pedikuur | rooi rose

Skoonheidsgewoontes: onthou jou voete
Jou voete wys gou veroudering en benodig gereelde aandag om te voorkom dat jy eelte en stukkende hakke kry. Spa-behandelings pas nie elkeen se sak nie en in deesdae se gejaagde lewe het jy dalk nie tyd om by die spa of salon uit te kom nie. Sagte, versorgde voete sonder harde hakke hoef nie net ’n droom te wees nie, dit kan ’n realiteit word deur ’n bietjie ekstra moeite te doen, sommer terwyl jy jou gunstelingtelevisiereeks kyk. Jy kan nou daardie mooi sandale in jou kas aantrek, sonder om bekommerd te wees dat jou voete onversorgd lyk.

Masker

As iemand vir jou sê hulle gebruik ’n masker vir hulle voete, sal jy dalk vir hulle wil lag, maar dit is nie so belaglik soos wat dit klink nie. As jy dit eers probeer het, mag die gogga dalk byt en mag dit ’n instelling raak. Daar is maskers vir al jou behoeftes, of jy nou jou dooie velle wil laat afskilfer, jou voete wil bevogtig of dit na ’n harde oefensessie wil bederf. Probeer om een keer per maand ’n masker aan jou voete te sit, dit sal jou voete laat vars voel en ruik.

Skilfer af

Die Skin Republic Foot Peel Mask (R109,99 beskikbaar by Red Square, Edgars, Dis-Chem en Clicks) is perfek om jou voete se dooie velle te laat afskilfer. Dit is ’n chemiese voetmasker wat jy soos ’n sokkie aantrek. Dit is maklik om te gebruik en verwyder dooie velle aan jou voete na 7 dae, dit verwyder eelte en laat die voete sag voel en bevorder die gesondheid van jou voete. Dit bevat 15 verskillende plant-ekstakte, insluitend groen tee, en is ryk aann vitamien E. Jy gebruik die masker na jy gestort het en moet dit vir 90-120 minute aan jou voete hou.

Bevogtig

Die Sorbet Hydration Foot Mask (R53) bevogtig die voete. Die sokkies bevat ’n serum, wat die nodige bestanddele in jou voete op ’n meer effektiewe manier absorbeer as wat ’n room sou. Dit bevat ook peperment en argan-olie ,wat jou voete vars laat voel. Jy hoef die masker net vir 20 minute te dra en die sokkies is droog aan die buitekant, so jy kan rondbeweeg terwyl jy dit aanhet.

Vars en verfris

Die Foot Active Mask (R46,99 beskikbaar by Red Square, Edgars, Dis-Chem en Clicks) is ideaal vir wanneer jy klaar ’n wedloop gehardloop het of as jy baie op jou voete is. Dit bevat 22 verskillende plant-ekstrakte soos avokadopeer, peperment en tea tree-olie wat help om inflammasie en irritasie te verlig. Dit bevat ook Argan-olie, kollageen en vitamien E, wat help om droë voete te bevogtig. Die mint en tiemie bevorder sirkulasie in die voete en laat dit ekstra vars ruik!

Maseer en bevogtig

Probeer dit deel maak van jou skoonheidsroetine om elke aand voor jy gaan slaap jou voete te maseer en met ’n voetroom in te smeer. Wenk: fokus veral op die hakke. Dit sal voorkom dat jou voete droog word en ook droë voete sagter laat voel. Probeer om ’n geurvrye room te gebruik. Deur jou voete te maseer, bevorder dit sirkulasie en die vloei van suurstof. Jou hele lyf sal sommer meer ontspanne voel.

Hier is ’n paar bevogtigers wat jy kan probeer:

Week jou voete

Week jou voete ten minste twee keer per week in ’n bak met warm water en Epson-sout. Week jou voete vir 5-10 min te doen om te help om van al die gifstowwe ontslae te raak waaraan jou voete blootgestel word, veral wanneer jy meer gereeld sandale dra. Jy kan ook die EcoDiva Relaxing Bath & Foot Soak (R205 beskikbaar by www.ecodiva.co.za en uitgesoekte salonne) probeer. Dit bevat 7 organiese olies wat help teen veroudering terwyl dit ook die vel bevogtig. Dit sal ook help met die verligting van inflammasie en velirritasie.

Skuur en vyl jou voete

Wanneer jy jou voete was, is dit noodsaaklik dat jy dit onder, tussen jou tone en onder jou toonnaels skrop. Deur jou voete 2-3 keer per week te skuur en te vyl, sal jy die vorm van eelte verminder en help dat jou voete so sag soos satyn voel.

Tweezerman Step-Two-It Foot File (R300, Dis-Chem)

The post Skoonheidsgewoontes: onthou jou voete appeared first on rooi rose.

5 stappe tot sagte voete
Vinnige vars voete

Ons wys jou in 5 maklike stappe hoe om jou voete vinnig te vervris!

The post 5 stappe tot sagte voete appeared first on rooi rose.

Doen-dit-self pedikuur
Fyne voete

Ons is tog so geneig om ons voete af te skeep. Met ’n klein bietjie dissipline hoef jy nie skaam te wees om voetjie-voetjie met jou geliefde te speel nie.

Volg ons stappe vir die perfekte tuis-pedikuur:

1 Verwyder ou naelpolitoer.

2 Week jou voete in warm water.

3 Droog jou voete af en skuur dit met ’n voetvyl tot jy voel jou voete is glad genoeg. Moenie al die dooie vel wegskuur nie, dit beskerm jou voete.

4 Verwyder dooie velletjies met ’n afskilferaar. Gebruik dit ook sommer om jou enkels en aan die bokant van jou hakke.

5 Knip jou naels met ’n naelknipper of skêrtjie in ’n reguit lyn, nie rond nie, anders sal dit ingroei.

6 Vyl enige growwe plekkies op die nael glad.

7 Bevogtig jou voete met ’n voetroom.

8 Versag jou naelvliesies met ’n olie.

9 Druk jou naelvliesie terug.

10 Vee oortollige olie of vog met watte en naellakverwyderaar af: Ekstra olie of vog kan veroorsaak dat jou nuwe kleur lugborrels maak.

11 Verf ’n basislagie aan. Onthou, dit werk soos dubbelkant-kleeflint wat aan die een kant aan jou nael vasplak en aan die ander kant aan die naellak. Dit laat die kleur langer hou en keer ook dat jou naels vlek.

12 WENK Rol die botteltjie naellak tussen jou hande eerder as om dit te skud voor jy dit aanwend. Dit sal keer dat lugborrels vorm en borrels op jou naels maak.

13 Wend ’n deursigtige bolagie aan, dit laat jou naels mooi blink en beskerm die kleur.

The post Doen-dit-self pedikuur appeared first on rooi rose.

Doen jou pedikuur in 5 min.
Baie van ons vroue het gereeld ’n dringende pedikuur nodig, maar daar is nie altyd tyd om by ’n salon uit te kom nie. Ons steek dan ons voete in toe skoene weg en dit is nie ’n ideale oplossing met lente om die draai nie.

OPLOSSING: Die nuwe Emjoi MICRO Pedi is nou ook in SA beskikbaar. Hierdie klein uitvindsel beloof sagter, gladder voete in ’n paar minute, ideaal vir dames wat nie ’n uur het om by ’n salon te spandeer nie.

Die Emjoi MICRO Pedi werk met batterykrag en die unieke mikro-mineraalrollertjie draai 360 grade teen 30 keer per sekonde wat sagkens en effektief van enige harde vel op jou voete onstlae raak. Mans en dames kan vinnige resultate van die Emjoi MICRO Pedi geniet.

Voordele van die MICRO Pedi:

– Dis veiliger as die gebruik van skerp lemme

– Geen sterk chemikalieë word gebruik nie

– Dit is ekonomies ontwerp sodat dit maklik en eenvoudig gebruik kan word

– Waterdig en maklik om skoon te maak

Ons eie redakteur, Martie Pansegrouw, het hierdie produk getoets en is beïndruk met die resultate:

“My voete is so glad soos na ’n professionele pedikuur en net voor die seisoensverandering sien ek sommer kans om weer hakke te wys in fyn somersandaaltjies!”

Bestel jou eie Emjoi MICRO Pedi aanlyn by www.micropedi.co.za.

The post Doen jou pedikuur in 5 min. appeared first on rooi rose.