skoolvakansie | rooi rose

Vakansiewenke vir ouers met jong kinders
Vakansiewenke vir ouers met kinders

1. Pak ’n noodhulptassie met medisyne vir oor-, tand- en maagpyn, diarree en koors.

2. As julle vlieg of langpad ry: pak gesonde snoephappies met ’n lae suikerinhoud in wat kinders nie hiperaktief sal maak nie. Kinders hou oor die algemeen nie van vliegtuigkos nie so pak maar genoeg voedsame kosse soos vrugte, neute, biltong en toebroodjies in vir die duur van die rit/vlug.

3. Pak genoeg water in. Kinders dehidreer maklik en gaskoeldranke vererger dit net.

4. Pak waslappies of wet wipes in vir wanneer daar gemors word (dit gaan gebeur).

5. Pak ’n ekstra stel klere in vir glipsies soos koeldrank wat omval (dit gaan gebeur).

6. Merk jou kind se naam + noodnommers duidelik aan die binnekant van hul klere vir ingeval hulle van jou geskei word op ’n besige lughawe of stasie.

7. Bespreek noodprosedures met jou kinders. Sê altyd dat hulle net daar moet bly staan waar hulle jou die laaste keer gesien het. Hulle MOET nie rondloop en jou soek nie. Jy sal hulle soek.

8. Kry voorgeskrewe medisyne voor julle vertrek en hou dit saam met die voorskrif byderhand. Lande soos Singapoer en Thailand deursoek alles en medisyne word baie noukeurig nagegaan.

9. Maak seker watter soort inentings/pille julle benodig en kry dit lank voor die tyd – sommiges moet reeds twee maande voor die tyd geneem word. Maak seker dis veilig vir kinders. Malariapille is byvoorbeeld nie veilig vir babas nie.

Hier is nog wenke

Maak vir jou kinders ’n gelukspakkie vir elke uur op die pad. Sit speelgoed en ’n klein bederfie daarin. Die speelgoed is iets wat hulle vir lank sal besig hou.

As jy twee kinders het: skei hulle vir lang ritte in die kar, een voor en een agter. So kan hulle mekaar nie irriteer nie.

Dit help as mens die grootste deel van die reis in die nag ry sodat hulle kan slaap.

Wanneer jy gereeld reis vir jou werk: Die meeste hotelle het baba-oppassers. Dis goed vir ’n kind om te leer om gedissiplineerd in ’n restaurant te wees. Hulle moet in ander plekke as die Spur kan eet.

Gee vir jou kinders ’n langerige stuk tou en vra dat hulle eenvoudige vorms soos ’n koppie daarmee vorm.

Dink aan ’n voorwerp soos ’n skaap of ’n rooi blom en sê almal moet kyk wie eerste so iets sien – al is dit ’n prentjie daarvan.

Vertel vir hulle ’n storie waarin hulle die ‘helde’ is en Superman, Liewe Heksie of ander gunstelingkarakters ontmoet.

Lees ’n jeugboek in die kar voor.

Wanneer jy oorsee reis

Sorg dat jy altyd ’n maaltyd en versnapering vir jou kind het. Jou dag is soms onvoorspelbaar.

Hou altyd ’n reënoortreksel vir jou stootwaentjie en ’n sambreel byderhand. Dit kan byvoorbeeld hard reën in New York, sommer so ewe skielik.

Dit is makliker as wat jy dink om met ’n kind te reis!

Kinders is nooit te jonk om kunsgalerye te besoek nie.

Lees ook: Waarom Android-toestelle veiliger vir kinders is

The post Vakansiewenke vir ouers met jong kinders appeared first on rooi rose.

Mauritius vs Bali: Watter asemrowende bestemming kies jy?
Die eilandparadyse Mauritius en Bali is twee immergewilde bestemmings vir Suid-Afrikaanse avonturiers. Die eilande se instagram-perfekte strandlandskappe is waarde vir geld-bestemmings en bied ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite vir besoekers.

Strande

Vir strand-liefhebbers wat verkies om uit te span in die son met ‘n boek terwyl hulle ‘n see-uitsig geniet, bied beide Mauritius en Bali asemrowende strande aan. Strande op die eilande spog met kristalhelder water en ragfyn sagte sand waar besoekers met groot gemak kan ontspan.

Bali se strande is meer bekend vir hul dramatiese natuurskoon, met ruwe kranse, hoë palmbome en ikoniese rotsformasies soos die Tanah Lot-tempel – ’n gewilde toeriste-aantreklikheid sowat 20km Noord-Wes van Denpasar. Mauritius spog weer met ‘n ietwat rustiger, saliger gevoel wat insluit sagte branders en welige groen woude.

Beide eilande se strande en hul waters is perfek geskik vir buitelug aktiwiteite soos branderplankry, duik, seil, strandvlugbal en sokker. Die eilande is ook ideal geskik vir aktiwiteite soos joga en meditasie.

Die betowerende alles-in-een-prys-ingesluit Club Med Bali-oord, met sy besonders gedetailleerde Balinese invloed, is die perfekte gesinsvriendelike bestemming om by te ontspan. Dit bied ook ’n wonderlike basis vanwaar besoekers die kulturele omgewing en boeiende spirituele energie van Indonesië kan verken.

Aktiwiteite

Nie alle vakansiegangers is tevrede om net op die strand te ontspan en skemerkelkies te drink nie. Ongeag watter bestemming jy kies, sal die meer avontuurlustiges bederf word met ’n wye verskeidenheid van land- en watersport aktiwiteite.

Bali is ’n branderplankrybestemming van wêreldgehalte, terwyl Mauritius spog met van die gewildste duikplekke in die Indiese Oseaan. Bali se welige tropiese reënwoude bied droom geleenthede vir natuurliefhebbers wat ideaal is vir stap, voëlkyk en om watervalle te verken. Die eiland bied verder ’n verskeidenheid avontuuraktiwiteite soos witwater-kajak en rekspring aan.

Mauritius se natuurskoon sal weer natuurliefhebbers beïndruk met asemrowende strande, koraalriwwe en uitsonderlike nasionale parke. Dit sluit parke in wat die tuiste is van unieke natuurlewe soos die pienk duiwe en die reuse skilpad.

Vir mense wat op soek is na ongewone aktiwiteite en ervarings, bied Exclusive Collection Club Med La Plantation d’Albion opwindende aktiwiteite aan soos boogskiet en trapeze.

Kultuur

Vakansies in unieke bestemmings word verryk deur die ontdekking van nuwe kulture en ervarings. Hierdie twee bestemmings is veral gewild vir hul unieke gebruike en tradisies wat ‘n verrykende, diwerse ervaring vir reisigers bied. Wanneer jy Bali besoek, kan jy verwag om oorrompel te word deur ’n omvattende Hindi-kultuur, met helder versierde tempels en heiligdomme gewy aan die Hindoe-gode wat ‘n heerlike fees vir die oog is.

Mauritius is weer ‘n meer multi-etniese en multi-godsdienstige samelewing, met ‘n bevolking wat ‘n kosmopolitiese mengelmoes van Hindu, Moslem, Christen en Boeddhisme is. Die pragtige tradisionele Indiese, Afrika en Europese kulture word in Mauritius musiek en argitektuur weerspieël.

Albei bestemmings bied ‘n wye verskeidenheid heerlike plaaslike kos opsies aan, maar met spesifieke geure en bestanddele. Bali se kookkuns word sterk beïnvloed deur Indonesiese en Chinese kookkuns, met ‘n fokus op pittige geure en heerlike kruie. Reisigers na Mauritius sal outentieke Mauritiaanse kos kan geniet wat ‘n heerlike smeltkroes van Franse, Chinese, Europese en Afrika-geregte is.

Keuses

As jy op soek is na ‘n tropiese paradys met uiteenlopende kulture en aktiwiteite, is Mauritius waarskynlik die regte keuse vir jou. Maar as jy ’n dieper, meer spirituele en avontuurlike reis soek, is Bali dalk die beter opsie. Uiteindelik hang die keuse tussen die twee bestemmings af van die tipe aktiwiteite waarna jy opsoek is, sowel as jou belangstellings en voorkeure. Ongeag jou voorkeure bied beide bestemmings ’n magdom opsies aan om van te kies en keur.

Lees ook: Hoekom raak my slaappatroon deurmekaar oor die vakansie? Ons het gaan uitvind

The post Mauritius vs Bali: Watter asemrowende bestemming kies jy? appeared first on rooi rose.

Hoe om jou kinders die vakansie besig te hou
Triiiiiiiiing!

Dis die gevreesde klank van die laaste skoolklok wat lui voor die Desembervakansie – jou kinders gaan binnekort jou geduld begin toets.

Vir baie van ons is die eerste uitgang om jou sakke te pak en tydelik na ’n privaateiland te verhuis, om die chaos wat gepaard gaan met ’n huis vol kinders te vermy. En dit is selfs vóór die gewilde “Ma, ek is verveeld!”-nagmerrie begin.

Maar voordat jy weghardloop na daardie eiland, haal eers diep asem en lees aan, want ons het lekker vakansie-aktiwiteite bymekaar gesit wat jou sal toelaat om te ontspan én wat die kinders uit jou hare sal hou.

Gaan kuier vir die vissies

Alle kinders is mal oor ’n dag by die akwarium. Daar is so baie om te doen en te sien – visse, haaie, pikkewyne, en selfs “hoe voel dit”-uitstallings waar kinders aan alles van seesterre tot seegras kan vat en voel.

Die Two Oceans Akwarium in Kaapstad is daagliks oop vanaf 09h30 tot 18h00. Pryse wissel van R70 tot R150 per persoon.

Jy sal nie net jou kinders se gunstelingpersoon wees nie, maar hulle sal ook mal wees daaroor om hul gesigte teen die glas te druk om seker te maak hulle kry ’n kykie van elke liewe vis!

Gaan speel rolbal!

Hierdie aktiwiteit is altyd ’n wenner en dit kan as ’n familie óf saam met die kinders se vriende gedoen word. Laai hulle almal in die kar en neem hulle na jul plaaslike rolbalarena vir ’n prettige dag uit die huis.

Jy kan deelneem aan die spel of jy kan ontspan. Strek jou uit, sit terug en geniet ’n stil oomblik met ’n goeie boek terwyl jou kinders vermaak word.

Vir die voëls

Het jy geweet Houtbaai het die grootste voëlpark in Afrika?

Dis reg! Met meer as 3 000 voëls en klein diere, maak hierdie voëlpark dit moontlik om kennis te maak en in aanraking te kom met die natuur – jou kinders (en selfs jy), gaan mal wees daaroor!

Daar is ook ’n speelpark vir die kinders waar hulle kan rondrol en tuimel, terwyl jy ’n yskoue drankie by die nabye restaurant geniet.

World of Birds is elke dag van die jaar oop tussen 09h00 en 17h00. Vir ’n dagbesoek sal dit R95 per volwassene en R45 per kind kos.

Speelterrein met ’n uitsig

Laat jou gedagtes vir ’n oomblik hierna gaan: ’n pragtige sonnige dag, ’n asemrowende uitsig oor Tafelberg, die branders breek terwyl die branderplankryers die grootstes probeer vang, kristalblou water en ’n groot, smullekker maaltyd.

Jy kan daar wees! En nie net dit nie, maar ook stilte en rustigheid weg van die kinders af by Moyo of Captain’s Kitchen by Eden on Bay.

Die kinders se speelarea bied jou kinders eindelose genot, wat vir jou ’n stil oomblik gee om op jou eie of saam met vriendinne te geniet. Dit is ’n lekker Desember-afskakel idee.

Klein kokke

Hierdie een is ’n lekker aktiwiteit vir die kinders óf vir die hele familie. Little Cooks Club in Johannesburg is die perfekte plek vir jou kinders om te leer kook en om pret in die kombuis te hê terwyl hulle smaaklike happies en maaltye maak.

Die kostes wissel afhangend van die aktiwiteit en die ouderdom van jou kinders. Maak seker jy bespreek vroegtydig, want dit word veral  in die Desembervakansie vinnig bespreek.

As jy nie ’n bespreking kan kry nie, is ’n maklike alternatief om eenvoudige resepte van die internet af te laai, die bestanddele te koop, en die kinders sommer iets by die huis te laat bak.

Kyk na die sterre

Hoe klink ’n dag van planete- en-sterrekyk vir jou?

Baie opwindend, ons weet!

Hoekom neem jy nie die kinders en probeer die Johannesburg of Kaapstad Planetarium uit nie? Julle kan daar sterrekyk in jul eie hande neem sonder om baie geld te spandeer. Dit is iets wat vir almal opwindend is om saam te geniet.

Met hope aktiwiteite regoor die land om jou kinders besig en aktief te hou, is daar nie ’n rede om hierdie Desembervakansie weg te hardloop nie.

Sê koebaai vir daardie “Ek’s verveeld”-klaery en geniet jou vakansie. Bou herinneringe saam met jou familie, en wys ander ouers dat jý die perfekte oplossing vir vakansieverveeldheid gevind het.

The post Hoe om jou kinders die vakansie besig te hou appeared first on rooi rose.

Wenke vir ’n sneeu-vakansie
Vermy koue voete

Ons almal weet: as die voete warm is, is die res van die lyf gelukkig. Maak dus seker dat jy in ’n paar goeie, termiese sokkies vir elke lid van jou gesin belê. Ons stel voor: Falke Ski-sokkies by Cape Union Mart (R90)

Ski op ’n begroting

Kinders groei vinnig, daarom is dit wesenlik om eerder hulle ski-gereedskap te leen of te huur. Dit sal jou minder uit die sak jaag en dan het jy boonop geen stoorplek wat die res van die jaar opgeneem sal word nie! Ons stel voor: Megaski ski-gereedskap huurders.

Keer sonbrand

Maak seker dat jy en jou gesin goed teen die son se weerkaatsing beskerm is! Die sneeu kan soms baie misleidend wees en voor jy jou kan kry, is jy bloedrooi gebrand. Hoewel jou lyf hoofsaaklik onder verskeie lae klere weggesteek sal wees, is dit jou gesig wat die pakslae gaan vat. Wees dus beraad daarop en wend sonbrandroom aan. Ons stel voor: Eucerin SPF 50-sonbrandroom by Dis-Chem (R189,95)

Beskerm die oë

Tweede op jou paklys moet ’n goeie paar sonbrille of stofbrille wees. Deur jou oë te beskerm sal jy die weerkaatsing van UV-strale vanaf die sneeu keer. Sodoende spring jy ook die kans vry om sneeu-blindheid, ’n tydelike beskadiging van die oë weens oormatige UV-bestraling, te kry.

Bly warm

’n Koppie warmsjokolade is nooit ’n slegte idee met ’n sneeu-vakansie nie. Nie net is dit ŉ lekker bederf nie, maar dit sal ook keer dat jy vinnig koud kry. In dié sin is dit goed om pro-aktief te wees, onthou: as die koue eers in jou bene is, is dit moeilik om weer op te warm. Ons stel voor: Cafe Enrista Warmsjokolade by Pick n Pay (R59,99).

The post Wenke vir ’n sneeu-vakansie appeared first on rooi rose.

Karspeletjies vir die langpad
Ek-sien-met-my-klein-klein-ogie

Dié karspeletjie het oor die jare heen homself in ons vakansiereistogte gevestig. Tog ken vandag se kinders dit nie so goed soos kan kom nie. Herleef jou kinderdae en speel dié speletjie saam met jou kroos.

Dit werk so:

Die spel begin met ’n gesinslid wat ’n objek (enige objek) stilweg identifiseer. Hy/sy sê dan die bekende rympie vóór hy/sy ’n leidraad tot die objek gee. Die res van die gesinslede moet dan een vir een raai wat dié objek is.

Alfabet geheue-speletjie

’n Gesinslid begin deur ’n aksie te stel, byvoorbeeld: “Ek gaan na Ouma se huis toe en ek vat…”. Hy/sy voltooi dan die sin met ’n woord wat net ’n ‘a’ begin, soos ‘appel’. Die tweede speler herhaal dan dié sin en voeg dan ’n tweede woord by wat met ’n ‘b’ begin, soos ‘baadjie’. Byvoorbeeld “Ek gaan na Ouma se huis toe en ek vat ’n appel en ’n baadjie…” Indien ’n speler ’n woord vergeet  is hy/sy uit die spel uit. Die laaste speler wat al die woorde tot en met ‘y’ kan onthou en opsê, wen!

Kar-tennis

Die doel van dié speletjie is om karre in verskillende kleure, modelle en make te identifiseer. Ma en Pa kan ’n puntsisteem opstel, byvoorbeeld ’n sedan tel 5 punte, ’n 4×4 tel 10 punte en ’n trok tel 20. So ook tel ’n wit kar 2 punte, maar ’n geel kar tel 25 punte. Elke speler kry dan ’n bepaalde tydsberaming waarbinne hy/sy soveel moontlik karre moet soek. Die speler met die meeste punte wen.

20 vrae

Een speler dink aan ’n persoon, objek of plek waarna elk van die ander spelers beurte neem om te raai waaraan dié speler gedink het. Elke speler kan een vraag vra vóór hulle raai, maar ná 20 vrae mag die eerste speler niks meer leidrade gee nie. Die speler wat reg raai wen die spel. As die 20-vraag beperking oorskry is en geen speler het reg geraai nie is die rondte verby.

Vertel ’n groepstorie

Een speler begin met die frase “eendag lank, lank gelede,” waarna hy/sy die storie afskop met ’n interessante sin soos, “eendag lank, lank gelede het pers varke oor ons huis gevlieg”. Elke speler neem dan daarna ’n beurt om ’n sin tot dié storie by te voeg. Wanneer die storie tot ’n einde kom kan elke kind die storie teken.

Bron: Auto Mart

* Lees ook ons artikel oor vakansiewenke vir ouers met jong kinders.

The post Karspeletjies vir die langpad appeared first on rooi rose.