Suid-Korea | rooi rose

My busmaatjie en ek
Ek het my busmaatjie ontmoet tydens my eerste busrit na my Woensdag-skool. Ons het land en sand aan die gesels geraak – sy in Koreaans en ek in Engels. Sedert daardie dag kommunikeer ons nou al met meer woorde. Ek het die Koreaans geleer vir ’n paar kernwoorde soos Suid-Afrika, onderwyseres, skool, seun, eggenoot (man), dankie, asseblief, goeiedag, sommige plekname ens. Elke Woensdag, Donderdag en Vrydag ry ek en sy soggens saam in die mankolieke busse wat meesal bestuur word deur mans wat, vermoed ek, steeds droom om die Dakar-tydren met ’n bus aan te durf.

Donderdae eet ons gewoonlik middagete saam by Bugil Elementary. Gesprekvoering daar is byna afwesig omdat sy te besig is om groot hoeveelhede kos in ’n rekordtyd te verorber. Dis nie vreemd vir die Koreane nie, maar ek bly steeds stomgeslaan oor die klein mensie se vermoë om kos in daardie lyfie van haar te kry. Nou moet ek ook bysê dat ek ’n sterk vermoede het dat sy dalk van die minder gegoede Koreaanse burgers kan wees. Ten spyte van die ongelooflike rekord-ontwikkeling waardeur die land gegaan het en steeds gaan, het sekere sosiale groepe agtergebly. Hoewel minder ooglopend as in Suid-Afrika, is armoede veral onder ouer mense en mense in landelike gebiede ’n wesentlike probleem waaroor Korea liewer swyg.

My busmaatjie en ek

Kort na ek hier aangekom het, kom sluit sy een oggend aan tydens ’n gebruiklike geselsie met die busmanne en met my arm om haar smal skouertjies, kondig ek met die nodige handgebare ewe trots aan: “Chingu” (vriend). Behalwe dat sy uitgebars het van die lag, het sy ook baie verontwaardig en luidrugtig ontken dat ons vriende is. Sjoe, ek moes hard werk om getrou te bly aan een van my mantras om dit nie persoonlik op te neem nie. Dis eers heelwat later dat ek uitgevind het dat “chingu” gereserveer word vir mense van dieselfde ouderdom. Dus weet ek dat ek en Busmaatjie nie ewe oud is nie. Sy werk elke dag as die enigste skoonmaker by die skool. Dit sluit die skrop van badkamers, poets van lang gange, hark in die groot skoolgronde en vat-vat hier en vat-vat daar in. Hoeveel kan een mens nou ook verrig in so ’n massiewe gebou waar jong kinders rondhol soos wilde bokke?

Ek kan nie meer onthou waar dit begin het nie, maar een van ons het vir die ander ietsie gegee. “Ietsie” kan ’n ryskoekie, ’n sakkie gemaalde rooipeper, ’n appel, ’n gaar soetpatatjie wees. En net daar het ’n spel begin waarvan ek die reëls nie geken of verstaan het nie. Wanneer ek ’n groot boks met appels of ’n sak rys of ’n boks pere of ’n sak sampioene persent gekry het, was dit vir my die natuurlikste ding om vir haar daarvan saam te neem, want een mens kan tog ook net soveel gebruik. Elke keer nadat ek so ’n meevallertjie met haar gedeel het, het ek die volgende dag ietsie by haar gekry.

Die vorige week na middagete het ek impulsief vir haar my vrugtesappie gegee, bloot omdat ek graag die 1 nm-bus wou haal. Vrydagoggend toe gee sy vir my ‘n ryskoekierige ietsie. Die skoolkind op die bus vertaal dit as “medicine ricecake”, maar ek het later gehoor daar is oa ginko, ginseng, kaneel en ander kruie in. Heerlik, heerlik, heerlik.

Woensdag gee een van die onderwysers wat aftree by Duryun Middle School vir ons elkeen ’n Swiss Roll van Paris Baquette. Wat maak ek met ’n hele Swiss Roll! Donderdag hardloop ek gou oor na Busmaatjie se skool en neem vir haar die Swiss Roll. Daardie middag neem ek die 4 nm-bus saam met haar en daar bied sy vir my haar buskaartjie aan. Ek het dit so vriendelik moontlik van die hand gewys en beduie dat ek ’n elektroniese kaart het om vir my buskaartjie te betaal, dankie.

Busmaatjie se “kantoor” buite

Dit was my aha-oomblik en skielik het ek die spel en sy reëls gesnap. Sy kan nie ontvang sonder om terug te gee nie. As sy niks het om te gee op daardie oomblik nie, sal sy haar buskaartjie aanbied, maar ontvang sonder om te gee? Aikona!

Ek wens so ek kan vir haar verduidelik dat ek vir haar gee omdat ek oorvloed het. Dat ek asseblief niks wil terughê nie. Dat sy met oop hande moet ontvang maar ook met oop hande gee wanneer sy kan, maar nie ten koste van haarself nie. Nie gee omdat sy verplig voel om te gee nie. Toe dink ek hoe sy in Suid-Korea en ek in Suid-Afrika grootgeword het, en ons albei op hierdie ouderdom steeds moet leer om te ontvang. Hoe dit makliker is om te gee as te ontvang. Hoe trots ons soms van groot en mooi geskenke in die lewe kan ontneem. En ek weet dat ek harder daaraan gaan werk om met meer grasie en dankbaarheid te ontvang. Nie net ryskoekies en soetpatatjies nie, maar ook emosionele hulp, ondersteuning, liefde, waardering, tyd, gunste en gawes.

The post My busmaatjie en ek appeared first on rooi rose.

Altyd maar op pad
Toe ons die tweede keer op uitnodiging van die monnik Eujeoksa toe gaan, was dit ’n sprokieswêreld in wit sneeu waarin ons onsself bevind het. Onthou, die eerste keer wat ons by die klein tempel hoog in die berg was, was dit reeds donker en kon ons nie veel te siene kry nie. Die twee groot wit honde wat die alleen-monnik se enigste geselskap is, het ons aankoms luidkeels aangekondig en die monnik het uitgestap uit sy tempelhuisie en ons met ’n groot glimlag ingewag.

Via Mrs. Jeong het hy dadelik verskoning gemaak dat hy nie sy tradisionele monnikuitrusting dra nie maar vandag word daar gewerk aan die onderhoud van die tempel. Omdat die teedrink-vertrek in die hoofgebou nie verhit was nie het hy ons ingenooi in die heerlike knus vertrekkie in sy privaatkwartiere. Iets wat net familie en naby-vriende glo beskore is. Ons het dankbaar op die warm vloer om sy houtstomptafeltjie gaan sit om koppie na koppie tee met hom te deel.

Mrs. Jeong en haar man moes om die beurt my arsenaal van vrae en die monnik se non-spesifieke antwoorde vertaal omdat hy glad nie Engels praat nie. Omdat ek gefassineer is deur mense se vermoë om in die wêreld maar nie van die wêreld te wees nie, wou ek by hom weet hoe vereenselwig hy sy liefde vir mense met sy liefde vir sy alleenbestaan hier in die geïsoleerde sprokiestempel hoog in die berg. Sy antwoord was nie ’n antwoord soos ons dit ken nie maar eerder ’n opmerking wat my moes aanspoor om my eie antwoorde te formuleer. Tien jaar gelede was die hitte in die vloer onder ons ’n boom en daarom moet hy goeie dinge doen om te vergoed vir die boom wat vandag vir ons hitte gee, het hy gesê. Ook, die monnike van die groter tempels in die omgewing soos Daehungsa gee vir hom rys en hy moet goeie dinge doen om daarvoor te vergoed. Vir my maak dit sin dat mens ’n lewe van dankbaarheid moet leef en dat jy deur jou dade en woorde goed moet doen om jou dankbaarheid te wys en tasbaar te maak. Om bloot te betaal vir die gas of elektrisiteit is nie genoeg om te vergoed vir dit wat ons onsself toeëien uit die oorvloedige maar brose skatkis van Moeder Aarde nie.

Maar ek wou steeds weet of hy nie voel dat hy ook soos Moeder Teresa prakties en fisies goeie dinge vir ander moet doen nie. Hy het verduidelik dat hy wel in sy daaglikse lewe hier in die tempel dikwels deur mense besoek word wat hulp of advies of bystand kom vra. Hy het egter gekies om wysheid na te volg, vandaar sy lewe van isolasie en inkeer na binne hier in die berg.

Toe vertel hy vir ons die storie van die beroemde monnik wat so deur mense oorval was wat hom wou sien dat hy kans vir niks anders gekry het nie. Hy het toe vir mense gesê dat as hulle hom wil sien hulle in plaas van die driemaal buig voor die Boeddha as eerbetoon, 3 000 keer moes buig. Indien hulle dan steeds behoefte het om hom te sien, sou hy hulle sien. Vir my was dit ’n herinnering daaraan dat ons almal gemaak is met alles wat ons nodig het, ook al die wysheid, om hierdie lewe van ons te leef. Maar dan glo ek ook dat ons nie almal alleen iewers in ’n tempel hoog teen ’n berg hoef te gaan woon om hierdie wysheid waarmee ons binne onsself rondloop te ontgin nie. Party van ons leef binne ons gesinne of ons enkelbestaan in hierdie wêreld en ontdek daardie oeroue wysheid binne ons.

Wat ek ook geleer het, is dat ons elkeen op reis is en dat ons kan besluit hoe belangrik dit vir ons is om die wysheid binne ons te ontgin of nie. Niemand ken jou pad nie en daarom moet ons ook nie mekaar se paadjies kritiseer of beny nie.

Die monnik se blyplek by die tempelkompleks

The post Altyd maar op pad appeared first on rooi rose.

Van tee en donker paaie en makgeolli (3 van 3)
Julle sal onthou dat ek en Mrs. Jeong eintlik sou gaan noedels eet het toe ons eers die draai by Eunjeok tempel en die monnik gemaak het.

Wel, op pad terug nadat Mrs. Jeong in die donker in die veld ’n plassie moes maak na ons liters tee by die monnik gedrink het, was dit ek en sy wat aanvanklik met groot gelag moes stoei met haar nuwe motor. Nogal ’n Samsung! ’n Groot motor met baie knoppies. Ek dink as jy weet watter knoppie om te druk, sou hy selfs ’n cappuccino kon maak. As sy die ligte wou domp, het sy dit heeltemal afgeskakel. Dit klink dalk nie vir jou so erg nie, maar glo my, die paadjies is soms so nou tussen die ryslande deur dat een voertuig vir ’n ander moet padgee. Min het ek geweet dat die ergste nog voorlê. Op die grootpad het Mr. Jeong gebel en ek dink van pure opgewondenheid of al die kaffeïne van die tee, het sy die foon tussen die sitplek en die deur laat val. Onthou, in Korea ry die mense aan die verkeerde kant van die pad en al het ek aan die regterkant gesit, het ek nie toegang tot ’n rem of ’n stuurwiel gehad nie.

Een van die baie dinge wat ek in Korea kom leer het, was mos juis om nie so ’n beheervraat te wees nie maar ek het ook nou geleer om maar ’n plassie te maak as ek die kans kry! Om ’n lang storie kort te maak, na vele noue ontkomings het ons wel veilig en ongedeerd in Haenam aangekom. In haar gebroke Engels het sy met groot oë onomwonde verklaar: “My husband must teach me lot”.

Mrs. Jeong se man het laat weet hy is op pad terug van Mokpo af en ons moet vir hom wag by hulle woonstel want hy wil saam met ons gaan eet. Dis nie algemeen in Korea dat vreemdelinge na plaaslike mense se huise genooi word nie en hierdie was maar die derde keer in agt maande dat ek in ’n Koreaan se huis gekom het. Ook, as gevolg van die hemelhoë bevolkingsyfer in die kleine landjie, bly die meeste mense in sulke hoë “apartment buildings”.

Soos ons almal maak as iemand onverwags by jou huis opdaag, hardloop sy toe ook vooruit om seker te maak alles is in redelike orde terwyl ek my skoene by die deur uittrek. Dis nou veral as jy jou dogter se kat geërf het en nie kan onthou of jy die kattoilet skoongemaak het nie… Omdat die Koreane meestal en graag op die vloer sit, was die reuse rusbank handige pakplek en het dit half spontaan veroorsaak dat ons so staan-staan deur die woonstel kuier. Ek het kans gekry om alles te bewonder en uit te vra (my sterk punt) oor enigiets wat my oog gevang het.

Met al die gelag op pad terug in die motor het ons ook ’n baie hartseer oomblik gedeel toe sy vertel het hoe haar broer se vrou hom en sy twee kinders gelos het en agter ’n ander man aangeflerrie het. Koreane wys nie vreeslik emosie nie en daarom was dit vir my so kosbaar dat Mrs. Jeong haar pyn vir die kinders met my gedeel het.

Mr. Jeong is ’n Engels-onderwyser wat bietjie beter Engels as sy vrou praat en ons het gou land en sand aan die gesels geraak oor alles onder die son. Die voordeel van die gebrek aan ’n gemeenskaplike taal is dat mens letterlik deur onderwerpe kan draf omdat jy nie regtig in diepte kan delf in een onderwerp nie. Nadat ons besef het baie restaurante in die dorp is 8nm reeds gesluit, is ons weer dorp-uit na Daehung tempel om ’n oop restaurant te soek. By die vyfde restaurant is die deur nie gesluit nie en toe ons instap, staan ’n vriendelike tannie (ajumma) van die vloer af op en na ’n flink gesprek in Koreaans maak ons ons kruisbeen tuis op die vloer. Al was dit nie noedels nie, het ons heerlik geëet aan die bibimbap.

Bibimpap

Op pad terug na my woonstelletjie, vra Mr. Jeong huiwerig: “Do you like alcohol?” Eers val ek daar weg met ’n ode aan Suid-Afrikaanse wyn maar bedink my gou en sê dat ek wel soju en bier geniet in Korea. Hy vra toe of ek van makgeolli hou. Dis ’n tradisionele Koreaanse gefermenteerde drank wat onder andere van rys en koring gemaak word en ’n melkerige kleur het. Natuurlik hou ek daarvan! Hy vertel my toe dat Masan, ’n dorpie na-aan Eunjeoksa, volgens hom die beste makgeolli maak en dat hy Masan makgeolli met my wil deel. By my woonstel gestop, klim hy en Mrs. Jeong uit die motor en skink terstond vir my ’n leë waterbottel vol makgeolli net daar op die sypaadjie waar al die hoërskoolkinders by ons verbystap. Only in Korea!

Ek stap met ’n waterbottel vol makgeolli en ’n breë glimlag die trap op na my woonstel en is dankbaar vir elke onthou-oomblik van die afgelope vier ure maar ook vir elke onthou-oomblik van die afgelope 8 maande.

In my volgende stukkie vertel ek julle meer van ons opvolgbesoek aan die monnik.

The post Van tee en donker paaie en makgeolli (3 van 3) appeared first on rooi rose.

Die diep en tevrede sug (2 van 3)
Die enigste taal wat ek en die monnik in gemeen gehad het, was die breë glimlag op sy gesig. Toe hy ons deur die groot skuifdeure die klein vertrekkie binnenooi het ek geweet ek is welkom. Soos die gebruik hier is, het ons plat op die grond langs die lae tafeltjie gaan sit nadat ons ons skoene eers voor die houtstoepie buite die deur gelos het.

’n Versameling interessante teepotjies staan agter hom op ’n rakkie. Ek en Mrs. Jeong sit oorkant hom. Hy tap kookwater uit ’n elektriese urn op teeblare en wag ’n klein rukkie voor hy dit in klein oorlose koppietjies skink. Geen melk of suiker word in hierdie tee gegooi nie. Ek tel die koppietjie met een hand op terwyl die ander hand liggies onder stut soos hulle maak. Ek proe dadelik dis nie groentee nie en vra via Mrs. Jeong watse tee dit is. Swart tee. Nie onaardig nie maar ek mis my melk.

Ek kan sien dat die oomblik vir Mrs. Jeong ook baie spesiaal is en dat sy selfs meer beskeie as gewoonlik is. Ek voel weer as ek so ’n geleentheid het moet ek dit gebruik deur soveel moontlik daaruit te leer en te ervaar. Elke keer as die monnik ’n teugie aan sy tee gee, sug hy ook behaaglik. Dit voel kompleet nes ’n meditasie-sessie. Omdat die koppietjies seker skaars meer as 50ml tee kan vat, draf ons vinnig deur so ’n koppietjie maar jy dink nog jy sit hom neer dan is hy weer vol en as die teepotjie leeg is, gooi hy die laaste druppels in ’n beker op die vloer langs sy knie en tap vars kookwater op die blare. Voel soos die weduwee se kruik. Die tee gaan beslis nie opraak hier vanaand nie.

Omdat ander mense se lewens vir my altyd so ongelooflik interessant is, vra ek graag vrae en deur Mrs. Jeong begin ek dus ook my vrae vra. Hoe lank is hy al by Eunjeok tempel? Hoe lank is hy al ’n monnik? Sien hy heelwat mense by die tempel? Lees hy graag – met die dat daar ’n klompie boeke op ’n rak langs ons pryk. Skryf hy?

Hy is al 20 jaar ’n monnik en hy lees bietjie maar skryf niks. Ek vra hoekom hy nie skryf nie want om so in afsondering na aan die natuur te leef moet mens tog ongelooflike insigte kry veral wanneer jy mediteer wat hy tog graag seker met ander sal wil deel? Nee, hy wil nie dink nie. Ek sê maar alle leermeesters soos Boeddha en Jesus en Einstein het tog seker gemaak dat hulle gedagtes opgeteken word sodat ons daaruit kan leer. Hy voel nie daar is nog gedagtes wat neergepen hoef te word nie, en, nee, hy wil nie met gedagtes gevul wees nie.

Ek sê ek kan dit verstaan en ek vertel via Mrs. Jeong van my hele ontsnapping aan die dronk apies in my kop. Dat ek ’n lewe gekies het waar die dronk apies vir ’n slag nugter en rustig kan word en dat dit juis nou is dat hulle stiller is dat ek voel asof my gedagtes die moeite werd raak om op te teken. Ek sien hy luister na my. Ek sê ook vir hom dat ek elke dag by grootmense en kinders leer en dat my eie kind al vir my van die belangrikste lesse in die lewe geleer het. Tussen sy behaaglike uitasem deur weet ek hy hoor my. Ek vertel hom van my “journaling” en hoe dit my help om die dronk apies onder beheer te hou en om net perspektief op die lewe te kry en ek sien dat hy my hoor.

Toe ek vir hom vertel dat ek wens om eendag vir ’n tydjie in ’n ashram te bly sodat ek die hele ding van stilword in my lewenstyl kan ingrein, sê hy: Maar jy lewe reeds die lewe van ’n monnik. En toe is ek diep dankbaar dat ek besluit het om uit die hamster-wiel te klim, my tasse te pak en die wêreld in te vaar op soek na stilte.

Toe ek en Mrs. Jeong weer in die donker vol tee bergaf loop na hy ons gevra het om asseblief weer te kom, wonder ek of hy nou bietjie meer gaan skryf.

Omdat dit donker was kon ek nie foto’s neem nie maar ek belowe as ek vir my opvolgbesoek gaan, neem ek foto’s om vir julle te wys. Ek heg foto’s van ’n paar ander tempels aan wat ek al in Suid-Korea besoek het. Vir interessantheid: Die “sa” aan die einde van die tempels se name beteken “tempel” daarom dus Naksan tempel of Naksansa.

Naksansa by YangYang, Gangwando

The post Die diep en tevrede sug (2 van 3) appeared first on rooi rose.

Onthou-oomblikke (1 van 3)
Ek kies om te glo dat ons elke dag oomblikke kry wat ons kan raaksien of nie, kan onthou of nie. So het ek twee dae gelede onverwags en onbepland sommer ’n mandjievol onthou-oomblikke binne ’n kwessie van 4 ure present gekry en ek wil dit graag met julle deel.

Mrs. Jeong, die onderwyseres wat Koreaans onderrig by my een skool, bied vir my ’n saamrygeleentheid aan terug dorp toe. Haar Koreaans is beslis so goed soos my Afrikaans maar haar Engels is baie beter as my Koreaans. Dit gee dus ’n unieke manier van kommunikeer af en ek sukkel bietjie met al my armgebare in die klein spasie van die motor. Maar op ons rit van ongeveer 20 minute gesels ek en sy kopstukke oor die avontuur wat ek vir aanstaande jaar beplan. Met soveel opgewondenheid en opregtheid sê sy: “Your life is excellent!” Net voor ons die dorp binnery, vra sy: “Do you have promise tonight?” Ek moes bietjie kopkrap maar het tog gou gesnap sy bedoel: “Het jy dalk ’n afspraak vanaand?” In Korea het ek gou geleer om nooit “nee” te sê vir persoonlike uitnodigings van Koreane nie; ek kon dalk net ’n ongelooflike outentieke ervaring mis. Mrs Jeong: “We go to dinner? Me and you? My husband in Mokpo.”

Op haar vraag of daar iets spesifiek is wat ek wil eet, antwoord ek diplomaties dat ek lief is vir samgyeopsal, bibimbap, dakgalbi, bulgogi, samgyetang of selfs iets heeltemal nuut. Omdat sy man-loos was vir die aand, gee ek vir haar die keuse en sy besluit: “We will eat noodles.” So terloops vra sy my toe ook of ek bietjie wil rondry want sy ken ’n klein tempel ’n entjie se ry van ons dorp af. Ek dog toe dit kan ’n wonderlike avontuur wees om noedels by ’n tempel te eet.

Tipiese bergpaadjie in Korea

Ek dink alle tempels in Korea is in die berge gebou en Eunjeoksa tempel is geen uitsondering nie. Ons parkeer die motor en vaar die berg in te voet. In die donker. Want dis winter. Nou moet julle ook net onthou dat die Koreaanse vroue klein en fyn en superfiks is. Ek is ’n gesonde boeremeisie wat nog nooit van waterige sop en gefermenteerde groente hoef te gelewe het nie en dus sleep ek hygend my liggaam teen die berg op terwyl petite Mrs. Jeong flink en geluidloos langs my die (vinnige) pas aangee. As verskoning moet ek net sê dat ek ook my groot sak saamsleep, want ons gaan mos nou noedels eet. Halfpad teen die berg op, in ’n dowwe liggie tussen die bome, kom ons ’n monnik teë wat met sy twee honde gaan stap. Op daardie stadium laat ek egter die hele gesprek aan Mrs. Jeong oor omdat ek (1) nie asem het nie en (2) omdat die monnik nie een woord Engels praat nie.

Lewendig (maar sonder asem) bo aangekom is die hele tempelkompleks in donkerte gehul. Ek sien nêrens enigiets wat naastenby soos ’n restaurant of ’n “eating house” lyk nie. Maar ek vertrou my gids en weet iewers gaan ons ’n knus plekkie met lae tafeltjies kry waar ons (on)gemaklik op die warm vloer kan sit en eet. In die donkerte wys sy vir my ’n paar geboutjies en toe is ons sonder seremonie en sonder noedels weer bergaf. Net voor ons by die motor kom, kry ons weer die monnik en sy twee honde en daar is nog ’n gesprekkie in Koreaans. Ek dog nog sy vra hoekom is daar niemand by die restaurant nie toe vertolk sy: “You want tea with monk?” Soos ek altyd uitnodigings van Koreane aanvaar, aanvaar ek toe summier die tee-uitnodiging van die monnik en besef te laat dit beteken ek sal weer moet berguit. Maar ek hou my in en ek hou my gehyg so geruisloos moontlik. Gelukkig loop ons toe hierdie keer lekker stadig want monnike doen niks vinnig nie.

Julle sal maar moet wag vir aflewering 2 en 3 om te hoor van die res van die mandjie onthou-oomblikke van daardie wonderlike 4 ure. Hierdie deeltjie was vir my een van daardie onthou-oomblikke waar mens heeltyd jouself moet aanpraat om nie aan die giggel te gaan nie. Dit het heeltyd gevoel of ek myself in ’n komedie kan sien: Storm met swaar sak en lam bene asemloos in die donker die berg uit om te gaan noedels eet! En dit saam met ’n flukse vlindertjie van my jare wat stap asof sy al stappende gebore is. En van noedels is daar geen sprake nie!

The post Onthou-oomblikke (1 van 3) appeared first on rooi rose.

Perfekte tydsberekening
Gisteroggend stap ek na die busterminaal, hande so diep as moontlik in my baadjiesakke gedruk en kennebak snoesig toegewikkel in ‘n serp. Lekker vasgevang in my eie knus kokonnetjie. Toe staan hy eensklaps daar reg voor my. ‘n Boom steeds getooi in sy pragtige mantel van geel herfsblare. Dis asof hy my naam uitroep en sê: “Stop! Kyk en waardeer my skoonheid want more is ek kaal en vaal”.

Tydens my busrit dieper die platteland in sien ek vanoggend die eerste ryp op die stoppels van die ryslande, die padlangs-grassies en die groot groen koolkoppe. En ek besef dat my mooie herfsseisoen snel tot ’n einde spoed. En toe dink ek oor tyd en ons belewenis daarvan. In my lewe voor Korea het ek dikwels gaan sit en probeer sommetjies maak oor wat ek met die 24 uur in my dag doen. As ek al die ure van die “moete” in my lewe bymekaar getel het, het daar weinig tyd oorgebly vir die “wille”. Ek onthou hoedat ek dikwels gewens het dat daar meer ure in ‘n dag was en dat ek meer energie oorgehad het om effektief in daardie ure te belê. Nodeloos om te sê, maar die realiteit was dat ek met dieselfde 24 ure in my dag gesit het as waarmee jy vandag sit.

Sur-a Tea House. Ek is die enigste westerling op die foto.

Maar hoe het dinge dan verander sedert ek na Korea toe gekom het? Ek het steeds dieselfde 24 uur in ‘n dag en daar is steeds dinge wat ek wil doen en wonder waar ek tyd daarvoor gaan kry. Maar ek dink die groot ding wat ek hier kom leer het, was dat tyd altyd perfek is. En dat tyd altyd genoeg is. Alles gebeur wanneer dit moet. Hoe anders sou my lewe gewees het as ek hierdie ervaring wat ek nou het op 27 gehad het? Nee, ek wonder nie eens daaroor nie want ek weet ek moet juis nou hier wees en ek moet die ervaring wat ek het juis nou hê. My lewe tot nou toe was my voorbereiding om hier te wees vandag.

Net soos my boom wat elke dag meer en meer van sy geel mantel verloor, het elke seisoen in my lewe ook perfekte tydsbereking. Ek moes deur ‘n tyd in my lewe gaan waar ek gevoel het ek het ‘n gebrek aan tyd om te besef ons kry almal presies genoeg tyd. Ek moes by ‘n punt in my lewe kom om te besef ons lewens is nie bedoel om van jaar tot jaar of mylpaal tot mylpaal gelewe te word nie, maar om in die oomblik te lewe. Om spontaan deel te kon wees van ‘n tradisionele dansgroep by ’n afgeleë Koreaanse Tea House. Die sekondes waar ek my oë kon laat feesvier op die wonderskone herfskleure in Korea. Die oomblikke wat ek my seun se gesig kon dophou terwyl hy sy ma se nuwe leefwêreld ervaar het. Die toneel van die ou tannie wat met haar ruggie, krommer as krom gewerk, in die middel van die straat afskuifel en al die motors vir haar uitdraai. Die ou omie wat vir my ‘n ekstra persimmon in die hand stop. Die busbestuurder wat vir my ‘n papierkoppie met kitskoffie in die bus bring. Die vrou wat haar ryskoekie met my deel. Die oombik toe die bus deur die laaste tonnel ry en ek Seorak Berg in al sy majestieuse glorie sien. Dit is in die oomblikke, die momente dat ons werklik lewe en die enigste momente wat jy het, is dit wat jy nou het.

Osaek in Seoraksan Nasionale Park

The post Perfekte tydsberekening appeared first on rooi rose.

Herfsfantasie in Haenam
Die Koreane is bekend daarvoor dat hulle jaarliks talle feeste regoor die land aanbied. So is daar byvoorbeeld feeste vir kimchi, kersiebloeisels, pruimboombloeisels, lanterns, appels, migrerende voëls, sojabone, ontwerp, kersbome, forelle, ligte, groentee, Koreaanse dramas, bulgevegte, skoenlappers, tulpe, wierook, bamboes, die Paleolitiese era, blomme, tradisionele sang, “slakstap” (my vertaling vir olle walking), onafhanklike films, internasionale films, kortfilms, soet persimmons, winter, bergsneeu, keramiek, bokwiet, maskers, kruiemedisyne, internasionale jazz, gefermenteerde seekos, ensomeer.

Korea is ook breëborstrots op die feit dat hulle vier duidelik onderskeibare seisoene het. Hoewel internasionale weerpatrone besig is om te verander, hou die Koreane steeds vol dat elke seisoen min of meer (presies) drie maande duur. Persoonlik sou ek ’n paar maande by die (lang) somer wou steel en by die herfs wou byvoeg!

Beer van krisante, Haenam

So loop ek een oggend in Oktober oor die gronde van die Kuns- en Kultuursentrum en sien hoedat die gras en betonarea oornag omskep is in ’n wonderwêreld van krisante van alle kleure en groottes. Groot potte en klein potte, krisante in reuseharte, in groter as lewensgrootte beelde van perde, hasies, kuikens, swane, beertjies, osse, ens. Waar ek aan die anderkant van die Sentrum uitstap, loop ek uit onder ’n boog gebou van veelkleurige krisante. Oornag is my prentjiedorp aan die suidelikste punt van Suid-Korea opgetooi vir ’n maandlange krisantefees. As ’n Suid-Afrikaner wat nie gewoond is aan munisipale begrotings wat blomme, musiek, kuns en ander estetiese aanskoulikhede insluit nie, was ek uit die aard van die saak geweldig beïndruk en opgewonde by die vooruitsig dat ek vir ’n volle maand lank elke dag hierdie wonderwêreld gaan aanskou.

Groot was my verbasing toe ek daardie middag weer deur die Sentrum loop en sien dat daar selfs meer blomme en uitstallings bygevoeg is. ’n Kwartet van miere maak vrolik musiek tussen die blomme. Die os het ’n waentjie bygekry om te sleep. ’n Perd op volle galop het bygekom. Nog duisende veelkleurige blomme is ingesteek en bygesit. Ek het self gesien hoe die ou tannies kromrug buk en op hulle hurke sit om blomme oral in te druk terwyl die omies met hul wit handskoentjies water lei. Die volgende oggend was daar selfs meer verrassings en die dag daarna nog meer. Die mierorkes het gegroei tot vyf en nog ’n paar dae later was ’n skilpadskip en twee admirale deel van die orkes om die Slag van Myeongnang (1597) te vier.

Krisante in die gang by Buk Pyeong Middle School, Nam Chang

Toe besef ek dat daar vir ’n hele klomp dae aan die uitstalling gebou word en dat dit nie die eerste dag voltooi was nie. Hoewel ek reeds die eerste dag grensloos beïndruk was, was dit by verre nie die finale produk nie. Ja, dit sou baie mooi en edel wees om te kon sê dat ek met min tevrede is en dat dit vir my genoeg was om te waardeer hoe ’n samelewing geen geld en moeite ontsien om ’n blom en ’n seisoen te vier nie. Maar ek het besef hoe ek my sin vir wonder verloor het in ’n wêreld en lewe wat te vinnig en gejaag en vol spanning was. Hoe ek verleer het om die sprokie en die fantasie elke dag om my raak te sien. Hoe ek gelate aanvaar het dinge kan nie beter of mooier word nie. Om tevrede te wees met die gemiddelde, die gewone. Om te bang te wees om vir meer te wag, te bang om groot te droom en te bang om te glo in oorvloed.

As ek na die eerste dag sou besluit het om nie weer by die Sentrum verby te loop nie omdat ek reeds die uitstalling gesien het, sou ek nooit geweet het dat die beste nog sou kom nie – en nie een dag later nie,  maar etlike dae later. Ek sou gedink het Korea kan ’n krisantefees saamslaan wat baie mooi is, maar ek sou nie geweet het Korea kan ’n asemrowende kleure- en geurespel van blomme en fantasie en wonder optower en vir ’n maand lank in stand hou nie.

Dan wonder ek hoeveel keer het ek al in die verlede omgedraai of opgehou voor die eintlike skouspel, voor die hoogtepunt, en hoeveel keer het ek aanvaar dat die gemiddelde die uiteindelike was. En dan is ek opnuut dankbaar vir my avontuur in Korea.

The post Herfsfantasie in Haenam appeared first on rooi rose.

Om in die stilte te beweeg
Ek lees nou die dag ’n slimmigheid wat Albert Einstein nogal kwyt geraak het: “Life is like riding a bicycle. To keep your balance you must keep moving.”

Dadelik het ek hieroor begin wonder want dit was dan juis omdat ek hierdie ondraaglike begeerte aan die “slow life” gehad het dat ek my wortels vir eers in Suid-Afrika uitgetrek het om hier in die verre en vreemde Suid-Korea onderwys te kom gee. Nie dat ek enige onderwyservaring gehad het nie, inteendeel, dit is vir my ’n totaal nuwe beroep en so in teenstelling met die werk wat ek in die korporatiewe wêreld gehad het.

Ek weet net dat ek ’n punt bereik het waar ek genoeg gehad het van die eindelose gejaag tussen punt A en punt B, die spanning om sperdatums na te kom, die druk om kliënte tevrede te hou, die soms ondraaglike lading van verantwoordelikhede, die begrotings wat moet klop, die winste wat gemaak moet word, die gehardloop-en-nêrens-aankom nie. Ek wou ’n lewe hê waar ek weer tyd sou kry om stil te staan en die blommetjies in die krake op die sypaadjie waardeer, waar ek water sou hoor, die veld sou ruik, die wind teen my vel sou voel, die seisoene sou ervaar, in die berge sou stap.

Spatsels kleur langs die pad

Toe waai die winde my ses maande gelede Suid-Korea toe en ek lewe ’n “slow life”. Die dronk apies in my kop kry kans om stil te raak. Ek neem waar soos ’n blinde wat vir die eerste keer kan sien. Ek hoor soos ’n tiener sonder oorfone en ek voel dinge in my binnekant wat ek nie geweet het bestaan nie.

Fietsry op Jeju-eiland

Toe my seun in Julie-maand vir my kom kuier het, was ons vir ’n paar dae Jeju-eiland toe waar ons onder andere fietse gehuur en vir ’n dag lank om Udo-eiland gefiets het. Nou moet julle darem net weet dat ek ’n meisiekind was wat eens op ’n tyd loshande met my voete op die “handle bars” kon ry. Maar op Udo het dit aanvanklik maar wankelmoedig gegaan. Dit was asof die stuur net nie lekker wou saamwerk nie en ek nie seker was of die remme regtig om ’n draai of teen ’n afdraande sou werk nie. As ek my oë toemaak, het ek steeds hierdie beeld van my seun wat met sy kop in sy hande staan en brom: “Ai, Moeder, ai. Wat het ek gedoen om dit te verdien?” Ek het alle selfvertroue op die fiets verloor maar soos die dag aangegaan het, het ek al meer en meer selfversekerd geraak totdat ek heelwat later met my bene sywaarts uitgestrek teen die afdraandes kon af-“free” – hande wel stewig op die stuur. Watter gevoel van absolute vryheid het ek nie ervaar nie!

Ek het in Korea kom leer dat spoed en beweging aan die buitekant nie vir jou die balans gaan gee as jy daarna soek nie. As dit stil word hier binne en jy kry weer kans om die lewe te waardeer, dan beweeg jy die meeste en kan jy weer jou balans kry.

The post Om in die stilte te beweeg appeared first on rooi rose.