Reisnuus | rooi rose

Tlopi Tentkamp, Marakele Nasionale Park
Marakele Nasionale Park kan beskryf word as ’n verborge juweel. Geleë net buite Thabazimbi, is dit (teen 250 km) die naaste Suid-Afrikaanse Nasionale Park aan Johannesburg. Wat meer is, die Groot Vyf kan hier gesien word en is omring deur die Waterberge. ’n Skouspelagtige uitsig, min ander toeriste en een van die grootste kolonies van Kaapse aasvoëls in die wêreld voltooi die prentjie.

Die Tlopi Tentkamp is ’n briljante manier om naby hierdie beskermde gebied te kom. Dit is die soort kampeerplek wat menige stadsjapies (eintlik enigiemand) se tone van lekkerkry sal laat krul, veral onder ’n warmkombers op ’n koue aand. Die tente is langs die dam geleë en ek het ure by hierdie uitkykpunt spandeer, op soek na wild. Die tente staan op ’n houtdek, elkeen met sy eie private badkamer, ’n stoep met ’n braai en ’n aparte, ten volle toegeruste kombuis.

Jy het nie ’n 4×4 nodig om by die park te kom nie, maar daar is wel een of twee rowwe dele op die grondpad. Die pad na die Lenong Uitkykpunt is ’n totaal ander storie. Alhoewel dit geteer is, bekruip die kronkelpad die berg teen ’n indrukwekkende afname na die hoogste punt van die Waterberge (2 088 m).

Marakele Nasionale Park

014 777 6928/29/30/31

www.sanparks.co.za/parks/marakele/tourism/availability.php

The post Tlopi Tentkamp, Marakele Nasionale Park appeared first on rooi rose.

8 reis-apps vir die pad
Hunker jy na oop paaie en avontuur? Voordat jy jou paspoort afstof, laai hierdie Windows apps af vir jou Lumia 535 en #MakeItHappen.

HERE Maps (Gratis)

Dit maak nie saak of jy in Rome of in Rondebosch is nie, die HERE Maps sal weet waar jy is. Gebruik LiveSight en hou jou selfoon in die lug en HERE Maps sal jou stap vir stap aanwysings gee om in enige land jou plek te vind. Selfs al is jy nie aan lyn nie sal dit jou roetes in meer as 90 lande gee. Gebruik stem navigasie, sodat jy nie nodig het om die foon dop te hou as jou oë op die pad is nie.

Find Free WiFi (Gratis)

Bly verbind waar jy ookal is, met FIND FREE WiFi. Dit is ‘n oulike toep wat WiFi kernpunte sal vind waar jy nie hoef te betaal om aan lyn te gaan nie.

Where am I? (Gratis)

Jy is met vakansie, maar weet nie waar die naaste restaurant is nie? Die toep Where am I? sal jou presiese ligging vasstel en help om die naaste restaurant, winkelsentrum en bank te vind.

Currency Converter (Gratis)

Elke avonturier het soms kafeïen nodig! CURRENCY CONVERTER sal gou uitwerk wat jou koppie koffie in ‘n vreemde land in rande kos. Hierdie toep bly op datum met wisselkoerse en kan geldeenhede van meer as 160 lande omskakel.

MixRadio (Gratis)

Elke avontuur het musiek nodig en MixRadio sal die beste liedjies vir die lang pad uitsoek. Gebruik jou gunsteling

musiek as beginpunt, MixRadio is jou eie persoonlike radiostasie, sonder die irriterende advertensies.

Uber (Gratis)

Nodig om ’n taxi te haal? Jy hoef nie jou hand op te lig of te bel nie. Jy kan net Uber! Uber is nou beskikbaar in meer as 50 lande. Laai die toep af, skep ’n profiel, pons in waar jy die taxi nodig het en Uber sal die koste bereken.

FlySAA (Gratis)

Die FlySAA toep lig jou nie net in wanneer jy op die lughawe moet wees of waar jou bagasie is nie – dit is ook ’n reisgids, gelaai met nuttige inligting oor bestemmings regoor die wêreld. Jy kan vir jou vlug op enige Suid-Afrikaanse Lugdiens vlug aanmeld deur die toep te gebruik.

Translator (Gratis)

Brei jou woordeskat in vreemde tale uit met die nuttige “Woord van die Dag” funksie wat ingesluit is in Translator. Jy kan ook met vertroue van enige spyskaart af bestek met die hulpmiddel.

The post 8 reis-apps vir die pad appeared first on rooi rose.

Neem onvergeetlike foto’s met jou selfoon
Bekende National Geographic-fotograaf, Stephen Alvarez, is bekend vir sy ongelooflike foto’s. Hy deel sy vyf topwenke vir die neem van foto’s met jou selfoon:

1 Hou die lig dop

Lig is baie fel in die middel van die dag, vind dus ’n manier om dit tot jou voordeel te gebruik. Wees kreatief. Sonlig het ’n uitwerking op ’n foto, afhangende van watter tyd van die dag jy foto’s neem. Vroeggend is die beste tyd, aangesien sonlig sagter is en ’n spesiale glans aan objekte verleen.

2 Neem hoog, laag en sywaarts

Moenie jouself beperk tot gewone afneemmetodes nie. Moenie bang wees om uit verskillende hoeke af te neem nie. Lê op die grond, klim ’n stel trappe of leun by die venster uit vir iets nuuts.

3 Maak vriende

Portrette is pragtige foto’s wat ’n karakter en ’n storie in ’n oomblik kan vasvang. Maak nuwe vriende en moenie bang wees om te vra of jy ’n foto van iemand mag neem nie.

4  Gee aandag aan elke hoek van jou foto

Omraam jou foto’s met verskillende lae soos bome, blare, berge, ens. Dit sal diepte aan jou foto gee. Gee ook aandag aan hoe baie jy die foto sny.

5 Neem vroeg en laat af

Die beste lig is definitief gedurende die "goue uur" (die eerste uur van die dag en die uur voor sonsondergang). Die sonlig is dan gefiltreer deur die atmosfeer, wat die skerp blou kleur van die lug verwyder. Gebruik dit tot jou voordeel.

The post Neem onvergeetlike foto’s met jou selfoon appeared first on rooi rose.

Elke stadsmeisie se droom
Naam
Michelle Nortje

Waar ons was
African Pride Melrose Arch Hotel

Ligging
Melrose Arch, Johannesburg

Soort akkomodasie
Luukse vyfsterhotel met 17 standaarddubbelkamers, 3 standaardkamers met universele toegang, 50 standaardkamers, 35 luukse kamers met ’n uitsig oor die swembad, 12 Presidensiële suites, 1 "penthouse"-suite.

Tariewe
Gaan na www.africanpridehotels.com/hotels/Pages/African-Pride-Melrose-Arch-Hotel.aspx of bel 011 214 6666.

Atmosfeer
Luuksheid, weelderigheid en ’n onverwagte rustigheid in die hartjie van die stad.

Wanneer
29 November 2014

Waar ons oorgeslaap het
’n Luukse kamer met ’n uitsig oor die swembad.

Waar ons geëet het
Laatmiddag-happies: Verruklike mini tortillas, gerookte snoek-patee met varsgebakte brood en eg Suid-Afrikaanse biltong saam met ’n bottel Graham Beck-vonkelwyn in die Library Bar.
Aandete: Fynkos in die pragtige March-restaurant.
Ontbyt: Sjampanje-ontbyt in die March-restaurant met verskillende kouevleise, kase, saadbrood, neute en vars vrugte.

Wat het dit onvergeetlik gemaak
Die rustige atmosfeer in die middel van die stad. Die laatmiddag-kuier op die stoep, terwyl jy wegsak in luukse leerbanke, en natuurlik die gasvryheid en vriendelikheid van die personeel.

Wat het ons fassinered gevind
Die reuk van Davidoff Cool Water-parfuum wat jou asem wegslaan sodra jy by die hotel instap. Later vind ons uit dat die personeel ’n bietjie van hierdie parfuum in die lugverkoeler plaas, sodat die hotel heeldag soos ’n vars briesie ruik.

Styl
As jy in jou hart lief is vir styl, luuksheid en weelde, sal die African Pride Melrose Arch Hotel jou met die intrapslag betower. Fluweel, satyn, Persiese matte, leer … Elke vertrek in die hotel is gesofistikeerd en pas perfek in by die omgewing (wat blykbaar bekend staan as ’n stad binne ’n stad – Melrose Arch). Dit voel asof jy jouself in een van die indrukwekkende hotelle van ’n James Bond-fliek betrap, die personeel hanteer elke gas soos ’n koninklike met gehalte diens waarby enige hoteleienaar kan leer.

Eet in die swembad
Ja, jy het reg gelees. Die uiters gewilde Pool Bar is een van die groot aantreklikhede van die hotel. Hier kan jy ’n ligte middagete geniet, of aan ’n paar skemerkelkies teug terwyl jy, by jou eie tafeltjie, met jou voete in die water sit en kuier. As ek ’n wenk kan gee, neem jou suster of beste vriendin saam. Dit is die ideale plek om saam te lag en gesels.

Ekstra
*African Pride Hotels het 10 hotelle regoor Suid-Afrika.
*African Pride Melrose Arch is in die middel van Melrose Arch geleë, loopafstand van heerlike restaurante en toonaangewende winkels.
*Die kamers het almal individueel beheerde satelliettelevisie, ’n kompakskyf en dvd-speler, ses komplimentêre dvd’s om van te kies, toegang tot 300+ gratis flieks, luukse bad en aparte stort, afstandbeheerde lugversorging, ondervloerse verhitting, ’n minikroeg, tee- en koffiestasie, ’n Presidensiële werkstasie, koordlose verbindings, gratis Wi-fi, ’n kluis, en ’n telefoon waarvan daar direk geskakel kan word.
*Konferensies word hier aangebied
*Vir meer inligting besoek die webblad hier.

The post Elke stadsmeisie se droom appeared first on rooi rose.

Verlei jou smaakknoppies by Cattle Baron
Die geure van smullekker geregte lok jou na die nuut opgeknapte Cattle Baron-restaurant in Addo Olifant Nasionale Park. Jou oë dwaal onmiddellik, verkennend oor die tafels waar gaste aan ’n verskeidenheid geregte smul. Die atmosfeer gons met tevrede kliënte, terwyl glimlaggende gesigte die gebied verlig.

Sedert die heropening van die nuwe Cattle Baron by die hoofkamp op 19 Maart, het die restaurant gefloreer. Met ’n verskeidenheid van lekker opsies op die spyskaart, is die sukses is nie heeltemal onverwags nie. Al het die naam van Addo Restaurant na Cattle Baron verander, is daar steeds ’n paar van die oorspronklike restaurant se geregte op die spyskaart omdat dit so gewild was. ’n Ontbyt en middagete buffet is ook nou beskikbaar.

Na ’n opknapping van die gebou en die personeel se diens en die standaard van die kos word die restaurant op ’n hele nuwe standaard bedryf. Eienaar Wayne Range is baie trots op die opgradering en skryf die verhoogde diens toe aan die opleiding wat sy personeel ontvang. “Ons het ’n paar van die ou personeellede en ‘n paar nuwes. Ons kombuis het verdubbel in grootte en personeel is by die Mount Nelson Hotel opgelei.”

Sommiges voel die pryse is dalk bietjie hoog, maar jy kry beslis die waarde vir jou geld. Jy kan kies tussen geregte wat jou mond sal laat water: Van die wildsvleis stoofpot, wat van die ou spyskaart geërf is, tot nuwe lekker vleisgeregte. Ek het die hoender Bacamberry bestel. Dit is een van die twee smullekker geregte wat deur Range aanbeveel is. Gebraaide hoenderborsies mag eenvoudig klink, maar hulle is perfek gaargemaak, bedek met spek, camembert en geroosterde uie en bedien op ’n cranberry coulis. Met elke hoofgereg word gratis groente bedien (in hierdie geval spinasie en botterskorsie).

Die ander aanbevole gereg is hul Chatteaubriand. Dit is fillet geflambeer in brandewyn en bedien met ‘n sampioen en ’n Cattles Baron se béarnaise-sous. Die spyskaart is ’n bietjie beperk vir vegetariërs met slaaie as die belangrikste keuse, tensy jy nagereg as ’n opsie kies.

Hier kan jy die grootte van jou steak kies, iets wat die Cattle Baron by Addo hoofkamp onderskei van die meeste restaurant in die kettinggroep buite die park kies. Hierdie diens word nie wyd geadverteer, maar as 200g of 300g is nie genoeg nie, kann jy vir ’n bonkiger grootte vra. Nog ’n Cattle Baron geheim lê in die rypmaak van die vleis. Range sê dat die vleis is nie gevries word nie, maar nat rypgemaak word. Beeste word net graan gevoer. Nat verouderde vleis word verseël om te verseker dat die vog ongeskonde bly. Met ’n droë-veroudering hang die vleis en droog uit.

“Die Cattle Baron se etos maak ons vleis anders. Ons doen alles om die smaak te verbeter,” sê Range. Volgende keer as jy tyd het, besoek Addo se hoofkamp en stop by die restaurant. Jy sal daarna beslis weer wil gaan!

The post Verlei jou smaakknoppies by Cattle Baron appeared first on rooi rose.

Span uit langs rustige waters
Die rustige omgewing langs die Breederivier in die skaduwee van die Langeberge bied die perfekte plek waar jy ’n formele of informele funksie kan aanbied. Die Stroom, geleë in Bontebok Nasionale Park, is ideaal vir enige funksie, insluitend verjaardae en troues.

Dagbesoekers kan in die park kom piekniek hou. Daar is ’n braaiarea met ’n ingeboude braai, kombuis en ablusiegeriewe wat voorsiening maak vir 50 mense. Daar is sitplek vir 30 mense op die dek, maar bykomende staaltafels en -stoele is beskikbaar. Die kombuis is toegerus met breekware, eetgerei, ’n stoof, ’n mikrogolfoond asook ’n yskas.

Die dek- en braai-area in die park kan sonder enige bykomende toerusting teen R210 gehuur word. As ’n funksie ná hek-ure voortduur, is ’n bedrag van R520 betaalbaar.

Die tweede alternatief behels die huur van die hele plek met die gebruik van die kombuis met breekware en eetgerei vir 40 mense. Tydens hek-ure is die fasiliteit beskikbaar teen R420, maar R740 word gehef as jou funksie later aanhou. ’n Breekskade-deposito van R400 moet betaal word.

Die bewaringsfooi is op gaste van toepassing en die lokaal kan nie na 21:30 gebruik word nie. Harde musiek mag nie gespeel word nie en al die parkreëls geld vir gaste.

Met ruim grasoewers en ’n uitsig oor die magtige Breede-rivier is dit die ideale plek om saam met vriende te gaan ontspan. Besoekers kan visvang (onthou jou visvang-permit), of met ’n kano of kajak die water geniet.

Parkure in die wintermaande (Mei tot September) is van 7:00-18:00 terwyl hekke oop bly tot 19:00 in die somermaande (Oktober-April).

Navrae: Park-ontvangs by +27-28-514-2735 of e-pos bontebok@sanparks.orgCelebrations.

The post Span uit langs rustige waters appeared first on rooi rose.

Vensters van die geskiedenis
Reuse berge doem voor jou op terwyl die pad in ’n ander rigting swenk. Interessante skakerings van rooi en geel met kolle swart ontmoet jou langs die pad. Skielik is daar nog ’n imposante verskynsel.

Besoekers aan die Golden Gate Hoogland Nasionale Park kan by die uitkykpunte stop om die interessante geologiese verskynsels in die park te besigtig. Hierdie punte is almal maklik toeganklik en daar is genoeg ruimte vir parkering langs die hoofpad by die oostelike ingang van die park by Phuthaditjhaba.

Protea-Hoek

Die park val in die grasveld-bioom, maar nadere ondersoek van die kranse noord en suid van die kloofvallei toon iets anders. Geïsoleerde stroke met afromontane struikland vul die gebied met skaduryke, klam valleie. Protea caffra en Protea roupelliae kom hier voor, maar moenie verwag om prominente blomme te sien nie, aangesien hul pastelkleurige blomme nie altyd te sien is nie. Brande gedurende die droë wintermaande beïnvloed die groei van die spesie.

Egte geelhoutbome (Podocarpus latifolius) en berg-hardepeer (Oliniaweg emarginata) groei ook hier. “Stroke kan gesien word in ander dele van die park, maar jy moet weet wat jy soek,” sê Dhiraj Nariandas, senior afdelingsbewaarder. Protea–Hoek gee jou die beste geleenthede om dit te sien. As jy dit nie sien nie, sal ’n verkyker die truuk doen. Dit is die eerste uitkykpunt aan die linkerkant sowat 15km van die hek.

Doleriet-gang

As druk opbou onder die aarde se oppervlak, word vloeibare magma deur krake en swak plekke in die rotse geforseer. Dit is ’n algemene verskynsel in die park en is bekend as dyke of ’n vensterbank. Dyke het vertikale neerslae magma en laasgenoemde word veroorsaak deur horisontale vloei. Kyk mooi oor die vallei en jy sal ’n deel in die sandsteen sien wat nie heeltemal inpas nie, dit sak skuins suid. As jy steeds nie kan sien nie, kyk nader na die plantegroei want die stroke staan staan uit bo die res. Dit dolerietrif/lyn loop deur die lengte van die park oor ’n afstand van ongeveer 30 km. Jy sal die teken aan die regterkant van die pad sien.

Sandsteen Vallei

Sowat 196 mijoen jaar gelede het westelike winde geleidelik sand in die gebied gevee en duine opgebou. Sanddeeltjies is saamgepers en het onder geweldige druk rotse gevorm. Wind en water het bygedra tot die verdigting van verweerde sanddeeltjies om sedimentêre gesteentes te vorm. Oorblyfsels van die vroeë dae is sigbaar regdeur die park in die vorm van sandsteenformasies. As jy by die uitkykpunt aan die regterkant van die pad staan, bestaan die hele vista voor jou uit hierdie materiaal.

Rooi berge

Die laaste uitkykpunt langs die hoofpad aan jou linkerkant vertoon ’n bergreeks in die agtergrond. Die onderste laag moddersteen is gevorm toe slik en modder 200 miljoen jaar gelede neergelê is in ’n tyd toe die gebied uit ’n vleiland of vloedvlaktes bestaan het. Soos die reënval gedaal het, het die modder droog geword en rots gevorm. Moddersteen is poreus en kan maklik breek. Die middel- en boonste laag is gemaak van Clarens-sandsteen en Drakensberg-basalt onderskeidelik. Die rooi kleur dui daarop dat sedimentafsetting plaasgevind het tydens droë oksiderende toestande. As jy ’n om die hoek stap, sal jy ‘n duidelike teken aan jou linkerkant sien.

The post Vensters van die geskiedenis appeared first on rooi rose.

Vir ’n huppel in jou stap
Die natuur sorg elke jaar vir ’n wonderwerk in die Noord-Kaap. Dit strooi blomme soos konfetti so ver as die oog kan sien. Die seisoenale winterreën oor die Weskus en die aangrensende binneland, aktiveer een van die mees skouspelagtige blommeryke vertonings in die wêreld.

Chiefs se luukse mobiele tentkamp in vennootskap met SANParke het aangekondig dat besprekings vir hul gewilde, volledig toegeruste, eksklusiewNamaqua Flowers-strandkamp, nou oop is vir besoekers. Dit is een kilometer noord van die Groenrivier-ingang na die Nasionale Park geleë. In die vierde jaar van sy bestaan kan gaste die luukse gerief van ’n elegante private mobiele tentkamp ervaar. Dit is op die strand, reg onder die sterrehemel!

Weens die aanvraag word die nuwe Namaqua Skilpadkamp in die pragtige Skilpad-area in ’n blomryke gebied ook bekendgestel. Dis ’n asemrowende landskap met helder kleure. Die “Bed-en-beskuit” kamp is ideaal vir groepe en individue wat meer tyd in die blomme wil deurbring. Bespreek vir ’n minimum van twee nagte by die Namaqua Flowers strandkamp en ontvang ’n 20% korting op die Namakwa Skilpadkamp!

Geniet 4×4 togte, staproetes, piekniek, fotografiese geleenthede, spabaddens en soveel meer!

Vir meer inligting kontak Lysta Stander op +27 71 688 8201 of e-pos lysta@experiences.co.za. Besoek ook die webblad by www.namaquaflowerbeachcamp.com of www.sanparks.org/parks/namaqua/tourism/accommodation.php

The post Vir ’n huppel in jou stap appeared first on rooi rose.

’n Braai soos nêrens anders op aarde
Hoogtepunt: Was dit die trop leeus in die pad, of die hiëna wat vir aandete opgedaag het? So baie keuses …

Koste: R550 p/p

Hoeveel tyd om te begroot: Jy sal die kampe om 17:00 verlaat en ’n uur wildrit meemaak, gevolg deur ’n twee-uur braai en ’n rit terug na die kamp.

Inspanningsvlakke: Sit terug en ontspan, alles word vir jou gedoen.

Navrae: Kontak die kamp waar jy wil bespreek (alle nommers is op www.sanparks.org).

Jy weet nooit wat jy in die Kruger gaan kry nie. Op hierdie besondere reis het die magtige nasionale park ons alles gegee. Dit was selfs beter aangesien ons ’n Amerikaanse vriendin in die voertuig gehad het wat nie haar opgewondenheid kon beteuel oor die safari waarop ons sou gaan nie.

Ons het die bosbraai vir ons eerste nag bespreek, ’n aktiwiteit wat gepaard gaan met ’n sonsondergang-rit voor die ete en die voorbereiding van kos op oop vure in die oop veld. Dit het ontspanne begin, met die son wat die bos met pragtige kleure verf.

Skielik het ’n leeu en haar welpie oor die pad gestap en in die bos verdwyn nog voor die besoekers in ’n ander motor hulle kon sien.

Dit is gevolg deur ’n trop olifante en ’n aantal renosters, terwyl ons kundige gids ons op hoogte gehou het met interessante feite oor hul gedrag, die plante in die gebied en antwoorde op al die vrae waaraan ons kon dink. Maar die aand het nog net begin, en ons moes vertrek vir die braai. Maar wanneer 11 leeus voor jou in die pad verskyn, kan enige aandete wag – soos ons uitgevind het. Dit was ’n ongelooflike rit, gevolg deur ’n baie spesiale ete.

Die plek word Twee Minute genoem, en selfs al is daar ’n droë rivierbedding kan jy die ligte deur die bos sien flikker waar die fees voorberei word. Beesvleis, hoender, groente, slaai en paptert was net ’n paar van die geregte op die spyskaart. Maar die ster van die aand was waarskynlik die hiëna wat by die “restaurant” ingeloer het. Dit is ’n private ete en mens het die bos vir jouself vir die nag aangesien dit net buite die ruskamp is en ’n gewapende gids byderhand is (jy hoef net die restaurant met ander gaste te deel as jy wil). Dit is die bestanddele vir ‘n wonderlike dag in die Kruger, ongeag van watter land jy kom.

The post ’n Braai soos nêrens anders op aarde appeared first on rooi rose.

Namakwaland: Vertoning van kleur
Die Noordkaap word nie gewoonlik met kleurrykheid geasossieer nie. Hierdie yl bewoonde provinsie met sy kaalheid en stilte gooi een keer per jaar sy vaal mantel af en tooi hom in ’n karnaval van kleure en maak amok met ’n oorvloed ryk kleure. Hierdie skouspel is afhanklik van die gereeldheid van die herfs en winterreën sê Hester Steyn van die nasionale herbarium. As die reën saam speel, kan die vertoning in Julie begin en tot Oktober duur.

Die blomme is deel van die eeu oue storie van oorlewing. Die kleurvertoning moet die regte gehoor lok en duisende bye, kewers en ander insekte sak jaarliks op die blomme toe om hulle te bestuif. Kort daarna rus die saadjies in die grond en wag geduldig vir die volgende siesoen se reën en temperatuur.

In sommige gebiede is die blomme ’n teken dat die natuur homself probeer herstel. Die blomme blom in versteurde habitats wat voorheen gebruik is vir lande en weivelde. Pionier-spesies is die eerstes wat die skade wil herstel en sal later gevolg word deur meerjarige kruide en struike as die gebied gelaat word om na sy oorsprong te herstel.

Volgens Namaqualand: Southern African Wildflower Guide 1, is daar meer as 3 500 plantspesies in Namakwaland, maar die mees produktiewes gedurende hierdie tyd die vygies (sukkulente) en eenjarige (madeliefies) is.

Waar moet jy kyk?
Namakwaland is ongeveer die gebied tussen die Olifantsrivier in die suide en die Oranjerivier in die noorde en van die platorand in die ooste van die Atlantiese Oseaan.

Drie roetes word aanbeveel:
Roete 1: Begin by Garies en mik vir Hondeklipbaai, Soebatsfontein en Kamieskroon en eindig dan by die Namaqua Nasionale Park.
Roete 2: Begin by Kamieskroon, mik dan na Leliefontein en na Gamoep neem jy die Nourivier-afdraai na Garies.
Route 3: Begin by Springbok en ry na Steinkopf via Nababeep, Port Nolloth (aan die kus), Grootmis / Kleinzee (onthou jou permit), Spektakel Pas en eindig by Goegap Natuurreservaat.

Die Namakwaland Nasionale Park is een van die gewildste plekke vir die blommevertoning, veral rondom die Skilpadgebied. Behalwe vir gousblom spog die park met baie meidesterte en varkiesknolle. Bewaringbeampte, Priscilla Magerman sê die beste tyd om die blomme te sien, is van 10:00 tot 16:00 en dit is die mooiste as die son van agter jou rug skyn.

’n Alternatiewe oogpunt
Terwyl dit tegnies deel is van die groter Namakwaland-gebied, sou baie dit nie as  sodanig klassifiseer nie weens sy unieke plantegroei en afstand (pak dit liefs met ’n 4×4).

Maar die Richtersveld kan soms selfs mooier as Namakwaland wees, sê dr Hugo Bezuidenhout, wetenskaplike van SANParke. Oorgrenspark bestuurder van die  Ai-| Ais / Richtersveld (Suid-Afrika kant) Nick de Goede sê van Augustus tot middel-September is die beste vir blom mesems (wanneer die meeste van die 1 700 spesies in die park blom), maar aalwyne blom van Desember tot Junie.

Besoekers kan uitsien na die woestynrose en vygies en moet mik na die Helskloof area vir die beste uitsig.
As jy beplan om die blomme te sien, bel die park of plaaslike toerismekantoor eers om te hoor waar die beste vertoning is op daardie tydstip. Maar wees gewaarsku, die blomme is onvoorspelbare kunstenaars en ’n groot vertoning is afhanklik van onvoorspelbare elemente soos die weer.

"Op ’n sonnige dag kan ’n koue wind van die see in die weste veroorsaak dat die blomme toevou," sê Magerman, "terwyl die warm bergwindtoestande weer die seisoen kan verkort omdat dit die blomme brand."

Bron: Garden & Home

The post Namakwaland: Vertoning van kleur appeared first on rooi rose.

Stap in die wildernis
Hoogtepunt: Om krokodilspore aan die oewer van die rivier te sien

Koste: R420

Hoeveel tyd om te begroot: Sowat drie uur

Uitputtingsvlakke: Jy sal te voet stap en dit is nie uitputtend nie

Om te weet: Geen kinders onder 13 en huisvesting moet vir die vorige aand bespreek word in die kamp

Navrae: Kontak die kamp se ontvangs. Alle kontaknommers is op www.sanparks.org

“Groot gedagtes word geformuleer as mens stap,” het Friedrich Nietzsche eens gesê. En as jy in ’n pragtige gebied stap, sal jy sekerlik fantastiese gedagtes hê. Die Kruger Nasionale Park moet die perfekte bestemming wees om in te stap.

Die meeste van ons leer die wildtuin ken deur dit wat ons deur die motorruit sien. Dink net hoe fantasties dit sal wees as jy in die natuur self kan stap. Ons het ’n staptog by die Olifants Ruskamp bespreek en saam met twee gewapende gidse drie uur langs die rivier gaan stap.

Dit was ’n heerlike oggend, al moes ons teen dagbreek gereed wees. ’n Oggendstappie is beide opvoedkundig en ’n avontuur en die gidse sal iets kan antwood op enigiets wat jy uitwys.

Die oggend was baie ontspanne en ek is dankbaar ons het net die spore van die krokodille gesien pleks van die diere self.

Ons het seekoeie en kameelperde in die verte gesien en naby ’n visuil se nes verby gestap. In die Kruger moet jy die onverwagte verwag. Net toe ons begin ontspan, is ons deur twee jong olifante verras wat vinnig op ons afgestorm het voor hulle in ‘n teenoorgestelde rigting verdwyn het.

Hoewel Nietzsche sekerlik nie lewensgevaar in gedagte gehad het op sy staptog nie, het ek daaraan gedink. Gelukkig was die twee gidse baie professioneel en het heeltyd kalm gebly. Die uiteinde was ’n onvergeetlike oggend waarin alle gedagtes oor die stad verdwyn het.

The post Stap in die wildernis appeared first on rooi rose.

Voëlkykersparadys in Rietfontein
Voëlkykersparadys by die historiese Rietfontein-landgoed

Ligging Rietfontein is ’n landgoed sowat 63km van die hoofkantoor in L’Agulhas naby die Struisbaai/Elim-weg binne die Agulhas Nasionale Park.

Uitsig Kalksteen-plaashuise in ’n vredevolle plaasomgewing. Met die oseaan net vier kilometer weg, geniet jy die see-uitsig en die sagte geluid van branders in die agtergrond.

Oomblik om te onthou Om ’n rustyd te geniet op een van die oudste Strandveld-plase in die pragtige natuur. Die Protea susannae was in volle blom tydens my verblyf.

Wie moet gaan Dit is ’n paradys vir voëlkykers. Natuurliefhebbers sal die verskillende fynbosspesies geniet – daar is altyd iets wat blom. Rietfontein se Baai is ook ’n gewilde visvangplek.

Koste R660 per nag buite seisoen en R700 per nag binne seisoen. Pryse is onderhewig aan verandering na 31 Oktober 2014.

Besprekings Regstreeks deur die park by +27-28-435-6078

Hoewel die plaas nie deel is van die hoofruskamp  van die Agulhas Nasionale Park nie, bied die verblyf die perfekte wegbreek vir diegene wat vrede in die ongerepte natuur soek. Hier kan jy vergeet van die luukshede in die lewe en na aan die natuur wees, soos ek ontdek het toe ek gearriveer het.

Die verskeidenheid  fynbos met hul interessante blomme het my gehelp om van tyd te vergeet en wonderlike fotogeleenthede te skep.

Buiten die idilliese omgewing het die landgoed ook ’n ryk geskiedenis wat terugdateer na die 1740’s.  Die plaas Rietfontein aan Zandberg was toegeken aan Petrus Arnoldus Gildenhuyzen as verversingspos in die laat 1700s voor dit geregistreer is in die naam van Dirk Gysbert van Breda in 1839. Die oostelike deel van die huis tot teen die skoorsteenkabel in die middel van die struktuur is die oudste met aanbouings aan beide kante soos die gesin uitgebrei het.
Dit is verstommend dat die oorspronklike kalksteenmure om die eiendom sowat 225 jaar oud is.

Die selfsorgverblyf bied eenhede met twee enkelbeddens (een eenheid het ’n dubbelbed), ’n badkamer met stort, asook kombuisgeriewe. Die historiese eiendom het ’n sonverhittingstelsel en toegang tot ’n gasstoof terwyl ’n gas-geiser warmwater voorsien. Jy sal nie jou elektroniese toerusting soos selfone en skootrekenaars kan herlaai nie want daar is geen elektrisiteit nie. Vir diegene wat die plaas vir groter byeenkomste wil bespreek, is die konferensiekamer met elektrisiteit beskikbaar.

Danksy die panne in die omgewing, is dit die perfekte plek vir voëlkykers. Die area het vir opgewondenheid onder voëlkykers gesorg omdat die eerste amptelike waarneming van die Kaapse Kwarteltjie hier gemaak is. Dit is een van die gesogste  terretoriale voëlbesigtigings in Suid-Afrika. En al was ek nie gelukkig genoeg om een te sien nie, het ’n verskeidenheid voëlspesies hulself aan my vertoon.

Rietfontein se Baai  is ideal om seevoëls te besigtig en spesies wat onlangs raakgesien is, is die Swartnekdobbertjie, Witmalgas, Bruinjakkalsvoël, Kaapse Teeleend en Grootsnavelleeuwerik.

Hier  kry jy weelde op ’n ander skaal. Die natuur bied aan jou ’n daaglikse dosis vermaak van die kwetter van voëls met dagbreek tot die son sy kop agter die Soetanys-berge neerlê. Ek het beslis nie tegnologie nodig as ek deur soveel skoonheid omring is nie.

The post Voëlkykersparadys in Rietfontein appeared first on rooi rose.

Tuk-tuk deur Thailand
Slaaploosheid, edelstene en kondome

My eerste dag in Thailand was 35 uur lank. Ons het die Saterdagmiddag uit Johannes-burg op ons Thai Airways-vlug vertrek en vroeg Sondagoggend (Thailand is vyf uur voor SA) in Bangkok geland. Natuurlik kon ek nie op die vliegtuig slaap nie, en toe ons teen elfuur in Pattaya by die Asia-hotel aankom, was ek al 25 uur lank wakker. Ons kon nie wag om in te boek, te stort en ’n uiltjie te knip nie. Maar nee, ons kan ons kamers eers twee-uur kry – en toe gaan ons maar op ’n impromptu-stadstoer van Pat-taya. Dié gewilde vakansiestad op die ooskus van Thailand, is amper iets soos ons Margate, maar net héélwat groter.

Die humiditeit en hitte was vir hierdie Gautenger iets om aan gewoond te word. Dit voel asof jy direk in ’n sauna inloop wanneer jy by ’n gebou uitstap. Ons stadstoer het ons na die Sanctuary Temple toe gevat wat oor die stad uitkyk. Maar eers by die Gems Gallery, die grootste juwelierswinkel in die wêreld, het ek my tweede asem gekry. Thailand is bekend vir sy edelstene en goud en hier kan jy byna enige edelsteen in enige ontwerp kry. Die vertoonlokaal is sowat 15 200 m² groot en die toonbanke propvol blink skatte slaan jou asem weg – dis gewis iets wat elke vrou een keer in haar lewe moet ervaar. Daar is ook ’n kleiner tak van die Gems Gallery in Bangkok.

My hotelkamer by die Asia-hotel was ruim met selfs ’n jacuzzi op die patio waar ek my ná ’n lang, warm dag kon laaf. Ná ’n vinnige stort het ons toerleier ons na ’n restaurant met die ongewone naam van Cabbages & Condoms geneem. By die ingang word jy verras deur winkelpoppe wat van kop tot tone uitgerus is in klere wat van kondome en ander voorbehoedmiddels gemaak is, en daar is ook heelwat ander “versierings”. Maar moenie dat die ligsinnige dekor jou flous nie, die kos is so Thais soos kan kom en van die boonste rakke.

Olifante, lady boys en koraaleilande

Op dag twee het ons by die Pattaya Elephant Village met Thailand se olifante kennis gemaak. Ons het twee-twee op die olifante geklim en het al jillend deur die woud (en ’n rivier!) geskommel. Ons groepie het dit genadiglik oorleef en kon hierna op ons eie twee voete ’n entjie deur die bos stap.

Toe terug: Eers op ’n groot vlot terug oor die rivier en toe op ’n ossewa tot by ons beginpunt. Hier kon ons ook sien hoe sywurms spin en die bekende Thai-sy geweef word.

Die aand het ons een van Thailand se besienswaardighede van ’n heel ander aard beskou: die lady boys. Hulle het hul talente in die kabaret Tiffany’s Show ten toon gestel. Die “dames” tree op in die blinkste, kitsch uitrustings, maar hulle is beeldskoon en dis moeilik om te glo hulle is nie wat hulle voorgee om te wees nie.

’n Dagtoer na Coral Island is ideaal as jy wil swem, snorkel, valskermsweef, op die bodem van die see loop, of op die strand lê en ’n goedkoop massering kry. Ek het dapper gevoel en my vir die “see-loop” aangemeld. Jy kry ’n groot helm om jou kop wat aan suurstof gekoppel is sodat jy op die bodem van die see kan rondstap en vissies voer.

Die aand wou ons Pattaya se naglewe sien en het deur die stad gaan stap, ook vinnig gaan loer na Walking Street, hul rooiligdistrik. Skokkend en hartseer. Die prostitusiebedryf in Thailand, en veral in Pattaya, is sterk en meer as op dreef.

Drywende markte, piesang-fritters en crunchy rubies

In Bangkok, die hoofstad van Thailand, bly sowat 10 miljoen mense en verkeer is die stad se grootste probleem.

As jy hier bly, moet jy jou lewe om die verkeer beplan. Inwoners eet gewoonlik by een van die stalletjies op straat omdat hulle nie tyd het om by die huis te eet nie. En dis nie ongewoon dat mense glad nie kombuise in hul huise het nie. Elke moontlike gaatjie langs die strate word opgeneem deur kos-stalletjies, blomme, vrugte, klere – enigiets wat gesmous kan word.

As jy op openbare vervoer moet staatmaak, is ’n gewone taxi die beste keuse, of een van die driewiel-tuk-tuks wat vreesloos deur die strate jaag. Maar wees op jou hoede dat die taxibestuurder jou nie op ’n onbeplande toer neem nie. Daar is ook motorfiets-taxi’s en ek het my verkyk aan die meisies wat so netjies oorlangs agterop die motorfietse sit sonder om vas te hou of af te val, maar dis glad nie veilig nie en word nie vir toeriste aanbeveel nie.

In Bangkok het ons by die luukse vyfsterhotel die Amari Watergate gebly. Hier is alles wat jy kan nodig kry: ’n spa en haar- en naelsalon, baba-oppassers, restaurante, ’n gim, en is naby verskeie winkelsentrums.

Die bekende Siam Niramit-opvoering was die aand op ons lys. Die opvoering neem jou op ’n visuele toer deur die geskiedenis en kulturele erfenis van Thailand, en jy staan verstom oor alles wat hulle op die verhoog regkry – van die drywende mark (met ’n regte rivier wat oor die verhoog vloei), lewendige diere en ondersese tonele. Die verhoog is volgens die Guinness World Records die hoogste ter wêreld.

Op ons eerste oggend in Bangkok het ons ’n Thaise kookklas by die Baipai Thai Cooking School gekry. Dié pragtige kook-skool het hul eie kruietuin waar hulle al die kruie oes wat hulle in hul resepte gebruik. Ons het geleer om golden bags, geurige hoendermaalvleis-slaai, pad thai-noedels en crunchy rubies vir nagereg te maak. Die crunchy rubies is waterkastaiings wat in grenadien geweek word, met tapiokameel bedek word en dan vinnig gekook word. Die “robyne”(lyk nes granaatpitte!) word in ’n kokosneutmelk-mengsel saam met ys voorgesit. Baie ongewoon, maar lekker.

Op dag ses het ons die bekende drywen-de mark buite Bangkok besoek. Dit duur sowat twee uur om daar te kom en op pad het ons eers by ’n orgidee- en kokosneut-plaas gestop waar ek ’n hele botteltjie saffraan vir omtrent R40 gekoop het! Agt mense kan saam in ’n bootjie ry, af met die kanaal en deur die mark. Jy moet net mooi sit en jou mond toehou, want die water spat as die motorbootjie spoed optel en dié rivierwater … Die boot vat jou verby die mense se huise, en die armoede val ’n mens op.

Op die mark kry jy alles – van vrugte, gebraaide piesang-fritters, klere, juwele, soeweniers. Die middag het ons by die Rose Garden gestop, ’n park met luukse Thai-huise waar toeriste kan bly, ’n restaurant en teater. Ons het na ’n vinnige opvoering oor Thai-kultuur gekyk en ons aan die oulikste olifante se toertjies verkyk.

Teen dié tyd was ons nogal uitgeput om-dat ons die oggend al vyfuur moes opstaan, maar toe kondig ons toerleier aan dat ons nie die nagmark, Asiatique at the Riverfront, mag misloop nie. Dié mark maak eers vieruur oop en sluit omtrent twee-uur in die oggend. Ons was sleepvoet, want ons moes eers ’n entjie loop en dan met ’n boot ry om daar uit te kom. Vinnig het al die moegheid verdwyn toe ons voor die imposante mark staan wat uit omtrent agt reusagtige pakhuise propvol boetiekwinkeltjies en restaurante bestaan. Dis baie netjies en skoon en ’n groot plesier om in te verdwaal. Die gulde reël is: koop as jy iets sien waarvan jy hou, want ons kry dit nie weer nie! Ons was omtrent net by ’n kwart van al die winkels, want jy het minstens twee aande en baie energie nodig om by alles uit te kom. Die pryse is ’n bietjie hoër as by sommige ander plekke, maar onthou om die prys af te stry – dis jou plig!

China Town, dim sum en ’n blommemark

Op ons voorlaaste dag is ’n reusestorm voorspel, die wolke het dreigend bly hang en die humiditeit was hemelhoog, maar die storm het gelukkig nie opgedaag nie. Ons het die oggend besluit om die Grand Palace en tempel van die Emerald Buddha, die heiligste Boeddhistiese tempel in Thailand, te besoek. Die groen Boeddha-beeld is gekerf uit ’n soliede blok niersteen (jade) en is sowat 66 cm hoog. Toeriste word nie oral toegelaat nie, maar die indrukwekkende argitektuur en standbeelde is ’n besoek werd.

Middagete was by ’n tipiese Thai-restaurant, Malika’s. Jou eerste indruk van die restaurantjie is dat dit nie na veel lyk nie, maar moenie dat dit jou flous nie. Die tafeltjies het vinnig vol geraak nadat ons ons sit gekry het, soos wat die plaaslike inwoners vir hul middagete nader staan. Malika het een na die ander gereg na ons tafel toe gebring waarvan die een lekkerder as die vorige was. Hierdie was sekerlik een van die beste etes van my lewe. Ons was trommeltjievol, maar moes net ’n draai by die groot MBK-winkel-sentrum gaan maak. Na my mening is die Platinum-winkelsentrum, oorkant ons hotel, heelwat beter en het ’n groter verskeidenheid, maar dit het ons nie gekeer om geld uit te gee nie. Net toe ek dink my vakansie is verby, wag daar ’n groot verrassing op my. Die aand voor ons vertrek het ons in China Town by die Shanghai Mansions, ’n Chinese boetiekhotel, gaan oorbly. China Town is ’n ander wêreld, en skielik is dit asof jy jou in Hongkong bevind. Alles lyk anders. Die Thai-kennisgewings maak plek vir Chinese skrif; die mense lyk anders; die kos smaak anders. Perlemoen en haaivinne staar jou by elke restaurant aan. Skielik mis ek die kruie en rissies van die Thai-geregte en is die Chinese kos effens smaakloos en oninteressant. Die boetiekhotel gee baie aandag aan detail, en die kamers is betowerend.

Die oggend het ons kans gehad om dumplings of dim sum vir ontbyt te eet voor ons ’n draai by die blommemark gaan maak het. Ons moes vir oulaas by die Platinum-winkelsentrum stop vir die laaste inkopies. Ek het vir die soveelste keer oorweldig gevoel, want jy weet nie waar om eerste te kyk nie. Doen jouself ’n guns en spaar behoorlik voor jy Thailand toe gaan!

Ons Thai Airways-vlug huis toe was eers geskeduleer vir 1:15 die Maandagog-gend, maar ons kon gelukkig rustig inpak en in ons hotelkamers rus voor ons later kon uitboek. Hierdie keer het ek pootuit, maar gelukkig, dadelik op die vliegtuig aan die slaap geraak.

The post Tuk-tuk deur Thailand appeared first on rooi rose.