ouer en kind | rooi rose

“My kind is gay”- Wat elke ouer moet hoor ná die groot onthulling
Deur Martjie Roos

’n Kenner vertel meer oor die verskillende fases waardeur ’n ouer gaan en wat ’n ouer kan doen om dit te verwerk, te aanvaar en ’n veilige ruimte vir die kind te skep.

Die eerste oorheersende reaksie wat ’n ouer gewoonlik ervaar wanneer ’n kind erken hy of  sy is homoseksueel, is skok, vertel dr Marietjie van Loggerenberg, ’n pastorale narratiewe terapeut van Pretoria.

“Die skok of trauma gaan sit as ‘t ware in die ouer se lyf. Die meeste ouers sal daardie spesifieke oomblik nooit vergeet nie, want dit is ’n oomblik van waarheid wat lewensveranderend is.”

Daarna volg ’n hele lang en tydsame proses waardeur die ouer moet gaan om die kind se onthulling te verwerk. Boonop is daar baie vrae waarmee ’n ouer worstel. “Die meeste ouers wonder eers of dit waar is en hoe seker hul seun of dogter gay is. Het daar dalk iets gebeur wat die kind se seksualiteit verander het? Is die kind dalk gemolesteer? Of is dit nie dalk net ’n modegier wat net sal oorwaai nie? Soms vermoed die ouer of ouers dit reeds lankal, maar nou bevestig die belydenis hierdie vermoedens. Nadat die ys eers gebreek is, verleen dit meer mag aan die betekenis wat geskep is.”

Ouers word dikwels met gevoelens soos woede, skuldgevoelens, ontkenning en verwyte gekonfronteer, vertel dr Marietjie. “Woede gebeur eers eintlik later in die rouproses. Vrae soos: Wat het ek verkeerd gedoen? Is dit omdat ek my seun nie wou laat rugby speel nie? Of is my dogter nou lesbies omdat my man haar altyd saamgeneem het om te gaan jag? Dalk het dit gebeur omdat ek of my man te min by die huis was, of dalk omdat ons gedurig argumenteer?” vertel sy. Die verwyte word ook dikwels tussen die twee ouers rondgeslinger.

“Sommige ouers wil hulle van die wêreld daarbuite afsonder, want hulle vrees wat die mense gaan sê as hulle uitvind hul kind is gay.”

Baie ouers vrees ook dat daar iets fout met hul kind is. “Hulle is dikwels bang dat hul kind verwerp gaan word of deur ander kinders geboelie word. Hulle vrees dat hul kind nou onder hierdie swaar juk van verwerping gebuk moet gaan.”

Wanneer ’n dogter onthul dat sy lesbies is, wonder die ouer of ouers dikwels of hul dogter ooit  in ’n wit rok voor die kansel gaan staan en of sy ooit ’n gesin gaan hê.

As dit die enigste kind is, kan dit ook beteken dat die ouers dalk nooit ’n nalatenskap gaan hê nie. “Godsdienstige ouers wonder of die kerk hul kind gaan aanvaar en of daar in die hiernamaals plek vir hul kind in die koninkryk van God gaan wees. Sal God hom of haar aanvaar? Ouers vrees ook dat as hulle die kind se seksualiteit aanvaar, hulle self deur God verwerp gaan word,” sê dr Marietjie.

Stigmas, vooroordele en wanopvattings

Marietjie sê talle van dié vrae is diep gewortel en dat vooroordele en stigmatisering teenoor homoseksuele mense al ’n lang pad kom. “Homoseksualiteit is vroeër jare as ’n geestesafwyking geklassifiseer en skok/aversie-terapie is in verskeie lande en selfs in Suid-Afrika toegepas. Homoseksualiteit is wel in 1973 in die VSA van die Amerikaanse Psigiatriese Assosiasie uit hul diagnostiese handleiding (DSM) as geestesversteuring verwyder. In Suid-Afrika is dit ook in 1994 gedekriminaliseer en van toe af word enige seksuele oriëntasie se regte in die grondwet beskerm.

Wanneer baie ouers uitvind hul kind is gay, dink hulle hul kind kan “reggebid” word. Sommige ouers hoop die kind kan deur middel van die regte terapie weer heteroseksueel word. Talle ouers wat by Marietjie vir raad en terapie aanklop nadat hul kind die onthulling gemaak het, vrees dat hul kind promisku sal word en dalk MIV sal opdoen.

“Baie het ook die wanopvatting dat hul seun eintlik ’n vrou wil wees of die meisie dalk ’n man wil wees. Ander glo weer dat dit ’n kind se eie keuse is om homoseksueel te wees en dat hul kind nie so gebore is nie. Daar is ook sommige ouers wat glo dat die kind onder die invloed van drank of dwelms met lede van hul eie geslag geëksperimenteer het en toe moontlik hul seksuele oriëntasie verander het.”

Lees ook: Die leë nes: Lesers gee raad

Watter gesprek moet ’n ouer met die kind voer?

Hou jou kind eers styf vas, want dit verg baie moed vir jou kind om hierdie groot ontboeseming te maak, sê Marietjie. “Verseker jou kind dat jy baie lief is vir hom of vir haar en troos jou kind. Sê vir jou kind dat jy baie empatie het met die lang en eensame pad van worsteling wat hy of sy tot dusver moes stap om tot by hierdie punt van waarheid uit te kom. Vra jou kind uit oor hoe hy of sy oor hul seksuele oriëntasie voel, of hulle dalk iemand ontmoet het waarop hulle verlief geraak het en van wanneer het hulle besef dat hulle gay is. Vra jou kind ook watter vrese sy of hy het en wat hul behoeftes in hierdie stadium is. Deur al hierdie vrae te vra, bemagtig jy jou kind en sit jy jou kind in die ‘bestuursposisie’.”

Hoe kan ’n ouer dit vir ’n kind makliker maak?

“Ek dink ouers se eerste impuls is om hul kind te beskerm. Maar ’n ouer sal nooit sy of haar kind volledig kan beskerm nie,” meen Marietjie. “Ek dink die beste raad is om jou kind weerbaar teen al die vooroordele, stigmas en verwerping te maak. Maak hom of haar met waardes groot, oorlaai hom of haar met liefde en skep ’n veilige ruimte vir gesprek, ontspanning en laat jou kind die vrymoedigheid hê om vriende huis toe te bring. Stel gesonde grense – presies dieselfde as wat jy met ’n heteroseksuele kind sou doen.”

As julle Christene is, kan jy ook jou kind van God se onvoorwaardelike liefde as dopeling in sy Verbond oortuig, is haar raad.

Lees ook: 10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet sê nie

Stap-vir-stap proses om ouers mee te begelei

Om “uit te kom” is seker jou kind se grootste besluit. Kry sy of haar toestemming met wie jy dit mag deel, anders dompel jy jou kind nog meer in ’n situasie waarin hy of sy uit beheer voel.

Vra jou kind tyd om die nuus te verwerk. Die proses van selfaanvaarding is dalk al lankal by jou kind aan die gang en jou kind is al by die wenstreep, terwyl jy nog in die wegspringblokke is.

Jou woorde of taal gaan self bepaal of jy die kommunikasie of gesprek tussen jou en jou kind gaan oop of toesluit en hoe jy sy of haar seksuele identiteit verder gaan ontwikkel.

Om jou kind as gay te aanvaar, is ’n kringloop wat wissel van skok, ontkenning, pogings om hom of haar te verander, beter te verstaan, om oor drome of verlies te treur en dan uiteindelik by die punt van aanvaarding te kom wat jy kan vier. Hierdie hele proses verg tyd en energie. Gun jouself ook in ’n stadium alleentyd en rus.

DIE AKTEUR ARMAND AUCAMP OOR SY ERVARING

“Ek het eintlik twee keer uitgekom. Die eerste keer was in 2011 toe ek 24 jaar oud was en vir my ouers, familie en vriende vertel het ek is gay en die tweede keer was toe ek in 2019 dit aan die publiek bekend gemaak het en openhartig in die media daaroor gesels het.

“Ek het saam met my ouers die oggend koffie gedrink toe ek vir hulle vertel het ek is gay, maar my ma het nie mooi gehoor toe ek gesê het ‘ek is gay’ nie. Sy het gehoor ek sê ‘ek skei’ en het dadelik gesê maar sy het nie eens geweet ek is getroud nie. Toe ek haar reghelp, het dit eintlik die ys gebreek en ons het lekker oor die misverstand gelag. Ek verwag altyd die ‘worst case scenario’ om myself te beskerm, maar my ouers het my albei gedruk en gesê hulle is lief vir my. Uiteraard was dit ’n groot skok vir hulle, maar hulle het my dadelik met liefde omring. En ’n groot gewig was van my skouers af. Dit het my lank geneem om dit self te verwerk dat ek gay is en aan myself te erken, en dus het ek ook nie van mense verwag om dit dadelik net so te aanvaar nie. Ek het mense om my ook tyd en empatie gegun om dit self te verwerk.”

Armand se raad aan ander wat bang is om “uit te kom”, is: “Elkeen se omstandighede verskil. Maar as jy te bang is om dit eerste aan jou familie of ouers te breek, vertel dit dan vir ’n vriend of vriendin wat naby aan jou is. Om dit net hardop aan iemand te sê en te erken, bring soveel verligting. Om enige geheim lank te hou kan later in ’n ‘sweer’ verander wat later oopbars. Wanneer jy dit die dag vir iemand vertel, bring dit soveel ‘verlossing’, want dit beteken jy is eerlik.”

View this post on Instagram

A post shared by Armand Aucamp-van Noordwyk (@armandaucamp)

Marietjie van Loggerenberg is ’n pastorale narratiewe terapeut in Menlopark, Pretoria. Sy spesialiseer veral in seksuele diversiteit en is die samesteller van twee boeke Gaygelowig 1 (verhale van gay mense) en Gaygelowig 2 (verhale van ouers en mense wat met gays getroud is of was).

Lees ook: Lewe jy saam met ’n beheervraat?

The post “My kind is gay”- Wat elke ouer moet hoor ná die groot onthulling appeared first on rooi rose.

Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind
Dis asof kinders – van watter ouderdom ookal – met vet gesmeer is. Jy dink nog jy kan ’n bietjie met hulle gesels, dan is hulle op pad om iets anders te gaan doen.

Maar jy kan slim wees.

Kyk watter van die volgende wenke vir jou werk:

In die motor

As jou kind nog nie sy eie kar het nie, het jy ’n “captive audience”. En as hy klein genoeg is, kan jy munt slaan uit die rit skool toe en terug. Verban enige aktiwiteit wat oorfone verg; jy kan natuurlik sy gunstelingmusiek speel of dit afwissel met joune, solank dit in die agtergrond is.

Party mammas vleg aktiwiteite soos tafels oefen tussen die geselsies deur. Dis nogal pret as die kinders verskillende ouderdomme is.

Lees ook: Makliker met moeilike tieners: 20 wenke vir beter verhoudings

In die kombuis

Lê jou kind voor as sy iets te ete gaan soek. Maak vir jou ’n koppie tee en knoop ’n geselsie aan.

Lees ook: Maak ’n kreatiewe kind groot

Waar ookal in die huis

Min kinders sal nee sê vir ’n voetvryfie of ’n kopkrap – as hulle net eers daaraan gewoond is, kry jy dalk gereeld versoeke. Soms skep dit ’n lekker geselskans.

In lyn met jou kind se ouderdom

Dis belangrik om elke dag minstens ’n paar minute met elke kind te spandeer. Jy kan ’n kleintjie op jou skoot tel of saam op die vloer speel, by ’n laerskoolkind op die bank gaan sit na sy TV-program en gou gesels, of ’n ritueel met jou tiener hê om elke aand voor slaaptyd iets warms saam te drink.

Gereelde geleenthede vir gesels is goed omdat ’n kind nie altyd lus voel om oop te maak of iets te bespreek nie, maar die kans sal benut as dit nodig is.

Lees ook: Jy kan jou kind swaarkry help verwerk

In die algemeen

Alle mense praat die graagste oor dit wat vir hulle belangrik is. Probeer uitvind waar jou kind se hart lê. As sy verlief is, moet jy dalk na eindelose stories oor die wonderlike geliefde luister, maar dis beter as stilstuipe! Dis natuurlik ook waar dat sommige kinders toeklap en nie wil praat nie. Dan moet jy maar genoeg ruimte gee.

Wees wakker vir wanneer jou kind ’n geselsie wil inisieer. Dis dalk moeilik om jou weg te skeur van dit waarmee jy besig is, maar dis die moeite werd om die kommunikasiekanale só oop te hou.

Begin ’n vraag met “wat” eerder as met “hoekom”. “Hoekom het jy dit aangetrek?” stel ’n kind op die verdediging. “Wat dink jy gaan die meeste kinders vanaand aantrek?” werk beter.

Luister geduldig en help ’n kind om te dinkskrum om antwoorde te vind eerder as om advies aan te bied, al is die versoeking ook hoe groot.

Lees ook: Voel jou tiener eensaam?

The post Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind appeared first on rooi rose.

Makliker met moeilike tieners: 20 wenke vir beter verhoudings
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in hierdie tye wat so sonder grense is, waar alles maar toelaatbaar is, en met al die inligting, blootstelling aan en beskikbaarheid van drank, dwelms, pornografie, noem dit, maak dit moeiliker. Tog het die basis van goeie verhoudings en geluk deur die eeue dieselfde gebly: liefde, respek, vertroue en ’n fyn balans tussen vryheid en grense. Ouers kan seker maak dat hulle met ’n goeie en sterk band saam met hul kind die pad deur hul tienerjare met veiligheid en geluk loop.

Anys Rossouw gee 20 wenke vir beter verhoudings.

Dinge wat help:

1. Kommunikeer jou liefde gereeld in woorde en dade. Maar nie wanneer jy hulle straf nie. Liefdesbetuigings moet soos liefde voel. Hoe kinders oor hulself voel, word al vroeg beïnvloed deur hul ervaring van hoe hul ouers oor hulle voel. Sê jy is lief vir hulle. Skryf dit in ’n briefie, of stuur ’n SMS. Wys jou liefde fisiek, almal het lyflike kontak en drukkies nodig. Dit sê meer as woorde.

2. Wees positief en gee komplimente. Vertel hulle daagliks hoe trots jy is op wat hulle reg doen. Maak baie meer positiewe opmerkings as negatiewe aanmerkings. Al lyk hulle hoe, soek iets in hul voorkoms wat vir jou mooi is. Moenie hul voorkoms kritiseer nie.

3. Kom uit by hul emosies en kommunikeer begrip. “Ek kan verstaan dat dit jou ongelukkig maak en dat jy dit graag anders wil hê.” Moenie dadelik al jou besware opper nie. “Ek kan verstaan dat ’n motorfiets vir ’n jong ou ’n baie gerieflike ryding kan wees en dat die gevoel van onafhanklikheid en wind deur jou hare heerlik moet wees.” En gee wat hulle wil hê dan in ’n wens (nie werklik nie). “Ek wens ek kon vir jou die motorfiets koop – dat dit nie vir jou gevaar sou inhou nie.” “Ek wens ek het die geld gehad om vir jou ’n splinternuwe fiets/kitaar/ motor te koop.” Dit sê jy verstaan sy behoefte, jy verstaan sy menswees. Dit beteken nie jy laat hom toe om wat ook al te doen wat gevaarlik kan wees nie.

4. Luister eers en gesels oor gewone goed. Vertel van jou dag – sonder om te kla. Vra uit (nie vis nie). As sy iets sê waarmee jy nie saamstem nie, wag eers met jou mening. Vra waarom sy so dink. Kom uit by haar motivering en motiewe. Gee haar woorde en argumente vir haar terug om seker te maak jy verstaan. “Verstaan ek jou nou reg, jy dink … ” en dan herhaal jy wat sy sê. Dit voorkom meer as sewentig persent van alle gevegte of mis-verstande. Dan eers sê jy: “Ék sien dit anders.” Dan gaan sy waarskynlik vra hoe jy dit sien. En nou is jou mening gevra, en het jy nie gekritiseer nie.

5. Doen moeite met hul vriende. Ken hul name, nooi hulle na jul huis toe, stel belang (nie net in wie hul ouers is nie). Vra jou kind watter eienskappe van die vriend vir hom aantreklik of oulik is voor jy kritiseer of jou afkeuring te kenne gee. Vra of daar goed aan die vriend is wat dalk soms pla. Dan sal jy weet of jy bekommerd moet wees, en of jou kind met realistiese oë na die vriendskap kyk.

6. Laat hulle kies: Jy kan nie meer hul denke, gevoelens of keuses bepaal of beheer nie. Laat hulle self kies watter klere hulle dra, aan watter sportsoort of aktiwiteite hulle deelneem, wanneer hulle studeer. Stel wye, maar vaste grense. Iets soos: Dis belangrik om gesond te wees en oefening te kry – dis ononderhandelbaar. Maar die tiener kies die aard van die oefening. In ’n goeie verhouding het ’n mens die meeste invloed.

7. Stel hul belange soms bo jou eie. Hulle moet weet hulle is vir jou baie belangrik. Stel soms jou program of voorkeur tweede vir iets wat vir hulle belangrik is. Dan is jy in ’n goeie posisie om dit ook van hulle te verwag.

8. Bederf hulle soms onverwags met koffie, of skep ’n alleentydjie vir julle twee. Mense deel nie maklik in ’n groep privaat dinge nie. Innige verhoudings ontwikkel nie in groepsverband nie. Daardie gevoel van nabyheid gaan oor baie meer as om ’n huis te deel; dit gaan oor emosies, die deel van ideale, om beskikbaar te wees, ingestel te wees – sonder om te versmoor.

9. Gee aandag en stel belang. As sy praat, los ’n slag waarmee jy besig is en kyk vir haar as sy praat. Vra uit en dra daarmee oor dat sy belangriker is as wat jy nou doen. Dit wys omgee en respek én dat jy haar waardevol ag. Gee op ’n ander keer weer aandag wanneer sy nie vra nie. Roep haar en sê jy mis haar en het behoefte om ’n bietjie met haar te gesels. Stel in haar aktiwiteite belang, vra uit en woon die dinge by waaraan sy deelneem.

10. Koop een kledingstuk met ’n bekende handelsnaam.

11. Fokus op nou. Los die ou koeie. Moenie vorige insidente of ander mense by jou gesprek of ’n argument betrek nie. Handel ’n probleem af, vergewe, vra verskoning as dit nodig is, en haal dit nooit weer op nie. Sulke kinders voel hulle het ’n kans en kan regmaak, anders voel hulle dit help nie eens om te probeer nie, want al die vorige oortredings word steeds teen hulle gehou. Kies fyn wanneer om te praat. Moenie aanhou en aanhou wanneer hulle nie wil praat nie. Die kans is goed dat dit net op konflik uitloop.

12. Doen dinge waarvan hy hou: luister saam na sy musiek; vra dat hy iets moet speel waarvan hy baie hou, ook iets waarvan hy dink jy sal hou; praat oor die mense wat hy bewonder; kyk saam na sy TV-programme; gaan vang vis. Ouers verwag dikwels hul kinders moet meer tuis wees, maar dan is daar weinig interaksie of saamdoendinge – elkeen gaan aan met sy eie goed. Vir tieners maak dit nie sin nie.

13. Respekteer hul privaatheid. Los hul selfone, tasse en kaste uit tensy daar werklik rede tot kommer is, soos skielike en baie vreemde gedrag.

14. Maak hul kamers hul eie. Maak jou oë toe vir hoe deurmekaar dit is. Hy moet net die gevolge daarvan dra – jy soek nie sy goed vir hom nie.

15. Wees eerlik en oop oor jou emosies sonder om jou probleme hulle s’n te maak. Sê jy het ’n slegte dag gehad en is moeg, geïrriteerd of bekommerd, en dalk moet julle later hieroor praat. Jy hoef nie al die besonderhede te deel nie. Hulle tel jou irritasie op en dink jy is geïrriteerd met hulle. Tieners kan verbasende begrip hê as hulle net weet waaroor dit gaan. Maar dis vir hulle sleg as hulle jou bui aanvoel en voel hulle moet dit nou ontgeld. Ouers kan nie verwag kinders moet oor hul emosies praat as ouers nooit bereid is om dit te doen nie.

16. Humor ontlont baie moeilike situasies. Hou dinge lig en lag dikwels saam. Probeer die komiese in baie situasies sien.

17. Sê eers “ja” en stel dan die voorwaarde. “Ja, jy kan enige tyd gaan as jou huiswerk klaar is.” Dit klink baie billiker as: “Nee, nie voor jou huiswerk nie klaar is nie.” Probeer dikwels “ja” sê, dan aanvaar hulle die “nee” makliker wanneer dit nodig is en voel hulle nie jy sê nooit “ja” nie. Gee redes as jy weier. Praat saam oor billike reëls, maar nie as julle kwaad is nie.

18. Spog met hulle (net nie voor hul maats nie). Vertel vanaand vir pa, ouma of sussie. “Ek was vandag so trots op Gert. Hy het ’n ouer vrou eerste laat loop / sy sussie so mooi gehelp met … “ Ons is so dikwels geneig om te fokus op alles wat hulle verkeerd doen: “Hy het vandag al weer … ”

19. Vertrou hulle en gee hulle vryheid en die geleentheid om verantwoordelik te wees – natuurlik altyd binne veilige grense. Laat hulle hul eie probleme oplos, hul eie take doen, verantwoordelikheid vir hul programme en skoolwerk neem. Moenie hulle oorbeskerm, of hul gewete of dagboek wees nie. As hulle iets vergeet, moet hulle die les leer. Laat hulle foute maak. Hou jou raad waar moontlik vir jouself, want ongevraagde advies word as kritiek beleef.

20. Stel ’n voorbeeld wat hulle kan navolg. Leef en doen die dinge wat jy wil hê hulle moet doen: Luister as hulle praat. Sê asseblief en dankie, eerder as om net opdragte te gee. Wees rustig as hulle ontsteld is. Leef prakties en emosioneel die waardes wat jy van hulle verwag. Dade spreek baie harder as woorde.

Anys Rossouw is ’n sielkundige in Menlopark Pretoria.

Lees ook: Wat om te doen as jou kind in ’n slegte verhouding is

The post Makliker met moeilike tieners: 20 wenke vir beter verhoudings appeared first on rooi rose.

Kommunikasie tussen jou en jou kind
Kommunikasie tussen jou en jou kind deur Anet Schoeman.

Ondanks ons beste bedoelings, kommunikeer ouers en kinders nie altyd soveel soos ons moet nie. “Tyd is vir almal ’n probleem en die werklikheid is dat dit nie gaan verander nie. Die beste oplossing is om beter luisteraars te raak,” sê Nikki Bush, ouerskapskenner van Olivedale, Johannesburg. “Dit gebeur dikwels dat ons net met ’n halwe oor luister omdat ons soveel ander goed het om aan te dink.”

Tog is goeie kommunikasie die hoeksteen van ’n suksesvolle opvoeding. Dit wys ook vir ’n kind dat hy gerespekteer word vir wat hy is en bou selfvertroue

Soet en suur

Nikki sê sy en haar man en twee seuns speel elke aand ’n speletjie aan tafel. Hulle noem dit “Soet en Suur” en elkeen vertel wat die lekkerste ding is wat daardie dag gebeur het. In die volgende rondte praat hulle oor die slegste gebeure en elkeen vertel ook hoe dit hom laat voel het. Niemand mag die verteller onderbreek terwyl hy praat nie. Agterna volg die bespreking en daar word raad gegee of gelukwensings uitgedeel.

“Dis ook die ideale geleentheid om morele lesse te leer. My man het vertel hoe vies hy was dat hy in die verkeer vasgesit het en laat vir ’n vergadering was. Hy was gefrustreerd, want dis ongemanierd om laat te wees; dis ’n teken dat jy nie die persoon respekteer as jy laat is nie. So leer kinders waardevolle lesse.”

Probeer altyd om op die positiewe te fokus. Dis ook belangrik om elke kind sy volle spreekbeurt te gee en nie kommentaar te lewer tot ná elkeen sy ervarings gedeel het nie.

Wat kan jy doen?

• Luister. Kinders kom gou agter as jy nie werklik luister nie en net “h’m” sê. Vra vrae en probeer vasstel hoe hulle in sekere situasies reageer het: “Is jy opgewonde omdat jy vir die span gekies is?” “Voel jy hartseer omdat jy nie ’n rol in die konsert gekry het nie?”

• Vra die regte vrae: Moenie vrae vra wat met ’n “oraait” of “oukei” beantwoord kan word nie, soos “Hoe was jou dag?”nie. Vra liewer: “Wat het julle vandag in kuns gedoen?” “Vertel my van jou toets/ rugbyoefening/ wedstryd.” “Wat het julle gedoen wat pret was?”

• Beperk oproepe. As jy min tyd het om aan die kinders te bestee, maak ’n reël dat wanneer hulle by jou is, jy vir ’n sekere tyd nie oproepe sal beantwoord nie. ’n Halfuur se toegewyde aandag is beter as twee uur waarin jy ook nog op jou skootrekenaar werk en op die foon praat.

• Wees beskikbaar. Dit help nie julle gaan hou piekniek en jou gedagtes is myle ver nie. Maak seker jy is in hart en siel teenwoordig. Onthou, beskikbaarheid is ’n bewuste besluit.

• Tydsberekening is belangrik. Wanneer ’n paar steune en kreune al antwoorde is, is jou kind meestal te moeg om te gesels. Hou die vrae tot hy uitgerus en ontspanne is.

• Fokus liewer op die kinders as die skool. “Wat het jy pouse gedoen?”

• Maak dit prettig. Vir jonger kinders kan jy sê: “Ek dink jy het vandag niks by die skool gedoen nie en niks nuwe goed geleer nie.” Wanneer hy weet dis ’n grappie, is die kanse beter dat jy iets uit hom gaan kry. Fokus op hul vriende en die lekker goed pleks van die klaskamer en leer.

• Aandete is ’n gulde geleentheid om te kommunikeer en stories uit te ruil. Gaan sit aan tafel, nie met skinkborde voor die televisie nie. Maak ook ’n reël dat selfone nie tafel toe kom nie.

Leer hulle lag

Humor is ’n wonderlike manier om spanning te verlig. Vertel van die lawwe ding wat jou daardie dag oorgekom het en vra wat die lafste ding is wat die kinders beleef het. Dit leer kinders dat jy ook foute maak en dat jy vir jou foute kan lag. Almal is boonop vroliker wanneer hulle gelag het. Dis ook ’n lekker manier om kinders in die kar aan die gesels te kry.

Benut toevallige tye

• Die meeste van ons bestee baie tyd saam met ons kinders in die motor. Nikki sê dis die ideale tyd vir gesels en die bespreking van ongemaklike onderwerpe, want kinders hoef jou nie in die oë te kyk nie. Die ander voordeel is natuurlik dat hulle ook nie kan wegstap nie!

• Speel kaart of bordspeletjies – nie noodwendig ter wille van die kommunikasie nie maar om saam pret te hê en ’n vertrouensverhouding vir toekomstige kommunikasie op te bou. Dit verlig spanning en maak dit vir die kinders makliker om oor hul gevoelens te praat.

• Pa’s sukkel soms om met kleintjies te kommunikeer. Rol saam met hulle op die mat en “stoei”. Die liggaamlike aanraking is wonderlike kommunikasie en net ’n ander manier om drukkies uit te deel. “Speletjies bou brûe tussen ouers en kinders in ’n ‘taal’ wat kinders verstaan. Maar speel ter wille van die pret en nie met die verwagting om ’n probleem op te los nie,” sê Nikki.

• Doen dinge saam met tieners. Gaan draf, ry fiets, woon mosaïek-klasse by. Soms kan julle ’n wonderlike gesprek hê, maar die samesyn is belangrik vir die vestiging van ’n vertrouensverhouding sodat kinders jou met hul gevoelens en probleme sal vertrou. Dit lê die grondslag vir kommunikasie.

Kry nog rolmodelle

“Dis belangrik dat tieners ook goeie verhoudings met ander volwassenes opbou, soos familielede of die ouers van hul vriende. Dit verseker dat die kind ander lae van ondersteuning het wanneer hy nie reg is om met jou te gesels nie. Een van die ma’s bel jou dalk net eendag om te sê dat jou kind baie ongelukkig gelyk het toe hy daar gekuier het.”

Vinnige wenke

• Laat die kind weet jy stel belang deur oogkontak te maak en op hom te fokus.

• Hou jul gesprekke privaat en moenie sy probleme voor ander mense bespreek nie, behalwe as dit deel van die oplossing is.

• Skakel die televisie af.

• Veroordeel die gedrag, nie die kind nie.

• As jy te kwaad of te moeg is om rasioneel te dink, wag tot jy afgekoel het en bespreek die voorval later.

• Moenie die kind onderbreek wanneer hy sy storie vertel nie, luister geduldig tot hy klaar is.

• Wees so hoflik met jou kind as wat jy met ’n vriend sou wees.

• Sak fisiek af tot op ’n kind se vlak. Sit/hurk op die vloer, of sit albei op die bank.

• Moenie hare kloof oor kleinighede nie. Vra wát gebeur het, nie hoekom nie.

• Moenie preek nie, ook nie goed sê soos: “Ek weet wat die beste vir jou is” nie. Dit stuit kommunikasie. Bespreek eerder die probleem en werk saam aan ’n oplossing.

• Moenie afbrekende woorde soos “dom”, “simpel” en “lui” gebruik nie.

• Sê altyd vir die kind jy is bly sy het met jou kom praat.

• Herhaal, of som aan die einde van die storie op wat die kind gesê het om seker te maak dat jy wel verstaan het.

• Hoe kleiner die kind, hoe korter moet jou raad wees. Vir jong kinders is 30 sekondes genoeg.

• Moenie goed vir groter kinders oor en oor sê nie. Veral nie vir tieners nie. Ná die tweede keer raak hul oë glasig en daarna kan jy netsowel in ’n vreemde taal praat.

• Onthou: Kommunikasie is verbaal sowel as nieverbaal.

’n Drukkie, high five, knipoog of glimlag is ook maniere om te kommunikeer.

Tieners

• Tieners kan baie emosioneel raak en soms is dit ’n goeie ding om tyd te koop. Maak seker jy is voorbereid om ’n plofbare situasie te ontlont. Sê byvoorbeeld, “Kom ons praat môre/vanaand hieroor. Ek sal eers oor die saak moet dink.” Dit gee jou kans om te bedaar en minder emosioneel te reageer. Op die manier leer kinders ook die soort probleemoplossingsvaardighede aan .

• Wees bewus van jou stemtoon. Ons raak almal moeg en ongeduldig en weet nie altyd watter indruk ons stemtoon wek nie. Dink bewustelik oor jou stemtoon voor jy begin praat.

• Moenie ’n dag se werkfrustrasie op die kinders uithaal nie. Kry jou kop skoon en begin op ’n nuwe bladsy wanneer jy tuiskom.

Gebaretaal vir babas

“Spraakbane duur langer as groot en fyn motoriese ontwikkeling om gevestig te word en babas kan gebaretaal gebruik voor hulle kan praat,” sê Jeanette Loots, ’n arbeidsterapeut van Pretoria wat gebaretaal vir al drie haar kinders (nou 2, 4 en 7) geleer het toe hulle nog babas was.

“Ons eersteling, Nina, het op ses maande woordjies begin sê en toe het ek vir haar gebaretaal begin leer. Op ’n jaar kon sy sowat 120 woorde, 120 gebare en verskeie geluide (soos “woef- woef” vir ’n hondjie) gebruik om te kommunikeer.”

Al drie haar kinders het gouer as die gemiddelde kind gepraat. “Omdat jy gedurig praat en die gebaar wys, leer hulle ook die woordjies en sodra hulle dit kan sê, hou hulle op om die gebaar te gebruik. Dit vertraag nie spraak nie, maar versnel dit eerder. Dis net ’n bykomende opsie vir kommunikasie en hoe meer sintuie betrek word, hoe meer leerprosesse kan plaasvind.

“Dis die beste om op ses maande te begin. Die meeste babas behoort op agt of nege maande die gebare te kan gebruik. Ek het die Amerikaanse gebare vir dowes as ’n vertrekpunt gebruik. Namate ons gevorder het, het ek sekere goed vereenvoudig en nuwe tekens versin. Ek het ’n paar boeke gekoop en baie inligting op die web gekry,” sê Jeanette.

Dr. Kerstin Tönsing, ’n spraakterapeut aan die Universiteit van Pretoria se Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie, sê gebaretaal kan die frustrasies van die terrible twos verminder. “Nie alle kinders reageer ewe goed daarop nie, maar dis beslis nog ’n manier van kommunikasie. Maar moenie te hoë verwagtinge koester nie. Volgens studiebevindings kan dit spraak gemiddeld met ’n maand versnel, maar vir sommige kinders kan dit baie goed werk.”

Lees ook: Kies die regte kleuterskool vir jou kind

The post Kommunikasie tussen jou en jou kind appeared first on rooi rose.