rubrieke | rooi rose

Annemieke Mentz 3: Doepa teen die weemoed
Ons kom net gou ’n draai maak. Net om te kyk of jy oukei is.”

Ek onderdruk ’n sug. As Nosiswe op ’n ding besluit het, het sy besluit. En nou is Liané nog saam met haar in die motor ook. “Dit is reg. Gee maar ’n missed call wanneer julle hier is, dan maak ek oop.”

“Ek het versnaperinge gebring,” kondig Nosiswe aan toe ek die deur oopmaak. Die glimlag verdwyn toe sy my behoorlik bekyk. “Sista, hoeveel kilogram het jy verloor? Jy lyk soos die nag.”

Liané lig haar sonbril van haar oë af en knik bevestigend. “Dit is hoekom ek op pizza aangedring het, Nossie. Ek het vir jou ’n JobMail gebring en ek hoop jou iPad het data op. Annemieke, vanaand soek ons vir jou werk.”

Vindiesel-die-wolfhond is so bly om mense te sien dat hy half ongeskik teen Nosiswe opspring.

“Is it because I am black?” vra sy kamma geaffronteerd.

“Hy mis vir Cobus en nou spring hy teen enigiets op, moenie te gevlei voel nie.”

Liané rol haar oë. “Ek het hom vandag op facebook gaan beloer. Die ellendeling is jou wrintiewaar in Viëtnam.” Sy trek ’n gesig. “Jy kan jou sterre dank dat julle uitmekaar is voor hy daar was. Kan jy dink watter kaliber voëlgriep ’n man daar kan optel?”

Die kwalik bedekte insinuasie laat my darem lag. “Moet ek die pizza warm maak?”

“Kry eerder ys vir die wyn,” beveel Nosiswe. “Ek het ’n helse dag op kantoor gehad. Dis nie speletjies om vir die Staat te werk nie.”

Nosiswe is ’n staatsaanklaer en volgens haar is sy die enigste hardwerkende persoon buiten Gerrie Nel in die vervolgings-gesag.

“Ek sê al lankal jy moet ’n private praktyk begin. Maar dit is nie vanaand ons grootste probleem nie. Annemieke, is dit ABBA wat ek daar hoor?”

Ek knik. “Skuus, maar ek luister nou al twee weke lank aanmekaar na ‘The Winner Takes it All’ en jy beter dit nie afsit nie. Ek is nog nie uitgeluister nie.”

Twee uur later gee ons op. “Niemand gaan my aanstel nie. Ek is ’n grafiese ontwerper wat langer as ’n jaar uit die bedryf was. Ek sal waarskynlik my graad moet oordoen voordat ek weer ’n aanstelling kry.”

“Met daardie houding sou ek jou ook nie in diens neem nie,” verklaar Nosiswe hardvogtig. “Jy moet jouself bemark, girlfriend. Waarom koop almal Verimark-produkte? Want selfs Verimark glo in Verimark. So eenvoudig soos dit.”

Ek rol my oë om die weemoedigheid wat my beetpak te verbloem. “Ek is reg vir ’n ander liedjie. Solank dit ook Abba is.”

“Op een voorwaarde, ons trek soos dancing queens aan.” Liané spring op en verdwyn in die rigting van my slaapkamer. “Toe, ’n bietjie helder lipstiffie, so ja. Annemieke, hier is vir jou ’n vere-boa. Nossie, jy kry vanaand die sequin-serpie.”

’n Bietjie dronk en ’n bietjie laf sing en dans ons soos wafferse Meryl Streeps totdat Chiquita beter voel en Napoleon in Waterloo verslaan is.

“Wat was dit?” Ek spits my ore en luister so tussen die Mamma Mia’s deur of ek weer die geluid hoor.

“Ek dink dit was die deurklokkie.” Liané se asem jaag en haar tong het ’n verdagte slepie. Klink ek ook so? Hoe kon ons drie bottels wyn in so ’n kort tydjie die loef afsteek?

“Maak oop, dalk is dit ’n krisis iewers.” Nossie lyk belaglik met die blink serp om haar kop gedraai.

“Oukei, oukei. Ek is nou terug. Moenie die musiek afsit nie.”

Niemand lui ooit nege-uur in die aand die voordeurklokkie nie. Ek is darem nie alleen hier nie. Die loergaatjie help nie veel in my huidige toestand nie en ek maak maar die deur oop.

“Xander?”

“Annemieke, hoe … Pla ek?”

Daar staan ’n man met ’n reuse-bos blomme op my voorstoep. Die man is een van Cobus se goeie vriende.

“E, nee. Wel, ek … Ja. Eintlik. Waarmee kan ek help?”

Hy kyk klaarblyklik verby die skelpienk lipstiffie en die vere-boa om my nek, want sy glimlag groei.

“Ek het gehoor van die egskeiding. Dit is nou jammer, man.” Hy hou die blomme soos een of ander prys na my toe uit. “Ek wou hoor of jy nie lus is om iets te gaan eet nie?”

My mond was lank laas so vol tande. “Eet soos in … éét?”

Voordat hy kan antwoord en voordat die selfvoldane glimlag sy hele gesig oorneem, maak ek die deur in sy hoopvolle bakkies toe.

The post Annemieke Mentz 3: Doepa teen die weemoed appeared first on rooi rose.

Annemieke Mentz 2: Die bootjie het gesink
Ek het ’n tannie wat altyd waarsku dat ’n mens versigtig moet wees waarvoor jy vrees, want voor jy jou kom kry, wórd jy jou vrees. Sy was reg. Ek is 33, werkloos, die primêre versorger van ’n wolfhond en geskei. Ek is geskei. Ek is pas geskei. Om die waarheid te sê, ek het pas uit die hof gestap, so vars geskei is ek.

“Koffie?” My ma se onderlip bewe terwyl sy praat.

Ek skud my kop. “Wyn. En baie daarvan.”

Liané knik. “Kom ons kom net uit die middestad uit, ’n rooftog sal vandag jou einde beteken.”

Ek snork onvroulik en rol my oë.

“Annemieke! ’n Dame maak nie so nie.”

Pretoria is warm. Te warm. Ons sit by die Country Club se restaurantjie. Liané ondersteun die plek getrou ná sy haar huidige vlam hier raak ge-putt het. Cobus was my eerste ernstige kêrel. Waar gaan ek ooit ’n vlam, of ’n stukkie, of ’n gelukkie optel? Nevermaaind waar, hóé?

Die kelner skink koue witwyn elfuur die oggend sonder om te blik of te bloos. My ma se gesnik is ook klaarblyklik nie vir hom vreemd nie.

“Ek weet nog nie eens of Pappa die troue afbetaal het nie, Annemieke, en nou is die huwelik al op die rotse.”

Ek sug. “Ma, die huwelik het die rotse heeltemal gemis. Die bootjie het sommer net gesink.”

Liané skud haar kop. “Dit bly bitter vreemd. Kyk, ek doen baie egskeidings, dit is alledaags. Maar daar is altyd derde partye, of iemand spring uit ’n kas uit, of iemand kyk elke aand diep in ’n bottel. Maar sommer so? Om geen rede nie?” Sy kyk die soveelste keer vraend na my en ek vertel die hele ou storie weer.

My ma snuit haar neus, skud haar kop en neem ’n groot sluk wyn. “Die kind moet gay wees. Hy het waarskynlik iemand ontmoet en nou eers besef dat hy van mans eerder as van vroue hou. Kon hy nie vroeër gepraat het nie?”

“Het hy nie dalk by een of ander weird kerkgroep aangesluit nie? Hulle plant soms sulke bisarre idees in mense se koppe,” vra Liané.

Ek skud my kop ontkennend. “Nee. Alles was normaal tot twee maande gelede. En Cobus is nie gay nie. Ek behoort dit darem te weet.”

“Was julle, eh, slaapkamersake reg, en so?” vra my ma versigtig. “As daar duwweltjies in die bed is, is daar jakkalsies in die wingerd.”

“Wel, Ma, ná nege jaar saam is ’n mens mos nou maar gewoond aan mekaar. Alles was maar soos dit altyd was.”

“Ek en jou pa is al byna 35 … ”

“Hy was verveeld,” keer Liané net betyds.

Ek rol my oë. “Hy is ’n aktuaris, Liané, verveeld is vir hom die toppunt van opwinding. Tog, die man het in soveel woorde vir my gesê dat hy soos ’n suster oor my voel. En nie die tipe in uniform nie, soos oor ’n bloedsuster.” Ek sug swaar. “Dalk was ons albei verveeld? Maar ek het daarvan gehou. Ek is ’n gemaksone-dier. Kan ons nou asseblief op die wyn pleks van my huidige penarie fokus?”

“Wat gaan jy doen?” ignoreer my ma my versoek.

“Ek sal moet werk soek. Begin pak. Sodra Cobus terugkom van sy Eat, Pray, Love-vakansie in die Midde-Ooste sal ons die huis in die mark moet sit.” My keel word dik. “Ek weet nie hoe ek dit gaan doen nie. Ek het eintlik beplan om hierdie maand ons wittebrood-album te maak.”

“Wel, jy is daardie moeite gespaar. Nou kan jy die foto’s weggooi of uitvee as dit digitaal is,” sê Liané prakties.

“Dalk moet ek Kaap toe trek? Mense trek graag Kaap toe ná sulke traumas.” Ek soek na bevestiging op die twee gesigte oorkant my, maar hulle kyk net effe verslae na mekaar en toe na my.

“Jy moet nou eers kalmeer, Sussie. Dalk moet jy sommer vanaand nog terugtrek huis toe, dan is jy darem by my en Pappa, en so.”

Ek sluk benoud. “Eh, dankie, Ma, maar ek is nog nie heeltemal reg om uit ons huis te trek nie.” As ek vanaand in my dogtertjie-kamer moet slaap, versmoor ek myself met ’n pienk kontinentale kussing.

My selfoon vibreer. Liané. Ek kyk tersluiks na my vriendin en toe na die boodskap: Vanaand verf ons die dorp rooi. Ek laat die girls weet.

The post Annemieke Mentz 2: Die bootjie het gesink appeared first on rooi rose.

Annemieke Mentz 1: Die ontnugterende ontwaking
Ek het al daarvan gelees. ’n Buiteliggaamlike ervaring. Die vlieg-teen-die-muur gevoel. Asof jou lewe ’n fliek is wat hom voor jou afspeel. Ek beleef tans so ’n oomblik. En dan word die vlieg teen die muur ’n vlieg in die salf of die wyn of die werklikheid. “Skei? Jy wil skei?”

Cobus kyk my halfbedremmeld aan. “Jammer Anna. Ek weet dit is onverwags. Die ding het my net so onkant betrap. Ek … ”

“Die ding?!” Ek spring op. “Watse díng, Cobus? Het die ding ’n naam? Dra sy ’n rok? Waddehel gaan met jou aan!”

Cobus is nou ook regop. “Annemieke, jy is histeries my skat. Sit, dan maak ek vir ons rooibos sodat ons rustig hieroor kan praat.”

Ek gaan sit maar. Oukei. Vandag het soos elke ander dag begin. Cobus se wekker het halfses begin skree. Hy het dit doodgedruk. Ons het kwart voor ses opgestaan. Hy het aangetrek vir werk terwyl ek vir hom All-Bran in ’n bakkie gegooi het, met warm melk soos wat hy daarvan hou. Ons het Nespresso-cappuccinos gedrink. Cobus is werk toe. En toe hy terugkom, wil hy sommer skei. Ek verstaan dit nie. My gedagtes voel soos ’n Kersfees-koekstruif.

“Ek het suiker in jou tee gegooi. Dit sal help vir die skok.”

Ek troetel die beker tussen my hande.“Is jy verveeld? Moet ons nuwe dinge probeer, dalk ’n bietjie Fifty Shades of Grey lees? Ek weet dat ek soms konserwatief is, maar ek kan aanpas.”

“Anna, dit is nie jy nie, dis ek.” Hy haal diep asem. “Hierdie is nie wat ek uit die lewe wil hê nie. Ek wil ongebonde wees. Ek wil reis, plekke sien en mense beleef. Ek wil ’n boek skryf oor iets.”

Ek kyk verslae na my man. My beste vriend. My hele wêreld.

“Cobus. Jy is ’n aktuaris. Julle skryf nie boeke nie. Jy was veronderstel om die veiligste belegging van al my vlerkslepers op universiteit te wees! Jy bestel altyd dieselfde gereg by dieselfde restaurant. Jy laat jou onderbroeke stryk. Hoe gaan jy sonder my in vreemde lande oorleef?”

Hy skuif nader, ’n vreemde glimlag lig sy ganse gelaat op. “Dit is juis die punt, Anna! Wie is Cobus sonder Annemieke? Wie is Cobus Mentz?”

Ek voel tranerig. My keel is dik. Ek gaan nou geen argument kan wen nie, as daar ooit ’n argument op die tafel is. Ek voel hoe my gesigspiere onwillekeurig begin vertrek. Hier kom dit nou. Ek huil. Katte en honde.

“Sjjj … Ons sal dit uitwerk. Ons gaan oukei wees, jy sal sien.”

Ek snuit my neus met sy Pringle-of-Scotland hemp.

“Nee Cobus, jý gaan oukei wees en ek gaan geskei wees.”

“Is hy van sy kop af?” Liané se stem grens aan histerie.

“Hy het klaar besluit, ek kan dit sien. Wat gaan ek doen, Liané?”

“Jy gaan my môreoggend agtuur kom sien, dit is wat jy gaan doen. Ons gaan Cobus vat vir alles wat hy het. Hy gaan op ’n donnerse wêreldreis moet gaan om sy skuldeisers te ontduik wanneer ons die dag met hom klaar is.”

Liané is ’n prokureur. En hoewel ek nie vir Cobus wil vat-vir-alles-wat-hy-het nie, het sy dalk ’n punt beet. Sien, ek werk nou al vir ’n bietjie meer as ’n jaar glad nie. Ek is mos getroud. Wel, nou is ek drie en dertig, werkloos en amper geskei.

“Waarvan gaan ek lewe? Sherbet, Liané, ek gaan moet werk soek! Waar begin ek? Niemand gaan my ernstig opneem nie, ek het ’n hele jaar koek gebak en gebalanseerde aandetes gekook.”

“Dit is later se bekommernis. Sê eers vir my, hoe gaan jy die nuus aan jou ma oordra?”

“Dalk moet ek net stilbly daaroor en wag tot sy dit agterkom? Dalk ná drie of vier vakansies sonder Cobus?”

My vriendin lag oor die lyn.

“Skuus, dit is nie snaaks nie.” Sy sug. “Kan hy nie op sy wêreldreise gaan, kyk of hy oor sy geite kom, en dan net voortgaan met julle huwelik asof niks gebeur het nie?”

“Ek het gevra. Die antwoord is nee.”

My selfoon vibreer teen my oor. “Hier is nou eers ’n ander – ag hel, dit is my ma. Ek bel jou nou-nou.”

Ek haal diep asem en kyk na die skerm, huiwerig om te antwoord.

Dit is dan nou so.

Welkom by die ontnugterende ontwaking van Annemieke Mentz.

The post Annemieke Mentz 1: Die ontnugterende ontwaking appeared first on rooi rose.

Die skepper van Annemieke Mentz
Ons gaan saam met Annemieke deur haar emosies stoei nadat haar man haar in die steek laat, en ook deel in haar avonture op soek na nuwe liefde.

Verskeie romanzas het al uit Bernette se pen verskyn. Sy het ook vier heerlike enkeltitels geskryf: Lam in Wolfsklere was die eerste en Als oor Kop, Stiletto’s van Staal en Viva la Vida het haar aanhangers na meer laat vra. Sy was twee keer ’n finalis in die ATKV-Woord-veertjieprys: vir Glansheld en die Koerantprinses en vir Stiletto’s van Staal.

Waar kom jy vandaan, en waar het jou liefde vir skryf begin?

Ek is ’n meisie van Pretoria, en het aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool gematrikuleer. Ek skryf al van my vroeë tienerjare af. Ek dink my liefde vir lees het tot my skryflus gelei, en my ouers het my kreatiwiteit van jongs af gestimuleer. My ma sou vir my ekstra huiswerk gee, en het my byvoorbeeld ’n storie oor die feetjie en kabouters onder die tafel laat skryf. My pa hou van stories vertel en hy het op universiteit graag kortverhale geskryf.

Hoekom het jy jou in die regte begeef?

Ek het B.Rek. LL.B op Stellenbosch geswot en daarna ’n honneurs in bestuursrekeningkunde voltooi. Regte is in die familie en dit is ook maar in ’n mens se bloed. Ek was vasbeslote om my in ’n finansiële rigting te bekwaam, maar het ’n ander koers ingeslaan toe ek besef my ware passie is om mense in die regssfeer by te staan. Ek werk vir myself as lid van die Pretoriase Balie en ek kan aan geen ander werk op aarde dink wat my die vryheid, beweegruimte, intellektuele stimulasie en heerlike werksomgewing sal kan bied nie.

Dis asof jy soms skertsend na jou liefdesverhale verwys? Is dit vir jou ’n ontsnaproete?

Ek is deeglik bewus van die stigma wat aan liefdesverhale kleef. Gelukkig steur ek my nie baie aan “wat die mense sê” nie. Ek kom uit ’n familie van eksentrieke, hardkoppige mense. My oupa het byvoorbeeld ’n geblomde das nagmaal toe gedra omdat hy nie die sin van die vereiste wit das kon insien nie.

Ek ontvlug graag deur liefdesverhale te lees en dit kom vir my natuurlik om dit te skryf. Maar dit beteken nie dat daar nie soms ’n lewensles of ’n ernstiger ondertoon kan insluip nie. Dit is ’n heerlike platform om ook met die jeug te kommunikeer, want hulle kry hul groente saam met hul poeding in!

Ek lees wyd en waardeer swaar, intellektuele leesstof, maar omdat my werk redelik ernstig is, is ek nie aan die einde van ’n lang dag noodwendig lus om my pen daaraan te waag nie.

Dit lyk of jy elke karakter geniet. Waar kry jy die idees vir karakters?

Karakters kry my, veral wanneer ek hulle glad nie in my lewe kan akkommodeer nie! Ek sien die lewe in volkleur en daarom val eienskappe van mense my ook op. Iets wat iemand sê of doen, sal in my onderbewussyn vassteek en later as ’n karaktertrek in ’n karakter manifesteer. Ek grond selde ’n karakter net op een mens wat ek ken – die karakter is ’n produk van my verbeelding, met geure van mense wat ek in die werklikheid ken.

Vertel ons lesers van dié reeks. Wat kan hulle te wagte wees?

Annemieke Mentz is ’n heerlike projek. Ek was in die loop van 2016 oorwerk en oormoeg en toe kom maak Annemieke haar op my denkbeeldige rusbank tuis. Sy is vir seker die produk van kwessies waarmee ek of goeie vriendinne herhaaldelik te doen kry. Sy is ’n thirty-something wat met haar eerste en sover enigste liefde getrou het, en net toe die lewe op koers is, besluit Meneer dat dit nie meer vir hom werk nie. Annemieke moet die skok van ’n egskeiding en die verlies van ’n minnaar en ’n vriend verwerk. Sy besef dat sy haar lewe moet herbou, sonder die mens om wie haar heelal gedraai het. Sy moet weer begin werk, haar skills as grafiese ontwerper is effe vol stof, sy moet selfvertroue opbou en weer date. Sy moet die teleurstel-ling en kommentaar van vriende en familie verwerk en hanteer. Annemieke het so ’n lekker toekoms, dalk kry sy ’n oulike kêrel, dalk moet sy eers ’n paar paddas soen en haar eie stem herontdek. Dalk kom Meneer Mentz vol berou terug? Wie weet!

The post Die skepper van Annemieke Mentz appeared first on rooi rose.