seer lippe | rooi rose

Die regte medisyne vir verkoue
Dit is duur en dikwels onnodig om dokter toe te gaan vir ’n verkoue. Maar intussen voel jy sleg; jou lyf en kop pyn; jou sinusse voel dik en verstop; jou keel is droog en seer en jy voel pap. Toemaar, kyk wat kan help dat jy ten minste beter voel terwyl jou liggaam die virus beveg.

Vir koors en lyfseer

Begin met ’n kombinasiemiddel wat die algemene simptome verlig, soos Advil CS of Corenza C.

Vir daardie teer, rooi neus en bolip

Wend van die eerste nies af ’n skermroom aan, soos vaselien, Burnshield of ’n bababoudjieroom soos Bepanthen. Gebruik baie sagte snesies.

Vir ’n  loopneus

Gebruik Advil CS of Grippon.

Vir ’n toeneus

Gebruik ’n ontstumiddel soos Iliadin as jou neus geswel is. Maar moenie Iliadin langer as vyf dae gebruik nie, want dit kan jou neusgange op die lange duur selfs meer laat toeswel. As jou neus toe is omdat taai neusslym nie kan wegdreineer nie, is ’n slymverdunner soos ACC beter.

Vir ’n droë hoes met ’n postnasale drup

Gebruik Phensedyl of Medifed.

Vir ’n droë hoes sonder ’n postnasale drup

Gebruik Dilinct Dry of Benylin DM.

Vir ’n nat hoes

Gebruik ’n ekspektorant soos Solphyllex, DPH, Muco-spect, Bisolvon Linctus of Dilinct.

Vir ’n seer keel

Gebruik Betadine-mondspoel as gorrelmiddel of maak jou eie gorrelmiddel met soutwater: ’n teelepel op ’n liter gekookte, afgekoelde water. ’n Suigtablet of spuitmiddel reik egter dieper in jou keel en verlig die seer beter. Medikeel verdoof baie doeltreffend en is as spuitmiddel en suigtablette beskikbaar. Andolex is nog ’n opsie.

Vir toegeslane ore

Gebruik ’n opdroogmiddel soos Demazin of Decofed.

As jy moet deurdruk

Die beste raad vir ’n verkoue en griep is om te rus. Maar soms is dit doodeenvoudig nie ’n opsie Jy kan jouself aan die gang hou maar wees versigtig, want daar is oorgenoeg bewyse dat die streptokok-bakterie wat dikwels ná ’n verkoue toeslaan jou hartspier kan aantas – soos ook die griepvirus as jy jouself tydens griep ooreis. Al die deurdramiddels bevat groot dosisse kafeïen of guarien wat ’n soort kafeïen is, soos Bioplus, Turbovite, Berocca Booster en Clicks Energy Syrup. Maak jou ook reg vir ’n besonder diep daling in jou energie sodra die kafeïen uitgewerk is.

Die verkouemedisyne wat gevaarlik is of vermy moet word

Medikasie laat jou beter voel, maar wees versigtig vir kodeïen en pseudefedrien. Hulle is nie vir almal veilig nie.

Twee risiko’s van kodeïen

1. Dit kom in talle verkouemedikasies en hoesstrope voor maar dit is berug daarvoor dat dit mense hardlywig maak. Vermy dit as jy reeds sukkel.
2. Kodeïen het ook ’n baie werklike verslawingspotensiaal. Vermy dit as jy of iemand in die huis dwelms gebruik of gebruik het.

As jy self jou verkouemedikasie uitkies, gaan die bestanddeellys op die verpakking of ingeslote voubiljet sorvuldig na of vra jou apteker om jou te help om iets uit te kies wat vry van kodeïen is.

Drie groepe mense wat pseudoefedrien moet vermy

Mense met hartprobleme, hoë bloeddruk of diabetes moet liewer wegbly van pseudoefedrien. Dit is nou ’n skedule 6-middel maar word steeds in lae dosisse in algemene verkouemiddels gebruik. Bekende middels hiermee is Advil CS.

Lees ook: 7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag

The post Die regte medisyne vir verkoue appeared first on rooi rose.

Gesonde selfliefde teen verkoue
1 Maak dit ’n duvet-dag … of drie

Party mense dink hulle is so taai dat hulle hul verkoue kan weg wérk. Maar wees versigtig hiervoor. Daar is oorgenoeg bewyse dat die streptokok-bakterie wat dikwels ná ’n verkoue toeslaan jou hartspier kan aantas – soos ook die griepvirus as jy jouself tydens griep ooreis. Wat jy werklik nodig het – meer as enige medikasie vir jou verkoue – is rus. Jou liggaam kan homself baie goed teen verkoue verdedig, maar dit vra energie. Dié dat rus regtig die beste raad is.

Haal ekstra kussings uit die linnekas, trek jou skootrekenaar, tablet of selfoon nader en laat www.rooirose.co.za jou inspireer terwyl jy rus terwyl die verkoue genees.

2 Troetel jou lippe en neus van die begin af

Die area rondom die neus en lippe raak dikwels baie teer. Gebruik sagte snesies, en beskerm die vel vóór dit teer raak met vaselien, Burnshield of ’n bababoudjieroom soos Bepanthen. Pasop vir gesigroom: sekere komponente daarin, soos AHAs (alpha hydroxyl acids) kan die reeds teer vel irriteer.

3 Drink iets voedsaam

Jy nies, jou neus loop en jy sweet, en verloor dus baie vloeistof. Vervang dit deur elke uur iets te drink. Dit kan water wees, maar heuningbostee en rooibostee is albei ryk aan anti-oksidante en ondersteun jou immuunstelsel.

• Vars lemoene en vars lemoensap verskaf ’n bietjie ekstra vitamien C. Verdun dit met baie water omdat dit ook baie suiker bevat, wat volgens party bronne eerder die kieme voed as vir jou.

As jy lemoensap koop, kyk op die bestanddeellys op die etiket of daar werklik niks anders as 100% onversoete lemoensap in die houer is nie. Baie bevat suiker, preserveermiddels, geurmiddels en hersaamgestelde (‘reconstituted’) lemoensap, wat nie werklik vitamien C bevat nie.

• Nog ’n opsies is tuisgemaakte sop. Hopelik is daar iemand wat dit vir jou kan aandra.

4 Kry ekstra vitamien C vir jou verkoue

Help vitamien C vir verkoue? Niemand weet regtig nie. Party ondersoeke wys dit help; ander wys dit maak geen verskil nie. En dan is daar diegene wat glo vitamien C het niks meer as ’n plasebo-effek nie. Met ander woorde: dit werk so goed as wat jy glo dit werk. Dit kan nogtans nie skade doen nie, en dalk werklik help. As jy op vitamien C besluit, neem die volgende in ag:

• Beplan om genoeg vitamien C in te kry want in hierdie geval is meer wel beter.

• Dit lyk asof rondom 800- 1 000 mg vitamien C per dag (terwyl jy siek is), ’n goeie goue middeweg is.

• Hoewel meer beter is, is baie op een slag nié.

• Jy liggaam sal ’n ligte, maar gereelde aanvulling baie doeltreffender opneem.

• Verdeel jou vitamien C in drie tot ses dosisse vir die dag.

• Hoeveel vitamien C is genoeg? Jou liggaam skei die oormaat vitamien C in die uriene uit of selfs deur diaree. As jy skielik los stoelgange het, drink minder vitamien C.

5 Wees higiënies

Dit is onbedagsaam om die hele wêreld aan te steek met ’n genies en geproes. (Wie gaan jou bederf as hulle ewe siek is?)

Maak so:

• Hou ’n snesie oor jou nes en mond elke keer dat jy hoes of nies.

• Hou ’n plastieksak byderhand en gooi die snesie dadelik daarin.

• Jou hande is nou ’n kiemtaxi soos min. Jy vryf oor jou oë waar die kieme ‘opklim’ en vat aan die suikerpot of koerant, waar hulle ‘afklim’ en werklik ’n hele paar uur kan oorleef. Netnou tel iemand anders die koerant op en laai die verkouevirus op sy vingers. Sodar hy aan sy gesig raak, land die kiem daar en kort voorlank het hy ook verkoue.

• Vat so min as moontlik aan jou gesig en was jou hande kort-kort.

6 Vars lug

Dit is goed vir jou en help dat die kieme wat jy uitnies en uithoes afsterf voor hulle iemand anders kan aansteek. Maar moenie in ’n trek sit nie.

7 Maak jouself gemaklik

Trek so aan dat jy nie te koud of te warm kry nie. ’n Serp is heerlike troos vir ’n seer keel.

The post Gesonde selfliefde teen verkoue appeared first on rooi rose.