Tarryn Lamb | rooi rose

Tasché en Tasha nou saam met Tarryn Lamb in BlackByrd-sanggroep
Die groep bestaan nou uit oorspronklike lid Tarryn Lamb, en nuwe lede Tasché Burger van The Voice-faam, en Tasha. BlackByrd is oorspronklik in 2012 gevorm en het bestaan uit Tarryn Lamb, Tamsyn Maker en Axene Chaberski.

Die splinternuwe groep se eerste enkelsnit heet Didn’t I en was ŉ gesamentlike poging uit die drietal se eie penne.

“Die liedjie is in my tuin geskryf!” verklap Tarryn opgewonde oor dié goed-voel country-pop liedjie wat sy ook as “ŉ baken van hoop” beskryf.

“Die inspirasie van die lied is om uit te reik na die persoon wat miskien ŉ bietjie verlore voel tydens die genesingsproses na die verbrokkeling van ŉ verhouding. Daarom is die liedjie ŉ baken van hoop met die boodskap dat al voel dinge nie nou goed nie, sal dit beter raak en jy sal sterker aan die ander kant uitkom,” verduidelik Tarryn.

“Ons almal ervaar ŉ gebroke hart een of ander tyd in ons lewe, en die liedjie gaan oor die hele reis. ŉ Mens is hartseer aan die begin, maar soos die tyd aanstap wens mens later vrede en geluk vir die ander persoon,” beaam Tasché.

Volgens Tarryn, wat bekend is vir vorige BlackByrd-treffers soos ‘From the bottom of my heart’ en ‘Better in the morning’, beteken Didn’t I ŉ nuwe begin vir die trio wat nou deel vorm van die nuwe reis van BlackByrd.

Vir Tasché is die liedjie spesiaal, aangesien dit die eerste liedjie is wat hulle saam geskryf het.

“Dis die begin van ons reis saam as groep.”

Volgens Tasha het was al drie van hulle al deur so ‘n ervaring, “die storielyn van die liedjie is gebaseer op iets wat al in elkeen van ons se lewens gebeur het.”

KYK: BlackByrd – Didn’t I (Amptelike musiekvideo)

Die musiekvideo vir Didn’t I beeld ŉ eenvoudige storielyn uit van twee vriendinne wat die ander een probeer opbeur.

“Ek dink wat die video anders maak, is die onverwagte kombinasie van ons drie,” sê Tasha.

Tarryn sê sy sien uit na die nuwe pad wat sy saam met Tasché en Tasha as BlackByrd gaan stap.

“Elke keer wanneer ek die geleentheid kry om iets nuut te doen en  ŉ nuwe reis te kan aanpak, voel dit soos ŉ magical tyd.”

Meer oor die kunstenaars:

Val links na regs: Tasha, Tarryn Lamb en Tasché Burger. (Foto: Verskaf)

Tarryn Lamb

Tarryn Lamb is al van die ouderdom van 17 voltyds in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf besig. Sy sê die Here, die lewe, haar familie, die natuur, mense, ervarings, liefde, seerkry en hoop inspireer haar om te skryf en sing.

Alle genres van musiek inspireer haar en sy is mal oor kunstenaars wat die kwesbaarste is deur die  manier hoe hulle skryf en sing. Sy sonder Dean Lewis, John Mayer, Pink en Aerosmith as haar gunstelinge uit.

Sy beskryf haar stem en styl as pop, met ŉ bietjie country.

As onafhanklike kunstenaar is Tarryn nie mal oor die administrasie wat saam met die sangbedryf gepaard gaan nie.

Wanneer sy nie in die ateljee besig is om nuwe musiek op te neem en te skryf nie, is sy besig om regoor die land op te tree en en nuwe musiek op te neem.

Tasché Burger

Tasché het op 4-jarige ouderdom begin om sanglesse te neem en het so haar liefde vir sang ontdek.

Sy is vanaf 2019 amptelik deel van die musiekbedryf toe sy as 19-jarige die M-Net sangkompetisie, The Voice, onder leiding van die rockster en mentor Francois van Coke, gewen het.

Sy sal graag nog saam met Corlea Botha wil sing, aangesien sy mal is oor haar stem. Sy wil ook graag weer saam met Juan Boucher, saam wie sy die trefferlied ‘Suid’ uitgereik het, werk.

Dit is vir haar belangrik om altyd sielvol te wees hoop dit is ŉ kwaliteit wat altyd uitstaan in haar musiek.

Tasha

Tasha, oftewel Natasha Zaaiman, is sedert ŉ baie jong ouderdom omring deur musiek en het vanaf sy 5 jaar oud was self op die verhoog gestaan.

Sy het in 2018 amptelik die musiekbedryf betree toe sy aan die sangkompetisie, Die Kontrak, deelgeneem het en die top-ses gehaal het.

Sy wil nog graag saam met Almero, Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke en Spoegwolf werk.

Tasha se stem word dikwels as nostalgies beskryf.

Lees ook: Rolene Strauss se babaseuntjie gebore!

The post Tasché en Tasha nou saam met Tarryn Lamb in BlackByrd-sanggroep appeared first on rooi rose.

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Die Kontrak’ se naaswenner, Mirandi
Mirandi Mörsner se reis vanaf die hartjie van Carletonville na die Die Kontrak se kollig was niks minder as inspirerend nie. Mirandi, nou al ’n geruime tyd ’n Vaaldriehoeker, het verlede jaar baie vroeg al kykers se aandag in die treffersangkompetisie met haar emosionele optredes vasgevang.

“Dit was ’n wipplank van emosies, maar ’n ongelooflike reis vol nuwe ervarings: kameras om elke hoek en draai, fotosessies, grimering, en mooi klere. Ek het nuwe verhoudings gebou en met legendes te doen gekry,” vertel sy.

Foto: Hendri Viljoen

Foto: Hendri Viljoen

Haar liefde vir musiek het van vyfjarige ouderdom af geblom toe sy saam met haar ouers en susters tydens kerkoptredes gesing het. Sy beskryf haarself wel as ’n introvert en het haar nooit op ’n kompetisieverhoog voorgestel nie, maar die noodlot het ander planne gehad.

“My man, Chris, het my skelmpies met een van my sangvideo’s, wat hy reeds op sy foon gehad het, ingeskryf,” sê sy.

Onder leiding van haar mentor, Tarryn Lamb, het Mirandi ná ’n intense reis van tien weke as die talent-soektogkompetisie se naaswenner uit die stryd getree en boonop haar eie enkelsnit en musiekvideo “As jy bid”, vrygestel.

“Ek hou nie van die woord ‘kompeteer’ nie en glo almal verdien ’n kans om hul Godgegewe talent te gebruik. Ons moet mekaar daardie kans gun, so ek sou nooit uit my eie uit deelgeneem het nie. Ek het ook nie soveel geloof in myself soos my man en ouers het nie, maar nou is ek baie dankbaar vir die kans wat my man gewaag het!”

Dit was dalk Chris Steyn wat as wenner op die Afrikaans is Groot-verhoog by die eerste optrede uitgestap het, maar Mirandi het sedert daardie aand ook al die verhoog met van ons lande se grootste name by talle konserte gedeel.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Chris Steyn van ‘Die Kontrak’

“My droom vir my toekoms het sedert Die kontrak drasties verander, ek wil ook nou een van die groot name in die bedryf wees en deur middel van sang mense inspireer, motiveer, opbou, laat lag of selfs net ’n huppel in die stap gee.”

Karlien Meiring het meer oor wie Tarryn Lamb as Suid-Afrika se Tina Turner beskryf, gaan uitvind.

Hoe het Tarryn Lamb se mentorskap jou sang beïnvloed? Watter van haar lesse of raad staan vir jou uit?

Tarryn is die talentvolste en lieflikste mens op aarde, en ek was nog altyd ’n groot aanhanger van haar asook die ander, veral Demi-Lee. Tarryn se geestelikheid het veral vir my uitgestaan. Die beste raad wat sy vir my gegee het, was “Less is more”: Ek gee maklik my alles deur oor te gee aan hoe die liedjie my laat voel, so ek moes daarop konsentreer om nie in my eie wêreld te verdwyn nie en op die gehoor te fokus.

Is daar enige kunstenaars wat jou musiekstyl beïnvloed het?

Ek was nog altyd ’n groot aanhanger van Christina Aguilera en Tina Turner se amazing energie op die verhoog. Plaaslik hou ek baie van Spoegwolf, veral hul energie en kragtige vocals!

Foto: Hendri Viljoen

Waarmee is jy besig wanneer jy nie gehore met jou talent betower nie?

Ek is eerstens ’n vrou en ’n mamma, ek doen al die take wat daardie titels behels self en werk ook graag in die tuin. Ek help ook my man om kaste te installeer. Jip, in my vrye tyd sit ek skarniere op, boor gaatjies en tel swaar kaste op, of ek sny gras en stryk. Haha!

Watter van jou optredes op Die Kontrak staan vir jou uit?

My gunstelingoptrede op Die Kontrak was toe ek “Nader my God by U” gesing het. Ek kon die krag en teenwoordigheid van die Heilige Gees so kragtig aanvoel. Ek het geweet die liedjiekeuse is ’n risiko, maar al sou ek uitval, wou ek met die Here se naam op my lippe gaan en ’n boodskap vir kykers los.

As die naaswenner, watter lesse het jy uit die ervaring geleer?

Dat niks is soos wat dit lyk nie en daarom moet jy elke keer sing asof dit jou laaste optrede is. Geniet elke oomblik, moet dit nie as ’n kompetisie sien nie, maar as ’n geleentheid om te wys wat jy kan doen, wie jy is en hoekom musiek jou passie is. Vergeet van die res.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met aktrise Mandri Sutherland

The post Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Die Kontrak’ se naaswenner, Mirandi appeared first on rooi rose.