staptoer | rooi rose

Kringe in ’n bos
Kom loop sirkels in die bos!

Daar is ’n plek waar tyd nog kan stilstaan. Jy stap dieper in ’n groen woud in, oor smal paaie en onder ’n digte dak van blare.

Dié Circles in the Forest-roete in die Wildernis-afdeling (Goldfields) van die Tuinroete Nasionale Park is oop vir almal. Jy sal nie die enigste een wees wat op die roete verlief raak nie.

Die roete (die 3.1 km opsie) het onlangs ’n TripAdvisor Sertifikaat van Uitnemendheid ontvang. Dit is ’n toekenning vir die verblyfplekke, besienswaardighede en restaurante wat deurlopend goeie resensies van reisigers kry.

Die staptog (daar is ook ’n opsie van ’n drie en nege kilometer) begin by die beroemde Dalene Matthee Groot Boom by die Krisjan-se-Nek-piekniekterrein. Dit volg klein paadjies en ’n ou myn-pad langs die oewer van Forest Creek in die hoë bos. Verskillende tipes bos kan gesien word, maar die klam hoë bos is veral mooi.

Neem die tyd om werklik die omgewing in te neem en te geniet. Kleurvolle swamme kruip onder takke weg en daar is ’n klein boslewe onder die blare.

Goldfields se bewaarder, Dominique du Toit, sê hulle het baie moeite gedoen om die roete vir besoekers so spesiaal as moontlik te maak. Bome word langs die pad geïdentifiseer. Die roete is goed gemerk en die afstand wat jy stap word oral aangedui. Dit is ’n maklike, matige roete en daar is geleenthede om in die bospoele te swem. Groot bosvarings en poele met paddas verras jou op die pad.

Nou is dit ook moontlik om hierdie afdeling van die bos op ’n Scootour te verken. Die Scootour kom oorspronklik uit Switserland. Die eerste een in Suid-Afrika is bekend gestel in die Drakensberg, sê die Knysna-tak eienaar Jaco Delport. “Die produk is eintlik net ’n aantrekkingskrag om mense in die bos te kry,” sê hy. “Gewoonlik wil toeriste nie te van die roete afwyk nie, en baie mense wat ons gevra het, weet van die bos, maar was nog nooit daar nie.” Met hierdie toer word toeriste opgelaai in Knysna en dan op ’n unieke ervaring deur die bos geneem (die hele reis duur ongeveer 2,5 uur).

Die rit is beide ’n opvoedkundige ’n pret-ervaring en jy ervaar die uniekhede van die bos soos jy vorder.

“Dit is nie ’n uiterste, adrenalien-inspuiting nie. Inteendeel, dit gee jou die kans om die natuurskoon te ervaar wat bergfietsryers gewoonlik sien, maar jy het nie nodig om fiks te wees nie.”

Wil jy gaan?

Daaglikse bewaringsfooi (as jy ingaan) is tot 31 Oktober 2016 geldig vir die Wildernis-afdeling van die Tuinroete Nasionale Park. Dit beloop R34 per volwassene en R17 per kind vir Suid-Afrikaanse burgers en inwoners met ’n geldige identiteitsdokument. SADC burgers (met ’n paspoort) betaal R68 per volwassene en R34 per kind. Buitelandse besoekers betaal R112 per volwassene en R56 per kind.

Die koste van die Scootour is R450 per persoon (vir ’n solo-kaartjie) en R195 vir ’n kind onder 9 jaar oud. Vir meer inligting besoek http://scootours.co.za/knysna-forest/

Vir navrae, skakel die Goudveld Bosbou Stasie (deel van die Wilderness Afdeling van die Tuinroete Nasionale Park) op + 27-44-389-0252.

Artikel deur SANParks Times

The post Kringe in ’n bos appeared first on rooi rose.

’n Lang staptog vir bewustheid
Stel jou voor. Jy bedank jou werk, pak jou besittings in ’n rugsak en stap sowat 3 000 km langs die Suid-Afrikaanse kuslyn. Alleen. Grant Christie, ’n voormalige ingenieur, het dit gedoen. Sy ontevredenheid met die lewe en sy liefde vir die natuur was die krag agter Six Million Steps, ’n ekspedisie waarin hy hoop om mense van natuurbewaring bewus te maak.

Christie se tog, wat na verwagting sewe maande gaan duur, het in Oktober laasjaar by Alexander-baai aan die Wes-Kus begin. Sy roete gaan by Kosi Baai aan die noordkus van KwaZulu-Natal eindig. Aan die einde van die ekspedisie, sal die roete deur van die spesiale gebiede soos die ses Suid-Afrikaanse top nasionale parke gaan: Namaqua (NNP), Wekus (WCNP), Tafelberg (TMNP), Agulhas (ANP), Tuinroete (GRNP) en Addo-olifantpark (AENP).

Uur na uur in die warm son en uitgelewer aan die elemente is van die uitdagings wat Christie elke dag trotseer. Dit is nie altyd maklik nie. Om ses tot agt uur per dag op ’n strand te stap, is nie so idillies soos dit klink nie. “Sommige dae word ek wakker met pynlike voete en wil nie meer loop nie, maar ek het nog nie een keer gedink om huis toe te gaan nie. My ervaring van die wildlewe aan die kus en die mens se effek daarop het my net nog meer met passie gevul vir wat ek doen.”

Druk en baie emosionele dinge het hom die eerste helfte van die roete gepla. Onooglike rommel wat oor die strande gestrooi is en verreikende gevolge vir die marine-lewe inhou, ontstel hom. Maar hy het opgelet dat die besoedeling veel minder in die nasionale parke is. Nie net vistermanne sukkel om te oorleef weens die afname in visgetalle nie. Seeleeus was eens ’n algemene gesig in van die parke, maar nou is daar kommer oor hulle situasie.

“Ek het 86 dooie seeleeus in die vier kilometer voor Lambertsbaai getel en sowat 2 000 verrottende karkasse tussen Doringbaai en Draaihoek gesien.” Christie beskryf dié emosienle ervaring as die moeilikste van die roete sover.

Dit is nie als negatief nie. “Dit was goed om baie Afrika swart oestervangers op die strand te sien. Dit lyk of hulle goed doen.” Ander hoogtepunte sluit in die fantastiese fauna en flora van NNP, vriendelike mense langs die weskus en wild wat by Kaappunt op die strand loop.

Wat dra mens in jou rugsak as jy soveel ure met jou voete loop? Buiten ’n tent en noodsaaklikheid soos kaarte, kos, water, klere, elektroniese toerusting en sonbrandmiddel het hy plek gemaak vir sy harmonika en ukulele (’n klein Hawaiise kitaar). Hy sou graag meer ruimte wou hê. “Om elke oggend my sak te pak, is moeilik,. Ek mis dit om ruimte te hê waar elke ding ’n plekkie het.”

Dit klink nie na pret om elke aand in ’n beknopte tent te slaap nie, maar gelukkig het barmhartige Samaritane al gereeld vir hom oornagplek aangebied om die saak te steun. Omdat gewig belangrik is dra hy net kositems met die hoogste energie tot gewig verhouding saam. “Ek eet baie protein met koeskoes of noedels, maar mens raak na ’n ruk moeg daarvan.”

Hierdie geesdriftige natuurbewaarder beplan nie om terug te keer na ingenieurswese as sy tog verby is nie, maar wil tyd neem om te besluit wat hy daarna wil doen.

Christie word deur die Wilderness Foundation ondersteun. Sy tog sal in Mei ten einde loop.

Volg hom op www.facebook.com/6millionsteps of Twitter (@grant_christie)

The post ’n Lang staptog vir bewustheid appeared first on rooi rose.