Simonsig-proelokaal | rooi rose

Simonsig: ’n Nuwe oesjaar word gevier
’n Nuwe oesjaar word gevier. Deur Maryke Roberts

Die wintersonnetjie bak lui op ons rûe terwyl ons aan die Simonsig Cuvée Royale Blanc de Blancs op die reusestoep voor die Simonsig-proelokaal teug.

Gaste is verwelkom met ’n glasie yskoue Simonsig Cuvée Royale Blanc de Blancs.

Die winter vra vir rooiwyn, veral hier op Stellenbosch, die hartland van die land se ikoniese rooiwyne. Die rede vir feesvier op Simonsig-landgoed is  (behalwe die feit dat ons sonder maskers kan kuier en ou wynvriende weer kan sien),  is die bekendstelling van die landgoed se Tiara 2018-oesjaar.

Michael Malan, die derde generasie Simonsig-wynmaker, klink ’n glasie met sy pa voor hy vertel dat die Simonsig Tiara sedert sy eerste oesjaar in 1990 toonaangewend was. Tiara was die eerste in die plaas se premiumreeks onder Suid-Afrika se eerste Bordeaux-versnitte; en die wyn wat Simonsig se aansien as ‘n rooiwynprodusent van topgehalte in die kollig geplaas het.

“Tiara was ’n reuse-stap om ’n ernstige Simonsig-rooiwyn reputasie te bou, want in Frans Malan (familiepatriarg en bedryfspionier) se tyd, was die fokus meestal op die Kaapse Vonkel (Suid-Afrika se kategorie-pionier Cap Classique) en witwyne,” vertel Michael oor sy oupa.

Tiara se eerste oesjaar in 1990 – ’n tyd toe Suid-Afrikaners – soos wynliefhebbers regoor die wêreld – hul liefde vir wyne wat in soortgelyke styl as dié wat in Frankryk se Bordeaux-streek produseer word, ontdek het, gemaak word.

Johan, Michael se pa, onder wie se leiding Simonsig nuwe hoogtes bereik het, sê die eerste Bordeaux-styl wyne is in 1979 en 1980 in die Kaap gemaak. “Albei was onmiddellik wenners,” sê hy. “Simonsig het in die laat jare sewentig baie op die instel van nuwe witwynvariëteite gefokus.

“Teen 1990 was ek egter reg  om Tiara se eerste oesjaar te maak.”

Pa en seun, Johan en Michael Malan, by die bekendstelling van die Tiara 2018-oesjaar.

Toe die wyn uiteindelik in die bottel is, het die Malans geweet hulle het ‘n wenner en dis duidelik uit die naam wat hulle die wyn gegee het. Frans Malan het daarmee vorendag gekom, terwyl hulle gesoek het na ’n woord wat die wyn se statuur sou oordra. Dit moes koninklik wees, “‘n teken van blou bloed of om die heel beste te verteenwoordig,” sê Johan.

Lees ook: Raar, ouer wyne op veiling

Die naam vir wat tradisioneel ’n pragtige kroon is, pas perfek by die wyn. Jare later, met die skepping van Simonsig se bekroonde enkelwingerd-cabernet sauvignon, genaamd The Garland, sou ’n goue draadjie geweef word. Albei is hooftooisels – een van diamante; die ander van blomme – en is verbind deur cabernet sauvignon. Dis waarskynlik die wynwêreld se topvariëteit.

Dit was egter nie net die Malans wat van dié eerste oesjaar gehou het nie. Dit was ’n oornagsukses. Die eerste 1990 Simonsig Tiara is deur die gesaghebbende Wine of the Month Club se kundige paneel as Wyn van die Jaar aangewys. Simonsig het nie net bewys dat hy die vaardighede het om die wyn te maak nie, maar ook wingerde het wat gehalte lewer. Dié feit is onderskryf deur verdere oesjare.

Met cabernet sauvignon as hoofanker bestaan die huidige oesjaar Tiara 2018 uit 13% merlot, 2% petit verdot, 2% cabernet franc en 1% malbec. Dit het 18 maande in Franse eikehoutvate verouder, waarvan 80% eerstevul en 20% tweedevul was.

Tiara was een van die wyne wat Simonsig as ’n ernstige rooiwynprodusent gevestig het.

Die Simonsig Tiara word sedert 1990 elke jaar vrygestel en met elke nuwe oesjaar het die styl getrou aan die oorspronklike droom gebly.

’n Langtafel is gedek om ook die 2001, 2002, 2008, 2010, 2011, 2012, 2015, 2017 voor die 2018-oesjaar te proe. Johan het sy druif-en-oes-notaboeke saamgebring en kon ons oor elke wyn vertel. Als van daardie oes se klimaat, hoeveel reën daardie jaar geval het en of daar droogte, brande, erge wind of hittegolwe was.

Die geleentheid was die bekendstelling van die Tiara 2018-oesjaar, maar ook ’n vertikale proe van verskeie oesjare.

Met cabernet sauvignon as hoofanker bestaan die huidige oesjaar Tiara 2018 uit 13% merlot, 2% petit verdot, 2% cabernet franc en 1% malbec. Dit het 18 maande in Franse eikehoutvate verouder, waarvan 80% eerstevul en 20% tweedevul was.

Die geleentheid was die bekendstelling van die Tiara 2018-oesjaar wat goed kan verouder, maar nou ook net so lekker voor die kaggel is.

Dit was die eerste oesjaar dat die wyn Simonsig se eie malbec-druiwe bevat.

Michael sê die 2018 het die lyf en struktuur om met korrekte storing tot 2025 te verbeter, maar dit behoort baie langer te hou. “Die huidige elegansie en vrug-intensiteit maak dit egter ook heerlik om nou te drink.”

Die spyskaart vir die dag, wat perfek met die landgoed se Tiara 2015 en 2018 gepas is.

Die Simonsig Tiara is die perfekte wyn vir ‘n stewige wintersmaal, wat onverbeterlik is saam met geregte soos gebraaide varklies, Chalmar-beeshaas en sampioen-ravioli.

Wildsbeeshaas met murgbeensnysels, aartappelfondant en appel-en-selderyslaai.

Lees ook: Wynemporium fokus op Stellenbosch se wyne

The post Simonsig: ’n Nuwe oesjaar word gevier appeared first on rooi rose.