psychology | rooi rose

Versorging & gesonde grense
In die gang van jou besige lewe neem jy elke dag tientalle besluite. Jy bepaal wat jy gaan eet en aantrek, waarheen jy gaan en saam met wie, wat jy gaan uitrig en hoe jy dit gedoen gaan kry. Jy beweeg na willekeur tussen mense, plekke en take. Maar dis nie almal se werklikheid nie.

Lees ook oor mede-afhanklikheid. Vernietig jou liefde jou?

Daar is dié wat weens siekte, ouderdom of om ’n ander rede nie meer na hulself kan omsien nie. Hulle het versorging nodig, in sommige gevalle selfs net om uit ’n stoel op te staan of ’n slukkie water te drink.

As versorging op die een of ander manier in jou lewe figureer, weet jy waarskynlik watter delikate balanseertoertjie dit is. Die ideale uitkoms is dat die een wat versorg word, voldoende hulp kry maar ook so lank moontlik so onafhanklik moontlik funksioneer. Aan die ander kant moet die versorger ’n eie lewe hê waarop die versorgingsaktiwiteite nie inbreuk maak nie.

Neem jy in ag dat albei die betrokkenes hul voor- en afkeure, behoeftes, begeertes, persoonlike geskiedenis, emosionele wonde en ander geite na die verhouding bring – en dat derde partye baie keer ook ’n sê het – raak die situasie ingewikkeld. Dié artikel ondersoek aspekte van hierdie fyn spel.

’n Aansoekvorm … of nie

Versorgers se opleiding, werkomgewing en take verskil, sê Marna Labuschagne, kliniese sielkundige in private praktyk in Centurion. “Versorging kan tuis geskied, in ’n oord vir bejaardes, hospitaal, kliniek, rehabilitasiesentrum, hospies, plek van veiligheid – noem maar op. Gekwalifiseerde verpleegkundiges, leerling- en assistentverpleegkundiges, en versorgers of caregivers is almal by versorging betrokke. Een versorger kan na een of meer mense omsien, afhangende van die opset.

“Versorgers se take kan hulp met eet, bad, aantrek en beweging insluit; die gee van medikasie of ander basiese mediese sorg; die doen van huiswerk of aankope; om die versorgde rond te neem, of slegs geselskap te hou. Versorging lei dikwels tot ’n intieme nabyverhouding, veral oor ’n lang tydperk, en kan emosioneel en andersins ’n groot uitwerking op albei partye hê.

“In baie gevalle versorg iemand hul ouer, kind, lewensmaat of ander persoon sonder dat hulle om die ‘pos’ aansoek gedoen het, of ’n salaris ontvang. Hulle sien hulself nie in die rol van caregiver nie; dit is maar net een van hul verpligtinge. Dis allerbelangrik dat hulle hierdie rol herken en erken dat hulle as versorgers optree, want die uitdagings eie aan die situasie moet bewustelik benader en bestuur word ter wille van die gewer én ontvanger van hulp.

“’n Betaalde versorger se take en diensure is gewoonlik duidelik omlyn. Daar is afgebakende tye wanneer ’n plaasvervanger die verantwoordelikheid op hul skouers neem. ‘Informele’ caregiving lyk meestal anders. Wanneer ’n bejaarde pa byvoorbeeld by sy dogter se gesin inwoon, is sy heel moontlik elke dag vir sy versorging aanspreeklik. Dit kan so vervleg raak met haar bestaan dat sy (en ander) later nie meer tussen haar versorgingsaktiwiteite en haar normale lewe kan onderskei nie. Uitbranding is uiteraard ’n algemene probleem onder caregivers, of hulle nou ’n amptelike posisie beklee of nie.”

“Uitbranding is uiteraard ’n algemene probleem onder caregivers, of hulle nou ’n amptelike posisie beklee of nie”

Marna lys waarskuwingstekens waarop versorgers bedag moet wees omdat dit op uitbranding kan dui:

Lusteloosheid, ’n gebrek aan belangstelling in dinge wat jou voorheen geïnteresseer het, depressie.

Isolasie, omdat daar nie meer tyd is vir jou eie sosiale aktiwiteite nie.

Oormatige angstigheid.

Skuldgevoelens, selfverwyt en kommer of jou pogings goed genoeg is.

Irritasie, frustrasie, humeurigheid of woede.

Wrokkigheid omdat die situasie soveel van jou vra.

’n Onvermoë om die eise van versorging saam met jou gesin, werk, finansies en ander logistieke uitdagings te hanteer.

Jy versorg jouself nie meer soos vroeër nie.

Eet- of slaapsteurnisse.

Selfmedikasie met alkohol, pille en meer.

Fisieke simptome soos hoofpyne, spysverteringsprobleme, of beserings veroorsaak deur die hantering van ’n verswakte persoon.

“’n Familie-opset kan talle komplikasies tot gevolg hê. Versorgers deel soms hul frustrasies met ander familielede, wat nie besef hulle moet psigiese steun verskaf nie en bloot saam ‘kla’. Dan lê die antwoord in ’n onafhanklike, objektiewe buitestander, soos ’n sielkundige wat versorgers kan help om ontstellende emosies te verwerk, hulself te handhaaf waar nodig, en praktiese oplossings te bedink.

“Versorgers deel soms hul frustrasies met ander familielede, wat nie besef hulle moet psigiese steun verskaf nie en bloot saam ‘kla’”

“Dit gebeur ook dat familielede die een kritiseer wat die caregiving verskaf. Die beste stuurlui staan mos aan wal! Wanneer die versorger verdedigend begin optree, kan die aanleer van goeie kommunikasievaardighede, soos die vermoë om tussen kritiek en advies te onderskei en dit reg te hanteer, ’n positiewe uitwerking hê.

“Betrokkenheid by besluite rakende die versorgde kan moeilik wees. Dink maar aan besluite oor take wat die persoon nie meer behoort te doen nie, soos motor bestuur; of drastiese veranderings, soos die verskuiwing na ’n versorgingsentrum en of masjiene wat die persoon aan die lewe hou, afgeskakel moet word.

“Betaalde sowel as informele versorgers is dikwels te skaam om te erken dat hulle nie die mas opkom nie – jy is mos veronderstel om te cope. Boonop verwag hulle baie keer te veel van hulself, veral as hulle grootgemaak is om selfless te wees. Hulle stel onbereikbare standaarde en as hulle nie kan aanhou gee en gee nie, voel hulle hulle skiet tekort.

“Daar kan ook ’n gevoel van innerlike verskeurdheid wees. Hulle wil help, maar hulle wil ook nie omdat dit soveel van hulle verg. ’n Diep band met die versorgde kan tot angs, magteloosheid, skuldgevoelens of selfverwyt lei, veral wanneer die versorgde agteruit gaan of sterf.”

Van die wal in die sloot

Nie net die gewer van versorging nie maar ook die ontvanger kan aan die kortste ent trek. “Dis belangrik dat versorgdes steeds dié take verrig waartoe hulle in staat is: stap pleks van om in ’n rolstoel gestoot te word, toilet toe gaan pleks van ’n bedpan te gebruik, of op hul eie eet al mors hulle. Dit neem waarskynlik langer en verg meer moeite van die versorger, maar dis in die versorgde se belang. Oorhulpvaardigheid, selfs met goeie bedoelings, kan ’n versorgde se herstelproses kortwiek, of hom gouer laat verswak.

“Dis belangrik dat versorgdes steeds dié take verrig waartoe hulle in staat is”

“Sommige versorgdes verkies natuurlik minder verantwoordelikheid. ’n Op en wakker versorger sal dit raaksien en die versorgde aanmoedig om optimaal te funksioneer.

“Daar is ongelukkig ook gevalle waar versorgers in ’n kommerwekkende mate ontoepaslik optree, soms reg onder ’n toesighouer se neus. Die caregiver neem eenvoudig beheer van elke situasie sonder om aan die versorgde se wense aandag te gee. Dis wanneer caregiving – ’n geskenk wat aan die versorgde gegee word – ontaard in caretaking, wat mag oor die versorgde wil verkry.

“’n Ware caregiver is liefdevol, rustig, oop vir advies, volg die protokol, en respekteer persoonlike grense. Wanneer die versorgde ’n probleem het, luister hy of sy empaties, vra hoe die versorgde die situasie wil hanteer en verskaf dan die nodige steun.

“’n Caretaker is gejaagd, gefrustreerd en dwing sy of haar wil aan die versorgde op. So iemand hou nie daarvan dat mense van buite ‘inmeng’ of navraag doen nie, en neem alle besluite op hul eie. Daar is dikwels ’n onderliggende onsekerheid en gebrek aan eiewaarde. Om in beheer te wees laat die persoon belangrik voel en voed sy of haar eiewaarde, maar dit kan verlammend op die versorgde inwerk.

“Hierdie probleem kan ondervang word deur goeie kommunikasie met die versorgde waar die versorger nie by is nie. Vra vrae soos: Hoe gaan dit régtig met jou? Hoe ervaar jy die versorger? Voel jy jy word sterker of swakker? Word jy toegelaat om te doen wat jy wil of kan doen? Wat sou jy graag wou hê moet verander?”

Die keuse van ’n versorger

Met die aanstel van ’n versorger, nes in die geval van ander aanstellings, is die nagaan van kwalifikasies, die opvolg van verwysings en ’n onderhoud noodsaaklik. “Die uiteindelike keuse is wel subjektief, maar die regte vrae kan lig op die saak werp. Vra hoekom die aansoeker versorging as ’n beroep kies. Indien die antwoord is ‘omdat ek graag ’n verskil wil maak,’ vra wat sy of hy al gedoen het om ’n verskil te maak.

“Indien die antwoord is dat caregiving hul roeping en passie is, vra: Wat wys dat dit jou roeping en passie is? As jy wil vasstel of die aansoeker hul eie inisiatief kan gebruik, vra: Vertel hoe jy jou moeilikste situasie hanteer het. Vra uit oor hul benaderingswyse tot jy kan agterkom of hulle ’n gesonde mate van frustrasietoleransie het en uit die vuis kan dink.

“Wees bedag daarop of die persoon vriendelik is en luistervaardighede het. Is daar genoeg lewenslus? Voel jy geduld aan? Sal die persoon supervisie of advies aanvaar? Stel vas of hulle stokperdjies, buitebelangstellings en goeie, stabiele verhoudings het, sowel as die nodige mediese kennis.

“Wees bedag daarop of die persoon vriendelik is en luistervaardighede het”

“Om ’n versorger deur ’n bemiddelingsinstansie aan te stel het verskeie voordele. Die instansie behartig die keuringsproses en sorg dat die persoon behoorlik opgelei is. Indien die versorgde klagtes het, kan jy die saak met die instansie opneem, of vra dat ’n plaasvervanger gestuur word.”

Wat ma’s betref, sê Marna hoewel vroue natuurlike versorgers is, bly die langtermynversorging van ’n kind ’n groot uitdaging – veral as die supermasindroom kop uitsteek.

“Wanneer ’n ma glo sy moet oral kan keer en raakvat, deur byvoorbeeld elke oomblik by haar kind se hospitaalbed deur te bring, flikker waarskuwingsligte. Die vrees om as onbevoeg beskou te word, miskien deur haar skoonfamilie, kan die dryfveer wees. Baie keer voel sy die pa kan nie dié rol vervul nie ‘omdat ’n kind sy ma nodig het’.

“Jy kan nie gee as jy leeggetap is nie. Slaap wanneer die kind slaap. Laat die huiswerk maar ’n bietjie glip. Vra hulp – daar móét iemand wees wat jou kan aflos.

“As jy prikkelbaar en ongeduldig raak, nalatig optree deur byvoorbeeld te vergeet om medikasie te gee, of voel dat jy beheer verloor, het jy rus nodig. Ook wanneer jou kind klouerig raak en regresseer deur soos ’n jonger kind op te tree. Luister na jou man of ander nabymense se siening van die situasie, en glo die dokters wanneer hulle sê dit gaan beter met jou kind.”

Versorg ander ‘siek’

“Münchhausen-sindroom by proxy” (MSBP) is ’n geestesstoornis wat voorkom wanneer ’n versorger iemand in sy sorg siek maak of beseer, of voorgee dat die versorgde siek is. Die versorger kan ’n ma, verpleegkundige of ander rolspeler wees en die versorgde ’n kind, bejaarde of gestremde. Omdat die slagoffers kwetsbaar is, geld MSBP as ’n vorm van mishandeling.

Die versorger met MSBP kan leuens vertel rakende die versorgde se simptome, die verkeerde medikasie gee, met toetsresultate peuter sodat die versorgde siek voorkom, of die versorgde fisiek skaad om simptome daar te stel. Dié optrede is (meestal onbewustelik) gemik op die verkryging van aandag, simpatie, of praktiese hulp van mediese personeel en die gemeenskap. Mense met MSBP kan lyk of hulle hul volkome aan die versorgde toewy, en sien hul eie gedrag nie as skadelik nie.

“Die toestand het met ’n gebrek aan persoonlike mag te doen,” sê Marna. ”Dis ’n oorlewingstrategie wat spruit uit ’n swak selfbeeld, ’n onvermoë om stres of angs te hanteer, en ’n drang om te beheer en te domineer.

“Mediese personeel ruik lont wanneer ’n kind nie by behandeling baat vind nie, simptome slegs voorkom as die ma in die omtrek is, die ma toetsresultate nie wil aanvaar nie, of bly is wanneer die kind sieker word – ook wanneer ’n ander kind in die gesin onverklaarbaar siek word of selfs sterf.

“Ek het met ’n slagoffer van MSBP te make gehad wat op 12-jarige ouderdom nog nooit skool toe was nie. Sy ma is van dokter na dokter en ’n spesialis wat agterdogtig geraak het, het die rekords nagegaan en ingegryp. MSBP word moeilik genees.”

Lees ook: Ek leef saam met ’n boelie!

The post Versorging & gesonde grense appeared first on rooi rose.

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke
Niemand trou om te skei nie, maar die lewe gebeur. En of dit nou vir jou ’n verligting of ’n verplettering is om daardie egskeidingsertifikaat in jou hand te hou, die verskil tussen floreer en krepeer na ’n egskeiding lê by jou.

Ek is tien jaar gelede geskei, en weet presies hoe moeilik dit is om ’n enkelma te wees. Ek weet hoe dit voel om jou kinders se spaarvarkies te moet plunder vir brood-en-melkgeld, of om finansiële hulp van familie te moet aanvaar. Ek weet alles van nagte se wakkerlê in ’n bed wat nou te groot voel, en van kinders wat jare later steeds droom dat hulle ma en pa weer eendag onder een dak sal woon. Ek weet ook hoe dit voel om van drome te vergeet – of dit nog ’n baba is, of  ’n aftreehuisie by die see. Maar ek weet ook hoe dit voel om op ’n dag skielik te besef: ek het dit gemaak! Ek is nie net finansieel op my voete nie, maar werklik geseënd, en my kinders is nie emosionele wrakke nie maar goed aangepaste mense wat hul plekke in die lewe kan volstaan. Ek droom nie meer oor ’n prins wat dalk nooit gaan opdaag nie, maar sien uit na elke dag van die res van my lewe, of ek dit nou sonder ’n man in my lewe gaan deurbring of nie.

Ek besef terdeë dat elke geval uniek is, maar laat my asseblief toe om met jou te deel wat ek die afgelope tien jaar geleer het.

1 Aanvaar dit

Dit is die moeilikste deel, want geen mens hou daarvan om foute te maak nie. Tob gaan nie help nie. Nie oor jou foute, jou maat se foute of wat ook al gebeur het om julle hier te laat beland nie. Dit het nou gebeur, en die genadigste ding wat jy vir jouself en almal betrokke kan doen, is om dit te aanvaar.

Dit beteken nie dat jy nie kwaad of hartseer gaan wees nie, maar die eerste les wat ek as geskeide vrou geleer het, was dat jy jou energie reg moet gebruik. Om dit te mors op die verlede is sinneloos. Gebruik dit eerder om te sorg dat die toekoms beter is vir jou en jou kinders.

Gaan sien ’n kenner soos ’n sielkundige of berader om jou te help om daardeur te werk en jou nuwe situasie te aanvaar. Hoe langer jy uitstel, hoe moeiliker maak jy dit vir jouself. Ek was gelukkig – ek het besef ek moes uit my liefdelose, baie destruktiewe huwelik kom, ter wille van myself maar ook veral ter wille van my twee kinders (destyds 5 en 8 jaar oud). Maar dit was steeds moeilik. Na byna vyftien jaar was dit moeilik om te aanvaar dat my liefde nie genoeg was nie, en dat ek – met ’n inkomste wat skaars genoeg was vir die maandelikse huispaaiement – skielik finansieel op my eie bene sou moes staan. Ek het twee keuses gehad: rondsit en myself jammer kry, of my kop oplig en begin om ’n baie slegte situasie een dag op ’n slag te probeer verander.

2 Vergewe wie ook al vergewe moet word (ook jouself)

“Is jy nou mal?” vra jy. “Hoe kan ek dit wat hy/sy aan my gedoen het vergewe?” Die lewe het my egter geleer as jy dit nie doen nie, gaan die beter dae jou bly ontwyk. Jy gaan aan niks anders kan dink nie – en ek bedoel NIKS anders nie. Jou gedagtes word besoedel deur hierdie mens wat jy toelaat om gratis in jou kop te bly, en die ergste is dat hy of sy salig onbewus is daarvan. Terwyl jy bose gedagtes dink, gaan jou maat se lewe aan. Maar dit beïnvloed elke oomblik van JOU dag (en soms nag). Dit vreet al jou emosionele energie – en jy het dit nodig vir oorlewing.

Moenie te veel tob oor hoe vergifnis nou eintlik werk nie – die eerste stap is om vir jouself te sê “ek vergewe hom/haar” (of soms jouself). Daardeur maak jy die kanaal oop vir vergifnis om te kan volg. Wanneer jy dit hardop sê (jy hoef dit nie vir die ander persoon te sê nie), breek jy die eerste skakel in die ketting om jou siel. Die res volg vanself, oor tyd, en op ’n dag word jy wakker en besef die son skyn steeds en daar is steeds duisende dinge om voor dankbaar te wees.Vergewe jy nie, gaan jou bitterheid later oorspoel na jou kinders. Hulle verdien dit nie – dis swaar genoeg vir hulle om tussen twee ouers te staan wat mekaar nie kan verdra nie, om naweke ’n tassie te pak om by die ander een te gaan kuier, of om dalk nie meer die ander ouer gereeld te sien nie. Jy skuld dit aan hulle – maar ook aan jouself – om beter te word, nie bitterder nie. Vergiffenis en aanvaarding loop hand aan hand, en doen jy die een, volg die ander een makliker.

Lees ook: Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens

3 Probeer op goeie voet bly met jou kinders se ander ouer

Let op dat ek sê “probeer”. Soms is dit eenvoudig nie moontlik nie, al probeer jy ook hoe hard, veral as dinge soos verslawings of afwykende gedrag betrokke is. Indien dit die geval is, moet jy soms moeilike besluite neem rondom wat die beste vir jou kinders gaan wees op die lange duur. As jy in so ’n situasie is (ek was) help dit om met kenners oor die beste pad vorentoe te praat. Maar dis steeds jy en jy alleen wat uiteindelik moet besluit tot hiertoe en nie verder nie (indien nodig). Jy gaan kritiek kry, maar jy weet in jou hart wie se kritiek jy ernstig behoort op te neem, en wie sŉ jy behoort te ignoreer.

Lees ook: Die ander nadraai van egskeiding

4 Aanvaar dat dinge gaan verander

Dis nou alles van jou huishoudelike begroting, tot jou vriendekring. Hoe gouer jy dit doen, hoe gouer kan jy aanbeweeg. Dit maak seer om vriende te verloor of na ’n kleiner plek te moet trek, maar wees nou eerlik: wat gaan woedende tirades jou help? Ek sê nie jy moet soos ’n doodgaangoggatjie net gaan lê nie. Allermins! Verander en voorkom wat jy kan, huil en skel en treur oor die res, maar was dan jou gesig, tel jou kop op en doen wat gedoen moet word.

As jy net een enkele wenk van my wil neem, laat dit hierdie een wees: spaar jou emosionele energie vir die regtige groot goeters. Soos dat julle heel anderkant hierdie krisis uitkom. Waar jy dit doen en saam met wie en op watter begroting, is eintlik onbelangrik.

5 Kry ’n nuwe plan

Al jou planne was tot dusver waarskynlik aan jou maat s’n gekoppel. Nou moet jy nuwe planne maak vir jou toekoms, vir alles van finansies tot ouerskap. Hoe gouer, hoe beter. MOENIE (en ek skryf dit met opset in hoofletters) jou lewe beplan om ’n potensiële nuwe maat nie. Jy MOET (ook met opset) eers vir minstens twee jaar alleen wees voordat jy dit weer in ’n nuwe verhouding kan waag. En dis nie ek wat so sê nie – dis die kenners.

In my geval was die dringendste plan wat ek moes maak om my finansies te verbeter. Ek moes ekstra werk vind, want anders sou ek en my kinders uit ons huis moes trek. Vir daardie ontwrigting en al die nuwe hartseer wat dit sou meebring, het ek nie kans gesien nie. My eerste plan was dus om meer geld te maak, en dit het my die nodige fokus gegee om my ook op emosionele vlak te help aanbeweeg. Ek was eenvoudig te besig om te oorleef om te sit en tob oor my egskeiding.

6 Doen wat vir jou en jou kinders werk

Wanneer jy skei, kry jy hope onwelkome, ongevraagde raad. Oor alles, van finansies tot ouerskap. Gebruik die nuttige raad en ignoreer die res. Jy en jou kinders moet nou jou enigste prioriteit wees. As hulle soms pap vir aandete wil hê en jy het nie tyd gehad om ’n gesonde ete te kook nie, gee vir hulle pap en moenie skuldig voel nie. Jy is net ’n mens, nie Superma nie. Dis belangriker dat daar ’n liefdevolle, ontspanne atmosfeer in die huis is as dat hulle elke aand twee groentes en vleis op hulle borde moet hê, veral aan die begin. Ek het nogal soms hiermee gesukkel, en moes ’n sielkundige gaan sien om my te help besef ek kan nie alles vir almal wees nie. Om altyd my beste ek te probeer wees was goed genoeg, en om foute te maak is menslik.

Lees ook: Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind

7 Roetine is belangrik, veral vir kleiner kinders

Hoe nou? Ek het dan nou net gesê hulle kan maar pap eet vir aandete. Inderdaad. Want pap af en toe vir aandete is nie waaroor roetine gaan nie. Roetine is dinge soos eettyd, badtyd, slaaptyd, tyd vir huiswerk. Wanneer jou kinders deur ’n traumatiese situasie gaan, is jou eerste instink om hulle maar ’n bietjie meer vryheid te gee, want hulle kry dan nou klaar so swaar. Maar dis ’n groot fout. Eintlik gee roetine noodsaaklike geborgenheid wat help met emosionele stabiliteit en wat ouerskap makliker maak. Kinders van alle ouderdomme het die sekuriteit van bekende dinge nodig, so verander so min moontlik aan dinge wat vir julle werk.

8 Moenie dissipline verslap nie

Hieroor het ek baie kritiek gekry. Vriendinne het gedink ek is gans te streng met my kinders na die egskeiding, maar dit het vinnig in lof verander toe hulle sien my kinders is rustig, sukkel nie op skool nie en kan hulself in enige geselskap handhaaf. Egskeiding is nie ’n verskoning vir swak gedrag nie (ook nie by grootmense nie). Daar is groter krisisse in die lewe as egskeiding.

9 Leer om dankbaar te leef

Al gaan dit hoe sleg finansieel (en by 90% van enkelma’s is finansies die grootste kopseer) is daar steeds baie goed om voor dankbaar te wees as jy net oplet. ’n Warm bed, kos elke dag, ’n motor (al is hy tien jaar oud), ’n goeie skool (al is dit nie ’n privaatskool nie), mooi klere (al is dit nie nuut of bekende handelsmerke nie) is alles redes om voor dankbaar te wees. Leer dit vir jou kinders. Sê saans dankie daarvoor as julle bid, en wys hulle op al die ellende en armoede rondom julle. Hoe meer jy dankie sê vir dit wat jy het, hoe meer besef jy hoe baie jy het en hoe onbelangrik dit is om nog meer bymekaar te maak.

As hulle groot is, gaan hulle nie onthou waar jy julle kos gekoop het nie, net dat hulle nooit honger gaan slaap het nie. Hulle gaan eerder die speletjiesaande, pieknieks en grappies onthou as hoe die huis gelyk het. So, maak dit lekker net daar waar julle nou is.

Herontdek klein vreugdes soos kaartspeel, bordspeletjies, kuier om ’n vuur (al is daar net wors om te braai en nie steaks nie) en lees (omdat DStv net te duur is). As jy positief is daaroor, gaan jou kinders ook wees.

Lees ook: Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?

10 Kies jou gevegte oordeelkundig

Om gedurig in konflik met jou eks te wees, is baie, baie uitputtend. Om hof toe te gaan vir iets soos meer onderhoud of waar die kinders Kersfees gaan wees, nog meer. (Boonop word prokureurs ryker en julle armer.) Konflik verteer jou, en word al waaraan jy dink. Neem nou maar iets soos onderhoud: dis byna altyd ’n twispunt tydens en soms nog jare na egskeidings. Mense aan albei kante stel dikwels onredelike eise, en ander kere probeer mense mekaar deur geld bykom sonder om te besef die kinders ly uiteindelik die meeste daaronder.

Ek het myself van die begin af voorgeneem dat ek eerder harder sal werk as om die hele tyd te baklei oor geld. Toe my kinders se pa ’n paar jaar gelede heeltemal uit hul lewe onttrek het – ook finansieel – het ek net twee keuses gehad: gevegte oor dit wat hy nie wil of kan wees of gee nie, of om daardie energie te gebruik vir my loopbaan sodat ek en my kinders uiteindelik wel sal hê wat ons weens sy besluite moet ontbeer. Ek sal jok as ek sê dat dit maklik of lekker was, maar vandag het ek meer werk as wat ek kan doen. Boonop het ek (onbedoeld) vir my kinders belangrike lewenslesse geleer: soos dat harde werk tot sukses lei, dat daar belangriker dinge in die lewe is as geld en goed, en dat jy sekere dinge maar net moet aanvaar en aanbeweeg.

Niks wat ek hier aanbeveel is noodwendig maklik nie, maar dis alles moontlik. Party daarvan het ek dadelik reg gedoen, ander het ek op die harde manier geleer. Maar dit werk beslis, en ek hoop dit maak jou stryd ’n klein bietjie makliker.

En as vandag vir jou besonder grys voel, onthou: this too shall pass.

Lees ook: Middeljare: Krisis of keerpunt?

The post Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke appeared first on rooi rose.

Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?
Deur Anys Rossouw. Foto: Pexels

Sensitiewe mense het die gawe van ’n sagte gees en ’n fyn aanvoeling en deernis vir mense, diere, die omgewing en estetika. Hul beleef, gee, leef en het die vermoë om met intensiteit lief te hê. Hul trane vloei maklik oor die mooi of oor die hartseer van die lewe. Hulle is jammer vir en het deernis met die gebrokenes. Hulle hoor reeds as kinders dikwels: “Dis nie so erg nie, dis regtig nie nodig om so te oorreageer nie – kom net daaroor. Jy sal net taaier moet word, die lewe is nie maklik nie.”

Dit beteken nie sensitiwiteit is ’n swakheid nie. Inteendeel, dis juis die vermoë om werklik fyn en intuïtief te kan voel, empatie te hê en met passie kreatief te kan wees. Sensitiewe mense ervaar groter plesier in die klein dingetjies – kos, die natuur, die kunste.

Hulle smag na outentieke, diep betekenisvolle ervarings en verhoudings. Hulle verwag respek, eerlikheid en om presies te weet waar hulle met mense in verhoudings staan. As hulle jou vertrou, gee hulle hul eerlike self met egtheid en warmte maar dubbel-boodskappe, manipulasie en onsekerhede vreet hulle op. Hulle hou mense fyn dop en lees dikwels baie en selfs te veel in ander se woorde, stemtoon en lyftaal, en indien hulle ervaar dat jy hulle verloën, verwerp, verneder of minderwaardig laat voel, sal hulle die verhouding beëindig. Dis vir hulle ’n baie pynlike ervaring en hulle sal weke en maande lank worstel met intense emosies wat wissel tussen skuldgevoelens, wrokkigheid en hartseer. Maar hulle kan nie leef met situasies wat hulle as bedreigend beleef nie.

Sensitiewe mense het die gawe van ’n sagte gees en ’n fyn aanvoeling en deernis vir mense, diere, die omgewing en estetika

Hoogs sensitiewe mense is dikwels weerlose, gemartelde siele wat swaar dra aan die gebrokenheid van die wêreld. Hulle beleef ander soms as wreed, ongenaakbaar en bar en voel maklik uitgebuit, gewond en te na gekom. Onskuldige of gewoon onnadenkende opmerkings sal as kwetsend, verwytend en onsensitief ervaar word. Ander mense kan weer glad nie verstaan hoe iemand so fyngevoelig kan wees en ’n bohaai oor ’n grappie of onskuldige opmerking kan maak nie. Dis belangrik om te besef dat wanneer ’n sensitiewe mens daardie selfde opmerking sou maak, dit met die intensie sou wees om iemand te wond of te verkleineer.

Hul senuwee-eindpunte is prikkelbaar, hul vel letterlik en figuurlik dunner en daarom is hoogs sensitiewe mense hipersensitief in die wyse waarop hulle sensoriese stimuli prosesseer. Sensoriese prosesserings-sensitiwiteit (SPS) is niks anders as ’n eienskap van iemand se temperament en menswees nie. Dis geen versteuring of afwyking nie. Hierdie mense is hipersensitief vir eksterne stimuli en prosesseer kognitiewe, fisieke en sosiale stimuli dieper en reageer emosioneel meer reaktief en intens.

Die navorsingsielkundiges Elaine en Arthur Aron het bevind dat 15% tot 20% van die bevolking sensories prosesseringsensitief is en dat hulle sensoriese data dieper prosesseer vanweë die aard van hul sentrale senuweestelsel. Hulle het ’n hoër respons op stimuli soos pyn, honger, harde geluide en skerp ligte, asook vir stimulante soos kafeïen wat hulle boonop baie makliker oorstimuleer. Hulle reageer meer intens en dikwels stadiger omdat die verwerkingsproses daarvan hulle langer neem. Hulle sal daarom dikwels versigtiger wees om risiko’s te neem. Omdat hulle makliker deur eksterne stimuli oorweldig word, ervaar hulle makliker stres, angstigheid en depressie wat tot slaap- en gesondheidsprobleme kan lei. Sulke mense het boonop dikwels ’n fyner aanvoeling vir die estetiese – die skone dinge van die lewe laat hulle beter voel en maak hulle oop en toeganklik.

Lees ook: Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is

Hul senuwee-eindpunte is prikkelbaar, hul vel letterlik en figuurlik dunner en daarom is hoogs sensitiewe mense hipersensitief in die wyse waarop hulle sensoriese stimuli prosesseer

Madeleine* sê: “My lewe lank beskuldig almal my dat ek ’n berg van ’n molshoop maak. Mense verstaan my nie. Ek moes gereeld hoor dat ek oorreageer, paranoïes is en my dinge verbeel. Ek moet leer om nie so emosioneel te wees nie, nie alles so te ontleed nie. Ek het regtig gevoel daar is fout met my. Wat blykbaar vir ander kleinighede is, soos die voortdurende eise wat aan jou gestel word, ’n oorvol skedule en ’n raserige omgewing, is vir my een te veel en mergel my uit. Ek probeer om gaaf en sensitief teenoor ander te wees maar dit bly voel asof ander sonder rede op my trap. In ’n desperate poging om te oorleef, het ek my met verloop van tyd al hoe meer onttrek en mure om my gebou.”

Ander mense se goedbedoelde pogings om sensitiewe mense te help, het dikwels juis die teenoorgestelde uitwerking. Hulle beleef jou optrede as kritiek en verwerping – hulle glo dat ander nie werklik omgee nie en hulle eintlik as minderwaardig en ontoereikend beskou. Dit verhoog hul stres, verminder hul selfvertroue en steel hul geluk.

Johan* vertel: “My vrou is ’n moeilike, oorsensitiewe mens. Dit voel of ek heeltyd op eiers loop. Sy ervaar alles as kritiek. Ek mag nie van haar verskil nie, want dan hoor ek haar nie en wil net my sin hê. Ek word voortdurend daarvan beskuldig dat ek nie omgee nie – ek het immers die aanvoeling en sensitiwiteit van ’n vis! Kyk ek televisie, is dit te hard. Die huis is deurmekaar – alles moet silwerskoon en pynlik netjies wees. As ek nie dadelik haar teksboodskap antwoord nie, is dit ’n krisis. Raas ek met die kinders, of praat ek net ernstig met hulle, skree ek. As ek met haar oor iets wil praat, is die tyd nie reg nie. Sy reageer met ontsteltenis en woede op die kleinste goedjies.”

Lees ook: Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens

Hoe om sensitiewe mense te hanteer

Aanvaar en hanteer hulle met deernis en nie met oordeel nie. Hul reaksies word immers bepaal deur ’n sentrale senuweestelsel wat anders as joune is.

Erken hul gevoelens; dis nie versin of oordryf nie. Hulle ervaar werklik dinge met groter intensiteit. En dis nie hulle skuld nie.

Geniet en gee ook erkenning aan die sagtheid, deernis, detail en daardie spesiale sensuele ervarings wat danksy haar sensitiwiteit deel van jul verhouding is.

Praat sagter en rustig wanneer jy naby haar staan.

Wees eerlik oor jou gevoelens. Moenie sê alles is reg wanneer dit nie is nie. Sensitiewe mense kan aanvoel wanneer dinge ’n ander loop neem en dit vreet hulle op as hulle nie weet wat die probleem is nie.

Probeer om werklik soos hoogs sensitiewe mense te luister. Sit, wees rustig, moenie advies gee of hulle probeer oortuig dat hul persepsie verkeerd is nie, of dit vir jou sin maak of nie. Luister om te verstaan wat hulle werklik ervaar.

Gun hulle die ruimte om met hul eie gedagtes en take besig te wees. Moenie hulle onderbreek, of skielik planne verander en allerhande goed op hulle stort nie. Skeduleer ’n tyd wanneer julle kan praat en sê vooraf waaroor dit gaan.

Help hulle om sensoriese stimuli, soos harde klanke en geraas, skerp, flitsende ligte en onaangename reuke wat vir hulle oorweldigend is, op ’n vlak te bestuur wat vir hulle hanteerbaar is. Sommige mense hou dalk nie van bepaalde reuke, ligte, of klanke nie, maar hoogs sensitiewe mense háát dit en kan dit nie hanteer nie.

Gun hulle die ruimte om hul omgewing en program so uit te werk dat dit vir hulle hanteerbaar is. Hulle kan vir ander veel-eisend voorkom, maar wanneer hulle voel dat daar ruimte vir hul menswees is, het hulle gewoonlik ook ruimte vir ander se behoef-tes en menswees.

Maak seker dat julle jul verwagtinge duidelik en gereeld aan mekaar kommunikeer. Jy moet weet wat die dinge is wat haar oorstimuleer en ’n emosionele reaksie gaan uitlok. Leer om saam maniere uit te werk wat albei se verwagtinge sal balanseer, of hoe om moeilike situasies met deernis en sensitiwiteit te bestuur.

Kommunikeer. Sy moet ook verstaan dat jy dit werklik anders as sy beleef, bedoel en sien. Jy moet besef dat te veel dinge wat gelyk gebeur, ’n chaos, of ’n deurmekaar omgewing tot oorstimulasie lei. Probeer saamwerk aan ’n ruimte en ’n program, maar ook ’n lewe met meer openheid en eenvoud. Gooi weg, maak minder.

Aanvaar dat al probeer jy hoe hard, daar steeds situasies gaan wees wat hom gaan ontstel en oorweldig. Hanteer dit met kalmte en skep ruimte sodat die emosie kan uitwoed. Bespreek die kwessie eers wanneer albei weer kalm is. Fokus op wat elkeen kan doen om die situasie te ontlont en ’n oplossing te kry, eerder as op wie nou eintlik reg of verkeerd is.

Onthou hulle het al soveel keer seergekry. Verseker hulle van jou liefde en bedoeling. “Niks kan ooit my liefde vir jou in gedrang bring nie. Jy sal altyd vir my spesiaal en deel van my lewe wees.”

Vra om verskoning. Ná konflik is daar altyd iets waarvoor jy om verskoning kan vra, al voel jy dit was nie jou skuld nie. Jy vra nie verskoning vir iets wat jy voel jy nie verkeerd gedoen het nie maar jy kan wel sê: “Ek is jammer dat ons baklei het”.

Wat glad nie werk nie

Kritiek, verwyte, vernederende en afbrekende opmerkings, veral rakende hul sensitiwiteit en emosies: “Jy is net oorsensitief … ” “Kom oor jouself, moenie alles so persoonlik neem nie.”

Sarkasme en grappies oor hul sensitiwiteit. Hul sien nie die humor daarin nie, maar beleef dit as bytende spot.

Speel op hul emosies en laat hulle skuldig voel: “Dis nie net jy wat gevoelens het nie … Is dit nodig om oor alles te kla?”

Neem hulle onder kruisverhoor en peper hulle met gelaaide vrae: “Hoe seker is jy dat jy jou nie net verbeel het nie?”

Probeer om hulle met leë beloftes gerus te stel: “Ag, dis nie so erg nie. Ontspan net, alles sal uitwerk.”

Beskuldig hulle daarvan dat hulle emosioneel is en nie logies redeneer nie.

Laat hulle verstaan dat daar iets met hulle fout is. “Gaan spreek iemand, jy het hulp nodig. Jy maak jou dinge wys.”

Hulle is dikwels engele wie se vlerke deur die hardheid van die lewe geskroei word, maar wat soveel het om te gee

Sensitiewe mense is meestal die kampvegters teen onregverdigheid en wreedheid en maak die wêreld ’n emosioneel veiliger plek. Hulle is dikwels engele wie se vlerke deur die hardheid van die lewe geskroei word, maar wat soveel het om te gee. Hulle kan vlieg en die son vir ander gee, en wys as hulle gemaklik in hul dun velle kan wees en geliefd en aanvaar voel. Weerlose, aanvaarde en gekoesterde sensitiwiteit is die geboorteplek van kreatiwiteit, intimiteit, liefde en die vreugdevolle gevoel van hier is ek tuis, hier hoort en behoort ek.

Is jy hoogs sensitief?

Jy ervaar emosies intens.

Jy raak maklik emosioneel en ontsteld en huil maklik oor jou eie of ander se hartseer, of wanneer jy ’n boek lees of na ’n rolprent kyk.

Onregverdigheid, of enige vorm van geweld, is vir jou ontstellend en jy kan dit nie aanskou of hanteer nie.

Jy tree uiters goedgemanierd en sensitief op.Te veel klanke, ligte, reuke, drank of sensuele ervarings kan jou maklik oorstimuleer.

Jy is ingestel op die kreatiewe.

Jy het jou eie ruimte nodig en hou nie van oopplanwerkplekke nie.

Jy verkies om alleen en in ’n rustige omgewing te oefen.

Jy kom dit dadelik agter wanneer ander ontsteld is.

Detail is belangrik en jy is oplettend.

Jy sukkel om nee te sê en probeer ander tevrede hou.

Kritiek en konflik is baie ontstellend.

Jy is meer bewus van die subtiele nuanses in geselskappe en mense se reaksies as die meeste mense.

Jy is in talle opsigte perfeksionisties en kreatief.

Die skone kunste trek jou aan. Jy hou van ’n mooi, netjiese en skoon omgewing.

Jou liggaam is sensitief en jou pyntoleransie is nie hoog nie. Jy raak maklik siek en beleef die simptome intens.

Om sensitief te wees, is nie iets wat weggesteek of reggemaak moet word nie, want dis nie verkeerd nie. Dis wel iets waarvan mense van hulself of hul maat moet weet, erken, en moet leer om te hanteer en bestuur.

Wat sensitiewe mense kan doen

Erken jou sensitiwiteit en aanvaar dit as deel van wie jy is. Dis nie ’n fout of swakheid nie, dis net hoe jy is. Kry hulp, of ontwikkel jou eie maniere om te leer hoe om hierdie eienskap te bestuur sodat dit nie jou verhoudings versuur, jou geluk steel en jou selfbeeld aftakel nie.

Besef dat jy jou grootste vyand kan wees. Kyk met sagtheid en empatie na jouself en jou hoë standaarde.

Geniet jou gawes: jou intuïsie, jou fyn waarneming en daardie aanvoeling wat jou dryf om goed en reg op te tree.

Gebruik jou kreatiwiteit as ’n uitlaatklep. Skep goeie roetines: genoeg slaap, goed en reg eet en genoeg oefening. Dit sal help om oorstimulering te voorkom.

Maak seker jy het genoeg tyd om jou batterye te herlaai. Luister na jou liggaam, anders sal jy voortdurend tussen te veel en dan weer te min stimuli fluktueer.

Skep ’n minimalistiese lewe en omgewing: minder is vir jou meer.

Besef daar gaan altyd mense wees wat jou nie kan verstaan nie. Hulle is anders en is dus nie doelbewus daarop uit om jou af te takel en te vermorsel nie.

Probeer om ’n ander perspektief, asook ’n begrip vir hul menswees te ontwikkel.

Soek ander sensitiewe mense wat jou sal verstaan en met wie jy naby-verhoudings kan bou.

Moenie emosionele mure om jou bou wat jou teen die wêreld se onsensitiewes moet beskerm nie. Leer eerder om grense te stel met inagneming van jou behoeftes en wat jy kan hanteer en kommunikeer dit duidelik aan ander.

Anys Rossouw is ’n sielkundige in Menlopark.

Lees ook: Stiefkinders maak my lewe hel! Wenke vir stiefouers

The post Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek? appeared first on rooi rose.

5 maniere om depressie te bekamp
Foto Pexels

Het jy geweet een uit elke ses Suid-Afrikaners ly aan angs of depressie (met die uitsondering van meer ernstige toestande soos bipolêre versteuring of skisofrenie)?

Dr Renata Schoeman, lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Psigiaters (SASOP), sê nóú is die tyd vir mense om bewus te raak van ongesonde lewenstyle om sodoende hul kanse op geestesgesondheidsverwante siektes te beperk.

“Ons was almal al voorheen daar, waar dit veel makliker en lekkerder is om eerder vir ure die rusbank warm te hou as om jou hardloopskoene uit ’n stowwerige kas op te diep. Sodra jy wel die skuif gemaak het, is dit onmiskenbaar hoe fantasties jy ná oefening voel. So, hoekom wag om ’n bewuste keuse te maak om gesonder te wees? Om jou gesondheid eerste te stel, sal ’n ongelooflike positiewe uitwerking op alle gebiede van jou lewe en gemoedstoestand hê.”

Lees ook: Oefen jouself fiks en sterk

Die verband tussen fisieke fiksheid en geestesgesondheid is al oor en oor bewys. Baie mense verkies egter om op ’n besige lewenstyl te fokus eerder as om te besef dat om onaktief te wees op die langtermyn ’n negatiewe uitweking op hul gesondheid, maar ook op hul gemoedstoestand sal hê. Oefening is ’n sterk teenvoeter vir ligte tot matige depressie, dit is ’n natuurlike bui-opkikker en het ’n geweldige positiewe impak op emosies.

“Oefening stel endorfiene vry wat jou energiek hou, jou fisies moeg maak en jou gevoel van welsyn verbeter. Dit bevorder neuronale groei en verminder inflammasie van die brein. Hierdie biologiese veranderinge het ook kalmte tot gevolg. Een van die belangrikste voordele van oefening is die positiewe invloed wat dit op die handhawing van gereelde slaapsiklusse het. Gemoedstoestande en angsversteurings kan slaap negatief beïnvloed en slaapsteuring kan bydra tot die ontwikkeling van gemoeds- en angsversteurings.

Lees ook: 6 slaapprobleme, 6 oplossings

“Nog ’n voordeel van oefening is die moontlikheid wat dit skep om, op ’n gesonde manier, sosiaal aktief te wees. Dit is die beste manier om stres en spanning te verlig en angs hok te slaan. Jy fokus eerder op ander dinge as om voortdurend besig te wees met die dinge wat jou juis angstig maak.”

Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk

Dr Schoeman sê verder diegene wat aan ADHD ly kan baie voordeel trek uit oefening aangesien dit konsentrasie en geheue verbeter deur die vlakke van dopamien wat in die brein verhoog word. Dit is ’n belangrike toevoeging tot medikasie wat gebruik word vir die behandeling van ADHD en kan selfs die pasiënt se behoefte vir medikasie verminder.

Lees ook: ADHD – Is dit dalk jy?

“Het jy geweet oefening kan jou eintlik slimmer maak? Dit wakker kreatiwiteit aan en help met vinniger probleemoplossingvermoëns, maak voorsiening vir beter fokus en konsentrasie, wat op sy beurt lei tot die toename in produktiwiteit. Dit stimuleer ook die groei van nuwe neurone in die geheue-areas van jou brein.”

Wanneer jy 30 minute se fisiese oefening vyf keer ’n week kan inpas, kan jy begin kyk na ander selfversorgingsareas in jou lewe om jou gesondheid geheel en al te verbeter.

“Om balans tussen jou persoonlike en professionele lewe te vind, moet mens ’n paar veranderinge maak. Begin klein – die idee is om jouself nie te oorweldig nie, eerder andersom. Met elke klein verandering sal jy agterkom dat ander areas van jou selfsorgreis natuurlik verbeter, omdat dit jou ingesteldheid is om gesonder te wees.”

Dr Schoeman glo dat ’n gebalanseerde dieet, opvoeding, sosialisering en voldoende slaap hand aan hand gaan met oefening om die basis te vorm vir wat nodig is vir goeie geestesgesondheid en algemene welsyn.

“Jou brein is toegerus om lewenslank te leer en hoe meer jy dink, hoe beter funksioneer jou brein, ongeag jou ouderdom. Begin dus met neurobics deur jou brein te stimuleer met aktiwiteite soos kuns, kunsvlyt, reis, om musiekinstrumente te bespeel en vrywilligerswerk.”

Lees ook: Mediteer só met inkleurboeke vir grootmense

Daar is ’n gesegde wat sê jy is wat jy eet. Dr Schoeman glo ’n gebalanseerde dieet wat vesel, Omega 3 en vitamiene B en E insluit, sal die risiko van demensie verminder, korttermyngeheueverlies verbeter, jou bui opkikker en leervermoë, energie en konsentrasie verhoog.

Lees ook: Vitamienes wat vasvat

Kan jy Alzheimer keer? Lees hier

“Die volgende stap is om te sosialiseer. Om gelukkig te wees is aansteeklik en as jy jouself omring met mense wat jou vlak van geluk verhoog, sal jy ’n afname in stres, depressie en selfs hartsiektes sien. Fisieke liefde verbeter jou gemoedstemming en lag is die beste medisyne wanneer dit by geestesgesondheid kom.”

Lees ook: Leef lig en lag ’n bietjie

Dr Schoeman glo die laaste stap is voldoende slaap. Dit gee jou immuunstelsel ’n hupstoot en behou hormonale balans wat vetsug en diabetes voorkom. Voldoende en gereelde slaap voorkom ook geestesgesondheidsprobleme soos depressie, deur emosionele welstand te verhoog. Slaap is daarby ook baie belangrik vir konsentrasie, geheue en leer en selfs voorkoming van demensie, want “afvalprodukte” wat ophoop wanneer jy wakker is, word deur slaap “weggespoel”.

The post 5 maniere om depressie te bekamp appeared first on rooi rose.

Tienerselfdoodvoorkomingsweek
– Versorg deur Mariette Snyman. Foto Pixabay

Selfdood ruk ’n gemeenskap, om nie te praat van die persoon se nabymense nie. In Suid-Afrika neem kinders so jonk as ses of agt jaar hul eie lewens. In ons land het ’n skokkende een uit vier tieners al probeer om hul eie lewe te neem. Elke 24 uur vind honderde selfdoodpogings plaas.

Hierdie tragedies maak dit duidelik dat ons kinders en tieners dringend beter gesondheidsorg en meer emosionele steun nodig het.

Lees ook: Selfdood onder kinders

Kan selfdood onder kinders en tieners voorkom word?

“Tienerselfdood is meestal impulsiewe optrede deur ’n tiener wat waarskynlik met ’n reeks probleme in hul persoonlike, gesins- of skoollewe worstel,” sê  die kinderpsigiater dr. Clarke. “Iets gebeur wat alles net te veel laat word, en dan neem hulle hierdie ingrypende stap.

“Om ’n tiener te wees is reeds moeilik. Tieners moet groot uitdagings hanteer. Hulle gaan hoërskool toe en vorm nuwe verhoudings, wat baie keer verwarrend is. Daar is baie oppe en awwe, en ander mense dink soms verkeerdelik dat dit maar net die normale buierigheid van ’n tiener weerspieël. Dit is egter nie altyd die geval nie.

“Bewustheid en eerlike gesprekke is baie belangrik. Slegs bewusmaking kan ’n einde bring aan die depressie waaroor soveel tieners stilbly. Tieners met selfdoodgedagtes sal eerder hul vriende as hul ouers daarvan vertel. Daarom besoek die South African Depression & Anxiety Group (SADAG) talle skole landwyd met hul “Suicide shouldn’t be a secret”-veldtog. Hulle gesels met die leerlinge oor wat jou te doen staan as ’n maat selfdoodgedagtes koester. Elke skool sal brosjures en polsbandjies met noodnommers ontvang.”

Lees ook: Lig jou kind uit depressie

Bewustheid en eerlike gesprekke is baie belangrik

As jy of jou geliefdes eensaam voel en geen vreugde vind in dinge wat voorheen vir jou/hulle lekker was nie, gebruik gerus die aanlyn Teen Suicide Prevention Tool Kit by sadag.org vir nuttige selfhelpwenke, video’s, plakkate en maniere om hulp te kry. Besoek gerus ook sadag.org, of gaan direk na die Facebookblad The South African Depression and Anxiety Group

Waarskuwingstekens

Wees bedag op waarskuwingstekens by jouself of iemand anders en kry onmiddellik professionele hulp. Jy kan ook The South African Depression & Anxiety Group se gratis selfdood-krisishulplyn skakel by 0800 567 567 (8.00 tot 20.00, sewe dae per week).

Hier is die tekens:

Praat oor, of dink aan doodgaan

Ervaar ’n diep depressie, mood swings of leegheid

Onttrek van nabymense

Voel hooploos en alleen

Gebruik meer alkohol en dwelmmiddels

Voel soos ’n las vir ander

Tree roekeloos op of bly rusteloos

Ervaar veranderinge in eet- en slaappatrone of energievlakke

Berei voor op die dood – gee besittings weg, of stel ’n testament op

Het geen plesier aan enigiets nie

Opmerkings soos “Niks maak meer saak nie” of “Julle sal beter af wees sonder my” moet die waarskuwingsligte laat flikker!

Lees ook: Jou kind en die dood: 9 waarskuwingstekens

The post Tienerselfdoodvoorkomingsweek appeared first on rooi rose.

My lewe met Parkinson se siekte
Foto ter illustrasie: Pixabay

Op 22-jarige ouderdom, na ’n knie-operasie en terwyl my been in gips is, kom ek agter my voet bewe. Ek is nie bekommerd nie, dit is seker maar die gips wat ’n senuwee vasdruk. Toe die gips egter 6 weke later verwyder word, bewe my voet nog steeds en my nek maak ook vreemde trekbewegings. My huisdokter verwys my na ’n neuroloog en met my eerste besoek deel hy my mee ek het Juvinile Parkinsonism.

Die woord Parkinson’s het my soos ’n hamer tussen die oë getref. Ek het in ongeloof na hom gestaar. Dit is dan ’n ‘oumenssiekte’! My keel het toegetrek en ek kon eers na ’n rukkie die woord prognose uitkry. Sonder om te huiwer het hy gesê: “Jy kan verwag om oor so 6 jaar in ’n rolstoel te wees en jy sal voltydse versorging nodig hê.” My wêreld het op daardie oomblik gaan stilstaan en al waaraan ek kon dink was, ‘wat van my kinders?’

Lees ook: Het jy vroeë Parkinson-siekte?

Eers nadat die gedagte ingesink het, het die ‘hoekom ek?’-vrae begin en daarna die woede. Ek was kwaad vir die dokter en ek het in daardie oomblik besluit om te VEG teen hierdie siekte wat dreig om my hele lewe te kom steel.

Ek het gou besef ek kan niks daaraan verander nie. Parkinson se siekte is onomkeerbaar en degeneratief en die gedagte daaraan het my benoud gemaak. Ek het geleer om nie meer ‘hoekom’ of ‘waarom’-vrae te vra nie, maar om my eerder met kennis oor die toestand te bewapen. Ek het alles oor die siekte bestudeer en navorsing gedoen. Dit was ’n stresvolle tyd waarin ek my nuwe ‘reisgenoot’ se nukke en grille leer ken het.

Sewe jaar later is ek en my man met nog twee kinders geseën. Maklik was dit nie, maar my kinders was my alles. Ek moes my medikasie tydens die swangerskappe staak en ek het geweldig gesukkel. Ek was styf en ek het die klein lyfies moeilik hanteer, maar ek was vasbeslote om alles moontlik vir my kinders te doen.

Dit was gedurende hierdie tyd dat my jonger suster Jonet (in daardie stadium 27-jaar oud), ná ’n galblaasoperasie ook met Parkinson se siekte gediagnoseer is.

Ek en sy is daarna saam na Tygerberg Hospitaal waar ons paaie met die van Prof. Jonathan Carr gekruis het. Hy doen intensief navorsing oor Parkinson se siekte en hy het met ons bloed (wat Switserland toe gestuur is vir toetse) probeer vasstel of die siekte in ons gene voorkom. Na omtrent 18 maande se navorsing het die uitslag negatief teruggekom.

Die feit dat ek en my sussie albei ná ’n operasie die simptome gekry het, was as gevolg van die narkose. Dit was die sneller.

Ons was in daardie stadium die jongste Parkinson-lyers in Suid Afrika en het onder die medici bekend gestaan as “The Two Sisters”.

Die spanning wat met die siekte gepaardgaan het sy tol begin eis en my huwelik het dit nie gemaak nie.

Vandag ondervind ek goeie en slegte dae. Ek het geleer om die goeie dae optimaal te gebruik en ek raak nie meer ontsteld wanneer ek op sekere dae minder kan doen nie. Ek raak wel gefrustreerd met my hande en voete wat nie wil saamwerk nie. En ja, ek huil ook soms, maar ek het geleer dat trane niks aan die situasie kan verander nie.

Die onkunde van die publiek en onsensitiewe opmerkings het my aanvanklik gevang maar ek het oor die jare gewoond geraak daaraan. Ek moes al male sonder tal hoor, ‘Kyk daai dronk vrou,’ of wanneer ek my ‘masker-gesig’ opsit (wanneer my gesig emosieloos is) behandel hulle my asof ek breingestremd is.

Parkinson se siekte tas ook mens se spraak aan. Gee ons tyd om self te praat. Moenie vir of namens ons praat nie. Soos wat ons stadiger raak, neem dit ’n bietjie langer om ons gedagtes te formuleer. Moet ons asseblief nie uitsluit uit ’n gesprek nie.

Ek het geleer om baie maklik met mense te praat wat na my staar en hulle meer oor my situasie te vertel.

Ek het ook geleer om gemaklik met my kierie in die openbaar te wees. Ek vind dat mense minder staar en selfs hulp aanbied as ek vassteek. Ek maak ook al van ’n rolstoel gebruik wanneer ek op ’n lughawe is en moet vlieg.

Jy moet vir jouself en jou omstandighede kan lag. Dit maak dinge soveel makliker. My geloof hou my staande wanneer my omstandighede dreig om my onder te kry.

Vandag, 36 jaar later, is ek ’n ouma van vyf pragtige kleinkinders. Ek is hul ‘bewe’-ouma en my kleinseuns glo hul ouma het jellie op haar knieë. Ek kan dalk nie alles saam met hulle doen wat ek graag sou wou nie, maar ek geniet elke oomblik saam met hulle.

Een ding is seker … ek het die dokter se 6-jaar-rolstoel-uitspraak verkeerd bewys.

Ek is baie dankbaar dat ek nog feitelik alles vir myself kan doen. Ek kan net nie meer multi-task nie want wanneer ek loop moet ek dink watter voet om op te tel; as ek eet, watter hand om te gebruik en as ek wil omdraai moet ek eers stilstaan en dan eers weer die voetwerk bedink.

Ek hou nie meer daarvan om inkopies te doen nie want ek sukkel om tussen mense rond te beweeg, óf die winkeltrollie hardloop met my weg.

Daar is dinge waaroor ek baie sterk voel en ek is dankbaar vir die effense hardkoppigheid wat maak dat ek nie sal opgee nie. Nie nou nie, nie môre nie, nooit nie! Een daarvan is om my grasie te behou in hierdie soms moeilike omstandighede. Vir my beteken grasie my trots en my vermoë om hierdie siekte te aanvaar en nie moed op te gee nie. Ek stoei soms om al die punte bymekaar te hou maar dit sal my nie onderkry nie.

Dan het ek ook ’n wonderlike ondersteuningsnetwerk. My kinders en kleinkinders, my twee susters en my broer, my familie en vriende en dan my verloofde wat my liefhet met my bewe en al.

Parkinson’s makes me shuffle.

Parkinson’s makes me shake.

Parkinson’s makes me sleep,

it keeps me awake,

it makes me tired,

it makes me weak,

it makes me misunderstood.

But boy … I AM GOOD!

The post My lewe met Parkinson se siekte appeared first on rooi rose.

Spieëltjie, spieëltjie … Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet
Spieëltjie, spieëltjie … Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet deur Cornel Dunn. Hooffoto: pexels

Karlien* is ’n aantreklike, vyftigjarige vrou en ouma van drie. Sy het die afgelope paar jaar reeds ses kosmetiese operasies ondergaan. En sy bly ongelukkig oor haar voorkoms.

“Ek onthou dat ek van my dogtertjiedae af lelik gevoel het. Ek is die oudste van twee dogters. My kleinsus het die skoner gene geërf. Sy is feetjiefyn met ’n soel vel en lang, donker hare. Ek daarenteen, het ’n groter beenstruktuur, rooi krulhare en baie sproete. Mense sou dikwels opmerkings maak oor hoe baie ons twee verskil. Boonop het ek die grootste deel van my lewe met my gewig gesukkel.

“Op universiteit het ek anoreksie ontwikkel en weke in ’n kliniek deurgebring. Net toe ek dink ek wen, toe verloor ek! Op vyftig sukkel ek steeds met my eetstoornis. Dinge het uitgekring toe ek vir die eerste keer plastiese chirurgie ondergaan het. Eers die oë, toe ’n tummy tuck en later ’n volle gesigsontrimpeling. Steeds het die euforie my ontglip … ”

“Daar is net een spieël in my huis – bokant my wasbak. Geen vollengte spieëls word in my blyplek toegelaat nie. Party dae staan ek voor my kas en voel dat geen kledingstuk wat my gister gepas het, vandag sal pas nie. Ek verdrink my in los broeke en los hemde. Ek honger my uit en gaan elke dag gim toe. Om te grimeer is nog ’n berg om te klim. Ek sien my gesig van naby en dis nie vir my lekker nie. ”

“Ek is voortdurend op die Internet op soek na raad en nuwe maniere om my grimering aan te wend. Hoe maak jy jou halfmaangesig skraler, jou groot neus kleiner?”

Karlien het besluit om ’n kliniese sielkundige te gaan spreek – met groot sukses, en kry nou ook angsmedikasie.

*Skuilname is gebruik

Lees ook: Jy mág sê jy’s mooi!

pexels

’n Kliniese sielkundige aan die woord oor liggaamsdimorfiese steurnis

Ons het dr. Hanru Niemand, ’n kliniese sielkundige, oor liggaamsdismorfiese steurnis uitgevra:

Wat is liggaamsdismorfiese steurnis?

Dié versteuring (body dysmorphic disorder), word gekenmerk deur iemand se beheptheid met “defekte” in sy voorkoms. Dié sogenaamde defekte is klein, skaars merkbaar vir ander, of selfs afwesig. Dis soms moeilik om die steurnis te diagnoseer as dit met gewigskwessies verband hou, want die beheptheid gaan dikwels met ’n eetsteuring gepaard.

Mense kan behep wees met iets soos die vorm van hul ore, hande, voete, of die grootte van hul neus. Sommige mense, meestal mans, kan ook behep wees met hul spiere, wat hulle kan dryf om oorboord te gaan met liggaamsbou-oefeninge. Min mense is heeltemal tevrede met hoe hulle lyk, daarom moet die beheptheid klinies beduidende emosionele ongemak veroorsaak voor liggaamsdismorfiese steurnis (LDS) gediagnoseer kan word.

Dit beteken mense bestee uitermate baie energie en tyd aan kommer oor hul voorkoms en sal tot uiterstes gaan om die defek reg te stel, soos deur oordadige plastiese chirurgie. Onthou, om plastiese chirurgie te kry maak nie noodwendig van iemand ’n LDS-lyer nie. Trouens, LDS kan by net sowat 8% van pasiënte wat plastiese chirurgie ondergaan, gediagnoseer word.

Kom jy die steurnis dikwels teë?

Nee, dit is ’n betreklike skaars versteuring, met ’n voorkoms van sowat 2% in die algemene bevolking, vergeleke met iets soos major depressie waarvan die voorkoms oor lewensduur sowat 15% is.

Wanneer begin die versteuring oor die algemeen?

Gewoonlik in die tienerjare. Van daar af is die verloop dikwels chronies, so die steurnis kan by pasiënte van enige ouderdom voorkom.

Wat van mense wat ouer word en nie meer tevrede met hul voorkoms is nie?

Namate mense ouer word, is daar natuurlik meer dinge om oor ontevrede te wees. Maar die definisie van LDS sluit hier-die normale mismoedigheid oor veroudering en jou voorkoms uit.

pexels

Hoe beïnvloed gewig LDS?

Iemand met LDS kan met gewig behep wees, maar is dikwels ook met ander liggaamsdele behep. Verder gaan ’n intense beheptheid met gewig gewoonlik gepaard met ewe intense pogings om gewig te verloor of maer te bly. In so ’n geval sal jy eerder ’n eetsteurnis diagnoseer.

Is daar ’n verband tussen LDS en angs?

Daar kan ’n noue band wees omdat hulle in dieselfde selfbeeld en wêreldbeeld gewortel is. Sou jy glo dat jy nie goed genoeg is nie en dat die wêreld ’n ongenaakbare plek is waar mense se oordeel besonder fel en oppervlakkig is, kan dit tot sosiale angs aanleiding gee. Dit kan dan ook gebeur dat iemand sy selfbeeldprobleme as ’t ware aan een liggaamlike defek haak. Die betrokke liggaamsdeel word dan by wyse van spreke ’n simbool van alles waaraan hy tekort skiet.

Wat is die verskil tussen anoreksie en LDS?

By eetsteurings soos anoreksie ly pasiënte ook aan ’n beheptheid met voorkoms, maar die defekte in voorkoms is uitsluitlik met betrekking tot gewig en vet-wees. In anoreksie se geval gaan die beheptheid oor in ekstreme gedrag om gewigsverlies te bewerkstellig.

Speel iemand se verlede ’n rol?

Ja, die verlede speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van LDS omdat vorige ervarings hul self- en wêreldbeeld vorm. Verder kan iemand ook sy of haar ouers se gedrag naboots. As Ma of Pa ook behep was met voorkoms, of besonder klem gelê het op die kind se voorkoms, kan groot dele van die selfbeeld in liggaamlike voorkoms belê word.

Hoe groot is hierdie probleem in Suid-Afrika?

Ons aanvaar die voorkoms is ruweg dieselfde as die internasionale koers, dit wil sê so 2%. ’n Onlangse studie wys die voorkoms onder studente aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit is sowat 5%.

Kan hierdie probleem tot selfdood lei?

Potensieel kan dit tot selfdood lei omdat dit depressie kan veroorsaak, wat op sy beurt ’n potensieel lewensgevaarlike siekte is.

Hoe behandel jy LDS?

LDS, soos baie ander geestesongesteldhede, word ten beste behandel deur ’n kombinasie van medikasie en psigoterapie. Ek gebruik gewoonlik ’n kognitiewe gedragsterapiebenadering, wat op pasiënte se gedagte- en gedragspatrone fokus.

pexels

Is hospitalisering nodig?

Nee. Maar as die persoon ook aan depressie of ander gemoedsteurings ly (soos dikwels die geval is) en laasgenoemde versteuring is ernstig genoeg, word hospitalisering oorweeg.

Dink jy die media het ’n invloed op dié steurnis?

Die media stel ’n ideale liggaamsbeeld voor: modelle, of aktrises is dikwels maerder as die tipiese vrou in die alledaagse lewe, hulle het perfekte tande, neuse, ore … Sosiale media kompliseer dinge verder. Nou is dit jou vriende wat altyd goed lyk (jy sal mos nie ’n onvleiende foto plaas nie). Skielik is dit nie ’n aktrise of model wat beter as jy lyk nie, maar ’n regte, egte mens. Kortom, die media en sosiale media maak dat ons onrealistiese en onregverdige maatstawwe aan ons voorkoms stel.

Wat is die rooi ligte wat aandui dat iemand dalk aan hierdie steurnis ly?

’n Mens moet maar oppas vir selfdiagnose, maar as jy voel jy bestee onnodig baie energie aan kommer oor jou voorkoms, is dit ’n goeie idee om ’n geestesgesondheidspraktisyn soos ’n sielkundige of psigiater te spreek.

Jy sal dalk nie aan die diagnostiese kriteria voldoen nie, maar dis steeds ’n goeie idee om perspektief oor jou bekommernisse te kry. Verder is dit goed om op te let hoe jy komplimente hanteer: Neem jy dit ter harte, of sê jy iets soos: “Hulle sê dit maar net om my goed te laat voel”? As niks of niemand jou kommer oor jou voorkoms kan besweer nie, is dit dalk tyd om hulp te soek.

Wat kan ouers doen om te keer dat hul kinders in hierdie strik val?

Ouers moenie te veel klem op voorkoms lê nie. Wanneer dit kom by dieet en oefen, moet die klem eerder op die kind se gesondheid wees, en die motivering vir goeie eetgewoontes en oefening moet ook so aan die kind oorgedra word. Bowenal moet jy seker maak jou kind se selfbeeld lê nie net in voorkoms opge-sluit nie: daar is baie aspekte van ’n mens se lewe wat as bron van selfwaarde kan dien.

Is medikasie ’n opsie?

Ja, beslis. Hiervoor moet iemand by ’n psigiater aanklop.

• Dr. Hanru Niemand: 021 976 6994.

pexels

Wat sê ’n rekonstruktiewe en plastiese chirurg oor ligaamsdimorfiese steurnis?

Ons het dr. Francois Duminy, ’n rekonstruktiewe en plastiese chirurg, ook oor die steurnis uitgevra:

Hoe lank praktiseer jy al as ’n plastiese chirurg?

Ek is reeds veertig jaar ’n mediese dokter, waarvan ek vir 27 jaar in plastiese en rekonstruktiewe chirurgie praktiseer.

Wat is jou definisie van liggaamsdismorfiese steurnis?

Dit is ’n abnormale obsessie oor ’n klein anatomiese defek wat vir ander moeilik waarneembaar is. Mense kan ander simptome en gedragsafwykings toon wat in ’n deeglike ondersoek aan die lig sal kom.

Plastiese chirurge sien daagliks mense wat ongelukkig oor hul voorkoms is. Die meeste van hulle sien iets aan hul anatomie waarmee hulle nie tevrede is nie – dikwels vanweë die verouderingsproses. Hulle besluit dan om dit reg te stel – dis ’n praktiese besluit sonder enige obsessie.

Gelukkig val die meeste van my pasiënte in hierdie groep. Selfs vir hulle is dit ’n prosedure wat nie ligtelik opgeneem word nie. Buiten die finansiële implikasies, sal hulle ook ná die operasie fisieke ongemak ondervind. Die besluit word deeglik bespreek en oordink.

Hoe dikwels sien jy pasiënte met LDS?

Soos ek gesê het, dit is in die minderheid, maar ek bly bewus daarvan dat dit dalk kan opduik. In ’n ondersoek kan ek moontlik ’n besonder intense behoefte by die pasiënt bespeur. Dit gebeur veral wanneer ek sukkel om die defek te sien waarna die pasiënt verwys.

pexels

Hoe hanteer jy ’n pasiënt met hierdie afwyking?

Elke pasiënt is geregtig op sy mening, of dit nou gegrond is op onrealistiese verwagtinge of nie. Dit is gewoonlik vergeefs en onsinnig om hulle te probeer oortuig dat hul waarneming foutief is.

Tog is my mening belangrik en moet gerespekteer word. Gewoonlik kan ek die pasiënt oortuig dat chirurgie onnodig is. Elke behandeling moet gebalanseer word tussen positiewe voordele en potensiële risiko’s. Die voordele moet die risiko’s oorskry voor enige prosedure uitgevoer word.

Kry jy versoeke wat jy weier?

Ek sal nooit opereer as ek voel dat die risiko’s groter as die voordele van die prosedure is nie. Ek sal enige tyd ’n gesigsontrimpeling onder lokale verdowing doen op ’n vyftigjarige vrou wat hangwange ontwikkel. Tog sal ek nie dieselfde operasie op ’n vrou met hart- of borskwale doen nie.

Het jy raad vir mense wat plastiese chirurgie om die verkeerde redes oorweeg?

Maak seker jy en die chirurg gesels in diepte oor die moontlike risiko’s van die prosedure en of dit die moeite werd is. Wees eerlik oor jou behoeftes, gesondheid en gewoontes. Met die hulp van die chirurg kan al hierdie inligting opgeweeg word. Indien jou redes verkeerd is, moet die prosedure liefs vermy word. Wees dankbaar dat jy dit betyds besef het en dat jou chirurg jou belange op sy hart gedra het.

• Dr. Francois Duminy: 021 683 3048

Lees ook: 4 dapper stappe wat jy nou kan neem om gelukkiger te wees

The post Spieëltjie, spieëltjie … Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet appeared first on rooi rose.

Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou?
Deur Anys Rossouw.  Foto: Toa Heftiba vir Unsplash

Mede-afhanklikheid is die algemeenste vorm van verslawing. Dis die siekte van ’n self wat die verantwoordelikheid vir jou lewe en geluk koppel aan iets of iemand buite jouself. Dis wanneer jy so fokus op dinge en mense buite jouself dat jy voeling met jou innerlike verloor: jou gedagtes, gelowe, gevoelens, ervarings, intuïsie en selfs jou fisieke toestand.

Mede-afhanklikheid se wortels lê dikwels diep versteek in wonde uit jou kinderdae. Die Amerikaanse psigoterapeut, prof. Charles Whitfield, sê dit begin as ’n kind se gesonde behoeftes nie deur sy gesin en leefwêreld bevredig word nie; wanneer die kind nie kry wat hy fisiek, emosioneel en spiritueel nodig het om in ’n aangepaste volwassene te ontwikkel nie.

So ’n kind maak sy ouers se ontoereikendheid sy eie en dink sy ouers is reg en die fout lê by hom. Hy leer om sy behoeftes te misken. Dit veroorsaak oor jare emosionele onderdrukking, afsluiting en doodsheid wat soms in sielkundige toestande soos mede-afhanklikheid, aggressie, depressie, stres, verslawing, eetversteurings, angstoestande en fisieke siektetoestande na vore kom.

’n Valse self probeer ander tevrede stel, goedkeuring verdien, of verwerp die mense om hom in rebellie. Maar die seer en die behoefte om beter oor homself te voel en deur ander aanvaar te word, bly.

Melanie se storie

Die psigoterapeut dr. Susan Forward vertel die verhaal van Melanie, een van haar kliënte. Melanie het gesê dat sy permanent hopeloos voel. “Ek voel leeg, of ek nog nooit na aan enigiemand was nie. Ek was twee keer getroud en het met verskillende mans verhoudings gehad. Maar dis of ek altyd die verkeerde een kies. En dink ek sal hom regkry en help. Maar dit werk nooit uit nie. My eerste man het my verneuk. Die tweede een was ’n dronklap. En ek was goed vir hulle.”

Dís die klassieke gedrag van iemand wat mede-afhanklik is. Die term mede-afhanklikheid is eers net gebruik vir die lewensmaat van ’n alkoholis of dwelmafhanklike wat die verslaafde se gedrag of probleem onwetend eintlik in stand hou. Maar deesdae word die term wyer gebruik. Dit sluit alle mense in wat van hulself slagoffers maak in die proses om iemand te help, en verantwoordelikheid aanvaar vir iemand wat dinge of mense misbruik, kompulsief, verslawend, of ongesond afhanklik is.

’n Valse self probeer ander tevrede stel, goedkeuring verdien, of verwerp die mense om hom in rebellie

Melanie is aangetrek deur mans met probleme. Sy het geglo as sy goed genoeg is, hulle liefhet en hul probleme vergeef, sal sy hulle help om hul probleme te besef en sal hulle vir haar lief wees. Maar hulle was nie. Wat sy gekry het, was leegheid en ’n gevoel van “ek word misbruik”.

Sy het haar probleme aan die mans toegeskryf. Sy kon nie insien dat sy elke keer die verkeerde keuses maak nie. Dat liefde jou nie moet verwond nie, het sy nie besef nie. Sy het vir almal gegee, behalwe vir haarself. Sy het ook nie besef dat sy die mans in haar lewe toegelaat het om met hul gedrag voort te gaan nie. Sy het dit onwetend in stand gehou deur hulle nie die verantwoordelikheid en gevolge van hul optrede te laat dra nie. Sy het agter hulle opgevee.

Toe sy oor haar kinderjare begin praat, het die stukkies van die legkaart gepas. Haar patroon om sukkelende mans te help, was ’n herhaling van haar verhouding met haar pa. As iets verkeerd geloop het, het hy in duie gestort. Haar ma het haar onttrek en sy moes bemiddel en probeer om hom beter te laat voel – waarin sy selde kon slaag.

Kenmerke van mede-afhanklikheid

1 Ontkenning: “Ek drink soms ’n paar biere, maar ek is nie ’n alkoholis nie.”

2 Elke geval lyk anders:

Die redders is altyd besig om iemand anders te help en te red ten koste van hulself en hul eie behoeftes. Hulle verloor hul identiteit in ander.

Die mens wat ander tevrede wil stel, sukkel om nee te sê en hul eie wil en behoeftes te kommunikeer.

Oorpresteerders probeer hul leegheid met prestasies vul en probeer so aanvaarding kry.

Die verloorders het ’n swak selfbeeld, voel skaam en sonder selfvertroue.

Perfeksioniste word gedryf deur ’n vrees vir mislukking.

Die slagoffer. “Niemand verstaan my nie.” “Was dinge maar net anders.” Hulle aanvaar selde verantwoordelikheid vir hul probleme en sukkel om dinge deur te voer.

Die martelaars sug gedurig, weier hulp, want hulle het al álles probeer en dit werk nie. Hulle kla oor verantwoordelikheid, vermom hulle dikwels as helpers, is dikwels baie religieus en moet dan maar al klaend hul lot aanvaar.

“Jy kry die indrukwekkende macho-manne of die vreeslike breekbare, fyn, vroulike vroue”

Die verslaafdes se verslawing kan baie vorme aanneem: Alkoholiste, werkholiste of die slawe van dwelms, kos, dobbel, kompulsiewe koop, mense of dinge.

Die indrukwekkende macho-manne het die groot ego’s en opgeblaasde selfvertroue, of jy kry die vreeslike breekbare, fyn, vroulike vroue.

Die narcis of selfsugtige het eintlik ’n swak selfbeeld en probeer sy leegheid vul deur net op homself te fokus en die middelpunt van die aandag te wees. Hulle misbruik en mishandel ander meestal subtiel.

Die boelies haal hul onsekerheid op ander uit en probeer hulle emosioneel en fisiek beheer om sterker te voel.

Die verlore kinders is dikwels die latere kind in ’n wanfunksionele gesin. Hulle voel oorweldig omdat daar nie aan hul behoeftes voldoen word nie. Dan gee hulle moed op, onttrek of raak siek.

Die grapjas of klein prinses is dikwels die familie se gelukbringer of troetelkind. Hulle het geleer om die aandag te kry deur oulik te wees of almal te vermaak en snaaks te wees. Hulle reageer dan op elke situasie met humor, of dit van toepassing is of nie.

“Ons moet ophou om ons mag weg te gee volgens die patrone van die stukkende kind in ons te leef”

Robert Burney, skrywer van Codependance: The Dance of Wounded Souls, sê ons moet ophou om ons mag weg te gee deur op te hou om volgens die patrone van die stukkende kind in ons te leef. Ons moet leer om tussen waarheid en ons eie verwronge persepsies van situasies te onderskei. Ons moet die moed hê om die emosionele wonde wat ons houdings, gedagtes en lewe beheer, te erken, te voel en te heel. Ons moet die verskil tussen mede-afhanklikheid en interafhanklikheid verstaan.

In mede-afhanklikheid gee jy jou mag weg, want jou selfbeeld, selfwaarde en wie jy is, hang van dinge en mense buite jou af. Interafhanklikheid is om bondgenote te maak – om met mense te deel en jou aan hulle te verbind. In die proses gee jy ook mag weg, maar jy het nog die beheer.

Maar dis belangrik om te besef dat om heel te word ’n groeiproses is wat nie oornag of met ’n enkele wilsbesluit gebeur nie. Dikwels is dit ’n moeisame pad wat moeilik is om alleen aan te pak. Die hulp van ’n professionele persoon maak dit net makliker om oor ’n paar van die berge te kom.

Elkeen van ons is geluk aan onsself verskuldig – vry om lief te hê sonder vrese vir verwerping.

Toets of jy mede-afhanklik is

Om sy probleme op te los of sy pyn minder te maak, is die belangrikste ding in my lewe.

My positiewe gevoelens hang van sy goedkeuring af.

My gedagtes en denke is op hom gefokus – om hom tevrede te stel.

Sy probleme en swaarkry affekteer my emosies en vermoë om dinge te kan hanteer.

Ek probeer hard om hom te kry om dinge te doen soos ek dit wil hê.

Ek heg meer waarde aan sy mening en manier van doen as aan my eie.

Ek is nie altyd bewus van hoe ek voel en wat ek wil hê nie.

Ek doen alles om sy verwerping te vermy.

Ek is ’n perfeksionis en blameer myself vir alles wat verkeerd loop.

Ek voel dikwels kwaad, misbruik en dat niemand my waardeer nie.

Ek gee voor alles is in die haak.

My vrese vir sy verwerping bepaal meestal wat ek sê en doen.

My eie aktiwiteite, stokperdjies en vriende word eenkant toe geskuif en ons fokus op syne.

Ek offer soms van my waardes ter wille van die verhouding op.

Ek gebruik omgee en sorg as ’n manier om ons verhouding te probeer beveilig en red.

My pogings om sy liefde te wen, oorheers my lewe.

Lees ook: Wat om te doen as jou kind in ’n slegte verhouding is

The post Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou? appeared first on rooi rose.

Hoekom jy BrainWorking Recursive Therapy® moet oorweeg
BrainWorking Recursive Therapy ® – hoekom jy dit moet oorweeg deur Mariette Snyman

Hoekom jy BrainWorking Recursive Therapy ® moet oorweeg

Dit gebeur selde dat ’n nuwe vorm van psigoterapie “revolusionêr” genoem kan word, maar BrainWorking Recursive Therapy of BWRT® is ’n goeie kandidaat vir dié beskrywing.

“Dis anders as enige bestaande terapie,” sê Rafiq Lockhat, Kaapse kliniese sielkundige en direkteur/opleier BWRT®. “BWRT® teiken die eerste fase van die brein se inligtingsverwerkingsproses en gryp in vóór die veg- of vlugreaksie wat toestande soos fobieë, algemene angssindroom of obsessief-kompulsiewe versteuring kenmerk, vatplek kan kry.

“Die uitkoms verras ons keer op keer. Die terapie werk vinnig en doeltreffend, en probleme wat spesifiek behandel word, keer nie terug nie. Ek was aanvanklik skepties maar die resultate het my oortuig. Ek het die dieselfde reaksie by my kollegas opgemerk – ek het sedert 2014 sowat sewehonderd sielkundiges en verskeie psigiaters in BWRT®-tegnieke opgelei.”

Rafiq gesels eers oor sy kennismaking met die terapie voor hy verduidelik hoe BWRT® werk.

“Ek het reeds dertig jaar ’n private praktyk. Een probleem waarvoor ek jare lank ’n oplossing probeer kry het, is die tydrowendheid en hoë koste verbonde aan sielkundige terapie. Ek was van 1994 tot 2004 ’n dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, en my meestersgraadstudente het dikwels gesê: ‘Ons kry goeie opleiding, maar dit pla ons dat psigoterapie nie binne die bereik van alle inkomstegroepe is nie.’

”In 1999 het ek ’n kursus in EMDR (Eye Movement Desensitisation and Reprocessing) geloop. Dit het tydsgewys my sessies met traumagevalle met dertig tot vyftig persent ingekort.

“Ek het ook hipnose aangeleer, en in 2010 op die webwerf hypnosense.uk van die Britse hipnoterapeut Terence Watts afgekom. Ek het sy hulpmiddels vir professionele hipnoterapeute met groot vrug gebruik. In 2013 het Terence ’n aanlynkursus oor die soge-naamde Contentless Therapy bekend gestel. Ek het gedink dit klink weird, maar ingeskryf omdat ek respek vir sy werk gehad het.

“‘Contentless Therapy’ was Terence se aanvanklike konsep van BrainWorking Recursive Therapy ®. Ek het bitter min van die kursus begryp, en boonop het dit my gevestigde oortuigings omgedop. Sy aansprake het my geskok. Toe ek kapsie maak, het Terence net gesê: ‘Voltooi die kursus. Jy sal later verstaan.’

“Sy protokol vir die toepassing van die terapie was bra vaag. Ek is betrokke by ’n Kaapse kliniek waar van my pasiënte soms ’n tyd lank opgeneem word. Ek het besef ek sou in hierdie veilige omgewing die terapie kon uittoets met pasiënte wat bereid is om hul toestemming te gee.

“Die eerste geval was ’n pasiënt wat angsaanvalle gekry het. Ek het voorheen met haar hipnoterapie gedoen. Ná my eerste probeerslag met die vae protokol – net twintig minute – het sy gesê: ‘Iets in my brein voel anders. Die kwessie wat my gepla het, is weg.’ Ek het gesê dis onmoontlik, maar sy het volgehou.

“Terence het nou my volle aandag gehad. Ek het gevra of ek die kursus kon herhaal – verkieslik gratis, want die wisselkoers was iets vreesliks! Ek was meer ontvanklik en sy benadering het begin sin maak, al het dit hemelsbreed van my bekende werkswyse verskil.

“Kort voor lank was ek so opgewonde dat ek aangebied het om Terence te help. Hy het die terapie spesifiek vir angsstoornisse ontwikkel, maar ek sou dit uittoets met pasiënte wat uiteenlopende probleme soos trauma, seksuele mishandeling en fobieë ervaar. Ek het onderneem om minstens 200 gevallestudies aan te teken.

“Dit het my agt maande geneem. Ek en Terence het elke aand ure lank ge-Skype. In September 2014 is ek Brittanje toe waar ons ’n handleiding vir die opleiding van terapeute saamgestel het.

“Terug in Suid-Afrika het ek by PsySSA (Psychological Society of SA) se jaarlikse kongres ’n lesing oor BWRT® gelewer. Ek het besef my kollegas het bloot kom luister omdat ek reeds talle

seminare aangebied het, in professionele rade gedien het, en hulle my as geloofwaardig beskou het. Die inhoud was vir hulle ook vreemd, maar hulle het ’n werkwinkel aangevra.

“Die werkwinkel het nie goed afgeloop nie. Ek het onder meer te min tyd ingeruim om die tegnieke in te oefen, en het geen videomateriaal beskikbaar gehad nie. Sedertdien het ek geleer video’s van pasiënte wat instem om afgeneem te word, oortuig werkwinkelgangers van die sukses van die terapie.

“Later het ek die eerste werkwinkelgangers weer opgelei – dié keer gratis – en sedertdien bied ek landwyd werkwinkels vir sielkundiges, psigiaters en geregistreerde beraders aan. Die sielkundiges wat in die weermag en in Korrektiewe Dienste werk, het reeds opleiding ontvang, en ek is besig met die sielkundiges betrokke by die SAPD. Die reaksie bly besonder positief; die mense wat BWRT®-opleiding ontvang, behaal groot sukses met die toepassing daarvan .

“In 2016 het ons die eerste Internasionale BWRT®-kongres in Brittanje gehou. Die meerderheid lesings is deur Suid-Afrikaners aangebied. By PsySSA is die BWRT®-simposium deesdae die gewildste aanbieding.”

Lees ook: Neuroterapie – kry jou brein in rat

Hoe werk BWRT®?

“Die doel van sielkundige terapie is om pasiënte beter te laat voel, beter te laat funksioneer en probleemkwessies op te los. In Suid-Afrika kom ons baie voorvalle teë van post-traumatiese stressindroom, angs, depressie, fobieë, die gevolge van seksuele molestering of verkragting, mense wat die verlies van ’n geliefde moet verwerk, of ma’s wat moeilike geboortes ervaar het en angsbevange is wanneer hulle weer swanger word, en so meer.

“Neem die voorbeeld van mense met ’n fobie vir honde. Hulle kan nie die kinders park toe neem, gaan draf, of sommer net by vriende met honde opdaag nie. Hulle dink heeltyd: wat gaan gebeur as ek ’n hond teëkom? Hoe kan ek dit voorkom? Hulle weet hul ekstreme reaksie op honde is onlogies, maar hulle kan dit nie beheer nie. Dis deel van die bedrading in hul brein.

“Tot nou toe was psigoterapie hoofsaaklik daarop gemik om die effek van ’n fobie of ander toestand te help bestuur. Iemand wat angsaanvalle kry, het tegnieke aangeleer om hulself te kalmeer. Terapie kon help om sekere toestande te bestuur, maar nie om die probleem op te los nie – dink maar aan die term ‘anger management’.

“BrainWorking Recursive Therapy ® is in pas met die jongste neurowetenskaplike ontwikkelings. Dit stel die inligtingsverwerkingsproses in die brein – asook die onbewuste – in ’n nuwe lig. Die proses is geïnspireer deur die werk van die navorser Benjamin Libet, wat bevind het daar is ’n tydsverloop tussen die oomblik wanneer die brein op ’n stimulus begin reageer en die oomblik wanneer ons van dié reaksie bewus word.

“Gestel jy het ’n hondefobie. Sodra jy ’n hond sien, reageer jou reptielbrein met die veg- of vlugreaksie. Hoewel die reaksie plaasvind, is jy nog nie daarvan bewus nie. Jy word eers sowat een derde van ’n sekonde later daarvan bewus, sodra die aanvanklike neurologiese impuls vyftig meter ver in jou brein gereis het – van die reptiel- na die neo-Mammalian-gedeelte van die brein.

“Hieruit word dit duidelik dat patrone wat deur die jare in ons reptielbrein vastrapplek gekry het, soos ’n veg- of vlugreaksie wanneer ons ’n hond sien, buite ons beheer val. Ons besluit nie om so te reageer nie; die reaksie oorval ons.

“Terence – wat, terloops, as rekenaaringenieur gehelp het om die eertydse Commodore-rekenaar te ontwerp – het ’n manier gekry om in daardie gaping van ’n derde sekonde in te gryp. BWRT® stuit die gewoonte-reaksie in die reptielbrein. Dit verwyder die emosionele lading wat daaraan gekoppel is, en skep nuwe neuropaadjies met die gewenste emosionele reaksie op die stimulus. Die proses duur nie lank nie en die verandering skop onmiddellik in. Die nuwe reaksie op die stimulus is boonop permanent.”

Presies hoe BWRT®-praktisyns hierdie ingreep fasiliteer, wil Rafiq nie verklap nie. “Dis uiters belangrik dat die proses korrek en verantwoordelik uitgevoer word. Daar is ’n streng protokol wat maksimum doeltreffendheid en volkome veiligheid verseker.

“Die toepassingsmoontlikhede van BWRT® brei voortdurend uit. By die Terence Watts BWRT® Institute in Engeland is Terence, wat vanjaar tagtig word, steeds toegespits op sy ontwikkelingswerk. Van my plaaslike kollegas kry gedurig vars maniere om dié terapie aan te wend.

“Ek het nooit gedink dit sou in ’n groepsopset kon werk nie, maar dit word suksesvol gebruik in steungroepe vir vroue wat seksueel mishandel is, asook in skole om eksamenvrees te tem. Een kollega span BWRT® in om mense wat intellektueel gestrem is, van trauma te genees. Ek is oortuig daarvan dat hierdie kwantumsprong in geestesgesondheid gaan aanhou om die mensdom te verras.”

Meer inligting by bwrtsa.co.za en bwrt.org

Ek is ’n nuwe mens

“Selfvernietigende optrede het voorheen my lewe gekenmerk,” sê Odette* (30), ’n pasiënt van dr. Elisa Mecco, ’n Johannesburgse kliniese sielkundige en gevorderde BrainWorking Recursive Therapy ®-praktisyn. “Afgesien van selfdoodpogings het ek motors afgeskryf en versuim om by die werk op te daag, of my kinders skool toe te stuur. Ek het ’n geweldige stryd met my emosies gehad en op medikasie staatgemaak om staande te bly.

“My grootwordjare is deur trauma en mishandeling gekenmerk. In 2017 is grenslynversteuring by my gediagnoseer en my sielkundige is ingelig dat geen terapeut my sou kon help nie. Ek is aan myself oorgelaat tot ek so gelukkig was om verlede jaar by dr. Mecco uit te kom.”

“Ek het geweet Odette sou by BWRT® baat vind,” sê dr. Mecco. “In die BWRT®-opleiding fokus Vlak 1 op post-traumatiese stressindroom, verskillende angsversteurings, fobieë, eiewaarde- en verhoudingskwessies, vrees vir gesag, asook die rouproses. Vlak 2 is afgestem op gedragspatrone en kernidentiteit. Dit sluit depressie, nageboorte-depressie, obsessief-kompulsiewe versteuring, mense wat by die skool, of in verhoudings geboelie word, eetversteurings en afhanklikhede in.

“Vlak 1-kwessies soos trauma ná ’n rooftog kan in een of twee sessies opgelos word. Odette se geval was ingewikkeld. Ons moes eers op Vlak 1 en toe op Vlak 2 werk.”

“Ek moes ’n lys maak van al my traumatiese ervarings – veertig items!” vertel Odette. “Ons het die Vlak 1-kwessies eerste getakel. Ek was skaam oor my verlede, veral oor my seksuele gedrag – ek het op ontoepaslike maniere by mans aanvaarding gesoek.”

“Dit was nie ’n struikelblok nie, want BWRT® het ’n spesiale guilty secret-protokol,” verduidelik dr. Mecco. “Die pasiënt hoef nie besonderhede te verskaf nie, solank hulle die voorval, of die ergste voorval in ’n reeks ervarings, kan herroep.”

“Mettertyd het ek genoeg ontspan om oop te maak,” sê Odette. “Soms het die oplossing van een kwessie ander kwessies vanself laat verdwyn. Voor ons met een of ander kwessie gewerk het, moes ek die emosionele uitwerking daarvan op ’n skaal van een tot tien aandui, en agterna weer. Dis ongelooflik om skielik agter te kom die emosionele houvas wat die saak op jou gehad het, is wég.

“Vlak 2 is ’n transformasieproses waartydens ek die ‘ou ek’ verruil het vir die mens wat ek graag wou wees. Ek het nie meer die behoefte om mans te ontmoet nie en fokus nou op my kinders en my werk. Ek is nog emosioneel, maar nou kan ek my emosies beheer. Voorheen sou ek my in moeilike tye aan my kinders onttrek. Nou sê ek: ‘Kom ons kyk na ’n video en cuddle ’n bietjie.’ Ek voel soveel ligter en het nie meer medikasie nodig nie.”

Lees ook: Jy kan van trauma herstel

Wat verg BWRT® van ’n pasiënt?

“Op Vlak 1 moet hulle die kwessie identifiseer wat hulle wil oplos, en die herinnering aan ’n traumatiese gebeurtenis, of ’n angswekkende voorwerp kan oproep,” antwoord dr. Mecco. “Ons kan hiermee help; daar is onder meer ’n protokol vir ’n memoryless process vir mense wat byvoorbeeld seksuele mishandeling uitgeblok het.

“Ons behaal verstommende sukses met verslawings en rou, al dra iemand reeds twintig jaar lank ’n pynlike verlies saam. Wanneer iemand kanker het, kan ons die angs verminder en positiewer assosiasies met die siekte skep. BWRT® het ’n magdom toepassings.”

*skuilnaam

Dr. Elisa Mecco (Bryanston) doen ook Skype-sessies: 083 227 9343 of elisam@elisa-mecco.com

The post Hoekom jy BrainWorking Recursive Therapy® moet oorweeg appeared first on rooi rose.

Wat beteken #MeToo?
#MeToo het alles begin met die aanklagtes teen Harvey Weinstein, die Hollywood-vervaardiger wat verskeie aktrises seksueel geteister en aangerand het. Verlede week het baie vroue in die industrie begin praat oor hul ervarings met Weinstein en hierdie gesprekke het verskeie reaksies ontlok waar ander mense na vore gekom het om te praat oor hul eie ervarings van seksuele teistering en aanranding.

Die #MeToo-hutsmerk op sosiale media het dit uitgewys.

Die aktrise Alyssa Milano het die bal aan die rol gesit met ’n twiet waar sy vra dat enigeen wat al seksuele teistering of aanranding beleef het, #MeToo moet gebruik in hul sosiale media-inskrywings. Dit kom nadat sy met ’n vriendin gesels het en besluit het dat so iets sal bewys hoe groot die probleem van seksuele teistering en aanvalle werklik is.

If you’ve been sexually harassed or assaulted write ‘me too’ as a reply to this tweet. pic.twitter.com/k2oeCiUf9n

— Alyssa Milano (@Alyssa_Milano) October 15, 2017

Hierdie hutsmerk het wêreldwyd posgevat met bekendes wat noem dat hulle ook al geraak is deur seksuele teistering of aanranding, insluitend Lady Gaga, Debra Messing, Anna Paquin, America Ferrera, ons eie Erica Wessels en Barbara-Marie Immelman om ’n paar te noem. Tik #MeToo in ’n soekenjin en kyk hoeveel twiets en facebook-inskrywings verskyn.

#MeToo

— xoxo, Gaga (@ladygaga) October 15, 2017

Me too https://t.co/ScX67Kmmiy

— Debra Messing (@DebraMessing) October 15, 2017

Me too

— Anna Paquin (@AnnaPaquin) October 15, 2017

Me too. #MeToo

— America Ferrera (@AmericaFerrera) October 16, 2017

Lees ook: Verkragting – wat dit is

Lees ook: My vrou rand my aan

Lees ook: Facevoos

The post Wat beteken #MeToo? appeared first on rooi rose.