maak met melk, kaas, jogurt, sardientjies (eet juis die fyn graatjies) en kalsiumryke groente soos broccoli en spinasie nie. Gebruik ook kalsium-verrykte margarien en ontbytpappe.

Lees ook: Kalsium, is jy by?

Bronne  wat geraadpleeg is, sluit in:

NIH Fact Sheets for Health Professionals

The post Moet ek kalsium neem? Of is te veel sleg vir my? appeared first on rooi rose.

Deirdre Larkin: slaan ouderdom ’n kishou
Die 85-jarige hardloper Deirdre Larkin het onlangs aan die gesogte Geneva-halfmarathon deelgeneem en Switzerland verower. Carte Blanche het haar avonture op kamera vasgevang en die uittreksel is Sondagaand, 14 Mei 2017, op televisie uitgesaai. Deirdre het in Februarie vanjaar (2017) ’n nuwe wêreldrekord vir vroue bo die ouderdom van 85 opgestel nadat sy die vorige rekord met 20 minute gebreek het!

Anet Schoeman het in 2013 met die merkwaardige Deirdre gesels as deel van ’n artikel oor drie inspirerende vroue: “Slaan ouderdom ’n kishou.” Dié artikel het in die November-uitgawe van daardie jaar verskyn. Hier is die uittreksel oor Deirdre:

Breek ’n wêreld-rekord

Loop jy vir Deirdre Larkin (85) van Fontainebleau, Randburg, toevallig in die winkels raak, sou jy haar aan die arm wou neem en by die trappies ophelp, of aanbied om haar inkopiesakke vir haar te dra. Sy lyk broos en klein; ’n skrale 1,58 m en ’n veergewig van 40 kg. Die duur, ingeloopte Saucony-hardloopskoene aan haar voete en die spiere in haar boarms kon jou dalk hond se gedagte laat kry, en veral wanneer jy agterkom dat sy vinniger as jy stap.

Vertel sy jou dat sy in Mei 2013 die wêreldrekord vir vroue ouer as 80 in die 10 km-wedloop met ’n blitsige tyd van 54:17 laat spat het, besef jy dat jy hier met ’n perd van ’n ander kleur te make het. Sy het ook die vorige aand gehoor dat sy gekies is om Suid-Afrika in Oktober 2013 by die wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Brasilië te verteenwoordig,

Wat haar storie nog meer besonders maak, is dat hierdie konsertpianis eers op 78 begin hardloop het. Omdat sy met een rugwerwel te min gebore is, het sy nooit aan sport deelgeneem nie en ná ’n groot rugoperasie op 38 kon sy met moeite ’n teekoppie optel. Toe osteoporose vroeg in haar sewentigerjare by haar gediagnoseer is, moes sy haar lewe verander.

Geen medikasie wou met haar akkordeer nie en sy het uit radeloosheid ’n dieetkundige gaan spreek (sy is die afgelope vyftien jaar ’n vegetariër) en met ligte oefening begin. ’n Biokinetikus het haar aanvanklik behandel maar toe die mediese fonds nie meer daarvoor wou betaal nie, het sy groepoefeninge soos joga, pilates en Fitness League probeer.

Buiten Fitness League het nie een van die oefeninge vir haar gewerk nie, tot sy in 2009 begin draf het.

“Dit was aanvanklik ’n gesukkel,” vertel Deirdre. “Ek het drie tree gestap en drie tree gedraf.”

Haar eerste wedloop was in 2010 – die Randburg Harriers Club (waarvan sy nou ’n lid is) se 10 km- Valentynsdag-wedren wat sy in 1:25 voltooi het. Daarna was daar geen keer aan die blitsige ouma van vyf kleinkinders nie. Dit was die eerste van 36 wedlope in 2010, en die jaar daarna het sy dit tot 58 opgeskuif.

In 2012 het sy haar visier op pryse gestel. Hoewel sy ouer as tagtig is, moes sy in die bo-70-kategorie deelneem – in kleiner wedlope bo 60 – maar sy het nogtans daarin geslaag om talle pryse te wen en die meeste naweke een of twee wedlope te hardloop. Sy het selfs in die bo-70-groep vanjaar se Two Oceans-halfmarathon in 2:11 gewen.

Maar niks het haar voorberei op die verrassing van ’n wêreldrekord (54:17) in die 10 km-wedloop in Mei 2013 by die SA kampioenskapsbyeenkoms in Durban nie.

“Al hoekom ek so vinnig gehardloop het, was om te voorkom dat ek ’n gek van myself maak,” vertel sy beskeie. “Daar was ’n baie sterk atleet agter my wat op my hakke gebly het, en dit het my aangespoor.”

Om alles te kroon het sy en dié atleet in die eerste rondte ’n verkeerde draai geneem en byna 20 m ekstra gehardloop. Maar eers tien dae later het haar seun besef sy het die wêreldrekord (voorheen 56:53, gehou deur ’n Duitse atleet) verbeter.

“Ek ly nog aan skok en is daagliks verstom oor my sukses! Dis ongelooflik.

“Hardloop is soveel pret en opwinding. En die bonus is dat my beendigtheid verbeter het. Ek lees onlangs van ’n ouer vrou wat kla oor hoe eensaam sy is omdat haar kinders haar verwaarloos. Ek is te besig om eensaam te wees. Naweke is vol pret met al my wedlope. Hardlopers is vriendelike mense – hulle motiveer my baie. Ek kan nie van my vier kinders verwag om my besig te hou nie. Hulle ondersteun my ten volle, maar het hul eie besige lewe.

“Ek dink nooit oor die ouderdom nie. Ek pas aan by hoe ek voel en luister na my liggaam. Ek hoor gedurig mense sê hulle is ‘te oud’ vir dit of dat. Maar dan het hulle nog nie eens probeer om ’n nuwe uitdaging aan te pak nie.”

Deirdre woon alleen ná haar man, John, vyftien jaar gelede oorlede is.

Sy hardloop vier keer per week en spring soggens halfses (ja, selfs in die winter) weg vir haar 8 km. Sy begin net ná vyf met haar strek- en kragoefeninge vir opwarming en as sy terugkom, doen sy weer strekoefeninge.

Wat motiveer haar?

“Ek hardloop uit vrees! Vrees dat ek my beweeglikheid kan verloor. En hoewel ek soms nie so lus is vir oefen nie, is dit lekker sodra my bloedsirkulasie aan die gang is.”

’n Mens sou verwag dat sy gespesialiseerde afrigting kry, maar sy koop ’n hardlooptydskrif, Runner’s World, en doen ook navorsing op die internet. Op grond hiervan werk sy haar program uit.

Deirdre was in Brittanje ’n konsertpianis (sy en haar gesin het in 1970 na SA verhuis) en het in 1993 haar meestersgraad in musiek aan UNISA verwerf.

Sy gee elke middag van 14:30 tot 18:00 by ’n private hoërskool klavierlesse en kom eers halfagt saans by die huis ná sy deur die verkeer moes veg.

“Ek besit nie ’n televisie nie en oefen saans vir ’n uur of twee klavier vir my optredes saam met die sangeres Marie Beytell: Afrikavrou. Ons is deel van die groep Dark Chocolate. Hardloop is net soos klavierspeel: as jy nie oefen nie, gaan jy ook nie vorder nie.”

En as haar gesondheid haar in die toekoms in die steek laat en sy nie meer kan hardloop nie?

“Ek wou nog altyd my doktorsgraad in musiek gehad het … Dan is dit tyd daarvoor.”

As jy ooit aan ’n wedloop in die Johannesburg- of Pretoria-gebied deelneem en ’n vrolike ouma met ’n 80-ouderdomsmerker op haar hempie sien, moet jy maar groet en vinnig gesels, want as die skoot klap, gaan jy net haar hakskene sien!

Lees ook: Jean Sharpe: slaan ouderdom ’n kishou

The post Deirdre Larkin: slaan ouderdom ’n kishou appeared first on rooi rose.