storie | rooi rose

Die Profeet: Hoofstuk 8
Deur Martie Swanepoel. Foto: pixabay.com

Chrissie het die morfien begin wegsteek. Sy het geskrik. Tant Esther se voorstel het binne die konteks van die plaas verdedigbaar geklink, maar vir die samelewing daarbuite sou dit moord wees. God het sy tyd en sy het haar daarby berus. Al was dit moeilik om Oom Thomas se lyding te aanskou. Dag na dag het sy op haar tande gekners. Sy kon die plan agter Christiaan se “heilige” beeld sien. Die woord “skynheilig” het vir haar nuwe betekenis gekry. Christiaan het vir haar die oer-woord van “skynheilig” versinnebeeld. Sy moes aanhoor hoe Christiaan die sterwende man mislei en hom teen sy geliefdes opmaak. Soms selfs tydens ’n gebed langs die sterwensbed! Chrissie moes haar inhou. Sy kon nie glo dat iemand God so probeer misbruik in sy bose plan nie. Dit was eintlik verstommend hoe presies Christiaan die taal gepraat het wat Oom Thomas in sy benoudste ure wou hoor.

“My Vader, U sal my moet bystaan. Die ongelowiges is besig met bose planne om U meesterplan te keer. U planne vir hierdie man. Groot oeste op sy lande. Reënwolke wat wag om oor sy grond oop te breek vir die planttyd. U het planne vir sy dogter Mariaan. Vir ’n nageslag wat die plaas se tradisie sal voortbou. My beloofde vrou. Die vrou wat u vir my uitgesoek het om ’n seun te baar.”

Deur die newels het Oom Thomas darem steeds na sy Esther gesoek. Maar Christiaan het onverpoosd probeer om die wig in die huwelik dieper in te dryf. Soms het hy gewag tot hy dink Chrissie is te ver om te hoor.

“Hoe voel ek nie die droefheid in my binneste nie? Ek bid dat Tant Esther tot inkeer sal kom. Dis haar ongeloof wat Oom se genesing keer. Ons moet keer dat sy God se plan verongeluk. God wil die plaas heilige grond maak vir Oom se nageslag. Vir my en Mariaan se seun. Daardie kruise wat Oom se pa en oupa geplant het, het dit al geprofeteer. Toe Tant Esther haar rug na die kerk gedraai het, het my meester sy plan begin. Hy sal Oom beskerm. Die tannie weet haar ongeloof keer oom se genesing. Sy wil hê oom moet sterf sodat sy die grond kan kry. Sy sal weer trou en die plaas sal nie Oom se naam voortdra nie. Dit is Mariaan se seun se grond.”

Christiaan het die regte snare geroer. Oom Thomas het begin sien hoe sy erfgrond in Esther se tweede man se nageslag beland. Dit moes hy keer. Hy het Christiaan gevra om Dawid van Zyl, sy prokureur, te laat kom, maar Christiaan het gekeer.

“Nee. My meester het aan my getoon ook hy is ’n ongelowige. Môre, as Tant Esther en Chrissie vir Mariaan dorp toe neem om materiaal vir haar troukleed te koop, dan sal ek die regte man laat kom. ’n Gelowige. Ek sal Oom nie alleen los in die uur van nood nie.”

Chrissie het by tye van ons gesprek hewig ontsteld geraak. Die trauma van die gebeure was nog te vlak in haar geheue. Vir my as buitestaander was dit onverstaanbaar dat dit nie maklik was om Christiaan se manipulerende plan te breek nie. Maar Christiaan was ’n meester op sy eie gebied, het Chrissie my verseker. Sy tydsberekening, woorde en handelinge was fyn uitgewerk.

“Daar was ’n diepliggende boosheid onder al sy soet woorde wat ontstellend was. As hy so gepraat het, was daar ’n vreemde glans in sy oë. Dit was asof daar ’n donkerte oor sy oë kom. Ek was oortuig daarvan dat hy deur iets demonies beset is. Ek was bang vir hom.”

Chrissie het in gebed teen Christiaan oorlog gevoer. Dit was die beste wapen wat sy geken het. Sy het God gevra om in te gryp in die plan. En om Oom Thomas te verlos.

“Dis ongelooflik hoe ver kanker kan strek. Weet jy hoe voel dit om ’n geliefde dood te bid? Om iemand te haat soos jy nog nooit gehaat het nie? Ons was sy gevangenes. Hy het sy bose plan haarfyn uitgewerk. Hy het gedink hy is in beheer. Ons moes sit en wag vir die einde, terwyl die ongebore baba in Mariaantjie se maag groei. Elf weke … Twaalf weke.”

The post Die Profeet: Hoofstuk 8 appeared first on rooi rose.

Die Profeet Hoofstuk 6
Deur Martie Swanepoel. Foto: pixabay.

Chrissie het bleek en tranerig geraak toe sy my vertel van die vreeslike nuus. So asof sy dit steeds nie kon glo nie.

“Ons het dit nie verwag nie. Regtig nie. Na alles wat op die plaas aan die gang was, maak dit seker sin dat dit sou gebeur, maar die werklikheid was verbysterend. Dit was een van daardie oomblikke wat jy wens jy kon uitvee. Asof ons teen daardie tyd nie deur genoeg drama op die plaas is nie.”

Mariaantjie het al meer om tant Esther begin kerm oor die trourok. Dit was maar deur die jare ’n ding met Mariaantjie. Tant Esther het gereeld vir haar ’n prinsesrok gemaak en dan het Mariaantjie trou-trou gespeel. Hoe meer strikke en valle hoe beter. En altyd ’n kroon,’n sluier en ’n ruiker, wat Chrissie moes prakseer. Maar dit was asof Mariaantjie in haar kop gekry het dat hierdie keer nie ’n speletjie was nie. Sy wou ’n regte trourok hê. Sy het haar prins gekry en sy wou trou. Tant Esther en Chrissie het mooi gepraat, geraas, gesmeek, afgepers, maar Mariaantjie se kop wou nie wyk nie. Sy was van plan om met Christiaan te trou. Sy het dit trouens as haar godgegewe taak beskou. Laasgenoemde het Christiaan natuurlik in haar kop geprent.

Mariaantjie het haar gunsteling-gunsteling trourokprent saam met haar rondgedra. Sy het haar dagdrome met haar ma en Chrissie gedeel en dié twee het gesien die ding stuur af op ’n groot tragedie waarteen hulle hul geliefde Mariaantjie nie sal kan beskerm nie.

Vroeg een oggend het Mariaan opnuut oor die trourok begin kla. Tant Esther het ’n breekpunt bereik en geweet die ding sal tot ’n punt moet kom. Sy wou haar kind hartseer spaar. Haar teen die werklikheid beskerm. Maar hoe kon sy?

“Mamma! Vandag is die dag wat Mamma my trourok moet begin maak! Die tyd raak nou min en daar is nog so baie om te doen voor die troue!”

Sy het die troue klaar op haar kinderlike manier begin beplan. Haar beste onthaal-knipsels in ’n boek geplak.

“Sien Mamma? Hy moet so wyd uitpof soos die een wat Mamma vir Tannie Lucille gemaak het. Met kraletjies en valle en so ’n lang veil. Sien Mamma?”

Tant Esther het Oom Thomas as verskoning gebruik.

“Mariaantjie, Pappa is nou vreeslik siek. Mamma het nie nou tyd om aan so ’n groot rok te werk nie. Ek en Chrissie is heeldag met Pappa besig.”

Mariaantjie het toenemend opstandig geraak as sy nie haar sin kry nie. Sy het vloermoere gegooi en koppies en borde stukkend gegooi as haar ma en Chrissie iets negatief oor die troue sê.

“Maar hoekom luister julle nie na Christiaan nie! As ek en hy trou, gaan God vir Pappa gesond maak en dan gaan Pappa plant, en dit gaan goed reën tot die reënboog so oor die kruise op die berg staan. Pappa gaan ’n groot oes kry en hy gaan ’n groot huis bou vir my en Christiaan en die baba.”

Die baba-obsessie het net so sterk geword soos die trourok-obsessie. Die baba sou die plaas eendag oorneem en tot sy volle glorie herstel. Hy sou God se nuwe uitverkorene wees. So het Christiaan Mariaantjie wysgemaak. Tant Esther het desperaat probeer keer dat haar gesin en plaas finaal verbrokkel.

“My kindjie, jy sal moet wag tot Pappa gesond genoeg is vir ’n troue. Jy sien mos hy kan nie nou meer loop nie? Jy wil tog seker hê hy moet jou by die kerk inneem?”

Mariaantjie wou niks hoor van uitstel nie.

“Mamma verstaan nie! Christiaan sê ons moet trou voor die baba gebore word.”

Tant Esther het gehoop sy het ’n skuiwergat.

“Dit is so, maar Mamma het mos al aan jou verduidelik wat moet gebeur voor jy ’n baba kan kry?”

Mariaantjie was hardkoppig en aggressief.

“Ek weet dit alles. Ek is nie stupid nie. Christiaan het my mooi gewys hoe om dit te doen. Nou gaan ons ’n baba kry en Mamma moet aan my rok begin werk. Ek wil die mooiste trourok van alle tye hê. Mooier as Aspoestertjie se rok!”

Chrissie moes Tant Esther laaf. Die onheil onder hulle dakke was groter as wat hulle vermoed het. Maar hulle het steeds gehoop dit is net praatjies wat Christiaan in Mariaantjie se kop laat inprent het.

“Ons het gedink dis onmoontlik. Ons het ’n “loop” vir haar laat insit onder narkose toe sy ’n tiener was. Die menstruasie elke maand het haar vreesbevange gemaak en die “loop” het dit voorkom.”

Maar toe Mariaantjie baie begin opgooi en baie moeg raak, het die twee ouer vroue besef hulle kan nie langer in ontkenning leef nie. Chrissie het dorp toe gery en ’n swangerskapstoets gaan koop.

Dit was ’n groot skok. Onder normale omstandighede sou Tant Esther vir Christiaan met die geweer van die plaas af gejaag het en hom selfs met ’n paar skramse skote gewond het.

“Oom Thomas was sterwend. Christiaan het pal langs sy bed gesit en hom vertel hoe hulle gaan plant en ploeg en oes. Hy het ure aaneen saam met hom Bybel gelees en gebid.”

Chrissie en Tant Esther moes dit verdra.

“Ons  kon nie Christian van Oom Thomas wegvat nie. Sy lyding was iets verskrikliks. Dit het genadeloos week na week voortgesleep. Ek het gebid vir verlossing en Tant Esther het al bitterder geraak. Die ding met Christiaan het haar nog verder van die kerk verwyder. Christiaan het Oom Thomas oortuig dat tot Dominee Jordaan ook ’n ongelowige is en nie huisbesoek mag doen nie. Ek het gebid dat die ware God vir my moet wys wat om te doen. Jy weet, as jy oormoeg en oorspanne is, kan jy maklik begin dink jy is dalk regtig die ongelowige. Ek wou Oom Thomas so graag gesond sien. Ek het geweet by God is alles moontlik. Toe bid ek vir ’n wonderwerk.”

The post Die Profeet Hoofstuk 6 appeared first on rooi rose.

Abraham-karakters gesels
Abraham is Jans Rautenbach se eerste film in 30 jaar.

Die film vertel die verhaal van Abraham (Dann-jacques Mouton), ’n kunstenaar en dromer van Kannaland in die vroeë 1980’s. Abraham is ’n toegewyde familieman wat sukkel om finansieël vir sy jong vrou, Katie (Chantell Phillipus), en hul vierjarige dogtertjie te voorsien. Abraham se kreatiewe deursettingsvermoë lei hom na sy jong weldoeners, Jong Jans (Hannes Müller) en sy vrou, Almeri (Franci Swanepoel).

Abraham en Katie trek na ’n nuwe huis waar Abraham vir Jong Jans begin werk. Katie se worsteling met alkoholisme en haar geestesgesondheid bedreig egter die gesin se geluk. Abraham ondersteun sy vrou ten volle, maar sy ambisie maak hom onrustig. Abraham droom daarvan om bo sy omstandighede uit te styg en sy merk deur sy kuns te maak. Die ellendige werklikheid van sy situasie hou hom egter terug.

Abraham is ’n tragiese dog inspirerende storie deurtrek met musiek van Kannaland; ’n intieme, emosionele kyk-ervaring, geskryf, vertel en onder die regie van Jans Rautenbach.

Abraham word op 16 Oktober 2015 vrygestel.

HANNES MULLER – JONG JANS

Jy speel die rol van Jong Jans. Wat was die grootste uitdaging van die rol?

My grootste uitdaging was om gestalte te gee aan so ’n legende, om oom Jans uit te beeld, maar hom ook my eie te maak.

Hoe het jy Jans Rautenbach as regisseur ervaar?

Jans as regisseur is ‘n eens in ‘n leeftyd ervaring. Hy werk op ‘n heel ander vlak as enige regisseur waarmee ek al gewerk het. Sy visie is besonders sterk en hy kommunikeer met sy akteurs met ‘n emosionele woordeskat wat raar in ons bedryf is.

Wat is die een ding wat jy altyd sal onthou van jou tyd op stel?

Ons het die voorreg gehad om vir agt weke ‘n geslote stel te hê met die gevolg dat almal totaal op die film kon fokus. Dit het soos een groot familie gevoel en die mense van die omgewing het ons ingeneem en deel van hulle gemeenskap gemaak.

Wie sal Abraham geniet?

Dis nie ‘n popcorn-fliek nie. Ek dink dis vir ‘n ouer, uitgelese gehoor.

Wat maak hierdie film anders as ander Afrikaanse flieks?

Daar is lanklaas ‘n film met soveel ervaring en vernuf gemaak. Ons het ook die luukse van tyd gehad en daar was met ander woorde geen kompromie nie. Die emosionele impak van die film is uniek.

FRANCI SWANEPOEL – JONG ALMERI

Jy speel die rol van Almeri. Wat was die grootste uitdaging van die rol?

Dis ‘n groot uitdaging om ‘n formidabele mens en vrou soos Almeri te vertolk. Sy is ‘n lieflike mens en ek dink haar toewyding is ‘n storie op sy eie.

Hoe het jy Jans Rautenbach as regisseur ervaar?

Oom Jans is die regisseur wat my die meeste ooit geleer het. Hy het ‘n oog, hy het ‘n gevoel en hy het ‘n hart.

Wat is die een ding wat jy altyd sal onthou van jou tyd op stel?

Ek sal altyd die lekker tye saam met DJ, Hannes en Jill Levenburg (sy speel die rol van Beulah) onthou. Ons het ‘n baie hegte vriendskap gesmee.

Wie sal die film geniet?

Enigiemand wat ‘n hart het en wat ‘n kunswerk van die meester van Afrikaanse films wil sien sal dit geniet. Die storie van Abraham is hartroerend en aangrypend.

Wat maak hierdie film anders as ander Afrikaanse flieks?

Ek dink die film is ‘n juweel. Dis oom Jans se eie storie, daar is geen pretensie nie. Die spel van DJ Mouton is uitmuntend. Oom Jans werk nog op die “outydse” manier en dit wys dat die hart van ‘n film draai om die storie wat vertel word.

DANN-JACQUES MOUTON – ABRAHAM

Jy speel die rol van Abraham. Wat was die grootste uitdaging van die rol?

My grootste uitdaging was om ‘n eerlike vertolking te gee. Om dit te kan doen, was dit belangrik om die karakter te verstaan in die landskap waar hy homself bevind het.

Hoe het jy Jans Rautenbach as regisseur ervaar?

As ek nou daaraan dink, was ek baie intimidated om te begin, maar sodra ek sy process begin verstaan het, was dit net ‘n kwessie van om hom te vertrou. Ek het meer van spel op film geleer in die tyd toe ons Abraham geskiet het.

Wat is die een ding wat jy altyd sal onthou van jou tyd op stel?

Die een ding wat ek onthou en saam met my dra, was die support van die crew en my medespelers. Ook die passie en liefde waarmee ons Abraham geskiet het. Niemand was groter as die projek nie. Almal het bygedra om Abraham se storie te vertel – crew, wardrobe, extras, spelers, DOP, regisseur…

Wie sal die film geniet?

Ek dink enige mense wat drome het en dit wil bereik sal die film waardeer en geniet. Dis ‘n menslike storie. Die hele Suid-Afrika en selfs internationals sal dit geniet.

Wat maak hierdie film anders as ander Afrikaanse films?

Net om te dink dat natural beligting gebruik is, set dit Abraham apart van ander Afrikaanse flieks in Suid-Afrika.

The post Abraham-karakters gesels appeared first on rooi rose.