psoriase | rooi rose

Psoriase: meer as net vel diep
Psoriase is ’n geneties oordraagbare velsiekte waarvoor daar nie genesing is nie. Maar met geduld, uithouvermoë en die regte behandeling kan die simptome doeltreffend behandel word, skryf Martie Bester uit eie ervaring.

Groeiende slange vervel gereeld. Hulle raak ontslae van die boonste laag van hul vel omdat dit periodiek deur ’n nuwe, gesonde laag vervang word. Maar dis nie net slange wat vervel nie. Diegene wat psoriase het, vervel ook gereeld, gewoonlik op ’n daaglikse basis en beslis nie uit vrye wil nie. Ons het nie veel keuse wanneer ons velle besluit om die pad te vat nie. Skubbe en wit vlokkies laat hul merk en waar die vel afgeskilfer het, bly ’n geniepsige rooi, somtyds bloederige, bewysstuk agter.

Lees ook: WEN ’n skoonheidsgeskenkpak van NUXE!

Ek het psoriase by my ma “geërf”. Dit is my genetiese lot en ek sukkel nog om daarmee vrede te maak. Ek is al meer as tien jaar lank ’n onsuksesvolle psoriase-voortvlugtende en hoewel ek vir sowat twee jaar ontsnap het, het my vel weer silwer soos visskubbe begin flikker. Psoriase het telkens sy teenwoordigheid met ’n skrikwekkende gejeuk aangekondig.

Toe my ma in haar vroeë dertigs ontdek het dat sy psoriase het, is arseen nog gebruik om die siekte te behandel. Omdat ’n mens desperaat is en deurmekaar raak van die pyn, moedeloosheid en ewige jeuk, het ’n homeopaat haar met arseen behandel. Haar psoriase het gevlug voor die gif – maar ’n paar jaar daarna het dit weer, soos van ouds, klaarblyklik oornag en met meer drif, teruggekeer.

Psoriase is ’n genetiese toestand wat rooi en skubberige vlekke op die vel veroorsaak. Dit affekteer gewoonlik die kopvel, elmboë en knieë (waar die vel dikker is) maar kan oor die hele liggaam versprei. Die siekte kan enige tyd toeslaan, maar is meer geneig om volwassenes as kinders te affekteer. Die algemeen aanvaarde redes vir die oorsaak of verergering van psoriase is ’n infeksie, stres en medikasie, of ’n kombinasie van hierdie faktore.

Ek was 27 toe psoriase by my gediagnoseer is. Dit het as rooi kolletjies op my bene begin en ek het gedink dat muskiete hulle dalk gulsig aan my bloed versluk het. Maar drie weke ná die eerste vlekkie se verskyning was my lyf byna heeltemal oortrek met seer, skilferagtige vlekke so groot soos 10c-stukke wat dag en nag onophoudelik gejeuk het. Net my gesig het die plaag vrygespring. Ek was ongemaklik en verskriklik selfbewus en soggens het ek wakker geword met bloedvlekke op my nagklere soos ek die psoriase in my slaap probeer doodkrap het.

Twee jaar lank het ek geduldig rome aangesmeer en my stukkies gesonde vel het van al die kortisoon wit gevlek. En toe, een dag het ek opgestaan en ek kon eindelik sien dat die vyand begin wyk het en pienk sirkeltjies nuwe vel agtergelaat het. Ek was uitbundig bly, eindelik kon ek weer – letterlik – gemaklik voel in my vel, oor my vel. Maar die vreugde was van korte duur. Drie jaar later het psoriase weer aan my huid kom klop en hierdie keer hoofsaaklik my kopvel meedoënloos met skubbe begin peper.

Benewens die ongemak en die seer weens die onafwendbare gekrap, val die skubbe soos skilfers oor my klere en klou nog hardnekkig aan ander plekke op my liggaam. Ek hoop elke dag dat ’n wonderkuur ontwikkel sal word, maar net soos in die geval van artritis, wat verwant aan psoriase is, lyk die kanse op lewenslange herstel onseker. Sowat ses maande terug het artritis hom in my regterheup kom tuismaak en moes ek my leefstyl ingrypend verander om verligting van die simptome te kry.

Byna 2% van die bevolking sukkel met psoriase in verskillende vorms en grade van infeksie. Dr. Dagmar Whitaker, ’n spesialis-dermatoloog in Kaapstad en lid van die Suid-Afrikaanse Psoriaseforum, sê psoriase beïnvloed beslis die lewensgehalte van mense wat aan die siekte ly. Die sielkundige impak is veral beduidend. “Psoriase affekteer ook die gewrigte en kan tot psoriatiese artritis lei wat die gewrigte heeltemal kan verwoes. Hoë bloeddruk word ook met psoriase geassosieer.”

Maar is daar lig aan die einde van die tonnel? Kan ons ’n wonderkuur verwag. “Nee,” sê Dr. Whitaker beslis. “Psoriase kan nie genees word nie, maar ons kan dit behandel sodat die siekte se impak op mense se leefstyl verminder word.”

In Guy Kennaway se boek Sunbathing Naked and Other Miracle Cures lys hy ’n rits behandelings wat deur die jare voorgestel is vir psoriase – waaronder my ma se arseenbehandeling. Daaroor skryf Kennaway: “Arsenic: Britain, nineteenth and twentieth centuries – when they learnt to cut to the chase and just kill us for having dry skin.”

Dr. Whitaker stel darem nie gif voor nie. “Om die pyn en jeuk te verlig, kan rome wat vitamien D en A bevat, aangewend word. Jy kan ook rome wat kortisoon en teer bevat, gebruik. Sistematiese behandeling soos ligterapie of die tablette Neotigasone of Methotrexate, asook die inspuitings Enbrel en Revellex kan simptome verlig.”

Oor die jare het ek my dieet probeer aanpas, veral omdat daar wyd verkondig word dat veral suiker vermy moet word. Dr. Whitaker beveel aan dat alkohol heeltemal vermy moet word en ook rooivleis.

“Visolies soos omega-3 en -6 help, maar oor die algemeen is ’n gesonde leefwyse met genoeg oefening en ’n gesonde dieet nodig.”

En wat help vir die ewige jeukende kopvel? “Sjampoes wat teer en steroïede bevat, ontkalkingsrome wat salisielsuur en sulfer bevat en kortisoondruppels.”

Een van die grootste wanopvattings is dat psoriase aansteeklik is. Nee wat, ons vervel net op ons eie. En die psoriase-lyer moet aanvaar dat die toestand ongeneeslik is. Dr. Whitaker sê dat sy ’n hele paar pasiënte het wie se lewe verander het met fototerapie (ultraviolet-behandeling). “Voor die behandeling het hulle geïsoleer gevoel en nie fisieke kontak gehad nie omdat niemand aan hulle wou vat nie. In sommige gevalle het die pasiënte aan ernstige depressie gely en selfmoordneigings gehad. Ná sowat twee maande se behandeling het hul velle in so ’n mate herstel dat hulle ’n normale sosiale lewe kon hê – soms vir die eerste keer in hul lewe.”

Die belangrikste ding wat pasiënte moet onthou, is dat hulle geduldig moet wees, die rome en behandelings neem ’n ruk om te werk. En onthou, psoriase is ’n chroniese terugkerende siekte, dit gaan dalk weg, maar soos die kat, kom dit altyd weer terug.

Lees ook: Haarstyle vir fyn hare

The post Psoriase: meer as net vel diep appeared first on rooi rose.

Als wat jy oor die Avène-reeks wil weet
Is die Avène reeks geskik vir sensitiewe velle?

Die reeks is geformuleer vir alle velsoorte. Avène Thermal Spring Water is die aktiewe bestanddeel in al die produkte en is bekend vir sy strelende en anti-irriterende eienskappe.

Wat veroorsaak Psoriase en is daar iets in die Avène-reeks wat kan help?

Psoriase is ’n vorm van hiperkeratose. Dit is ’n verdikking van die buitenste deel van die epidermis, die korneale laag. In hierdie vellaag het selle hoë vlakke van keratien, ’n proteïen wat dit droog en hard maak. In sommige gevalle is daar ’n abnormale opeenhoping van keratien wat kolle van droë skubagtige vel skep. Om van hiperkeratose ontslae te raak, moet jy hidrerende en strelende produkte gebruik met aktiewe bestanddele soos ureum en salisielsuur wat die opeenhoping van keratien oplos. Afhangende van die dikte, plek en oorsaak van die hiperkeratose, kan stowwe met verskillende konsentrasies gebruik word wat met ryk teksture gemeng is. Gebruik ’n produk soos Avène Akérat 10 Body Cream op die aangetasde dele. Vir chroniese en oormatige verdikking van die vel op die liggaam en kopvel, gebruik Avène Akérat 30 Cream vir gelokaliseerde gebiede. Raadpleeg altyd ’n dermatoloog voor jy ’n nuwe behandeling aanpak.

Hoewel my vel normaal en sonder probleme is, voel en lyk dit party dae droog. Wat kan ek doen?

Droë vel kan deur verskeie faktore veroorsaak word, insluitend koue, wind, son, besoedeling en hormonale skommelinge. Jou vel het rehidrasie nodig. Gebruik ’n produk soos die Avène Hydrance Optimale Hydrating Serum wat jou vel in 22 dae rehidreer en stimuleer. Voeg ook ’n strelende vogmasker soos Avène Soothing Moisture Mask by wat die velversperring herstel en optimale vel-hidrasie bevorder. Spray Avène Thermal Spring Water streel die vel en herstel die natuurlike balans van die vel.

Kan ek net ’n nag-room gebruik? Dagroom met SPF laat my vel olierig voel.

Dit is belangrik om ’n dagroom aan te wend om jou vel te voed, te hidreer en teen eksterne faktore en irritasies te beskerm. As jy ’n olierige vel het, gebruik ’n produk met ’n ligter tekstuur wat olie-vry is. Avène Mattifying Fluid is baie lig, maar hidreer die vel en sal dit nie blink of  olierig laat nie. As sonskerm, probeer die Avène Cleanance SPF30 + Sunscreen. Dit is nie olierige nie en bied UVB  en UVA beskerming.

Is Avène geskik vir dames oor 60 wat onder die Afrika-son woon?

Beslis. Avène Thermal Spring Water Spray is geskik vir alle veltipes van alle ouderdomme. Die Avène Sérénage-reeks is spesiaal geformuleer vir die volwasse vel. Dit bied voeding en herstel digtheid. As sonskerm, bied Avène SPF50 + Cream uitstekende beskerming.

Ek het ’n baie sensitiewe vel. Die vel om my oë begin skilfer wanneer my vel op sy sensitiefste is wanneer my vel te droog is of as ek ’n nuwe produk gebruik. Het julle enige raad vir ’n onfeilbare produk?

As jou vel hipersensitief is, is dit belangrik om produkte te gebruik met minimale bestanddele wat klinies getoets is vir sensitiewe velle. Gebruik die Tolerance Extreme-reeks met ’n aktiewe bestanddele wat suiwer en doeltreffend is en nie die vel irriteer nie. Die reeks is geformuleer op grond van ’n “steriele kosmetiese” beginsel, wat verseker dat produkte in ’n 100% steriele toestand bly. Device for Exclusive Formula Integrity (D.E.F.I)  bestaan uit ’n delikate membraan wat oop- en toemaak sodat die inhoud nooit blootgestel word aan lug of bakterieë nie. Jou produk bly heeltemal steriel so lank as wat jy dit gebruik.

Vir meer inligting en velsorgraad, besoek www.avene.co.za of stuur ’n e-pos aan info@pierre-fabre.co.za

The post Als wat jy oor die Avène-reeks wil weet appeared first on rooi rose.