Spesiale Mei-inhoud | rooi rose
Omhels jou ouderdom en druk jou persoonlikheid uit met mode
Omhels jou ouderdom en druk jou persoonlikheid uit met mode  deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pexels
Dit is nou belangriker as ooit om te besef dat die ouderdom nie gevrees moet word nie, maar eerder gevier moet word deur middel van ’n selfontdekkingsreis.
Mode is een van die beste maniere om jou ouderdom, gemoed en persoonlikheid uit te beeld.
Ons wys vir jou vier ikone wat jou sal inspireer oor hoe om jou persoonlikheid op enige ouderdom uit te druk.
1. Professor Lyn Slater
Professor Lyn Slater het buite die Lincoln-sentrum vir haar vriendin gewag toe twee Japanse fotograwe haar begin afneem.
Hierdie 69-jarige professor aan die Universiteit van Fordham is tydens modeweek misgis as ’n mode-ster en het sedert hierdie insident ’n bekende modemodel geword.
Die professor se akademiese werk berus by onderwerpe soos kindermishandeling en familiegeweld, maar sedert haar mode-bekendheid, het sy ’n blog begin waarop sy haar belangstelling in mode kan uitleef.
Die blog, Accidental Icon, beklemtoon dat mode en skoonheid in alle vorms en ouderdomme voorkom. Sy wil ouer word na pret laat lyk.
Sy is reeds vir verskeie bekende handelsname soos Mango en Valentino gekiek. Sy glo in klere wat haar gemoed en emosie weerspieël en dit wissel elke dag, dus kan haar klere nie as ’n enkele styl uitgesonder word nie. Sy noem dit “enclothed cognition”.
2. Maye Musk
Die kans is goed dat jy al van die bekende entrepreneur, Elon Musk, gehoor het, maar het jy geweet dat sy ma ’n bekende mode-ikoon is?
Maye Musk se modeloopbaan het reeds begin toe sy 15 jaar oud was. Voor sy na Kanada geïmigreer het, was sy ook ’n Mej. Suid-Afrika-finalis.
Haar werk as ’n ouer model vang egter meer die kollig waar sy selfs deelneem aan (semi) naakte-veldtogte en fotosessies vir skoonheidsbewustheid.
3. Debora Chambers
Debora maak dit baie duidelik dat sy vroue wil inspireer om ’n vol, aktiewe en stylvolle lewe te leef.
Volgens haar word oud word nie op dieselfde manier deur die samelewing “aanvaar” as dit by vroue kom nie, maar sy is haar gelukkigste met elke jaar wat sy ouer word.
Sy is ’n sterk aanhanger van die term “pro-ageing” teenoor “anti-ageing” aangesien sy geen negatiewe konnotasies aan oud word wil heg nie.
Met haar blog en sosiale media betrek sy meestal ouer vroue wat haar vir raad vra oor hoe om die ouderdom te omhels en die meeste van haar navrae het betrekking op styl en kleredrag.
Sy glo deurdat sy self ’n voorbeeld vir vroue te stel oor hoeveel pret dit is om met selfuitdrukking te eksperimenteer soos jy ouer word, sal dit vroue se selfvertroue laat groei.
4. Jackie Burger
Jackie Burger is baie bekend in die plaaslike mode-industrie.
Sy is ’n voormalige handelsmerkbestuurder, moderedakteur en handelsmerkkonsultant.
Sy beskryf haar styl as ’n liefdesreis. Om die kledingstukke wat sy ontdek as deel van haar persoonlike styluitdrukking lief te hê en dit altyd met selfvertroue en toewyding aan te trek.
The post Omhels jou ouderdom en druk jou persoonlikheid uit met mode appeared first on rooi rose.
’n Brief van die redakteur
’n Brief van die redakteur deur Martie Pansegrouw. Hooffoto:iStock/MonicaNinker
Hierdie is ’n eerste vir ons
Vandag sou ons Mei-uitgawe die rakke begin bereik het.
‘n Uitgawe waarin ons fokus sou wees op Moedersdag, die eerste tekens van die winter, mode- en skoonheidsnuus en al die nuwe style wat hierdie seisoen vir ons voorlê, heerlike warm bredies en Moedersdaggebak.
Maar, meer as halfpad deur ons siklus het die ingrypende voorbereiding wat die nuwe koronavirus in sy spore moet stuit, ons almal hard getref.
Dit was soos om trompop in ’n klipmuur vas te loop. Ons sou eenvoudig die res van die werk van die huis af, elkeen in afsondering, bladsy vir bladsy moes gaan klaarmaak.
Vol moed en met kragdadige beplanning en voorbereiding het ons die taak aangepak. Elkeen het sy rol in die proses geesdriftig opgeneem en ons het mekaar per foon gekontak en met videoplanne in die oë gekyk.
Net om mettertyd te besef dat die drukkers en verspreiders, waar duisende mense werk, ook sou moes tuisbly om aan die inperkingsoproep gehoor te gee. Boonop sou ’n glanstydskrif nie as essensiële produk gekategoriseer word nie …
Uiteindelik en ná baie heen-en-weerdery moes ons die onvermydelike aanvaar en daarin berus.
Vir die eerste keer sedert ons ontstaan in 1942, toe ’n tekort aan papier in die oorlogsjare bepaal het óf en wanneer rooi rose op die rakke sou kon verskyn, was ons weer daar. Die Mei-uitgawe sou glad nie gedruk en versprei word nie. Mense se lewe en die broodnodige afsondering wat moes heers om dit te bewerkstellig, het belangriker geweeg.
Maar ons wou graag van ons Mei-uitgawe waaraan ons almal so hard gewerk het, met julle deel. Daarom het ons hierdie spesiale nuusbrief saamgestel sodat julle steeds iets daarvan kon hê.
Dit sal ons almal aan die gang hou terwyl ons steeds hard aan die werk is aan ons Junie-uitgawe wat vanaf 25 Mei 2020 op die rakke sal verskyn.
Intussen kuier ons voort op ons webwerf, rooirose.co.za, ons kry mekaar skrams te sien op twitter, waar ons menings uitruil, deel lieflike foto’s op Instagram en gesels kopstukke op facebook.
Ons leer mekaar heelwat beter ken op ons podsendingskanaal, rrRadio, en raak van voor af vriende met bekendes soos Margaret Gardiner en ander wat op blogs hul lewe met ons deel.
En dis boonop alles gratis.
Terwyl ons nou almal in dieselfde tuisblymodus ons nuwe normaal beleef en bekommerd wonder hoe die wêreld en ons lewe daar gaan uitsien as ons nie meer ingeperk moet bly nie, kan ons mos mekaar steeds dra en ondersteun.
Geniet hierdie tjok-en-blok-nuusbrief, hoop ons sien jou êrens op een van ons platforms en hou goeie moed …
Martie en die rooi rose-span
’n Brief van die redakteur
Loer hier vir spesiale inhoud vir jou
Loer hier vir spesiale inhoud
Swart op wit: Is jy nog daar?
“Teen die tyd dat jy hierdie rubriek lees, sal dit reeds meer as twee maande wees sedert die onderstaande stuk geskryf is. Dit is hoe tydskrifte werk. Reg aan die begin van daardie twee maande – nou, vanaand, terwyl ek hier sit en skryf by die lig van my lamp, die krag wonderbaarlik aan – is dit aan die vooraand van “Lockdown” …”
Lees Valiant Swart se rubriek hier.
’n Mikrofoon kan die skanse laat val
‘n Mikrofoon het ‘n vreemde manier om die skanse te laat val, en die eindresultaat is verfrissend inspirerend, soms ontroerend en dikwels baie snaaks, soos ons gratis podsendingreeks Tee & Taai Toffies bewys. Loer hier om op te vang met ons  lekkerluister-geselsies met plaaslike bekendes.
iStock
Lees ook: Wat is podcasts? En hoe kan ek daarna luister?
Corine du Toit: So gelukkig
Die aktrise Corine du Toit is nog net so modelmooi as toe ons haar 16 jaar gelede as die jong Jane Edwards in die sepie Egoli leer ken het. Maar op veertig plus het Corine ’n nuwe lewensrypheid, sy skitter in 7de Laan en is die trotse ma van ’n sesjarige knaap.
Klik hier om ons onderhoud met Corine te lees.
Corine du Toit: So gelukkig
Brandon Auret – eintlik maar ’n skamerige ou …
Jy onthou hom dalk nog as Leon du Plessis in Isidingo. Hy is die afgelope paar weke te sien Still Breathing, MNet se plaaslike dramareeks, en hierdie keer speel hy die rol van ’n voorstedelike pa. Ons het met hom gesels oor sy loopbaan en pa-wees.
Klik hier om ons onderhoud met Brandon te lees
Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou
Wat verklap jou ringvinger oor jou?
Watter vinger is by jou langer: jou ringvinger of jou wysvinger? Kyk gou – en kyk net wat dit alles verklap … Klik hier
Wat verklap jou ringvinger oor jou?
Hekel – véél meer as net handwerk
Hekel word die nuwe joga genoem. En met goeie rede. Die ontspannende, meditatiewe eienskappe daarvan word wyd besing. In hospitale, klinieke, skole en selfs tronke word hekelwerk al hoe meer gebruik om mense te help om ‘n gesonder, gelukkiger lewe te lei.
Klik hier om meer uit te vind oor dié terapeutiese stokperdjie.
Hekel – véél meer as net handwerk
Die heerlikste Moedersdag-spyskaarte
Moedersdag is om die draai en hopelik kan ons dit met ons geliefdes deurbring. Hier is ’n paar van ons gunsteling-spyskaarte – van ’n saamkuier- en kook-spyskaart tot ontbyt in die bed en ’n high tea.
Klik hier vir die spyskaarte
Kortverhaal: Om vrij te raak …
Dis die somer van 1669, Kaap de Goede Hoop. Gertruide en haar pa kom nie goed klaar nie, dié dat sy hom nog nie van die skeepsdokter vertel het wat vir haar briewe by die verversingspos los nie …
Klik hier om dit nou te lees
Om vrij te raak iStock/mikedabell
Die lekkerste nommerspeletjies om nou af te laai
Ons het die lekkerste nommerspeletjies en -raaisels wat jy GRATIS kan aflaai. Daar is ook lekker aktiwiteite vir kinders! Klik hier
Klik ook hier vir heerlike blokraaisels en woordspeletjies
iStock/ GRATIS nommerspeletjies en -raaisels
Ons daag jou uit!
Inspirasie vir jou klerekas
Mode is een van die beste maniere om jou ouderdom, gemoed en persoonlikheid uit te beeld. Hier is ses stylvolle ouer vroue wat ons inspireer om ons persoonlikheid uit te beeld met wat ons dra. Klik hier om meer te sien.
The post ’n Brief van die redakteur appeared first on rooi rose.
Swart op wit: Is jy nog hier?
Swart op wit: Is jy nog hier? deur Valiant Swart. Foto: Johan Wilke. Produksie: Cornel Dunn
Is jy nog hier?
Teen die tyd dat jy hierdie rubriek lees, sal dit reeds meer as twee maande wees sedert die onderstaande stuk geskryf is. Dit is hoe tydskrifte werk.
Reg aan die begin van daardie twee maande – nou, vanaand, terwyl ek hier sit en skryf by die lig van my lamp, die krag wonderbaarlik aan – is dit aan die vooraand van “Lockdown”.
Die dag toe ons almal in ons huise moes begin bly, vir drie weke lank.
Hoe het dit uitgewerk? Het ons dit gemaak? Is ons steeds ingekluister?
Laas toe ek hier my naam gat gemaak het met ‘n vooruitskouing aan Hillary Clinton se seker sege in die Amerikaanse presidentsverkiesing, het ek besluit om nie weer enige aannames te maak nie. Die tema vir daardie uitgawe was “sterk vroue”.
Normaalweg neig die tema vir Meimaand na “wintermodes en –skoonheidswenke”.
Meimaand, hier waar ek bly, is wanneer daar vir ‘n week of wat so ‘n “tweede somer” gebeur, wanneer die strand sommer skielik weer vol mense is, en almal swem en vrolike sambrele wapper vir oulaas in die bries. Dis vir my ‘n gunsteling-klein fase in die jaargety. ‘n Laaste kopknik en ‘n wuif aan die lekkerste seisoen.
Die Maartmaand waarin ek nou sit, egter, se herfsstorie is ‘n onsekere, onheilspellende vooruitsig.
Hopelik lag jy nou hartlik, die ongerief en die verveling van “bly in jou huis” reeds ‘n grap onder jou en jou vriende, terwyl julle op die patio kuier, jy in jou mooi nuwe herfstrui, die nare ou virus verslaan en vergete.
Of miskien was daar onvoorspelbare wendings en nog ingrypende maatreëls, en die nare ou virus het regtig nasty geraak en die ganse wêreld is in konsternasie, en ons sit toegesluit in ons wonings, en al die apokaliptiese Hollywood-flieks lyk meteens soos profesieë wat waar geword het.
Is dit waar ons is?
Ek hoop van harte nie so nie – maar van waar ek nou sit, is daar geen waarborge nie – net onsekerheid.
Onsekerheid. Dis die ding wat ‘n mens vang. Die knaende vermoede dat al jou aannames moontlik op ‘n dwaling geskoei is, en dat die uitkoms wat aan jou voorgehou is, dalk ‘n blote hersenskim was.
Want hier waar ek nou sit, is hierdie skrikwekkende virus, volgens sommige bronne, nog maar in die eerste fase van ‘n meer omvattende aanslag.
Soos jy hier lees, is daardie verdoemenisse dalk en hopelik reeds gefnuik en geblus.
Laas toe ek hier my naam gat gemaak het met ‘n vooruitskouing aan Hillary Clinton se seker sege in die Amerikaanse presidentsverkiesing, het ek besluit om nie weer enige aannames te maak nie.
Of dalk is die nare gogga nou in “fase drie” of iets dergeliks, en paramedici en hospitale kan nie byhou nie, en mense met infeksies beset die strate, en ons bejaarde ouers en ongestelde armes word almal slagoffers van die nagmerrie, en die neerdaal van ‘n wrede apokalips raak ‘n dreigende werklikheid.
Ek weet nie wat om te dink of te verwag nie, hier aan die vooraand van die intree van die landwye tuisbly-bevel.
Dis die onsekerheid wat ‘n mens vang.
Ek raak kriewelrig wanneer my persoonlike ruimte en my bewegingsvryheid in die gedrang kom. Die beperkinge wat so ‘n toedrag van sake meebring, besorg jou maklik ‘n gevoel van limbo – ‘n tussen-toestand wat jou disoriënteer en vervreem van die wêreld soos jy dit gewoond is.
Die magteloosheid wat gepaardgaan met so ‘n staat is geweldig frustrerend. Afgesien van jou roetine wat aan bande gelê word, is daar die proses van gewoond raak aan die nuwe omstandighede en die uitdagings wat dit meebring.
En synde creatures of habit, is ‘n skuif in roetines of gewoontes ‘n geweldige ontwrigting vir die moderne, mobiele mens.
Ons wil ons ding doen, kom wat wil. ‘n Beduidende persentasie van ons, ek inkluis, is boonop toegerus met ‘n stroomop streep; ons slaan nie graag ag op advies nie, en volg maar meestal ons instinkte en impulse.
Feitlik my ganse volwasse lewe lank al, is ek my eie baas.
Wel, soort van.
As jy, soos ek, ‘n gesin het, sorg jy vir die welstand en oorlewing van meer liggame en siele as net jou eie. As deel van die stoffasie waarvan ons aanmekaargesit is, is ons darem ook toegerus met ‘n sin vir verantwoordelikheid – nie net teenoor die geliefdes in jou onmiddellike omgewing nie, maar ook teenoor die samelewing in die breë.
Soos ek nou hier op ‘n laataand in Maartmaand by my tafel sit en voor my uitstaar, kan ek nie help om te bly wonder hoe die wêreld gaan lyk waarin ek en jy ons oor twee maande gaan bevind nie – wanneer jy (hopelik) hierdie skrywe lees. En of die gevaar dan reeds sou gewyk het, en ons almal oukei en verlig sal wees, en opnuut sal moet begin sin maak uit ‘n katastrofe wat ons ganse planeet onherroeplik verander het.
Maar dis alles tans gehul in onsekerheid en bespiegeling.
Hopelik sou ons verantwoordelik genoeg gewees het om die ondenkbare die hoof te bied, en hopelik is jy nog hier.
En hopelik is bostaande vooruitskouing aan verdoemenis iets waaroor ek my naam gat gemaak het.
Loer hier vir nog pitkos as jy van Swart op wit gehou het
The post Swart op wit: Is jy nog hier? appeared first on rooi rose.
Kortverhaal: Om vrij te raak
Om vrij te raak deur Heléne de Clercq. Hooffoto: iStock/Alexcpt
Somer 1669
//Kabbo hou ‘n kalbassie na my uit. “Drink. Jy sal dood in dié hitte.”
“Dankie. En nou wil ek by die huis kom. Hierdie dorpsrok wurg die wilde koekemakranka uit my uit. !Nanni, as ek in klere soos joune kon rondloop, sou ek kon asemhaal.”
Ek loer na die son. “Ai, hy wag al vir my.” Die spanning steek soos ‘n stuk wurgpatat in my keel vas. “Nag julle!” sê ek terwyl ek wegdraf.
“Genoeg is genoeg, Gertruide!” sê Pa toe ek by die agterdeur instap. “As jy weer saam met daardie spul lanterfanter, en dit boonop ná sononder, bly jy tuis wanneer die volgende skip inkom! Ek het nog nooit ooghare vir daardie Kabbo gehad nie. Hy’s deesdae glad te danig met jou.”
“Sy naam is //Kabbo, nie Kabbo nie. Pa sukkel nog steeds met die klikklanke,” sê ek met geveinsde rustigheid.
Soms sien ek haat in Pa se oë. Haat en verwyt. Ons skip sou destyds saam met die Drommedaris vertrek het, maar dit was oorlaai en is vertraag. Ma – hoogswanger – en Pa was passasiers op die De Walvis, opgewonde oor hul eersteling.
En toe maak ek my opwagting ‘n maand te vroeg. Ter see. In haglike omstandighede. In daardie stadium was die meeste passasiers verswak, die drinkwater ondrinkbaar en skeurbuik algemeen. Gevolglik het my ma nie my geboorte oorleef nie, en was sy een van die 130 sterftes op daardie seereis.
‘n Week later het die De Walvis en die De Witte Olifant Tafelbaai binnegevaar. Pa was moedeloos. Ek moederloos.
“Pa is verniet bekommerd,” prewel ek.
//Kabbo en !Nanni is soos my sibbe. Ons het saam grootgeword. Ma Uma het my grootgemaak so te sê van die dag af toe ons hier geland het. Krotoa het haar na Pa gebring nadat ek twee volle dae lank my koliek oor Tafelbaai uitbasuin het.
Behalwe Hollands, het ek mettertyd geleer om Khoi en Portugees te praat. Ma Uma, //Kabbo en !Nanni is van die min Khoi-mense wat Hollands vlot praat. Nou, ewe skielik, wil Pa my verbied om met hulle vriende te wees! Omdat hy ou Herrie se mense verdink van veediefstal? Of omdat hulle anders aantrek as ons? Ek, daarenteen, vertrou //Kabbo met my lewe.
Ek kan vir Pa ander redes gee tot kommer. Soos die briewe onder my kopkussing wat die Nederlandse skeepsdokter vir my by die verversingspos gelos het. Dίt sal hom slapelose nagte besorg!
Die hoogtepunt van my bestaan deesdae is wanneer die kanon in Tafelbaai aankondig dat daar ‘n seilskip op die horison is. Dan gryp ons ons selfgemaakte krale en lapsakkies vol canna en boegoe. Dit raak nogal ingewikkeld, want “ons gewone mense” mag nie direk aan die skepe verkoop nie. Die Kompanjie het die alleenreg om handel te dryf. Private handel is taboe. Ons moet ons goedere direk aan die Kompanjie verkoop sodat hulle uit ons produkte kan wins maak.
Maar niks is sonder ‘n blink kant nie. Met daardie geld koop ons die mooiste lap waarmee ons spoggerige kappies en rokke vir die belangrike vroue op die dorp maak. So speel ons hulle spel, maar met ons eie reëls. Met die oorskietstukkies maak ons kussings en lappoppe. Speelgoed is skaars.
Dis daar by die hawe waar ek Sebastiaan Vrij sowat ‘n jaar terug stiekempies ontmoet het. As Pa moet weet! Dokter Vrij – jonk en sag op die oog – het ons oor ons kruie uitgevra, uiteraard om sy noodhulptas aan te vul vir die komende vaart. Toe ek hom sien, het ek geweet dis my ander helfte. Die manier waarop hy na my gekyk het, het my so opgewonde gemaak soos toe ons as jong kinders op ‘n druppende heuningkoek afgekom het. Besonders, helend, woordloos, stroperig.
!Nanni het eenkant gestaan en giggel. Gelukkig weet sy hoe om ‘n geheim te hou. Vier briewe later mis ek nie ‘n skip wat aan wal gaan nie. As hy ‘n man van sy woord is, behoort hy enige dag weer voor my te staan met daardie swymelende blou oë vol beloftes.
Pa skep vir ons van die ertjiesop in wat ek gemaak het voordat ek hawe toe is. Soos gewoonlik is die stilte aan tafel tasbaar.
Ek smeer botter op die brood. “Pa, kan ons nie maar die verlede begrawe nie? Pa kan nie langer Ma se dood teen my hou nie. Die bitterheid vreet Pa van binne-af op.”
“Moenie jy vir my kom preek oor dinge waarvan jy niks weet nie, Gertruide! Jy’s nog pure kind, al is jy deesdae te groot vir jou skoene – bygesê, wanneer jy wel skoene dra. Ek sal nooit oor jou ma se dood kom nie. Ons kan die verlede nie verander nie, gun my my tyd van rou.”
“Heikend Pa, intussen het ek nie ‘n ma nie, en my pa is emosioneel ook nie hier nie. Ek’s jammer dat ek haar nie mis nie, maar ek het haar nooit geken nie. Ek mis wel ‘n ma én ‘n pa. Dis nou sewentien jaar! Hoe lank wil Pa nog rou?”
Ek weet ek het te ver gegaan toe hy die deur stormloop … vas in //Kabbo. “Naand, Samon. Jammer, Samon.”
//Kabbo noem Pa “Groot Menee” of “Samon”. Ek het eers onlangs uitgewerk Samon is afgelei van ‘Sir-man’.
“Wat soek jy die tyd van die aand by my dogter, Kabbo? Is jy nie veronderstel om in die maanlig te rieldans nie? En het ek haar nie verbied om saam met jou rond te flenter nie? Jy weet ek keur julle vriendskap nie goed nie.”
“Nosie.”
Nosie is ‘No Sir’.
“Ek wou net vir haar die boodskap gee dat daar môreoggend vroeg ‘n skip uit Nederland aan wal gaan. Ek het gedog sy sou wou weet dat sy haar kraletjies en goed kan gereed hou.”
“Trap, Kabbo! Sy sal nie môre daar wees nie. Ek verbied haar!”
“Dankie, //Kabbo. Goeienag,” prewel ek. En toe loop die opgehoopte probeer-sterk-wees by my oë uit en ek hardloop kamer toe.
Douvoordag word ek wakker van die kanonskote wat aankondig dat daar ‘n skip in die hawe is. Wat as Sebastiaan op daardie skip is? Wat as ek hom misloop en nog drie maande of ‘n jaar moet wag? Wat as hy intussen ‘n ander, meer afgeronde meisie ontmoet en met haar gaan trou?
Pa skarrel al in die kombuis rond besig om koffie te maak. Ek wil hom nie sien nie. Nie vanoggend nie. Hoe kon hy? Ek wag stil totdat ek sy kwaai voetstappe op die klippaadjie voor my kamervenster hoor knars. Die voetstappe van ‘n ontnugterde man met geen illusies of romantiese ideale dat die lewe beter sal raak nie.
Ek was my gesig in die kommetjie, gooi ‘n rok oor my kop en hardloop agter ons huis langs strand toe na die Khoi se blyplekke.
“!Nanni, is jy nog hier?” roep ek uitasem langs haar matjieshut.
“Jy vang my net betyds. Ek’s op pad.”
“Sal jy asseblief kyk of jy vir Sebastiaan sien?”
“Ek sal kyk, maar wat as ek hom nie herken nie?”
Ek stap nader. “Jy sal. Gee dit vir hom. Dis ‘n kaart na ons huis. Sê hy moet voor vyfuur kom, anders moet ek vir Pa verduidelik.”
Ek slof deur die sand terug huis toe. Skulpies knibbel aan my kaal voete. Gaan dinge dan nooit vir my uitwerk nie?
Om vrij te raak iStock/mikedabell
‘n Harde klop aan ons deur ruk my uit my dagdrome oor Sebastiaan wat binnekort hier gaan instap. Kan dit wraggies hy wees? So vroeg? My hart tamboer onbedaarlik. My knieë voel soos jellievis.
“Getruidjuuuu!”
Tannie Gesie se stygende stem bring my terug na die werklikheid. Kry sy nie die boodskap nie? My pa stel nie in ander vroue belang nie! Elke week kom laai sy ietsie tuisgemaak vir hom af. Dikvellig, sou ek sê, maar eintlik die dierbaarheid self. Ek maak die deur teësinnig oop en gaan staan buite om haar nie ‘n inkomkans te gee nie.
“Hallo, Kind! Vroegoggend al warm, nè.” Sy hou ‘n stomende, hoog gerysde brood in ‘n omgehekelde vadoek vas.
“Vars uit die kleioond. Ek’s so dankbaar vir die lappie koring daar langs Die Kasteel. Hopelik bly die plantluise en die oostewind vanjaar ‘n bietjie weg. Jou pa sê hulle oes vanjaar die eerste wyndruiwe.”
Sy is kennelik uitgehonger vir geselskap.
“Heikend, mens, hulle bou nou al amper drie jaar aan Die Kasteel. En dis nie asof hulle veel vinniger vorder met meer slawe nie.”
“Dankie vir die broodjie, Tannie.” Ek moet haar seker innooi vir koffie, maar ek’s regtig nie nou lus vir haar praatjies nie.
“Getruidjie, ek het gewonder. Wil jy en jou pa nie vanaand by my kom eet nie? Ek is besig om ‘n heerlike dik pot ertjiesop te kook.”
Nie ertjiesop nie, dit loop al by my ore uit.
“Ek sal vanmiddag by Pappa hoor as hy huis toe kom.”
“Goed. Ek’s oorkant die pad as jy my nodig kry, kind.”
Asof ek nie weet nie. “Dankie Tannie.”
“Getruide! Getruide!”
//Kabbo? Hoekom waag hy dit hier? Het hy nie genoeg moeilikheid gemaak nie? Gonna. Daar is bloed aan sy hande.
“Jy moet kom! Dis jou pa. Hy’t seergekry!”
“Pa! Waar is hy? Wat het hy oorgekom? Hier, Tannie. Vat eers die brood.” Ek is nog in my huisrok, maar daar’s nie nou tyd om met daardie korsetding te sukkel nie.
“Kom net! Ek sal op pad vertel!”
“Ek kom saam!” roep tannie Gesie.
‘n Rukkie later sit ek, //Kabbo en tannie Gesie in Dokter Hasselbult se voorkamer en wag. “Die dokter opereer. Julle kan nog nie ingaan nie.”
!Nanni strompel die vertrek natgesweet binne. Hangskouers.
“En hierdie gemoedsbekotsing, !Nanni?” vra ek. “Kom ek raai. Jy kry Sebastiaan nêrens nie?”
“Gertruide, ek het regtig oral gesoek. Hy was beslis nie op daardie skip nie. Jammer daaroor.”
“Wie’s Sebastiaan?” vra tannie Gesie, brood nog onder die arm. Gevoorskoot.
“Ag, sommer niemand. Sy skip kom seker eers later die maand in. //Kabbo, vertel nou eers rustig vir ons wat gebeur het.”
“Ek en !Nanni-goed het gaan bronkors pluk vir die matrose. Vir die skeurbuik. By die Hoofplaats het Menee Wijnand, die baastuinier, haastig met ‘n perdekar aangekom. Ek kon sien iets was fout. Die groot menee was agterop, en toe’t ek eenkant vasgegryp en opgespring. Die wa was omtrent bebloed. Ek het sy been se stukke vleis met my mouriempies probeer bymekaar hou. Blykbaar het hulle droë takke uit die bome gekap. Samon, hy’t onder die boom gestaan. Die stomp het losgekraak en op hom geval. Menee Wijnand sê as dit sy kop getref het, was hy dood. Toe ons hier stop, het ek reguit na jou toe gehardloop terwyl Menee Wijnand die dokter geroep het. En nou’s ons hie. Kan maar net wag. Menee Wijnand sal seker nou wee hie wees. Hy’t die perd gaan afsaal.”
“Dankie. Ná gisteraand verdien my pa nie jou omgee nie,” maak ek verskoning, terwyl //Kabbo deur toe stap net toe oom Wijnand binnekom.
“Hoe gaan dit hier? Kon daai jong mannetjie jou pa se stukke aanmekaar werk?”
Ek frons. “Watter jong mannetjie, oom Wijnand? Waar’s dokter Hasselbult dan?”
“Hy’s laasnag uitgeroep. Kommandeur Jacob Borghorst is deesdae meer siek as gesond. Ek’s bevrees nie een van Van Riebeeck se opvolgers kan die druk as opperhoof van hierdie trop hanteer nie. In elk geval, ‘n jong matrosie wat kammakastig iets van noodhulp af weet, opereer op jou pa. Hy’t toevallig hier vir Dokter Hasselbult gesit en wag toe ons hier aankom. Ons hoop maar hy dra nie siektes oor nie.”
“O nee, wat as Pa iets oorkom? Ons is gisteraand kwaad uitmekaar!”
“Klink my die jongste siekte is rotkoors – begin met hoofpyn, dan sloepmaag dan waansinnigheid,” kom dit taktloos van tannie Gesie.
Ek kou nog aan haar woorde toe dokter Hasselbult se spreekkamerdeur oopgaan. My hart mis ‘n slag. Ek vee ‘n haarsliert uit my gesig en kyk selfbewus af na my huisrok en kaal voete.
“Jou vader gaan binnekort op die been wees, Gertruide.” En toe kom daardie glimlag wat my knieë so lam maak.
“Nou … nou verstaan ek nie. Hoe ken die doktertjie vir jou, Gertruide?”
“Dis nie belangrik nie, tannie Gesie.”
Toe hy my hande in sy sterk hande neem, voel ek tuis.
“Ek glo nie aan die toeval nie,” prewel hy. “En ek’s mal oor jou in ‘n huisrok. Jou pa is wakker. Hy vra na jou.”
“Gertjie.” Sy stem draal. Hy het my laas so genoem toe ek vyf was. Toe dit nog vir hom aanvaarbaar was dat ek so ietwat van ‘n rabbedoe is. “Ek’s jammer oor alles. Oor die sinnelose verwyte al die jare. Oor gisteraand. As dit nie vir Kabbo was nie, het ek doodgebloei op pad hierheen. Voortaan sal hy altyd welkom wees in ons huis. Die Khoi-mense was vir ons net goed.”
“Dankie, Pa. Miskien kan Pa dit self vir hom sê. Hy lei net gou die perd koud.”
“Hierdie jong doktertjie was ‘n bestiering van Bo. Ek weet nie of Dokter Hasselbult my sou deurtrek nie.”
“‘n Bestiering inderdaad, Pappa. Hoe het jy geweet dat jy hierheen moes kom vir ‘n noodgeval, Sebastiaan?”
“Sebastiaan? Hoe ken sy jou naam?” Pa frons.
“Lang storie, Oom. Ek het in die straatjies rondgedwaal op soek na Gertruide en toevallig Dokter Hasselbult se spreekkamers gesien. Ek het ingekom om te hoor of daar ‘n behoefte is aan nog ‘n dokter. ‘n Maand terug het hulle vir my ‘n werk aangebied as dokter in Makassar daar in die Ooste. Maar hier is nog onafgehandelde besigheid in Caep de Goede Hoop.” Hy knipoog vir my. “Ek het vir eers genoeg gehad van woeste waters. Om ‘n skeepsdokter te wees, was nooit op my wenslys nie. Ja, en toe storm hulle hier in met oom. Dis nie asof ek ‘n keuse gehad het nie. Enige dokter sou opereer.”
“Wel, jy het jou skitterend van jou taak gekwyt. Ek sal vir jou ‘n mooi getuigskrif skryf. Roep gou vir Kabbo.”
“//Kabbo, Pappa. Pa moet die klikklanke nou regtig onder die knie kry.”
“Kan jy nie sien my knie is af nie, Gertjie?”
“Lyk my daardie tak het ook sommer sewentien jaar se bitterheid uit Pa getap. Ek kan nie onthou wanneer laas ek vir Pappa sien lag het nie. Terloops, daar’s ook iemand anders in die voorvertrek – behalwe !Nanni … Nie Ma Uma nie. Sy’t gaan kruie pluk vir Pa se pyn.”
Pa grinnik. “Kom ek raai. ‘n Voorskootdraende, opregte, mooierige, middeljarige, ongetroude, effens desperate, ietwat praatsieke vrou met ietsie eetbaars wat sy self gemaak het?”
“Reg geraai. En blykbaar gaan ons twee – of drie – ek kyk skalks na Sebastiaan – vanaand by haar ertjiesop eet.”
“Nie wéér ertjiesop nie!” sê Pa met ‘n skewe laggie.
“Of dalk eerder sy by ons,” voeg ek by terwyl ek skepties na Pa se opgeswelde been staar.
Hoe ook al – ek onderdruk ‘n laggie – ek kry die idee dat sy nie meer lank langsaan gaan woon nie. Hoe ironies dat ek my pa binnekort gaan agterlaat net nadat ek hom gevind het.
Meer oor die skrywer
Die ontdekking van ‘n motgevrete, 1986-dankie-maar-nee-briefie vir ‘n kortverhaal wat sy op hoërskool aan ‘n tydskrif voorgelê het, en die vrees vir leënessindroom, was vir Heléne de Clercq genoeg motivering om onlangs in te skryf vir ‘n skryfkursus. Om Vrij te raak is haar debuutkortverhaal. Heléne glo daaraan om haar drome en Godgegewe talente uit te leef. Sy’t in haar twintigs ge-au pair in Oostenryk vir ‘n jaar; in haar dertigs Kilimandjaro uitgeklim; in haar veertigs haar eerste kunsuitstalling gehou en poog om in haar vyftigs ‘n boek te publiseer. Sy is opreg dankbaar vir sorgvrye grootwordjare op ‘n Boesmanlandse plaas. Ná skool het sy in die Boland onderwys studeer. Sy en haar man het hulle in die Swartland gevestig. Tans is sy ‘n passievolle Afrikaans onderwyseres, neem graag foto’s en skilder in haar vrye tyd.
Vir nog lekkerleesverhale, loer hier.
Vir lekker verhale waarna jy kan luister, loer hier
The post Kortverhaal: Om vrij te raak appeared first on rooi rose.
GRATIS nommerspeletjies en -raaisels
GRATIS nommerspeletjies en -raaisels saamgestel deur die rooi rose-span. Hooffoto: iStock/linephoto
Ons het die lekkerste nommerspeletjies en -raaisels wat jy GRATIS kan aflaai. Daar is ook lekker aktiwiteite vir kinders! Klik op elke skakel om die raaisels af te laai.
Klik hier om elke bladsy af te laai
Speletjie 1: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 2: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 3: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 4: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 5: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 6: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 7: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 8: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 9: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 10: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 11: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 12: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 13: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 14: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 15: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 16: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 17: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 18: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 19: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 20: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 21: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 22: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 23: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 24: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 25: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 26: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 27: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 28: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 29: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 30: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 31: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 32: Klik hier om dit af te laai
Speletjie 33: Klik hier om dit af te laai
Laai die antwoorde af
Antwoorde: Klik hier om die antwoorde af te laai
Nog vermaak
As jy van ons GRATIS nommerspeletjies en -raaisels gehou het, gaan jy hierdie geniet …
Klik hier vir nog lekker blokraaisels en woordspeletjies
Klik hier vir lekker lees- en luisterverhale
Klik hier vir ’n oulike inkleurboek om af te laai
Klik hier vir lekker hekel- en breipatrone
The post GRATIS nommerspeletjies en -raaisels appeared first on rooi rose.
Tee & Taai Toffies is nie weg nie, ons vat net ’n blaaskans
Tee & Taai Toffies is nie weg nie, ons vat net ’n blaaskans deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: iStock/Dmitrii_Guzhanin
’n Mikrofoon het ’n vreemde manier om die skanse te laat val – en die resultaat is lekker gesprekke met ons bekendes
Wat het mense soos Hannon, Ruda Landman, Lindie Strydom, Rolanda Marais, Karlien van Jaarsveld en André Schwartz gemeen – behalwe dat hulle almal bekend is?
Reg geraai – hulle is almal ook doodgewone mense met ‘n stuk lewe agter hulle.
Toegegee, hulle lewe lyk heel anders as myne en joune, maar nes in ons geval was daar oppe en affe wat hul lewensuitkyk gevorm, en soms selfs verander het, en wat hulle interessante insig gee in kwessies waarmee baie van ons te doen kry, en wat ons soms met die hande in die hare laat.
Die afgelope byna ‘n jaar was ek bevoorreg om die mens agter die bekende te leer ken in rrRadio se Tee & Taai Toffies-podsendings.
Lees ook: Wat presies is podsendings nou eintlik?
As jy dalk nog nie geluister het nie: dis ‘n kruis tussen ‘n profiel-onderhoud en ‘n raadgee-rubriek waarin ek en my uiteenlopende gaste dikwels lag, maar beslis ook die ernstiger dinge in die lewe bepeins.
En glo my as ek sê dat ek al meer as een keer baie aangenaam verras was deur die diepsinnige, deurleefde en baie praktiese raad wat ons glansmense het vir rooi rose-lesers se probleme.
In die eerste helfte van die program kom jy meer te wete oor die gaste: Hoe het hulle in die beroep beland wat hulle beroemd gemaak het? Op watter ompaaie het die lewe hulle geneem? Wat laat hulle tiek? En natuurlik ook die teenkant: wat is vir hulle swaar, en hoe hanteer hulle dit?
Die resultaat is heerlik intieme gesprekke waarin ‘n mens regtig die hart van die gas kan hoor.
Lees ook: Die rooi rose-redaksie se gunsteling-podsendings
So het Ruda Landman en Karlien van Jaarsveld openhartig gesels oor die snykant van roem en die persoonlike pyn wat dit soms meebring, terwyl die skrywer Madelein Rust, radioman Ian Wessels en André Schwartz se dapper stryd teen onderskeidelik kanker en motorneuronsiekte suiwer inspirasie was.
Erns Grundling het vertel hoe uitbranding veroorsaak het dat hy die Camino-pelgrimsroete gaan stap het, wat gelei het tot ‘n nuwe lewensuitkyk én loopbaan.
En glo my as ek vertel daar word báie gelag in Tee & Taai Toffies.
Kom hoor hoekom André Schwartz se troetelvark moes botoks kry, en wat Hannon kleintyd met ‘n bees se stert aangevang het. (Terloops, die gesprek met Hannon sal jou met ander oë laat kyk na die man wat voorstedelike vroue in glansmense kan omtower – maar gaan luister!)
Die probleme waarvoor ons luisteraars en lesers raad soek, is net so interessant soos die bekendes se lewe en die raad wat hulle uitdeel. Al gewonder wat om te doen met daardie negatiewe vriendin wat oor alles kla?
Of ‘n skoonma/skoondogter wat skynbaar niks van jou hou nie?
Of hoe om jou man – vir wie jy bitter lief is – op ‘n mooi manier te oorreed om tog net daardie vervlakste rak op te sit/kraan reg te maak/skilderye te hang sonder dat dit uitloop op ‘n rusie omdat jy “altyd neul”?
En hoe gemaak met familie of kollegas wat jou goedheid uitbuit?
Met Covid-19 wat die hele wêreld op hol het en met die winter wat voorlê, het ons kokontyd aangebreek. Maar as jy dink dit beteken vaal en vervelig, onthou dan dat Tee & Taai Toffies die perfekte manier is om jou dae mee op te kikker.
Ons sal terugkeer!
Tee & Taai Toffies neem net ’n breek tydens die inperkingstyd, maar ons sal terugkeer wanneer hierdie alles verby is. Intussen kan jy lekker luister na ons gesprekke met bekendes oor hoe hulle die inperking ervaar op Hoe gaan dit met jou?
Hoe om te luister:
Al die rrRADIO-podsendings, insluitende Tee & Taai Toffies kan direk vanaf rooirose.co.za gespeel word.
Die podsendingsreekse is ook beskikbaar op iTunes, Player.FM, Pocket Casts, Spotify en Google Podcasts.
As jy dit op jou slimtoestel wil aflaai om later daarna te luister kan jy hierdie stappe volg
E-pos rrradio@caxton.co.za vir meer inligting.
Klik op die pienk speelknoppie hier onder om te begin luister. Dis gratis en jy kan enige tyd luister.
The post Tee & Taai Toffies is nie weg nie, ons vat net ’n blaaskans appeared first on rooi rose.
Corine du Toit: So gelukkig
Corine du Toit: So gelukkig deur Martjie Roos. Foto’s deur Andrea Caldwell. Grimering: Danica Thomas Creased Nation; Stilering: Melissa-Jade Myburgh
So gelukkig
Wie sal ooit die dramatiese storielyn in die sepie Egoli vergeet toe die bedorwe feeks Jane Edwards (Catriona Andrew) van die perd afgeval het en ná plastiese chirurgie met ’n nuwe gesig gespog het?
Dit was 16 jaar gelede en die eerste keer in ons plaaslike sepiebedryf dat ‘n hoofakteur (Catriona) deur ’n ander (Corine du Toit) vervang is. Boonop was die nuwe Jane ’n gesogte model wat in onder meer Italië, Frankryk, Duitsland en Brittanje naam gemaak het, en toe deur die vervaardiger en sepiekoning Franz Marx vir Egoli opgeraap is.
“Ja, baie mense onthou my steeds as Jane,” vertel Corine.
Egoli was haar goue paspoort na die toneelwêreld. Sy het stemopleiding en ’n paar dramakursusse gedoen voordat sy in Egoli begin speel het. Sy was darem ook nie kamerasku nie, want sy het as model in talle TV-advertensies gespeel.
“Toe ek die rol in Egoli kry, het Franz my na Milla Louw vir dramaklasse gestuur.” ’n Beter leerskool as Egoli kon sy nie voor wens nie. “Ons akteurs is opgelei om word perfect te wees. Ons het soggens sewe-uur begin werk en eers die tonele geblok (gerepeteer) voordat ons tienuur soggens begin verfilm het. Dissipline is by ons ingedril en saans moes ons akteurs weer kliphard die volgende dag se woorde leer.”
Haar karakter Jane het talle Egoli-aanhangers die josie in gemaak. “Of die reaksie nou goed of sleg was, dit het gewys die karakter het gewerk. En of mense nou van die vurige Jane gehou het of nie, ek moes van Jane hou sodat ek haar eerlik kon speel,” vertel sy.
Sy draai die horlosie 16 jaar vorentoe. “Dieselfde geld die karakter Erika Basson wat ek nou in 7de Laan vertolk. Ek moet ook van Erika hou en haar verstaan. Daar is ’n rede waarom Erika is wie sy is en hoekom sy so manipulerend is. Nadat Lesedi (KB Motsilanyane) Erika in Januarie geskiet het, was sy ’n ruk lank in ’n koma in ’n versorgingseenheid en heeltemal uit die prentjie. Maar wie weet, dalk keer Erika terug na Hillside vir onafgehandelde sake, kykers moet net aanhou kyk.”
Corine du Toit: So gelukkig
Corine was die afgelope vyf jaar ’n tuisbly-ma en het haar hoofsaaklik op die skryf, vertaling en redigering van tekste vir verskeie rolprente en TV-reekse toegespits. Sy het ook af en toe kameerolle vertolk. Dit was uiteraard ’n aanpassing om weer by die roetine van ’n sepie in te val, erken sy. “Sjoe, dit neem nou baie langer om woorde te leer as in my Egoli-dae! Maar ná ’n paar dae op stel het ek gelukkig gou tuis gevoel en toe was dit sommer weer pret,” vertel sy.
Nadat haar oogappel Kiean ses jaar terug gebore is, het sy gekies om soveel moontlik tyd saam met hom deur te bring. “Ek het eers op 37 ma geword. Ek was lief vir kinders, maar was nooit desperaat om ma te word nie. Ek is ’n beheervraat en moederskap was ’n uitdaging. Maar ek kan my vandag nie ’n lewe sonder Kiean voorstel nie,” sê sy en wys trots ’n foto van hom op haar selfoon. “Dit is heerlik om die wêreld deur die oë van ’n kind te sien. Ek en Kiean speel ure lank slangetjies en leertjies, domino’s en kaart of bou Lego. Hy deel ook my liefde vir tuinmaak.”
Die min kere dat sy Kiean in die sorg van ’n babaoppasser gelos het, het sy vooraf tientalle lysies gemaak, vertel sy laggend. Sy en haar ma was verlede jaar vir tien dae saam Venesië toe en haar man, Raz Jensen, het toe na hul seuntjie omgesien. Vriendinne het ook hand bygesit met maatjies wat kom speel het. “Dit is die eerste keer dat ek Kiean vir so lank ‘n bietjie van my rokspante losgemaak het, en ek het toe besef die lewe gaan aan. Ek het besluit die tyd is ryp om weer meer toneel te speel. Ek het my agent gekontak om te sê ek’s in die mark en daar gebeur 7de Laan.”
Haar passie vir skryf kom van ver af. “Ek het op ses begin stories skryf,” vertel sy. Haar paadjie het in 2009 met dié van haar haar vennoot, die aktrise Sandra Vaughn, gekruis toe sy die rol van die prokureur Inge Bekker in die dramareeks Getroud met Rugby gespeel het. Sy en Sandra het saam die maatskappy Lettergreep gestig.
Dit was ’n produktiewe en vrugbare vennootskap en talle stories het uit die twee talentvolle aktrises se penne gevloei. In 2012 het sy en Sandra die jeugreeks Liefste Kayla saam geskryf en die volgende jaar het hulle die rolprent As Jy Sing geskryf. Sy het daarna as medeskrywer, vertaler en redigeerder op verskeie reekse soos die eerste seisoen van die komedie Geraamtes in die Kas, die dramatiese rolprent Sink (vertaler en redigeerder) en Elke Skewe Pot (vertaler en redigeerder) gewerk en was ook die hoofskrywer saam met Sandra van seisoen 2 van Elke Skewe Pot. “Ek was ook medeskrywer van die rolprent Susters en skrywer, vertaler en redigeerder op die klugkomedie Kasteel.”
Komedie, en veral klug, is ’n uitdagende genre, vertel sy. “Ons plaaslike kykers snap nie altyd klug nie omdat hulle dalk nie gereelde teatergangers is nie.”
Corine du Toit: So gelukkig
Corine het ook ’n ruim hart vir die behoeftes van haar medemens. Sy is reeds die afgelope elf jaar ambassadeur van die liefdadigheidsorganisasie The Cradle of Hope in Krugersdorp. “Dit is ’n nie-winsgewende organisasie wat fokus op behoeftige vroue en kinders wat meestal slagoffers van mishandeling is. Die organisasie leer die vroue en kinders sekere lewensvaardighede, deskundiges gee terapie en leer die vroue om weer op hul voete te kom en werk te kry,” verduidelik sy. As ambassadeur help sy ook om bewuswording vir The Cradle of Hope te kweek.
Corine het twee jaar gelede ’n opdraande paadjie geloop toe borskanker by haar gediagnoseer is. “Ek het ná ’n prosedure om die kanker te verwyder bestraling ontvang en is vandag in remissie. Ek gaan elke ses maande vir ’n roetine-ondersoek. Die diagnose en behandeling het my hele lewensuitkyk verander en die Here het my deur alles gedra.” Haar wederhelf, Raz, was haar groot steunpilaar in hierdie tyd van beproewing. “Raz is my rots en hy het my aangemoedig om elke dag treetjie vir treetjie te vat.”
Sy het Raz, ’n farmaseutiese analis wat van Deense afkoms is, 14 jaar gelede by ’n kuierplek in Johannesburg ontmoet en hulle het onmiddellik gekliek. “Raz laat my van die eerste dag af al lag en hy laat my steeds lag.”
Hulle is in 2012 getroud. “Raz het as kind vier jaar lank saam met sy ouers in Tanzanië gewoon en is gelukkig versot op Afrika. Ek kan net ’n paar woorde Deens praat, maar Kiean is vinnig op pad om Deens te leer en help my gou-gou reg wanneer my uitspraak foutief is.” Corine en Raz het Kiean verlede jaar vir die eerste keer Denemarke toe geneem sodat hy meer oor die Deense kultuur en sy herkoms kan leer.
“Kiean het ’n sagte hartjie en het baie empatie en respek vir sy medemens, diere en plante. Ek is so trots op hom. Ek dink nie hy sal ooit ’n boelie wees nie.”
Corine du Toit: So gelukkig
Toe Corine vir die fotosessie poseer, is sy dadelik tuis voor die kamera – net soos in haar jonger dae toe sy voltyds model was. Die jare het haar beslis goed behandel en sy skroom ook nie om haar skoonheidsgeheim te verklap nie: kollageen. (Corine is ’n agent vir O Nutricia, ’n reeks kollageenprodukte). “Ek is mal oor kos en kosmaak en maak graag Thaise en Italiaanse geregte. Maar ons is gesondheidsbewus en ek maak gereeld smoothies. Ek gaan ook graag gim toe maar moes onlangs ná ’n toonbesering ’n blaaskans neem.”
Haar verhouding met haar Skepper is baie belangrik. “Ek wil nie my geloof aan ander mense opdwing nie, maar ek wil ’n lig uitstraal sodat ander mense nuuskierig kan wees en wonder wat het daardie vrou wat haar so gelukkig maak?”
Haar lewensfilosofie was voorheen “go with the flow”. “Maar sedert ek tot bekering gekom het, is dit ‘vertrou op God’, want Hy is in beheer, selfs al gooi die lewe jou ’n paar curve balls. Wanneer jy agterna terugkyk, sal jy sien hoe die hand van God jou in ’n sekere rigting gedwing het en hoe alles op die ou einde ten goede vir jou meegewerk het.”
Daar staan nog baie dinge op haar wenslysie. “Ek wil nog baie reis en kreatief wees – of ek nou skryf, of toneelspeel. Maar soos moederskap my ook al geleer het, jy kan nie alles in die lewe beplan of beheer nie. Al fokus jy op jou eie planne, het God ander planne vir jou.”
Loer hier vir nog lekker nuus oor bekendes
The post Corine du Toit: So gelukkig appeared first on rooi rose.
Die beste spyskaarte vir Moedersdag
Die beste spyskaarte vir Moedersdag saamgestel deur Catherine Schenck. Resepte deur Vickie de Beer.
Saamkuier-en-kook-ete vir Moedersdag
Hierdie is die lekkerste kuierkos-spyskaart. Laat al die grootmense (en groot kinders) saam kook om nog langer saam te gesels.
Geen-knie foccaccia met vye en bokmelkkaas
Die beste spyskaarte vir Moedersdag
Klik hier vir die resep
Confit-beesfilet met pangrattato
Klik hier vir die resep
Beetpasta en geroosterde beet, en rooi-uie met roketpesto
Klik hier vir die resep
Polenta-en-olyfoliekoek met lourierblare en geroosterde pruime
Klik hier vir die resep
Swartbessie-en-roosmarynsangria
Klik hier vir die resep
Lees ook: Moedersdagmedisyne – ’n blog oor Moedersdag
Met liefde vir ma: Ontbyt in die bed
Maak op Moedersdag ’n heerlike en maklike ontbyt vir die vrou van die huis. Die resepte is maklik genoeg sodat klein handjies vir Pappa of Ouma kan help.
Die beste spyskaarte vir Moedersdag
Rooibostee-en-pomelo-ontbytpons
Foto: Lindy Kriek
Klik hier vir die resep
Spanspek-ontbytbakkies met tuisgemaakte granola
Klik hier vir die resep
Luukse forel-ontbytbord
Klik hier vir die resep
Die beste spyskaarte vir Moedersdag
Gebakte Franse roosterbrood met ham en gruyère-kaas
Klik hier vir die resep
Lemoen-ontbytkoekies
Klik hier vir die resep
Koekiekaartjies vir Moedersdag
Klik hier vir die resep
Lees ook: Nog twee spyskaarte vir ontbyt in die bed
High tea vir Moedersdag
Dek ’n pragtafel en sit die mooiste high tea vir die ma’s in jou lewe voor!
Fortuinkoekies
Skryf dankie-sê boodskappies vir ma op strokies papier en draai hulle in die fortuinkoekies toe
Klik hier vir die resep
Teejellies
Klik hier vir die resep
Delikate dimsum
Klik hier vir die resep
Kwarteleiers met swart sesamsout
Klik hier vir die resep
Florentines
Klik hier vir die resep
Krakerige groentebondeltjies
Klik hier vir die resep
Peer-en-okkerneut-koekies
Klik hier vir die resep
Romerige salmterrien met pistasie-melbabrood
Klik hier vir die resep
Gemmer-en-klapper-kolwyntjies
Klik hier vir die resep
Stroperige teekoekies
Klik hier vir die resep
Lees ook: Nog heerlike spyskaarte vir Moedersdag
The post Die beste spyskaarte vir Moedersdag appeared first on rooi rose.
Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou
Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou deur Ilse Salzwedel. Foto’s: Verskaf
Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou
Vriendskap en verlies is twee van die hooftemas in Still Breathing (Donderdae op MNet). In die eerste episode sterf Trent, ’n jong sakeman, onverwags in ’n motorongeluk. Sy dood laat sy vrou, vriendekring en familie met baie vrae, en elkeen probeer die verlies en al die onthullings wat daarop volg, op sy eie manier verwerk.
Brandon vertolk die rol van Danny, ’n ware steunpilaar vir die hele vriendekring en ’n pa van drie. Sy vrou sit skynbaar vierkantig op sy kop, of so lyk dit altans vir die kyker. Ons sien hoe Danny sy eie hartseer opsy skuif om almal om hom gelukkig te hou en sy gesin te beskerm en te versorg. Dit lei mettertyd tot slapeloosheid en ’n vrees om sy vrou of kinders te verloor of self te sterf.
Vertel ons van Danny …
Hy is is regtig ’n goeie ou, een van daardie staatmakermense. Hy kan nogal vergeetagtig wees, maar dis omdat hy hom die hele tyd bekommer oor almal om hom. Hy wil net hê almal moet oukei wees. Sy vrou sit nou wel ’n bietjie op sy kop, maar hy is regtig, regtig lief vir haar en sal enige iets doen om haar gelukkig te hou – selfs al beteken dit hy moet haar geite verduur.
Ek wil nie te veel verklap nie, maar soos elke karakter in die reeks het hy ’n breekpunt of twee – hy probeer immers sy bes om alles te hanteer, al voel dit of hy self bietjie-bietjie doodgaan nadat sy beste vriend dood is. Maar hy is en bly ’n goeie ou, ten spyte van wat later in die reeks gebeur.
Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou
Hoe ’n soort pa is jy vir jou eie negejarige dogter?
’n Baie betrokke een! Ek en haar ma is nie meer saam nie, maar steeds beste vriende. Dis vir ander mense moeilik om te glo, maar dis regtig so. Ons het lank gelede al besluit dit behoort nie te gaan oor ons nie, maar oor hierdie pragtige siel in ons lewens. So, wanneer sy by my is, doen ons allerhande goed. Sy is nogal besig, en ons doen soms mal goed saam. Ons gaan speel paint ball, vang vis, klim teen rotse uit … Sy het ook ‘n paar toneeltjies in Still Breathing as Lilly, maar as jy na haar luister, het sy ’n hele karakter gehad waaroor sy selfs lang gesprekke met mense gehad het. (Hy lag).
Wil sy ’n aktrise word?
Ek het aanvanklik gedink dat sy uit verveling wil deel wees van my shows, maar sy het ook ’n rolletjie in ’n internasionale rolprent (Redeeming Love) losgeslaan. Dit behoort volgende jaar te verskyn. Ek dink sy is gelukkig dat sy al op ’n hele paar stelle saam met my kon wees. Sy verstaan presies hoe die bedryf werk. En dat die bloed byvoorbeeld gemaak word van ’n mengsel van suiker en stroop en kleursel en ’n klomp goed. Ek onthou dat ek eenkeer nogal mooi moes gaan verduidelik by haar kleuterskool dat sy nie regte bloed gelek het en regtig dooie mense gesien het nie, maar dat sy saam met my op stel was. Ons het ’n riller geskiet, en sy het by die span wat vir spesiale effekte moes sorg, geleer hoe kunsbloed en poppe wat dooie mense voorstel, gemaak word.
Sal jy haar ondersteun as sy daarvan ’n loopbaan wil maak?
Ja, ek sal. Sy het ook ’n pragtige sangstem, en as sy wel belangstelling toon, sal ek haar beslis ondersteun en help waar ek kan. Ek sal haar soveel laat sukkel as wat sy nodig het, maar daarna sal ek beslis ’n sleutel in die deur sit om dit vir haar oop te maak as ek enigsins kan. Ek sal nooit wil hê dat sy deur alles moet gaan waardeur ek die afgelope 26 jaar is nie. Ek moet steeds soms smeek vir betalings en oor ’n minimumsalaris onderhandel, en ek sal seker maak sy word nie so behandel nie. Ja, dit is ’n stryd, maar as hulle jou wil hê, sal hulle betaal. Dis wat ek deur die jare geleer het. En om vas te byt.
Wou jy nog altyd ’n akteur wees?
Beslis! Vandat ek die eerste keer Return of the Jedi gesien het, was ek obsessief oor die idee van toneelspeel. Ek het altyd geweet dat ek ’n akteur wil wees. Daardie tyd moes ’n mens jou pad boontoe in die bedryf oopwerk – dit was allermins ’n gewildheidskompetisie. Jy moes wys wat in jou steek. Ek het alles gedoen – baie verhoogwerk, baie musiekteater, baie kinderteater, baie drama. Ek het eintlik nie baie televisiewerk gedoen nie, hoewel mense danksy my byna agt jaar in Isidingo dink ek het. Still Breathing is maar my vierde of vyfde TV-reeks, as ek nou vinnig tel.
Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou
Wat is jou groot liefde as dit kom by jou werk?
Rolprente maak! Ek is ’n liefhebber van die kuns daarvan, die hele proses – ek is absoluut mal daaroor!  Ek praat juis tans met MNet oor van my eie draaiboeke wat al ’n paar jaar gelede geskryf is.
Hoe het jou pad in die bedryf geloop?
Ek was in my eerste semi-professionele toneelstuk toe ek maar 11 was. Ek het die rol van Bugsy Malone gespeel. Ek het op skool drama geneem, en het na my nasionale diensplig drama studeer by die Pretoria Technikon. Dit het destyds nog ’n fantastiese naam gehad en het ’n hele klomp groot akteurs opgelewer. Ek het my dramagraad gekry en tydens my studie ook danslesse geneem (tap en jazz). Ek het daar in die beginjare baie musiekteater gedoen, en eers later meer dramas. Ek dink baie mense het my vir ’n lang tyd nie eintlik as ’n ernstige akteur gesien nie. Ek was soort van die “go-to-guy”, die ou wat jy gebruik het as jy ’n ding gedoen wil hê. Maar vir my is toneelspel nog altyd ’n baie ernstige saak.
Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou
Jy is nou al meer as 25 jaar in die bedryf. Wat beskou jy as jou hoogtepunte?
My eerste professionele optrede was in Joseph and his amazing technicolour dreamcoat in 1994, die jaar waarin ek graad gekry het. Later het ’n paar lekker rolle in musiekproduksies gevolg, soos The Buddy Holly Story, waarvoor ek moes leer baskitaar speel – regtig speel, en nie net maak of ek speel nie. Ek het die rol van Joe gespeel teenoor Steve Hofmeyr en Paul Buckby. Ek was ook in Summer Holiday, weer teenoor Steve Hofmeyr. En ek het baie kinderteater gedoen – ek het eintlik al alles gedoen, behalwe ’n Engelse pantomime.
Ek veronderstel my groot deurbraak was seker maar The Buddy Holly Story as dit by teater kom, en as dit by televisie kom, is dit beslis Isidingo. Maar dis ’n heel ander storie as dit by rolprente kom. My eerste rolprentrol was in 2007 in ’n internasionale fliek, maar ek het lank kleiner rolle gespeel voor my deurbraakrol in Elysium (2013) met Neil Blomkamp as regisseur. Dit was my tweede rolprent met hom in die regisseurstoel, en uiteindelik het ek in al drie sy rolprente en twee van sy kortflieks gespeel. Maar of ek nou aan ’n internasionale of plaaslike produksie werk, ek benader alle werk met dieselfde toewyding. Die meeste van my werk gebeur in Suid-Afrika, danksy goeie verhoudings wat ek hier opgebou het oor die afgelope klompie jaar. Maar ek het ’n internasionale agent wat ook vir my draaiboeke stuur.
Jou voorkoms verander baie vir verskillende rolle …
Ja, ek probeer om my liggaam soveel moontlik te manipuleer vir elke rol – dit gaan oor meer as net hare en ’n baard. Ek het eintlik vir die meeste van my rolle een of ander fisiese verandering ondergaan, soos om gewig te verloor of gewig op te tel of spiere te bou.
Johnny en Tiffany Barbuzano, die vervaardiger en skrywer van Still Breathing, vertel dat hulle elke rol met ’n spesifieke akteur in gedagte geskryf het. Hoe ken julle mekaar?
Ons is al seker 20 jaar vriende. Ek het ’n dwelmhandelaar gespeel in een van hulle reekse (Sober Companions), en ons het ’n wonderlike vriendskap op stel begin. Ek is nie seker of dit die rede was dat hulle my in Still Breathing wou he nie, maar ek is baie dankbaar vir die geleentheid.
Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou
Waarvan hou jy? En wat verpes jy?
Ek hou van goeie maniere en mense wat ander mense in ag neem. En ek haat die blame game – moenie ander mense blameer vir iets wat eintlik jou fout is nie. Ek hou van mense met groot harte. Ek het vriende wat al groot geld gemaak het wat baie nederig is – dis vir my belangrik dat mens nederig bly, maak nie saak wat jy al bereik het of nie bereik het nie. Ek hou van eerlikheid, van kommunikasie, van gesels.
Wat weet mense nie van jou nie?
Dat ek nogal skaam is. Hoe ouer ek word, hoe meer teruggetrokke raak ek – onthou, ek is nou ’n pa, en dis die mees vervullende aspek van my lewe. Ja, ek het ’n wonderlike loopbaan agter my. Ek is op my gelukkigste saam met my vriende.
As jy moet kies: hond of kat?
Ek hou van albei en het al albei gehad. ’n Hond is soos ’n vrou, en ’n kat soos ‘n minnares – sy sal jou laat weet as sy enigsins lus is vir jou aandag.
Hoe ontspan jy?
Ek hou van visvang en skubaduik. En jag. Tyd in die bos saam met my beste vriende en familie is eenvoudig wonderlik. Ek het baie lank laas geduik, maar ek onthou hoe kalm en rustig dit my gemaak het. Dis iets wat ek beslis saam met my dogter wil doen wanneer sy ouer is. Sy is nogal ’n ywerige swemmer en lief vir water.
The post Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou appeared first on rooi rose.
#RRLipstiffieUitdaging – daag ‘n vriendin uit om vir ’n week saam met jou lipstiffie te dra
#RRLipstiffieUitdaging – daag ‘n vriendin uit om vir ’n week saam met jou lipstiffie te dra deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Johan Wilke.  Model Colette Cronjé
Hierdie is net vir die pret, maar jy kan dalk aangenaam verras wees, daar is selfs wetenskaplike navorsing wat daarop wys dat grimering jou beter kan laat voel!
Psst … maak seker om ’n paar aanlynkuiers ook te reël of verras jou lewensmaat met ’n ‘date night’ terwyl jy vir ’n slag grimering aanhet.
Dit is maklik om te dink, “ag grimering en mooi lyk is so oppervlakkig in hierdie tyd waarin daar soveel meer belangriker en ernstiger dinge aan die gebeur is.” Maar lipstiffie is veel meer as net ’n smeersel kleur aan jou lippe.
Lees ook: Maklike naelkuns wat jy self by die huis kan doen
Grimering kan jou laat beter voel
Dit is een van die wenke van voorligtingsielkundige en mediator Dr Hannetjie van Zyl-Edeling tydens rooi rose se podsending Tussen Ons Seisoen 3 Episode Hoe om kalm te bly tydens die inperking en covid 19 pandemie (klik op die skakel om dit te luister).
Een van die dinge wat sy aanbeveel is om mooi aan te trek, grimering aan te sit en jou hare te doen (asof jy gaste verwag).
“Al die mooi goed wat jy vir jouself doen, help om jou energievlak hoog te hou – en veral jou gedagtes.”
Sy glo ook in die positiewe uitwerking van ’n glimlag, so glimlag gerus vir jouself en ander in jou huis, veral met jou mooi geverfde lippe!
Lees ook: Gooi hierdie skoonheidsprodukte nou weg
As jy beter voel oor jouself, voel jy ook slimmer
Hierdie kan dalk help as jy ’n ma is wat ewe skielik ’n ‘tuisskool juffrou’ ook by jou al vele titels moet voeg. Om ewe skielik te moet help ‘vakke’ aanbied waarvan jy dalk lankal vergeet het, en glad nie deel is van jou daaglikse bestaan of werk nie, is op sy eie ’n uitdaging!
Grimering kan jou selfvertroue ’n hupstoot gee, wat maak dat jy ook beter dink en presteer. Dit (en musiek) help jou ook om in ’n meer postiewe bui te kom (my man en kinders sal bly wees!).
Dit is die bevinding van ’n groep navorsers van die Mediese Skool van Harvard in die V.S.A en die Universiteit van Chieti, Italië. Tydens die navorsingprojek getitel Does make-up make you feel smarter? The “lipstick effect” extended to academic achievement is vroulike studente in drie groepe opgedeel; een groep het musiek geluister, een groep het grimering aan gehad en ’n ander groep  het ’n gesig ingekleur. Hierna is hulle kognitiewe vermoë getoets. Die groep met grimering aan se kognitiewe vermoë was beter en dit word daaraan toegeskryf dat grimering (net soos musiek) jou positief laat voel. Grimering verbeter egter ook selfbeeld, wat maak dat jy beter presteer.
Lees ook: Gee jouself ’n “facial” by die huis
Helder lipstiffie kan jou jonger en meer aantreklik laat lyk en voel
Soos ons ouers word, word ons lippe en wenkbroue valer. ’n Jonger vrou se lippe is heelwat rooier as haar vel, wat die beeld van jeugdigheid skep.
“Die rooiheid van jou lippe neem af met veroudering, maar die vel rondom die lippe word ook meer rooi, so die kontras tussen jou lippe en vel neem af. Dit is iets wat met grimering gemanipuleer kan word,” sê Richard Russel, hoofnavorser van ’n studie gedoen deur Chanel se navorsings- en ontwikkelingspan en navorsers van die Gettysburg College van Pennsylvania in die V.S.A.
Deur rooi lipstiffie te dra kan jy ’n groter kontras tussen jou gelaatstrekke skep, wat jou kan laat jonger lyk en voel.
So speel jou gunsteling musiek (sommer lekker hard), verf jou lippe en glimlag!
Lees ook: Sewe sjiek style met haarserpies
Lipstiffiekleur en jou gemoed
Die kleur lipstiffie wat jy kies kan ook jou gemoed beïnvloed
Rooi
Kan jou meer selfversekerd en vol vertroue laat voel, en ook ’n bietjie stout.
Koraal en oranje
Volgens kleur-sielkunde is oranje ’n energieke kleur en dit kan dalk help om jou meer positief te laat voel. So kies gerus ’n oranje-rooi, koraal of meer natuurlike oranje skakerings as jy die dag ’n bietjie af voel.
Pienk
Sagte pienk skakerings kan kalmerend wees terwyl helder pienk lipstiffies ’n energieke en lewenslustige gevoel kan skep.
Donker bessieskakerings
Hierdie skakerings maak ’n stelling en kan jou meer onafhanklik en rebels laat voel. As die roetine en eentonigheid van tuisbly jou onderkry, verf jou lippe donker, luister na harde rock-musiek en dans jou frustrasies uit! Dit help.
Natuurlike naak-skakerings
Navorsing wys dat hierdie skakering jou warmer en meer bereikbaar laat lyk.
Lees ook: Gebruik só jou gesigmaskers reg
Ons #RRLipstiffieUitdaging deelnemers
1. TV-aanbieder Vanes-Mari du Toit
“Grimering is soos ’n emosie, dit het die vermoë om my soms beter te laat lyk as wat ek werklik voel en dit lig my gemoed sommer dadelik. Daar gaan min dae verby waarop ek nie sommer net maskara of  lipstiffe aansit nie, maar dis net so lekker om aan die einde van die dag die grimering af te haal ook.”
#RRLipstiffieUitdaging – daag ‘n vriendin uit om vir ’n week saam met jou lipstiffie te dra
2. Aktrise Rolanda Marais
“Daar is iets wat sielkundig gebeur as ek ’n bietjie moeite doen, asof my gemoed net beter is daai dag.”
3. rooi rose adjunkredakteur Hannelie Diedericks
“Ek hou daarvan om grimering aan te sit elke oggend voor ek werk toe gaan, maar ek dra nie gewoonlik grimering as ek die dag net by die huis sit nie. Maar die ritueel om elke oggend jou hare te doen en grimering aan te sit is tyd wat ek gebruik om myself ook emosioneel voor te berei vir die dag. Dit gee my selfvertroue en laat my “gereed” voel vir enige iets wat die dag mag bring. Daarom het dit nogal vreemd vir my gevoel om grimering aan te sit en my hare droog te blaas terwyl ek van die huis af moes werk vir die inperkingstyd. Maar dit was merkbaar hoeveel beter dit my laat voel het op daardie dae. Ek het net ’n bietjie meer positief en energiek gevoel al het ek net voor my laptop en TV gesit en nie nog ’n siel gesien die hele dag nie. Na die sewe dag-uitdaging het ek ’n punt daarvan gemaak om nou en dan – nie elke dag nie – dit steeds te doen. Al is dit net vir myself.”
#RRLipstiffieUitdaging – daag ‘n vriendin uit om vir ’n week saam met jou lipstiffie te dra
4. rooi rose skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé
“Ek dra nie elke dag baie grimering nie, en veral gedurende lockdown het ek maar baie min grimering gedra. My man werk elke dag, so ek is alleen en ek skarrel so om die huis skoon te kry, om juffrou vir my twee besige seuntjies te speel en my eie werk gedoen te kry, dat ek al ‘n paar keer eers teen middagete, wanneer die kinders ‘n ‘pouse’ neem, agtergekom het ek is nog in my nagklere! Daardie dae het ek sommer ekstra moeg en af gevoel. Ek het nog altyd ‘n helder lipstiffie aangesit om my gemoed te lig, maar vandat ek die #RRLipstiffieUitdaging begin het, het ek eers agtergekom watter reuse verskil dit aan jou bui maak. Nadat ek ‘n hele spul wetenskaplike artikels deurgelees het, weet ek nou hierdie is nie iets wat ek my net verbeel nie.”
#RRLipstiffieUitdaging – daag ‘n vriendin uit om vir ’n week saam met jou lipstiffie te dra
5. rooi rose assistent-skoonheidsredakteur en stilis Justine Kroes
“Ek was so dankbaar om grimering aan te sit vir hierdie uitdaging. Dit het my werklik beter laat voel oor myself, selfs al het ek die hele dag in oefenklere en japonne rondgeloop! Ek was veral dankbaar dat my gesiggie ten minste opgehelder is vir wanneer ek een van die kinders van my man se skoot af moet verwyder gedurende een van sy 10 miljoen Zoom vergaderings!”
6. rooi rose digitale assistent, bemarking en kompetisies – Zoë Salzwedel
“Op die dae waarop ek grimering gedra het, het ek mooi en versorg gevoel. Jou gesig is skoon, tande geborsel, hare gekam, grimering gedoen en jy’t sommer ook onthou om jou gunstelingparfuum aan te spuit. So een, jy voel goed oor jouself en twee, omdat jy goed voel sien jy kans vir die dag se werk wat voorlê. Dit dwing jou om by jou roetine te hou en saans weer moeite te doen om jou gesig skoon te kry – jy ruil nie net na jou “aandpajamas” en splash jou gesig met koue water nie. Dus dwing dit jou om ook by jou velsorgroetine te hou. Ek dink dis goed om tydens dié inperking so af en toe moeite te doen met jou voorkoms, al is dit net om jóú gemoed te lig. Plus, dis die ideale tyd om met allerhande kleure en voorkomste te waag.”
#RRLipstiffieUitdaging – daag ‘n vriendin uit om vir ’n week saam met jou lipstiffie te dra
Lees ook:
Die mooiste lipstiffies wat jy hierdie somer moet dra
Hoe om warm pienk lipstiffie te dra
The post #RRLipstiffieUitdaging – daag ‘n vriendin uit om vir ’n week saam met jou lipstiffie te dra appeared first on rooi rose.