Sean Aucamp-van Noordwyk | rooi rose

Vyf-vinnige-vrae met Sean Aucamp-van Noordwyk oor sy draai in ‘Suidooster’
Die akteur Sean Aucamp-van Noordwyk (30) het vandeesweek sy verskyning in die gewilde kykNET-sepie, Suidooster, gemaak. Dit is die eerste keer dat Sean weer in ’n sepie verskyn nadat hy in 2021 sy Getroud met Rugby-karakter, Reitz Bekker, gegroet het.

Sean vertel meer oor sy Suidooster-storielyn:

Hoe sal jy Mason beskryf en wat kom maak hy in Ruiterbosch?

Mason is ’n sjarmante dokter vol selfvertroue met ’n waaghalsige lus vir die lewe. Tog is daar ’n bietjie misterie wat uit hom straal. Hy is nie noodwendig nuut in Ruiterbosch nie, maar hierdie is wel die eerste keer wat ons hom leer ken. En dit is omdat iemand sy oog gevang het.

Dis die eerste keer sedert jy Getroud met Rugby in 2021 verlaat het dat jy weer in ’n sepie is. Hoe was dit om weer jou sepieskoene aan te trek?

Ek wag en oudisie al die afgelope vier jaar om weer hierdie skoene te kan aantrek. Sepie is waar my hart lê, dis waar my passie lewendig word en waar ek tuis voel. Maar soos hulle sê, alles gebeur op die regte tyd.

Ek het elke dag wat ek by die ateljee was gedurig myself betrap waar ek na die canvas-foto’s van die legendes staar wat al deur daardie gange geloop het, en nog steeds doen.

Elke akteur en crew member het my met ope arms verwelkom. Ook die grimeerspan het genoem dat dit vir hul voel asof ek al jare deel van Suidooster is.  Dis hoekom ek sepie geniet, daardie gevoel van familie, vriendskap en ondersteuning wat my daai warm gevoel gee. En harde werk is my gunsteling-voedsel.

Die tempo waarteen jy tonele verfilm, die voorbereiding saam met jou mede-akteurs en regisseurs, die legkaarte wat jy moet bou om hierdie wêreld lewe te gee – dié adrenalien vorm deel van my werksetiek.

Hoekom dink jy moet mense Suidooster kyk?

’n Sepie vir my was nog altyd ’n vorm van ontsnapping van die realiteit, maar tog naby genoeg om jouself op te voed en in te lig romdom daaglikse uitdagings wat mense in die gesig moet staar.  Sepies verskaf ’n boksemdais van karakters en situasies waarby elke persoon in Suid-Afrika aanklank kan vind. En by Suidooster is dit juis wat elke kyker gaan ervaar.

Behalwe vir die ongelooflike hardwerkende span, is daar soveel hart wat elke liewe departement in hulle werk stort. Dit bewys net weereens waarom kykers al vir 11 seisoene saans nie ’n enkele episode wil misloop nie.

Jy woeker veral deesdae agter die skerms ook. Waarmee hou jy jouself tans alles besig?

Ek en Armand Aucamp-van Noordwyk het drie jaar gelede ’n voorlegging aanmekaar gesit vir ’n program vol hart en inspirerende stories, en vandag kan ons met trots sê ons het al 3 seisoene van Klein Sake, Groot Drome verfilm en vervaardig.

Ek wou nog altyd regie behartig, en die enigste manier hoe ek dit kon laat realiseer was deur om vir myself werk te skep.  Die industrie is beslis nie maklik nie. Ek moes al baie kere van die grond af opstaan en ek het harde klippe gekou, maar in die proses glo ek dat ek wel al baie geleer en gegroei het. Dis soms ’n geval van “een dag op ’n slag”, en hopelik sal iemand eendag vir jou ’n kans gee.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Beer Adriaanse oor Niggies en sy intensste rol nóg

Hoe bly jy gemotiveerd?

Daar was al baie dae wat ek my wit vlaggie wou waai, en soms steeds wil, maar my naastes (familie en vriende) is die mense wat my help om deur te druk.  Ook, deur vir jouself ’n fondasie te bou met mense wat jou inspireer en optel tydens moeilike tye, besef jy net weer hoekom jy moet aanhou veg.

Dis moeilik om nie jouself met iemand anders se reis in die bedryf te vergelyk nie, maar om jouself te herinner dat jy jou eie pad moet stap en nie so hard op jouself moet wees nie, maak die gewig soms ligter.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET, DSTv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DSTv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

The post Vyf-vinnige-vrae met Sean Aucamp-van Noordwyk oor sy draai in ‘Suidooster’ appeared first on rooi rose.