Survivor SA - Island of Secrets | rooi rose

Danté de Villiers: Meer as nét ’n surfer!
Meer as nét ŉ surfer! – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: verskaf

Jy herken hom dalk as die blondekop, blou-oog, branderplankryer van die Wes-Kaap, maar van een ding is ons baie seker: Rudolp Danté de Villiers is meer as nét ’n surfer!

Ons gesels met die sewende seisoen van MNet se gewilde werklikheidsreeks, Survivor SA, se eie Aquaman. Hy vertel vir ons van sy liefde vir die see, waarom hy teruggekeer het na Suid-Afrika en die alledaagse uitdagings van ’n maand op ’n eiland.

Jy het vir 6 jaar in Israel gewoon. Vertel ons hiervan

Ek het op ’n klein eiland in Thailand gewoon waar ek my eerste Israeliese meisie ontmoet het. Ek was dadelik verlief op die taal, die kultuur en hoe doelgerig en passievol sy (hulle) is. Ons het besluit om Israel toe te trek en het vinnig daar ’n pragtige klein plekkie in Eilat (teen die Rooisee) gevind waar ons albei dadelik tuis gevoel het.

Publieke vakansiedae in Israel is baie gerig op familie, vriende en kos. Siende dat ek die enigste blondekop was (my meisie was van Yemen) by die gróót familie-geleenthede (die familie was rondom 35 – 50 mense, vanaf pasgeborenes tot ouma- en oupagrootjie) was dit elke keer ’n belewenis. Boonop was haar pa ’n gelowige Jood en is ek tydens elke Shabbat deur die hele ritueel geneem. Dit was soms uitdagend, maar is beslis ’n ondervinding wat ek vir niks sal verruil nie.

Wat het die lewe in die buiteland vir jou geleer? En watter raad het jy vir jong Suid-Afrikaners wat ’n lewe in ’n ander land oorweeg?

Ons as mense leef eintlik eers werklik sodra ons buite ons gemaksones is. En dít is presies wat die buiteland is. Dit forseer jou om vrae te vra, te luister na ander se opinies en om te leer om op te let na ander se maniere van dink en doen. Jy raak ’n beter mens deur uit jou gemaksone te beweeg, en dit is die dryfkrag vir my eie kreatiwiteit.

https://www.instagram.com/p/Bss1UcXAmrd/

Waarom het jy teruggekeer Suid-Afrika toe?

Na ’n paar jaar in Israel het ek en my Israeliese meisie uitgemaak en het ons paaie geskei. Dit het net mooi op presies dieselfde tyd gebeur waarin ek besef het dat ek gereed was vir ’n nuwe uitdaging – ek wou ook graag terugkeer na die Weskus. Alhoewel ek vandag voel dat Eilat my huis is, is die Weskus in my bloed. En jy kan vêr en wyd weghardloop en wegkruip, maar as jy soos ek grootgeword het op die strande van die Kaap, sal hy jou ook altyd terugtrek.

Jy besit Columbine Co. in Velddrif in die Wes-Kaap. Wat was jou inspirasie vir die koffiewinkel? En vertel vir ons van jou lewe as entrepreneur.

Ek is nog altyd maar meer van ’n dromer as enigiets anders. Ek kan ure lank in een plek spandeer en nét dagdroom, maar daarvoor kort ek beslis ook ’n uitsig! Die klein bokkomhuis was my oupa sŉ. Hy was destyds ’n visserman. Na hy oorlede is, het ouma Kitty daarop aangedring dat die huisie gehou moet word. Deur die jare het my buurman die huisie gehuur om sy vis in te verwerk. Met my terugkeer na Suid-Afrika het ek die plek skoongemaak, uitgeverf en besluit om weer die deure vir almal oop te maak om saam die pragtige erfenis en geskiedenis van bokkomlaan te geniet – dit alles natuurlik met ’n koffie in die hand, ’n halva en vriendelike pelikane. Nou kan ek dagdroom terwyl ek oor die Bergrivier staar.

Wat is die ultimate droom – persoonlik en besigheidsgewys?

Ons groei elke dag. En nes ons leer, hoor, sien en ervaar, verander ons ook gereeld ons opinie en idees oor die lewe. Ek voel drome gaan gepaard daarmee. Iemand kan my elke dag dié spesifieke vraag vra, en ek mag dalk net elke keer ’n ander antwoord hê. Maar in die groter prentjie van dinge is geluk en gesondheid altyd deel van my antwoord. Op dié huidige oomblik, sal ek nie omgee om nog 5 handevol Land Rovers in my garage te hê nie.

https://www.instagram.com/p/B1vw7jpptgO/

Kom ons gesels bietjie oor Survivor. Waarom het jy besluit om hiervoor in te skryf?

Vra enige persoon (my ouderdom) wat die een realiteitsprogram is waarmee hy/sy grootgeword het, en ek is seker almal se antwoord sal Survivor wees.

Wie wil nie daaraan deelneem nie? Jy kan leef in jou Speedo, baie vis vang, op die mooiste strand bly en boonop R1 miljoen rand wen. Wat kan tog beter wees?

https://www.instagram.com/p/Bz-OK02pQdb/

Was dit (en die lewe op ‘n eiland) dit wat jy verwag het?

Niks en niemand kan jou voorberei vir die eiland nie. Punt. Daar’s níks soos dit nie!

My gunstelingdeel was natuurlik om baie tyd in die see te spandeer en om met slegs die basiese gereedskap te leef.

Wat was die moeilikste deel van Survivor?

Honger wees. Die baie reën. Min tot geen slaap.

Die eerste 7 of 8 dae het ons nie ‘n krummeltjie kos ingekry nie, jy was meeste van die tyd sopnat, en jy moes snags regop sit omdat dit onophoudelik gereën het. En tussendeur die reën, ongemak en honger-wees moes jy boonop probeer konsentreer op Survivor.

Jy staan bekend as Survivor (en Suid-Afrika) se eie “Aquaman”. Ons verstaan beslis hoekom, maar wil graag weet waar jou liefde vir die see vandaan kom?

Ek kom uit ’n familie wat elke naweek iewers heen op pad was om te gaan visvang. My pa het vir die Westelike Provinsie vis gevang, en my ma was net so lief vir lyn natmaak. As kinders was ek en my broer gedurig iewers op ’n strand besig met gevriesde mossels of sardientjies. So, ek het grootgeword met branderplank ry. En as ’n tienerseun wat groot geword het op Melkbosstrand, het ek twee opsies gehad: of tyd in die see, of kattekwaad… (Ek het ’n streng balans gehandhaaf!)

Wat is jou gunstelingtydsverdryf?

Ek is mal oor die buitelewe. As ek nie ín die see is nie, is ek naby hom. Solank as wat ek in die son kan wees, is ek gelukkig!

Na my deelname aan Survivor maak ek ’n punt daarvan om elke week iewers te gaan kamp en nuwe plekke te ontdek.

Wat interesseer jou?

Alles interesseer my. Die sterre. Blomme. Poësie. Kuns en beweging. Daar’s iets spesiaal aan dinge wat bloot net natuurlik voorkom – sonder grense of voorwendsels.

Wat is jou motto in die lewe?

Ek luister graag na filosofie en geniet dit om te leer oor hoe ander die lewe sien en wat hulle idees is van ’n volmaakte lewe. Ek self probeer net om elke dag ŉ beter persoon te wees as die een wat ek gister was, al is dit ook net so klein soos 0.1%.

Vertel ons van die liefde in jou lewe?

Ek het vir Maayan ontmoet net voordat ek teruggekeer het Suid-Afrika toe. Op daardie stadium was sy reeds besig om vir haar toer te spaar. Sy en haar hond (Chai) sou Chili toe vlieg, daar ’n minibus koop en dit inrig met ’n bed en ’n kombuis, en dan vir twee jaar deur Suid Amerika toer – nét die twee van hulle.

Ons albei se fokus was reeds so gevestig op ons eie planne – ek met my koffiewinkel en sy met haar Suid-Amerikaanse toer – dat ons besluit het om daarmee voort te gaan. Ons het wel vir 18 maande lank daaglikse kontak gehou, totdat ek eendag ’n oproep ontvang het: “Dis dit. Ek wil kom kuier!”

Ongelukkig het dié oproep gekom slegs ’n week nadat ek ingeskryf het vir Survivor. Ons het toe saam besluit dat ons vir nog vier of vyf maande sou wag totdat ek ’n antwoord het. Toe ek gehoor het dat ek wel gekies is om aan die nuwe seisoen van Survivor deel te neem, het alles met nóg vier maande aangeskuif.

Die dag met my terugkeer van Survivor af het ek haar dadelik gebel. En twee weke later stap sy en Chai deur die lughawe se deure. Vandag is ons ’n driemanspan wat kamp en die buitelewe geniet.

En laastens wil ons graag die storie van julle pragtige hond hoor. Watter rol speel hy in jou lewe? En wat was die inspirasie om vir hom sy eie Instagram-profiel te skep?

Maayan het ses jaar gelede vir Chai aangeneem en sedertdien is hulle onafskeidbaar. Hulle gaan orals saam met mekaar – van klas tot werk en partytjies tot verskillende lande. Chai is absoluut Maayan se skaduwee! Hulle doen alles saam, sonder uitsondering. Suid-Afrika is Chai se negende land – hy trek al by sy tweede paspoort! Deesdae, as hy nie besig is om vis te vang of saam met ons te kano nie, verwelkom hy almal by die koffiewinkel met vriendelike stertswaai en ’n groot glimlag.

https://www.instagram.com/p/B1PICyvBRLR/

Maayan het besluit om vir hom sy eie Instagram-profiel te skep bloot vir die rede dat sy vir hom ’n lewe vol avontuur belowe het die dag toe sy hom aangeneem het. So met die tyd het sy met oorsese besighede wat diereprodukte maak en vervaardig in besigheid getree, en doen sy tans baie werk vir hulle deur haar profiel.

https://www.instagram.com/p/B2TkIyOBBbf/

The post Danté de Villiers: Meer as nét ’n surfer! appeared first on rooi rose.

Ontmoet die deelnemers van Survivor SA: Island of Secrets
Ontmoet die deelnemers van Survivor SA: Island of Secrets deur Zoë Salzwedel. Foto’s: Verskaf deur M-Net.

Die nuutste seisoen van Survivor SA speel in Samoa af, en in plaas van die gewone twee spanne wat veg vir die titel van Survivor, is daar in dié seisoen drie spanne wat die ongenaakbare elemente van Moeder Natuur in die gesig staar.  Dié drie “tribes” staan bekend as Tribe Ta’alo, Tribe Sa’ula en Tribe Laumei en sal onderskeidelik met spankleure van pers, geel en blou deelneem.

Dis ook die eerste seisoen van Survivor SA waar kykers nie nodig gehad het om te wag vir die eerste episode van die seisoen om die deelnemers te ontmoet nie, omdat hulle reeds vooraf aan ons bekendgestel is. Ons het gaan uitvind wie hulle is.

Ontmoet die deelnemers van Tribe Ta’alo:

Cobus Hugo | 28 | Argitek | Groenpunt, Kaapstad

Dié sosiale vlinder kanaliseer sy eindelose energie deur marathons te hardloop en hard te werk vir dít wat hy wil hê. Sy grootste vrees vir Survivor SA is om by ’n vervelige span ingedeel te word. Cobus is sommer reeds in die eerste episode van Survivor SA: Island of Secrets deur sy span as kaptein gekies.

Danté de Villiers | 31 | Koffiewinkeleienaar | Dwarskersbos, Kaapse Weskus

Met sy lang blonde hare, gespierde lyf en liefde vir die see, is Danté de Villiers beslis Suid-Afrika se dromerige Aquaman! Nadat hy ’n tyd lank in Thailand gewoon het en die afgelope sewe jaar in die suide van Israel langs die Rooi See deurgebring het, het Danté teruggekeer na Suid-Afrika om ’n koffiewinkel te bestuur – natuurlik in ’n klein kusdorpie!

Felix Godlo | 29 | Verkoopskonsultant | Garsfontein, Pretoria

Felix kom uit ’n tradisionele Xhosa-familie, maar het skoolgegaan by ’n Afrikaanse hoërskool in Pretoria waar sy rugbytalent vinnig raakgesien is en hy ’n rugbybeurs losgeslaan het by Jeppe Highschool for Boys. Godlo en sy hoërskool-liefling van Pretoria het in Oktober 2018 ’n babaseuntjie verwelkom.

Jacques Burger | 27 | Bedryfsingenieur | Queenswood, Pretoria

Jacques is ’n Survivor-entoesias! Hy het elke seisoen gevolg – soms meer as een keer – en het selfs ’n podcast aan Survivor SA: Philippines in 2018 toegewy. Dié jong bedryfsingenieur is vasbeslote om bekend te word as een van die beste spelers in die geskiedenis van Survivor.

Meryl Szolkeiwicz | 31 | Pilates-instrukteur | Irene, Pretoria

Meryl is ’n skeppende siel met ’n graad in musiekteater. Dié pilates-instrukteur wil altyd op haar beste presteer en sal nie toelaat dat enigiets haar onderkry nie. Vir dié ma van drie is Survivor SA die perfekte geleentheid om haar avontuurlike kant te herontdek.

Tania Copeland | 51 | Immigrasiekonsultant | Somerset-Wes, Kaapstad

Dié kleurvolle 51-jarige Immigrasiekonsultant is ’n selfverklaarde hedonis en ’n ywerige rotsklimmer wat van allerhande avonture in die buitelug hou.

Ting-Ting Wong | 25 | Dokter | Durban

Ting-Ting het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en beskou haarself as  “Afrika-Asiaat” wat tans haar mediese internskap voltooi – sy wil in rekonstruktiewe plastiese chirurgie spesialiseer.

Ontmoet die deelnemers in Tribe Sa’ula:

Nicole Capper | 34 | Oud Mev SA | Fourways, Johannesburg

Haar reis na moed en ’n lewe buite haar gemaksone het drie jaar gelede begin toe haar babadogtertjie met ’n seldsame en lewensbeperkende genetiese siekte gediagnoseer is. Dis tóé dat Nicole – ’n gekwalifiseerde apteker – besluit het om uit haar dop te kruip, al haar onsekerhede agter te laat en met die filosofie te begin leef dat alles moontlik is. So het sy vir Mev. Suid-Afrika 2017 ingeskryf en boonop gewen! Dié geskeide ma van twee is ’n ambassadeur vir Rare Diseases SA en het ook Inside Out gestig – ’n organisasie wat die jeug verbind met hul helde in sport en die sakewêreld.

Steffi van Wyk-Brink | 27 | Fiksheidmodel | Glen Austin, Midrand

Steffi is ’n fiksheidsmodel, afgeronde atleet, entrepreneur en die titelhouer van Mej. Namibië 2015. Sy is getroud met die hartebreker-akteur, Clint Brink van Binnelanders en erken dat sy gewoonlik beter met ouens oor die weg kom as met meisies.

Sepei Mashugane | 40 | Entrepreneur | Soweto

Sepei erken self “It’s always my way or the highway.” Wanneer sy nie die dryfkrag agter een van verskeie sakeondernemings is nie, is sy op ’n Harley Davidson op toer deur die land. Dié sterk enkelma het sélf ’n lewe vir haar en haar twee kinders opgebou deur entoesiasme, vasberadenheid en harde werk.

Nathan Castle | 25 | Mediavervaardiger |Milnerton, Kaapstad

Moenie dat sy blokkiesmaag en Colgate-glimlag jou mislei nie …  Nathan, met ’n regsgraad van die Universiteit van die Wes-Kaap, is hoogs mededingend en het ook provinsiale kleure in skaak!

Robert Bentele | 28 | Videograaf | Richardsbaai

Robert se pa is Oostenryks en sy ma is Zoeloe. Al het hy hoofsaaklik in die Zoeloe-kultuur grootgeword, omhels en vier hy graag sy unieke identiteit. Hy was al ’n spierbouer en MMA-vegter en het ook al Mount Kilimandjaro geklim, maar vir hom gaan alles oor “die energie”. Hy glo in Zen, meditasie, vrede, balans en Spiritual Enlightenment.

Paul Smulders | 54 | Eiendomsagent | Ruimsig, Johannesburg

Paul is ’n gemotiveerde en positiewe eiendomsagent wat al ontelbare eiendomstransaksies onderhandel het en is hoogs gerespekteer in sy veld. Wanneer dié geskeide pa van twee seuns nie eiendomme verkoop nie, hou hy daarvan om die entertainer te wees en grappe te maak. Paul is ook sommer al in die eerste episode van dié seisoen van Survivor SA deur sy span as kaptein gekies.

Lee-Anne van Renen | 33 | Mev Kaapstad 2018 | Durbanville, Kaapstad

Dié ma van twee het haar pligte as Mev. Kaapstad 2018 onderbreek om haar veerkragtigheid op die nuwe seisoen van Survivor SA te bewys. Sy is getroud met die basspeler van die groep Taxi Violence, het ’n honneursgraad in Sielkunde, het vyf onderskeidings in matriek behaal, was kaptein van die KZN-aksienetbalspan, is ’n raadgewer vir dwelmverslaafdes en getraumatiseerde tieners, en het al verskeie persoonlike tragedies oorleef (insluitende ’n kankerskok en ’n dubbele miskraam).

Let wel: Lee-Anne is reeds in die eerste episode van Survivor SA: Island of Secrets by die Tribal Council-seremonie deur haar span uitgestem.

Ontmoet die deelnemers in Tribe Laumei:

Laetitia Le Roux | 58 | Verpleegster | Randburg, Johannesburg

Op 58 is Laetitia die oudste castaway op Survivor SA, maar hoewel sy dalk soos ’n tipiese Afrikaanse tannie lyk, is sy veel meer as net ’n ma van vyf en die ouma van vier kleinkinders. Sy spog met ’n indrukwekkende CV – onder andere ’n meestersgraad in Verpleegonderrig. Boonop is al drie haar seuns waterpolospelers vir Suid-Afrika. Die “Super Ouma” het nog altyd na ander omgesien en erken dat Survivor SA uiteindelik haar kans is om iets vir haarself te doen.

Mike Venter | 21 | Radioaanbieder | Parkrand, Boksburg

Mike is energiek, optimisties, uitbundig, ’n bekkige millenniër en ook die jongste castaway van die sewende seisoen van Survivor SA. Terwyl hy regte studeer het, het Mike begin om ’n loopbaan in radio te slyp – eers as omroeper by WITS se radiostasie, Voice of Wits, en nou ook ’n skof op East Coast Radio.

Rose-Lee Smith | 33 | Misdaadtoneelanalis | Paulshof, Johannesburg

Nadat sy haar Honneursgraad in Kriminologie voltooi het, het sy by die SAPD aangesluit om haar analitiese vaardighede te gebruik om te verseker dat misdadigers agter tralies opeindig. Agter haar mooi glimlag en plat-op-die-aarde-persoonlikheid lê daar egter ’n tawwe koekie, wat gewoond is aan bloed, derms en gewere. Aan die begin van die jaar het Rose-Lee haar man en drie kinders op hul eie gelaat om ’n tawwe kursus in fisieke polisieopleiding by te woon, en het onlangs 30 kg verloor nadat sy op ’n gesonde leefstyl begin fokus het.

Mmaba Molefe | 28 | Beleggingsanalis | Plumstead, Kaapstad

Mmaba is ’n suksesvolle jong Zoeloe-vrou met ’n aansteeklike lag. In haar vrye tyd bedryf sy ’n NRO wat jong leiers kweek en gee sy ekstra klasse in graad 8-wiskunde in Gugulethu. Oorspronklik van KwaZulu-Natal het Mmaba na Kaapstad verhuis om vir ’n B.Com-graad in Rekeningkunde te studeer. Sy beskryf haarself as ’n bestendige, maklike individu wat ook kan deurdruk wanneer daar doelwitte is om te bereik.

Durāo Mariano | 28 | Werk in die gasvryheidsbedryf | Newlands East, Durban

Durāo is sjarmant, selfversekerd en diplomaties. Hy het ’n finansiële graad, maar het besluit om in die gasvryheidsbedryf te gaan werk omdat hy mal is oor kos, mense en reis. Met ’n so ’n loopbaan blyk moeilike kliënte om sy brood en botter te wees, maar op Survivor SA beplan hy om sy brood aan albei kante gebotter te hê.

Geoffrey Cooke-Tonnesen | 33 | Huisleningskonsultant | Colenso, KZN

In sy eie woorde is hy ’n vreemde goofball wat die neiging het om soos ’n skoolmeisie te skinder. Daarby voeg hy dat hy ’n skaamtelose manipuleerder is wat reeds ’n hele paar vyande in sy lewe gemaak het. Hy is mal oor enigiets wat drama veroorsaak, maar weet presies wat om te sê sodat mense van hom sal hou.

Rocco Van Rooyen | 26 | Professionele atleet | Stellenberg, Kaapstad

Rocco is ’n volwaardige mededingende Olimpiese atleet wat in 2018 in Rio gaan deelneem het. Dié talentvolle jong spiesgooier verteenwoordig Suid-Afrika reeds 6 jaar lank. Hy is dalk saggesproke, maar beslis ’n vegter van formaat. Om op te gee is nie ’n opsie nie, want Rocco weet dat harde werk, ’n positiewe ingesteldheid en spanwerk alles dinge is wat nodig is om te slaag. Hy is sommer ook reeds in die eerste episode deur die Laumei-tribe as hul kaptein aangewys.

Besoek gerus www.mnet.tv/survivorsa vir meer inligting en volg al die nuus rondom Survivor SA: Island of Secrets op Twitter, Facebook en Instagram. Om self aan gesprekke rondom dié seisoen se deelnemers, geheime en voorspellings deel te neem, gebruik gerus die amptelike hutsmerk #SurvivorSA.

Survivor South Africa – Island of Secrets word vanaf 16 Mei 2019 op Donderdae om 19:00 op M-Net (Kanaal 101) uitgesaai. Dit sal ook op DStv CatchUp beskikbaar wees.

The post Ontmoet die deelnemers van Survivor SA: Island of Secrets appeared first on rooi rose.