suurmelkplantjie | rooi rose

Laktose-intolerant? Hoe om die regte jogurt te kies
Laktose-intolerant? Hoe om die regte jogurt te kies deur Salomé Delport Hooffoto: iStock/tashka2000

Hier is ’n klein troos: as jy laktose-intolerant is, is jy eintlik “normaal”. Rondom twee derdes van die wêreldbevolking kan nie melksuikers afbreek nie, en is dus laktose-intolerant soos jy.

Nie dat dit veel help nie, want ons leef in ’n kultuur waar melkgebruik baie algemeen is, van ontbyt tot laataand en uiteet. Wie se dag begin nie met melk op jou pap en eindig nie met melk in jou koffie of tee nie?

Laktose-toleransie het toevallig in ’n klein deel van Wes-Europa ontwikkel – hoofsaaklik Brittanje, Nederland, Duitsland en die Skandinawiese lande. Die meeste van die mense wat laktose-tolerant is, is hul nasate.

Lees ook: Word jou maagpyn veroorsaak deur laktose-intoleransie?

Gelukkig beteken die feit dat jy laktose-intolerant is nie dat daar iets fout met jou dermkanaal is nie. Maar as jy gewone melk bly gebruik gaan jy bly sukkel met simptome soos maagpyn, winderigheid, diarree, naarheid en opgeblaasheid.

Party van ons kan ’n bietjie melksuiker hanteer. Ander is uiters sensitief. Só vergelyk die verskillende soorte suurmelk. Toets wat vir jou werk deur alle melk en kaas uit te sny en vir ’n week lank net een hiervan te gebruik. As jy simptoomvry is, het jy die oplossing, wat al die nare gevolge van laktose-intoleransie sal wegwerk.

Interessant: Lees hier hoeveel laktose daar in die verskillende soorte kosse is wat ons algemeen eet.

Jy sal sien dat kefir eintlik meer laktose as jogurts bevat. Ten spyte daarvan vind die meeste mense met laktose-intoleransie dat hulle baie goed vaar op kefir. Die vermoede is dat dit te doen het met die groot verskeidenheid van organismes in kefir – 14, teenoor die twee, drie spesies vir die ander. Hierdie bykomende organismes help ook laktose afbreek, en help dus die laktosevlak in jou dermkanaal laag hou, al verskaf kefir jou meer laktose as ander suurmelkprodukte.

So lyk die melksuiker in verskillende jogurts as jy laktose-intolerant is

Die soort

Mikrobes daarin

Wat van die melksuiker word

Reg as jy laktose-intolerant is?

Gegeurde jogurt

1-2 lactobacillus bakteriespesies

Melksuur

Reg vir min mense met laktose-intoleransie. Ook weens ekstra suiker en/of vrugtestroop

Bulgaarse jogurt

1-2 lactobacillus bakteriespesies

Melksuur

Reg vir party mense met laktose-intoleransie

Maas

Lactococcus en Leuconostic bakteriespesies

Melksuur

Koolstofdioksied

Reg vir die meeste mense met laktose-intoleransie

Kefir

Tot veertien verskillende spesies bakterieë en giste. Hulle kan varieer

Melksuur

Koolstofdioksied

Alkohol (0.1%-2%)

Reg vir byna almal met laktose-intoleransie, veral as dit twee dae lank gis.

Lees ook: Gefermenteerde kosse is goed vir jou! Probeer die volgende.

Kefir en maaskaas is die beste vir mense wat laktose-intolerant is – met ’n bietjie skop

Het jy die alkohol in kefir raak gesien? Kefir is letterlik ’n tiermelk!

Maar voordat jy dit van nou af kefir vir ontbyt vermy – of juis ’n ekstra groot skep oor jou ontbytvlokkies skep – onthou dat die hoeveelheid alkohol daarin baie min is. Dit is van 0.1%  tot 2%, teenoor 6% in bier. Tog, as jy ’n liter ‘sterk’ kefir drink kry jy omtrent soveel alkohol in as in een 330-ml botteltjie bier.

Lees ook: Is laktose-intoleransie die oorsaak van jou maagpyn?

11 slim suiwel(vry)planne vir mense met laktose-intoleransie

istock/DejanKolar

The post Laktose-intolerant? Hoe om die regte jogurt te kies appeared first on rooi rose.