rooi rose redaksie | rooi rose

Internasionale Vrouedag: Die rooi rose-redaksie vertel wat vandag vir hulle beteken
Die rooi rose-redaksie bring hulde aan vroue deur te vertel wat Internasionale Vrouedag vir hulle beteken, waarom dit belangrik is om vroue vandag te vier en hoekom hulle trots is om in 2022 ‘n vrou te wees.

Anlie Janse van Rensburg, rooi rose-redakteur

Vroue is nie sukkelaars nie. My ma was ’n goeie voorbeeld van ’n vrou wat haar staal kon wys en het haar huishouding én beroep as rekenmeester ewe goed bestuur. Haar ambisie het haar gedryf, en so ook myne. Vroue laat dinge gebeur, en daar is geen rede om vir enige uitdaging terug te deins nie. Glo aan jouself, hou uit en aan en jy sal die vrugte pluk. Met soveel vroue wat al berge versit het, is dit ’n inspirasie om ook hoogtes te wil bereik. Sterk vroue maak my trots omdat hulle wys waar daar ’n wil is, is daar ’n weg.

Hanlie Huisamen, kunshoof vir rooi rose

Die intensiteit van die lewe beteken dat ons meestal moet fokus op die dag wat voorlê en om die beste te wees wat ons kan vir ons geliefdes. Dit is hoekom Internasionale Vrouedag so belangrik is om ons te herinner om te vier wie ons is en diegene wat ons gevorm het. Vir my is dit my ma, my suster en ’n paar vriendinne wat my elke dag inspireer om as mens te groei en ‘n bydrae tot die samelewing te maak.

Dit is ook ‘n oomblik om te besin oor hoekom ons sulke dae moet hê – om te fokus op vrouekwessies wat nog nie opgelos is nie. Kom ons hoop soos ons dogters grootword, sal vrouekwessies nie meer ‘n probleem wees nie en sal die nodigheid vir sulke dae verminder.

Rese van der Hoven, teksredakteur vir rooi rose

Vrouedag is vir my ’n dag om te besin oor wat dit beteken om ‘vrou’ te wees (hetsy jy so gebore is, of later in jou lewe besef het dis wie jy is), en om dankbaar te wees vir al die vroue in ons geskiedenis wat baklei het vir ons om vandag te kan wees waar ons is. In 2022 is ek trots om ’n vrou te wees omdat ons sterk is; ons skep vir mekaar ’n ondersteunende netwerk van susters; en ons het lief soos wat niemand anders kan nie.

Stefanie Titus-Petersen, dekorassistent vir rooi rose

Terwyl ek dink vroue moet elke dag gevier word, is ek geneig om enige herinnering aan ander te omhels, en om te steun op die eindelose waarde wat vroue in die samelewing bring.

Samelewings word gebou en ondersteun deur vroue en ek is meer trots as ooit om, in 2022, tussen vroue te loop wat eienaarskap neem in elke ruimte wat hulle betree. Ons aanvaar nie meer verskonings en staan geen tyd af aan die idee dat ons op enige manier minder is nie.

Amy-Lee Steenkamp, moderedakteur vir rooi rose

Vir my beteken Internasionale Vrouedag om vroue te vereer. Om die impak wat vroue het te verstaan en te vier en ons mag op te eis. Om die skoonheid wat vroue besit en ook my eie krag op te eis om die vrou te word wat ek wil wees. Vrouedag is ook ‘n platform om alle vroue te inspireer en op te hef.

Ek is trots om ‘n vrou in 2022 te wees, want ek het gegroei tot die vrou (wat ek net gedroom het om te word), en ek is mal oor die lesse en ervarings wat ek geleer het om my te help vorm. Ek is voortdurend verstom oor wat ek in staat is om te doen, hoe ek as vrou groei en ek is trots om te weet ek kan net nog verder groei.

Hunter Erlank, mode-assistent vir rooi rose

Internasionale Vrouedag verteenwoordig dit waarvoor vroue voor ons geveg het. Dit demonstreer die krag en vermoëns van ‘n vrou en die konstante stryde wat ons dag na dag moet voer en oorwin.

Vroue in 2022 veg steeds vir gelykheid en teen die patriargie. Ek is trots om deel te wees van die klein alledaagse treë vorentoe en die eenheid en vroulikheid wat ons bereik het. Vroue ondersteun altyd vroue.

Zerelda Esterhuizen, vryskutteksredakteur en -skrywer vir rooi rose

Ek dink sulke dae soos Internasionale Vrouedag is belangrik omdat dit ons herinner aan die pad wat vroue moes stap tot gelykheid en ook aan die feit dat vroue steeds in talle lande onderdruk word. Ons het ’n ver pad gekom sedert die dae waar vroue nie eens universiteit toe kon gaan nie, maar vroue word vandag steeds in baie gevalle minder as mans betaal en daar is steeds bedrywe waar vroue as die “swakker geslag” gesien word. Dan praat ek nie eens van die geweld teen vroue nie …

Ek is trots om ’n vrou te wees en dit gaan nie daaroor om bra’s te verbrand nie.  Vroue het ’n stem. Ek leer my dogter dat mense nie in boksies geplaas word nie en dat geslagte nie gestereotipeer moet word nie. Sy kan ’n robotika-ingenieur, ’n motorwerktuigkundige of ’n mode-ontwerper word as sy wil. Maar geslagstereotipering gaan albei kante toe. Mans moet ook nie in boksies geplaas word nie. Individualiteit moet gevier word. Ons is (dankie tog) nie almal dieselfde nie.

Hooffoto: Joel Muniz vir Unsplash

Lees nog: Anys Rossouw oor die industrie van hoop

The post Internasionale Vrouedag: Die rooi rose-redaksie vertel wat vandag vir hulle beteken appeared first on rooi rose.

“Binge Watching”: nog net een episode!
Karyn Harrison, uitlegkunstenaar

Karyn binge watch vier of vyf keer per jaar tot in die vroeë oggendure, gewoonlik saam met haar dogter, Amy, en hul hondjie, Griffin.

“Die storievertelkuns is so oud soos die berge, en verg vaardigheid. Ek is mal daaroor om by die karakters en hul wêreld betrokke te raak, en soms leer ek iets, soos in House of Foyles War wat op die Tweede Wêreldoorlog gegrond is.

“Ek hou van die Skandinaviese whodunnits soos Anno 1790 en The Killing, en Britse TV-reekse soos Poirot, Wallander, Broadchurch, Endeavour, Silent Witness en The Fall. Soms kyk ons na ou komedies soos Seinfeld en Black Adder, of periode-reekse soos Victoria, Outlander, Downton Abbey, Poldark en Call the Midwife.

“Call the Midwife was so inspirerend. Die eerste paar reekse is op die na-oorlogse memoirs van Jennifer Worth gebaseer. Die nonne se toewyding aan die gemeenskap en hul persoonlike groei het my diep geraak.

“Ons het na die omstrede reeks Thirteen Reasons Why gekyk. My dogter is gelukkig oud genoeg om die inhoud te oordink en te bespreek. Wat haar ontstel het, was die feit dat selfdood so grafies uitgebeeld is. Sy het gereken dis onsensitief en onnodig, veral omdat die reeks ’n jonger gehoor aantrek. Sy het ook opgehou om na The Fall te kyk omdat dit haar nagmerries gegee het.”

Anet Schoeman, joernalis

“Binge watching is my en Manlief se naweek plesiertjie wanneer ons nie na ’n fliek op  Netflix kyk nie.

“Ons vind so ’n kyksessie ontspannend en ontvlugtend. Baie flieks oortref nie ons verwagtinge nie, terwyl ’n reeks se kwaliteit voorspelbaar is. Jy weet jy gaan pret hê. Ons het ook gereeld meer as een reeks waarna ons kyk. Dan besluit ons waarvoor ons daai aand lus voel. Ons doen dit net oor naweke, en dan in die aand.

“Op die oomblik kyk ons na Game of Thrones, Vikings, The Good Wife en The Big British Bake-off.”

Anélle Tewson, produksiehoof

Anélle het so elke vier maande ’n binge watching-sessie, “afhangende van hoe gereeld ek iets kry waarvan ek hou. Ek kyk saam met my man, maar sou alleen kyk as hy nie van die reeks hou nie.

“ŉ Reeks kan my slaaptyd laat uitstel én hou my weg van ander aktiwiteite. Dit laat my heeltemal aan die regte wêreld en my sorge ontsnap.

“My gunstelingreeks is Grey’s Anatomy. Drama, drama, drama! En die mediese gevalle is interessant.

“Wanneer ons klaar is met ’n reeks, kry ek onttrekkingsimptome, en die karakters bly in my kop.”

Nicole Kemp, bemarking

“Ek kry skaam om dit te sê, maar ja – ek kyk soms na meer as drie hoofstukke van ’n reeks op een slag. Darem net oor naweke!

“Dit laat my vir die duur van die episode vergeet van alles wat gedoen moet word en in daardie tyd is ek saam met die karakters in ’n ander wêreld.

“My gunstelingreekse is Modern Family, The Big Bang Theory, Zoo en élke liewe CSI wat nog ooit gemaak is. Modern Family laat my aan my eie familie dink. The Big Bang Theory is net vrek snaaks. Zoo is só spanningsvol en boeiend, en CSI is net interessant. Oe – amper vergeet ek van The Vampire Diaries en Downton Abbey! Ek het dit hierdie jaar weer begin kyk, want ek was bang as ek dit laas jaar sou doen, sou my akademie daaronder ly.”

Vickie de Beer, kosredakteur

Vickie geniet binge watching wanneer sy tyd het – “een keer in drie maande. Soms kyk ek en my man saam na ’n reeks, soms kyk ek dit alleen op my iPad.

“Ek doen dit slegs wanneer ek regtig niks anders het om te doen nie en myself wil forseer om te rus.

“Ek kyk graag na kosreekse, dit inspireer en motiveer my. My gunstelinge is die kosprogramme Chefstable en South Pond.

“Wat kinders of tieners en reekse betref: Dis ’n heel ander ball game! Ons het ’n konstante battle om skermtyd te beperk en te beheer. Dis die generasie van BINGE watching!”

Cornél Dunn, leefstylredakteur

Doen Cornél binge watching? “Elke naweek!”

“Ek kyk alleen, verkieslik op my bed. So ’n kyksessie skep ’n nuwe realiteit. My gunstelingreeks is Game of Thrones. Ek is mal oor die tydperk van ridders en drake.

“Ek doen dit bloot vir ontspanning en ontsnapping. Ek dink nie daar is enige nadele aan verbonde nie – dis ’n gesonde tydverdryf.”

Martie Swanepoel, joernalis en skrywer van ons gewilde aanlynvervolgverhale

“Ek en my lewensmaat het  die hele reeks van Outlander in een dag gekyk! Ons kry selde hiervoor kans, en dit is hoekom ek kyk en kyk en kyk as ek tyd het. Ons kyk tot ons byna uitpass en drink baie koffie tussenin. Eet hope tjokkies. Ons raak verslaaf en kan skaars wag vir die volgende seisoen.”

Kyk hier onder “Fiksie” vir Martie Swanepoel se jongste vervolgverhaal Grieta

The post “Binge Watching”: nog net een episode! appeared first on rooi rose.