ouerskap | rooi rose

Met liefde & reëls: 18 wenke vir moderne ouers
Met liefde & reëls: 18 wenke vir moderne ouers deur Ilse Salzwedel

Ons geslag sukkel meer met dissipline as ons voorouers. Beslis nie omdat ons minder weet of g’n stuk omgee nie, maar omdat skuldgevoelens, te min tyd, morele verval en ’n snelveranderende samelewing ons soms laat vergeet hoekom dissipline so ’n belangrike deel van kinderopvoeding is.

Maar jy hoef nie soos ouers oorkant die water by ’n TV-nanny hulp te gaan soek nie.

Hier is die basiese beginsels van kinderopvoeding waarmee jy jou instink kan verfris.

Bepaal die reëls

Dis soos om ’n padkaart vir jou gesin te teken. Kenners is dit eens dat kinders veiliger voel as hulle weet waar die grense van goeie gedrag is.

Moets: Bespreek die reëls én die straf as dit nie nagekom word nie. Plak dit iewers op sodat almal seker is wat van hulle verwag word. Tree konsekwent op sodat die kind presies weet wat om van jou te verwag.

Reëls, roetine en rituele

Onthou dié drie r’e van kindgrootmaak.

Moets: Hou dit eenvoudig. Skep rituele eie aan jul gesin – koffie en beskuit in Ma en Pa se bed op ’n Saterdagoggend, ’n piekniek elke Sondag … dit laat jou kinders spesiaal voel en versterk jul verhouding wat die opdwing van reëls baie makliker maak.

Lééf die waardes wat jy predik

Onthou: Jou kinders hou jou dop “soos ’n supergeheime Russiese spioenasiesatelliet”, skryf Dave Meurer in sy humoristiese boek Boyhood Daze (oor die grootmaak van seuns).

Baklei jy en jou man gereeld, maar verwag jy van jou kinders om nie met maats of mekaar te baklei nie? Vloek jy? Kom jy altyd laat? Stel jy werk uit tot op die nippertjie? Jou kinders gaan word wat jy leef!

Kyk jou kind in die oë as jy met hom praat

’n Kind hoor met sy ore, maar luister met sy oë, is die raad van dr. Pieter Kitshoff, ’n sielkundige van Alberton wat groot sukses met hiperaktiewe kinders en aandag-afleibaarheid behaal.

Moenie: ’n Opdrag skree terwyl jy in ’n ander vertrek is nie. Die kans is goed dat jou kind nie reg sal hoor nie, of jou nie reg sal verstaan nie. Opdragte wat op dié manier gegee word, laat ’n kind voel dat jy nie respek vir hom het nie – net soos jy nie daarvan sal hou as jou baas altyd skreeuend uit ’n ander vertrek met jou kommunikeer nie.

Beklemtoon die positiewe, en nie net altyd die negatiewe nie.

Moet: As jy geneig is om altyd te raas as jou kind stout is, prys haar nou ’n slag as sy iets ouliks doen of haar baie mooi gedra.

Hoek toe

As jy moeg gepraat is, stuur jou kind – sonder speelgoed – na ’n “vervelige” plek soos die hoek van die vertrek.

Moet: Laat hy met sy rug na die res van julle staan en nadink oor sy gedrag of kalmeer. Een minuut vir elke jaar oud is ’n goeie maatstaf. Ignoreer hom gerus vir daardie paar minute nadat jy verduidelik het hoekom hy gestraf word.

Dit werk veral goed vir meer sensitiewe kinders – hulle voel gou alleen en sal alles moontlik doen om toekomstige afsondering te vermy.

Hok hom

Dr. Phil meen dis ’n goeie straf om skoolgaande kinders te hok.

Moet: Selfs al het jou kind nog nie ’n sosiale lewe buite die huis nie, kan jy hom ná slegte gedrag vroeg kamer toe stuur sonder televisie. Dit werk weer eens beter vir sosiale kinders as vir ’n kind wat in elk geval sy eie geselskap verkies.

Weerhou voorregte soos TV-kyk of rekenaarspeletjies.

Dit kan net werk as jou kind hierdie goed as voorregte en nie as regte beskou nie. Hoe anders gaan jou kind leer dat voorregte saam met verantwoordelikhede en verpligtinge kom?

Onderhandeling is vir politici

Kinders wil nooit enigiets doen wat goed is vir hulle nie. Dus, ignoreer wat hulle wil hê en gee hulle wat hulle nodig het. Jy is nie besig met ’n burgemeestersverkiesing nie, en hoef nie na hul pype te dans nie – Dave Meurer in Boyhood Daze.

Hou op omkoop

“Morele waardes moet deel word van ’n kind, en kan nie bloot gekoop en verkoop word nie,” waarsku kenners in die Complete Book of Baby & Child Care. Moenie voortdurend beloning aan gehoorsaamheid koppel nie.

Doen wat jy belowe het as jy jou kind se vertroue wil behou

As iets voorval en jy nie by ’n belofte kan hou nie, verduidelik dit vir jou kind. Dis noodsaaklik vir goeie verhoudings en goeie dissipline dat hulle weet hulle kan op jou staatmaak.

’n Vaste roetine

’n Kind jonger as agt maande het nog nie dissipline nodig nie, maar wel ’n vaste roetine. Maar maak seker dat jy teen agttien maande darem al met basiese dissipline begin het.

Handhaaf ’n verenigde front

Ma, pa, die huishulp en die kleuterskool behoort dieselfde basiese reëls toe te pas.

Eet saam aandete

’n Studie onder 527 tieners by die Cincinnati Children’s Hospital het getoon dat tieners wie se ouers vyf keer of meer per week saam met hulle aandete geëet het, die minste geneig was tot dwelmgebruik, botsings met die gereg of depressie.

Sagte liefde of ferm liefde?

“Terwyl sagte liefde ’n kind se hart oopmaak, gee ferm liefde hom meer ruggraat om sterk en duidelik te kan leef in die wêreld waarin hy grootword,” skryf Steve Biddulph in More Secrets of Happy Children.

Elize Olivier, ’n kindersielkundige van Northcliff, Johannesburg, stem saam. “As jy jou kind nie liefhet nie, en nie ’n goeie verhouding met hom of haar het nie, kan jy hom nie dissiplineer en die basiese waardes leer nie.”

Sekere dinge is ononderhandelbaar, meen Elize. “Dit sluit dinge in soos persoonlike higiëne, skoolwerk en tye saam met die gesin.”

Dis hierdie oënskynlike klein dingejies wat kinders belangrike lewenswaardes soos selfrespek, verantwoordelikheid en omgee vir ander leer.

Die beste geskenke: tyd en aandag

Opregte aandag is een van die kragtigste maniere waarop ’n ouer ’n kind positief kan motiveer, sê Dr. Phil.

Steve Biddulph, bekende Australiese kinderopvoeder en skrywer van boeke soos More Secrets of Happy Children, meen dit help niks jy vertel jou kinders dat jy hulle liefhet as jy nooit by hulle is nie. “Met kinders is dit wat jy doen belangrik, en nie wat jy sê nie.”

Bêre die koerant, skakel die TV en selfoon af en luister en gesels vir ’n slag met onverdeelde aandag! Of nog beter, speel saam, of doen iets wat jou kind regtig graag wil doen.

Onthou ook dr. James Dobson se raad in Bemoedigende raad vir moedelose ouers: “Die oomblikke wat vir jou die kosbaarste gaan wees, gebeur nie gedurende geskeduleerde aktiwiteit nie, maar in die vryheid van ongestruktureerde en ongejaagde tyd saam.”

Wat seuns én dogters nodig het

Steve Biddulph is veral bekend as groot kampvegter vir die positiewe rol wat pa’s in hul kinders se lewe kan speel. Hy skryf in sy bekende boek Manhood dat pa’s van die swangerskap-fase af reeds by hul kinders betrokke moet wees. “Jy kan ’n teenwoordigheid wees in elke fase van hul lewe.”

Hy meen seuns en dogters het hul pa’s ewe nodig.

Die pad na nabyheid aan jou seun, meen Biddulph, loop hand aan hand met saamdoen. Maar moenie van die praat vergeet nie, waarsku hy.

En hoe moet ons dogters grootmaak? “Bewonder hulle, en leer hulle selfstandigheid. Respekteer hul ruimte, en moet nooit hul voorkoms evalueer nie, behalwe op ’n positiewe manier,” is sy raad.

Ook oor seks het hy belangrike raad: “Leer jou kinders dat seks goed is, maar spesiaal. Beskerm hulle teen goedkoop en uitbuitende media en situasies.”

Focus on the Family se ses dissipline-beginsels:

Balanseer liefde met grense.

Ouers moet die leiers in die huis wees – nie die kinders nie.

Leer om te onderskei tussen normale gedrag, kinderlike onverantwoordelikheid en openlike verset, want almal vereis verskillende optrede.

Onthou dat konflik tussen ouer en kind onafwendbaar is.

Ouerliefde en jou kind se beste belange behoort jou finale maatstaf te wees.

Moenie ophou bid nie!

Lees gerus:

The Better baby deur Susan Wenger (Corals Publishers, 2005. Beskikbaar by goeie boekwinkels, of by 016 982 3255).

Manhood deur Steve Biddulph (Vermillion, 2004).

More Secrets of Happy Children deur Steve Biddulph (Harper Collins Publishers, 1998).

Bemoedigende raad vir moedelose ouers deur dr. James Dobson (Christelike Uitgewersmaatskappy, 2005).

Praktiese ouerskap deur dr. James Dobson (Struik Christelike Boeke, 2004).

Boyhood Daze deur Dave Meurer (Bethany House Publishers, 1999).

The Complete Book of Baby & Child Care (Focus on the Family, Tyndale Publishers, 1997).

Lees ook: Hoeveel slaap het jou kinders nodig?

The post Met liefde & reëls: 18 wenke vir moderne ouers appeared first on rooi rose.

Die pad na jou kleinkind se hart
Deur Mariette Snyman. Foto Freepik

As jy ’n ouma of ’n oupa is, ervaar jy die oppe en affe van grootouer wees aan eie lyf. Miskien het jy innige verbintenisse met jou kleinkinders én hul ouers, of dalk is dit moeilik om familieverhoudings te laat vlot.

Die dae toe geslag ná geslag dieselfde landelike bestaan gedeel het, lê ver in die verlede. Vanweë reusespronge in onder meer die wetenskap en tegnologie word elke geslag met nuwe uitvindings groot. Anders as vandag se kinders moes hul oupas en oumas sonder die Internet, ononderbroke selfoonverbinding en die sosiale media klaarkom. Hulle het met ’n ander woordeskat, aanspreekvorme, gesagstrukture, taboes en selfs morele kwessies grootgeword.

Een ding wat gelukkig nie verander het nie, is die spesiale band wat tussen grootouers en kleinkinders kan bestaan. As dié verbintenis onder druk beland, moet oupas en oumas plan maak!

Buit jou posisie uit

“Die groot, bevrydende verskil tussen ’n ma en ’n ouma is dat ’n ouma haar rolle kan kies. ’n Ma is noodgedwonge polisieman, aanjaer, badafdwinger en heks. ’n Ouma het ’n keuse tussen minister van welsyn, bederwer, storievoorleser, skootopteller, wiegeliedjiesanger en goeie fee.” Só skryf Ida Gräbe in So sê Oupa, so sê Ouma wat sy en haar man, Petru, geskryf het.

Ida wys op ander voordele van dié posisie, soos dat oumas en dogtertjies meestal uitstekend klaarkom – minstens totdat “die klein dametjie ’n tiener is. Eers het haar ouma die sagste skoot, die mooiste laggende oë en, beste van alles, as Pa en Ma uit die eetkamer is, eet Ouma vir haar haar blomkool en pampoen!”

’n Ouma is vir haar kleindogter “geselskap en ’n vertroueling, ’n oppasser, ’n aanmoediger, soms selfs ’n taxibestuurder en eksamenvoorbereider. Hulle drink saam tee, huil oor gebroke verhoudings, pluis selfs ouers se kinkels uit.”

Petru skryf “een van die kosbaarste besittings wat ’n mens kan hê, is die vertroue van ’n kind. Hoe gebeur dit dat ’n kind jou so blindweg kan vertrou dat hy uit ’n boom sal spring as jy beloof om hom te vang?”

’n Ouma is vir haar kleindogter “geselskap en ’n vertroueling, ’n oppasser, ’n aanmoediger, soms selfs ’n taxibestuurder en eksamenvoorbereider

Dis moeilik om die geheim van ’n sterk band tussen grootouer en kleinkind vas te vat.

Lê dit daarin dat hulle dikwels nie ’n huis deel nie en nie tyd het om vir mekaar moeg te word nie? Is dit omdat hulle in die kleinkind se ouers ’n “gemeenskaplike vyand” het? Hang dit af van wat oupas en oumas alles vir hul kleinkinders gee of doen?

Baie grootouers erken dat hulle rustiger met hul kleinkinders omgaan as destyds met hul eie kroos. Hulle sien die groter prentjie en is minder veroordelend.

“Behalwe ideologiese verskille, kan daar ook leefstyl- en norm-verskille tussen grootouers en kleinkinders wees,” sê Ida in ’n onderhoud. “Ek sou hartseer wees indien een van ons elf kleinkinders hulle aan een of ander vergryp skuldig maak. Maar sou dit gebeur, sal ek probeer om my oorlede ma se voorbeeld te volg: sy het een van haar minderjarige kleinkinders wat weggeloop het en later in ’n hawestad opgespoor is, by haar in die huis geneem en dieselfde behandel as die ander wat minder waaghalsig was.”

Die bekende uitspraak lui dat ons nog sal vergeet wat iemand gesê of gedoen het, maar nooit hoe hulle ons laat voel het nie. Dalk is dit liefde sonder voorwaardes – ’n grootouer se diepgaande begrip en die onwrikbare besluit om “aan die kleinkind se kant” te wees – wat die deurslag gee.

Gefokusde aandag

“Toe my kleinkinders gebore is, was ek en die meeste van my vriendinne werkende vroue,” vertel Ida. “Ons kon nie ons kleinkinders ‘help grootmaak’ nie, maar moes smiddae en oor naweke kreatiewe maniere kry om deel van hul baba- en kleuterjare te wees.”

Hierdie maniere het ’n rits lekkertes van pieknieks tot kunsvlytprojekte ingesluit. En ’n goggalaai: “Kies die onderste laai van ’n kas en spuit die boom met ’n goeie insekdoder (om die parasiete wat op die insekte is, te ontmoedig om die skatte in jou laai op te vreet). Plaas ’n vel polistireen onderin. Steek ’n kopspeld deur die lyf van dooie kewers, skoenlappers of stokkiesgoggas wat aan natuurlike oorsake (of onnatuurlike oorsake buite jou beheer) dood is, en druk dit op die polistireen vas. As die kleinkinders kom kuier, sal hulle eerste die goggalaai wil sien! Lees na oor insekte en vertel vir die kinders wat hulle eet, of hulle gevaarlik is, en dies meer.”

Ida se repertoire sluit “sandkoekies bak, sywurms ronddra en krieke vang in. Maar ek trek die streep as dit kom by wipplank ry, tou klim en spinnekoppe jag met die braaitang. En ek kan nie vir Oupa probeer kers vashou nie: hy speel ‘vliegtuigie’ deur die kinders aan ’n hand en ’n voet in die rondte te swaai en lanseer strelitzia-sade met die neus!”

Pret-ervarings met grootouers bevestig kinders se plek in ’n familie, skep geborgenheid, en gee hul eiewaarde ’n hupstoot. Dit verg tyd en energie, maar die loon is groot.

Pret-ervarings met grootouers bevestig kinders se plek in ’n familie, skep geborgenheid, en gee hul eiewaarde ’n hupstoot

“Klein kindertjies kan hulle so oorgee aan ’n omhelsing. Wanneer ek ’n kleinkind teen my vashou, probeer ek dit met al die wedersydse liefde, warmte en snoesigheid in my geheue inprent. Dit kom vir my die naaste aan ware geluk.”

Natuurlik is daar uitdagings. Soms stamp grootouers en kleinkinders koppe omdat hul persoonlikhede bots. Ouerskapkenner Hettie Brittz – Ida en Petru se dogter – se praktiese boekie Kortpad deur die Oerwoud bevat insigte wat verhoudings makliker maak.

Om kleinkinders ouderdomsgepas te hanteer, stryk ook probleme uit. As julle min kontak het, is dit moeiliker. Dan is dit raadsaam om oor ’n kleinkind se ontwikkelingstadium na te lees of by die ouers kers op te steek.

Grootouers se band met kleinkinders én hul ouers beteken drie stelle waardes, voorkeure en verwagtinge is op die spel. In die DVD-stel Immergroen Ouerskapwenke: fondasies vir ouers, stiefouers en grootouers verduidelik Hettie hoe hierdie potensiële mynveld benader kan word.

“Dis baie belangrik om sinvolle grense te trek. Hiermee bedoel ek: wie se verantwoordelikheid is wat wanneer dit kom by die grootmaak van kinders en kleinkinders? Baie ouers kla dat grootouers ‘inmeng’.

“Daar is ’n beginsel wat sê die hoeveelheid verantwoordelikheid wat jy aanvaar, gee jou ’n sekere hoeveelheid inspraak en regte. As ouers van grootouers verwag om die grootste deel van elke dag na kleinkinders te kyk, saam met hulle te gaan klere koop, langs die sportveld te sit, en naweke na hulle om te sien terwyl Pa en Ma gaan baljaar, gee hierdie ouers ‘aandele weg’. Hoewel hulle vir die dissipline en groot besluite verantwoordelik bly, moet die grense aangepas word. Dit vra ’n vriendelike maar ernstige gesprek waar twispunte soos slaaptye, eetgewoontes, huiswerk, waarheen kleinkinders mag gaan en so meer uitgespel moet word.”

Soos Petru dit stel, kan grootouers “brugbome” wees, soos ’n boom wat ’n brug oor ’n stroom vorm. Grootouers wat hul eie kind se goeie eienskappe aan ’n kleinkind uitwys, versterk die band tussen ouer en kind. Die kragtigste brug, ’n liefdevolle verbintenis tussen twee harte, is maklik én moeilik om te bou. Mag dié met ouer harte die kuns al beter verstaan!

Lees ook: Maak kinders met goeie waardes groot

The post Die pad na jou kleinkind se hart appeared first on rooi rose.

Wenke vir ma’s en stiefma’s
Wenke vir ma’s en stiefma’s. Foto: Pexels

Kinders verstaan nie grootmense se probleme nie

Ons is die volwassenes en ons is veronderstel om volwasse op te tree. Moenie kinders met jou bitterheid en woede belas nie. Hulle behoort dit nie te dra nie. Wees verdraagsaam, geduldig en gee om. Dit neem stiefouers en kinders tyd om mekaar te leer ken. Moedig jou kinders aan om nuwe gades ’n regverdige kans te gee om ’n verhouding te vestig. Soms is dit belangriker om gaaf te wees as om reg te wees, so gun julself ook ’n regverdige kans om aan te pas.

Takel jou vrese

Die vrees om ontoereikend of minder geliefd te wees as die ander ouer, maak ons besitlik en dan verset ons onsself teen die vorming van nuwe bande. Moenie dat jou vrese verhoudings vertroebel nie. As jy die nuweling is, help dit ook om te besef dat hulle baie spesiale herinneringe het sonder jou – dit is heeltemal normaal om soms die buitestaander te wees.

Waak teen te veel beheer

As gevolg van egskeiding verloor ’n mens beheer oor baie dinge. Aanvaar dit. Kom ooreen op ’n stel reëls wat in beide huishoudings geld om sake te vereenvoudig. Daar is ook geen rede om oorbeskermend te wees nie – almal is maar net mense. Daar is geen bedreiging nie.

Wees dankbaar

Wat ookal die drama van jou egskeiding was, wees dankbaar as jou kind salig onbewus daarvan is en goed met die ander party oor die weg kom. Dit spaar hulle groot trauma en moontlike uitdagings met hul eie toekomstige verhoudings. Wees ook dankbaar vir al die hulp wat jy ontvang met die grootmaak van jou kind.

Openbaar self goeie gedrag

Die beste manier om ’n kind iets te leer, is om ’n goeie voorbeeld te stel. Vra jouself gereeld af wat jou optrede jou kinders leer. Betoon respek en deernis, met verantwoordelikheid. Waak teen afbrekende opmerkings, beledigings en spottery voor die kinders of voor ander mense.

Skud die slagoffermentaliteit af

Wil jy hê jou kinders moet onthou hoe swaar jy altyd gekry het, of wil jy eerder hê hulle moet onthou hoe sterk, veerkragtig en gelukkig jy was?

Regverdigheid is ’n persepsie

Wat regverdig is vir een, mag vir ’n ander glad nie regverdig lyk nie. Mens kan nooit ewe veel tyd en ondersteuning aan elke kind gee nie. Elkeen het unieke behoeftes en omstandighede wat heeltyd verander, veral in saamgestelde families, en daarom sal hulp daarvolgens aangebied word.

Kom jou beloftes na

Dit geld vir beloftes aan die kinders sowel as die mede-ouers. Hou by jou skedule, kom jou ondernemings na en daag op wanneer jy veronderstel is om op te daag. Anders veroorsaak dit nie net groot teleurstelling vir ons kinders nie, maar ook groot ongerief en nood vir ouers wat moet sien kom klaar sonder jou ondersteuning, insette of teenwoordigheid.

Kommunikeer

Deel die belangrike inligting met betrekking tot skedules, reëlings en gebeurlikhede met alle betrokke ouers. Praat ook oor die dinge wat jou kwel en vra advies of bystand wanneer jy dit benodig. Julle is nou ’n familie, tree soos een op.

Breek die norm

Selfs in die ergste gevalle kan biologiese ouers en stiefouers maniere vind om oor die weg te kom. Mense se paaie kruis vir verskeie redes en as jy bereidwillig is, kan geskille besleg word. Waak teen die stereotipe haat en minagting wat die samelewing verwag.

Gee hulle goeie herinneringe

Ons is geneig om die slegte goed uit ons kinderdae beter te onthou as die goeie goed. Doen moeite om goeie herinneringe te skep en maak die slegtes so min as moontlik.

Lees ook: Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

The post Wenke vir ma’s en stiefma’s appeared first on rooi rose.

My kind háát skool! Wat nou?
Sukkel jy jou soggens kapoet om jou kind uit die bed te kry? Is die atmosfeer ’n kruitvat wat die geringste vonkie nodig het om te ontplof? Baklei sy soggens vandat sy haar oë oopmaak oor die kleinste dingetjie? Omdat sy moet opstaan terwyl sy nog só moeg is; oor die melk te koud of te warm is; oor haar skoene nie op hul plek is nie; oor haar skoolkos; oor haar boetie of die hond vir haar kyk; oor hoe sleg haar hare lyk? Of is sy elke oggend siek? Jou kind wil nie skool toe gaan nie. Die meeste kinders voel die een of ander tyd nie lus om skool toe te gaan nie. Dis normaal, veral as hulle ’n aanpassing moet maak waarvoor hulle bang is – soos om na ’n nuwe skool te gaan. Gewoonlik duur die gevoelens nie te lank nie. Maar wat as dit aanhou en erger word? Kinders doen goed as hulle kan. Kinders wil meestal hul ouers en onderwysers tevrede stel. Kinders wat nie skool toe wil gaan nie, of skool verpes, het gewoonlik ’n probleem. Veral kleintjies. Die meeste van dié kinders het nie die vaardighede om te voldoen aan die eise wat aan hulle gestel word nie – en dis nie hul keuse nie.

Hulle reageer op baie maniere hierop: Hulle is ongemotiveerd en doen net die nodigste of selfs minder, of word siek, of bied weerstand. Dan kry hulle gou-gou die etiket dat hulle lui, ongemotiveerd, moedswillig en stout is, wat hulle weer in konflik met hul onderwysers en ouers bring. Aanlyn is daar talle blogs en groot groepe kinders wat dikwels in sterk gekruide taal vertel hoe en hoekom hulle skool so haat. En ironies gebruik hulle skuilname soos Useless man en Darkangel. Daar is “ek haat skool”-lirieke, -T-hemde, -aanhalings, -voorstellings. Maar die meeste kinders loop met die gevoelens opgekrop en dan bars hul frustrasie tuis op allerlei maniere uit.

Pieter*, ’n tiener, vertel: “Skool suck! Ek haat die verdomde plek! En alles daarvan. Die dom werk, die klasse, die rye, die simpel onderwysers en die kinders. Dis dieselfde goed oor en oor. Ek raak naar as ek nog iets oor vigs moet leer. Die onderwysers dink hulle het mag en kan jou beheer -wat jy moet doen, mag sê en dink, wat jy mag aantrek, hoe jy moet lyk. Die wiskundeonnie is die ergste met haar geskree en gedreig oor detensiebriewe, sy kan dit in haar dinges opdruk. En die kinders: Daar is mos altyd ‘pliggies’ wat dink hulle is só oulik. Hulle kruip net en dink hulle is beter as ander. As die toetsuitslae en rapport kom, dán kry ek nou moeilikheid by my pa en hoor ek hoe treurig ek is. As ek net dink ek moet môre skool toe gaan, of huiswerk doen, is ek sommer naar en omgekrap.”

Annemie*, sewe jaar oud: “Skool is nie lekker nie. My juffrou is oukei, maar ek is bang vir haar. As ek nie stilsit nie, moet ek voor langs haar gaan sit, of langs so ’n seuntjie wat my heeltyd pla, lelike goed vir my sê en my goed vat. Ek kan nie dink as die kinders praat nie. Ek kry nie my werk klaar nie, en dan spot die ander my omdat ek laaste klaar is. Pouses moet ek inbly om my werk klaar te maak. Maar die maatjies wil in elk geval nie met my speel nie. Ek wens daar was nie ’n skool nie en ek hoef nooit weer te gaan nie.” Nie alle kinders is in staat om te erken hulle het ’n probleem, of om dit soos Pieter en Annemie te verwoord nie. Baie sê net dat dit nie lekker is nie en probeer dit vermy.

Dan kla hulle dat hulle te siek voel

Vrees speel ’n rol, veral by kleintjies. Hulle is bang vir raas, strafbriewe, detensie, of hulle is angstig en onseker of hulle die werk kan doen, toetse sal slaag, voor ander hul mondeling sal kan doen en maatjies met hulle sal speel, óf hulle ervaar skeidingsangs.

Hulle het nie toereikende emosionele en sosiale vaardighede nie en pas sosiaal nie aan nie, of voel hulle pas nie in nie. Hulle voel alleen en uitgestoot.

Partykeer word kinders geboelie of gespot.

Hulle sukkel met die eise wat skool aan hulle stel. Vir baie is die skoolstelsel te rigied en maak nie werklik voorsiening vir hul individuele behoeftes nie.

Baie kinders kan net nie die pas volhou nie. Of die pas is te stadig. Kinders se tempo en die hoeveelheid tyd wat hulle vir take nodig het, verskil. Vir party is dit te veel leerstof, te vinnig. En die dae is vir hulle te lank.

Hulle is verveeld. Die leerstof is te maklik, dis te min, te stadig. Óf die onderwysmetode of wyse van aanbieding is vir hulle vervelig. As leerstof vir kinders interessant en die proses vir hulle pret is, geniet hulle dit en leer hulle sommer sonder dat hulle dit besef.

Kinders wat hiperaktief, aandagafleibaar of taktiele leerders is en sukkel om stil te sit en luister, vind die meeste skoolsituasies baie moeilik.

Party kinders het nie die vaardighede om die werk baas te raak nie. Hulle voel dit maak nie saak wat hulle doen nie, hulle kan nie doen wat van hulle verwag word nie. Dit kan fyn motoriese, perseptuele, visuele, ouditiewe, lees, spel of wiskundige vaardighede wees waarmee hulle sukkel.

Hulle kom nie met ’n onderwyser of onderwysers oor die weg nie.

Party kinders het tuis probleme, soos ouers se huweliksprobleme, gesinskonflik, of ’n siek gesinslid en dan kan hulle nie konsentreer nie, want hulle bekommer hulle oor wat tuis gebeur.

Kinders wat faal om te leer, leer om te faal. Wat om te doen?  Erken daar is ’n probleem en doen dadelik iets daaraan. Gewoonlik verdwyn sulke probleme nie vanself in die mis nie. Meestal vererger dit mettertyd. Hoe ouer die kind is, hoe moeiliker is dit om agterstande in te haal. ’n Mens betaal nou of later (dan met rente) hiervoor. As ’n kind in graad een sukkel om te lees, gaan hy net meer agter raak en later sukkel om te leer.

Toon begrip vir jou kind en moenie hom blameer nie. Laat haar afblaas, vertel wat pla. ’n Ontstelde kind het sy ouer se vriendelike en begrypende oor die nodigste, nie sy raad of ongeduld nie.

Neem saam met jou kind verantwoordelikheid om die bul by die horings te pak en oplossings te soek en te kry, en om vaardighede te ontwikkel om die eise en probleme te hanteer. Moenie hom, die onderwyser of die skool blameer nie.

Probeer vasstel wat die wortel van die skoolhaat is. Luister. Help haar met haar gevoelens, deur die gevoelens te verstaan en begrip daarvoor te toon. Die kind moet inkoop in die oplossings, en daarom is die oplossings wat die kind uitdink of kies dikwels dit wat die beste werk.

Berei jou kind op verandering voor: Nuwe skool, nuwe onderwyser, nuwe baba in die gesin, nuwe gesin met ’n hertroue …

Wees proaktief: Taalverryking en lees in die voorskoolse jare maar ook later, kan baie help. Probeer moontlike probleme identifiseer voor dit die kind pootjie: Neem haar vir skoolgereedheidsevaluering om vroeg al vas te stel of al die tersaaklike vaardighede genoegsaam ontwikkel is. Slim kinders sukkel ook.

Sorg dat jou kind ook ander lekker ervarings kry, gebruik humor, en lag dat die endorfiene kan vloei en sy beter kan voel

Maak seker van jou kind se skoolkeuse. Kinders verskil en dis belangrik dat die kind se skool en klas dit vir haar moontlik maak om te leer, te presteer en in te pas.

Bou haar selfbeeld: Gee erkenning en nog erkenning – nie net vir resultate nie, maar vir pogings en harde werk. Help jou kind om te besef daar is nie iets fout met hom nie. Dis iets wat met baie kinders gebeur en normaal is. Maar dis ’n probleem waarvoor daar oplossings is.

Jou kind moet die waarde van opvoeding besef.

Moedig jou kind aan om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem waarin hy belang stel sodat ’n deel van skool lekker en onbedreigend kan wees, en om sosiaal in te skakel en sy selfbeeld te bou.

Leer jou kind probleemoplossingsvaardighede en denkstrategieë: Wat is hier die probleem? Wat kan ek doen? Wat sal help om dit beter te maak? Die kind moet die probleem as die probleem sien, en nie haarself nie.  Werk sáám met die onderwyser, maak saam planne. Praat met die hoof of departementshoof oor opvoedkundige leiding as jy en die onderwyser nie vorder nie. Skole het meestal prosedures wat kinders kan help.

Praat met ander ouers en hoor wat hul ervaring is van die klas, onderwyser en situasie.

Moenie bang wees om jou kind van klas of skool te laat skuif as dit werklik nodig is nie. Maak net seker dat die probleem nie hoofsaaklik by jou kind se vaardighede lê nie, want dan gaan dieselfde probleem hom in die nuwe situasie herhaal, wat dan geen oplossing bied nie.

Moenie jou kind sonder planne, hoop of oplossings blootstel aan ’n situasie waarvoor sy glad nie die vaardighede het, of glad nie kan hanteer nie. Dit breek kinders se moed en geloof in hulself.  Sorg dat jou kind ook ander lekker ervarings kry, gebruik humor, en lag dat die endorfiene kan vloei en sy beter kan voel.

Kry professionele of remediërende hulp: Laat ’n opvoedkundige sielkundige julle help om die wortel van die probleem te bepaal. En kry hulp van ’n private onderwyser, arbeidsterapeut of wie ook al nodig kan wees. ’n Kind se eerste skooljaar en skoolervaring is dikwels van deurslaggewende belang in sy vorming van ’n eie leeridentiteit en akademiese selfbeeld. En dit is ’n vroeë voorspeller van ’n kind se skoolgeluk en prestasie. As ’n kind se eerste ervaring negatief is, kan dit maklik sy selfvertroue en selfbeeld skaad en later tot destruktiewe gedrag- en leerpatrone lei.

Dis nooit te laat om gelukkige kinderdae te hê nie! Twaalf jaar kan báie lank wees – as dit ’n nagmerrie is! Maar soveel moeilike situasies kan met die regte plan, stappe, geduld en wysheid in ’n positiewe ervaring omgedraai word – in skooldae waarna jy met heimwee terugverlang. Dis vir die meeste mense ’n baie groter prestasie en aha-ervaring om ’n probleemsituasie om te draai in ’n suksesstorie, as om iets uit die staanspoor te bemeester. Dit bemagtig hulle met selfvertroue, selfgeloof en deursettingsvermoë, nie net vir die eise wat die lewe nou aan hulle stel nie, maar ook vir hul toekoms.

*Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel. Anys Rossouw is ’n sielkundige in Menlopark Pretoria.

Lees ook: Egskeiding: Hou ’n oop deur vir Pa

The post My kind háát skool! Wat nou? appeared first on rooi rose.

Van speelskool na grootskool: 5 wenke
Van speelskool na grootskool: 5 wenke deur Mariette Snyman.

Om by die formele skoolopset in te skakel, is ’n groot stap: nie net vir jong kinders nie, maar ook ook vir hul ouers. Ouers kan die kommer en twyfel wat dikwels hiermee saamgaan, beperk deur die kwessies wat mag opduik bewustelik te benader.

“Party van die praktiese aspekte is opwindend, soos om skooluniforms en voorraad aan te skaf, die nuwe roetine aan te leer, die onderwyser te ontmoet en die skoolterrein te verken,” sê Trudie Gilmore, algemene bestuurder by ADvTECH Junior Colleges.

“Die groter eise en onbekende omgewing kan egter ook angswekkend wees, en kinders moet gaandeweg daaraan gewoond gemaak word. Hoë verwagtinge van ouers kan onnodige druk op sulke jong kinders plaas.”

Gilmore beveel aan dat ouers die volgende in gedagte hou:

Foute word toegelaat

Die les lê in die leerproses, nie in die uitkoms nie.

“Op hierdie ouderdom moet ouers hul kinders aanmoedig om onafhankliker te raak, en waar moontlik vir hulself te dink. Moedig jou kind aan om op ‘klein’ maniere na hulself om te sien soos om self aan te trek, seker te maak hulle het alles in hul boeksak gepak, en hul besittings op te pas. Gee hulle krediet vir elke poging, al kry hulle dit nie 100% reg nie.”

Lees ook: Laat gaan en laat groei jou kind

Ontwikkel uithouvermoë

“Jong kinders kan dit geweldig frustrerend vind om nie ’n taak te kan voltooi op die manier wat hulle graag wil nie. Herinner jou kind wanneer ons iets nuuts leer, is dit belangrik om aan te hou probeer, selfs wanneer dinge taai raak. Moenie ingryp en die situasie ‘regmaak’ nie. Dis beter om leiding, aanmoediging en motivering te verskaf.”

Lees ook: Mamma, help jy te veel?

Speel mooi saam

Die begin van grootskool is ’n belangrike mylpaal omdat kinders dan begin om met hul ouderdomsgenote saam te werk en sinvol saam te speel, selfs wanneer hulle nie outomaties oor die weg kom nie. Moedig jou kind aan om ander in te sluit en om gaaf te wees. Dit bevorder die ontwikkeling van emosionele volwassenheid en selfvertroue.

Lees ook: Leer jou kind só oor respek

“Julle kan speel-speel voorberei. Speel speletjies wat reëls behels of verg dat julle beurte maak, soos bordspeletjes. So oefen jou kind om met ander oor die weg te kom en leer hy of sy vaardighede aan wat later kan help om vriende te maak.”

Lees ook: Jou kind: Sosiaal slim bedraad

Waak teen te veel buitemuurse aktiwiteite

Nuuskierigheid is ’n goeie ding

“Om nuuskierig te wees en in die dinge om ons belang te stel, is regtigwaar belangrik ten opsigte van  leer. Moedig jou kind se natuurlike nuuskierigheid aan deur so dikwels moontlik oor mense, plekke en ander dinge te gesels. Nuwe navorsing dui daarop dat dit beduidende voordele vir kinders inhou wanneer hul ouers hulle by produktiewe gesprekke betrek en elkeen ’n beurt kry om te luister en gepas te reageer.

“Luister na hul vrae en beantwoord dit geduldig. ’n Liefde vir lees is ’n vaardigheid wat opwinding kan verskaf en ’n kind kan bemagtig. Moedig dit aan, en kweek die gewoonte om iets op die rekenaar na te slaan deur dit saam te doen. Probeer die wêreld deur jou kind se oë sien, en gesels en verwonder julle oor die alledaagse dinge.”

Hanteer uitdagings

Gilmore sê ouers moet gereed staan om hul kinders te help om die stres te bestuur wat kan spruit uit meer uitdagende skoolwerk, huiswerk, evaluerings, diversiteit in die skoolomgewing, naskoolse aktiwiteite en die moontlike optrede van boelies. “Maak seker jou kind is in staat om die uitdagings wat hulle daagliks in die gesig staar te hanteer deur enige bykomende druk op hulle te verminder.

Lees ook: Supersensitiwiteite: Ondersteun jou kind só

“Onthou ook die belangrike rol wat slaap speel. Kinders wat genoeg slaap, raak nie so maklik kort van draad nie en hanteer skoolstres beter.

“Waak teen te veel buitemuurse aktiwiteite. Ons is geïndoktrineer om te glo dat besige mense gelukkige mense is, maar ’n oorvol skedule beteken minder vrye tyd en minder gesinstyd.

“Ons samelewing verwag al meer van jong kinders. As ouers en voogde is dit ons plig om hulle te help om hierdie eise te begryp en gepas daarop te reageer. Om hulle op ’n suksesvolle en produktiewe skoolloopbaan voor te berei moet ons hulle help om hul emosionele intelligensie te ontwikkel.”

Lees ook: Druk jy jou kind tot in die rooi?

My kind haat skool. Wat nou?

The post Van speelskool na grootskool: 5 wenke appeared first on rooi rose.

Egskeiding: Hou ’n oop deur vir Pa
Die situasie

Kinders moet ’n ma én ’n pa hê.” Dit klink so vanselfsprekend. So reg. Tog voel baie ma’s anders wanneer dit hul bepaalde situasie raak. Veral die ma’s van kinders wat in ’n ander huis as hul pa grootword, reken soms dat die kinders beter af is sonder sy betrokkenheid. In sulke gevalle tree ma’s as streng hekwagte op (kassie regs) en beperk of voorkom kontak tussen die kinders en hul pa.

Die besluite wat ’n ma in hierdie verband neem, raak haar kinders intens – en lewenslank. Reinette* is ’n maatskaplike werker wat nie net met hierdie soort problematiek in haar werk te make het nie, maar dit ook beleef het en uit ervaring kan praat.

Reinette het drie dogters alleen grootgemaak. Vandag is hulle in hul twintigerjare, oud genoeg om te sien wat die uitwerking van Reinette se besluite rakende hul pa se betrokkenheid op hul menswees was.

“Elke ma stap haar eie pad,” sê Reinette.

“Myne was baie keer swaar en pynlik, maar kyk ek terug, sien ek genade op genade. Die totaal van my ervarings het waarlik ten goede in my en my kinders se lewe meegewerk.”

Reinette is in die jare tagtig getroud en kort voor lank het sy en haar man twee kinders gehad. “Ná die geboorte van die tweede enetjie was daar huweliksprobleme. My eksman het ’n buite-egtelike verhouding gehad en uitgetrek, maar ’n jaar later gevra of ons kon versoen. Ek het ingestem en ons het ons huwelik hervat.

“Ná die koms van ons derde dogter het hy weer ’n verhouding aangeknoop. Dit het op ’n egskeiding uitgeloop. Daar was ’n toutrekkery tussen die prokureurs en die egskeidingsproses het ’n jaar geneem. Ek het nie gewerk nie, maar kon in die huis aanbly omdat dit aan my ouers behoort het. Die kinders is in my sorg geplaas.”

Finansieel het dit bars gegaan. “Ek het R500 onderhoud vir elke kind gekry – destyds sowat ’n kwart van die gangbare bedrag. Verdere geldelike verpligtinge soos skoolfonds wat in die egskeidingsbevel genoem is, is nie nagekom nie. Die kinders was emosioneel ontwrig en met ’n baba wou ek nie gaan werk nie.

Lees ook: Beplan onderhoud vir jou kinders na ’n egskeiding

“My ouers het gehelp waar hulle kon.”

“Op ’n dag het ek vir my eksman gesê ons kom nie die mas op nie. Sy standpunt was dat ek moes gaan werk. Hy was ook bereid om die kinders in sy huis te neem, maar ek kon dit nie eens oorweeg om hulle te ontwortel en in ’n vreemde huis in ’n ander stad te laat grootword in die sorg van ’n vrou wat hulle nie ken nie. Hulle was baie vas aan my, veral omdat hul pa ’n jaar lank elders gewoon het. Hy het voet by stuk gehou: as ek die toesighoudende ouer wou bly, moes ek geldelik sien kom klaar.

“Mense onderskat maklik die uitwerking van ’n egskeiding op ’n klein kind. Die houe slaan soms baie diep en seer en hulle kan hul verwonding eers op ’n later ouderdom verwoord.

“Weens my eksman se houding oor ons finansies, en omdat hy hul emosionele behoeftes misgekyk het, was dit vir my swaar om hulle elke tweede naweek na hom en sy vrou te laat gaan. Ek het vir elkeen ’n tassie gekoop om die ervaring so maklik moontlik te maak, maar wanneer hulle wegry, het ’n stuk van my hart geskeur.

“Die jongste het nog by my in die kamer geslaap en ek het probeer om haar besoeke tot later uit te stel. Haar pa wou nie verstaan nie en my oudste – toe ses of sewe – het vertel hoe die kleintjie die nagte om huil. Haar ousus het ure lank met haar op en af gestap; die volwassenes het nooit kom troos nie.

“Ná so ’n naweek was die kinders stukkend en seer en ek het probeer om hulle weer heel te maak.”

“Ek was opstandig maar in my was daar ’n tweestryd: hoe graag ek ook al my kinders wou beskerm, het ek gesien hoe hulle na hul pa verlang.

“Ek het besef die kinders moes eenvoudig ’n verhouding met hul pa hê. Maak nie saak hoe hard ek sou probeer nie, ek kon nie ’n ma én ’n pa wees nie. Sekere dele van ’n kind se persoonlikheid ontwikkel net in die teenwoordigheid van ’n ouer van die teenoorgestelde geslag. Die helfte van elke kind is verstrengel in sy of haar pa se menswees.

“My besluit om die kinders se band met hul pa te ondersteun, het bepaal hoe ek die finansiële vraagstuk, my verhouding met my eksman en sy benadering tot die kinders sou hanteer.”

Lees ook: Egskeiding: kinders vir die naweek

Die uitdagings

Reinette was by ’n prokureur oor die onderhoudskwessie. “Hy het gesê die uitkoms van ’n hofsaak sou afhang van die landdros of regter wat die saak hanteer. Ek het besluit verhoudings is belangriker as geld. As my eksman nie uit vrye wil meer wou bydra nie, sou dwang hom net met wrewel vul en my én die  kinders se verhouding met hom versuur. Ek sou maniere moes uitwerk om te oorleef.

“In die jare voor ek weer begin werk het, was my lewe ’n sprekende voorbeeld van die weduwee in die Bybel se kruik. Met ’n inkomste van R1 500 per maand was daar baie keer feitlik niks in die huis nie – en ’n ruk later was daar skielik weer iets.

“Die kontras tussen my en my eks se huise het seer gemaak. Hy is welaf, en die kinders het soms opmerkings gemaak, soos ‘nou’s ons weer in die arm huis waar daar net Weet-Bix vir ontbyt is.’ Dan moes ek op my tande byt en sê dat Weet-Bix gelukkig baie gesond is!

“Ek het gestreef na ’n goeie verhouding met die kinders se pa.”

“Ek het my voorgeneem om nooit voor hulle te laat blyk dat hy geld weerhou, of ’n ander negatiewe opmerking te maak nie. As hulle ongemaklike vrae gevra het, het ek die negatiewe onderspeel. Vandag het hulle waardering daarvoor.

“Ek was verdraagsaam en akkommoderend teenoor hom. Ek glo nie hy het ooit besef hóé akkommoderend nie! Die kinders het goed presteer en ek het hom altyd na die prysuitdelings genooi. Ek twyfel of mense enige spanning tussen ons gemerk het.

“’n Radioprogram het my ’n waardevolle insig gegee. ’n Geskeide man het gesê hy moes leer om ’n onderskeid te tref tussen die vrou met wie hy voorheen in ’n huweliksverhouding was en die ma van sy kinders. Hy moes sy wrewel teenoor die vrou wat hy vroeër bemin het, laat vaar, en haar in ’n positiewe lig sien as sy kinders se ma.

“Om hierdie twee komponente van mekaar te kon onderskei, het my vrygemaak. My wond was gekoppel aan die ‘man’, nie aan die ‘pa’ nie.”

“Ek kon niks verloor as my kinders lekker tye met hom beleef nie. Inteendeel – jy wen as jou kinders hul geheuebanke met goeie ervarings soos vakansies en gelukkige tye saam met hul pa kan vul.”

“Ek praat dikwels met ma’s wat ’n pa van sy kinders wil weghou omdat hulle kritiek het teen die manier waarop hy hulle hanteer. ’n Pa se verhouding met sy kinders hoef nie volmaak te wees nie. Dit is wat dit is – al kyk die pa finansiële, emosionele of ander behoeftes van die kinders mis. Die uitsondering is verwaarlosing of mishandeling; in sulke gevalle moet kontak onmiddellik gestaak word.

“As jy verskil van die manier waar die pa jul kinders behandel, moet jy dit opweeg teen hul behoefte aan en liefde vir hul pa. Dit verg geweldige volwassenheid om die dinge waarmee jy nie saamstem nie, te aanvaar. As hy byvoorbeeld DVD’s uitneem sonder om hom aan die ouderdomsperk te steur, kan jy vra: ‘Wat van die ouderdomsperk?’

“As hy nie gehoor gee nie, berus die verantwoordelikheid by jou om die kind te begelei. Dit maak jou lam, en dit verdubbel jou las! Jy moet deurgaans fyn oplet omdat kinders nie noodwendig kan sê wat skeefloop of wat hulle hinder nie. Jy moet noukeurig na hulle luister sonder om op die ander ouer te spioeneer.

“In my kinders se grootwordjare was daar ook groter sake wat my laat wéns het my eks het dit anders hanteer. Maar as jy mooi daaroor dink, ervaar selfs kinders in ‘gewone’ gesinne frustrasie. Pynlike goed gebeur. Dit vorm ons. My kinders het soveel swaar deurgemaak, maar dit het die mooiste eienskappe in hulle na vore laat kom. Vandag is hulle besonderse mense.”

Lees ook: Egskeiding hoef jou nie te breek nie

Op die ou end

Reinette voel sy kan nie vir enigiets krediet neem nie. “As ek iets reg gedoen het, was dit omdat ek die genade gekry het om te hoor wat reg was en dit gedoen het. Soms het ek die Here gehoor, maar dit nie deurgevoer nie. My agtergrond as maatskaplike werker het ook in my guns getel.

“Die helingsproses van ’n vrou in dié omstandighede is baie belangrik. Wanneer ’n man jou verlaat, ervaar jy die pyn van verwerping. Dan is dit maklik om die leuen te glo dat jy van die begin af nie goed genoeg was nie. Die waarheid is dat jy slegs in die oë van een mens tekortkominge gehad het – daardie situasie definieer jou nie.

“Jy moet doelbewus daaraan werk om jou eiewaarde te herontdek. Vind weer die goeie in jouself en gee erkenning daaraan.”

“Dit neem tyd, maar hoe meer jy aktief daarop fokus, hoe meer kom dit na vore. Sorg ook dat jy rus kry wanneer jou kinders dalk ’n naweek by hul pa is. Dit verg baie van ’n enkelouer om kinders alleen groot te maak.”

Reinette beveel aan dat enkelouers by ’n sielkundige of maatskaplike werker hulp kry. “Iemand wat onpartydig en opgelei is, kan jou help om die groter prentjie raak te sien en deur mediasie baie doen om die ouers se insig te verbreed wat tot die beste besluite vir die kinders sal lei.

“Toe ek voor ’n berg gestaan het,” sê Reinette, “het ek die genade gekry om te klim en te klim. Ek het geweet dat ek een of ander tyd bo sou kom en met die grootste dankbaarheid ’n wonderlike gesig sou beleef.”

Lees ook: Jou kind en egskeiding

The post Egskeiding: Hou ’n oop deur vir Pa appeared first on rooi rose.

Help jou kind dié oorgange baasraak
Help jou kind dié oorgange baasraak deur Mariette Snyman. Foto’s Pexels

Wanneer ’n kind die eerste keer “groot skool” toe gaan, in graad 8 deur die hoërskool se hekke stap, of ná skool begin werk of studeer, maak ons ’n ophef daarvan. Ons begryp watter aanpassing dit verg en probeer help waar ons kan.

“Dis egter nie die enigste groot spronge wat ’n kind moet maak nie,” sê dr. Lorna Geer, voorligtingsielkundige van Centurion. “Sommige oorgange is minder ooglopend.”

Die belangrikste oorgange

Lorna beskryf elke oorgang en die uitdagings wat dit inhou:

Wanneer kinders dagsorg of kleuterskool toe gaan, bring hulle skielik ’n groot deel van hul dag buite die ouerhuis deur – sonder die ouers en saam met ander volwassenes en kinders. Dit kan ’n uitdaging wees, maar dis gewoonlik in ’n kleinerige omgewing met min veranderlikes, en die losmaakproses vind in kleiner en gekontroleerde stappe plaas. Die oorbeweeg na laerskool word vergemaklik omdat die kind reeds ’n mate van impulsbeheer, onafhanklikheid van die ouers en sosiale vaardighede aangeleer het, maar dis steeds ’n gróót stap vanuit ’n bekende en veilige omgewing na ’n onbekende en baie groter skoolomgewing.

Die oorgang van gr. R na gr. 1 behels ’n skuif van informele na formele onderrig. In gr. R leer kinders speel-speel, en beweging speel ’n groot rol. In gr. 1 moet hulle lang tye stil en regop sit. Party kinders se liggaamspiere is nog nie voldoende ontwikkel nie – hulle was dalk “TV-kinders”, eerder as “klim-en-klouterkinders”. In gr. 1 kan hulle nie meer op hul arms lê as hulle moeg word nie en daar is minder rustyd ingebou.

Die oorgang van gr. 3 na gr. 4 is baie groot. Kinders begin die eerste keer klasse wissel. Instede van een juffrou en enkele vakke het hulle baie vakke en verskillende onderwysers. Boonop moet hulle toets en eksamen skryf – terwyl hulle teen tyd werk.

“In die wiskunde- en wetenskap-mentorskapprogram waarby ek betrokke is, moet wiskunde-angs baie keer aangespreek word. Keer op keer kom ons agter hoërskoolleerders se wiskunde-angs het reeds in gr. 4 ontstaan.

“Gr. 4 is ’n moeilike jaar, vergelykbaar met kinders in gr. 11 se ervaring, maar jong kinders kan hul swaarkry nog nie verwoord nie. Dit kan in maagpyn, huil- en woedebuie na vore kom. Ouers besef nie altyd die oorsaak van hierdie gedrag is angstigheid oor die eise wat aan die kind gestel word nie.

“Vir ouers is gr. 4 ook ’n uitdaging; die hoeveelheid huiswerk neem skielik toe. Ouers spring dikwels in en help huiswerk doen indien die kind nog nie gereed is om dit te hanteer nie. Jy kan dit makliker maak deur jou kind te leer organiseer. Wys haar hoe ’n kalender, dagboek en klasrooster werk. Help om  toetsdatums, projekte, opdragte en take op die kalender aan te teken. Organiseer vakke op haar klasrooster volgens kleur. Ken afsonderlike kleure aan vakke toe en gebruik plastiekomslae met gekleurde kartonne vir elke vak se dokumente en opdragte. Leer jou kind om saans haar skooltas met die boeke volgens die volgende dag se rooster te pak.

As kinders hoërskool toe gaan, betree hulle weer ’n onbekende omgewing met ’n nuwe kultuur. Die gr. 7-seniors word nou die juniors in gr. 8. In my praktyk sien ek dikwels gr. 8-leerders wat swak lees en nie die werk kan baasraak nie. As ouers help deur byvoorbeeld die werk op te som sodat die kind net die opsomming kan leer, doen hulle hul kind geen guns nie. Die leesprobleem moet aandag kry, anders sneeubal die probleem wanneer die kind in gr. 10 kom.

“Adolessensie is die tyd wanneer verhoudings en hegte vriendskappe belangriker raak as die volwassenes in die kind se lewe. As ’n romantiese of vriendskapsverhouding skeef loop en die kind nie die nodige emosionele veerkrag het nie, beïnvloed dit sy of haar skoolwerk. Dis van toepassing op kinders se hele hoërskoolloopbaan en geld ook emosionele of ander probleme tuis. (hier kan jy Verstaan jou tiener se streke link)

Lees ook: 10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet sê nie

Die sprong van gr. 9 na gr.10, met keusevakke en weekliks meer periodes in elke vak, stel sy eie uitdagings. Die hoeveelheid werk en die diepte waarmee dit behandel word, neem aansienlik toe.

“In syfervakke soos wiskunde en wetenskap is die boustene wat nou gelê word van die grootste belang. As die bouwerk nie stewig is en bly nie, vou alles. Die nodige boustene moet in plek wees voor nuwe kennis daarop kan bou. Daarby moet kennis georden word voor dit geleer kan word. Die leerder moet die werk verstaan sodat sy verbande kan trek en dit in haar langtermyngeheue kan stoor, anders word dit sonder insig gememoriseer. Die getroue voltooiing van huiswerk – mét die nodige begrip – speel hier ’n groot rol.

“Vroeër kon leemtes in kinders se onderbou nog ingehaal word, maar vanaf gr. 10 verander die landskap. Weens tydsdruk kan onderwysers ’n stuk werk net een keer verduidelik, en nie vorige werk herhaal nie.

“Leerders wat nie aan die intensiteit van die werk gewoond is nie en swak studiegewoontes het, soos om slegs voor ’n toets of eksamenvraestel te wil leer,  verstaan soms binne twee weke nie meer ’n snars van wat in die wiskunde- of wetenskapklas gesê word nie. Ouers reël ekstra klasse, en dis goed, maar normaalweg word net die dag se werk in die klasse behandel. Daar is nie tyd om terug te gaan en gapings in die kind se kennis te vul nie.

“Baie kinders skuif in gr. 10 van gewone wiskunde na wiskundige geletterdheid omdat hulle agter geraak het, of laat wetenskap staan en neem ’n ander vak. (Leerders kan nie wetenskap saam met wiskundige geletterdheid neem nie.)

“Ouers moet ook bewus wees van disculculia of wiskundige disleksie. Dit raak veral woordsomme en opdragte wat in woorde omskryf word. Hoewel daar onsekerheid oor die oorsaak is, is daar ook ’n duidelike genetiese tendens. ’n Opvoedkundige sielkundige kan dit deur assessering vasstel en die kind na die nodige kenners verwys.

Die ingrypendste skuif is seker van gr. 10 na gr. 11. Die werk in gr. 11 bou voort op die basis wat in gr. 10 gevestig is, en weer eens verdubbel die hoeveelheid werk. Gr. 11 en 12 vorm ’n eenheid. Normaalweg skryf die meeste matrieks in Juniemaand oor al die werk (insluitend dié van gr.11). Dan gaan hulle vir ’n kort rukkie terug skool toe, en dan kom die rekord- en eindeksamen.

“In gr. 11 pas ouers en onderwysers boonop druk op leerders toe om te presteer vir keuring en toelating tot tersiêre inrigtings. Leiers word verkies, wat tot talle kinders se stresvlakke bydra.”

Lees ook: Tieners en stilstuipe

Hoe maak ek my kind vir die verskillende oorgange gereed?

Studiemetodes

“Ouers moet seker maak hul kind se studiemetodes is geskik vir die vak en vir haar leerstyl. Studiemetodes vir die syferkundige vakke soos wiskunde, wetenskap en rekeningkunde verskil dramaties van dié vir leervakke. Wanneer leerders dit soos leervakke aanpak en net wil “opsom” en memoriseer, raak hulle vinnig agter.

“In my ervaring is die begin van gr. 10 ’n goeie tyd om die regte studiemetodies te leer – tot aan die einde van gr. 9 verg wiskunde en wetenskap baie memorisering, maar dan verander dit. ’n Leerder moet kan onderskei tussen wat gememoriseer moet word en wanneer insig vereis word. Ou vraestelle is baie handig, maar nie net gou-gou voor ’n toets of ’n eksamen nie! Kinders moet tyd hê om na te dink oor hoe die werk gevra word. Wiskunde en wetenskap gaan oor patrone. Ou vraestelle kan jou wys watter aspekte aan mekaar gekoppel word en help om patrone te herken.”

Tydsbeplanning

“Leerders wat gewoond is om tot in gr. 9 nie in die klas op te let nie en net voor ’n toets of eksamen wil inhaal en leer, ontwikkel vanaf gr. 10 maklik ’n agterstand – selfs al is hulle intelligent, met ’n goeie geheue. Kinders moet die dissipline aankweek om smiddae ná skool te eet en ’n bietjie te rus, en dan begin huiswerktyd. Sosiale media, die TV en games moet eers wag. As daar buitemuurse aktiwiteite is, verskuif huiswerktyd net. Kinders moet seker maak hulle verstaan die dag se werk vóór hulle hul huiswerk afhandel. As hulle iets nie begryp nie, moet hulle vroegtydig hulp soek sodat hulle insigvrae ook kan beantwoord.

“In die algemeen is dit nie lekker om te studeer nie, en ’n studieroetine help jou om op jou tande te byt. Ouers kan nie te vroeg begin om ’n roetine te vestig nie. Van kleins af moet ’n kind weet: nou eet ons, en so laat is dit slaaptyd. Later sluit die studiegewoonte bloot hierby aan.”

Herhaling

“Die grootste fout wat ’n kind kan maak, is om nooit te leer nie. Die tweede grootste fout is om die dag voor die toets of eksamen te begin leer. Dit neem tyd en herhaling om inligting vanaf die korttermyngeheue na die langtermyngeheue oor te plaas.

“Navorsingsresultate wys ons vergeet ongeveer 70% van alle inligting binne 24 uur, en 90% binne ’n week – herhaling help dit voorkom. Maar om iets tien keer na mekaar te herhaal, is nie doeltreffend nie. Doen eerder twee dae lank elke dag twee herhalings, nog een ’n week later en dan ’n herhaling net voor die toets.”

Gapings in onderbou

“Gapings in onderbou kan ontstaan wanneer onderrig ontoereikend was of weens ander oorsake, soos wanneer ’n sensories en/of emosioneel sensitiewe kind “toeslaan” omdat die onderwyser baie kwaai is of op die kinders skree. Gapings moet geïdentifiseer en herstel word voordat nuwe werk verstaan en onthou kan word.”

Vroeë opsporing van probleme

“Kinders het die beste kans wanneer onderwysers reeds ná drie maande in gr.1 agterkom dat hy of sy met wiskunde, spel of lees sukkel. Hindernisse in wiskunde, soos spesifieke agterstande, disleksie of diskalkulie, kan geïdentifiseer word deur ’n diagnostiese toetsie in gr. 3 te doen en die kind se skoolwerk te analiseer. Tydige hulp voorkom dat kinders in gr. 4 uitsak indien die basiese boublokke nie vasgelê is nie. Sekere opvoedkundige sielkundiges fokus hierop.”

Hegte vriendskappe

Hegte vriendskappe verhoog ’n kind se selfbeeld en beskerm ’n tiener teen gevoelens van depressie. Vriendskappe waarin kinders gesien word vir wie hulle werklik is, is waardevoller as die aantal vriende. Tydens adolessensie is goeie vriende dikwels belangriker as volwassenes om die kind deur ’n moeilike tyd te help, veral ná ’n stresvolle gebeurtenis, soos om ’n toets te druip. Aan die ander kant voel dit vir ’n tiener na die einde van hul wêreld as hierdie vriendskappe skipbreuk ly.”

Lees ook: Speel-speel skoolgereed

The post Help jou kind dié oorgange baasraak appeared first on rooi rose.

Jy mág sê jy’s mooi
Deur Salomé Delport. Hooffoto: Pixabay

Vormrealisme. So word hierdie nuwe neiging genoem waarvolgens modelle van alle vorms en groottes in modefoto’s of modeparades gebruik word. Plusgrootte, kortetjies, modelle met Downsindroom en selfs dié met geskende gesigte gly swierig oor die loopplanke. En ons is superbly dat vormidealisme – die supermodel as fisieke rolmodel – uiteindelik ’n bietjie getem word.

Maar hoe lyk die werklikheid in ons eie lewe? As jy in jou skamele swemkleertjies staan, kraak jy jouself af, of kry jy dit reg om jou eie soort diversiteit te vier? Hier is ses kopskuifgedagtes vir elkeen wat met ’n gesonde liggaamsbeeld sukkel … en dis nou al 95% van ons.

Moenie dat jou kop jou lyf boelie nie

Ons is almal elke wakker oomblik van ons dag besig met ’n interne gesprek, sê Richard Carlson, skrywer van Stop Thinking, Start Living. Die probleem is dat ons onsself onvoorwaardelik glo – ook oor hoe ver ons lyf tekort skiet. Lyfliefde begin juis met ons eie selfkonsep – by daardie manier waarop ons oor ons lyf dink. Wees bewus van jou denkpatrone en kyk of jy jouself meer dikwels vertel jy is mooi, of is dit andersom?

Lees ook: Stres minder – kyk na dié 6 denkpatrone

Jy mag ook sê jy is mooi

Sê jy vir jouself jy is mooi? Gereeld. Daagliks. Élke keer wanneer jy bad, aantrek, grimering aansit, hare kam of in die spieël kyk? Dat jy hou van jou oë, jou hare, jou velkleur? Sónder om ’n voorwaarde by te voeg, soos “al is my bene te dik”. Gee opregte, waarderende erkenning aan al jou pluspunte.

Lees ook: 70 topwenke vir geluk

Vier jou uniekheid

Hmm, ja, wel … maar wat van my pap bo-arms, vetrolle en selluliet? ’n Gesonde liggaamsbeeld gaan nie oor perfek wees nie. Die punt is dat dit oukei is as jy skraal of oorgewig is, want of jy lank of kort is, selluliet het of nie, met plooie of ’n gladde vel sit, bepaal geensins wie jy is nie. Eintlik maak elkeen van jou “onvolmaakthede” jou uniek.

Ons ontwikkel nie lyfliefde omdat ons perfekte lywe het nie. Dit ontwikkel wanneer ons hierdie lyf wat ons het, liefkry.

Lees ook: Totsiens selluliet, hallo kurwes

Koppel eiewaarde aan talente, bydraes en suksesse

Moenie toelaat dat jou eiewaarde gekoppel word aan ander mense se terugvoer oor jou voorkoms nie. Jy is oukei soos jy ís, nie omdat jy sus of so lyk nie. Jy is oukei oor alles wat jy tot die mensdom bydra.

Een van die diep gewortelde persepsies wêreldwyd is dat skoonheid op sigself eiewaarde impliseer – van ydelheid, domheid, oppervlakkigheid en losse sedes aan die negatiewe kant tot reinheid, fluksheid, eerlikheid en diepte aan die positiewe kant. Nugter gesien is dit mos skone onsin dat ’n mooi neus enigsins iets met jou vermoëns of ingesteldheid te make het.

Lees ook: Skep ’n sterk selfbeeld

Wees lyfpositief om jou dogter se onthalwe

Dogtertjies haat nie sommer vanself hul lyfies nie. Hulle leer dit uit ons eie houding teenoor ons lyf. Waarskynlik het jy ook nie grootgeword met die konsep dat jy van jou lyf mag hou nie. Soos Kate Winslet dit stel: “As kind het ek nooit iemand hoor sê, ‘Ek is trots op my lyf’ nie, nie my ma of my suster of my beste maats nie. Daarom sê ek dit gereeld vir my dogter, want ’n positiewe, fisieke lyfbeeld moet op ’n baie jong ouderdom vasgelê word.”

Lees ook: Hoe ek vrede gemaak het met my lyf

Wees lyfpositief teenoor ander

Moenie aan lyfafkrakery deelneem nie. Vermy opmerkings soos: “Haar sitvlak is yslik … sy het donderdye … sy is gans te vet om daardie rok te dra … kyk na dié of daardie rolprentster se selluliet.” Dié soort praatjies word die sweep waarmee jy jouself diep sny.

Lees ook: Etiket – waar’s jou maniere?

Wat glo jy van jou?

Ek het nie geweet ek het ’n negatiewe liggaamsbeeld nie – ek dog ek is vet.

Ek het nie geweet ek sukkel weens lyfafknouery nie – ek dog ek het ’n swak selfbeeld.

Ek het nie geweet die volmaakte lyf is nie die norm nie – ek dog ek is ’n mislukking.

– Mindy Kaling van die reeks The Mindy Project

The post Jy mág sê jy’s mooi appeared first on rooi rose.

Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet
Drank is groot by optredes en musiekfeeste – van Liefde by die dam tot Plett Rage. Noem maar op.

Volgens die Wits School of Public Health drink 12% van kinders jonger as 13. Narconon sê 35% van ons tieners drink en 29% van ons tieners binge. Drankvergrype is die skadelikste vir die brein – spesifiek vir die tienerbrein wat nou sy finale ontwikkeling deurgaan.

Ons volwassenes stel geen voorbeeld nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beskou ons as ’n land van harde drinkers met van die hoogste drankverbruik ter wêreld, gemiddeld 12 bottels wyn per persoon per maand, of 3 bottels per week. Dit werk uit op 18 glasies per week. Die grens vir veilige gebruik is een glasie per dag vir vroue en twee vir mans, of 7 en 14 per week, of sowat vier bottels per maand vir ’n vrou en agt vir ’n man.

Die WGO gee ons 4/5 vir binge drinking, wat beskryf word as die aantal mense wat gereeld vyf of meer glase wyn (mans) of drie (vroue) per sitting drink. Drie? Ja, drie is binge.

Boonop is drank goedkoop en vrylik beskikbaar. Tieners wat nie saans kan of mag uitgaan nie, kan nog altyd “dagdronk” raak, omdat jy dit “verdien”, want jy werk so hard.

Ons tieners is in ’n rillersituasie. ’n Mens kan hulle eintlik nie verkwalik dat hulle te onervare en ontoegerus is om die druk te hanteer nie.

Keer of leer slukkies hulle?

Die meeste van ons drink gesond. Maar hoe leer jy dit vir jou kind? Wat sê dit as jy vir jou 16-jarige ’n drankie aanbied? Klein glasies skink vir die jonger kinders by Kersete? Kleintjies ’n slukkie van jou eie drankie gee? Stel jy ’n voorbeeld van hoe gesonde drankgebruik lyk, of leer jy jou kind drink?

Daar is heelwat navorsing oor die effek van kinders se eerste kennismaking met drank op hul drinkgedrag. Party wys dit het min effek; ander ondersoeke wys dit laat tieners gouer vorder na vol drankies en dat tieners wat vol drankies gebruik meer dikwels drankprobleme ontwikkel.

So wys ’n 2015-ondersoek van die Universiteit van Pittsburgh dat kinders wat van jongs af saam “proe” waarskynlik teen graad 9 al dronk was, selfs al is kinders van ouers wat probleemdrinkers is van die ondersoek uitgesluit.

Tertius Cronjé, direkteur van korporatiewe dienste by SANRA, sê die belangrikste boodskap wat jy aan jou tiener oordra, lê in jou eie houding teenoor drank. “As jy tevrede is met die manier hoe jy drink (nie wat jy sê nie maar wat jy dóén), hoef jy jou gewoonlik nie te bekommer nie. Maar oppas as drank die fokus van jou sosiale omgang is. As jy swymel oor ’n bottel rooiwyn, leer jou kind wyn is uiters belangrik en waardevol. As jy saans of by elke viering aankondig hoe bly jy is dis drinktyd, leer jou kind ontspanning, vriendskap en familiebande gaan eintlik oor drankies.

“Wees veral versigtig hiermee as daar depressie of alkoholisme in jou familie voorkom. Dit kan ’n genetiese basis hê, wat beteken dat jou kind ook meer vatbaar vir alkoholisme as ander kinders is.”

Ondanks jou goeie voorbeeld gaan jou kind nogtans met die volgende te make kry.

Ek kan ’n bottel ‘Down’

Dit is iets waaroor party tieners spog: hulle drink ’n bottel brandewyn uit en kom niks oor nie.

Dit is ’n illusie, sê Tertius. “Dit voel dalk vir ’n uur of twee so maar die feit is dat die effek van die alkohol álmal ná ’n paar ure oorval.

“Dink aan jou maag as ’n sak met twee kleppe – een waarby kos ingaan en een waar kos na die derms uitgaan. Gewoonlik open die dermkleppie (piloris) sowat vier uur ná jy geëet of gedrink het. As jy vinnig drink, met ander woorde ’n bottel wyn uitdrink asof dit drie glase koeldrank is, bly dit aanvanklik alles in jou maag. Net ’n bietjie word deur die maagwand opgeneem en jy ervaar min effekte. Maar alkohol is ’n spierverslapper en ná sowat twee, drie uur is genoeg opgeneem dat die spiere begin ontspan, onder meer die pilorisklep. Nou stort al die drank op een slag in die dermkanaal. Jou dermkanaal het ’n oppervlak van 30-40m². Dit is so groot soos ses, sewe parkeerplekke. Die alkohol word nou oor hierdie groot oppervlak opgeneem. Dit gaan gou. Daarom sien jy dat iemand een oomblik nog heel nugter is en ’n paar minute later stormdronk is.

“Die persepsie dat jy ‘kan drink’ is uiters gevaarlik. Dit laat toe dat jy glo jy is nugter. Jy drink dus verder. Of jy dink jy is nugter genoeg om te bestuur, en word op pad oorval.

“Die ergste is dat al hou jy op drink, bly die alkohol nog ure lank skade doen aan jou brein. As die drank eers in jou dermkanaal is, kan jy heeltemal niks doen om dit te neutraliseer nie. Selfs in die hospitaal kan hulle maar net sorg dat jy bly leef.”

Wat dan van jou “lewerpilletjies” wat jou lewer ondersteun?

“Jou lewer is soos ’n padtonnel wat net een motor elke twee uur deurlaat. Dit kan net een drankie in twee uur afbreek. Dit is ’n vaste metaboliese tempo en geld álmal. Met ander woorde dit neem almal twintig uur om ’n bottel brandewyn (sowat twintig sopies) uit die gestel uit te werk. Jy is amper ’n dag lank ’n magtelose toeskouer wat kyk hoe stukkies van jou brein doodgaan.”

‘Johnny is nie dood nie, hy’s net uitge-pass’

As jy mooi luister na dié liedjie van Koos Kombuis hoor jy Johnny is toe dood. Dit is ’n baie werklike risiko.

Tertius verduidelik dat alkohol die sentrale senuweestelsel onderdruk (verlam) en dus ook jou onwillekeurige spiere, soos jou hartspier wat jou hart aan die klop hou en jou diafragma wat jou outomaties laat asemhaal.

“Mense wat te veel gedrink het, lyk net ‘uitge-pass’ maar is in werklikheid op daardie oomblik aan die sterf. Dit gebeur reg tussen hul maats, wat nie weet wat die tekens van alkoholsterfte is nie. Dit kom meisies selfs makliker oor.”

Wat is die tekens? En wat moet jy doen?

“Hy raak blouerig om die mond – jy sal dit nie sommer in ’n donkerige kuierplek raaksien nie. Sy vel sal koud en klam voel en hy is pap en slaperig. Braking is ’n verdere risiko, want hy kan verstik aangesien sy slukspiere verlam is. Die finale fase is wanneer hulle ophou asemhaal en/of as die hart ophou klop.

“Dit is ’n mediese noodgeval. Moenie tyd mors om hom te probeer bykry of iets soos koffie in te gee nie. Hy moet dadelik hospitaal toe. Onmiddellik.

“Kry hom in die motor, laat hom op sy sy lê, sorg dat hy warm is en jaag hospitaal toe. Probeer intussen sy hart masseer en maak seker dat hy bly asemhaal. Doen mond-tot-mond asemhaling as hy ophou asemhaal.”

Skemerkelkie-uur

Baie mense kan nie happy hour-winskopies weerstaan nie. Maar goedkoop is duurkoop. Die slu kuierplekke hoop jy val vas en koop die res van die aand duur drank.

Drinkspeletjies

Waar drank goedkoop is, is drinkspeletjies aan die orde van die dag, waarvan die arsenaal oneindig is, sê Tertius.

“Drinkspeletjies is almal op drie konsepte gegrond: vinnige besluite en/of goeie oog-hand-koördinasie en/of vinnige reaksietyd. Drank verswak aldrie. Jy kan nie anders as om te fouteer nie, en moet drink vir jou straf, waarna jy meer fouteer en meer moet drink … hoe dom kan ’n mens wees?

“Vir tieners gaan dit ook oor die kameraderie – daardie ritueel van bonding. Hulle dink dit is age appropriate. Hulle glo dit gee hulle straatstatus. Die meisies wat saamspeel, is nie ‘koeke’ nie en die seuns spog met hul ‘prestasies’.

“Maar dink net vir ’n oomblik na oor wat jy nou eintlik bewys? Dat jy ‘beter dronk’ is as ander? Dit maak jou nie ouliker, mooier, manliker of beter nie. Dit is ’n nie-prestasie.”

Lees ook: Bou of breek jy jou kind se selfbeeld?

The post Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet appeared first on rooi rose.

Geskei: alleen op Kersdag
Geskei: alleen op Kersdag deur Sinta Ebersohn. Versorg deur Mariette Snyman. Foto pexels

Aanvaar dit

Dis vir seker nie ideaal nie, maar dis die realiteit van geskei wees. Jy kan tob oor alles wat jy verloor het, of dit sien as ’n ruim geleentheid om positiewe veranderinge te maak, jouself te hernu, en ’n geseënde toekoms tegemoet te gaan. Leer jou kinders om veerkragtig te wees en probeer uitsien na ’n nuwe wyse om Kersfees te vier.

Lees ook: Die ander nadraai van egskeiding

Laat vaar die skuldgevoelens

Dis onnodig om al die blaam vir die huidige situasie op jou skouers te laai (of op dié van jou eks.) Julle skeiding of egskeiding het julle lewens onweerlegbaar verander, en dis in orde so. Vergewe jouself (en jou eks) vir die foute wat julle gemaak het, en beweeg vorentoe – met entoesiasme, as jy kan. Om op skuldgevoelens te fokus is regtig nie ’n goeie manier om die feestyd te benader nie.

Lees ook: Etiket vir funksies wat jy en jou eks moet bywoon

Hou vas aan die gees van Kersfees

Hou die doelstelling en betekenis van Kersfees in gedagte. Fokus daarop om ’n houding van versoening, vergifnis en genade te weerspieël. Leef jou persoonlike oortuigings uit en vier die rituele wat jou aanspreek sonder inhibisies, maar hanteer jou eks en sy  mense se oortuigings en rituele ook met respek. Stel ’n goeie voorbeeld vir jou kinders; hulle vier ook Kersfees, en hulle vier dit boonop sonder jou.

Lees ook: Maak self ’n Kerskrans

Bring die dag deur met dinge of aktiwiteite waarvan jy hou

Minimaliseer die druk

Laat vaar die druk wat jy altyd op jouself geplaas het om die feestyd ’n besonderse geleentheid vir almal te maak. Die verantwoordelikheid rus nie slegs op jou skouers nie. Afhangende van jou kinders se ouderdomme, kan jy hulle aanmoedig om self iets te doen om die feestyd spesiaal te maak. Elke lid van die familie speel ’n rol in die feesvierings.

Lees ook: Egskeiding hoef jou nie te breek nie

Geniet dit om op jou eie te wees

Hanteer jouself met deernis en begrip, en hou jou emosionele toestand in gedagte wanneer jy besluit hoe om die dag deur te bring. Moet jouself nie dwing om iets te doen of iewers te wees as jy nie daarmee gemaklik is nie. Bring die dag liewer deur met dinge of aktiwiteite waarvan jy hou – dalk selfs op ’n manier wat nie moontlik is wanneer die kinders by jou is nie. ’n Bietjie kwaliteittyd in jou eie geselskap en genoeg rus kan jou batterye vir die nuwe jaar herlaai.

Lees ook: Leëstoel-Kersfees

Hou op om vir jou eks verantwoordelik te voel

Jy is nie verantwoordelik vir die manier waarop jou eks die reëlings in die feestyd hanteer nie. Al voel jy jou eks se benadering is onbedagsaam, kwaadwillig of selfs doelbewus kwetsend, help dit nie jy buig agteroor om daarvoor te probeer vergoed nie. Elke ouer moet ’n afsonderlike lewe leef, en die kinders moet op ’n realistiese wyse by die verskille aanpas. Jy het geen beheer oor hoe jou kinders Kersfees saam met hulle ander ouer deurbring nie.

Lees ook: Egskeiding: Kinders vir die naweek

Skep nuwe Kerstradisies saam met jou kinders

Moenie ’n las op jou kinders lê nie

Hoe aaklig jou vooruitsigte vir die Kerstyd mag wees, en hoe jy ookal daarteen opsien, mag jy nie jou kinders met jou pyn opsaal nie. Hulle kan nie suksesvol by die situasie aanpas en Kersfees geniet as hulle skuldig voel omdat jy alleen is, of as hulle vir jou jammer voel omdat hulle nie by jou is nie. Dit doen hulle ook glad nie goed om heeltyd oor jou te bekommer nie. Stel hulle vry van die verantwoordelikheid wat hulle mag voel, en moedig hulle aan om Kersfees te geniet.  As jy die verligting in hul oë sien, sal jy al klaar beter voel!

Lees ook: Egskeiding: Salf teen die seer

Jou kind en egskeiding

Wees prakties

Skep nuwe Kerstradisies saam met jou kinders en vier Kersfees voor of na hulle terugkeer. Beplan vooruit om seker te maak jy het iewers om heen te gaan indien jy nie alleen wil wees nie. Reël vooraf hoe jy hulle gaan kontak en ’n geseënde Kersfees toewens, waar hulle ookal gaan wees. As jy en jou eks ’n goeie verhouding het en indien julle onderskeie gesinne daarmee gemaklik is, kan julle Kersfees saam deurbring.

Lees ook: Hou ’n oop deur vir pa

The post Geskei: alleen op Kersdag appeared first on rooi rose.

Geskei: etiket vir funksies
Geskei: etiket vir funksies versorg deur Mariette Snyman.

Wanneer ’n huwelik ontbind, beteken dit nie die einde van gesamentlike ouerskap nie. As julle maniere kan vind om oor die weg te kom, tel dit in jul kind se guns.

Indien jy na ’n geleentheid genooi word waar jul kind graag albei ouers teenwoordig sou wou hê, is dit jou kans om negatiewe gevoelens opsy te skuif en die dag vir jou kind lekker te maak.

Moet ek gaan, of nie?

Die uitdagings verbonde aan ’n egskeiding en ’n nuwe opset – wat ’n hertroue en ’n nuwe, saamgestelde gesin kan insluit – is al klaar groot, sonder dat ’n kind hom of haar nog oor ouers se bywoning of samewerking moet bekommer. Kan jy enige wrokkigheid tydelik begrawe en onselfsugtige volwassenheid aan die dag lê? Dink mooi of dit nodig is om daarop aan te dring om jou nuwe maat saam te bring, of om nukkerig weg te bly.

Lees ook: Jou kind en egskeiding

Fokus op jou kind

Jou kind is tien teen een opgewonde én senuweeagtig oor hierdie groot dag. Moenie die dag met jou angstigheid bederf of die kollig probeer steel nie. Hanteer dit met grasie en verswyg jou bedenkinge. Stel jou kind voorop.

Lees ook: Die ander nadraai van egskeiding

Plasings

Dit word algemeen aanvaar dat kinders hul ouers eerder “gelukkig apart” wil sien as sielsongelukkig saam. As jy tydens ’n geleentheid bereid is om by jou eks te sit, kan jy die ongemaklike stiltes vul deur oor koeitjies en kalfies te gesels. Vermy onderwerpe wat tot konflik kan lei.

As julle mekaar nie kan uitstaan nie, fokus eerder op jou kind en die doel van die funksie. Hou jouself besig en moenie bekommer oor waar of saam met wie jou eks is nie. As jou kind die geleentheid organiseer, is dit verstandig om die sitplekplasings aan hom of haar oor te laat en daarby in te val.

Lees ook: Egskeiding: Hou ’n oop deur vir pa

Moenie die dag met jou angstigheid bederf of die kollig probeer steel nie

Maak dit makliker

Oorweeg dit om ’n paar familielede of vriende saam te neem sodat jy geselskap het. ’n Bekende groep verseker genotvolle interaksie en minder ongemaklike oomblikke. Moet egter nie geswore vyande saamgooi nie; kies mense wat die gees van die dag respekteer en daartoe sal bydra.

Lees ook: 10 wenke wanneer jy skei

Beperk jou en jou eks se kontak/tyd

As daar van julle verwag word om langs mekaar te sit, kan jy aanbied om vroeg te gaan en plek te hou. Dan kan jou eks arriveer net voor die verrigtinge begin. Dit verminder die kans op verleentheid. As dit moontlik is, soos wanneer ’n skoolkonsert meer as een keer aangebied word, kan julle op verskillende tye gaan of plek in verskillende rye bespreek.

Lees ook: Egskeiding: Salf teen die seer

Beplan deeglik

Maak dit vir almal makliker deur vooraf te beplan wie wat op watter tydstip moet doen, wanneer om te arriveer en hoe lank om te bly. As alles goed verloop en die funksie spontaan langer duur, is dit goed om steeds op die afgesproke tyd te vertrek.

Dit gebeur dikwels dat families ná ’n funksie informeel saam eet of verder vier. Indien dit die geval is, kan jy moeite doen om tot ’n aangename en gasvrye atmosfeer by te dra, ter wille van jou kind. Geskeide ouers voel dikwels kwesbaar op so ’n dag – maak seker jy gaan verstandig met alkohol om sodat jou emosies nie hoog loop nie.

Lees ook: Kinders vir die naweek

Respekteer geloofsvierings, verjaardae, gesins- of familietradisies en rituele

Drukkies is onnodig

Gesonde gesamentlike ouerskap beteken geskeides is hoflik, vriendelik en bedagsaam teenoor mekaar, maar waak daarteen om jou kind met tekens van intimiteit te verwar. Drukkies en soentjies is onvanpaste optrede, ook teenoor nuwe verhoudingsmaats wat teenwoordig mag wees.

Lees ook: Egskeiding hoef jou nie te breek nie

Afsonderlike vierings

As julle werklik nie oor die weg kom nie, is dit wys om beurte te maak om funksies by te woon, en om sover moontlik afsonderlike vierings te organiseer. Philip M Stahl, die skrywer van “Parenting after divorce: resolving conflicts and meeting your children’s needs” sê: “Sommige ouers se verhouding bly gevul met konflik, en dis nie goed vir die kinders nie. As jy en jou eks nie in dieselfde vertrek kan wees nie, is dit waarskynlik beter om sulke situasies te vermy.”

Lees ook: Egskeidingmediasie: Vinniger, goedkoper, makliker

Wees groothartig

Respekteer geloofsvierings, verjaardae, gesins- of familietradisies en rituele. Akkommodeer jou eks se handelswyse sover moontlik, al sou jy dit nie op dieselfde manier gedoen het nie. As jy die toonbeeld is van toleransie en begrip, bevoordeel dit jou kind.

Bron: www.fairdivorce.co.za – met dank aan Sinta Ebersohn.

Lees ook: Egskeiding hoef jou nie te breek nie

The post Geskei: etiket vir funksies appeared first on rooi rose.

Wat om te doen as jou kind in ’n slegte verhouding is
Wat om te doen as jou kind in ’n slegte verhouding is deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: Milan Popovic vir Unsplash

Slegte verhoudings? Keer so …

Die gesegde lui dat ’n mens die boompie moet buig terwyl hy nog jonk is, en dis volgens Karen Young, ’n bekende Australiese sielkundige, nooit te vroeg om jou kind te leer hoe gesonde verhoudings behoort te lyk nie.

Young sê dis belangrik om jou kind van kleins af te leer hoe om toksiese mense te hanteer, want hulle duik een of ander tyd in almal van ons se lewe op. Of jou kind deurloop onder katterige maats of ’n volwassene (soos ’n onderwyser of afrigter) wat op haar pik, jy kan jou kind help om dit beter te hanteer. Terselfdertyd gee jy die kind ook ’n bloudruk vir die hantering van toekomstige verhoudings – ook liefdesverhoudings.

Die heel eerste stap, volgens Young, is om seker te maak die kind is nie dalk net oorsensitief vir kritiek nie. Maak ook seker – veral in die geval van klagtes oor ’n onderwyser of afrigter – dat die onderwyser se optrede nie dalk geregverdig is nie. Het jou kind nie dalk wel iets verkeerd gedoen nie? Dis baie belangrik dat kinders besef dat ander se kritiek wel soms regverdig is en dat ons dikwels daarby kan baat vind.

Lees ook: Mede-afhanklikheid: Vernietig jou liefde jou?

Wat om te doen as jou kind slagoffer is van toksiese gedrag – 9 dinge wat jy as ouer moet weet

Sodra jy seker is dat jou kind wel die slagoffer is van toksiese gedrag, takel dit so:

1. Onttrek jou ondersteuning aan die volwassene (of maatjie).

Die meeste van ons is grootgemaak met ’n gesonde (maar soms ook amper oordrewe ontsag) vir ouer mense en gesagsfigure. Maar as jy agterkom ’n grootmens se gedrag is skadelik vir jou kind se selfbeeld of selfvertroue, maak seker jou kind verstaan dat jy nie die persoon se gedrag ondersteun nie.

Lees ook: Jy kan ’n goeie selfbeeld kweek

2. Leer jou kind van gesonde grense.

Dis raad wat ’n mens dikwels kry, maar waar begin jy? Young gee praktiese raad: “Grense is die lyn tussen wat ek is en wat ek nie is nie, die grens tussen wat ander mense dink en wat ek dink.”

Wanneer ’n kind gesonde grense het, sal hy ook aanvaar dat wat ander mense dink/voel/sê/doen nie beteken dat hy dieselfde moet doen nie.

Om die konsep vir ’n kind te verduidelik, gebruik gerus Young se voorbeeld. Sy vergelyk ’n grens met ’n onsigbare kragtige kring (“forcefield”) om elkeen van ons. Leer jou kind dat dit daar is om ons te beskerm teen mense wat ons laat sleg voel oor onsself, of wat lelike dinge oor ons sê. Leer jou kind dat hy ten volle in beheer is van daardie kring – hy kan besluit wanneer om dit “aan” te skakel, en wanneer nie. Maak dit baie duidelik dat dit haar besluit is wie binne daardie kring mag kom, en wie buite moet bly. “Sê duidelik dit is haar keuse en sal altyd wees,” is Young se raad. “Hy of sy moet ook weet dat, hoewel dit baie belangrik is om ander te respekteer, dit net so belangrik is om jouself te respekteer. Deur sekere mense buite jou kring te hou, beskerm jy jouself.” Leer jou kind dat ons geen beheer oor ander se optrede het nie, maar beslis oor ons eie.

Lees ook: Hoe om gesonde grense te stel

3. Komplimenteer jou kind wanneer hy dit wel regkry om ’n toksiese mens uit sy lewe te sny.

Om jou teen ander te beskerm verg dikwels baie meer moed as om net toe te laat dat die stroom (of groepsdruk) jou meesleur.

Lees ook: Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

4. Leer jou kind dat toksiese gedrag dikwels outomaties is en niks te doen het met wat sy gedoen of gesê het nie.

Die ander mens besef nie eens hoe seer sy optrede of woorde maak nie. Dis nie ’n verskoning nie, maar dis belangrik dat jou kind besef die ander mens se optrede is ’n weerspieëling van hom of haar, en nie van jou kind nie. Dieselfde beginsel geld ook in afbrekende volwasse verhoudings – die man wat sy vrou mishandel, is die een met die probleem, nie die vrou nie. Sy “verdien” dit nie omdat sy op ’n sekere manier optree nie.

Lees ook: 10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet sê nie

5. Leer jou kind kleintyd al om “nee” te sê.

“Nee” is een van die kragtigste woorde wat jy jou kind kan leer. Praat ook met jou kind oor daardie binnestemmetjie wat jou teen sekere situasies of mense waarsku, en leer haar om dit te vertrou. Verseker haar ook dat jy haar sal ondersteun wanneer sy nee gesê het vir iets omdat ’n mens of situasie haar ongemaklik laat voel.

Lees ook: Leer hoe om “nee” te sê

6. “Moenie toelaat dat ander jou verander nie.”

Natuurlik is daar by almal van ons ruimte vir verbetering. Maar sodra iemand wil verander wie jy is, hoe jy lyk, waarin jy glo, of wat jy sê, is dit nie meer aanvaarbaar nie. Dit is van die waardevolste raad waarmee jy jou kind die lewe kan instuur. Nie net wys jy dat jy haar liefhet vir die mens wat sy is nie, maar jy versterk ook haar selfwaarde en bemagtig haar sodat sy hopelik nie die prooi in ’n aftakelende verhouding sal word nie.

Lees ook: Vroue, ons selfbeeld en ons geluk

7. Leer jou kind dat haar geluk nie afhang van ander se mening nie.

Dis veral belangrik in ’n era waarin kinders dikwels hul selfwaarde meet aan die kommentare en hoeveelheid likes op sosiale media. Iemand met ’n swak selfbeeld sal makliker in die strik van toksiese verhoudings trap.

Lees ook: Die oorsake van ’n negatiewe selfbeeld

8. Dis soms beter om weg te stap.

Leer jou kind van kleins af dat dit soms die heel beste is om iemand uit jou lewe te sny. Nie alle vriendskappe of verhoudings is bedoel om lewenslank te duur nie. Soms bly jy in ’n vriendskap of verhouding (of huwelik) omdat jy verplig voel, al geniet jy dit lankal nie meer nie. Dis piekfyn om eerder plek te maak vir iemand anders wat jou beter oor jouself gaan laat voel of meer gaan waardeer.

Lees ook: Leer jou dogter om ’n goeie selfbeeld te hê

9. Dit gaan nie oor hoeveel vriende jy het nie, maar oor die soort vriende.

As ’n kind dit van kleins af leer, is die kans ook skraler dat sy in ’n slegte verhouding (en later huwelik) gaan bly net om te kan sê sy het darem ’n kêrel/man. Jou kind moet weet daar is niks fout daarmee om soms alleen te wees nie.

Lees ook: Ridder of rower – 10 dinge wat jy oor swendelaars en manipuleerders moet weet

Herken die tekens: Wanneer is jou kind in ’n slegte verhouding betrokke?

’n Ma het dikwels ’n gevoel dat haar kind ongelukkig is, maar hier is ’n paar rooi ligte wat jy nie durf ignoreer nie.

Jou kind se maat probeer haar lewe beheer, of dit nou is deur voorskrifte oor kleredrag, of gedurige navrae oor waar sy haar bevind en saam met wie. Verduidelik dat daar ’n verskil is tussen verlief wees en om iemand te probeer beheer en isoleer. Dis jou plig om te verduidelik dat so iemand in die proses haar onafhanklikheid en selfbeeld gaan ondermyn. Beklemtoon dat gesonde verhoudings gegrond is op vertroue en openlikheid en dat jaloesie nie ’n goeie teken is nie.

Sy sukkel skielik met ’n slegte selfbeeld: Toksiese verhoudings vernietig iemand se selfbeeld en selfvertroue. Gryp dadelik in en kry professionele hulp indien nodig

as jou kind skielik buitengewoon emosioneel, depressief of aggressief is.

Wees bedag op fisieke tekens. Moet nooit blou kolle of ander tekens van moontlike geweld ignoreer nie. Dan moet jy ’n reguit gesprek met jou kind hê, al is dit hoe moeilik.

Bronne:

www.heysigmund.com; www.verywellfamily.com; www.parentinfo.org

Wat om te doen as jou kind in ’n slegte verhouding is

Dis makliker om in te gryp by ’n tiener se verhouding, maar selfs as jou kind ’n volwassene is, is daar tog ’n paar dinge wat jy kan doen.

Hou die kommunikasiekanale tussen julle oop.

Jou kind moet weet jy is daar vir haar, ongeag wat die uiteinde van die verhouding is.

Maak seker jou kind weet hoe ’n gesonde verhouding lyk.

Beklemtoon hoe belangrik gesonde kommunikasie, wedersydse respek en vertroue is. Verduidelik hoekom jaloesie en pogings om haar gedrag te beheer onaanvaarbaar is.

Waarsku jou kind teen onbehoorlike druk.

Ja, nuwe verhoudings kan ’n mens op ’n positiewe manier uitdaag en aanspoor om nuwe dinge te probeer (soos ’n restaurant of ’n sportsoort) maar waarsku jou kind teen druk oor dinge waarmee sy ongemaklik is, soos seks of kaalfoto’s. Weereens, hou die kommunikasiekanale oop. Verseker haar dat sy oor enige iets met jou kan praat, en dat jy nie kwaad sal word nie. En al is dit hóé moeilik, móét jy daarby hou, want as jy nie doen nie, gaan jou kind jou nie weer vertrou nie. Luister, en moenie oordeel nie. Gee raad waar jy kan, maar moet ook nie huiwer om professionele raad in te win nie.

Beklemtoon dat gedurige aggressie en geweld nie aanvaarbaar is nie.

Dis normaal dat mense verskil, maar as haar maat haar veiligheid bedreig, moet jy ingryp. Kry ’n interdik indien nodig.

Praat oor jou eie foute in verhoudings.

Onthou dat jou eie kommunikasiestyl en verhoudings – romanties en andersins – jou kind se voorbeeld is en haar besluite kan beïnvloed. Maak seker sy weet dis menslik om soms op die verkeerde mens verlief te raak, maar dat dit in orde is om so ’n verhouding te beëindig en dat daar mense is wat vir haar omgee en haar sal bystaan.

Fokus op die dade waaroor jy besorg is, en nie die persoon nie.

Sê byvoorbeeld dit bekommer jou dat haar kêrel die hele tyd wil weet waar sy is, maar moenie hom verkleineer nie, want dan sal sy hom waarskynlik verdedig. (Dit is ’n mens se eerste instink, want jy is te trots om te erken jy het dalk ’n fout gemaak.) Verduidelik hoekom dit jou bekommer en hoe ’n normale verhouding behoort te wees.

Maak reëls en stel perke.

Dis binne jou reg as jou kind nog ’n tiener is. Nooi die maat na julle huis toe eerder as dat hulle heeltyd by ander plekke kuier. Stel perke op die gebruik van selfone indien nodig. Stel belang in die verhouding, maar sonder om dit te laat lyk asof jy jou neus in hul sake wil steek.

Moenie ultimatums stel nie (veral nie as jy dit nie kan deurvoer nie).

Dit kan veroorsaak dat jy jou kind in die ander persoon se arms in dryf. Bly ondersteunend.

Wanneer die verhouding verby is, wees daar vir ondersteuning.

Laat sy met ’n professionele persoon gaan praat indien nodig.

Lees ook: Voel jou tiener eensaam? Hier is raad

The post Wat om te doen as jou kind in ’n slegte verhouding is appeared first on rooi rose.

Gaan jou huwelik ’n baba oorleef?
Dis die babapoeieradvertensie wat voor jou geestesoog opkom as jy jou eerste baba beplan. Die sagte babageur, ’n klein engel oopmond aan’t lag of heerlik in droomland. Langsaan die ma met ’n salige uitdrukking op haar gesig. Jy sien nooit die krampwateradvertensie met ’n baba wat blou moord skree en ’n ma met wydgesperde oë wat maande laas ’n ordentlike nagrus gehad het nie …

“’n Eerste baba verander jou lewe onherroeplik,” sê dr. Elzette Fritz, doktor in opvoedkundige sielkunde, “en nie almal hanteer dit ewe maklik nie.” ’n Baba is ongelukkig ook die allerlaaste manier om ’n wankelrige huwelik te probeer red. “In baie huwelike verhoog die geboorte van ’n baba die spanning tot breekpunt en kan dit ’n groot bydraende faktor tot egskeiding wees.”

Onthou, elke klein jakkalsie kan ’n monster word as jy moeg, gefrustreerd en vaak is.

“’n Eerste baba verander jou lewe onherroeplik”

Vyftig jaar gelede was dinge aansienlik makliker. Die meeste ma’s het nie gewerk nie en kinders was ’n natuurlike volgende stap. Vandag werk die meerderheid vroue en word die opsie om kinders te hê ’n baie bewuste keuse tussen twee lewenstyle. As albei partye werk, word die versorging van die baba ’n gedeelde verantwoordelikheid.

Dis juis die onwilligheid van sommige mans om te help wat vroue bitter maak en wat uiteindelik kan lei tot die verbrokkeling van ’n huwelik. Volgens ’n meningspeiling onder 2000 ouers deur die Britse Mother and Baby Magazine, slaap meer as die helfte van alle nuwe pa’s deur die baba se gehuil (of gee voor om nie wakker te word nie). Net ’n kwart word wakker, maar die meeste eers nadat die ma reeds wakker is.

Die gebrek aan slaap, met gepaardgaande wrewel wat by die vrou opbou, dryf maklik ’n wig tussen ’n paartjie in. Ses uit tien paartjies het gesê dat ’n nuwe baba hul verhouding onder “ontsaglike druk” geplaas het.

Gewillige en beskikbare oumas is ook maar dun gesaai. As hulle nie self nog in ’n beroep staan nie, woon hulle baie keer ver. Omdat vroue oor die algemeen later kinders kry, is die oumas ook nie meer so jonk en energiek nie. Dit veroorsaak dat ma’s swaarder steun op pa’s vir hulp en ondersteuning.

“As daar geen onde­r­liggende ondersteuningstelsel vir nuwe ouers is nie, kan hulle oorweldig voel,” sê dr. Fritz. Vroue wat gewerk het en deurgaans ten volle in be­heer gevoel het, is nou skielik gekonfronteer met ’n situasie waarvoor hul geen opleiding of oplossings het nie. Dit laat so ’n ma baie magteloos voel.

Kommunikasie is jou sterkste bondgenoot, sê dr. Fritz. Pa’s kla dat hulle graag sou wou help, maar nie weet hoe nie. “Ek het soos ’n buitestander gevoel,” sê een nuwe pa. “En as ek aanbied om die baba stil te maak, huil hy net harder.”

Kommunikasie is jou sterkste bondgenoot

Dr. Fritz sê sommige ma’s fokus só op die baba dat die pa afgeskeep voel. Hoewel dit onrealisties is, begin hy dan ’n gevoel van wrok­kigheid teenoor die baba opbou. As die onderskeie rolle nie gedurig bespreek en uitgemerk word sodat elkeen ’n bydrae lewer nie, voel albei magteloos en oorweldig deur ’n situasie wat hulle nie kan beheer nie.

By gebrek aan goeie kommunikasie kry die verontregte ouer ander maniere om die ander een “terug te kry”. So begin ’n bose kringloop van verwyt wat moeilik is om te herstel.

Die gebeur ook soms dat ’n ma ’n nuwe identiteit en domein in die verhouding verkry met haar nuwe status as ma, verduidelik dr. Fritz. “As sy nie vroeër een gehad het nie, het sy nou een.” Sy is ook nou die kenner op ’n gebied waarvan die man baie min weet. “Só word ’n baba soms ’n pion in ’n magstryd waar ouers mekaar probeer troef.”

Niks en niemand berei nuwe ouers genoeg voor vir die ontwrigting van ’n nuwe baba nie. Voorgeboorteklasse hou by geboorte op. Die samelewing verwag en aanvaar dat alle vroue natuurlike moeders is. Soms is dit nie so nie, en het die vrou baie ondersteuning nodig om heelhuids anderkant uit te kom. “Daar moet definitief vooraf konsensus wees oor hoe elkeen betrokke gaan wees. As een ’n geduldiger en gelykmatiger persoonlikheid het, moet daardie een ’n groter rol op een vlak speel. Paartjies moet hul sterk en swak punte identifiseer en mekaar aanvul.”

“Kinders skep nie probleme in ’n huwelik nie, hulle maak die be­staan­de probleme net opvallender,” sê Elsabé van Niekerk, ’n berader wat in huweliksprobleme spesialiseer.

“Kinders skep nie probleme in ’n huwelik nie, hulle maak die be­staan­de probleme net opvallender”

Nog ’n wanopvatting is dat alle pa’s by die geboorte wil wees,” sê dr. Fritz. “Bespreek dit vooraf. Dalk wil hy nie.” Vir sommige mans is dit so traumaties dat dit daarvan ’n nega­tiewe ervaring maak. ’n Voornemende ma moet ook hier onder­steunend wees en dan liewer ’n vriendin of haar ma kry om haar by te staan, eerder as om haar man te dwing. Maar hy moet by wees tot sy na die geboortesaal geneem word. Soms word mans in elk geval so meegevoer dat hulle dan uit hul eie kies om by te wees.

Sommige pa’s verras hulself tog met hul staal. Stefaans* was erg huiwerig om die keisersnee van sy eersteling by te woon, want hy is een wat flou val as iemand se neus bloei. Maar hy het gevoel dat sy ondersteuning die minste was wat hy sy vrou kon bied en wou ook nie so ’n grootse gebeurtenis misloop nie. “Die ergste was dat die gine­koloog gemeen het dit sal vir my baie interessant wees en hy het my in detail daardeur gepraat. Dit was by tye nogal erg en die baie bloed het my bekommer. Ek sou dit nogtans vir niks wou misloop nie, maar ek het die dokter se aanbod om die naelstring te knip ferm van die hand gewys.”

Kinders beklemtoon die verskille in paartjies se agtergrond. Klein verskille in waardes, godsdiens, kultuur en dissipline wat vroeër jul verhouding interessant gemaak het, word ammunisie vir ’n oorlog in jou binnekamer oor verskillende opvoe­dingsbenaderings. Bespreek kwessies soos kerkverband, taal en dissipline voor die tyd. Dan kan julle dit minder emosiebelaai doen en hopelik oplossings kry wat julle albei geval.

Voornemende ouers dink selde daaraan dat ’n nuwe baba sieklik of gestrem kan wees. Geen twee mense ervaar en verwerk ’n krisis dieselfde nie en dit kan tot groot konflik lei.

“Ons huwelik het deur ’n vuurproef gegaan toe ons eerste baba met ’n ernstige defek gebore is en binne ’n paar weke oorlede is,” sê ’n pa wat nou al drie kinders het.

“Hoewel ons albei verpletter was, het ek ná ’n ruk gevoel ons moet vrede maak met die verlies en aangaan. My vrou kon die verlies nie verwerk nie en het dieper en dieper in ’n depressie verval en verder van my weggedryf. Sy het my ook verwyt dat ek hierdie groot hartseer kon oorkom -­ so asof ek nie genoeg omgegee het nie. Dit was meer as ’n jaar voor sy met hulp die trauma kon verwerk. Ek weet nie hoe ’n wankelrige huwelik dit sou oorleef nie.”

Daar is ook nie meer ’n sosiale stelsel vir vroue met jong kinders nie. Vroeër het ma’s met die baba in die stootwa gaan stap en ander jong ma’s by die park ontmoet. Nou is dit baie keer te onveilig en voel ma’s uiters geïsoleerd. Deesdae se uitstappies na groot winkelsentrums is ook glad nie ontspannend vir ma of baba nie. “Die stimulasie van helder kleure, lig en harde geluide is te veel vir ’n baba en wen hom eerder op. As hy dan weens uitputting begin huil, voel die ma soms lus om saam te huil,” sê dr. Fritz.

Dis veral ouer ma’s, dalk die enigste in hul vriendekring met ’n baba, wat geïsoleerd voel. Ouer ma’s het die voordeel dat hulle soms geduldiger is, hul verhouding sterker is en hulle finansieel sterker is. Hierdie ma’s voel onge­lukkig soms die ontwrigting die ergste omdat hulle ná jare in ’n beroep skielik nie enige intellektuele stimulasie het nie, en hulle verkwalik mans wat ’n kind en ’n beroep kan hê.

“Dis veral ouer ma’s, dalk die enigste in hul vriendekring met ’n baba, wat geïsoleerd voel”

Juis hieroor is kommunikasie uiters belangrik – sodat elke ouer weet wat sy rol is. Pa’s kan baie doen om hul gewilligheid te wys en op ander maniere (soos oor naweke) sorg dat die ma welverdiende rus kry. Ma’s moenie in die stilligheid ’n wrok opbou as hy sit en rugby kyk terwyl sy gehoop het hy gaan die baba oppas en haar ’n blaaskans gee nie. Bespreek dit aan die begin van die naweek sodat elkeen weet wat van hom verwag word.

“As jy dolgraag ’n baba wil hê, en jou geliefde teësinnig inwillig, moet jy seker maak van ’n ondersteuningstelsel,” waarsku dr. Fritz. Daar is altyd ’n buitekans dat hy deur die momentum en emosie oorgehaal gaan word, maar dit kan geweldige konflik veroorsaak as jy groot betrokkenheid van hom verwag terwyl hy teësinnig was.

Moenie dat mans wegkom met die argument dat hulle nie borste het nie en dus snags geen rol kan speel nie. As die baba reeds gedrink het en weer wakker word, is dit sy beurt. Terwyl ma’s met kraamverlof is, is dit logies dat hulle ’n groter rol speel, maar waar albei voltyds werk, móét die pa sy kant bring.

Kombineer seks met min slaap en die frustrasie en magteloosheid wat nuwe ma’s soms aanvanklik ervaar, en dit word ’n vloekwoord. Vroue herstel emosioneel en liggaamlik in verskillende tempo’s. Sommige vroue is uiters in voeling met hul vrou-wees na ’n geboorte, terwyl seks vir die meeste tot heel laaste op die “onthoulysie” skuif. In ’n menings­peiling in Brittanje het meer as drie kwart van die nuwe ouers erken dat min slaap hul liefdeslewe ondermyn, en die meeste vroue het gesê dat hulle slaap bo seks verkies.

“Kombineer seks met min slaap en die frustrasie en magteloosheid wat nuwe ma’s soms aanvanklik ervaar, en dit word ’n vloekwoord”

Sommige mans voel ook afgehaal omdat hulle met die baba om die vrou se borste moet kompeteer en sal die vrou soms aanmoedig om op te hou borsvoed. “Die belangrikste is om hierdie kwessies te bespreek en saam ’n oplossing te soek. As die vrou moeg is en liggaamlike ongemak het, kan sy haar man dalk op ’n ander manier plesier.”

Volgens dr. Fritz lyk dit asof postnatale de-pressie aan die toeneem is en nie altyd betyds gediagnoseer word nie. “Dit kan wees omdat vroue minder ondersteuning het. Skielik sit sy en haar huilende baba vasgekluister in die huis. Mans werk oor die algemeen baie langer ure as ’n paar dekades gelede en kom baie keer eers tuis na die baba gebad, gevoed en aan die slaap gesus is. Verkeer veroorsaak ook dat mense in die oggend vroeër werk toe vertrek.

Maar dis nie alles rampe en ellende nie. Dis belangrik om te onthou dat dit net tydelik is en dat hul lewe weer later in ’n normale ritme gaan val, paai die kenners.

Voor die tyd

Ontleed jul verhouding en kyk waar moontlike probleme is. Werk eers aan die probleme vóór julle aan kinders dink.

Praat met mense wat reeds kinders het en stel vas waar hul uitdagings gelê het. Besluit hoe julle dit gaan hanteer.

Baken rolle af en bespreek elkeen se betrokkenheid.

Identifiseer elkeen se sterk en swak punte en kyk hoe julle mekaar kan aanvul sodat die verantwoordelikheid gedeel word.

Bespreek verskille in waardes en agtergrond voor die tyd. Konflik oor dissipline, kultuur en godsdiens kan groot spanning veroorsaak.

Oppas vir:

Ons is besig om uitmekaar te dryf, maar ’n baba sal ons nader aan mekaar bring.

Ons het nie een regtig lus vir ’n baba nie, maar almal sê dis tyd dat ons kinders kry.

Ek het lus, maar my geliefde nie. Ek is seker as die baba eers daar is, sal hy mal wees oor die kind.

Onthou, die baba moet altyd die prioriteit wees. Moenie ’n kind hê om jóú lewe te vul nie.

Lees ook: Swanger bo 40

The post Gaan jou huwelik ’n baba oorleef? appeared first on rooi rose.

Hoekom babas moet kruip
Het ’n dokter, onderwyser of terapeut al gevra of een van jou kinders gekruip het? In haar gebruikersvriendelike ouerskapgids Speel-speel slim: Geboorte tot 3, gee dr. Melodie de Jager inligting rakende kruip.

Wat is kruip?

Vir die doeleindes van dié artikel is seil-kruip (creeping) om op die maag te beweeg. Kruip (crawling) verwys na ’n baba wat haarself van die grond af oplig en op albei hande en albei knieë vorentoe beweeg.

Is kruip belangrik?

Ja, dit is ’n belangrike mylpaal. Vir ’n baba se fisieke, emosionele, sosiale en kognitiewe ontwikkeling is dit beter dat sy kruip voor sy loop.

Moedig kruip aan deur die loopring weg te pak en plat op die grond met jou baba te sit en speel. Magie- en rugtyd op ’n kombers moedig kruip aan. Waneer ’n baba gereed is om te beweeg, begin sy kla, stoot en vorentoe beur – dit beteken ’n nuwe neurale verbinding begin in die brein vorm. Jou kleinding gaan ’n ruk lank aanhou kerm, stoot en wikkel. Moenie tot haar redding kom nie, want so ontwikkel sy die spiere wat sy nodig het om haar op al vier ledemate op te stoot, en dit sinchroniseer ook haar sintuie en spiere. Gereedmaak vir kruip neem tyd. Gun haar die tyd wat sy nodig het.

Ontmoedig staan voor kruip, anders slaan sy dalk die kruipstadium oor.

Ontmoedig staan voor kruip

“Kamma”-kruip

Die volgende vorme van kruip hou nie dieselfde voordele in as “gewone” kruip nie:

Kommando-kruip: Baba sit sy elmboë op die grond, hou sy bene plat op die vloer en trek homself vorentoe asof hy ’n soldaat is onder aanval van die vyand.

Krap-kruip: Baba beweeg homself sywaarts deur een knie onder hom in te vou en die ander been uit te strek.

Beer-loop: Pleks daarvan om sy elmboë te buig terwyl hy gewig op sy knieë plaas, hou baba sy arms en bene reguit en beweeg op sy hande en voete vorentoe, soos ’n beer op jag.

Swem: Met sy magie plat op die vloer, beweeg baba homself vorentoe terwyl hy sy knieë en arms gebruik asof hy swem.

Boud-skoffel: Baba sit op sy boude en beweeg homself vorentoe in ’n rukkerige, springerige hop-beweging deur sy bene uit te strek en dan te buig.

Kruip ontwikkel postuurbeheer, balans, beweeglikheid en manipulasie

Postuurbeheer: Postuurbeheer verg spierkrag, om die posisie van al die liggaamsdele in plek te hou wanneer ’n baba of peuter stil is of beweeg.

Balans: Balans en postuurbeheer werk saam om die liggaam regop te hou, ongeag of dit stil is of beweeg. Met behulp van proprioseptore oral oor die liggaam, die balanssisteem in haar binne-oor (vestibulêre sisteem) en die oë, weet die brein waar die liggaam is en hoe om te beweeg om regop te bly.

Kruip laat ‘n baba se oë gewoond raak aan ’n nuwe posisie

Voor ’n baba begin kruip, staan sy op haar hande en knieë en wieg. Die wiegaksie sinchroniseer postuur, balans en spierkrag terwyl die baba se oë gewoond raak aan die nuwe posisie (sentimeters hoër as waaraan sy gewoond is.) As ’n baba kruip oorslaan, kry die verskillende liggaamsisteme waarskynlik nie genoeg geleentheid om geleidelik en progressief te leer om saam te werk en die baba se balanssisteem te help ontwikkel nie. Navorsing dui op ’n verband tussen genoegsame kruip en leerprobleme op skool.

Beweeglikheid: Dit beteken om van een plek na ’n ander te beweeg. Terwyl sy kruip, word jou baba bewus van die linker- en regterkante van haar liggaam en kruis sy die middellyn tussen die linker- en regterkante van haar brein. Kinders wat nie die middellyn kruis nie, sukkel om ’n dominante hand te ontwikkel; versit die potlood na die ander hand wanneer hulle in die middel van die bladsy kom; en is geneig om in die middel van die bladsy op te hou lees.

Om oor ’n verskeidenheid oppervlaktes te kruip, gee jou baba tas- en proprioseptiewe stimulasie. Dit help haar om te beweeg sonder om na die deel wat beweeg te kyk, en is belangrik vir alle verdere koördinasie.

As jou baba vorentoe, links en regs, en op en af kyk, beïnvloed dit ook visie. Om die fokusafstand tussen die hande en oë te oefen, bedraad die brein vir lees.

Kruip vergroot ’n baba se ruimtelike bewustheid wyer en verder as die beperkende ruimte van ’n stootwaentjie, eetstoeltjie en mat op die grond. Dit gee haar kans om uit te reik na mense en voorwerpe.

Kruip vergroot ’n baba se ruimtelike bewustheid wyer en verder as die beperkende ruimte van ’n stootwaentjie, eetstoeltjie en mat op die grond

As sy haar ervaring van ruimte uitbrei, leer sy van sosiale interaksie en reëls. ‘n Skoolgaande kind wat sukkel om afstand te skat, is geneig om te na aan ander te staan of letters te naby mekaar te skryf. Oogkontak ontwikkel ook in hierdie fase.

Manipulasie: Manipulasie behels die manier waarop jy gereedskap met jou hande hanteer, met ander woorde fynmotoriese ontwikkeling. As ’n baba kruip, veroorsaak haar liggaamsgewig dat haar hande oopstrek. Dit versterk die handspiere. Sterker handjies kan makliker akkuraat vat, een blokkie op ’n ander sit en met ’n lepel eet, en later jare ’n kryt vashou, met ’n skêr knip, en ‘n potlood in ’n driepuntposisie vashou.

Jou baba kruip amper wanneer …

Hy ’n paar weke lank op sy knieë gekniel het terwyl hy by ’n lae tafeltjie sit en speel. Kniel is ’n nuwe ervaring wat hom help verstaan hoe dit voel om sy gewig op sy knieë te dra. Dit ontwikkel ook sy beenspiere om sy gewig te dra wanneer hy homself eendag opstoot op sy hande en knieë. Hy oefen druk uit op die gewrigte van sy arms en bene, maar pleks daarvan om vorentoe te beweeg, stoot hy hom agtertoe; sy arms is sterker as sy bene. Die laaste stap word gekenmerk deur ’n paar dae wat hy hom in die kruipposisie instinktief vorentoe en agtertoe wieg.

Die oomblik wat jou baba begin kruip, moet jy almal daarvan vertel! Dis ’n groot prestasie. Vier die oomblik!

Lees ook: Vier Koffiedag met hierdie resepte!

The post Hoekom babas moet kruip appeared first on rooi rose.