seksvoorligting | rooi rose

Seksvoorligting: wat sê ’n kenner?
Hoekom is hierdie een van die heel belangrikste gesprekke wat ’n ouer met ’n kind moet hê?

“Dis ouers se reg, plig en voorreg om hul kinders oor die seksuele en verhoudings in te lig. ’n Kind moet, ook as dit by die seksuele kom, by sy ouers leer wat reg en verkeerd, normaal en abnormaal, aanvaarbaar en onaanvaarbaar is. Norme en waardes moet in die ouerhuis aangeleer word. En moenie die fout maak om te dink jy kan net voorsê nie – jy moet ‘voorleef’!

“Seksuele opvoeding is nie die verantwoordelikheid van die staat, skool of kerk nie, hoewel hierdie instellings almal ’n sinvolle en noodsaaklike bydrae kan maak.

“Die verkeerdste plek vir ’n kind om van seks te leer is in die media en deur hul portuurgroep. In die portuurgroep word dit letterlik ’n saak van een blinde wat ’n ander blinde lei! In opvoeding gaan dit juis daarom dat daar vir ’n kind grense gestel word; dat hy of sy weet dat gedrag, in hierdie geval seksuele gedrag, binne ’n spesifieke ruimte en grense geskied.

“Jou seksualiteit is deel van jou wese en moet daarom, in ’n ideale wêreld, gevorm en geplooi word binne die beskermde ruimte van gesonde gesinsverhoudinge.”

Wanneer is die regte tyd vir so ’n gesprek?

“Seksuele opvoeding is meer as net inligting gee. Daar is daarom nie een spesifieke dag of tyd daarvoor nie. Ek dink dit begin by die wieg en eindig by die graf.”

Waar (en wanneer) begin jy hierdie gesprek? Wag jy tot hy of sy dit ophaal, of begin dit jare vroeër?

“Jy begin deur die regte name vir geslagsorgane te gee en dan vir die kind te verduidelik dat dit persoonlik en privaat is, maar beslis dat daar niks vuils en verkeerd daaraan is nie.

“As ’n klein kind sy of haar eie liggaam begin verken en so ook die geslagsorgane ontdek en stimuleer (masturbasie), moet dit korrek hanteer word. Dit sou verkeerd en ongesond wees om vir die kind iets te sê soos ‘as jy dit weer doen, gaan dit afval’ of ‘dis stout/ lelik/vuil of verkeerd’. Sê liewer iets soos ‘dis oukei, maar doen dit as jy alleen is, sonder toeskouers en met jou eie hande. Dis nie iets waarmee iemand jou mag help nie’.

“’n Kind moet ook rondom die seksuele bemagtig word. Hulle moet weet jou geslagsorgane is nét joune, en niemand anders het die reg om daarna te kyk of daaraan te vat nie, tensy mamma of pappa help met bad of toilet toe gaan, of ’n dokter daar moet ondersoek omdat jy dalk iets daar makeer.

“En sê ook dat mamma of pappa moet by wees as iemand soos ’n dokter daar wil kyk. Leer jou kind om dadelik vir julle te kom sê as enigiemand anders (man of vrou, familie of vreemdeling) daaraan wil vat of daarna wil kyk.

“Die grootste probleem met molestering is dat die kind gedreig word dat iets aan die kind of aan een van sy geliefdes gedoen sal word as hy sou uitpraat. Of natuurlik word daar gesê dis ’n spesiale geheim waarvan niemand anders mag weet nie.

“Ouers moet tot elke prys probeer keer dat ’n kind in so ’n situasie beland, maar maak ook doodseker dat jou kinders weet dat hulle met jou mag en moet praat as hulle wel so iets slegs oorkom. Hou die kommunikasiekanale altyd oop.”

Het jy praktiese raad oor die hoe, waar en wanneer van ’n gesprek oor die seksuele? Moet jy byvoorbeeld ’n groot ding daarvan maak as jou dogtertjie begin menstrueer? Of hanteer jy dit soos iets alledaags?

“Ek dink dit moet as iets alledaags hanteer word. Dis te laat vir ‘die gesprek’ ná die eerste maandstonde. ’n Kind moet voorbereid wees op dinge soos eerste maandstondes en nat drome, anders kan dit as ’n skok kom, baie negatief ervaar word en met skuldgevoelens gepaardgaan.

“Daar is niks daarmee verkeerd om die man-word/vrou-word te vier nie, maar dit mag nie vir die kind ’n verleentheid of ongemaklike situasie word nie. Onthou, as kinders puberteit bereik, word hulle vreeslik selfbewus oor hul veranderende liggame, en is hulle baie meer emosioneel as gewoonlik weens al die hormonale veranderinge.

“Daarmee saam worstel hulle om ’n volwasse identiteit en onafhanklikheid te bekom. Dit moet met kalmte, begrip en rustigheid hanteer word. In hierdie tyd raak hulle ook meer krities teenoor hul ouers en bevraagteken baie keer hul gesag. Onthou dus maar die gesegde ‘rules, without relationships, will end in rebellion!’ Dit is soveel beter om van kleintyd af aan hierdie verhouding te bou.”

Goed, nou by ons almal se groot vraag: hoeveel detail is nodig? Wat as jy veel meer detail gee as wat jou kind eintlik verwag het?

“’n Bybelse, maar eintlik ook ’n universele beginsel is: ‘die waarheid maak jou vry’. Feite op die regte tyd en in die regte hoeveelheid het nog nooit skade gedoen nie. Halwe waarhede, menings en mites en ’n gebrek aan feitekennis het al baie skade gedoen. ’n Klein kindjie is soos ’n spons. Alles wat na sy of haar kant kom, word opgeneem tensy daar ’n filter is waardeur dit eers filtreer kan word.

“Daardie filter moet die feitekennis en die houdings, waardes en norme wees wat die kind van sy ouer ontvang het. Dan sal kinders dinge wat oorspoel van die portuurgroep of media, kan vergelyk met wat hulle reeds as basis het en dan sal hulle dit kan aanvaar of verwerp. As hul kennis en waardes en houding in plek is, kan hulle enigiets meer krities evalueer en ook bevraagteken.

“Dis baie belangrik dat die kind se verhouding met die ouer van so ’n aard is dat hy/sy die vrymoedigheid het om enige tyd ’n vraag te kan vra of ’n probleem te kan bespreek.”

Hoe gemaak as ’n ouer skaam is, of nie heeltemal in voeling met sy/haar eie seksualiteit is nie?

“Jy sal maar net jou skaamte op ’n manier moet oorkom en jou verantwoordelikheid begin nakom. Daar is geen verskoning om nie vir jou kind ’n behoorlike seksuele opvoeding te gee nie. Jy kan hulle ook nie in watte toedraai of in ’n glaskas probeer hou nie, want hulle gaan op baie maniere aan die seksuele blootgestel word. Hulle sal daarop voorberei moet word met die korrekte feite en ’n stel waardes en norme.

“Ek het nie spesifieke boeke of video’s wat ek aanbeveel nie, maar daar is baie beskikbaar. Maar ’n ouer mag nooit ’n boek of ’n video beskou as ’n alternatief vir gesprekke nie. Dit is slegs die aanknopingspunt, en het baie meer waarde as dit voor en na die tyd bespreek word.

“Onthou ook dat kinders se persoonlikhede verskil. Een kind kan ’n gesprek onder vier oë hanteer, terwyl ’n ander kind gemakliker sal wees as daar nie oogkontak is nie, soos in ’n motor op pad iewers heen, of langs die viswater. Korrespondensie per brief of e-pos mag vir ander ouers en kinders weer die ys breek en die manier van kommunikeer wees.”

Lees ook: Tienerfiksie vir die skoolvakansie!

The post Seksvoorligting: wat sê ’n kenner? appeared first on rooi rose.

Die hoe van blommetjies en bytjies
“Hoewel ek my as ’n moderne, geëmansipeerde pa beskou en ’n oop deur-beleid met my kinders het (dit staan hulle vry om met my oor enigiets te praat), bly ek steeds effe lomp as dit by seksvoorligting kom.

“Miskien het ons ou Calvinistiese opvoeding met al sy taboes iets daarmee te doen. Derhalwe was die ‘blommetjies-en-bytjies’-praatjies met albei ons kinders merendeels hul ma se verantwoordelikheid. Onder deesdae se kinders is dit in elk geval nie meer so ’n vreeslike geheim waar babatjies vandaan kom nie.

Die oorvloed verwysings na seks in die media – in woord en beeld – het baie met ’n vroeër geslagsbewustheid te doen, en ook die herrie rondom MIV/vigs en die opvoedingsprogramme by skole. Ek dink kinders is op ’n jong ouderdom reeds baie meer ingelig oor seks as wat ons destyds was.

“Lanelle het destyds eendag besluit om vir Robert (toe so sewe of agt) die ‘Big Talk’ te gee. Toe sy die onderwerp aanroer, het hy sy oë hemelwaarts geslaan en ewe verveeld gesê: ‘Ag nee, tog net nie weer seks nie. Ek is al moeg vir seks.’

Behalwe natuurlik die seksopvoeding by die skool, was sy eerste kennismaking met die feite van die lewe ’n klassieke bron: die ouer maatjie wat jou alles vertel. Dié het weer die inligting by sy ouer boetie gekry.

“Met Helena het ons gevind dat dit met meisietjies nie veel anders is nie. Sy en haar maatjies giggel tog te lekker oor die manewales van hul TV-heldinne, die nimlike mejuffroue Montana en Gomez, wat verbete kys en soen en uitmaak met hul kêrels. Nugter weet waaroor ons dogtertjies alles vir mekaar fluister …

“Lanelle het haar darem al op ’n saaklike, dog sensitiewe manier verduidelik wat die basiese seksfeite behels. Ons het ook ’n baie oulike DVD aangeskaf met die naam The Human Body – ’n BBC-reeks oor die wonder van die ontstaan en verloop van die lewe. Die grafika en gegewens word uitstekend aangebied. Ek kan dit regtig aanbeveel.

“Die fisieke feite van voortplanting is maar net een aspek van die groter prentjie. So ook die gevolge van onverskillige seks, soos ongewenste swangerskappe en siektes. Jy kan sulke goed op ’n feitelike manier verduidelik, en ek reken ook dis beter om dit eerder vroeër as later te doen.

“Die moeilike deel, skat ek, is om die allerbelangrike emosionele komponent aan hulle tuis te bring. Jy moet hulle maar bewus maak daarvan dat seks nie bloot ’n fisieke daad is nie, maar ’n diep bevredigende, mooi en wonderlike emosionele ervaring om met iemand te deel. Op watter ouderdom hulle ryp sou wees vir so ’n gesprek, moet jy seker maar net raai – jy wil hulle nie te gou onnodig nuuskierig maak nie, maar darem ook nie so lank wag dat hulle miskien op die ou end seerkry nie.

“’n Gesprek wat ek wel maklik met Robert gehad het, was die een oor ‘pasop vir los meisies’. Sy oë het gans te veel geblink na my sin, so ek hou maar duim vas. En sodra Helena oud genoeg is, gaan ek haar alles vertel wat ek weet van ‘rowwe seuns’. En vir haar ’n haelgeweer, ’n skokstok en ’n klomp botteltjies pepersproei koop …

Cindy Taylor, ’n kopieskrywer van Johannesburg, sê sy het lank beplan aan wat sy alles vir haar 13-jarige dogter wou sê. Maar toe gebeur die lewe.

“Toe ’n vyfjarige meisietjie sir Noel Coward eendag vra wat presies dit was wat twee parende honde aan’t doen was, het hy geantwoord: ‘Die voorste hondjie het skielik blind geword, en die agterste hondjie was gaaf genoeg om aan te bied om hom al die pad na St. Dunstan te stoot.’”

“Ongelukkig het ’n ouer maatjie my kind ’n paar jaar gelede, toe sy nog net nege was, ingelig oor seks. Nie op ’n feite-van-die-lewe manier nie, maar op ’n pornografiese rolprentdraaiboek-manier, kompleet met tekeninge wat die Kama Sutra na ’n kinderboek laat lyk het.

“En dit terwyl ek dinge so anders wou verduidelik wanneer die tyd reg was! Ek wou dit op die wonderlike manier doen waarop my ma dit gedoen het toe ek ’n kind was, en het selfs al twee uitstekende boeke gekoop: Robie Harris se It’s So Amazing! A Book About Eggs, Sperm, Birth, Babies and Families en It’s Perfectly Normal: A Book About Changing Bodies, Growing Up, Sex and Sexual Health. En ek wou vir haar die belangrikheid van liefde en respek verduidelik as dit by seks kom, en die waarskuwende raad gee van Philip von Munching: ‘Seuns sal jou op ’n voetstuk sit – net sodat hulle onder jou rok kan inloer.’

“Ek wou nie hê sy moes die hele seksding saamgehoop in ’n aaklige bondel kry nie. En dit boonop soos ’n klap in die gesig. Hoe sou ek nou ooit weer vir haar Engelse slaaptydstories kon lees van prinsesse en horny toads? Sy het immers nou al ’n hele ander interpretasie gehoor van die woord ‘horny’…

Ek en sy het albei ’n bietjie gekroek gevoel deur die hele affêre van te gou, te veel en boonop van ’n maatjie af.

“Ek is seker maar baie outyds, maar ek wou nog net ’n bietjie langer wag en haar vir net nog ’n rukkie langer ’n klein dogtertjie hou. Ek sou graag vir nog ’’n jaar of so die Noel Coward Skool van Noodleuentjies se metode wou volg, maar die skade was gedaan en ek moes vir haar die feite gegee. So, ek is biblioteek toe om een van daardie boeke te kry oor anatomie wat die lagies vel wys met die verskillende spiere, organe en skelet netjies daaronder. En toe begin ek al die korrekte woorde soos vagina en baarmoeder en die hele vroulike voortplantingsproses verduidelik.

“Maar toe ek by die seksdeel kom, en die woord ‘penis’ gebruik – op Engels uitgespreek, want ons huistaal is Engels – het sy dubbel gevou van die lag. En net al harder gegiggel toe ek verduidelik dat dit nie ‘pee-ness’ gespel word nie! Nodeloos om te sê, maar ons les vir die dag was verby.

“Maar nie voor ek die enigste stukkie seksopvoeding wat ek en my broers en susters ooit by my pa gekry het aan haar oorgedra het nie. Hy het ’n stukkie koerantpapier gevat, dit oor sy oop bierbotteltjie se bek gesit en die papier vinnig met sy pen se punt gesteek. Toe hou hy die papier in die lug dat ons die gat moet sien, en sê: ‘As dit eers geskeur is, kan niks dit weer heelmaak nie.’

“O ja, en toe het ek sommer ook vir haar vertel dat seuns boggertjies is. Hulle sal enigiets doen om ’n meisie uit haar broekie te kry. En as hulle dit regkry, sal hulle loop en spog daarmee. Teenoor almal. En dat dit hartseer is, maar ’n feit.”

The post Die hoe van blommetjies en bytjies appeared first on rooi rose.

Bytjies & blommetjies
Sy is een van die spogkinders van haar skool. Akademies het sy uitgeblink en sy het ’n paar agtereenvolgende jaar die nasionale redenaarskompetisie gewen. Janet Ferreira* is ’n agtermekaar meisiekind en haar ouers se trots. Sy was 15 toe sy vroeër vanjaar die eerste keer seks met haar hoërskoolliefde, die 16-jarige Jean-Pierre*, gehad het. Hulle het toe al vyf maande uitgegaan en het saam besluit dat hulle seks wil hê.

Ek was een van die enigste meisies in ons groep wat toe nóg nie seks gehad het nie. Almal het my laat verstaan dis anyway nie so ’n big deal om jou maagdelikheid te verloor nie. En feitlik al my vriende doen dit,” vertel sy. “Ek is regtig nie ’n losbol, goedkoop of ’n slegte girl nie. Maar ek gee baie om vir Jean-Pierre en het werklik gereed gevoel om saam met hom te slaap.” Sy en Jean-Pierre het kort daarna, een aand terwyl sy ouers uit was, by hul huis in Morelettapark seks gehad. Daarna het hulle byna elke week minstens twee of drie keer seks gehad – óf by sy huis, óf haar huis, by partytjies waar die ouers nie daar is nie (en selfs waar die ouers wél daar is) en hulle het dit tot al ’n keer in die skool se toilette gedoen.

Tog, as jy vandag vir Janet se ma vra of haar dogter nog ’n maagd is, sal sy daarby sweer. “My ouers is regtig verskriklik konserwatief en vir hulle is seks voor die huwelik nie eens ’n opsie nie. Ek beny my vriendinne wat openlik met hul ouers oor hierdie goed kan praat, want ek gaan eerder dood voor ek my ma vertel ek en Jean-Pierre slaap saam. Natuurlik is ek doodbang om swanger te word, maar dis nie so maklik om voorbehoedpille in die hande te kry nie, en bowenal is ek bang my ma kom daarop af. Sy sal my nie vergewe nie. “Dit sal my ouers se harte breek as hulle weet ek is nie meer ’n maagd nie, maar die werklikheid is dat ek amper niemand ken wat op my ouderdom nog ’n maagd is nie. “Selfs al is ek bang om swanger te raak, het dit my nie gekeer om seks te hê nie. Jean-Pierre sit elke keer ’n kondoom aan … My ma sal waarskynlik die héél laaste mens wees wat weet ek is swanger, as dit ooit met my moet gebeur. Dis ironies, want ons het eintlik ’n baie goeie verhouding.”

Janet se vertelling is die werklikheid en ’n situasie wat hom waarskynlik in menige ouerhuis afspeel – of ouers nou daarmee saamstem of nie. En al sweer jy hulle die dood voor oë, of soebat hulle op jou knieë, jy het geen waarborg dat hulle nié seks gaan hê nie. “Die redes hiervoor is omdat ons kinders al meer en al vroeër aan seksualiteit en seksuele inligting blootgestel word,” sê Ilze van der Merwe, ’n opvoedkundige sielkundige en die medeskrywer van die boek Maklike antwoorde op ongemaklike vrae. “Ry jy op doodgewone paaie met jou kinders op pad skool toe, word jy gebombardeer deur advertensieborde waarop halfkaal vroue poseer. Sit jy die TV aan, is daar helder oordag seks in jou televisiekamer. Kinders hoor van seks op die radio, in musiek en veral by hul maats. En dís waarom jy as ouer reeds vandat jou kinders so jonk soos drie jaar is, ’n oop verhouding oor seksualiteit moet hê,” sê Ilze. Dit beteken nie jy moet jou tiener aanmoedig om seksueel aktief te wees nie, maar ’n oop verhouding oor seks sal hulle meer bewus maak van alles wat daarmee gepaardgaan.

Ilze sê dat Oprah Winfrey en die tydskrif Seventeen se onlangse navorsing gewys het dat meisies wat van kleins af seksuele voorligting gekry het en ’n oop verhouding met hul ouers oor die saak het, eers baie later seksueel aktief raak omdat hulle presies weet wat seks behels en wat om te verwag. Dis wanneer kinders met die idee leef dat seks iets magies en onbereikbaar is dat hulle meer geneig is om vroeër daarmee te eksperimenteer. Om jou kinders bloot te verbied om seks te hê, gaan glad nie help nie. “Gesels eerder vroegtydig en openhartig met hulle oor seks. Praat met hulle oor die gevare daarvan, maar moenie net op die negatiewe aspekte konsentreer nie. Praat eerder ook oor die implikasies van ’n seksuele verhouding; stel vas wat jou dogter se emosionele verwagtinge is, en of sy seker is die seun gaan haar sy vaste meisie maak. Vir jou seun kan jy vra of hy nie ’n wanindruk van ’n meisie het nie? Hoekom wil hy so graag met haar seks hê, is dit nie dalk net vir sy eie seksuele bevrediging nie?” sê Ilze. En wat as jou tiener jou wel genoeg vertrou en sê dat sy daaraan dink om seks met haar kêrel te hê? Ronel* en Kobus* het ’n goeie en oop verhouding met hul dogter Karlien*.

Hulle sê desondanks was dit vir hulle een van die moeilikste goed toe sy in haar graadtienjaar vir hulle kom vertel dat sy dit oorweeg om seks met haar kêrel te hê. “Ons was albei geskok. Ons het met haar oor die saak gesels en wou veral weet hoekom sy dit wou doen. Haar antwoord was dat sy regtig baie vir hom omgee.” Kobus het haar daarop gewys dat as sy haar maagdelikheid vir ’n ou gegee het, dit vir altyd aan hom gaan behoort. Sy kan daardie “geskenk” nooit weer vir iemand anders gee nie. Haar antwoord was dat nie een van haar vriende meer maagde is nie. Sy het uit gevoel en wou nie die enigste tiener op aarde wees wat nog ’n maagd is nie. “Wat jy in ruil kry, is die aanvaarding van ’n groep vriende wat oor ’n paar jaar nie meer deel van jou lewe gaan wees nie. En jy koop die guns van ’n seksmaat wat nie met jou gaan trou nie en wat waarskynlik oor ’n maand ’n ander meisie gaan hê. Moenie dink ’n orgasme gaan hierdie ou joune maak nie,” het Kobus sy kind probeer waarsku. Tevergeefs. Die volgende dag het Ronel vir Karlien na hul huisdokter geneem en die situasie verduidelik.

Hy het ’n voorbehoedpil voorgeskryf en ook ’n MIV-bloedtoets laat doen. Hy het aanbeveel dat haar kêrel ook eers die toets doen voor hulle seks het. “Dit was een van die moeilikste goed wat ons in ons lewe moes doen, maar aan die ander kant het ons geweet dis eintlik maar onvermydelik. Ons kan nie die risiko loop dat ons meisiekind swanger raak nie. Natuurlik stel ons steeds grense. Sy en haar kêrel het beslis nie nou die groen lig om seks te hê soveel hulle wil en wanneer hulle wil nie,” sê die ouerpaar. Ilze sê hulle is wyse ouers. “Natuurlik kan jy nie jou tiener aanmoedig om seks te hê nie, maar omdat Karlien gekies het om haar ouers te vertrou, mag hulle haar nie wegstoot nie. Dit help nie jy as ouer steek jou kop soos ’n volstruis in die sand nie – die kwessie gaan nie weggaan nie. Dis ’n werklikheid dat ’n baie klein persentasie jongmense seks weerhou tot hulle getroud is.”

Vir meisies

Ilze sê: “Die werklikheid is dat seks jou lewe heeltemal omver gaan gooi. Onthou, wanneer jy jou maagdelikheid vir ’n seun gee, gaan jy voel hy skuld jou iets. “Seks kan jou swanger maak en ’n swangerskap gaan jou lewe handomkeer verander. Wil jy regtig nou al ’n baba hê? Besef jy dit gaan ál jou toekomsplanne beduiwel, jou jongmenslewe binne ’n oogwink beëindig? ’n Swangerskap gaan jou dwing om groot besluite te neem waarvoor jy eintlik nog glad nie opgewasse is nie. “Onthou, tienerseuns is testosteroongedrewe masjiene – en sommige seuns manipuleer meisies om met hulle seks te hê. Moenie swig voor goed soos: ‘As jy my liefhet, sal jy met my seks hê nie.’ Die kans is heel goed dat hy jou in elk geval oor ’n maand of twee gaan los, al het jy met hom seks gehad. Die uiteinde gaan wees dat jy woedend vir jouself is, en elke kriesel selfrespek gaan verloor.”

Vir seuns

“Meneer, besef jy dat jy net soveel verantwoordelikheid dra as jy ’n meisie swanger maak? Is jy gereed om nou al ’n pa te word en na ’n kind om te sien? “Seksueel oordraagbare siektes is ’n werklikheid en sodra jy roekeloos met seks is, is jou kanse net soveel groter om ’n seksueel oordraagbare siekte op te doen. “Respekteer jou eie lyf én ’n meisie se lyf deur dit nie met seks te misbruik nie. Van seks kan jy baie siek word, selfs doodgaan, en jy kan ’n ouer word op sestien en jou hele lewe opduiwel. Jy verbind jouself in siel, gees en liggaam met die mens met wie jy seks het, en jy leef dalk vir altyd met daardie bindinge.”

Die wêreldbekende menslike gedragspesialis dr. John Demartini van die Demartini Institute se boodskap vir tieners oor seks: “Wanneer jy verlief is, bruis ’n stroom hormone deur jou liggaam – serotonien, vasopressien, adrenalien en feromone – en dit laat jou brein dink dat jy regtig lief vir iemand is. En eintlik is jy soveel weerloser in hierdie staat van verliefdheid – jy doen goed wat jy oor die algemeen nie eens sou oorweeg het nie. “Sodra ons seks met iemand het, raak ons ’n bietjie magteloos. ’n Sterk mens wat bemagtig is, is baie meer selektief met sy/haar seksmaats. Die kuns is om soveel selfwaarde en agting binne jouself te vind dat jy nie sommer saam met enigeen in die bed sal spring nie. “Elke keer as jy saam met nóg iemand anders slaap, minimaliseer jy jou net nóg ’n bietjie en raak jy al weerloser.”

Die ding met die ring

The silver ring thing is ’n wêreldwye beweging wat tieners van elf jaar en ouer probeer oortuig om nié seks voor die huwelik te hê nie. Met musiek, komedie, video’s en diskoteekagtige beligting, dra verskillende jongmense die boodskap oor die nadele van seks voor die huwelik uit. Dit sluit ook ’n bekentenis van iemand in wat reeds sy/haar maagdelikheid verloor het en besluit het om wel die eed af te lê. Aan die einde van die gratis voorlegging kan jongmense kies om hul eie eed tot maagdelikheid af te lê en dan ’n ring teen R100 te koop as die simbool daarvan. Dan kies hulle ’n verantwoordelikheidsmaat – iemand van dieselfde geslag wat ook die eed afgelê het – om hulle te ondersteun. Dié onderneming van ’n tiener is nie ’n waarborg dat die kind nie seks gaan hê nie, maar dit kyk wel op ’n alternatiewe, moderne manier na die voordele daarvan om eerder te wag tot jy getroud is. Die program is ook oop vir jongmense wat reeds seksueel aktief was, maar wat sekondêre maagdelikheid wil beoefen. Webwerf by www.silverringthing.co.za

Ilze van der Merwe is ’n opvoedkundige sielkundige by die Bella Vida-sentrum – 011 463 4438. * Skuilname is gebruik.

The post Bytjies & blommetjies appeared first on rooi rose.