rooi rose blogs | rooi rose
Hekelwerk, breiwerk, liefdeswerk
Bietjie meer of minder as ’n jaar gelede vra my jongste niggie watter kleure wil ek my kombers hê. Ek verstaan dadelik, en antwoord hoopvol, versigtig om desperaat-opdringerig-uit-my-vel te klink. “Iets wat by ons slaapkamer sal pas. Iets vir ons bed.” Tik ek myself later oor die vingers – die bed is ’n king size, extended. Gemaak vir ’n lang man en ’n groot gesin.
Ek weet wat kom. Niggie se ma is my talentvolle tante, vrou van my stil Oompie met die groot boerehart. Kleintyd op die plaas het sy, ’n dorpsmeisie, ons stom na ons asems laat snak met modieuse skeppings wat skemeraand teen die kas in die huis met die hoë plafonne op die plaas buite Worcester verskyn. “Ek het gou vanoggend begin,” was die antwoord dan. Rokke, rompe, broeke . . . outfits wat jou saam met die plaas en die dorp laat kyk, en kyk.
Toe Niggie as student by ons intrek, moes ek weer na my asem snak. Dié keer was dit die gehekelde blokkieskomberse op die voetenent van haar bed. Haar ma se maaksel. My talentvolle tante s’n. Ek hoor: “My ma is lus vir nog hekel.”
Haar drie dogters en skoondogter het hul kwota komberse gekry. Dis ons beurt – een vir my meisiekind, een vir my. Emma s’n pienk, blou en geel. Sy haal haar bers uit die kas, en trek haar knietjies voor die TV toe. Aand na aand.
Dié week kom die pakkie. Of liewer, die pak. My bers, gemaak vir die king size bed. In dieprooi, duifblou, winterwit en swart. Pragstuk. Pronkstuk. Ek neem ’n foto en sit dit op Facebook. Van Langebaan tot Londen hoor ek: “Weet jy hoe gelukkig is jy en “Waar’s ’n wolwinkel? Ek wil ook een hê!” Daardie middag steel ek ’n halfuur, gaan lê skelm op die bed met my boek, tot by my kuiltjie toe onder die hekelwerk. Liefdeswerk.
“These days, knitting and crocheting clothing, accessories and home décor items is as much a sanity saver or a social outlet as they are a creative effort…”
… draai Kate Walsh se woorde in my kop as ek dié aand met nuwe inspirasie my breisak van die kas haal. My sanity saver, dink ek in dankbaarheid aan my ma wat my iewers onder die ouderdom van tien en met baie geduld daardie eerste steke leer brei het.
Haar sanity saver ook, weet ek en sien hoe my seun vir die soveelste dag uit die kamer kom in sy eksamenklere – ’n sweetpakbroek en Ouma se handgebreide trui wat, as jy ’n potlood vir hul gee, waarskynlik ook Graad 6 met vlieënde vaandels sal slaag.
Liefdeswerk, dink ek weer as Mamma die pakkie vir my gee. ’n Kindertrui uit al die oorskietstukke wol, een wat ek bedel uit Ouma se arsenaal truie wat sy vir Hermanus se Vigs-wesies brei. Dié keer vir ons tuinwerker Jacob se eenjarige seun. As die sanity saver ’n social outlet word, dink ek met die wegstap.
Besluit net dan: dié naweek gaan ek tyd maak en my sewejarige se pleidooi hoor om haar met haar breiwerk te help. Dalk soek iemand vir wie sy lief is eendag ’n kombers, of ’n trui. Liefdeswerk. Of dalk het sy ook iewers ’n sanity saver nodig.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
Leer meer oor die basiese steke & tegnieke vir hekel hier.
Onthou jy nog die rooi rose-hekelpatrone uit die verlede? Ons het die patrone vir jou saamgestel. Kry dit hier.
The post Hekelwerk, breiwerk, liefdeswerk appeared first on rooi rose.
Die pas versnel
Die radiografie-afdeling by Wilgeheuwel is ’n aangename verrassing. Daar is vriendelike mense en sagte dékor; ’n heerlik ontspanne atmosfeer. Die radiografis is min of meer so jonk soos my dogter, vermoed ek, en sy praat die waarheid toe sy vir my sê dat sy my nie sal seermaak nie. Sy vermy my oë sorgvuldig ná die prosedure en neem my na die sonarkamer. Terwyl ek vir die radioloog lê en wag in my blou japon, dink ek aan die sonarondersoeke wat ek ondergaan het terwyl ek swanger was met my twee kinders. Tóé was daar opgewondenheid en afwagting.
Die radioloog is flink, ferm, onemosioneel. Hy gaan nie eens tyd mors met ’n biopsie nie, lig hy my in nadat hy sy ondersoek voltooi het. Sjirurgie is my voorland. So gou as moontlik.
Met my mammogram- en sonar resultate in die groot koevert daag ek by my algemene praktisyn se spreekkamer op soos wat hy gevra het. Hy groet skaars. Daar is geen twyfel nie, dit is ’n kwaadaardige gewas, is sy woorde toe ek instap. Hy en die radioloog het ’n telefoniese gesprek gehad en op grond daarvan is daar vir my ’n afspraak gemaak by ’n sjirurg vir die volgende dag.
Miskien is dit my gebrek aan reaksie wat hom verwar. Hy stap om sy lessenaar en kom sit langs my, hou my hand vas.
Toemaar, kanker is lank reeds nie meer ’n doodsvonnis nie, sê hy. En borskanker is die mees behandelbare soort kanker wat daar is. Hy berei my voor op ’n moeilike jaar wat voorlê. Dringend, nou, fronsend. Dit is beslis my gebrek aan reaksie wat hom verwar. Ek sit my ander hand op syne en verseker hom dat alles oukei is. Ek is reg vir die geveg. Ek sê hoflik nee dankie toe hy aanbied om vir my ’n slaapmiddel voor te skryf. Ek weet ek gaan goed slaap. Ek is in goeie hande. God sal nie toelaat dat daar iets oor my pad kom wat ek nie kan hanteer nie. Ek weet nou dat ek een van die dapperes gaan wees aan wie ek my boek opgedra het. Ek ken hulle geheim.
Terug by die huis laat weet ek vir Jaun, my ma en my kinders dat die gewas toe wel kwaadaardig is. Daar is skok. Vrees. Verwarring. Ek huil vir die eerste keer nadat ek met hulle gepraat het. Dit is vir hulle erger as vir my, want hulle is platgeslaan deur die onmag om enige iets te doen om my te help. En ek kan niks doen om hulle te oortuig dat ek regtig oukei is nie. My mense gaan swaarkry.
Jaun werk laat. Ons eet aandete voor die televisie en ek raak in die holte van sy arm aan die slaap. Maar op hierdie aand is dit anders. Daar is ’n nuwe soort teerheid en ’n nuwe soort intensiteit aan die manier waarop hy my vashou. Ons praat net een keer in die verbygaan oor my afspraak by die sjirurg.
Daardie nag slaap ek soos ’n moeë kind. Ek is veilig gekoester in die arms van my Groot Pa.
The post Die pas versnel appeared first on rooi rose.
Kraamfeest
Naar, naarder, naarste. Jy hoor stories van blombakke, asdromme in winkelsentrums en beddings by vyfsterhotelle wat nooit weer dieselfde sal wees nie. ’n Happie droë brood, ’n piesang, ’n koppie rooibostee, gemmerkoekies, ’n bed. Raad, raad en nogmaals raad.
Gister land die kaartjie in my posbus. ’n Regte posbus by die poskantoor, nie die elektroniese een op my lessenaar, in my handsak of in my hand nie. ’n Internasionale posseël, geplak op ’n regte koevert. Binne-in ’n pienk kaartjie, al die pad van Sint Pancras, Nederland. Om ons te vertel dat kleine Sofie Kathelijn, dogter van Fred en Carolien, susje vir Niels en Thijs gebore is:
Het is en blijft bijzonder.
Kraamfeest, 20 September
Dis ’n Hollandse ding, dié geboortekaart, dié kraamfeest. Iewers lees ek: “Het begon zo rond 1850 met het versturen van geboortebrieven. Die kregen in de loop der tijd een leuk randje en zo kwam het dat rond 1940 rijke mensen echt geboortekaartjes gingen versturen. . . “En dan die fees – ’n paar weke na die geboorte kan almal kom kyk, en “kan iedereen even met je kindje knuffelt.”
Ek wonder vlugtig hoe kry jy in twee dae ’n visum en ’n vliegtuigkaartjie? Hoe organiseer jy jou eie huis en haard? Hoe kry jy tyd om met dié kindjie te knuffel?
Want dis tyd vir ’n kraamfeest. ’n Kind is gebore.
Het is en blijft bijzonder.
Welkom, lief klein wonder.
Tot volgende week,
Marí
The post Kraamfeest appeared first on rooi rose.
Lewe met die doel om te léwe
Met al die afskeide van geliefdes en bekendes wat deesdae om my gebeur, kan ek nie anders as om gereeld te wonder oor die doel van die lewe nie.
As iemand skielik uit jou lewenskring geruk word, word mens noodgedwonge ook gekonfronteer met jou eie sterflikheid en wat op aarde jy nou eintlik op aarde maak.
Tot kort voor haar vyfde verjaardag, was my dogtertjie vasbeslote dat sy bestem is om ’n Barbie te word. Vir iemand wat nie juis vreeslik klem lê op stereotipiese kinderspel nie – ek het nog nooit geglo “Dogtertjies moet Barbie speel en seuntjies karretjies” nie – was dit nogal ’n vreemde gedagte dat ek ’n pop grootmaak.
Haar wyse ouboet het toe op amper sewe droogweg opgemerk dat Barbies nou nie juis boffins is nie en sy nie moet dink dat sy eendag vir haar kinders sal kan Lego’s koop as sy nie ’n “regte werk” het nie.
Sy eie aspirasies wissel al die afgelope jaar tussen Lego-ingenieur word, spioen wees na-ure en natuurlik my gunsteling: werk-van-die-huis-af-pappa “sodat ek in die middag my seuntjie kan help met sy Wiskunde en met hom kan speel.”
Maar, nou die ander dag boul hy my heeltemal uit toe ons weer die gesprek het oor hoe lank mens moet leer om verskillende werke te kan doen. Ons is deur die hele spektrum van spioen tot hartspesialis, toe hy na so ’n ruk se stilte sê: “Mamma, ek dink ek wil eendag net ’n gewone mens wees. Want ek dink dit is hoekom God my gemaak het.”
Dit het my nogal getref dat iemand wat glo soos ’n kind, só vasberade kan glo dat God ons gemaak het om blote mense te wees.
Want, na bietjie nadink, vermoed ek dat dit nogal nie ’n maklike taak is om bloot ’n gewone mens te wees nie.
Ons aspireer eerder om die wêreld te verander deur spesialiste op ’n gebied te word wat die mens en aarde se voortbestaan sal verseker en in ons oë beter sal maak. Ons wil kundiges word en wetenskaplike en literêre en entrepreneursgrense verskuif. Ons wil uitblink! Ons wil geld maak! Ons wil suksesvol wees.
Maar, is suksesvol en die doel van die lewe een en dieselfde ding?
Hoe meer ek deesdae daaroor dink en gesels, hoe meer kom ek agter dat suksesvol in die wêreld se oë, dikwels as ’n groot leemte in die individu se lewe beleef word.
Wat help dit om die beste te wees in my veld, as ek inboet op gehaltetyd saam met my mense? Wat help dit om ’n fortuin te verdien as ek my oor ’n mik werk om hierdie fortuin te verdien – eerder as om die vrug van my arbeid darem ook te gebruik om lekker dinge saam met my hartsmense te doen en te geniet?
Volgens Rick Warren, wat in 2002 sy trefferboek oor ’n doelgerigte lewe uitgegee het, is die antwoord die volgende: “As jy weet waarom God jou geskep het, sal jy minder stres beleef, jou energie kan fokus, jou besluite vereenvoudig, betekenis aan jou lewe gee, en die belangrikste: Jouself vir die ewigheid voorberei.”
Die boek handel oor “’n leefwyse wat op God se ewige waardes gegrond is, en nie op kulturele waardes nie”.
En, hierin lê volgens my die kern van die doel van die lewe. Sodra jy voel jy lewe nie meer met ’n ewigheidsdoel nie, moet jy bietjie hersien wat nou eintlik belangrik is.
As alles weggestroop word waaraan die wêreld waarde heg – soos ’n hoogsbetalende loopbaan, gepubliseerde werk, ’n sakeryk, kinders wat danksy uitstekende en duur afrigters en leerondersteuning, die hoogste sporte bereik en net hoër en hoër mik en ten alle koste presteer – as dit alles een oggend op pad skool en werk toe net van jou weggeneem word, wat sal jou doel wees as jy agterbly?
Ek kom agter dat ek myself dikwels bewustelik en onbewustelik té veel meet aan wat ander dink. Die wêreld bepaal dat mens darem eintlik beter op pad is na jou doel as jy ’n paar sakeondernemings bedryf, jou kinders se belange op jou vingerpunte kan noem en beskerm, jou rol as gemeenskapsleier én dienende Martha vervul en boonop nog ’n talent het wat maak dat mense jou gesig onthou.
Effens oppervlakkig as mens regtig daaroor dink. Al bogenoemde dinge is wel die vrugte wat ’n mens op harde arbeid kan pluk. Maar: Is dit régtig waaroor die lewe gaan? Is dit régtig wat veroorsaak dat mense wat nie al hierdie dinge bereik nie, of selfs een daarvan nie, doelloos lewe?
Ek weier om dit te glo. Wie is ons om ’n ander se doel gering te skat? Om ’n ander se soeke na wat sy doel nou eintlik is, af te maak as doelloos?
Te midde van al die wenke en gedagtes wat Warren in sy boek deurgee, staan die volgende vir my uit: Die gedagte dat God deur my vir die wêreld iets wil sê.
Dit sluit vir my aan by die bekende gesegde: Mense sal nie onthou wat jy gedoen en bereik het nie, maar hoe jy hulle laat voel het.
Ek wil hierby voeg dat ek nie die soektog na ’n lewensdoel enigsins geringskat nie. Maar, ek dink dit is belangrik om te dink oor hoe jou soeke na hierdie doel die mense wat belangrik is in jou lewe, raak.
Ek glo nie ’n mens moet só fokus daarop om die doel van jou lewe na te jaag, dat jy vergeet om te lewe nie.
’n Kubervriendin deel onlangs die volgende:
“It’s a gift to know what you want to do with your life. But if you don’t know, that’s a kind of gift too, because just living is really enough. Try not to judge people, or yourself, where they fall on the specific-purpose spectrum. I say: One might just be between stations at such a time and then all you have to do, is just breathe…”
Kom ons haal ’n slag asem. Kom ons lewe met die doel om te léwe – en geniet die voorreg en vreugdes wat hierdie reis na die Ewige Doel meebring.
The post Lewe met die doel om te léwe appeared first on rooi rose.
Hoop, vir Hein
Dis al vir jare so. Min of meer hierdie tyd gebeur minder goeie goed met mense. As ek eerlik is, slegte goed. Slegter goed. Slegste goed. Hoe ouer ek word, hoe kleiner word daardie kringetjie. Hoe meer leer ek: trappe van vergelyking het ook maar net ’n begin, ’n middel en ’n einde. Vat jou net drie trappies ver. Die stellende trap. Die vergrotende trap. Die oortreffende trap. Die begin, die middel, en die einde.
Dan, skielik, is jou woorde op.
In een week word die donkerte van bipolêre depressie te veel vir ’n vriendin se seun. Op 19 gee hy oor, gun ek hom sy nuwe vlerke en sy ma, pa en broers ewige troos. ’n Familievriend se vrou word met die groot K gekonfronteer. Jonger as ek, haar oudste skaars tien. ’n Professor trek die sneller; ook hy wou weg. In dieselfde week treur die wêreld oor die driejarige Aylan Kurdi wat saam met my ma, boetie en talle ander verdrink op soek na ’n nuwe lewe. Die foto van sy klein lyfie in die branders aan die Turkse kusdorp Bodrum ’n noodkreet vir Europa, én die res van die wêreld.
Die begin, die middel, en die einde. Dan’s die woorde op.
Ons was sestien toe ek en Hein mekaar die eerste keer ontmoet het. Jonk. Lewenslustig. Stout. Hy was cooler as ek, wilder, slimmer, wyser, soms die wysste. Avontuurlustiger. Die avontuurlustigste. Word argitek, gaan Londen toe, bestuur van die wêreld se voorste restaurante. Ons verloor kontak. Twee jaar gelede tel ons die drade een-een op – steeds in Londen, getroud, pa van drie. Steeds cooler, wilder, slimmer, wyser, avontuurlustiger. Die avontuurlustigste.
Ek lees sy seun se opstelle, hy lees week-na-week my blog. Ons praat oor matriekmaats, ouderdom, boeke, Suid-Afrika, kinders grootmaak, goeie tye, slegte tye, kos en kuier. Die lewe se trappe van vergelyking.
Hein is stil, dink ek. My foon lui, iewers op ’n pad tussen Polokwane en Johannesburg. ’n Matriekmaat sê: Hein was in ’n ongeluk. ’n Motorfietsongeluk. Hy lewe. Hy’t seergekry. Baie seergekry. Sy been . . . Baie. Meer. Die meeste.
My woorde op.
’n Week later spoor ek hom op. Ver. Verder. Verste. Die heel verste, las ek by. “Ek’s ’n ongeluksvoël,” sê hy en vertel dan dat daar op die aand van die ongeluk ’n dokter, ’n verpleegkundige én ’n paramedikus in die motors om hom was. “Anders was ek dood.”
Die kringetjie kleiner.
Daar’s ’n lang pad voor, weet hy. Niks gaan ooit weer dieselfde wees nie. “Ek’t nog baie om voor te leef.” Baie. Meer. Die meeste. Die lewe is broos, broser, broosste. “Ek begin voor.” ’n Eerste tree. Die stellende trap.
Ek kry my woorde terug. Daar’s hoop. Meer hoop. Die meeste hoop. Vir Hein, vir almal soos hy. Vir ons.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Hoop, vir Hein appeared first on rooi rose.
Superma(n) se kind
In Wonderland Heuwels heers daar vanoggend weer ’n gedempte atmosfeer. Superman loop al ’n halwe week soos ’n beer met ’n seer tand op en af deur die buurt en gluur almal wat durf waag om te groet, met sy staalblou kykers aan.
Hy loop met geboë skouers, koponderstebo, hande agter die rug. Op en af. Op, en weer af.
Wat niemand weet nie, is dat Superman sedert die naweek met ’n kriptonietklip in sy bors rondloop. Die rede? Superseun het die naweek gebieg dat hy eendag eintlik regtig nie soos sy pa wil rondvlieg en nou en dan ’n bad guy opdons nie.
Hy wat Superseun is, wil regtig ook nie by Wonderland Universiteit gaan studeer om die fyner kunsies van superheld-wees aan te leer nie.
O nee. Superseun wil eerder ’n musikant word. Superman ril sommer.
Wat sal Spiderman en Batman sê as hulle dít moet uitvind? Hulle sal hulle mos doodlag! Hulle was nog altyd effens afgunstig op hom wat Superman is en hierdie sal mos net olie op hulle spotvuur wees!
Nee, hy weet nie waar die kind se kop is nie. Hy het soveel ideale vir Superseun gekoester om eendag by hom oor te neem. Superman is mos ’n naam om instand te hou! Wat word van tradisie? Hy sal met Supervrou moet praat – dalk kan sy sin in die kind se kop praat.
Die toneel wat hom in Wonderland Heuwels afspeel, speel daagliks in enige woonbuurt van ons land en wêreld af.
Al meer en meer ouers wil die ideale wat hulle vir hulle kinders koester, op die kinders afdwing.
’n Ma van drie pragtige, talentvolle kinders het onlangs haar lot bekla omdat haar middelkind, ’n akademiese uitblinker, glad nie belangstel in sport soos haar sportiewe sibbe nie. “Ek kan nie verstaan dat sy eerder met haar neus in ’n boek sit as om ook te probeer span haal nie. Sport maak soveel deure oop vir die kinders.”
Ek het nie mooi geweet hoe om haar te antwoord nie, want hoewel ek ook graag deelgeneem het aan sport en ander buitemuurse bedrywighede, was dit wel die akademie wat deure opgemaak het vir my.
En, as mens die geopende deure ’n oomblik miskyk – wat maak die kind gelukkig en pas in by sy of haar geaardheid? Is dit nie die heel belangrikste om te konsentreer op dit wat die kind gelukkig maak, en waarin hy of sy as individu uitblink nie? Hoekom so klem daarop lê dat ’n kind in álles moet uitblink?
’n Oud-laerskoolonderwyser, ma en tans dosent gee haar mening oor dié verskynsel: “Ouers doen dit om hulleself beter te laat vertoon of dan self beter te voel. Amper iets soos: ‘Kyk hoe ’n goeie ma is ek…!’”
Superman, of dan nou Superma, raak só vasgevang in die ideale, dat sy bang is Spiderman en Batman se vroue lag vir haar as haar kind nié in die tradisionele spoor volg en uitblink nie.
’n Kindersielkundige, dr. Elzette du Plessis, noem dit “prestasie-angs” en beskryf dit as “die druk wat ons prestasiegedrewe opvoedingsomgewing op kinders plaas”. Sy verduidelik: “Dit verwys nie net na die druk om al beter te presteer nie, maar ook na die wanfunksionele sosiale dinamiek wat daarmee saamgaan.”
Sy beskryf dit as ’n “enorme sweer in ons skoolstelsel”.
“Baie van ons skole – en ek verwys spesifiek na laerskole – is deesdae so über-mededingend dat dit nie net kinders van hul sorgvrye kinderjare beroof nie, maar baie kinders daarvan weerhou om belangrike lewensvaardighede aan te leer. Ons vergeet dat die belangrikste doelwitte van die laerskooljare is om te leer lees, skryf, wiskunde te doen, sport te geniet, toesprake te hou, gedigte op te sê en miskien ’n musiek-instrument te leer speel.
“In ons hipermededingende samelewing is dit egter nie wat gebeur nie. Want pleks daarvan dat skole die verantwoordelikheid neem om al die kinders – die goeies én die slegtes, die slimmes én die nie-so-slimmes – in hierdie vaardighede te onderrig, is ons skole niks anders as ’n beoordelingspaneel nie. Dit is ’n plek waar kinders van die beste na die slegste gerangskik of in die eerste en tweede span verdeel word,” sê dr. Du Plessis.
“In ons laerskoolomgewing behoort daar baie meer klem gelê te word op die proses van deelname. Dis veel belangriker dat dit genotvol is en dat dit bydra tot die ontwikkeling van goeie interpersoonlike verhoudinge as dat daar ’n wenner of ’n verloorder is. In plaas hiervan word daar dikwels verkeerdelik veronderstel dat ’n mededingende geneigdheid dui op ’n sterk karakter, terwyl daar misgekyk word dat mense wat goed voel oor hulself, hulle nie gedurig met ander hoef te vergelyk nie,” sê sy verder.
Volgens dr. Du Plessis behoort die belangrikste doelwit van skoolsport te wees om kinders lief te maak vir sport en om hulle dié vaardighede aan te leer en te help ontwikkel. Maar, dikwels moet wen en prestasie ’n hupstoot aan die skool en afrigter se status verleen en só verloor talle jong deelnemertjies hulle lus en liefde vir sportbeoefening omdat dit net gaan oor wen.
Sy is van mening dat ouers ewe maklik statusbehep kan raak danksy hulle kind se prestasies.
Om hierdie status en “goed-voel” as ouers te behou, word kinders al meer en meer gedruk om te presteer.
As ma van jong laerskoolkinders sien ek raak dat van my kinders se maats se ouers hulle prestasies van destyds toe hulle op skool was, as maatstaf voorhou vir hulle kinders om ook te presteer.
Erger nog, sommige ouers wat op skool nié uitgeblink het nie, probeer hulle verlore ideale en drome deur hulle kinders uitleef. Sussie moet dus uitblink in atletiek sodat sy nie soos haar mamma destyds net op die paviljoen hoef te sit en sing nie. Ander ouers stuur hulle kinders met goeie bedoelings skool toe, maar word ingetrek in die maalkolk van mededinging.
Dr. Du Plessis noem dit “onwillekeurige kompetisie” en verduidelik: “Hierdie onwillekeurige kompetisies maak ’n belangrike deel van die sosiale dinamiek van ’n skoolgemeenskap uit. Dit beïnvloed die ouers bewustelik of onbewustelik in so ’n mate dat hulle nie meer ’n gesonde oordeel het oor dit wat die beste vir hulle kinders is nie. Dit veroorsaak druk deur ouers, ongesonde insette deur ouers ten opsigte van leerwerk of take, oorreaksie ten opsigte van sportdeelname, konflik, spanning en in uiterste – maar allermins seldsame – gevalle, selfs oneerlikheid.” (Rapport, 29 Oktober 2001).
So, wat staan ons as ouers te doen om te keer dat ons kinders in die meëdoenlose stroom van prestasie-ten-alle-koste meegesleur word en só hulle greep op wat belangrik is in die lewe, en boonop hulle entoesiasme om nuwe dinge te ontdek en hulle vaardighede te ontwikkel, verloor?
Ouers wat ’n standpunt inneem en ’n stelsel kritiseer wat kinders van kleins af etiketteer as “belangrik” omdat hulle presteer en “onbelangrik” omdat hulle nie heeltemal uitblink nie, word dikwels gesien as afgunstig op ander wie se kinders wel as “wenners” gemerk word.
Maar, daar is wel onderwysers wat saamstaan met hierdie ouers en besef dat die ongesonde praktyk van wen-ten-alle-koste, op die lang duur die kind se menswees en die lesse wat hy uit deelname aan sport, kultuur en akademie behoort te leer, laat verlore raak.
In sommige skole word daar reeds in ’n gees van vriendskaplike kompetisie, aan almal ’n kans gegee om deel te neem. Elke outjie kry ’n beurt, ongeag of hy “goed” of “minder goed” is – hetsy dit in ’n sportspan of as klaskaptein. Die ouers wie se kinders deel het aan sulke gesonder maniere van vaardigheidsontwikkeling, sien die verskil wat dit aan hulle kinders se selfvertroue en menswees maak.
Kom ons vergeet ’n oomblik van wat die kompeterende gemeenskap van ons kinders verwag, en ons sien hulle unieke menswees raak. Kom ons fokus op dít wat hulle goed doen en graag wil doen. Sonder onnodige druk, sonder vergelykings, sonder ons ewige behoefte aan erkenning danksy prestasie.
Dit mag dalk net wees dat die Boekwurm of C-spanspelertjie in ’n gebalanseerde jong volwassene ontwikkel wat gehou het van sport omdat die gevoel van samehorigheid en spanbou vir sy menswees en sosiale vaardighede iets beteken het.
Eerder as dat hy as onvergenoegde volwassene eendag die stowwerige trofees wat hy ten alle koste moes versamel, bekyk en wonder waaroor dit alles nou eintlik gegaan het.
The post Superma(n) se kind appeared first on rooi rose.
Vat die pad!
Charles Lutwidge Dodgson. Oftewel Lewis Carroll. Engelsman. Skrywer. Wiskundige. Fotograaf. Die man op my lessenaar. Die een wat sê: “If you don’t know where you are going, any road will get you there.”
Dit het nog nooit in my broek (of rok) gesit nie. Dié in die middel van die jaar wegbreek, vakansie vat, wegloop, wegkruip, pad vat. Hoekom grootmense vakansie moet hou elke keer as kinders vakansie hou kon ek nooit lekker kleinkry nie. Toe gebeur dit. Daardie gevoel wat hier teen begin Mei oor jou begin spoel en teen middel Junie op sy ergste is . . .
Lam. Moeg. Gedaan. Gaar. Op. Klaar.
Rigtingloos. Koersloos. Die pad byster.
Luister vir Carroll, dink ek en vat die pad.
Eerste stop: Barrydale se Diesel & Crème, daar waar die melkskommels milkshakes is, waar ’n hele stuk (of twee) red velvet koek in ’n grote glas verdwyn, waar een-twee-drie-vier goudgeel eendjies in ’n ry op ’n rak marsjeer en waar die eienaar uit die bloute ’n bord stomende, soet melkkos voor jou staanmaak. “Vanoggend gemaak. Proe.” Jy eet jou spanning stom en stoot aan.
Padlangs, verby Ladismith op pad Gamkaskloof toe. Hel toe. Daar in die middel van die Swartberge hou ek (tot my reisgenote se vreugde) ’n paar keer op asemhaal. Die klowe gaap; ek verbeel my ek sien hoe die meester-ingenieur Thomas Bain en sy manne die skrikwekkende Swartbergpas se klippe een-een aandra; kruie dan tot heel onder by Freek en Martha se afgewitte huisie, lêplek vir die nag.
Slaap is min. Freek en Martha staan langs die bed, fluister vir my en almal wat al daar geslaap het. Vertel stories van swaarkry, lekkerkry en klaarkry. Verdwyn, skielik. Los my net daar, die hare in my nek en op my arms penorent. Ek groet graag, vra mooi dat hul net daar sal bly. In Die Hel.
Deur Prins Albert, op die rant van die Groot Karoo, Klaarstroom, Willowmore, Aberdeen en Graaff-Reinet. Colesberg toe. Dan, eindelik: Clarens. Die plek waar stadsjapies en kunstenaars kuier. Waar moeë ek, soos Carroll se Alice in Wonderland, myself skielik in ’n wêreld vol kreature bevind. Almal op soek na die sin in ’n sinnelose bestaan.
Dan gebeur dit, op die laaste aand in Raponsie se klein kasteel buite dié Vrystaatse dorp. Ek weet skielik weer wat Alice, Raponsie en soveel ander sprokies vir my (en ons) wil sê. Dalk is dit wat Freek en Martha ook wou fluister: dis presies hoe die wêreld is. Soms georden, soms op sy kop, soms realisties, soms ’n droom. Dit maak jou lam, moeg, gedaan, gaar, op en klaar. Skielik is jy rigtingloos, koersloos, die pad heeltemal byster.
Vat juis dan die pad, ’n ander pad, ontsnap uit jou toring en weet: “If you don’t know where you are going, any road will get you there.”
Bloemfontein. Beaufort-Wes. Worcester. Huis. Wie weet wat wag?
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Vat die pad! appeared first on rooi rose.
Behoeftes en begeertes
Ek’s uitgeboul. Onkant betrap. Stomgeslaan. Stilgeskok.
Dis skuins voor elf op ’n Koue Bokkeveld-oggend. In die skoolsaal, een van dié wat skielik opstaan uit die stof langs die grootpad, sit Matrieks, bont gepantser met musse, serpe en handskoene. Terwyl menige ander Matriekkind vakansie hou is dié lotjie reg vir Winterskool. ’n Hekkie om te oor voor die wêreld wag. Jy kan skaars ’n speld hoor val. Honger. Honger vir leer is hulle.
Ek’s daar saam met die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) om te praat oor hoe jy na Matriek jou geldsake moet bestuur. Wat is ’n begroting? Goeie skuld? Slegte skuld? En: wat is die verskil tussen behoeftes (dit wat jy moet hê om finansieel te oorleef) en begeertes (dit waaroor jy droom, maar wat jy nie noodwendig kan bekostig nie).
Die groot groep jonges met die musse, serpe en handskoene maak lysies. Skryf netjies (geen rekenaar, tablet of foon in sig nie), vingers styf van die koue. Behoeftes: kos, water, huis, ’n kombers of twee. Begeertes (dié lysie heelwat langer as die ander): lugtyd, selfoon, klere, ’n huis vir my ma, ’n woonstel vir my, ’n kar, nog klere . . .
Die ry dogters sit langs mekaar. Hul hou toe, kyk skuldig op. Wys dan tog. Behoeftes: kos, water, huis, ’n kombers of twee. Begeertes: lugtyd, selfoon, klere, ’n huis . . . ’n wit man.
Uitgeboul. Onkant betrap. Stomgeslaan. Stilgeskok. Ek hou my pose. “En dié?” “Hy gee jou alles. Dan’s behoeftes en begeertes gecover,” sê sy. Hulle knik. Ek stap aan.
Behoeftes. Begeertes.
Verder af bekyk ek die seuns se lysies: Behoeftes: kos, water, huis, ’n kombers of twee. Begeertes: lugtyd, selfoon, klere, ’n huis . . . seks. Ek swyg. Stap aan.
So is dit dan, dink ek later. Grootword. Die dinge wat ons vorm. Dis nie maklik nie. Jy moet weet wat, hoe, waar om te soek, vir wie om te luister. En nie te luister nie.
Elke jaar dié tyd vat twintigstuks jong mense van die Universiteit van Stellenbosch die pad om geld in te samel vir die evangelisasiewerk wat Bybelkor in Suid-Afrikaanse gevangenisse doen. Soos baie ander uitreikaksies wat dié tyd van die jaar deur universiteite en kolleges landwyd aangepak word, is daar ’n doel. Atlete se mikpunt: R40 000.
Iewers in die vroeë negentigs was ek ook ’n Atleet en het ons die land elke Julie vir drie weke van Beitbrug tot in Stellenbosch deurkruis, die 1975-droom van stigters Fanie Richter en Norman Burger waar gemaak. Vanjaar se Atlete doen dit weer en ons oues toer saam via WhatsApp en Facebook.
En die punt is? Ek hoor hoe my broers die kloutjie en die oortjie by mekaar probeer bring.
Ek vat die pad terug Kaap toe, huis toe na my besoek aan die skool in die stof. Daar waar die kinders doodstil sit, aandagtig luister, eerlik praat, soms te eerlik. Hul behoeftes en begeertes deel.
Sê weer hardop: kyk op, doen, doen meer. Ons is nie gemaak om die wêreld alleen te pak nie. Iemand moet die guts hê om te sê ’n wit man en seks gaan nie jou behoeftes en begeertes aanspreek nie. Iemand moet Bybelkor help om hul geld te kry. Iemand moet help om behoeftes en begeertes te rig. Iemand moet.
Dalk ek? Dalk jy?
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Behoeftes en begeertes appeared first on rooi rose.
Dis eksamentyd
Dis eksamentyd en ek voel soos ’n rasieleier voor ’n onwillige skare. Gryp my pom-poms elke oggend, huppel vroegoggend deur die huis, verstarde glimlag op die gesig, vrolikheidsvrees in die stem: “Kom, kom Boetie! Dis nie so erg nie, Boetie! Ons is amper daar, Boetie! Nog net drie slapies, Boetie!” Hy lig sy kop, ogies vaal en flou. Daardie verwese frons.
Hy voel alleen. Baie alleen.
“Mamma, ek wil net gou my bed opmaak,” kom dit. Van ’n kind wie ek gewoonlik moet smeek om dit te doen. “Mamma, ek gaan net gou kitaar oefen. Mamma, ek dink ek gaan gou bad. Mamma, kyk hoe netjies het ek my lessenaar reggepak.” Hier’s skielik ’n alien in die huis. “Mamma, ek’s honger . . .”
Ek voer hom ’n appel, ’n muffin, warm sjokolade, bak ’n koek. Eet sommer saam, in dubbele porsies. My ledemate lam gedans. My pom-poms flou.
So, ja.
“Wees bly hy het nie ’n motorfiets nie,” skerts Ouma, simpatiek. En skielik sien en hoor ek Boetie se drie oompies, net duskant dertig jaar terug. Dis eksamentyd, dié beste tyd om jou motorfiets part-vir-part op die garagevloer uitmekaar te haal.
“Mamma, ek gaan net gou nog hierdie deel klaarmaak. Mamma, ek dink aan my leerwerk as my hande besig is. Mamma, daar’s rugby op die TV. Mamma, ek is deur al my werk (al was dit net tien minute). Mamma, ek gaan gou gym. Mamma, ek’s honger . . .”
Sy voer hul ’n bergie brood, peanut butter en stroop, koffie, melktert. En eet saam, in dubbele porsies. Lam gedans, pom-poms flou.
Sê ’n vriendin: “Dis die vreemdste ding. Nóú wil hulle buite speel, rondhol en langbeen in die wintersonnetjie op die stoep sit. Nóú?”
Ek loop weg. Stil-stil. Sê vir niemand niks. Gaan soek ’n buurt waar min my ken, bestel koffie, kaaskoek (en kyk dat die sny groot genoeg is as hy kom). Dis eksamentyd. In my huis is daar ’n alien in sy oudste sweetpakbroek, pantoffels-aan-die-voet, mussie (stukkie troos, gebrei deur Ma) op sy kop. Sy skouers hang, die wêreld druk.
Moenie nou met my praat nie, kyk ek die kelner stil.
Dis kwart oor twee. Tyd vir Boetie om te bel. Ek sukkel om te werk, te konsentreer. “Bel my.” Die WhatsApp biep, eindelik.
“Hoe het dit gegaan?” Sommer met die intrapslag. Vir ordentlik-wees het nie ek of hy meer krag nie. “Sy’t goed gevra wat sy gesê het ons nie hoef te leer nie. Ek weet nie. Seker ok. Dit was maklik.” Soms die reaksie wat my koud laat: “Fine.” Ek vra weer. “Fine.” Wat beteken dit? “Fine,” met die verwese frons.
Ek voer hom, gryp dan die pom-poms. “Kom, kom Boetie! Dis nie so erg nie, Boetie . . .”
Dis die laaste dag. Sy gesiggie straal. Hy stort flink en vinnig, trek sy nuutste klere aan, bed onopgemaak, kitaar vergete in die hoek, kamer deurmekaar . . . “Dis vakansie, Mamma! Dis vakansie!”
En ek? Ek staar vir die skaal. My eksamen begin vandag.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Dis eksamentyd appeared first on rooi rose.
Die woorde van onse moeders
Onlangs stuur ’n vriendin vir my ’n prentjie via selfoon. ’n Ma omring deur haar kroos hou haar hand oor haar mond en bo-aan die prentjie staan: “When I open my mouth, my mom comes out!”
Ek het kopknikkend gegiggel, want dit is presies wat deesdae met mý gebeur.
En, elke iedere keer besef ek ek het sopas daardie woorde wat my as snipperige sesjarige (en veel erger as sestienjarige) só grensloos irriteer het, vir my kinders gesê – en ek het elke liewe woord bedóél.
“Moenie in die huis hardloop nie – julle gáán val en julle gáán seerkry!”
My woorde is skaars koud, of Kleinsus kom met ’n onderstebo-glimlag bekkie en traan wat biggel oor haar wang, aangestrompel ná sy haar kleintoontjie teen die deurkosyn nerfaf gestamp het.
Ek troos, maar “Sien jy nou, ek hét mos gewaarsku!” glip saam met die trooswoorde uit.
Kort voor lank is die boetie en sussie weer aan die stoei op die sitkamerbank. Vrolike laggies klink op, maar dit raak al hoe joliger en ek weet wat wag.
“Kalmeer julle twee ’n bietjie – van lekker lag kom lekker huil!” hoor ek myself en my ma (én haar ma) vermaan.
“Maar, Mamma…!” kom dit gelyk uit twee mondjies.
“As ek nog één keer ‘Maar, Mamma…’ hoor, gaan ek skree,” dreig ek – en wonder of die twee stoutsterte ook soos ek dertig jaar gelede, oorweeg om my dreigement te toets net om te hoor presies wát ek gaan skree.
(Skuus, Ma…)
Laatmiddag vlieg die agtjarige ouboet vir die soveelste keer op van die bank waar hy lê en lees het en kom druk die Trompie-boek onder my neus.
“Mamma, wat beteken hierdie woord?”
“Aikôna, jy weet waar jou woordeboek is, gaan soek die woord op,” antwoord ek vir die soveelste keer.
Ek vermoed my ma is eiehandig daarvoor verantwoordelik dat ek vandag ’n vertaler is en steeds woordeboeke soos fiksie verslind.
Die sesjarige kleinsus roep vanaf haar skoolbank waar sy sit en teken: “Mamma, ek is dors, bring asseblief vir my iets om te drink!”
“Staan op en kom haal vir jou sap in die kombuis. Hierdie is nie ’n hotel nie!” roep ek terug.
“Ja-nee, die room service hier is hopeloos te swak vir ’n hotel…” sug-mompel Ouboet en ek onderdruk ’n glimlag.
“Weet Mamma, Dirkie sê hulle kan maar enigetyd in die week ook Fanta drink. Hoekom mag ons dan net sap en melk en water kry?” trek die sesjarige haar neus in die kombuis op vir die glasie sap.
“Want Dirkie se mamma gee seker nie om dat gaskoeldrank ongesond is nie,” antwoord ek (en hoop oombliklik sy herhaal dit nie en Dirkie se ma koester nie voortaan ’n wrok teenoor my nie).
“Maar, Mamma, Elmarie en Yvonne en Pieter sê hulle mag ook soveel gaskoeldrank drink as wat hulle wil!” probeer sy weer.
“Ja, en as hulle almal by ’n krans afspring, sal jy ook?” probeer ek haar uitboul met my moederlike logika – weliswaar oorgeërf.
“Néé, want dis sommer laf. Hoekom sal mens by ’n krans wil afspring as jy weet jy jou bene gaan breek?” snip sy alwetend terwyl sy haar neus teatraal op ’n plooi trek en haar oë rol.
“As die kerkklok nou slaan, gaan jou gesig netso bly staan, weet jy!” snip die sewe en dertigjarige snip terug.
En daarna sê ek die agtjarige ook sommer aan om gou te gaan bad voor aandete.
“Ag nee, Mamma, hoekom moet ek dan nou vanaand so vroeg gaan bad? Dis nog ver van aandete af?” vra hy in ’n temerige stemmetjie.
“Hoekom? Want ek sê so, dis hoekom!” hoor ek my ma by my mond uitglip.
En ek kry heimlik groot lag vir myself terwyl ek ’n strakstreng gesig opsit.
Want, ek besef my ma was honderd persent in die kol toe sy dekades gelede al gesê het: “Wag maar nét tot jý eendag kinders het…!”
The post Die woorde van onse moeders appeared first on rooi rose.
Facevoos
Ek tik my sleutelwoord in en haal ’n oomblik diep asem terwyl my jongste nuusvoer-skermpie aflaai.
Vanoggend sien ek nie regtig kans vir enige negatiewe nuus nie en ek hoop heimlik daar is iets opbeurend op sosiale mediafront.
Ek beweeg met die pyltjie af en stik omtrent in my oggendkoffie. ’n Foto van ’n hond wat skynbaar met kookwater gemartel is, lê my skerm vol. Hoekom deel enige diereliefhebber so iets gruwelik? Wat help dit daardie arme gedierte?
Ek beweeg haastig af. Na sowat ses foto’s en resepte van hoe om die perfekte kilojoulevrye tert op te tower, sien ek iets wat meer sosiaal nuuswaardig lyk.
En stik weer in my oggendkoffie.
Die Van den Haans is sedert vroemôre al aan’t moddergooi. Ons is nie regtig vriende nie, meer kennisse van skooldae af, maar die laaste jaar of wat kom ek noodgedwonge agter alles is nie pluis tussen Egpaar Van den Haan nie.
Hy beskuldig haar gereeld op haar tydlyn en statusse dat sy flankeer met ander mans – in die regte lewe en in die kuberruim – en sy kerm gereeld saans via die web dat hy alweer saam met sy golfmakkers by Putjie 19 vasgesteek het. Vanoggend beskuldig hulle mekaar blatant op Facebook van buite-egtelike verhoudings.
Ek beweeg vinnig verder. Druk die “Like”-knoppie onderaan ’n universiteitsvriendin se babatjie wat met ’n penorent kuifie oopmond lag.
En beweeg nog verder af. Nuusskakels oor plaasmoorde en verkragtings en hier en daar ’n brokkie goeie nuus soos dat die brandstofprys nie vandeesweek styg nie (maar eers volgende week).
Verder af in die nuusvoer is ’n sarsie passief-aggressiewe “prentjie-met-boodskap”-inskrywings waar ’n –kennis-van-’n-vriendin-se-vriendin (wat de drommel maak hierdie mense nou weer op my Facebook…?) haar eksman eers probeer oortuig van haar onveranderde liefde en hoe seer haar hart is… en dan weer onomwonde verklaar dat sy versot is op haar enkelloper-status. Dit is sowaar moeilik om by te hou.
Ek sug en besluit om uit te teken. Dit sal beter wees vir my gemoed.
Hoe het dit gebeur dat sosiale media wat veronderstel is om mense nader aan mekaar te bring, so ’n kuberbokskryt en veld vol landmyne geword het?
Eers was dit wonderlik om ou vriende van skool- en universiteitsdae en verlangse familie weer op te spoor en te deel in mekaar se lief en leed. Gesinsfoto’s en grappighede is gedeel en maats kon mekaar via die kuberruim moed inpraat as die lewe druk.
Maar, toe het die sosiale stuk gereedskap begin oorneem en vir baie mense het dit gou ’n geval geword van iets gebeur nie voor ek dit op Facebook deel nie.
Ons het in terme van die beste geposeerde foto, die aangrypendste mededeling en die windmakerigste “check-in” begin dink – en begin lewe.
En, soos die lewe maar is, is alles nie maanskyn en rose nie. Ook nie in die kuberruim nie.
Maar, dit is asof sosiale media die briekaandraai wat mens nog in die regte lewe darem weens ordentlikheid en respek vir ander toepas, toetentaal tersyde stel. Op Facebook en ander sosiale platforms kan mens sê presies wat jy dink en voel oor iemand en jy sal boonop nog beloon word met ’n kuber klop-op-die-skouer in die vorm van ’n aantal “Likes”.
Die gevaar is dat vriendskappe en verhoudings gemeet word aan die hoeveelheid aandag wat jou bydraes op ’n platform soos Facebook geniet.
Die buurvrou wat heeldag boer op Facebook, maar elke liewe foto en inskrywing van jou soos ’n stopstraat ignoreer? Sy is duidelik jaloers (of dalk iets anders, treiter die stemmetjie in jou kop jou) – en gevolglik groet julle half strammerig as julle mekaar in die regte lewe raakloop.
Hoekom dan aankarring met iets wat duidelik nie meer die positiewe doel dien waarvoor dit geskep is nie?
Die slim mense het so ’n jaar of drie gelede begin praat van Fomo – “fear of missing out”. Dit beskryf die amper obsessief-kompulsiewe gedrag van mense om kort-kort te loer wat hulle familie, vriende en kennisse aanvang.
En ook jou sosiale stuiwer in die armbeurs te gooi deur met jou kubervriende te deel waarmee jy besig is.
En dit is hierdie gedrag wat daartoe lei dat die werklike ervaring dikwels afgewater word. Die foto van die skemerkelkie langs die see word soveel keer geneem en afgevee en weer geneem voor dit opgelaai word, dat jy skoon die presiese magiese oomblik dat die oranje son aan die horison raak, mis.
Ek het ’n vriendin wat vanweë haar werk redelik in die openbare oog is. Sy het egter so ’n rukkie gelede na ’n paar nare sosiale media-ervarings besluit genoeg is genoeg.
Sy het haar profiel van sosiale media verwyder en besing dié vryheid: “Ek is baie rustiger as in ’n lang tyd – niks jaag my nie. Ek voel nie meer of ek ADD het nie. Die buitewêreld is weer waar dit hoort: buite.”
Volgens ’n studie wat deur Huffington Post publiseer is, blyk dit dat hierdie ’n wêreldwye neiging raak.
Mense wat voorheen selferkende Facebook-slawe was, besluit doelbewus om nie meer hulle lewe “aanlyn te leef” nie en smag daarna om weer die oomblik in werklikheid te beleef en geniet.
’n New Yorkse maatskappy wat wêreldwye neigings voorspel, JWT, is van mening dat mense “tegnologie begin vrees en verwerp”.
Daar is selfs ’n term geskep om as teenvoeter vir Fomo te dien: Jomo – die “joy of missing out”.
Anil Dash het hierdie term geskep na die geboorte van sy seun nadat hy sowat ’n maand van lyn af was. Hy beskryf die vryheid van ’n lewe wat nie bestaan uit “aanmeld, inteken en deel” nie as “wonderlik”.
Mense wil weer menslike waardes aan ervarings heg en nie deur tegnologie opgeslurp word nie.
Ja, sosiale media dien steeds in baie geval die doel van mense verbind met wie mens weens afstand en besige lewens andersins min tyd mee sou spandeer. Dit bly lekker om “gou in te loer” en te sien watter oulike foto’s jou vriendin in ’n ander dorp opgelaai het.
En party mense se humoristiese Facebook-statusse het nou maar eenmaal die manier om ’n mistroostige dag op te kikker.
Maar, dalk het dit tyd geword dat ons doelbewus afskaal op die tyd wat ons aanlyn bestee en kyk watter positiewe resultate daaruit spruit as ons meer regte tyd in die regte wêreld saam met die mense wat die meeste vir ons saakmaak, bestee.
The post Facevoos appeared first on rooi rose.
Ek verstaan nie
Ek verstaan nie die onblusbare lus vir wortelkoek wat my op ’n Sondagmiddag skuins na vier tref nie. Ek verstaan nie hoekom die rondste van vroue kies om hulself in lae vormloosheid toe te wikkel nie. Ek verstaan nie hoekom die prys van petrol en diesel van plek-tot-plek in Suid-Afrika wissel nie (ok, ok …) Ek verstaan nie hoe vliegtuie tussen die geskud en geskommel in die lug bly nie. Ek verstaan nie (altyd) my Graad 5-kind se Wiskunde-huiswerk nie. Ek verstaan nie hoekom sommiges meer huil en lag as ander nie.
Ek verstaan nie hoe Eskom se base snags rustig kan slaap nie (om van ’n paar ander in leiersposisies nie eens te praat nie).
Ek verstaan nie die politiek nie. Wonder of jy doen?
Maar vandag, vandag verstaan ek niks. Ek verstaan nie die foto’s voor my op die skerm nie. Mense wat bloei, mense wat brand, mense wat veg, mense wat sterf. Mense.
Ek verstaan nie xenofobie nie. Regtig nie. Skryf dan:
Liewe Jacob,
Ek wonder of jy verstaan?
’n Paar jaar gelede het jy uit Zimbabwe gevlug om ’n nuwe potjie te kom krap. Jy’t ’n nuwe koers gekies en, al het jy matriek en al lees jy wyd, het jy gekies om in ander se tuine te begin werk. Met ’n “Morning Ma’am, how are you Ma’am, God is good to me Ma’am, hope He’s good to you too Ma’am” het jy ander onder die stof gewerk.
Later trots vertel jou papierwerk is agtermekaar (al moet jy dit gereeld hernu), jou vrou is op pad, jou bankrekening is oop, jou plan begin werk. Al slaap jy, sy en ’n paar ander steeds om die beurt op ’n bed. Al lag jy oopmond toe jy die kind in ons huis se driekwartbed moet skuif, want, sê jy, daar’s dan slaapplek vir drie.
“God is good to me, Ma’am. . .”
Ja, Jacob. Dankie, Jacob. Sien jou volgende week, Jacob.
Verstaan jy xenofobie, Jacob? Ken jy die mense wat bloei, brand, veg en sterf, Jacob? Is julle veilig, Jacob?
Sê as ons moet help, Jacob?
Liefde vir jou vrou, Jacob.
Ma’am
Skryf ek. Verstaan ook nie regtig wat ek probeer sê nie. Dalk dit:
Aan die lus vir wortelkoek kan ek iets doen, die vormlose rondes ignoreer en probeer luister die volgende keer as iemand die prysverskil tussen petrol en diesel vir die soveelste keer verduidelik. Ek kan minder vlieg sodat die geskud en geskommel my nie pla nie, iemand kry om my kind met sy Wiskunde-huiswerk te help, lag en huil wanneer ek wil en ander los om hul eie keuses te maak.
Vrede maak dat ek Eskom en sy base nooit sal verstaan nie. En aanhou lees oor die politiek. Dalk verstaan ek, eendag.
Ek sal xenofobie (en die meeste ander fobies) nooit verstaan nie. Maar ek sal my kinders leer: elke mens het die reg om mens te wees. Jy’t geen reg oor ’n ander se menswees nie. Ek sal aanhou bid vir dié wat bloei, brand, veg en sterf.
“God is good to me Ma’am, hope He’s good to you too Ma’am. . .”
Mag dit waar wees, Jacob. Vir ons almal. Sodat ek, jy en ons kan verstaan.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Ek verstaan nie appeared first on rooi rose.
Jaag
Met die langverwagte Paasnaweek pas verby, kon die meeste van ons darem ’n dag of wat asem skep en wegbreek uit die sloer van roetine.
Ek weet nie of dit net ék is nie, maar met die aanbreek van so ’n naweek, neem dit my gewoonlik ’n dag of wat om tot ruste te kom. Dis asof die wieletjie sukkel om stadiger te draai en die hamster se voetjies hou net aan hardloop.
En dan, eensklaps, kom ek tog tot stilstand en dit is asof ’n kwartaal se gejaag in die seesand wegsypel en ek kry weer kans om vars seelug in te asem en te luister na wat die kinders sê, in plaas daarvan om hulle stil te maak met die konstante: “Kom, ons gaan láát wees!”
Wat my telkens laat wonder: Hoekom jaag ons só? Is dit regtig nodig om so ’n strawwe pas vol te hou in die kwartaal? Ek voel deurgaans soos die Horlosiehaas in Alice se Wonderland – maar ek is nie op pad na ’n koninklike teepartytjie nie, ek jaag bloot agter skoolklokke en buitemuurse bedrywighede aan.
As ek luister na vriendinne by die skoolhek, is dit nie die vragte huiswerk, botsende sportwedstryde en nimmereindige skooltake en toetse wat hulle angstig maak nie. Dit is die gejaag van dou-voor-dag tot saans laat om almal oral betyds te hê. As ek luister na van hulle met kinders in verskillende grade en skole, weet ek soms eerlikwaar nie hóé hulle dit regkry nie.
Ek het maar net twee kinders, in graad 1 en graad 3, en dikwels voel ek op ’n Maandagmiddag al skoon sooibrand as ek laatmiddag na skool, sport en skaak by die deur instrompel met die twee moeë skoliere en die week se program in oënskou neem.
Ek vermoed ek grens aan obsessief-kompulsief wat betref organisasie – ek hou daarvan dat dinge op hulle plek is en ek wil weet wanneer en waar wát voorlê. Dalk is dit hoekom ek die skoolweek so gespanne begin?
’n Staatmaak-vriendin is dikwels dik van die lag as ek op ’n Maandag plegtig verklaar dat hierdie week anders gaan wees as ander. Ek gáán met die beste wil in die wêreld diep asemhaal en nie kort-kort op die kinders skree dat ons alweer laat is omdat hulle so draai nie. Ek gáán my bes probeer dat elke tweede sin wat by my mond uitkom, nie is “Kom, julle, ons gaan laat wees!” of “Bly gou stil en maak klaar, ons móét rý!” nie.
My Skeinatonnie het altyd gesê: “Die pad na die hel is geplavei met die kopbene van mense wat goeie voornemens gehad het.”
Ek vermoed die pad na die malhuis is ewenteens geplavei met dié van moeders met voornemens wat gewoonlik reeds dieselfde middag nog sneuwel as die kroos stry-stry by die huis inwarrel.
’n Ander vriendin erken sy sluk op ’n Sondagaand reeds twee Rescue-pilletjies vir die week wat wag.
Ek wens daar was ’n pilletjie te sluk wat ’n paar minute tyd aan elke rit iewers heen sou gun sodat alles nie met soveel gejaag gepaard sou gaan nie. Of ’n pilletjie wat ’n skooltaxidrywer se gemoed meer gemoedelik sou maak.
Maar, ek vermoed daar moet eerder ’n ander oplossing gevind word vir die maagseer van heen-en-weer jaag om betyds te wees en die skoolprogram vierkant in die oë te kan kyk.
As ek net daardie oplossing kan vind.
The post Jaag appeared first on rooi rose.
Dis nie die gras nie
Ai. Die gras. Die ewige gras. Soms, net soms, is dit groener aan die ander kant. Dink ek dié week weer, dié slag op ’n vlug tussen Windhoek en die Kaap. Op pad huis toe. Jy’t net mooi gesien, niks lelik nie. Sy stry weer, die negatiewe een wat net wanneer dit haar pas nesskop in my kop. Ek het nie, kap ek terug. Met mening moeg.
Jy het.
Toegegee. Die luukse kamer. Die wit bed. Die lang spieël, tot op die grond. Die badkamer met die buitedeur en klippies waaroor water heelnag loop. Die stilte. Mooi, dit was mooi. Al moes ek op Aand Een twee botteltjies water uit die yskas haal om die waswerk te doen (ja, waterloos was ons).
Maar mooi bly mooi. Die gras. Die gras was dié week groener aan die ander kant.
Hoekom? Wat, wat is dit dan? Wat maak dat ek Vrydag anders na die wêreld kyk as afgelope Maandag? wonder ek stroperig terwyl my buurman in die sitplek langsaan oor my skouer my skrifsels aanskou. “Wonder jy ook?” vang ek hom ongemaklik onkant. “Ja,” knor hy. Uitgevang.
Die oud-WP-kaptein-nou-entrepreneur wat my vroegaand op die lughawe inwag asof ons mekaar al jare ken, die energieke Namibiër met die diep geloof aan wie hy my die volgende oggend voorstel, dié Namibiër se slim, stil, sterk vrou, die finansiële bestuurder wat met pretensielose deernis later van haar “houman” vertel en die jongeling wat stadig uit sy dop kruip “omdat ek my plek moet ken”. Later kom daar ’n beautiful bokser by en ’n Engelse oudskeepskaptein (hy lyk vir my skaars twintig) saam met ’n reus van ’n man met hande so groot soos ’n opskepbord; een wie se hart vermurwe as hy vertel hoe hy en sy vrou vier girls grootmaak. “My girls.”
Ons droom. Drie dae lank. Weet ek weer hoekom so baie Namibië die land van hoop noem. Hierdie lotjie het een droom: om geleenthede te maak werk. Kleur is nooit ’n issue nie. Hoe ek en jy vir mekaar geleenthede kan skep om ’n beter toekoms te bou is die diskoers van die dag. Hul daag mekaar uit. Vat my vas. Dis vir my lekker.
Die gras. Ai. Die gras.
Daar’s nog ’n man. Hy’s moeër as die ander, nie daar as ons praat nie. Loer in wanneer hy kan. Die kamer, bed, spieël en badkamer is syne. Die waterprobleem ook. Maar niks van dié tel nou nie. Dis hy wie ’n paar jaar gelede twee van sy dogters en ’n maand terug sy vrou moes begrawe. Hy wat vriendelik-voortbeur, sy foon vat en my kleintydbuurvrou bel, die een wie se blommemeisie ek jare gelede was. Ek wil nog stry. Volgende keer, ek sal volgende keer gaan kuier. “Mens stel niks uit nie,” sê hy. Weet ek. Stry kan ek nie stry nie.
“Dis nie die gras nie,” sê die vreemdeling neffens my. “Tien minute,” sê die vlieënier.
Ek weet. “Mense. Dis mense,” sê ek.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
The post Dis nie die gras nie appeared first on rooi rose.