sportsterre | rooi rose

Die krag van suiwelvoeding vir jong atlete
Om seker te maak dat kinders daagliks die korrekte voedingstowwe inneem om gesonde groei, ontwikkeling en ‘n aktiewe lewenstyl te ondersteun, is dikwels ‘n bron van kommer vir ouers. Die verantwoordelikheid is selfs groter wanneer kinders ernstig aan sport deelneem. Sportdeelname en die oefening wat daarmee gepaard gaan, verhoog verder die intensiteit en frekwensie van wat die liggaam benodig. Of jou kind sopas met skoolsport begin het, of belofte as ’n toekomstige ster toon, dit is uiters belangrik vir sy of haar prestasie, herstel en algemene gesondheid om die wetenskap van sportvoeding te verstaan.

Die basiese beginsels van sportvoeding vir aktiewe kinders

Geregistreerde dieetkundige Rosey Lombard sê: “’n Gebalanseerde dieet is die grondslag van sportvoeding. Vir kinders wat gereeld aan sport deelneem, is daar egter verskeie belangrike bykomende aspekte. Dit sluit in gefokusde voeding wat prestasie tydens oefening en kompetisies ondersteun, asook ná sportdeelname herstel en langtermyngesondheid verseker.”

Lees ook: Hoe om ’n trae kind te motiveer

’n Goed gebalanseerde dieet vir aktiewe kinders sluit die volgende in:

Koolhidrate – die primêre energiebron vir die brein en spiere tydens sport. Koolhidrate kan ’n bron van dieetvesel wees en is uiters belangrik vir dermgesondheid. Voedsel soos volgraan brood, rys, aartappels, vrugte en groente verskaf volhoubare energie wat nodig is om vir hoë-energie aktiwiteite voor te berei en daarmee deur te druk.

Proteïene – die boustene wat nodig is vir spierontwikkeling, -groei en -herstel. As deel van ‘n dieet wat verskeidenheid insluit is  melk, joghurt, kaas, hoender, vis, eiers en peulgewasse goeie proteïen bronne. Dit dra  gewoonlik by tot die  kind se daaglikse proteïenbehoeftes sonder dat enige bykomende aanvullings benodig word.

Vette – noodsaaklik vir die funksionering van liggaamselle en die verskaffing van gekonsentreerde energie. Gesonde vette soos avokado, grondboontjiebotter, olyfolie en neute kan die energieinhoud (kJ) van maaltye verhoog sonder om te veel volume by te voeg.

Vitamiene en minerale – ruimskoots beskikbaar in kleurryke vrugte en groente om die liggaam se gesonde funksioneering te ondersteun. Vitamiene help om die immuunstelsel te ondersteun en algemene gesondheid te bevorder, en minerale soos kalium en magnesium is noodsaaklik vir spierfunksie.

Die rol van suiwel in sportvoeding

“Suiwelprodukte speel ’n belangrike rol in die dieet van jong atlete,” sê Maretha Vermaak, geregistreerde dieetkundige by Rediscover Dairy. “Dit verskaf hoëgehalte proteïen, wat deurslaggewend is vir die verbetering van sportprestasie en om herstel ná oefening aan te help.

“Navorsing toon dat so min as 500 ml melk of gegeurde melk ná hoë-intensiteit oefening, al die regte bestanddele bevat om spiere te help herstel en te bou, wat gedurende oefening afgebreek is. Deur ’n drankie wat so voedsaam soos melk is binne ’n uur ná ’n oefensessie in te neem, help jou liggaam om energievlakke te handhaaf en beperk die afbreek van spierweefsel. Dit maak dit vir die kind moontlik om die volgende dag weer net so hard te oefen. Behalwe vir proteïen, verskaf suiwel ook koolhidrate vir energie; kalium, natrium en magnesium om elektroliete te vervang wat deur sweet verlore gaan, en vloeistof om dehidrasie te voorkom. Melk en melk produkte is besonders ryk aan kalsium, ’n mineraal wat belangrik is om sterk bene te bou en om spierfunksie te ondersteun en te handhaaf.”

Lees ook: Aktiewe kinders is slimmer kinders

Hier is voorbeelde van ideale tussen-in happies vir ná oefening:

Melk of gegeurde melk

Jogurt of drinkbare jogurt

Gladdejantjies (“smoothies”) gemaak van jogurt en melk

Graanvlokkies met melk of jogurt

Kaastoebroodjies

Gebakte aartappel met maaskaas

Pas jou kind se voeding aan volgens sy/haar behoeftes

Elke kind is anders, en sy of haar voedingsbehoeftes verskil na gelang van faktore soos ouderdom, intensiteit van aktiwiteit en persoonlike voorkeure. Ouers moet seker maak dat die kind se inname voldoende energie (kilojoules) bevat om aan hulle daaglikse behoeftes vir algemene funksionering, groei, sportprestasie en herstel te kan voorsien. “Een manier om seker te maak dat jou kind genoeg energie inneem, is om gesonde vette by maaltye en versnaperinge te voeg” sê Rosey. “Dit kan byvoorbeeld wees om grondboontjiebotter by ’n ‘smoothie’ of avokado by ’n kaastoebroodjie te voeg, of ’n handvol neute in sy of haar kosblik te sit” gee sy raad. Vette bevat meer as dubbel die energie per gram in vergelyking met koolhidrate of proteïene; dit is dus ’n gekonsentreerde bron van energie”

Volhoubare energie en hidrasie voor oefening – Dit is uiters belangrik dat jou kind voldoende energie voor oefening inneem deur middel van ’n koolhidraatgebaseerde versnapering. Dit kan ’n vinnige ‘smoothie’ wees, of joghurt met vrugte, graanvlokkies met melk of roosterbrood met grondboontjiebotter en konfyt. Hidrasie is net so belangrik – moedig jou kind aan om deur die loop van die dag water of melk te drink om optimale hidrasievlakke te handhaaf.

Herstel ná oefening – Die doel ná oefening is om die energie wat verbruik is te vervang en om spierweefselse herstel te ondersteun. Dit is ideaal om binne die eerste uur ná oefening ’n koolhidraat- en proteïenryke versnapering soos gegeurde melk, jogurt met vrugte of ’n toebroodjie met kaas en heuning in te neem. As jou kind nie lus is vir eet nie, kan ’n ‘smoothie’ of melkskommel ’n goeie alternatief wees om die herstelproses ’n hupstoot te gee.

Rosey sluit af: “Sportvoeding vir kinders behoort nie ingewikkeld te wees vir ouers nie, veral nie as jy reeds ’n sterk grondslag van gebalanseerde daaglikse maaltye het nie. Dan is dit net ’n kwessie van om daarop te let  om voor sportdeelname aan hul energiebehoeftes te voldoen en om ná sport op proteïenryke versnaperinge vir herstel te konsentreer. Ouers het ’n groot verskeidenheid keuses oor hoe om aan die voedingsbehoeftes van hulle ontluikende atlete te voldoen, en gelukkig is baie melk en suiwelprodukte onder kinders se gunstelingkos.”

Besoek https://www.rediscoverdairy.co.za/sport-nutrition/ vir meer inligting oor die voordele van suiwel en sportvoeding vir kinders.

Lees ook: Visieprobleme in kinders: wat jy moet weet

The post Die krag van suiwelvoeding vir jong atlete appeared first on rooi rose.

Die Blitzbokke kuier saam met Tom Cruise
In die foto bo verskyn die Blitzbokke-span saam met Tom Cruise en Wade Eastwood (’n Suid-Afrikaner wat ’n waaghals in die fliek is). Die rugbymanne het, terwyl hulle op toer in Parys is, die stel van Tom se nuwe fliek, Mission Impossible 6, besoek.

Kyk na dié video waar hulle vir Tom ’n spesiale geskenk gee:

Blitzboks checklist for Paris 2017. Contest @paris7s, play hard and win. Clinch the @worldrugby 7s series. Then meet @tomcruiseofficial_ and hand him Springbok Sevens pennant. Mission Impossible? Nah, not when you have @wadeeastwood on your side! @asics_za @steinhoffrugby #BlitzBOOM #goodguys #blessings @sebastianprim5 @wernerkok7 @sticksjunior_14 @philipsnyman @chrisdry7 @shakeymilkshake @speckmagic @cecilafrika @ryan_oosthuizen @ruhannel @tim_agaba @brett_gosper @douglaslangley @dylansage13 @brancodupreez7 @dewaldhuman10

A post shared by SA Rugby (@bokrugby) on <time style="font-family: Arial,sans-serif; font-size: 14px; line-height: 17px;" datetime="2017-05-15T21:08:12+00:00">May 15, 2017 at 2:08pm PDT</time>

Werner Kok, een van die spelers in die Blitzbokke-span, het ook ’n foto op Instagram gedeel waar hy sê hoe lekker dit was om vir Tom Cruise en Simon Pegg te ontmoet:

What an Awesome experience to be on the set of the new Mission Impossible. Best part was meeting @tomcruiseofficial_ and @simonpegg_ such legends but so humble and nice. Thanks for having us. #celebrities #tomcruise #simonpegg #missionimpossible6

A post shared by Werner Kok (@wernerkok7) on <time style="font-family: Arial,sans-serif; font-size: 14px; line-height: 17px;" datetime="2017-05-15T11:39:33+00:00">May 15, 2017 at 4:39am PDT</time>

The post Die Blitzbokke kuier saam met Tom Cruise appeared first on rooi rose.

Chad & Cameron oor roem, vroue en hul sekssimbool-status
Chad le Clos

Baie mense vergeet jy is maar net twintig, daar is soveel dinge wat ’n ou van jou ouderdom nog moet ervaar, maar het alles nou verander?

Vir seker, baie mense beskou my nou as ’n rolmodel. Ek kan nie net die gewone studentedinge doen nie. Maar aan die ander kant: Ek het hierdie lewe gekies. Ek wou van kleins af ’n Olimpiese kampioen wees en ek het geweet saam met dié keuse kom baie verantwoordelikhede. Ja, dit is moeilik, maar jy leer om aan te pas en dis eintlik baie cool.

Jy het eensklaps beroemd geword nadat jy die legendariese Michael Phelps geklop het en goud en silwer by die 2012 Olimpiese Spele gewen het. Maar jy het ook onmiddellik ’n sekssimbool geword. Hoe hanteer jy dit?

Ek moet bieg, ek is mal oor al die vroulike aandag, dis waarskynlik die beste deel! (hy lag). Maar alles het oornag gebeur en ek moes baie vinnig grootword, en dis nogal swaar. Ek het nie ’n benul gehad van wat op my wag nie. Ek het my lewenslange droom bereik, en dis al klaar oorweldigend. Ek het geweet dit gaan groot wees, maar ek het nie besef hoe groot nie. Ek kry steeds boodskappe van Amerikaners wat sê hulle kan nie glo ek het hul held gewen nie.

Wat dink jy as jy vir jouself in die spieël kyk?

Ek is tevrede met wat ek sien, maar ek sien myself maar net as ’n doodgewone ou, niks besonders nie.

Beskryf ’n mooi vrou

Kyk, persoonlikheid is eerder vir my belangrik. Dit help nie iemand is beeldskoon maar het nie ’n persoonlikheid nie. Ek wil iemand hê by wie ek net myself kan wees; iemand by wie ek gemaklik voel, en omgekeerd.

Wat maak ’n vrou onweerstaanbaar?

Ek het ’n sagte plekkie vir sangeresse. Ek weet nie hoekom nie, maar ek word heeltemal gaga.

As jy kon kies, saam met watter sangeres sou jy ’n aandjie wou deurbring?

Oe, toe ek jonger was vir seker Britney Spears, maar nou sal dit Selena Gomez wees. Ek hou van daardie soort voorkoms. (Mmm, ons wonder wat sal haar kêrel, Justin Bieber, met sy maer, wit lyf daarvan sê.)

Hou jy van ’n vrou met selfvertroue?

Ja en nee. Ek hou van ’n vrou met selfvertroue, maar nie iemand wat vreeslik flankeer nie. As sy my meisie is, moet sy myne wees, nie almal s’n nie.

Jy oefen hard, lei ’n gesonde lewe en lyk bésonder goed. Het jy spesifieke mode- of grooming-gewoontes?

Ek hou daarvan om netjies aan te trek en hou van ’n pak, jeans en hemde met ’n goeie snit. Dis vir my belangrik dat klere lekker moet sit. Verder gebruik ek sommer lyfwasseep vir my gesig, gewone room en skeerroom. Ek hou ook nogal van Polo Cologne en Angel for Men.

Is jy ’n boobs, boude en bene ou?

Ek is ’n oë, boude en bene ou.

As ’n vrou vir jou vra of sy vet lyk, wat sal jy antwoord?

Ek sal reguit wees. (Bert lag hom amper van sy stoel af.) As dit iemand na aan my is en hulle lyk nie goed nie, dink ek jy moet liewer eerlik wees. (Bert kruip nou omtrent op die vloer van die lag.)

Kan jy sien as iemand ’n boob job gehad het?

Een van my vriendinne het ’n paar jaar gelede een gehad en sy het my vertel wat die verskille is, maar voor dit het ek glad nie geweet nie. Ek het nie ’n pyn daarmee nie.

Wanneer is ’n vrou vir jou sexy?

Daar is verskillende maniere van sexy wees, dit het meer met ’n houding te doen as enigiets anders. Charlize Theron en Megan Fox is sexy, Cameron Diaz is cute.

Hoe voel jy oor grimering?

Ek dink dit hang van elke individu af en wat by haar werk. Baie vroue lyk eintlik heel goed sonder grimering. Ek dink ons is bevoorreg om van die mooiste vroue ter wêreld te hê; vroue wat natuurlik mooi is.

Hoe sal jy ’n oulike meisie benader, en wat sal die reëls vir haar wees?

Ek sal na haar toe loop en sê “You remind me of a broom because you swept me off my my feet” (en toe bars hy uit van die lag). Ek het ’n ruk gelede deelgeneem aan ’n foonpoets met Wackhead (Darren Simpson) van 947, en dit was een van die goed wat ek vir die meisie oor die foon moes sê. Ek sal maar na die meisie toe loop en ’n geselsie aanknoop. Dis nie nou vir my belangrik om ’n meisie te kry nie. Wanneer ek aan ’n groot kompetisie deelneem, hou ek nie regtig daarvan om met mense te praat nie. Ek het al ’n ernstige verhouding gehad en dit het nie gewerk nie, en met goed soos facebook waar jy heeltyd kan sien wat ander mense doen, is dit net nog moeiliker. Ek kan nie toer en oefen en sien hoe my meisie kuier nie, dit sal my mal maak.

Verkies jy dat meisies jou jag, of wil jy die jagwerk doen?

Ek dink almal hou daarvan om gejag te word, dis altyd lekker om te weet iemand stel in jou belang, maar ek hou ook daarvan om die jagwerk te doen. Ek dink so ’n bietjie van albei is ’n goeie balans. Wat dink jy, Pa?

Bert: (Hy lag) Ag, laat ons nou eerlik wees, Chad. Jy hou daarvan om gejag te word en meisies jag jou heeltyd. Jy is mal oor vroue.

Chad: Dinge is nou anders, en ek is glad nie gewoond daaraan nie, so ek geniet maar die oomblik. Maar ’n vrou moet jou nie agtervolg en sulke goed nie.

Wat het jou ma jou van vroue geleer?

My ma, Geraldine, is ’n báie spesiale vrou, en sy is nogal anders. Sy het my nog altyd gewaarsku dat vroue gevaarlik is.

Cameron van der Burgh

Wat dink jy as jy vir jouself in die spieël kyk?

Ja, ek dink dit gaan nogal interessant wees om oor ’n paar jaar in die spieël te kyk. Ek het ’n baie gesonde eetlus, maar oefen nou ses uur per dag: vier uur in die swembad, ’n uur met gewigte in die gim en dan doen ek vir nog ’n uur joga of pilates. Wanneer ek nie meer professioneel swem nie, gaan ek nie meer so baie oefen nie en dan gaan dinge seker verander. Die meeste sportmanne sit gewig aan as hulle uittree omdat hulle steeds dieselfde hoeveelheid eet, maar baie minder oefen.

Jy kry baie aandag van vroue, maar het ’n meisie?

Ja, ek verkies dit so. Jana ondersteun my baie, ek wil liewer iemand te hê waarop ek kan staatmaak. Ons ken mekaar al jare, en sy is nie net lief vir my omdat ek ’n swemmer is nie. Môre is daar ’n nuwe, sexy ou op die toneel en dan vergeet almal wat nou so te kere gaan van my. Ek en Jana is lief vir mekaar oor die mense wat ons is, nie net die looks nie. En sy was daar vir my voor ek bekend geword het en sal ook daar wees wanneer alles oorgewaai het.

Beskryf ’n sexy vrou

Iemand wat weet wie sy is en selfvertroue het – selfvertroue omdat sy weet wie sy is, wat sy wil hê, en waaraan sy glo; nie selfvertroue wat gevorm word deur wat almal om haar van haar dink of sê nie.

Wat maak ’n vrou onweerstaanbaar?

Ek dink ’n vrou wat lekker kan lag, haarself kan geniet en gemaklik in haar vel is, is ongelooflik sexy.

Hoekom is Jana vir jou onweerstaanbaar?

Haar skoonheid, sy is ongelooflik mooi, en fisieke aantrekkingskrag is tog belangrik, veral aan die begin. Maar wat my gefassineerd hou, is dat sy nie ’n “ja”-meisie is wat net sê wat ek wil hoor nie. Sy sê dikwels vir my goed wat ek nié wil hoor nie, en dit daag my uit en moedig my aan om ’n beter man te word, ’n beter swemmer, en om as mens te groei.

Jy oefen hard, leef gesond en lyk báie goed. Het jy spesifieke grooming-gewoontes?

Ek glo daaraan om ’n bietjie te groom. Ek is dikwels in die openbare oog en wil darem goed lyk. Ek versorg my vel, ook omdat ek steeds goed wil lyk wanneer ek ouer word. Ons is elke dag in die son en swembad en ek gebruik ’n goeie sonblok en in my badkamersakkie sal jy ook Clarins for Men en Head and Shoulders kry.

Hoe lyk ’n goed versorgde vrou vir jou?

’n Vrou wat respek het vir haarself, sal haarself ook outomaties goed versorg, iemand wat daarna streef om die beste te wees wat sy kan wees.

Is jy ’n boobs, boude en bene ou?

Nee, ek is eintlik meer ’n gesig ou. Ek meen, wanneer jy met iemand trou, gaan julle ouer word en die boobs en boude gaan papper word. Maar ’n mooi gesig sal altyd mooi bly, selfs as jy ouer word. Op die ou end is dit die gesig wat jy heeltyd sien en waarmee jy praat, jy praat nie met ’n paar boobs nie.

Wat het jou ma jou van vroue geleer?

Om vroue te respekteer. Vir my gaan respek vir vroue ook daaroor om nie honderde one night stands te hê nie; om nie advantage te vat en saam met haar te slaap nie. As jy wil seks hê, moet dit nie net ’n fisieke ding wees nie, daar moet ook ’n emosionele konneksie wees. Vir vroue is sulke goed baie emosioneel en dit moet gerespekteer word en nie misbruik word nie.

Jy is deel van ’n nuwe generasie mans en vroue. Dink jy daar heers soms verwarring oor wie watter rol moet vervul?

Ja, ek is deel van ’n nuwe generasie, maar is grootgemaak met ’n sterk sin vir waardes, soos respek vir vroue. Ek dink baie jongmense het nie meer respek vir mekaar nie, en nie respek vir vroue en die rol wat elkeen moet vervul nie, hulle raak verward, en dis hartseer.

Jana is meer kunstig, en nie so sportief soos jy nie, is dit vir jou ’n probleem?

Nee, glad nie, ek verkies dit so. As ek met ’n swemmer uitgegaan het, sou ons saam geswem het, al ons vriende sou swemmers gewees het, en by die huis sou ons hoofsaaklik oor swem gepraat het. Ons sou 24/7 “geswem” het en ek sou mal geword het. Jana stel my bloot aan ander interessante dinge.

Gebruik jou vriende jou soms as ’n wingman om meisies op te chat?

Ja, heeltyd. Ek moet die ys breek en met die meisies begin gesels, dan my vriende aan hulle voorstel en eers dan sal ek sê, “O, en hier is my meisie, Jana.”

The post Chad & Cameron oor roem, vroue en hul sekssimbool-status appeared first on rooi rose.