seksuele gesondheid | rooi rose

Wanneer seks seer is… | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede?
Deur Mariette Snyman

“Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die spreekkamer sien,” sê dr Jireh Serfontein, ’n algemene praktisyn en seksuoloog van Pretoria. “Al toon navorsingstudies een uit vyf vroue sal in hul leeftyd dié probleem aan eie lyf voel, is ons Suid-Afrikaanse gemeenskap in wese konserwatief, en daarom bly dit ’n taboe onderwerp. Duisende vroue wat met pynlike seks worstel, het nie die vrymoedigheid om hulp te soek nie.

“Ek sien soms ouer vroue vir wie seksuele omgang al dekades lank seer is. Party sê hulle het aanvaar dat die eerste keer vir ’n maagd pynlik is en het geglo dit sou mettertyd beter word, maar toe dit nie gebeur nie, het hulle eenvoudig nie geweet wat om daaraan te doen nie. Ander vroue ervaar dié probleem ná hul eerste swangerskap,” vertel sy.

Dr Jireh sê dis belangrik om te weet dat pynlike seks nie net “in jou kop” is nie en om die moontlike oorsake en behandelingsmetodes te verstaan. “Vroue en hul liefdesverhoudings hoef nie hierdeur benadeel te word nie. Daar is hulp!” sê sy.

Oorsake en behandeling

Dr Jireh vertel as ’n pasiënt haar oor pynlike seks sien, stel sy eers vas of die toestand akuut of chronies is.

“Akute toestande ontstaan skielik en verbeter gewoonlik ná korttermynbehandeling. Dit kan veroorsaak word deur onlangse infeksies, byvoorbeeld candida of ’n seksueel oordraagbare infeksie soos herpes.

“Chroniese of langdurige pyn tydens seksuele omgang het gewoonlik met twee hooftoestande te doen: vaginismus en vestibulodynia. Dié twee gaan dikwels hand aan hand.

“Vaginismus is die algemeenste oorsaak. Dis die onwillekeurige sametrekking van die spiere rondom die vagina, met die gevolg dat die vaginale kanaal ‘kleiner’ voel. Pasiënte kla tipies dat hulle pyn tydens penetrasie ervaar.

“Dis die beste om vaginismus multidissiplinêr te benader. Omdat dit hoofsaaklik ’n spierprobleem is, verwys ons pasiënte na ’n fisioterapeut wat spesiaal opgelei is in die bekkenvloer se funksies – vir die meeste pasiënte is dit ’n vreemde gedagte! Hierdie fisio’s help om die vaginale spierspasmas los te maak, die vagina te strek en swak spiere te versterk. Selfs een sessie kan al ’n verskil maak. Pasiënte kry ook oefeninge om tuis te doen.

“Verder gebruik ons ‘silikon-dilators’ in vyf groottes om die vagina te rek. Pasiënte raak in die privaatheid van hul huis, waar hulle volkome in beheer is, gemaklik met ’n voorwerp in die vagina en leer dit hoef nie pynlik te wees nie. Deur van die smalste dilator na die daaropvolgende groottes te vorder, word die vagina geleidelik gestrek.”

Volgerns haar is die behandeling nie goedkoop nie en pasiënte van die platteland moet vir gespesialiseerde fisioterapie na stede toe gaan.

“Elke vrou se pad is uniek. Soms kry ons vinnig resultate; soms duur dit langer. Die uitkomste is egter uitstekend indien al die kassies vir behandeling getik word: fisioterapie, die gebruik van dilators, en sielkundige berading,” vertel sy.

Sielkundige berading is nodig omdat die pyn nie net in jou kop is nie, maar wel jou psige beïnvloed, noem sy.

“Al is die pyn aanvanklik fisiek, ontwikkel vroue mettertyd ’n vrees vir seks: Dink byvoorbeeld aan ’n warm stoofplaat wat jy wéét jou hand gaan brand as jy daaraan raak. Talle vroue bereik die punt waar hulle so bang is vir die pyn dat hulle van enige fisieke aanraking wegskram. Hulle wil nie eens hul verhoudingsmaat se hand vashou nie omdat (pynlike) seks kan volg.

“Die berader help om intimiteit stelselmatig na die verhouding terug te bring en hanteer ook trauma uit die verlede, soos verkragting of molestering, wat ’n aanleidende rol in vaginismus kan speel.

“Die tweede oorsaak van chroniese pynlike seks is vestibulodynie. Die vestibulum is die klein area rondom die vaginale opening en allodinie is pyn wat iemand ervaar van ’n stimulus wat eintlik nie pynlik moet wees nie. Soms is die pyn heeltyd daar – Dis ’n irritasie van die senuwees wat party vroue as ‘nes om op ’n brandende kooltjie te sit’ beskryf.

In die meeste gevalle, sê dr Jireh, is die pyn reaktief. Dit word deur aanraking uitgelok, veral tydens die liefdespel. Aanraking aan die buitekant van die vagina, selfs voordat penetrasie plaasgevind het, is reeds pynlik. Party vroue rapporteer ook ’n akute brandgevoel wanneer hulle ná seks urineer.

“Ons toets vir vestibulodynia deur liggies met ’n oorstokkie aan die vestibulum te raak. Dié toestand kan deur herhaalde candida- of swaminfeksies of ’n hormoonwanbalans in die area veroorsaak word. Die wanbalans is lokaal en sal nie noodwendig deur ’n bloedtoets aangetoon word nie. Dikwels is die kontrasepsiepil die sondebok.

“Verskeie vorms van die Pil bevat onnatuurlike estrogeen genaamd Ethinylestradiol, wat nie die vermoë het om die reseptore in die genitale area te vul nie. Die gevolglike gebrek aan estrogeen lei tot droogheid – want die vel word al hoe dunner – en neuroproliferasie, die neerlegging van ’n oormaat onbeskermde senu-eindpunte. Enige beweging of wrywing in daardie gebied is pynlik.

“Ons behandel vestibulodynia met ’n room wat die irritasie verminder en die lokale hormoonwanbalans en senuweeprobleem herstel. As die Pil tot die toestand bydra, probeer ons ’n ander vorm van kontrasepsie, of ons staak alle vorms van voorbehoeding totdat die pyn geheel en al weg is.

“Dis deel van ons benadering om seks vir eers opsy te skuif; elke pynlike ervaring stuur ’n negatiewe boodskap na die brein en ons wil daardie ingesteldheid verander.

“Sodra vaginale penetrasie nie meer pynlik is nie – byvoorbeeld as die pasiënt suksesvol met die dilators gewerk het – moet intimiteit weer ’n normale deel van die liefdesverhouding raak. Afgesien van sielkundige hulp, pas ons Sensate focus-terapie toe.

“Pynlike seks bemoeilik ’n liefdesverhouding. Die vrou vind seks onaangenaam of vermy dit; haar maat kan verwerping ervaar, ontoereikend voel, ’n lae seksdrang ontwikkel of skuldig voel omdat seks haar seermaak.

“Sensate focus help die paartjie om weer met fisieke kontak gemaklik te raak. Hulle begin met nieseksuele aanraking, soos om mekaar bloot ’n rugmassering te gee, en vorder dan stap vir stap tot by erotiese aanraking. Daar is reëls wat die belewenis veilig maak: Goeie kommunikasie en ’n openlike gesprek oor wat elkeen se verwagtinge is, dra alles by tot ’n sterker emosionele verbintenis. Dit skakel pyn uit.”

Sy vertel voorts dat die pad van pynlike na pynvrye seks nie gelyk is nie, maar berge kan versit word met die nodige ondersteuning en geduld.

Dr Jireh Serfontein is die kliniese hoof van My Sexual Health in Pretoria: www.drjirehserfontein.co.za

Lees ook: Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk

The post Wanneer seks seer is… | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede? appeared first on rooi rose.

rrRADIO: Dr. Elna Rudolph en haar passies
rrRADIO: Dr. Elna Rudolph en haar passies deur Mariette Snyman. Foto verskaf.

1. Jy is ’n mediese dokter, seksuoloog en selferkende werkolis met ’n gesin. Vertel ons ’n bietjie meer.

Kyk, ek het my man en my kinders van die Here gesmeek. Ek het ’n moeilike pad gestap om te wees waar ek vandag is en waar ek hierdie twee kindertjies in my lewe het, en ’n goeie man wat wonderlik ondersteunend is ten opsigte van my loopbaan en my die geleentheid gee om te doen wat ek doen. Ek het ’n dogtertjie wat nou vyf maande oud is, Nandi Mari, en ’n tweejarige dogtertjie, Nina Neo. Ons het hulle altwee Afrika-name gegee – hulle is kinders van Afrika. Nandi was koning Shaka se ma se naam, en in Sotho beteken Neo a gift, maar in die sin van an act of God. Ná bitter swaar jare van sukkel om kinders te kry, was ek en my man op Mount Everest vir sy veertigste verjaardag. Nie tot bo nie, net in die basiskamp. Dit was regtig ’n pelgrimstog. En ’n maand later het ek swanger geraak, en hier is ons tweede enetjie nou al gebore.

Het jy geweet? Jy kan een van rooi rose se gewilde blokraaiboeke WEN deur na een episode van Tussen Ons te luister.

2. Hoe het jy ’n mediese dokter en seksuoloog geword?

Toe ek ’n  mediese student was, het dr. Etienne Kok ons vertel van ’n paartjie wat hy tydens sy opleiding in Chicago behandel het, wat al 27 jaar getroud was en nooit seks kon hê nie. In Chicago het hulle masturbasie gebruik om die vrou onder meer te help om gemaklik te raak met haar liggaam sodat sy en haar man mettertyd hul huwelik kon bevestig. Toe besef ek eendag as ek ’n GP is gaan iemand my kom sien wat sê hulle gaan skei want hulle kan glad nie seks hê nie, en dan gaan ek dink die antwoord is masturbasie, en hoe promoveer ek so ’n behandeling binne ons Christelike kultuur en konteks? En pynlike seks is ’n kwessie waarmee een uit vyf vroue sit. Ek het besef daar moet baie wees waarvoor ons nog nie antwoorde het in Suid-Afrika nie. Dit het iets in my hart geroer.

As student was ek ook betrokke by ’n program wat mense hulle skeppingsdoel help ontdek het. Jy skryf onder meer ’n mission statement en die temas wat daaruit kom, help jou bepaal watter volgende stap jy behoort te neem. Toe ek daarna kyk, het ek besef ek moes ’n meestersgraad in seksuele gesondheid doen. Vroue, gesondheid, verhoudings en MIV het my na aan die hart gelê. Etienne het voorgestel ek doen dit in Sydney, Australië. Ek het gedink ek doen dit sodat ek die Staat oor beleidsrigtings raad kon gee – ek het nooit gedink ek sou ’n seksuoloog word nie.

Maar toe gaan ek in Engeland werk, ’n vervelige werk waar ek net moes bloed trek. Ek het baie tyd gehad om te leer en toe swot ek vir ’n eksamen in Suid-Afrika met die naam Higher Diploma for HIV Medicine and Sexual Health. Ek het vreeslik baie ure ingesit en die eksamen geskryf toe ek terug is in Suid-Afrika. Agterna vind ek uit ek is die eerste dokter ooit wat die ding deurgekom het! En toe besef ek: ek kan nie ’n GP wees met hierdie kwalifikasie wat niemand anders het nie. Ek was ook byna klaar met my meestersgraad in Australië.

Ek het vir Intercare, waar ek toe gewerk het, gevra of ek ’n sentrum vir seksuele gesondheid kon oopmaak. In Engeland sien jy  in byna elke voorstad sulke sentrums. Ek is toegelaat om dit te doen, en MySexualHealth het ’n paar jaar later daaruit ontstaan.

Lees ook: Luister na ons podsendingsreeks, waar ons gesels oor seksuele gesondheid en gelukkige verhoudings – dis gratis!

3. Is mense verras of ongemaklik as hulle hoor wat jy doen?

Ja, dit is óf ’n ultimate conversation starter óf ’n conversation killer. Die meeste mense is vreeslik geïnteresseerd. Mense wat my ken vandat ek klein was, is bitter verbaas dat ek dit doen omdat ek uit hierdie konserwatiewe, Christelike agtergrond kom – dis nog steeds wie ek is.

My hart hét baie verander oor goeters waaroor tipiese Afrikaner-Christenmense vreeslik veroordelend kan wees; ek het byvoorbeeld nou ’n absolute passie vir transmense. Vantevore sou ek ’n baie meer wit en swart benadering gehad het.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor kontrasepsie

4. Dink jy die ongemak rondom seks as ’n onderwerp van bespreking raak minder?

Baie het die laaste tyd verander. In die kringe waarin ek beweeg, is mense gewoond om voor my daaroor te praat. Eintlik vergeet ‘n mens partykeer dat mense nog ongemaklik is – my man is byvoorbeeld in ‘n koor met liewe mense, en daar is ook kinders in die groep. Ons sal openlik oor iets praat en dan besef o gits nee, ’n mens behoort nie kinders noodwendig aan dié goed bloot te stel nie.

Ek probeer maar net om ’n voorbeeld te stel – dis regtigwaar ’n ongelooflik belangrike deel van mense se lewens. Selfs mense wat aseksueel is, het ’n seksualiteit en het informasie en goeie raad nodig. Om oor seksualiteit te praat, is nie onder-die-beltpraatjies nie. Ek word self ongemaklik as mense onder die beltpraatjies maak. Om eerlik oor seksuele gesondheid te praat, is dieselfde as om oor mense se mondhigiëne te praat.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor seksuele etiket

rrRADIO: Dr. Elna Rudolph en haar passies

5. Wat wil jy graag deur jou werk bereik?

In die mission statement waarvan ek gepraat het, moes ek my mission tot twee woorde reduseer: om te inspireer en te mobiliseer. As ek iets nuuts aanpak, dink ek: kan ek hiermee inspireer of mobiliseer? Dis ook maar wat ek doen met pasiënte en met dokters wat in my span wil wees. Ek wil my kollegas graag inspireer en mobiliseer om hulle eie skeppingsdoel te bereik en ’n groot verskil in mense se lewens te maak.

Ek wou altyd graag ’n seksuele gesondheidskliniek in elke voorstad hê, en ek het daardie droom opgegee toe ek kindertjies kry. Nou wil ek net ’n kliniek vyf minute van my werk af hê, want ek wil soggens werk toe ry, ’n paar pasiënte sien en in die middag met my kinders speel. Ek is egter nou weer besig met onderhandelinge en ek dink my oorspronklike droom gaan dalk binnekort meer van ’n realiteit word.

Lees ook: Die oorsake van lae libido in mans

6. Hoe balanseer jy jou werk en jou gesin?

Ek werk net soggens en ek probeer om net vier dae per week en drie weke per maand pasiënte te sien. As jy ’n dokter is en jou tyd verkoop, dink jy dit kos jou ’n paar duisend rand om jou dogtertjie se tee by die skool te gaan bywoon. Maar as jy die besluit geneem het om elke week ’n dag uit te sit om ook by ander belangrike dinge uit te kom, is dit ’n bietjie makliker. Ek het nie ’n mooi nuwe badkamer in my huis nie en ek ry nie ’n splinternuwe kar nie, maar ek probeer om nie so hard te werk nie sodat ek darem my kindertjies ook kan geniet en nie ’n totale tiran is teen die tyd dat my man saans by die huis kom nie.

Lees ook: Lewe jy saam met ’n beheervraat?

7. Wat het ma-wees jou geleer?

Om te kalmeer, sou ek sê. Ek is ’n absolute werkolis, en ek leer elke dag nog om net ’n bietjie stadiger te gaan en daai oogkontak te maak en wegkruipertjie te speel en geselsies aan te knoop en te verf, want my dogtertjie wil verf. Ek is so taakgeoriënteer, en dit maak my gejaagd. Ma-wees het my geleer om die lewe net ’n bietjie stadiger te vat en rêrig hierdie twee lyfies te waardeer.

Klik hier om interessante artikels oor ouerskap en ma-wees te lees

8. Wat kan ’n ma doen om haar seun of dogter op intieme verhoudings voor te berei?

Die beste ding wat ’n ma kan doen is om haar kinders ’n baie, baie goeie seksuele opvoeding te gee.

Een van die grootste risikofaktore vir seksuele disfunksie as volwassene is slegte seksopvoeding. Ma’s dink as hulle met hulle kinders praat, gaan dit hulle lus maak vir seks.  Glo my, om met jou ma te praat oor seks maak jou nie lus vir seks nie, dit freak die kind meer uit – maar dit gee vir hulle goeie informasie. Jy moet besef jou kind word volgepomp met informasie oor seks deur die media en goeters wat hulle by maatjies hoor. As jy nie jou weergawe vir hulle gee nie, moet jy tevrede wees met dit wat die wêreld na hulle kant toe gooi, en die kwaliteit daarvan is bedenklik.

Jy moet ’n oop verhouding met jou kind hê en gemaklik met hulle oor seksuele gesondheid kan praat. Begin dit stelselmatig doen vandat hulle klein is. My tweejarige noem haar vulva haar vulva en nie een of ander snaakse naampie nie. Dit voel vir my ook vreemd om vir ’n tweejarige te sê dis ’n vulva, en die meeste grootmense weet nie waarvan sy praat nie, maar dis ’n stap om eerlik en opreg te wees oor seksualiteit.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor erektiele disfunksie

9. Hoe kan ’n ouer die kommunikasiekanale oop hou?

Dit gaan maar net daaroor dat jy nie ooglopend ongemaklik voorkom as jou kind met jou oor iets praat nie. Jy moet nonchalant probeer wees, asof jy besig is om te gesels oor enige ander onderwerp. As kinders agterkom dat hulle jou ongemaklik maak, gaan hulle intuïtief minder met jou praat. Hoe gemakliker jy lyk, hoe beter, en dit verg oefening.

Lees ook: 10 vrae aan Dr. Jireh Serfontein

10. Jy tree dikwels as spreker op. Hoe ervaar jy dit?

Ek is mal daaroor om as spreker op te tree – natuurlik om te probeer inspireer en mobiliseer! Dit gee my energie en ek kry baie pasiënte uit praatjies. As jy eers iemand se gesig gesien en hul stem en hart gehoor het, is dit makliker om jou allerheiligste in die spreekkamer met hulle te kom deel. Ek hou ook baie daarvan om dokters te leer, want elke dokter sit met ’n paar duisend pasiënte en hierdie kennis kan duisende mense wat ék nooit kan bereik nie se lewens beïnvloed.

Lees ook: Depressie en seksuele gesondheid – alles wat jy moet weet

11. Jy dien op verskeie nasionale en internasionale liggame in die veld van seksuele gesondheid. Is dit ’n uitdaging?

Die nasionale en internasionale organisasies waaraan ek behoort is ’n massiewe uitdaging. Ek vra myself daagliks: ‘Hoekom doen jy dit?’ Dit vat ongelooflik baie tyd en dis basies die bestuur van menseverhoudinge. Jy moet suutjies trap en vreeslik professioneel wees, wat nie altyd vir my maklik is nie want ek is baie taakgeoriënteer. Ek wil nie graag almal se gevoelens in ag neem as iets nie gebeur nie maar ek wil sake ook graag in die regte rigting druk. Op hierdie organisasies kry ek baie te doen met staatsbestuur, reëls opstel en so aan.

In 2021 bring ons die kongres van die Wêreldorganisasie vir Seksuele Gesondheid na Suid-Afrika, waaroor ek baie opgewonde is. Hopelik kan ons die res van die wêreld se seksuoloë ’n ware Afrika-ervaring gee en bewus maak van die dinge wat in Afrika belangrik is as dit by seksuele gesondheid kom. In die res van die wêreld is die verskil tussen ’n vaginale en ‘n klitoriese orgasme ’n warm besprekingspunt, maar in Suid-Afrika is daar nog steeds duisende vroue wat van onwettige aborsies doodgaan. Die verskillende wêrelde is nog steeds ver uit mekaar, en dis lekker om dit bymekaar te kan bring.

Ek leer ongelooflik baie by ander – dis ‘n tydsame leerproses, nie iets wat jy in ’n oggendkursus kan leer nie. Dis ’n ongelooflike voorreg om tyd te spandeer met mense wat net soos ek passievol is oor die onderwerp.

Het jy geweet? Ons het ’n reeks gesprekke op die rooi rose-webblad waar ons gesels oor gesonde verhoudings en seksualiteit – en dis GRATIS! Klik hier – jy kan selfs daarna luister met oorfone

12. Waarna moet vroue omsien in terme van hul eie seksuele gesondheid?

Jy moet jou papsmeer laat doen – minstens een keer teen die ouderdom van 25, of jy nou seksueel aktief is of nie – en daarna elke jaar in jou twintigs. In jou dertigs kan jy ’n MPV-toets (menslike papilloomvirus) laat doen. As dit negatief is én jy is in ’n stabiele, monogame verhouding, hoef jy die papsmeer en MPV-toets saam net so elke drie tot vyf jaar te laat doen.

Dis belangrik om te gaan vir mammogramme vanaf die ouderdom van vyftig, moontlik vanaf veertig.

Die kontrasepsie wat ’n vrou gebruik is baie belangrik, want ongewensde swangerskap is ’n hartseer saak. Maar die keuse van jou kontrasepsie beïnvloed jou seksuele gesondheid geweldig. Dit kan baie negatief wees vir jou seksuele funksionering as jy byvoorbeeld op die Pil is en dit vat jou libido weg. Dis belangrik  om om te sien na jou eie plesier. Een van die seksuele regte wat ons in New York gaan skryf het, is: You have the right to pleasure. As seks nie vir jou plesier gee nie, het ons baie wat daarmee kan help.

Lees ook: Seks hoef nie seer te wees nie! Dis hoe mens dit beter maak

13. Wat is jou beste raad vir mans?

Hulle moet vanaf die ouderdom van 45, en selfs vroeër as daar hoë risiko is, hul prostaattoets laat doen. Hulle moet elke maand hul testes self ondersoek, veral tot op die ouderdom van 40, want testikelkanker kom meer voor in jong mans. Dan moet hulle hul testosteroonvlak laat toets, want testosteroon neem af soos wat ’n man ouer word, en spanning kan dit ook baie laat afneem. Dit het verreikende gevolge vir ’n man se algemene gesondheid, en natuurlik vir sy seksuele funksionering. Veral vir mans is dit ontsettend belangrik om goed na jou algemene gesondheid te kyk sodat jou seksuele gesondheid goed is. Daardie sigarette wat jy rook en daardie boepens en slegte eetgewoontes en gebrek aan oefening beïnvloed ook jou seksuele gesondheid. Jou hart en jou penis is eintlik baie naby aan mekaar en die tekens kom eerste in jou penis na vore. As jy daar moeilikheid het, moet jy laat kyk – hartsiekte is die siekte wat die meeste mans doodmaak.

Lees ook: Testosteroon-aanvullings vir mans – is dit iets wat hy moet doen?

14. Laastens: wat is jou gunstelingmaniere om te ontspan?

’n Slim manier om te ontspan, is om werk te doen! Dit is ongelukkig die realiteit van ’n werkolis. As jy vir my sê ‘Elna, jy kan nou doen net wat jy wil’, dan sal ek baie graag drie of vyf ure gaan sit en my e-posse doen en aan alles aandag gee waaraan ek aandag wil gee.

Wat ek wel doen om te ontspan: ek speel met my kindertjies, en een ding wat my regtig laat ontspan is om te stap – veral as ek ’n lang stap kan doen en nie net ’n uur om die blok gaan stap nie, maar regtig vir dae aanmekaar kan stap en weer in voeling kom met myself.

Elna is die kliniese hoof van MySexualHealth met takke in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad: mysexualhealth.co.za

The post rrRADIO: Dr. Elna Rudolph en haar passies appeared first on rooi rose.

rrRadio: Tien vrae aan dr. Jireh Serfontein
Tien vrae aan dr. Jireh Serfontein deur Mariette Snyman. Hooffoto Pixabay, ander foto’s verskaf deur Dr. Serfontein en rooi rose.

1. Jy is ’n algemene praktisyn wat op seksuele gesondheid fokus. Hoe het jy in hierdie spesifieke veld beland?

Ek het nog altyd belang gestel in ginekologie. Ná my gemeenskapsdiens wou ek graag verder studeer om ’n ginekoloog te word maar daar was nie poste oop nie. Ek het toe van dr. Elna Rudolph gehoor en met haar gesels. Sy het my van seksuele gesondheid vertel en ek was dadelik verlief op die veld. Ek het in 2013 begin werk by MySexualHealth, ’n multidissiplinêre span seksuele gesondheidskundiges met spreekkamers in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad.

Luister ook: Depressie, angsmedikasie en jou libido

2. Wat sien jy as die doel van jou werk?

Almal het die reg om ’n gesonde sekslewe te lei, dit is deel van ons basiese menseregte. My doel is om seker te maak dat elke pasiënt wat voor my sit se seksuele regte ten volle gevul word. Dit beteken gesonde seks, pynvrye seks en lekker seks.

Luister nou: Wat jy moet weet oor pynlike seks

3. Baie mense praat moeilik oor seks. Hoe kry jy dit reg om so gemaklik met die onderwerp om te gaan?

Ek dink jy raak maar gewoond daaraan. Ek sien myself as ’n baie gemaklike mens en ek probeer om seks te normaliseer. Dit is deel van almal se lewens, so daar is geen rede om ongemaklik daaroor te wees nie.

Lees ook: 6 redes hoekom seks goed is vir jou

Dr. Jireh Serfontein

4. Is daar ’n groot behoefte aan inligting oor seksuele gesondheid by die mense met wie jy te doen kry? (Daar is soveel sekstonele op ons skerms en webwerwe oor seks …)

Absoluut! Daar is baie mites oor seks daar buite. Die inligting waaraan ons elke dag op die media blootgestel word, laat dit lyk asof dinge altyd maanskyn en rose is, maar dit is nie waar nie. Mans en vrouens se seksualiteit verskil en as jy die verskille verstaan, besef baie vroue dat hulle eintlik nie so abnormaal is soos wat hulle dink nie.

Luister nou: Wat jy moet weet oor erektiele disfunksie, en hoe om daaroor te praat

5. Met watter klagtes kom vroue dikwels na jou?

Ek sien baie vroue wat kla oor ’n lae seksdrang. Daar is so baie wat ’n mens daaraan kan doen as jy mooi na die oorsake gaan kyk. Seksuele pyn is ook baie algemeen, ek sien dit elke dag in my praktyk.

Lees ook: Wanneer seks seer is

6. Wat is die algemeenste kwessies onder tienermeisies of jonger vroue?

Kontrasepsie is nogals iets wat gereeld opkom met die jonger vroue. Baie dames begin met die pil en ervaar dan heelwat newe-effekte. Dinge soos lae seksdrang, vaginale droogheid en seksuele pyn is iets wat ek baie onder jonger vroue sien, en die meeste van die tyd is dit as gevolg van die pil. Ons gesels dan oor ander vorms van kontrasepsie.

Luister ook: Alles wat jy moet weet oor kontrasepsie

Jireh en Mariette in die ateljee, November 2019

7. Watter probleme sien jy dikwels onder die mans wat jou kom spreek?

Die algemene seksuele klagtes onder mans is erektiele disfunkie, premature ejakulasie, asook lae libido. Ons sien gereeld dat die klagtes as gevolg van lae testosteroonvlakke is.

Lees ook: Moet jou man testosteroonaanvullings oorweeg?

8. Vertel ons meer van jouself: van jou gesin.

Ek is baie gelukkig getroud met twee kinders. My man is wonderlik, hy ondersteun my in alles wat ek doen. My twee seuntjies (3 jaar en 5 maande) is ’n groot seën en ek is bederf om elke dag tyd saam met hulle te kan deurbring. Ons het twee bulldogs, wat maar soos kinders in die huis is, en dan ook ’n African Grey wat ons lekker geselskap hou.

9. Hoe kry jy ’n loopbaan saam met jou man en kinders en familie en vriende ingepas?

Soos ek sê, my man ondersteun my. Sonder hom sou ek beslis nie al die balle in die lug kon hou nie. Ek is gelukkig dat ek nie voldag hoef te werk nie, dit maak dat daar darem tyd is om by alles en almal te kan uitkom.

10. Wat is jou grootste lekkertes en ook drome vir die toekoms?

Ek is baie lief vir my gesin, so enige tyd saam met hulle is beslis my grootste bederf. Ek het dan ongelukkig ook ’n vreeslike soettand, so enigiets met sjokolade geniet ek baie. Ek is mal oor die buitelewe, ek draf en roei om aan die gang te bly.

Uhm, my drome vir die toekoms? Ek wil graag verder studeer om nog ’n ekstra graad in seksuologie te kry deur die Europese Organisasie van Seksuele Medisyne. Om die Comrades te hardloop is ook hoog op my “bucket list”.

Om kontak te maak met dr. Jireh Serfontein, loer hier

The post rrRadio: Tien vrae aan dr. Jireh Serfontein appeared first on rooi rose.

Kom sit vir ’n sessie
Die verhoudingskenner

Hanlie Raath, ’n psigoterapeut met ’n meestersgraad in maatskaplike werk, spesialiseer in individuele, huweliks-, gesins- en groepsterapie. Sy het ’n private praktyk in Bryanston, Johannesburg, en bied korporatiewe en openbare verhoudingsbestuurwerkswinkels aan. Sy sê:

“’n Verhouding is ’n verkenningstog Om ’n moeë of moeilike verhouding nuwe lewe te gee, is ’n kreatiewe proses. Die kuns lê daarin om die siel van ’n verhouding tussen twee mense te herontdek. Wat skep die verbintenis – is dit gewoonte, vriendskap, pret, lojaliteit, avontuurlus, passie of konflik? Hoe het die aanvanklike “ooreenkoms” tussen hulle verander? Sodra die skeppingsenergie in ’n verhouding opnuut begin vloei, ontstaan onvoorsiene, verrassende moontlikhede, dalk selfs ’n gevoel van verwondering. Dis die beléwing van die proses wat belangrik is, nie ’n finale uitkoms nie.

• Verhoudings is nooit volmaak nie

’n Goeie verhouding is real eerder as ideal. Dis daar om die betrokkenes se persoonlikhede, begeertes en ontwikkeling te akkommodeer, nie om die een of ander ideaalbeeld te weerspieël nie. Vervullende verhoudings is ’n uitdaging; nie soseer omdat dit wat ons gelukkig maak moeilik bereikbaar is nie, maar omdat ons baie keer nie weet hoe om daar uit te kom nie. Ons kort bewustheid en oefening. Terwyl goeie verhoudings vreugde en spontaneïteit insluit, is daar ook soms bloed, sweet en trane. Ware intimteit word juis in hierdie paradoks gevind.

• Konflik is van kernbelang

Mense dink dikwels konflik bedreig intimiteit, maar konflik bied ’n noodsaaklike ruimte vir die uitdrukking van frustrasies en begeertes. Wanneer mense leer om die power play tussen hulle te bestuur en onnodige beskermingsmeganismes te laat vaar, word hulle toegankliker. Elkeen van ons kan leer om gesonde, buigbare grense te skep, om die waarheid te praat sonder oordeel of verwyt, en om oop te wees vir onverwagse uitkomste.

• Verandering is onafwendbaar

Baie mense verset hulle teen groei – hul eie of hul maat s’n. Die geheim is om dit as deel van die voortgang van die lewe te beskou en jou verwagtings daarby aan te pas. Verhoudings gaan deur fases; verliefdheid is net die wegspringplek. Wanneer dit oorgaan na die tweede fase, die magstryd, beëindig mense soms die verhouding omdat hulle nie besef dat dit na ’n volgende vlak van intimiteit kan lei nie.

• Krisisse kan ’n verhouding versterk

Affairs en ander krisissituasies hoef nie in ’n heksejag te ontaard nie. In terapie kan die een wat die buite-egtelike verhouding aangeknoop het die presiese aard van die aantrekkingskrag ondersoek en maniere kry om dit in die bestaande verhouding uit te leef. Dit gaan dikwels nie om seks nie, maar om avontuurlus of die wete dat jy lééf. In terapeutiese gesprekke word die ander maat dikwels ook bewus van ’n langdurige gebrek aan vervulling, en begin albei daaraan werk om te kry wat hulle ten diepste begeer. Dis ’n veeleisende proses, maar haalbaar – veral as dit uit ’n skeppende eerder as ’n voorskriftelike hoek benader word.

• Verhoudingsbou is vir mans én vroue

Ek benader terapie vanuit die psigo-analise, stelsel- en Gestaltteorie. Ek werk ook met argetipes. Interessant genoeg spreek ek meer mans as vroue. Baie mans ervaar ’n diep gevoel van verlies oor hul pa’s. Hulle is onseker oor hoe om hul emosionele verhoudings te hanteer, en voel soms hulle het hulsélf in die steek gelaat. Vroue voel weer dikwels “onsigbaar” en verswelg deur ’n magdom eise. Hulle het die behoefte aan ’n sterker besef van hul uniekheid en potensiaal – aan “toestemming” om te wees wie hulle is en te kry wat hulle wil hê. Uit my terapie-ervaring het ek verskeie werkswinkels ontwikkel wat ’n vars benadering tot verhoudings bied, soos dié tussen paartjies, ouers en kinders of mense in die werkplek. Meer as 12 000 mense het die afgelope 20 jaar dié kursusse bygewoon. Nuttige tegnieke en insigte word deur ervaringsleer (experiential learning) aangevul. Van die werkswinkels sluit die gebruik van dansvorms in, soos die tango en salsa of kontak met perde.

Meer inligting, ook oor Hanlie se boek: The New Paradise: Making Intimacy Real (2004), kontak 084 5595 414 of besoek www.paradox8.co.za

Die seksuoloog

Leandie Buys is een van slegs ses kliniese seksuoloë in Suid-Afrika. Sy het haar meestersgraad in die gesondheidswetenskappe in Australië verwerf, is ’n geregistreerde traumaberader en het ’n private praktyk in Port Elizabeth. Sy sê:

• Dit gaan nie net oor seks nie

Baie mense is onder die indruk dat ek net seksuele wanfunksies behandel, maar dit gaan eerstens om verhoudingsberading; seks is net ’n uitvloeisel van ’n verhouding. Ek spesialiseer in die sielkundige en emosionele aspekte van seksuele gesondheid. Elkeen se siening van seksualiteit is uniek. Ons houdings, ervarings en gedrag word deur biologiese, sosiale, kulturele en sielkundige faktore gevorm. Ek benader seksterapie holisties en pas dit by elke pasiënt se behoeftes aan. Die doel is onder meer om prestasieangs te verminder, inligting te bied oor verhoudings, intimiteit, die werking van ons liggame en mans en vroue se belewenis van seksualiteit, en om kommunikasie oor seks tussen paartjies te verbeter.

• Die gevolg van seksuele ‘geheimhouding’

Dié van ons wat dertig jaar en ouer is, het in ’n tyd grootgeword waar seks ’n taboe-onderwerp was. Dink maar aan Elvis Presley se “seksueel uitlokkende” musiekvideo’s wat verbied is! Kinders is ontmoedig om oor die seksuele te praat of te dink, en openbare seksuele gedrag is afgekeur sonder ’n verduideliking waarom dit onvanpas was. Dit het gelei tot vernedering, verwarring, onbegrip en die oortuiging dat die seksuele “vuil” is. As volwassenes moes hierdie kinders met hul skuld- en angsbelaaide grondslag probeer herontdek wat seks behels. Niemand het hulle vertel hoe om aan hulself of hul lewensmaats seksuele plesier te verskaf, oor seks te praat, of oor seksuele gedrag te onderhandel nie. Dit verklaar ook hoekom talle paartjies eers hulp soek wanneer hul verhoudings ineenstort.

• Daar ís antwoorde

Namate mense ouer en wyser word en gemakliker met hul liggame begin voel, breek hulle gelukkig ook uit die skuldgevoelens en angs van die verlede weg. Hulle besef hulle is as seksuele wesens geskape en dat hulle seksuele plesier verdien. Daar ís antwoorde – as ons net die regte vrae vra!

• Mans en vroue verskil

Mans en vroue verskil in hul siening en ervaring van liefde en seks. Mans verstaan nie dat vroue nie terselfdertyd seks én oorlog kan maak nie. Mans beskou seks as vrede maak en is verras as hulle agterkom hul lewensmaat is steeds kwaad! Ek sien dikwels dat vroue waardering wil hê vir die werk wat hulle in en om die huis doen, terwyl mans ’n fisieker siening van liefde het. Hulle hou van ’n drukkie of ’n sexy SMS en erkenning van hul pogings om die gesin finansieel te onderhou. As ’n man by die huis kom en ’n speelse knypie vir sy vrou gee wat heeldag gewerk het en nou aandete maak, vererg sy haar dalk omdat hy “net aan seks dink”. ’n Bakleiery ontstaan. Sy voel hy misken haar versorging van die gesin terwyl hy sy liefde deur ’n intieme aanraking wou toon. Sy kon net omgedraai, hom op die wang gesoen en gevra het dat hy die tafel dek. Of hy kon vir eers die knypie laat staan en gevra het of hy met iets kon help.

• Soms wil vroue meer hê

Begeertediskrepansie, waar die een ’n hoër libido as hul maat het, is ’n algemene probleem, maar dis ’n wanopvatting dat dit mans is wat altyd ’n hoër seksdrang het. Baie vroue het hoër libido’s as hul maats. Omdat dit nie inpas by die persepsie dat mans “altyd op die uitkyk is” en vroue gewoonlik “kopseer” het nie, neem vroue in dié posisie dit maklik persoonlik op. Hulle kan probeer om gewig te verloor of hul haarstyl te verander, sonder die verlangde gevolge. Wanneer begeertevlakke verskil, is die antwoord nie om die maat met die laer seksdrang te dwing om meer seks te hê nie. Dis doeltreffender om die paartjie se sienings en benaderings rondom seks te herdefinieer en die kommunikasiekanale oop te maak sodat hulle tot ’n wedersydse ooreenkoms kan kom.

Meer inligting, ook oor Leandie se boek Seisoene van seks: wat is normaal? (Naledi, 2009) by 041 373 5800 of www.leandiebuys.co.za

Die leefstyl-afrigter

Sterna Wineberg is ’n persoonlike, bestuurs-, span- en verhoudingsafrigter in die noordelike voorstede van Johannesburg. Sy is ’n lid van die International Coach Federation (ICF).

• Verandering is die wagwoord

Jy kom na ’n lewensafrigter wanneer jy jou lewe of aspekte van jou bestaan na ’n nuwe, bevredigender vlak wil neem. Die geheim is om jou manier van kyk, dink en doen te verander.

Sien dit só: jou denke skep sekere gevoelens en jou gevoelens beïnvloed jou optrede. Jou optrede bepaal weer die uitkoms van ’n situasie. Deur indringend op denk- en gedragspatrone te fokus, help jou afrigter jou om nuwe uitkomste te bewerk. Dis ’n diepgaande proses wat tot volhoubare verandering lei.

• Die kliënt is die kundige

Jy ken jouself die beste. Jy weet hoe jou omstandighede lyk, wat jou hartsbegeertes is en watter struikelblokke in jou pad lê. Die haakplek is dat jy nie altyd helder bewus daarvan is nie. ’n Life coach help jou om ’n bietjie terug te staan en die prentjie duideliker te sien. Jy ontdek wie jy waarlik is, wat jy wil bereik en wat jy kan doen om daar te kom. Saam met jou afrigter werk jy ’n aksieplan uit wat jy stap vir stap kan volg.

• Jou verlede maak nie saak nie

In lewensafrigting maak ons ons nie moeg oor hoekom dinge gebeur het nie. Ons sê: Dís hoe die situasie lyk – wat nou?

“My rol is om kliënte bewuste keuses te help maak. As jy vir een ding ja sê, soos om langer ure te werk, sê jy nee vir iets anders – soos om jou kinders in die bed te sit.”

Goeie vrae is die antwoord

Die gehalte van die vrae wat jy vra, bepaal jou lewensgehalte. ’n Kundige afrigter vra prikkelende vrae wat die probleemplekke en kwessies in jou lewe belig. Dit gaan nie oor die afrigter se persepsies nie, maar om wat jy wil hê. Eers wanneer jy powerful questioning self ervaar, besef jy watter kragtige instrument dit is.

• So eenvoudig soos ABC

Ek gebruik die akroniem GROW om die pad wat ek met ’n kliënt loop, raak te vat.

G staan vir goal: die doelwit, klein of groot, wat jy op ’n spesifieke lewensgebied wil bereik.

R staan vir reality check: hoe lyk die situasie werklik?

O is options of die ontwikkeling van kreatiewe oplossings wat jou na jou verlangde doelwit sal lei.

W staan vir will of jou wilskrag om die moontlikhede in daadwerklike optrede te omvorm. Dis die mate waartoe jy jou tot die proses verbind.

’n Tweede akroniem, SMART, skep duidelikheid rondom jou doelstelling:

S staan vir specific: wat presies wil jy bereik?

M staan vir measurable of meetbaar. Hoe kan jy jou doelstelling kwantifiseer? Hoe sal jy weet as jy dit behaal het?

A dui op attainable. Is jou doelwit haalbaar? Lê dit binne jou vermoë om dit te bereik en het jy beheer daaroor? ’n Doelwit wat van iemand anders afhang, soos die wens dat jou man jou bedagsamer moet behandel, is nie ten volle binne jou beheer nie.

R staan vir relevant: hoe belangrik is hierdie mikpunt vir jou? Gee jy voorkeur daaraan?

T dui op time of die tydperk waarbinne jy dit wil bereik.

• Sleutelvraagstukke

Die kliënt kies waarop ons konsentreer. Dalk wil hy ’n spesifieke gemeenskapskwessie oplos, of begeer sy haar eie onderneming. Selfs ’n “klein” sakie, soos om vergaderings met meer selfvertroue te benader, is van pas. Ek werk met énigiets wat vir die kliënt ’n probleem is. Kwessies soos balans, kommunikasie en eiewaarde kom dikwels ter sprake. Dit beteken net vir elkeen iets anders. So beteken balans vir die een om genoeg tyd met gesinslede, familie én vriende deur te bring, en vir ’n ander om emosionele vervulling én sukses te ervaar. Die bekende oefening waar jy ’n sirkel in verskillende lewensterreine verdeel en met ’n persentasie aandui waar jy jouself ten opsigte van finansies, loopbaan, fisieke welsyn, spiritualiteit, ensovoorts sien, is veelseggend. Deur strategiese vrae te beantwoord, kan jy vasstel wat jy wil verander. My rol is om kliënte bewuste keuses te help maak. As jy vir een ding ja sê, soos om langer ure te werk, sê jy nee vir iets anders – byvoorbeeld om jou kinders in die bed te sit. Dis ons keuses wat die balans skep of versteur en sodra ons met oorleg begin kies, word ons nie meer willoos deur omstandighede meegesleur nie.

• Vervang eerder as verander

As jy iets al jare lank op ’n spesifieke manier doen of benader, is dit ’n gevestigde patroon wat moeilik sal verander. Dit is beter om ’n vars patroon te skep en die oue ’n stille dood te laat sterf. Navorsingsresultate wys dit neem sowat drie maande om nuwe gedrag deel van jou te maak. Daarom sien ek mense vir minstens twaalf sessies of vir ’n tydperk van drie maande.”

Kontak Sterna by swineberg@gmail.com of 082 349 6270.

The post Kom sit vir ’n sessie appeared first on rooi rose.