stresvlakke | rooi rose

Stuit die stres met stokperdjies
Deur Maretha Botes

Dit was in daai rowwe en absoluut onbekende eerste maande nadat Covid-19 ons getref het, wat ’n vriendin haar eers tot hars, en toe tot klei, gewend het. Sy het, net soos duisende ander Suid-Afrikaners, tuis en boonop sonder werk gesit nadat die organisasie vir wie sy gewerk het sy deure moes sluit. Uit hars het sy die fynste juwele begin maak. Oorbelle en hangertjies waarin die mooiste blommetjies uit ’n fyntuin gepryk het. Later, toe sy opgespeel was met die hars, het sy juwele uit klei begin maak. Gerol, gedraai, met vorms gedruk. Dit alles, vertel sy, het haar gedagtes op mooi dinge gefokus. Sy was heeldag op soek na mooi blomme wat sy kon pars vir die juwele, of nuwe idees om uit klei te maak, het kleure gemeng om nuwe, unieke kleikleure te maak. Ure sou verbyglip sonder dat sy eintlik van tyd bewus was. Dit was haar terapie. ’n Manier om haar gedagtes te orden in ’n wêreld waar min dinge eintlik meer georden was.

Dít is omdat kreatiwiteit jou stresvlakke tem, meen kenners. Wanneer jou hande en jou hart besig is met iets wat vir jou lekker is, kan jy sommer voel hoe jy weer asem haal en jou lyf ’n ander ritme kry. Al daai klein duiwels wat jou stresvlakke tot in die rooi jaag is skoon vergete. Jy is kalm en gefokus, sê Sarah Pace, ’n aanlyn gesondheidsafrigter van Arizona in Amerika. Sy meen wanneer jy jou hele lyf gebruik vir byvoorbeeld dans, of jou hande om te teken of te verf, stoot jou brein die stres opsy en maak dit plek vir kreatiwiteit. Dit is gelykstaande aan meditasie, sê sy. Jou brein stel dopamien vry en jou asemhaling verstadig.

Armand Prinsloo, spesialis welstandberader by die Vita Nova Beradingsentrum in Pretoria, sê boonop is stokperdjies belangrik vir ons volgehoue ontwikkeling. Hy verduidelik, “Dit verbeter lewensgehalte, want dit gee ons iets lekker, interessant en uitdagend om in ons vrye tyd te doen, sowel as ’n gevoel van doelgerigtheid buite werk en gesinslewe. Jy  moet ’n werk-lewe-balans vind sodat jy nie oorwerk of te ontspanne is nie. Stokperdjies kan selfs jou lewe op onverwagte maniere verbeter, soos om jou geestesgesondheid te verbeter. Met soveel opsies (van stokperdjies) is daar beslis ’n perfekte stokperdjie vir jou, vir sommiges waarskynlik meer as een.”

’n Stokperdjie of ’n spesifieke belangstelling is bloot ’n aktiwiteit wat vir pret en plesier gedoen word, gewoonlik buite die werk of gesinslewe. Die meeste mense het ’n verskeidenheid stokperdjies wat hulle gebruik om aan die einde van ’n lang dag te ontspan terwyl hulle kognitief produktief bly.

“Die beoefening van stokperdjies skep ook die geleentheid vir ons om tydens die aktiwiteit te reflekteer oor self en omstandighede,” sê Armand.

Dis hoekom ek dit doen

René-Jean van der Berg, sosiale-media-koördineerder van die Universiteit Stellenbosch, sê brei was haar redding nadat haar ma kort voor die pandemie oorlede is. “My ma was ’n breier en sy is kort voor die uitbraak van die pandemie oorlede. Sy was lief daarvoor om iemand by haar te hê terwyl sy brei. Dan het sy jou van alles en almal vertel as sy so sit en brei, sommer ’n hele babatruitjie klaar. Al wat jy moet doen is luister, koffie aandra en jou mond hou as sy steke moet tel of die patroon verder moet lees.

“Een middag, toe die pyn en verlange na my ma weer aan my hart kom ruk en ek nie eers asem kon haal van die seer nie, spoor ek uit die bloute ’n bol wol en breipenne op in ’n kartondoos van die keer tien jaar gelede toe ek ook probeer brei het. Saam met ’n Youtube-video, brei ek toe vir my ’n paar sokkies. Toe my ouma dit sien, toe kry haar voete ook skielik koud en moet ek op die daad vir haar ook ’n paar brei.

“’n Snaakse ding het gebeur toe ek begin brei – ek het minder van verlange gehuil. Dit was amper asof ek haar teenwoordigheid kon voel as ek brei. Terwyl ek sit en rye brei, het ek al haar sêgoed en staaltjies onthou.

“Nog ’n ding het gebeur toe ek begin brei. Ek kon skielik ingewikkelde kwessies oplos. My werk vereis dat ek heeltyd baie strategies én kreatief moet dink. Dit is soms moeilik en uitputtend. So, wanneer ek met ’n werkprobleem sukkel of net my brein wil ruskans gee, gaan sit ek en regs-aweregs ek vir 30 minute. Dis nou al twee jaar en tientalle babatruitjies later,” sê sy.

Sue Stuart-Smith is ’n sielkundige en skrywer van die boek The Well Gardened Mind: The Restorative Power of Nature. Sy het deur haar liefde vir haar tuin en om vir haar plante te sorg besef dat “diep eksistensiële prosesse betrokke is in die skep en omgee vir ’n tuin”. Vir haar is tuinmaak baie meer as bloot die skep van ’n mooi en rustige spasie. Dit is ook ’n “kopruimte” (mental space) wat jou stilte gee sodat jy jou eie gedagtes kan hoor. Sy sê wanneer jy met jou hande in die tuin werk, onkruid uittrek, takke snoei, bevry jy jou gedagtes om deur emosies en probleme te werk. Deur vir jou plante te sorg, werk jy terselfdertyd in jou innerlike “tuin” en met tyd word ’n tuin verweef met jou sin van eie identiteit, en word dit ’n plek wat jou teen die rowwe aanslae van die lewe buffer.

Santa Topham, afgetrede fondswerwer vir ’n nie-winsgewende organisasie van Vereeniging, sê sy doen verskeie dinge om haar hande en gedagtes besig te hou, soos pottebakkery, skilder en teken, asook tuinwerk. Santa sê: “Vir my is die wegtree uit die alledaagse belangrik. Kleur en fantasie in illustrasies en skilderye steek grense van ouderdom oor en maak die jare tussen ses en 60 gelyk. Ek hou van dienlike kunsgoete soos mooi en enige eetware in die studio. Die ure in die studio voel nooit opgebruik nie, maar dit is asof dit bonustyd raak, want ’n mens se droomwêreld en realiteit raak verweef. Om truie te hekel is om stekie vir stekie myself en ander aan te trek met warmte van my hart en hande. Tuinwerk? Wel, ons ken die goedheid van grond …”

Waarom het ons stresverligters nodig?

Adri van den Berg, ook ’n spesialiswelstandberader by die Vita Nova Beradingsentrum in Pretoria, sê dit is eenvoudig. Stresverligters gee jou die geleentheid om jou lewe te verbeter. “Stresverligters laat jou toe om te ontspan terwyl jou verstand soms lekker aktief bly. Dit bevorder goeie gesondheid en kan die risiko verminder om hoë bloeddruk te ontwikkel. ’n Paar uur van jou stokperdjie per week kan ook jou risiko vir depressie en demensie verlaag. Stresverligters help jou om jou gedagtes te herfokus op iets wat jy geniet.

Fisieke aktiwiteite veroorsaak chemiese veranderinge in jou liggaam wat help om stres te verminder. Jy kan die vrugte van ’n stokperdjie pluk, selfs al behels dit nie fisiese aktiwiteite nie. Om ’n kort breuk van die werk af te neem en iets te doen wat jy geniet, kan jou verstand verfris en jou beter voorberei om uitdagings in die toekoms die hoof te bied. Om ’n stokperdjie te hê kan baie voordelig vir ons geestesgesondheid wees.

Deur jou stokperdjies ontwikkel jy as individu. Elkeen van ons is uniek, daarom verskil ons stokperdjies en belangstellings. Wanneer ons ’n aktiwiteit vind wat ons geniet, kan ons dieper daarin delf. Dit bied jou ook die geleentheid om nuwe vaardighede by die werk aan te leer,” sê Anri.

Sy sê hulle sien ’n toename in gevalle van uitbranding en waar mense net ’n ongelooflike lewensmoegheid rapporteer. “Vandag se lewe is besiger as ooit. Baie sukkel om kop bo water te hou en die eise wat werk en ander verantwoordelikhede stel, is besig om sy tol te eis. ’n Gevoel van uitbranding, wanhoop en hulpeloosheid kom algemeen voor. Met dit in gedagte, is dit belangriker as ooit om daadwerklik aandag daaraan te skenk om ’n beter balans tussen werk en ontspanning te handhaaf en hier kan ’n gesonde stokperdjie of twee ’n ongelooflike positiewe rol speel,” sê sy.

Noudat jy die voordele van stokperdjies verstaan, is dit tyd om ’n paar te vind! Daar is talle stokperdjies wat in die gerief van jou eie huis gedoen kan word wat jou lewe sal verryk en vir jou vreugde sal bring sonder om te veel moeite te verg. Om met ’n spesifieke stokperdjie te begin, kan jy ’n aanlyn belangstellingstoets aflê om jou kennis oor daardie onderwerp te verbreed. Die moontlikhede vir nuwe stokperdjies is onbeperk, maar dit kom alles neer op wat jy geniet om te doen. Probeer sommige van die volgende stokperdjies: musiek (leer ’n instrument speel), lees (soveel nuwe boeke op die rak), tuinmaak, kook (probeer slow cooking – alles van die heel begin af), kuns en kultuur, joga, sluit aan by ’n stapklub. Moet egter nie bang wees om te eksperimenteer nie. Wat dit ook al is – skubaduik, rekspring (bungee), rekenaarspeletjies of skryfwerk – dit kan die beste stokperdjie wees wat jy nog ooit beoefen het.

Bykomende bronne:

www.suestuartsmith.com

www.realsimple.com

Lees ook: Die 5 belangrikste beleggings vir jou huis

The post Stuit die stres met stokperdjies appeared first on rooi rose.

Europa se topverkoperformule het in Suid-Afrika aangekom!
Ons verstaan die daaglikse stressors wat Suid-Afrikaners in die gesig staar – die vol skedules, konstante skermtyd en die druk om met die vinnige pas van ons leefstyl by te hou. Maar met MetaRelax kan jy uiteindelik vir stres ’n blaaskans gee en ’n gelukkiger, rustiger jy omarm.

MetaRelax, wat met ’n kragtige 4-in-1-kombinasie van folaat, magnesium, B-vitamienes, vitamien D en tourien geformuleer is, is jou oplossing om stres hok te slaan en ’n positiewer gemoed en ontspanning te bevorder.

Wat is magnesium en hoe werk dit in jou liggaam?

Magnesium is ’n mineraal wat natuurlik voorkom en absoluut noodsaaklik is vir ons senuwee-, muskuloskeletale en kardiovaskulêre stelsel om goed te funksioneer. Dit kom in heelwat kosse voor; veral in blaargroentes. Ongelukkig met ons moderne dieet van verwerkte en verfynde kosse kry die meeste mense nie die aanbevole daaglikse hoeveelheid magnesium in nie.

Wat is B-vitamiene en folaat? Hoe werk hierdie voedingstowwe in jou liggaam?

Vitamien B6 help om die natuurlike aktiwiteite en balans van jou neurotransmittors te ondersteun, wat gamma-aminobottersuur (GABA) en glutamaat insluit. GABA het ’n kalmerende, ontspannende uitwerking, terwyl glutamaat jou stimuleer. Magnesium mag ’n tipe glutamaatontvanger, wat NMDA genoem word, keer wat sodoende die stimulasie van glutamaat sal verminder.

Folaat en vitamienes V6 en B12 is noodsaaklike voedingstowwe wat by eenkoolstofmetabolisme betrokke is. Die optimale funksionering van hierdie paadjie is noodsaaklik vir die formulering van metionien en die daaropvolgende vorming van S-adenosielmetionien (SAMe). SAMe is belangrik in die sintese van neurotransmittors, soos serotonien, wat ’n positiewe gemoed en fisieke en geestelike welstand meebring. Vitamien B6 is ook ’n mederolspeler daarin om die sintese van GABA by te staan.

Wat is vitamien D en hoe werk dit in die liggaam?

Vitamien D wat noodsaaklik vir beengesondheid is, speel ’n rol in die regulering van jou gemoed. Die liggaam vervaardig vitamien D wanneer dit aan sonlig blootgestel word en verkry dit van sekere kosse en aanvullings. Die gebrek daaraan is egter algemeen as gevolg van ons moderne binnenshuise leefstyle en swak diëte. ’n Gebrek aan vitamien D word met verhoogde angs geassosieer aangesien vitamien D die ontvangers van neurotransmittors in die brein beïnvloed wat met jou gemoed gepaardgaan. Om dus die gebrek aan te spreek kan bydra daartoe dat jy jou angs beter kan bestuur wat jou emosionele welstand oor die algemeen verbeter.

Wat is tourien en hoe werk dit in die liggaam?

Eksperimente wat op diere uitgevoer is, het gewys dat die aminosuur tourien neurobeskermende en anti-oksidatiewe eienskappe in die brein het; dit speel ook ’n rol in die modulering van die brein se chemiese omgewing.

Vir wie sal MetaRelax goed wees?

MetaRelax is vir mense ontwerp wat die volgende probleme in die gesig staar:

Irritasie of rusteloosheid

Sukkel om te ontspan

Stresverwante moegheid

Binne net drie tot vyf dae sal jy vinnige verligting van irritasie, rusteloosheid en moegheid ervaar wat jou sal help om af te skakel en ’n goeie nagrus te kry om jou energievlakke ’n hupstoot te gee.

MetaRelax bied verbeterde opname en weerstand binne jou derms, wat hard werk om 24 uur se ondersteuning te bied sodat jy dag en nag kan ontspan. Of jy daarna op soek is om te rus en te herstel, om te ontspan of om jou skoene aan te trek en te dans – MetaRelax is daar vir jou.

Heelwat mense het die talle voordele van MetaRelax ontdek en leef vandag hul beste lewens. Vra jou gesondheidspraktisyn of vind uit by jou naaste apteek of gesondheidswinkel. Gee stres ’n blaaskans met MetaRelax – want jy verdien dit.

Meer oor Metagenics

Metagenics is ’n gesertifiseerde B-korporasie wat beteken wanneer jy Metagenics kies, jy ’n trotse vennoot van ’n maatskappy kan wees, wat hulself wetlik tot die planeet verbind en onwrikbaar verenig staan agter ’n doel om mense te help om gesonder, gelukkiger lewens te lei.

Lees ook: Veg of vlug? Hier’s wat jy oor stres en angs moet weet

The post Europa se topverkoperformule het in Suid-Afrika aangekom! appeared first on rooi rose.

Pragtig op enige ouderdom: Sorg só vir jou vel
Die feite

• Sonskade dra die blaam vir tot 80% van die tekens van voortydige veroudering. Die skade is sigbaar in ’n oneweredige tekstuur, droogheid, fyn lyntjies en plooie en selfs verslapping van die vel. Voorkoming is eenvoudig: dra elke dag van jou lewe sonroom.

• Onlangse studiebevindings toon aan dat stres ’n groot uitwerking op die toestand van die vel het. Dermatoloë skryf baie van hul pasiënte se velprobleme aan stres toe.

• Jou gene speel ook ’n rol. Kyk na hoe jou ouers verouder het. Dis sal jou ’n aanduiding gee van die soort probleem waarmee jy later gaan sukkel sodat jy betyds voorsorg kan tref. Die genetiese faktor is nie noodwendig problematies nie. Sommige van ons kan ’n goeie vel erf wat baie probleme kan uitskakel.

• Ligte velle is meer geneig om sensitief en droog te wees wat tot voortydige lyne en plooie kan lei. Donkerder velle bevat meer melanien, die kleurpigment was as beskerming dien. Olieriger velle is ook geneig om stadiger te verouder.

• Dis noodsaaklik om jou vel in elke ouderdomsfase genoeg te bevog. Danksy tegnologiese vooruitgang is daar nou produkte wat die hoeveelheid bevogtiging aanpas sodat elke deel van die gesig die regte hoeveelheid vog kry wat nodig is.

• Jy kan dadelik sien wanneer iemand haar vel goed versorg. Dit gaan nie altyd oor die hoeveelheid plooie nie – helderheid en ’n gladde tekstuur is ook jeugdige eienskappe.

Voorkoming

Een van die vreugdes van jonkheid is dat ’n mens nooit kan dink dat jy oud sal word nie. Maar ongelukkig gebeur dit wel en as jy jou vel in jou jongdae nie goed versorg het nie, sal jy die tekens van veroudering vroeër opmerk – die skade wat jou vel in jou jeug opgedoen het, wys gewoonlik eers tien jaar later.

Niemand is lus vir ’n gekompliseerde skoonheidsroetine nie. Al wat nodig is, is ’n reiniger, opknapper en vogroom twee keer per dag. Opknappers is nood-saaklik omdat hulle die PH-balans van die vel herstel wanneer jy, soos baie ander tieners, met aknee sukkel. ’n Afskilfermiddel twee keer per week voorkom verstopte porieë en raak van dooie velselle ontslae sodat jou vogroom beter geabsorbeer kan word.

Jong mense met olierige velle gebruik graag sterk produkte om van die olierigheid ontslae te raak, maar op die lang duur is produkte wat sensitiewer is, ’n beter keuse.

Hulp vir die eerste tekens van veroudering

Dit is die fase wanneer jy die eerste fyn lyntjies, plooie en donker skaduwees, gewoonlik om die oë, raaksien. Jou vel voel nie meer so vogtig soos vroeër nie en lyk nie meer so helder en vars soos vantevore nie. Hormonale veranderinge in swangerskappe kan dieselfde skade aanrig. Antioksidante speel ’n belangrike rol om hierdie probleme teë te werk omdat dit die selle beskerm teen skade wat deur vrye radikale veroorsaak word. Faktore soos stres, hormone en omgewingsveranderinge dra almal daartoe by dat vrye radikale jou selle aanval.

In hierdie fase van jou lewe moet jy ’n oogroom begin gebruik, asook ’n afskilfermiddel. Begin met ’n ligte jel- of roomformule vir die oë en tik dit liggies om die oogkas aan, nie te na aan die wimpers nie, anders kan jou oë dalk pofferig raak. Tik met jou ringvinger klein kolletjies van die room om die oog. Namate jy ouer word, neem jou selle langer om hulself te vernuwe en droë velselle kan makliker ’n verskyning maak en die vel glansloos laat lyk. ’n Goeie afskilfermiddel twee keer per week raak nie net van die droogheid ontslae nie, maar gee jou sirkulasie ’n hupstootjie wat jou vel varser laat lyk. Die plekke wat die maklikste tekens van veroudering wys, is die nek, borsgedeelte en hande – maak seker jy wend hier ook daagliks sonroom aan.

Vir ’n oneweredige tekstuur

Die algemeenste velprobleem in ons land is hiperpigmentasie wat donker vlekke, kolle en ’n oneweredige tekstuur insluit. Daar is heelwat sterk, aktiewe bestanddele in sommige produkreekse wat baie kan help om met dié probleme klaar te speel. Wees op die uitkyk na AHA (alfahidroksiesure) en retinol-ekstrakte. Maar dit is nie ’n oplossing wat oornag resultate sal lewer nie. Met gereelde gebruik is die resultate binne 8–12 weke sigbaar. Die enigste voorkoming is om soveel moontlik uit die son te bly en altyd ’n goeie sonroom te gebruik. Afskilfering kan help om van die dooie velselle ontslae te raak sodat die melanien weer eweredig kan versprei.

Herstel só

Namate jy ouer word, word die probleme moeiliker om te behandel. Ons estrogeenvlakke neem af, wat beteken dat die vel elastisiteit verloor, minder vloeistof behou en maklik dof lyk. Die meeste teenverouderingsrome bevat ’n kombinasie van bestanddele wat die drie grootste kwellings takel. Eerstens moet die kollageen- en elastienvesels versterk word. Hulle verskaf ’n ondersteuningsnetwerk en laat die vel fermer lyk. Rome verskaf vog wat die vel opplomp, gladder maak en helderder laat lyk.

Met ouderdom word die oneweredigheid erger en omdat lyne, plooie en vlekke nie soveel lig weerkaats nie, lyk die vel dof. Dit word noodsaakliker om produkte te gebruik wat die buitenste laag van die vel gladder maak, asook produkte wat ligweerkaatsende deeltjies bevat. Minerale soos sink, koper en magnesium in die formules help om die helderheid te verbeter.

Serums gee die vel ’n hupstootjie in tye wanneer ekstra sorg nodig is. Gesigmaskers sorg vir intensiewe voeding en kan gebruik word wanneer dit nodig is. Afskilferings is belangrik omdat hulle van die dofheid ontslae raak en selvernuwing aanwakker.

Lees ook: 10 dinge wat met jou vel gebeur soos wat jy ouer word

The post Pragtig op enige ouderdom: Sorg só vir jou vel appeared first on rooi rose.