sakevrou | rooi rose

’n Kaleidoskoop van kleur met koffie
Deur Rentia Mynhardt

Sandra de Clercq kan aan enige ding wat rondlê nuwe lewe gee. Vir haar is kreatiwiteit die geleentheid om uiting aan jou emosies te gee, wat beteken dat elke dag ŉ droomdag is  juis omdat sy die kans kry om dit te doen.

As een van vyf sussies het sy in ŉ baie musikale huis grootgeword waar die instrumente Vrydagaande nader getrek is om dan vir almal wat wou luister musiek te maak. Sandra se musiektalent lê by dans, en al is sy al ŉ raps verby 50, is sy steeds mal daaroor om die heupe sommer in die kombuis ritmies te swaai en sal sy selfs ŉ paar tieners ŉ ding of twee op die dansbaan kan wys!

Haar kreatiwiteit en liefde vir kuns kom van kleins af. Die voorbeelde wat sy gekry het, was blywend. Haar ma was ’n musiekonderwyser, die orrelis by die kerk, en het hul kamers met muurpapier mooi gemaak. Elke Dinsdagaand het sy vir hulle ŉ rolkoek gebak sodat hulle 20:00 in styl kon tee drink. Sandra se ouma het weer saam met haar Barbie-klere gemaak, wat die naaldwerk- en ontwerpvlammetjie in haar aangesteek het.

Vandat Sandra kan onthou, wou sy alles om haar mooi maak; of dit nou was om tafels mooi te dek, allerhande goed te verf, of in die tuin te werk. Sy het ná skool ŉ kursus in modeontwerp gedoen, maar die lewe was egter nie net altyd mooi en maklik nie. As enkelouer moes sy die pot vir haar en haar dogtertjie aan die kook hou deur bedags as mediese verteenwoordiger te werk en ná ure klere en skilderye te skep. Hierdie pragtige donkerkopvrou wéét wat harde werk is en is nie bang om haar hande vuil te maak nie.

Foto: Andrea Caldwell

“Op 42 het ek vir Gerhard ontmoet. Hy is steeds alles waarvan ek nog ooit in ŉ man gedroom het.” Sandra het George toe getrek en haar eie boetiek oopgemaak. Hulle is terug Pretoria toe nadat die kinders met skool klaargemaak het. Omdat stilsit nie een van Sandra se sterkpunte is nie, het sy vinnig-vinnig besluit om ŉ koffiekiosk binne ŉ kommersiële sakeperseel oop te maak.

“Ek het nie veel van koffie af geweet nie, en het ŉ vriend op George wat sy eie koffie rooster vir leiding gekontak. Hy het my gehelp om met die regte kennis, toerusting en gehaltekoffiebone my kiosk op die been te bring.” Nadat sy ŉ baristakursus voltooi het, kon haar planne ŉ werklikheid word en kort voor lank kon geen huurder op die perseel die reuk van varsgebroude koffiebone weerstaan nie.

“Die Here het egter vir my groter planne gehad as net ŉ oulike klein koffiekiosk wat koffie in wegneemhouertjies verkoop. Ek het van die begin af geweet ek wil ŉ koffiewinkel hê; een wat anders is as die gewone. Dit moes ŉ plek wees waar almal welkom voel; glad nie fancy, formeel of ‘neus in die lug’ nie. Ek mag dalk ŉ koffiesnob wees, maar ek hou net mooi niks van mense wat dink hulle is beter as ander nie!”

Nog vyf maande later het die kiosk ŉ volwaardige koffiewinkel geword. Sandra is nog altyd met Meksikaanse kleure en dekor gefassineer, en Frida Kahlo, die Mexikaanse kunstenaar, se styl het perfek hierby gepas. “Dit was veral Frida se aanhalings wat my aandag getrek het, omdat ek met so baie daarvan kan assosieer.” Coffee at Kahlo is hieruit gebore.

Daar is begin bou en breek om die gebou in te rig. “Ek was in my element! Die mure en plafonne is geverf, ek het skilderye van Frida gemaak, en ek het die mooiste muurpapier gekry. Ou ligte is met geskenkpapier ge-modge podge en die tuin is oorgedoen. Ek vat graag self ŉ graaf om te spit.”

Die spyskaart moes natuurlik happies insluit wat saam met koffie geniet kan word. Sandra het aanvanklik van bakkers gebruik gemaak, maar omdat sy elke dag varsgebak by Coffee at Kahlo wil hê, het sy besluit om eerder self te begin bak. “Ek het gedink as ek kan kook, kan ek seker bak ook. Maar ek het vinnig my woorde gesluk en die eerste paar koeke was ŉ hengse flop!” Aanhouer wen en sy kan nou met trots sê dat die koek wat hulle daagliks bedien heerlik en van hoë gehalte is. “Ek wil hê ŉ besoek aan Coffee at Kahlo moet vir elke persoon wat hier uitstap die moeite werd wees, soveel so dat sy die behoefte het om vir ander daarvan te vertel.” Sedert sy amptelik die deure op 5 Mei verlede jaar in Wapadrand, Lynnwoodweg, oopgemaak het, is dit presies wat gebeur het. Sandra se plasings het soos ŉ veldbrand op sosiale media versprei. “Daar is baie wonderwerke daarbuite, en my koffiewinkel is een van hulle.”

Sy was en is steeds met dankbaarheid oorweldig en deel hoe vroue weer terugkom en volgende keer nóg vriendinne saambring. “My klante voel tuis hier. Ek probeer om hulle op hul name te noem en ek maak sommer in die proses ŉ paar nuwe vriendinne ook.” Behalwe vir die ervaring en atmosfeer wat die koffiewinkel met al sy fotohoekies bied, gaan dit bo alles oor gehalte.

Sy skryf haar sukses aan haar man en personeel toe: “My man ondersteun my en laat my toe om my passie uit te leef. Jy kan al die drome hê wat jy wil, maar as jy nie iemand het wat in jou drome glo nie, en nie personeel het met die vaardighede om dit uit te voer nie, gaan jy nêrens kom nie. Ek is vir hierdie mense in my lewe so dankbaar. Ook vir my lojale klante. Sonder hulle sou ek net ŉ leë ou winkeltjie gehad het.”

Om nog méér vreugde te verskaf, moes Sandra aanbou om meer mense te akkommodeer, en spog Coffee at Kahlo nou met ŉ speelplek vir kinders en ŉ boetiek, Phine Catwalk Fashion, wat Sandra se persoonlike klerereekse op die perseel vervaardig.

Foto: Andrea Caldwell

Sy sluk hard toe haar nat wimpers haar weggee: “Ek word sommer emosioneel as ek dink aan hoe goed die Here vir my is.” Terwyl sy tussendeur help om skottelgoed te was en kos te maak, droom sy voort: “Ek wil nog wyn-en-kuns-gesellighede hou, wynproëe en stoeljoga vir die ouer klante. Daar is ŉ legio moontlikhede!”

Enige onderneming kom met uitdagings, maar Sandra kies om die onvoorspelbaarheid van die sakewêreld saam met dinge soos kragonderbrekings met ŉ positiewe houding aan te pak. Haar raad aan entrepreneurs is om op jou eie onderneming te fokus en van die mededinging te vergeet. “Bestee jou energie op jou eie belange en vergeet wat jou buurman doen. Ek kan nie bid om suksesvol te wees as ek wil hê my mededingers moet sink nie. Almal verdien ŉ plekkie onder die son. As jy bereid is om hard te werk en uit jou foute te leer, móét dit net werk. Hou op om oor alles te tob wat dálk verkeerd kan gaan.”

Hoewel Coffee at Kahlo ŉ kaleidoskoop van kleur is, is hul huis se dekor in teenstelling daarmee heel eenvoudig en het Sandra se dogter, met ŉ graad in binnenshuise argitektuur, ŉ handjie hiermee bygesit. “Xandrie se hulp tydens die proses om die huis oor te doen, was regtig waardevol. Dit is baie kontemporêr met neutrale kleure en natuurlike materiale.”

Dit is ook hier waar die familie saamkuier, baie pret het en speletjies speel. “Ek bak graag poetse en my man, kinders en vriende loop gereeld deur, maar ek kan darem ook ŉ grap vat!” Xandrie en Wicus is verlede jaar getroud, en Johan en Alicia is universiteitstudente. “Ons kan sommer net lekker laf wees as ons almal bymekaar is.”

Die fietsrygogga het die De Clercqs in die grendeltydperk gebyt. “Ons het in daardie tyd begin om in groot detail ŉ fietstoer te beplan en sowat tien paartjies het daaraan deelgeneem. Oor ses dae het ons net fietsgery en dan by sekere plekke oorgeslaap. Die toere het later ŉ instelling geword en ons was reeds in die Karoo, Prins Albert en Barrydale.” Hulle beplan tans aan hierdie jaar se toer wanneer hulle die speke deur Hongarye gaan laat sing.

Sandra de Clercq wil nie inpas nie, sy wil behoort. “Dis maklik om soms stil te bly en goed te doen sodat almal van jou moet hou. ŉ Mens moet egter getrou bly aan jouself en nie jou persoonlikheid verander net om in te pas nie.” Sy draai nie doekies om nie en staan op vir mense wat te na gekom word, want dit is presies wat “Sandra” beteken.

Hierdie koffie-en-koek-vrou pas beslis nie net in nie. Haar uniekheid staan bloedrooi, goudgeel en grasgroen uit – nes Coffee at Kahlo.

Louis Mclaren, uitvoerende vervaardiger

Kyk saam met ons:

rooi rose en ontbytSAKE op kykNET en kykNET&kie (kanale 144 en 145) fokus op ’n reeks – vrouesake.

Kyk Saterdae om 07:30 met sewe herhalings in die week.

Vir meer inligting, besoek gerus Ontbytsake se webtuiste.

Lees ook: 10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

The post ’n Kaleidoskoop van kleur met koffie appeared first on rooi rose.

Jenna Clifford se wenke vir die sakevrou
Toe ek in 1959 gebore is, was die wêreld ’n heel ander plek. Barbie is in dieselfde jaar gebore. Vroue was in hul loopbaankeuses beperk en die meeste is deur die gemeenskap en hul opvoeding “gekondisioneer” om loopbane in die onderwys en verpleging te kies.

Gelukkig is dit nie meer die status quo nie en het vroue meer keuses in die werkplek as tevore. Vroue word wetenskaplikes, presidente en vlieg na die ruimte.

Ek was opgewonde toe ek lees dat Lego onlangse vroulike wetenskaplike speelgoed bekendgestel het. Sulke progressiewe denke maak my opgewonde. Vroulike wetenskaplike speelgoed mag nie na groot voortuitgang klink nie, maar dit alles help in die stryd teen die subtiele maniere waarop die samelewing seine uitstuur dat meisies nie in tegnologie, wetenskap, ingenieurswese en wiskundige velde belangstel nie.

Dit lyk of die beinvloeding van meisies in sommige lande verskuif. Dit is noodsaaklik vir die skep van ’n front vir vroulike bemagtiging voor -en middelpunt in 2015 en daarna om meer maatskappye, gemeenskappe en lande aan te moedig om in vroue se entrepreneurskap te belê.

In my eie besigheid was dit die afgelope 25 jaar duidelik dat harde werk die grondslag van sukses is. Maar om ’n vrou in die sakewêreld te wees, is nie altyd maklik nie en elkeen se reis is anders. As ’n passievolle kampvegter vir die bemagtiging van vroue en geslagsgelykheid is dit my strewe om vroue in Suid-Afrika te help om hul potensiaal te bereik en om geslagsstruikelblokke te oorkom.

Ek deel graag ’n paar sentimente uit my ervaring, om jou te bemoedig en om te help met jou reis as vrou in die sakewêreld.

Self-geloof en selfvertroue

Die meeste vroue sukkel met die vermoë om hulself te bevorder en baie onderskat hul vermoëns. Selfvertroue kan ’n bepalende faktor wees vir die vrou wat haar drome wil verwesenlik.

In 1588 het Koningin Elizabeth I selfvertroue getoon toe sy haar troepe by Tilbury aangemoedig het om hulle op die aankomende mag van die Spaanse Armada voor te berei: “Ek het die hart en durf van ’n koning, en is die koning van Engeland”.

Met haar selfvertroue en ysere wil het sy die respek van die troepe verdien. Die voormalige Britse premier Margaret Thatcher, was bekend vir haar weerstand om ’n “U-draai” uit te voer toe haar liberalisering van die ekonomie geopponeer is. “Die vrou kan nie gedraai word nie” het ’n “Thatcheristiese” leuse geword wat verband hou met haar reguit manier van praat en haar selfvertroue om besluite te neem en by dit te hou.

’n Gebrek aan selfvertroue is ’n doodsteek vir vroue se sukses. Om jou loopbaan te bevorder, moet jy gemaklik wees met jouself en ’n leier wees. Jy moet kan vra vir bevordering. Jy moet kan onderhandel. Maak ook seker dat jy ’n vrou van jou woord is en dat jy kan lewer wat jy beloof (daar is ’n baie lippediens in hierdie wêreld).

Volharding en passie

Ek is gebore as die enigste kind van ’n patriargale, eens mishandelde pa en ’n onpartydige depressiewe ma. Van sewe jaar af was ek verplig om ses dae ’n week gemiddeld vier uur elke dag swem en atletiek te oefen.

Die slagoffer mentaliteit was ’n maklike hoed om op te sit. Maar my opvoeding was fundamenteel in die vorming van die mens wat ek vandag is. Dit het my geleer van dissipline en volharding en hoe hierdie eienskappe ’n mens kan help om te bereik wat ander nie kan nie.

As jy kyk na die lewe van ’n suksesvolle entrepreneurs, soos Oprah Winfrey, Coco Chanel of Estee Lauder sal jy vind dit is dikwels omstandighede wat veroorsaak dat hulle meer wil hê en in hulle ’n passie en vasberadenheid kweek wat nie deur enigiets verhinder kan word nie. Moenie toelaat dat jou verlede ’n hindernis vir jou sukses word nie. Laat jou pyn jou aanspoor en energie gee. Vul jou lewensverhaal met passie. Maak die bitter van die lewe soet.

Effektiewe rolmodelle

“Dit lyk my die feit dat ek vrou is, is ’n groter probleem as die feit dat ek uit die Ooste kom. Dis nie vir my belangrik nie. Ek ken myself nog altyd as ’n vrou, “sê die Duitse kanselier, Angela Merkel, die vrou wat Duitsland vir ’n derde termyn lei as die vierde grootste ekonomie in die wêreld. Ek bewonder Angela omdat sy haar nie van stryk laat bring deur geslag of die stereotipiese persepsies wat daarmee saamgaan nie.

Sy weier om deel te wees van die glans spel, sy is ’n hardwerkende, egolose, onselfsugtige, nie-politieke leier en iemand by wie ons almal kan leer.

Rolmodelle was nog altyd ’n bron van inspirasie vir my.

Ek het van kleins af dinge gedoen wat ek by ander inspirerende mense gesien het. Vind vir jouself ’n paar goeie rolmodelle en leer by hulle. Kies watter eienskappe jy in jou eie lewe wil gebruik.

Breek weg uit jou gemaksone

As jy nie jou grense wyer maak nie, loop jy die risiko om die sluier te trek oor ’n onopgeëiste self. Ek het onlangs ’n artikel vir my blog geskryf getiteld: “Twintig dinge wat ek wens ek in my twintigs geweet het”. Ek het vroue aangemoedig om in die openbaar te praat. Dit is iets wat die meeste mense bang maak, maar min besef dit breek deur hul gemaksone en vrees.

Die voordele is meer as die aanvanklike kwesbaarheid en angs. Openbare gespreksvoering is ’n goeie manier om vrees te bowe te kom en dit ’n geleentheid vir persoonlike groei en bemagtiging. Dit herdefinieer hoe groot jy is. Deur jou verse in die gesig te staar, maak jy jou onmiddellik vry om na heelheid vrou te reis. Marianne Williamson skryf in haar boek A Return to Love:” Ons diepste vrees is nie dat ons onvoldoende is nie. Ons diepste vrees is dat ons oneindig kragtig is.”

Ons lig maak ons banger as ons duisternis. Ons vra onsself, “Wie is ek om briljant, pragtig en talentvol te wees?” Maar hoekom nie? Jy is ’n kind van God. Deur klein te probeer wees, dien nie die wêreld nie. Daar niks bevrydend om klein te probeer wees sodat ander nie onseker rondom jou sal voel nie. Ons is almal veronderstel is ons lig te laat skyn, soos kinders. Ons is gebore om die heerlikheid van God in ons te openbaar. Dit is nie net vir ’n paar van ons nie; dit is in almal.”

Jy kan net een perd op ’n slag ry

Om ’n besigheid saam met ’n gesin te bestuur, is ’n uitdaging. As jy getroud is en beide man en vrou werk, is dit noodsaaklik dat jy en jou maat vennote is. Daar moet gelyke verdeling van verantwoordelikheid wees. Ek kon my besigheid laat groei saam met die eise van drie kinders deur die kuns van delegeer te bemeester en om die take van ouerskap met my man te deel. As jy loopbaan gefokus is en ’n enkelma is, maak seker jy bou vir jouself ’n sterk ondersteuning struktuur by die huis op. Professionele sukses en persoonlike vervulling is nie net ’n droom nie, dit is haalbaar, jy hoef net ’n plan na te streef.

Lees berei jou voor op die lewe

My oupa het altyd gesê: “lesers leiers”. Lees is ’n kragtige produktiewe aktiwiteit. Dit verbeter ons analitiese denke en help ons woordeskat en geheue groei. Ek hou van boeke wat my brein ontwikkel, eerder as fiktiewe storie, maar alles wat jy lees, is goed vir jou.

Rosalind Miles, die skrywer van die Women’s History of the World is een van my gunsteling skrywers. Sy skryf vir vroue wat op soek is na meer inligting oor die wêreld en waar haar plek in die wêreld is. Ek kan ook enigiets deur Marianne Williamson en Eckhart Tolle aanbeveel.

Mentorskap op alle vlakke

Niks gee my groter vreugde as om ander vroue te help om tot nuwe hoogtes in hul loopbane uit te styg nie. Mentorskap is net een van baie maniere om aan die gemeenskap terug te gee en dit is een wat my baie persoonlike vervulling gegee het oor baie jare. Ek het gekies om ’n aantal vroue uit verskillende agtergronde, nywerhede en gelowe te mentor omdat hulle my gevra het. Jy moet jouself beskikbaar stel om deur iemand gementor te word. Ons kan ander se lewens positief beïnvloed en ons eie lewens deur mentorskap verander. Moenie toelaat dat jou eie self-twyfel verhinder dat jy jou kennis met ander nie. Omgekeerd, moenie toelaat dat jou ouderdom jou weerhou om van ander te leer nie.

Laastens, onthou altyd dat die mense en houdings waarmee jy jouself omring, en die boodskap wat jy aan ander oordra die mag het om by te dra tot ’n kultuur van die vroulike prestasie wat ons sal help om in die toekoms uit te styg.

The post Jenna Clifford se wenke vir die sakevrou appeared first on rooi rose.