Skin Republic | rooi rose

Skin Republic Anti-Wrinkle Smooth Patches: ’n Resensie
Deur Leandri de Kock

In ’n era van kitsoplossings wat belowe om dit te genees en dat reg te stel, is dit verstaanbaar dat ons dikwels ’n bietjie skepties is. Ons wil graag dink dat ons tyd kan terugdraai en ons plooie kan laat verdwyn, maar is dit moontlik om dit oornag te doen? Ek het die nuwe Skin Republic Anti-Wrinkle Smooth Patches op die proef gestel. Dit is vir seker ’n handelsmerk wat ek graag gebruik, nie net omdat ek van ’n gesiglappie-masker (sheet mask) hou nie, maar ook omdat hul bestanddele eenvoudig en hul pryse billik is.

Ek was vreeslik opgewonde toe ek hul nuwe pleisters kon toets, en sjoe, ek het werklik van harte gehoop dat dit sou werk al was ek skepties daaroor. Op die eerste aand het ek groot gegaan: Ek het die pleisters versigtig om my mond, die krakies om my oë, tussen my wenkbroue en op my voorkop geplaas. Ek kon nie eens my gesig beweeg nie, wat presies is wat jy wil hê as die hele punt is om te voorkom dat jou spiere saamtrek (dit geld veral vir my wat graag frons). Die volgende oggend, het ek nie enige groot resultate verwag nie, maar tot my verbasing was daar resultate. Hoewel ek dalk nog nie die diepste plooie het nie, was die prominentste plooie aansienlik gladder en feitlik onopspoorbaar, en die vel het meer plomp gevoel. Die peptiedformule wat in die pleisters is, het beslis hul werk gedoen en dit is aand ná aand bewys.

Kollageen en hialuronsuur dra verder by tot die velversterkende bestanddelelys, wat voorkom dat die vel oornag uitdroog. En hoewel die pleisters beweging strem, voel dit nie ongemaklik nie. Oor die volgende twee weke het dit iets geword waarna ek elke aand uitgesien het, maar as jy net op soek is na ’n kitsoplossing voor ’n belangrike geleentheid, sal hierdie pleisters die werk in ’n japtrap doen. Skin Republic verbind hulle tot eenvoudige en doeltreffende velsorg, en daarom kan hierdie innoverende produk maklik in enige roetine, en op enige ouderdom, ingepas word. En omdat dit die beste werk wanneer jou vel in ’n proses van herstel is (oornag), is daar geen tyd wat vermors word nie. Daar is ook geen gemors nie, net resultate. Dié resultate is met ’n kliniese studie bewys en noem ’n vermindering van 23% in fyn lyntjies en plooie. Jy kan dit gerus glo, want ek het eerstehandse ervaring en betwyfel dikwels produkte wat te goed klink om waar te wees.

In hierdie geval kan ek met graagte rapporteer dat dit waar is.

Probeer dit self – Skin Republic Anti-Wrinkle Smooth Patches is nou beskikbaar by Clicks of aanlyn by theskinrepublic.co.za

R79,99 vir 12 plakkers

Lees ook: Begin jou verjongingskuur vroeg

The post Skin Republic Anti-Wrinkle Smooth Patches: ’n Resensie   appeared first on rooi rose.