seisoen | rooi rose

Ansu Visser se blog: Hoekom ek ’n somerrokkie in die herfs koop
Deur Ansu Visser. Foto’s: Edwin van der Walt.

Waarheen gaan die jaar?

Ons is al in die middel van die herfs en dit beteken ons het nog net ’n paar warm en sonnige dae oor. Ons moet ons velle nou met soveel van die son voed deur soveel van ons velletjies te wys. Wees ’n bietjie waaghalsig, toe: los ’n ekstra ietsie by die huis en vat jou vel uit vir ’n sonstappie.

Wanneer die son ons bederf met ’n ekstra bietjie skyn, moet jy jou lyf bederf in ’n lekker somerrokkie. Die winter gaan immers nog lank raak.

Hierdie lieflike bederf van ’n somerrokkie het ek onlangs by ’n thrift-affêre in Johannesburg gekoop. Ek’t met ’n begroting gegaan, maar hierdie nommertjie het my gou laat vergeet van daardie een bedrag wat bestee mag word. Maar moenie bekommerd wees nie, two-minute noodles smaak lieflik in hierdie somerbederfie, ek belowe jou.

Ek het myself herhaaldelik herinner aan die volgende terwyl ’n klein stemmetjie my probeer oortuig het om die rok eerder neer te sit:

Ek kort meer somerrokkies en die hele somer lank sukkel ek al om iets soos dié te kry.

Die feit dat dit ’n thrift-find is, maak die rokkie iets wat ‘n mens nie elke dag sien nie.

En net so, met hierdie twee redes, word hierdie kopie ’n MOET.

’n Bietjie advies vir die Budget-Barbaras: Wanneer jy iets kry wat jy al gesien het (op Pinterest of aan iemand anders) maar nog nooit in ’n winkel kon kry nie, gryp jy daai pragtige stukkie geluk met albei hande aan as jy dit elders vind. Koop dit, maak nie saak wat jy moet eet om dit te bekostig nie. En jy worry nog minder oor watter seisoen dit is.

Die aarde draai, winter gaan kom en gaan en die somerson sal weer warm brand.

So spaar ietsie vir jou toekoms en koop die somerrokkie in die herfs. Jy gaan dit weer dra.

Hierdie rokkie kan jy dra saam met plakkies, pumps, of ’n sagte hakkie. Ek het my Superga platforms gekies om dit net daardie ekstra bietjie oemf te gee. Nes ek daarvan hou.

Sê cheers op die laaste bietjie son(dae) met jou somerrokkie!

The post Ansu Visser se blog: Hoekom ek ’n somerrokkie in die herfs koop appeared first on rooi rose.

Kanker-smanker-keriekstiek-stanker: ’n nuwe lente is aan die kom
Borskanker is ’n ding van seisoene. Omgekeerde seisoene waarin jy nie seker is wat volgende kom nie.

Alles begin met winter. Die diagnose. Dit is asof alles om jou verstil en in ’n oogwink verander, verdor en verlelik. Daar is die bangwees vir die koue wat desnoods gaan volg, die allenigheid van ’n pad met kanker. Al wat troos is die wete dat God en sy kombers van liefde die pad saam met jou gaan stap, altyd gereed om jou betyds toe te gooi sodat die koue nie tot in jou gebeente dring nie. Ten spyte van die gedagte aan daardie liefdeskombers is jy skrikkerig omdat jy nie weet of jy dit gaan regkry om end-uit een van die dapperes te wees nie. Jy wonder of jy dalk jouself, jou God en jou mense gaan teleurstel deur ’n kankerlyer te wees en nie ’n kankerstryder nie.

Chemoterapie is, onverwags, hoogsomer. Daardie warmste, ongemaklikste deel van die somer wanneer jy by tye hoop vir herfs. Eerder dan koeligheid; die son wat anders op jou val, jou nie uitsonder en skroei nie. Jy leef van die een behandelingsessie tot die volgende. Geen skadu in hierdie somerlandskap nie, net daardie stap in die versengende hitte. Een voet voor die ander. Een voor die ander. Nou en dan, genadiglik, ’n koeler dag, spesiaal vir jou gestuur deur jou Vader wat sien hoe jy uitgeput raak van die baklei teen die hitte. En in hierdie hoogsomer leer jy jouself ken. Dit is die tyd wanneer die lyers en stryders van mekaar geskei word. Verskrompel jy, of lig jy jou ken en bal jy jou vuiste vir hierdie ding wat so hard probeer om jou onder te kry?

Bestraling praat saggies van die lente, skimp daaroor. Daardie opgewonde afwagting is daar, want die einde is in sig. Jy hou die naakte boomtakke dop vir vars, groen blaartjies. Jy weet dit kom en jy wag, jy wag, jy wag. Al sien jy nog niks nie wéét jy die blaartjies en die bloeisels kom. Op daardie laaste, wonderlike dag van bestraling spring jou hart in jou op en niks kan jou glimlag keer nie. Sien, die lente is skielik in volle swang, jy voel dit in elke vesel en elke sel. Jy juig. Die winter en die somer van borskanker is oplaas verby en jy het dit oorleef.

Maar skielik bevind jy jouself in ’n ander soort winter. Onverwags, ’n seisoen waarvoor jy heeltemal onvoorbereid was. Want die tyd ná behandeling is, so dink mens, ’n tyd van verlossing. Dit is anders as wat jy gedink het. Dit is die tyd waarin jou liggaam vir maande lank werk en sukkel, sukkel en werk om die gif van chemo uit jou liggaam te werk, die tyd waarin die moegheid so erg is dat jy huil daarvan. Dit is tyd ’n waarin jy ’n mens sonder klassifikasie is. Nie kankerlyer nie, nie kankerstryder nie, net ’n bleek wese met sakke onder die oë; ’n bol seer spiere wat met ’n ouvrouskuifelstappie veg om werkstake en huistake met ’n mate van deeglikheid te voltooi. In hierdie winter sit die vyand jou in situasies waar jy verbyster staan voor die werklikheid. Jy loop in ’n klerewinkel rond op soek na iets om jou nuwe, ronde lyfie en jou bors met Fiona the Fake Boob fatsoenlik te laat lyk, iets wat behoorlik bedek. En daar, by die rakke waar die swemklere uitgestal word, kloek ’n spul vroue saam. Hulle hou die klein stukkies bont lap in die lug op en praat oor die komende vakansie en die strand, staan opgewonde in die ry voor die aantrekkamer om aan te pas. Jy loop eerder. Dis niks lekker nie. Jy is nie een van hulle nie. Jou klassifikasie het verander.

Maar elke winter hét ’n lente, dit hét. Maak nie saak waardeur jy gaan nie. Dit het borskanker my geleer. Hier sit ek nou aan die beginpunt van ’n nuwe lente. Oor drie dae, op die sestiende Maart, gaan ek weer onder die mes. In dieselfde hospitaal waar my bors ’n jaar en sewe maande gelede afgesit is, gaan ’n dokter vir vier ure lank aan my werk. Aan die einde van daardie paar ou uurtjies gaan ek ’n splinternuwe bors hê.

Op die sestiende Julie 2015 het ’n teatersuster met sagte oë vir my gesê ek het net een bors toe ek haar met die wakkerwordslag daardie lewensveranderende vraag vra. Ek hoop daardie suster van my is weer in die vertrek buite die teater. En hierdie keer gaan sy vir my sê daar sit jou wrintiewaar twéé borste wanneer ek vra. Net drie slapies voordat ek die getroue en geduldige Fiona the Foob in die kas langs my pruik kan bêre. Hier kom ’n ding, mense.

’n Nuwe avontuur wag.

The post Kanker-smanker-keriekstiek-stanker: ’n nuwe lente is aan die kom appeared first on rooi rose.

Spyse vir die winter
Wortel en knolgroente

In die winter is wortel- en knolgroente weer volop. Hierdie aardse plesiertjies is propvol vitamiene, minerale en vesel. Dit bevat wel natuurlike suiker, maar is steeds laag in kalorieë. Kies ferm groente met die stingels sowel as die wortels steeds aan. Dit verklap hoe vars die groente is. Eet kleiner groente soos rape, radyse en babawortels binne ’n paar dae. Groter wortelgroente kan langer gestoor word.

Winteridee

Maak kapokaartappels spesialer en voedsamer deur ’n verskeidenheid knolgroente saam met die aartappels te kook. Probeer wortels, patats en witwortels.

Sny groente soos wortels, witwortels, patats en beet in papierdun skyfies (gebruik sommer ’n groenteskiller). Diepbraai in olie en sit as krakerige snoephappie voor. Gebruik ook as versiering vir sop of bredies.

Aangesien groente soos wortels en beet heelwat suiker bevat, kan jy ook konfyt of marmelade daarvan maak.

Gebruik oorskiet- geroosterde groente in slaaie of koeskoes.

Voeg knol- en wortelgroente soos patats, beet of wortels by jou aartappel-gratin. Sny in dun skywe en stapel soos gewoonlik tussen die aartappellae. Gooi laastens room oor en bak tot sag.

Wenke

Onthou om organiese groente deeglik te was voor jy dit eet. Maak seker jy kry jou organiese groente by ’n betroubare verskaffer wat organies gesertifiseer is.

The post Spyse vir die winter appeared first on rooi rose.

Kwepers
Kwepers is familie van die appel en peer. ’n Vars kweper is dalk nie een van die mooiste vrugte nie, maar wanneer dit lank en stadig gekook of gerooster word, gebeur daar iets magies. Die wit, krakerige vlees verander in ’n sappige, aromatiese, dieprooi lekkerte.

Kwepers is boonop hoog in vitamien C wat help om verkoue te voorkom. Dit is veselryk en kan cholesterol help verlaag.

Kwepers is waarskynlik een van die eerste vrugtesoorte waarvan daar konfyt gekook is. Vanweë die hoë pektieninhoud, veral in die skil, is kwepers uitstekend vir jellies. Hoewel rou kwepers byna oneetbaar is, maak die rou vrugte uitstekende, natuurlike lugsuiweraars wat tot ses maande ’n heerlike aroma afgee.

Jy kan ’n kweper makliker skil as jy die vrug vir 10 min. kook.

Kwepers kom hoofsaaklik in die herfs voor, maar om te verseker dat jy die vrug heel jaar beskikbaar het, kan jy dit in ’n suikerstroop kook.

The post Kwepers appeared first on rooi rose.