Reisartikels | rooi rose

Donkiestap
Party plekke, prentjies en ervarings vergeet jy nie, maak nie saak waar jy al was en wat jy al gedoen het nie. Dalk is dit omdat ons daarvan hou om op hoë berge te kom, of om iets anders te sien en te beleef. So was die donkiestap tot in Gamkaskloof, ook bekend as die Hel, vir my. En dis nie net nog ’n staproete nie. Dis ’n “luukse” staptog in een van Suid-Afrika se mees afgeleë en kultuurhistoriese plekke en boonop in ’n Wêrelderfenisgebied. Die prentjies van die donkies met hul helderkleurige bande en saalsakke wat ons bagasie uitdra teen ’n berg met fynbos in blom, sal ek altyd onthou.

As jy van ’n strawwe stap hou, maar darem saans ’n lekker sagte bed en ’n keurige en geurige ete wil geniet, vat die Donkiestaproete.

Erika Calitz het die staproete van 26 km in samewerking met Kaapse Natuurbewaring ontwikkel as deel van ’n gemeenskapsprojek wat vir die plaaslike bevolking werk skep. Meer as 1 500 stappers het die roete oor die afgelope sewe jaar aangepak. Soos met ander slapsakroetes hoef stappers nie kos, bagasie of beddegoed te dra nie. Alles word verskaf. Nou wel, nie alles nie, het ons tot ons dorstigheid agtergekom.

Op die eerste dag kom ons groep stappers in die Aloe-restaurant op die Living Waters Mountain Estate in die mooi Groenfonteinkloof bymekaar. Die laat middagson streel die berge pienk en trek skaduvoue in die klowe. Erika lig ons in oor die roete, veiligheid, etes en slaap- en bagasiereëlings. Ons moet twee sakke pak: een dra die donkies vir ons bergop en een neem die bussie vir ons tot in die kloof.

Op Aloe se wye stoep, wat op Wyenek uitkyk, word ons met ’n heerlike kersligete bederf. Wyenek, die oorgangsplek op die berg, is 1 523 meter hoog en die volgende dag moet ons daar oor … Ons gaan slaap in een van die gastehuise op Living Waters. Die gerestoureerde, ou-ou plaasopstal het dik, afgewitte mure, groot ysterbaddens en nog die oorspronklike vuurmaakplek. Die bekoorlike plek is slim gemeubileer: gemaklik sonder dat die tradisionele plaasgevoel in die slag gebly het.

Vroeg die volgende oggend is ons op en eet eers ’n lekker en stewige ontbyt op die stoep. Die donkies kom nader: Buddy die leier, Saartjie en haar vulletjie Pantoffel, wat nes ’n sagte speelding lyk, en Zuma, die steekse moeilikheidmaker wat glo
eintlik die leier wil wees. Zuma het eers halsstarrig sy eie pad die bosse in gekies en moes weer aangekeer word voor ons kon vertrek. Die donkies was misbruikte en verwaarloosde diere van die omgewing wat in samewerking met die UK Donkey Sanctuary versorg en gerehabiliteer is. Die donkies vat die pad en stap voor saam met Nokkie die een gids. Ons volg. Die ander gids stap agter en maak seker dat almal by en oukei is. Die paadjie begin heel rustig en ons kon ons in die pragtige berglandskap verlustig. Maar kort voor lank word die paadjies al steiler. Die toets is glo om tot by Zig-Zag te kom. As die gidse daar sien dat iemand reeds te swaar kry, moet dié saam met ’n gids omdraai en nie die kwaai steiltes tot op Wyenek
aanpak nie. Nokkie vertel dat ’n man al ’n hartaanval op die berg gekry het enhy moes hom bystaan en tot by ’n landingsplek vir die helikopter dra. En ons besef: dié berg is nie ’n man se maat nie. Dis gerusstellend om te weet dat die gidse baie ervaring het, die berg en die veld goed ken en ook ’n noodhulpkursus gedoen het.

Ons stap en stop en stap en stop. Stop om die boegoe te ruik; om terug te kyk; sommer net ’n bietjie asem te skep; om na die lente se blommeprag hier reg by ons te kyk: proteas, fynbos, heide, die waboomprotea. Dis so mooi.

Die paadjie kronkel op, meestal op. Tog daal ons soms af in ’n klofie waar ons middagete eet en baie dankbaar vir skadu en water is. En ons maak alle bottels wat ons het, weer vol. Ons groepie het verstaan alle kos en drinkgoed, behalwe alkoholiese drankies, word voorsien. Dit was ’n groot fout. Ons het te min water saamgeneem. Die dors het ons gevang en party van ons het geglo dat ons ons Heiland teen hierdie helse berg gaan leer ken. Ná middagete en verby Aartappeldraai word die pad met sy klipstapeltjies wat die roete aandui, al steiler. Die donkies wag vir die stappers.

Ongelooflik om te hoor dat die kinders van die Gamkaskloof wat op Groenrivier skoolgegaan het, op ’n Vrydagmiddag ná skool gou kaalvoet oor die berg huis toe gedraf het. En op ’n Sondagmiddag terug. Ons stap deur plate goudgeel heuningbostee.

Party mense kry swaar, maar die ervare stappers loop rustig en verlustig hulle in die omgewing. Die gidse en donkies is die ene geduld. Nokkie beweer vroue is beter stappers. En toe is ons bo in Wyenek en lê die wêreld wyd na weerskante. Ons voel trots op onsself, diep onder die indruk van die ontsagwekkende grootsheid van die berg en die 1 200 m wat ons geklim het. Ons beginpunt is net ’n stippeltjie dóér onder.

Ons daal geleidelik so 1,5 km aan die ander kant af tot waar ons tentjies, ’n koue bier en die koue, wonderlike watervalstort ons inwag. Ons stap verby ’n klipstellasie van waar die Gamkasklowers toentertyd hul ruilhandelware en produkte aan kopers van die buitewêreld gesmous het.

Daardie aand eet ons lekker aan die kos wat die personeel van die Donkey Trail vir ons voorsit. Ons kuier in die tentafskorting, want bo-op die berg is dit vrek koud. Ons verwonder ons aan waar die strome  water hier hoog bo in die berg vandaan kan kom.

Dag drie is bergaf met ander plantegroei: verby bliksembosse, deur plate dek- en bergriet tot in die kloof. Ons verwonder ons aan die groot goed, maar soms meer aan die klein goedjies, die poprosies, wilde malvas, kapokbossies, wilde roosmaryn, potblou Nivenia en aalwyne wat aan die oostekant van die berghange groei. En toe sien ons die kloof. Toe ek die groen-groen kronkel van die kloof soos genade tussen die ruwe, ongenaakbare berge sien lê, begin ek in stil, gedagtelose verwondering ’n stukkie verstaan van waarom mense met gelatenheid in hierdie verlatenheid kom bly het. Die paadjie slingerslangdraai om rotse en hange al meer af kloof toe. Ons is lekker moeg toe ons die Donkey Trail se minibussie in die pas kry. Niemand sien werklik kans om die pas af te stap nie, want ons water is op. Ons ry die laaste paar kilometer van die bergpas tot in die Hel, wat vir my eerder soos die hemel tussen hierdie helse berge lyk. Ek kyk liewer nie hier reg langs die bussie af nie, maar gooi my blik op die berge daar voor, daar ver.

Onder ry ons onder die koeltegroen van doringbome in en geniet ’n biertjie (of meer) en ons keurige gepakte kospakkies. En later ’n heerlike stort in die gerestoureerde gastehuisie van Natuurbewaring, eens die skoolmeester se huis.

Ons besoek die inligtingskantoor van Natuurbewaring en leer baie oor die omgewing se geskiedenis   en plantegroei.

Die aand kuier ons om ’n vuur en eet heerlike braaivleis en ander tradisionele geregte by die restaurant op Fonteinplaas – wat nog deur nasate van kloofbewoners besit en bestuur word. Die eienaar, Piet Joubert, vertel graag stories en legendes oor die kloof. Ons hoor hoe ondernemend die Gamkasklowers was. Ook dat die naam “Hel” vir die inwoners onaanvaarbaar was, en nie vanweë die hitte ontstaan het nie, maar eerder te make had met die hellings rondom die kloof.

Die stories word mooi en goed vertel, tog ruik jy ’n geskiedenis van onmin en intriges. En jy dink aan die woorde van die Franse filosoof Jean-Paul Sartre wat gesê het “hell is other people”. Nie dat dit in hierdie kloof met sy mense
enigsins anders is of was as elders nie. Gamkaskloof is ’n weggesteekte juweel wat soveel jare lank ontoeganklik vir die buitewêreld, en aan die skaars kant van genade was, want die kloof word aan die noorde, ooste, suide en weste deur rotse omring.

Die staat het eers in 1962 ’n pad tot in die kloof gebou. Tot in daardie stadium is die kloofbewoners per voet oor die berg om op die naaste dorp noodsaaklike proviand te kry, of om hul produkte te gaan verkoop. Andersins is hulle met die Gamkarivierloop langs tot op Prins Albert. Ons staproete is juis een wat die inwoners dikwels gebruik het om met hul pakdonkies hul ware te gaan koop en verkoop. Die bou van die pad het die kloof en die lewe van een van die mees afgesonderde gemeenskappies onherroeplik verander. Byna alle bewoners, op die Jouberts na, het die kloof teen 1992 verlaat. Tans is die grootste deel van Gamkaskloof deel van die Swartbergnatuurreservaat en is dit in 1997 as ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Gamkaskloof het ’n besondere ekologiese mikroklimaat wat as ’n ekologiese brandpunt beskou word, omdat hier drie plantstreke bymekaarkom en meer as nege duisend plantspesies aangetref word. Geen wonder die kloof is as een van Suid-Afrika se ses Wêrelderfenisgebiede verklaar nie. Die volgende oggend ná ’n goeie plaasontbyt is ons per minibus terug na Living Waters.

Op die pragtige 48 km-roete uit die kloof tot by die aansluiting bo in die Swartbergpas, kronkel-kronkel die minute saligmooi om tot meer as twee uur. Ons het vir oulaas talle kere vir foto’s gestop.

Op Living Waters het ons die staptog met ’n heerlike middagete afgesluit. Uiteindelik kon ons nie glo ons het soveel in so ’n kort tydjie gesien en beleef nie. ’n Stukkie hemel in die Hel.

The post Donkiestap appeared first on rooi rose.

Neem onvergeetlike foto’s met jou selfoon
Bekende National Geographic-fotograaf, Stephen Alvarez, is bekend vir sy ongelooflike foto’s. Hy deel sy vyf topwenke vir die neem van foto’s met jou selfoon:

1 Hou die lig dop

Lig is baie fel in die middel van die dag, vind dus ’n manier om dit tot jou voordeel te gebruik. Wees kreatief. Sonlig het ’n uitwerking op ’n foto, afhangende van watter tyd van die dag jy foto’s neem. Vroeggend is die beste tyd, aangesien sonlig sagter is en ’n spesiale glans aan objekte verleen.

2 Neem hoog, laag en sywaarts

Moenie jouself beperk tot gewone afneemmetodes nie. Moenie bang wees om uit verskillende hoeke af te neem nie. Lê op die grond, klim ’n stel trappe of leun by die venster uit vir iets nuuts.

3 Maak vriende

Portrette is pragtige foto’s wat ’n karakter en ’n storie in ’n oomblik kan vasvang. Maak nuwe vriende en moenie bang wees om te vra of jy ’n foto van iemand mag neem nie.

4  Gee aandag aan elke hoek van jou foto

Omraam jou foto’s met verskillende lae soos bome, blare, berge, ens. Dit sal diepte aan jou foto gee. Gee ook aandag aan hoe baie jy die foto sny.

5 Neem vroeg en laat af

Die beste lig is definitief gedurende die "goue uur" (die eerste uur van die dag en die uur voor sonsondergang). Die sonlig is dan gefiltreer deur die atmosfeer, wat die skerp blou kleur van die lug verwyder. Gebruik dit tot jou voordeel.

The post Neem onvergeetlike foto’s met jou selfoon appeared first on rooi rose.

Span uit langs rustige waters
Die rustige omgewing langs die Breederivier in die skaduwee van die Langeberge bied die perfekte plek waar jy ’n formele of informele funksie kan aanbied. Die Stroom, geleë in Bontebok Nasionale Park, is ideaal vir enige funksie, insluitend verjaardae en troues.

Dagbesoekers kan in die park kom piekniek hou. Daar is ’n braaiarea met ’n ingeboude braai, kombuis en ablusiegeriewe wat voorsiening maak vir 50 mense. Daar is sitplek vir 30 mense op die dek, maar bykomende staaltafels en -stoele is beskikbaar. Die kombuis is toegerus met breekware, eetgerei, ’n stoof, ’n mikrogolfoond asook ’n yskas.

Die dek- en braai-area in die park kan sonder enige bykomende toerusting teen R210 gehuur word. As ’n funksie ná hek-ure voortduur, is ’n bedrag van R520 betaalbaar.

Die tweede alternatief behels die huur van die hele plek met die gebruik van die kombuis met breekware en eetgerei vir 40 mense. Tydens hek-ure is die fasiliteit beskikbaar teen R420, maar R740 word gehef as jou funksie later aanhou. ’n Breekskade-deposito van R400 moet betaal word.

Die bewaringsfooi is op gaste van toepassing en die lokaal kan nie na 21:30 gebruik word nie. Harde musiek mag nie gespeel word nie en al die parkreëls geld vir gaste.

Met ruim grasoewers en ’n uitsig oor die magtige Breede-rivier is dit die ideale plek om saam met vriende te gaan ontspan. Besoekers kan visvang (onthou jou visvang-permit), of met ’n kano of kajak die water geniet.

Parkure in die wintermaande (Mei tot September) is van 7:00-18:00 terwyl hekke oop bly tot 19:00 in die somermaande (Oktober-April).

Navrae: Park-ontvangs by +27-28-514-2735 of e-pos bontebok@sanparks.orgCelebrations.

The post Span uit langs rustige waters appeared first on rooi rose.

Vensters van die geskiedenis
Reuse berge doem voor jou op terwyl die pad in ’n ander rigting swenk. Interessante skakerings van rooi en geel met kolle swart ontmoet jou langs die pad. Skielik is daar nog ’n imposante verskynsel.

Besoekers aan die Golden Gate Hoogland Nasionale Park kan by die uitkykpunte stop om die interessante geologiese verskynsels in die park te besigtig. Hierdie punte is almal maklik toeganklik en daar is genoeg ruimte vir parkering langs die hoofpad by die oostelike ingang van die park by Phuthaditjhaba.

Protea-Hoek

Die park val in die grasveld-bioom, maar nadere ondersoek van die kranse noord en suid van die kloofvallei toon iets anders. Geïsoleerde stroke met afromontane struikland vul die gebied met skaduryke, klam valleie. Protea caffra en Protea roupelliae kom hier voor, maar moenie verwag om prominente blomme te sien nie, aangesien hul pastelkleurige blomme nie altyd te sien is nie. Brande gedurende die droë wintermaande beïnvloed die groei van die spesie.

Egte geelhoutbome (Podocarpus latifolius) en berg-hardepeer (Oliniaweg emarginata) groei ook hier. “Stroke kan gesien word in ander dele van die park, maar jy moet weet wat jy soek,” sê Dhiraj Nariandas, senior afdelingsbewaarder. Protea–Hoek gee jou die beste geleenthede om dit te sien. As jy dit nie sien nie, sal ’n verkyker die truuk doen. Dit is die eerste uitkykpunt aan die linkerkant sowat 15km van die hek.

Doleriet-gang

As druk opbou onder die aarde se oppervlak, word vloeibare magma deur krake en swak plekke in die rotse geforseer. Dit is ’n algemene verskynsel in die park en is bekend as dyke of ’n vensterbank. Dyke het vertikale neerslae magma en laasgenoemde word veroorsaak deur horisontale vloei. Kyk mooi oor die vallei en jy sal ’n deel in die sandsteen sien wat nie heeltemal inpas nie, dit sak skuins suid. As jy steeds nie kan sien nie, kyk nader na die plantegroei want die stroke staan staan uit bo die res. Dit dolerietrif/lyn loop deur die lengte van die park oor ’n afstand van ongeveer 30 km. Jy sal die teken aan die regterkant van die pad sien.

Sandsteen Vallei

Sowat 196 mijoen jaar gelede het westelike winde geleidelik sand in die gebied gevee en duine opgebou. Sanddeeltjies is saamgepers en het onder geweldige druk rotse gevorm. Wind en water het bygedra tot die verdigting van verweerde sanddeeltjies om sedimentêre gesteentes te vorm. Oorblyfsels van die vroeë dae is sigbaar regdeur die park in die vorm van sandsteenformasies. As jy by die uitkykpunt aan die regterkant van die pad staan, bestaan die hele vista voor jou uit hierdie materiaal.

Rooi berge

Die laaste uitkykpunt langs die hoofpad aan jou linkerkant vertoon ’n bergreeks in die agtergrond. Die onderste laag moddersteen is gevorm toe slik en modder 200 miljoen jaar gelede neergelê is in ’n tyd toe die gebied uit ’n vleiland of vloedvlaktes bestaan het. Soos die reënval gedaal het, het die modder droog geword en rots gevorm. Moddersteen is poreus en kan maklik breek. Die middel- en boonste laag is gemaak van Clarens-sandsteen en Drakensberg-basalt onderskeidelik. Die rooi kleur dui daarop dat sedimentafsetting plaasgevind het tydens droë oksiderende toestande. As jy ’n om die hoek stap, sal jy ‘n duidelike teken aan jou linkerkant sien.

The post Vensters van die geskiedenis appeared first on rooi rose.

Voëlkykersparadys in Rietfontein
Voëlkykersparadys by die historiese Rietfontein-landgoed

Ligging Rietfontein is ’n landgoed sowat 63km van die hoofkantoor in L’Agulhas naby die Struisbaai/Elim-weg binne die Agulhas Nasionale Park.

Uitsig Kalksteen-plaashuise in ’n vredevolle plaasomgewing. Met die oseaan net vier kilometer weg, geniet jy die see-uitsig en die sagte geluid van branders in die agtergrond.

Oomblik om te onthou Om ’n rustyd te geniet op een van die oudste Strandveld-plase in die pragtige natuur. Die Protea susannae was in volle blom tydens my verblyf.

Wie moet gaan Dit is ’n paradys vir voëlkykers. Natuurliefhebbers sal die verskillende fynbosspesies geniet – daar is altyd iets wat blom. Rietfontein se Baai is ook ’n gewilde visvangplek.

Koste R660 per nag buite seisoen en R700 per nag binne seisoen. Pryse is onderhewig aan verandering na 31 Oktober 2014.

Besprekings Regstreeks deur die park by +27-28-435-6078

Hoewel die plaas nie deel is van die hoofruskamp  van die Agulhas Nasionale Park nie, bied die verblyf die perfekte wegbreek vir diegene wat vrede in die ongerepte natuur soek. Hier kan jy vergeet van die luukshede in die lewe en na aan die natuur wees, soos ek ontdek het toe ek gearriveer het.

Die verskeidenheid  fynbos met hul interessante blomme het my gehelp om van tyd te vergeet en wonderlike fotogeleenthede te skep.

Buiten die idilliese omgewing het die landgoed ook ’n ryk geskiedenis wat terugdateer na die 1740’s.  Die plaas Rietfontein aan Zandberg was toegeken aan Petrus Arnoldus Gildenhuyzen as verversingspos in die laat 1700s voor dit geregistreer is in die naam van Dirk Gysbert van Breda in 1839. Die oostelike deel van die huis tot teen die skoorsteenkabel in die middel van die struktuur is die oudste met aanbouings aan beide kante soos die gesin uitgebrei het.
Dit is verstommend dat die oorspronklike kalksteenmure om die eiendom sowat 225 jaar oud is.

Die selfsorgverblyf bied eenhede met twee enkelbeddens (een eenheid het ’n dubbelbed), ’n badkamer met stort, asook kombuisgeriewe. Die historiese eiendom het ’n sonverhittingstelsel en toegang tot ’n gasstoof terwyl ’n gas-geiser warmwater voorsien. Jy sal nie jou elektroniese toerusting soos selfone en skootrekenaars kan herlaai nie want daar is geen elektrisiteit nie. Vir diegene wat die plaas vir groter byeenkomste wil bespreek, is die konferensiekamer met elektrisiteit beskikbaar.

Danksy die panne in die omgewing, is dit die perfekte plek vir voëlkykers. Die area het vir opgewondenheid onder voëlkykers gesorg omdat die eerste amptelike waarneming van die Kaapse Kwarteltjie hier gemaak is. Dit is een van die gesogste  terretoriale voëlbesigtigings in Suid-Afrika. En al was ek nie gelukkig genoeg om een te sien nie, het ’n verskeidenheid voëlspesies hulself aan my vertoon.

Rietfontein se Baai  is ideal om seevoëls te besigtig en spesies wat onlangs raakgesien is, is die Swartnekdobbertjie, Witmalgas, Bruinjakkalsvoël, Kaapse Teeleend en Grootsnavelleeuwerik.

Hier  kry jy weelde op ’n ander skaal. Die natuur bied aan jou ’n daaglikse dosis vermaak van die kwetter van voëls met dagbreek tot die son sy kop agter die Soetanys-berge neerlê. Ek het beslis nie tegnologie nodig as ek deur soveel skoonheid omring is nie.

The post Voëlkykersparadys in Rietfontein appeared first on rooi rose.

Tuk-tuk deur Thailand
Slaaploosheid, edelstene en kondome

My eerste dag in Thailand was 35 uur lank. Ons het die Saterdagmiddag uit Johannes-burg op ons Thai Airways-vlug vertrek en vroeg Sondagoggend (Thailand is vyf uur voor SA) in Bangkok geland. Natuurlik kon ek nie op die vliegtuig slaap nie, en toe ons teen elfuur in Pattaya by die Asia-hotel aankom, was ek al 25 uur lank wakker. Ons kon nie wag om in te boek, te stort en ’n uiltjie te knip nie. Maar nee, ons kan ons kamers eers twee-uur kry – en toe gaan ons maar op ’n impromptu-stadstoer van Pat-taya. Dié gewilde vakansiestad op die ooskus van Thailand, is amper iets soos ons Margate, maar net héélwat groter.

Die humiditeit en hitte was vir hierdie Gautenger iets om aan gewoond te word. Dit voel asof jy direk in ’n sauna inloop wanneer jy by ’n gebou uitstap. Ons stadstoer het ons na die Sanctuary Temple toe gevat wat oor die stad uitkyk. Maar eers by die Gems Gallery, die grootste juwelierswinkel in die wêreld, het ek my tweede asem gekry. Thailand is bekend vir sy edelstene en goud en hier kan jy byna enige edelsteen in enige ontwerp kry. Die vertoonlokaal is sowat 15 200 m² groot en die toonbanke propvol blink skatte slaan jou asem weg – dis gewis iets wat elke vrou een keer in haar lewe moet ervaar. Daar is ook ’n kleiner tak van die Gems Gallery in Bangkok.

My hotelkamer by die Asia-hotel was ruim met selfs ’n jacuzzi op die patio waar ek my ná ’n lang, warm dag kon laaf. Ná ’n vinnige stort het ons toerleier ons na ’n restaurant met die ongewone naam van Cabbages & Condoms geneem. By die ingang word jy verras deur winkelpoppe wat van kop tot tone uitgerus is in klere wat van kondome en ander voorbehoedmiddels gemaak is, en daar is ook heelwat ander “versierings”. Maar moenie dat die ligsinnige dekor jou flous nie, die kos is so Thais soos kan kom en van die boonste rakke.

Olifante, lady boys en koraaleilande

Op dag twee het ons by die Pattaya Elephant Village met Thailand se olifante kennis gemaak. Ons het twee-twee op die olifante geklim en het al jillend deur die woud (en ’n rivier!) geskommel. Ons groepie het dit genadiglik oorleef en kon hierna op ons eie twee voete ’n entjie deur die bos stap.

Toe terug: Eers op ’n groot vlot terug oor die rivier en toe op ’n ossewa tot by ons beginpunt. Hier kon ons ook sien hoe sywurms spin en die bekende Thai-sy geweef word.

Die aand het ons een van Thailand se besienswaardighede van ’n heel ander aard beskou: die lady boys. Hulle het hul talente in die kabaret Tiffany’s Show ten toon gestel. Die “dames” tree op in die blinkste, kitsch uitrustings, maar hulle is beeldskoon en dis moeilik om te glo hulle is nie wat hulle voorgee om te wees nie.

’n Dagtoer na Coral Island is ideaal as jy wil swem, snorkel, valskermsweef, op die bodem van die see loop, of op die strand lê en ’n goedkoop massering kry. Ek het dapper gevoel en my vir die “see-loop” aangemeld. Jy kry ’n groot helm om jou kop wat aan suurstof gekoppel is sodat jy op die bodem van die see kan rondstap en vissies voer.

Die aand wou ons Pattaya se naglewe sien en het deur die stad gaan stap, ook vinnig gaan loer na Walking Street, hul rooiligdistrik. Skokkend en hartseer. Die prostitusiebedryf in Thailand, en veral in Pattaya, is sterk en meer as op dreef.

Drywende markte, piesang-fritters en crunchy rubies

In Bangkok, die hoofstad van Thailand, bly sowat 10 miljoen mense en verkeer is die stad se grootste probleem.

As jy hier bly, moet jy jou lewe om die verkeer beplan. Inwoners eet gewoonlik by een van die stalletjies op straat omdat hulle nie tyd het om by die huis te eet nie. En dis nie ongewoon dat mense glad nie kombuise in hul huise het nie. Elke moontlike gaatjie langs die strate word opgeneem deur kos-stalletjies, blomme, vrugte, klere – enigiets wat gesmous kan word.

As jy op openbare vervoer moet staatmaak, is ’n gewone taxi die beste keuse, of een van die driewiel-tuk-tuks wat vreesloos deur die strate jaag. Maar wees op jou hoede dat die taxibestuurder jou nie op ’n onbeplande toer neem nie. Daar is ook motorfiets-taxi’s en ek het my verkyk aan die meisies wat so netjies oorlangs agterop die motorfietse sit sonder om vas te hou of af te val, maar dis glad nie veilig nie en word nie vir toeriste aanbeveel nie.

In Bangkok het ons by die luukse vyfsterhotel die Amari Watergate gebly. Hier is alles wat jy kan nodig kry: ’n spa en haar- en naelsalon, baba-oppassers, restaurante, ’n gim, en is naby verskeie winkelsentrums.

Die bekende Siam Niramit-opvoering was die aand op ons lys. Die opvoering neem jou op ’n visuele toer deur die geskiedenis en kulturele erfenis van Thailand, en jy staan verstom oor alles wat hulle op die verhoog regkry – van die drywende mark (met ’n regte rivier wat oor die verhoog vloei), lewendige diere en ondersese tonele. Die verhoog is volgens die Guinness World Records die hoogste ter wêreld.

Op ons eerste oggend in Bangkok het ons ’n Thaise kookklas by die Baipai Thai Cooking School gekry. Dié pragtige kook-skool het hul eie kruietuin waar hulle al die kruie oes wat hulle in hul resepte gebruik. Ons het geleer om golden bags, geurige hoendermaalvleis-slaai, pad thai-noedels en crunchy rubies vir nagereg te maak. Die crunchy rubies is waterkastaiings wat in grenadien geweek word, met tapiokameel bedek word en dan vinnig gekook word. Die “robyne”(lyk nes granaatpitte!) word in ’n kokosneutmelk-mengsel saam met ys voorgesit. Baie ongewoon, maar lekker.

Op dag ses het ons die bekende drywen-de mark buite Bangkok besoek. Dit duur sowat twee uur om daar te kom en op pad het ons eers by ’n orgidee- en kokosneut-plaas gestop waar ek ’n hele botteltjie saffraan vir omtrent R40 gekoop het! Agt mense kan saam in ’n bootjie ry, af met die kanaal en deur die mark. Jy moet net mooi sit en jou mond toehou, want die water spat as die motorbootjie spoed optel en dié rivierwater … Die boot vat jou verby die mense se huise, en die armoede val ’n mens op.

Op die mark kry jy alles – van vrugte, gebraaide piesang-fritters, klere, juwele, soeweniers. Die middag het ons by die Rose Garden gestop, ’n park met luukse Thai-huise waar toeriste kan bly, ’n restaurant en teater. Ons het na ’n vinnige opvoering oor Thai-kultuur gekyk en ons aan die oulikste olifante se toertjies verkyk.

Teen dié tyd was ons nogal uitgeput om-dat ons die oggend al vyfuur moes opstaan, maar toe kondig ons toerleier aan dat ons nie die nagmark, Asiatique at the Riverfront, mag misloop nie. Dié mark maak eers vieruur oop en sluit omtrent twee-uur in die oggend. Ons was sleepvoet, want ons moes eers ’n entjie loop en dan met ’n boot ry om daar uit te kom. Vinnig het al die moegheid verdwyn toe ons voor die imposante mark staan wat uit omtrent agt reusagtige pakhuise propvol boetiekwinkeltjies en restaurante bestaan. Dis baie netjies en skoon en ’n groot plesier om in te verdwaal. Die gulde reël is: koop as jy iets sien waarvan jy hou, want ons kry dit nie weer nie! Ons was omtrent net by ’n kwart van al die winkels, want jy het minstens twee aande en baie energie nodig om by alles uit te kom. Die pryse is ’n bietjie hoër as by sommige ander plekke, maar onthou om die prys af te stry – dis jou plig!

China Town, dim sum en ’n blommemark

Op ons voorlaaste dag is ’n reusestorm voorspel, die wolke het dreigend bly hang en die humiditeit was hemelhoog, maar die storm het gelukkig nie opgedaag nie. Ons het die oggend besluit om die Grand Palace en tempel van die Emerald Buddha, die heiligste Boeddhistiese tempel in Thailand, te besoek. Die groen Boeddha-beeld is gekerf uit ’n soliede blok niersteen (jade) en is sowat 66 cm hoog. Toeriste word nie oral toegelaat nie, maar die indrukwekkende argitektuur en standbeelde is ’n besoek werd.

Middagete was by ’n tipiese Thai-restaurant, Malika’s. Jou eerste indruk van die restaurantjie is dat dit nie na veel lyk nie, maar moenie dat dit jou flous nie. Die tafeltjies het vinnig vol geraak nadat ons ons sit gekry het, soos wat die plaaslike inwoners vir hul middagete nader staan. Malika het een na die ander gereg na ons tafel toe gebring waarvan die een lekkerder as die vorige was. Hierdie was sekerlik een van die beste etes van my lewe. Ons was trommeltjievol, maar moes net ’n draai by die groot MBK-winkel-sentrum gaan maak. Na my mening is die Platinum-winkelsentrum, oorkant ons hotel, heelwat beter en het ’n groter verskeidenheid, maar dit het ons nie gekeer om geld uit te gee nie. Net toe ek dink my vakansie is verby, wag daar ’n groot verrassing op my. Die aand voor ons vertrek het ons in China Town by die Shanghai Mansions, ’n Chinese boetiekhotel, gaan oorbly. China Town is ’n ander wêreld, en skielik is dit asof jy jou in Hongkong bevind. Alles lyk anders. Die Thai-kennisgewings maak plek vir Chinese skrif; die mense lyk anders; die kos smaak anders. Perlemoen en haaivinne staar jou by elke restaurant aan. Skielik mis ek die kruie en rissies van die Thai-geregte en is die Chinese kos effens smaakloos en oninteressant. Die boetiekhotel gee baie aandag aan detail, en die kamers is betowerend.

Die oggend het ons kans gehad om dumplings of dim sum vir ontbyt te eet voor ons ’n draai by die blommemark gaan maak het. Ons moes vir oulaas by die Platinum-winkelsentrum stop vir die laaste inkopies. Ek het vir die soveelste keer oorweldig gevoel, want jy weet nie waar om eerste te kyk nie. Doen jouself ’n guns en spaar behoorlik voor jy Thailand toe gaan!

Ons Thai Airways-vlug huis toe was eers geskeduleer vir 1:15 die Maandagog-gend, maar ons kon gelukkig rustig inpak en in ons hotelkamers rus voor ons later kon uitboek. Hierdie keer het ek pootuit, maar gelukkig, dadelik op die vliegtuig aan die slaap geraak.

The post Tuk-tuk deur Thailand appeared first on rooi rose.